Gr 7 afrikaans huistaal handleiding

Page 17

1

Handleiding G07 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

SOORTE: 1. Eiename: Selfstandige naamwoorde wat spesiale name van mense, plekke en diere aandui, bv. Frans, Fourie, Kaapstad, Europa, Wagter. Dit word altyd met ’n hoofletter geskryf. 2. Soortname: Die gewone name van mense, plekke, diere en dinge, bv. skape, bokke, stoele, emmers, voëls, mense 3. Stofname (massaname): Bv. goud, silwer, uraan, plastiek, suiker. Hierdie woorde het nie meervoudsvorme nie. 4. Maatname: Dit is soortname wat saam met massaname gebruik word om mate aan te dui bv. ’n sak meel; ’n koppie suiker; ’n glas water. 5. Abstrakte selfstandige naamwoorde: dui op onsigbare dinge soos emosies – liefde, woede, veragting, haat, ens. 6. Versamelname: Dui ’n versameling van dieselfde soort aan, bv. ’n trop skape, ’n kudde beeste, ’n swerm bye, ’n skool visse, ens. AKTIWITEIT 3: Leesbegrip Pre-lees: Kyk na die titel van die verhaal en bespreek kortliks, wat jy dink, waaroor die verhaal handel. Lees: Lees die storie en beantwoord dan die vrae in jou boek. Jy gaan nou ’n kortverhaal lees wat deel is van letterkunde. Jy het alreeds in die vorige grade van gedigte (poësie) geleer. Dit is een komponent van letterkunde. Nou brei ons jou letterkunde kennis uit na nog ’n genre (verskillende soorte leestekste) nl. kortverhale. Nols se oorwinning – Jac J. Brits Hy klop skugter aan en ’n stem sê: “Binne!” ’n Oomblik later staan hy in die groot leë klaskamer en die onderwyser kyk fronsend op. “Wat is dit, Nols?” Die seun huiwer. “Dis oor die landloop, Meneer.” Meneer Theron loer ernstig oor sy bril, soos hy altyd maak as hy gesteur word. “Wat daarvan?” “Ek wil ook deelneem, Meneer.” Die onderwyser plaas sy pen versigtig op die kladpapier neer. “Ek weet die inskrywings moes al in gewees het, Meneer.” “Waarom het jy nie vroeër gepraat nie?” Nols weet nie wat om te sê nie. Hy het eers gisteraand besluit om deel te neem. Hy wou eers nie, maar dit was nie omdat hy bang was nie. Al het hy verlede jaar tweede laaste gekom. En al praat sy pa en oom Lammie asof… “Nou ja,” sê Meneer Theron saaklik, maar sy oë kyk begrypend na Nols,” as jy wil saamdraf, gaan ek jou nie keer nie. Sorg net dat jy môre-oggend betyds hier is. Het jy hardloopskoene?” “Nee, Meneer, ek hardloop altyd kaalvoet, Meneer.” © Impaq

14


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 7 afrikaans huistaal handleiding by Impaq - Issuu