CFG 100 jaar

Page 1

CFG glo langtermyn verhoudings is die hoeksteen waarop die maatskappy gebou is

CFG kan voortbou op die geskiedkundige gebeure en ontwikkeling tot waar ons vandag deurlopend poog om waarde toe te voeg vir ons aandeelhouers, personeel en die groter Ceres-omgewing.

Jaarliks word gemiddeld 135 000 ton vars appels en pere vir verpakking vir aandeelhouers en ander produsente hanteer. Dit verteenwoordig ongeveer 8 miljoen verpakte kartonne vir die plaaslike -en uitvoermarkte.

Die produkte word bemark in ongeveer 105 lande regoor die wêreld wat van die belangrikste markte en supermarkte insluit: die Verenigde Koningkryk, Europa, Verre-Ooste, Midde-Ooste, Asië, Noord-Amerika, Afrika en die Suid-Afrikaanse binnelandse mark.

CFG verskaf werk aan 270 permanente en ongeveer 1 700 seisoenale personeel, almal vanuit die groter Ceres-omgewing.

“Ons stoor, verpak en verkoel verskillende appel- en peer variëteite met elkeen se eie unieke vereistes om ‘n vars en aantreklike produk vir die eindverbruiker te verseker”.

CFG lewer ‘n eenstopdiens aan die 38 aandeelhouergroepe, wat wêreldklas produkte deur middel van innoverende en aanpasbare boerderypraktyke verbou.

Ons besef dat aandeelhouers, kliënte, verskaffers en die gemeenskap waarbinne die maatskappy funksioneer, ‘n belangrike bydrae tot die suksesse van die afgelope eeu gelewer het.

CFG is dankbaar vir die ondersteuning van alle rolspelers en is langtermyn verhoudings ‘n hoeksteen waarop CFG met vertroue kan bou.

“Ons toekomstige realiteit lyk waarskynlik anders as vandag, maar ons glo CFG beskik oor wêreldklas lojale aandeelhouers en kundige personeel wat, die toekoms met dieselfde visie en moed as ons voorgangers, die veranderende markte, produsente en personeel sal diens”.

Die 100ste bestaansjaar is gevier met verskeie geleenthede met alle personeel en aandeelhouers waar op spesiale wyse erkenning aan die prestasie gegee is. ‘n Gedenkboek is saamgestel waarin die 100 jaar vasgevang is.

2 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary (023)342-7246 info@lastaal.co.za www.lastaal.co.za Baie geluk CERES FRUIT GROWERS met jul 100ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.
'n LUGFOTO van CFG wat in 2022 geneem is.

CFG-tydlyn strek oor 100 jaar

1800’s

Die eerste aanplantings van vrugtebome was hoofsaaklik vir huishoudelike gebruik. Die bome het hoë tonnemaat gedra en getoon dat die Ceres-omgewing se klimaat baie gunstig is vir vrugteverbouing. Dit het die Ceres-boere aangespoor tot verdere uitbreidings.

1900’s

Die eerste aantekening in die geskiedenis van die uitvoer van vrugte vanaf Ceres, maak melding van Danie Joubert, eienaar van Morceaux plaas, een van die eerste produsente wat boorde in Ceres aangeplant het. PM Cillié, die seun van die bekende Piet Kalifornië van Wellington, het in 1910 die plaas De Bosch, aangrensend aan Ceres-dorp gekoop. Vrugte verpakking geskied op die plase en is oorspronklik in ‘n verskeidenheid houers gepak. Die pakkers het die kiste met “corkdust”, wat later vervang is met houtwol, volgemaak om die vrugte in posisie te hou.

1923 Die amptelike registrasie van die Assosiasie het op Saterdag 13 Januarie 1923 plaasgevind. Ten minste vier van die stigterslede was oud-offisiere, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog vir Brittanje in Indië diens gedoen het. Met die beëindiging van die oorlog, het die Britse offisiere hulle op plase in die De Vlei-area buite P.A. Hamlet, gevestig. Die diversiteit van lede het bygedra dat meer as twee derdes van die aandeelhouers Engelssprekend was en dat die notules aanvanklik in Engels gehou is.

1929

Die spoorlyn word vanaf Ceres-stasie tot op P.A. Hamlet verleng en die spoorweë het ‘n 5-ton vragmotordiens vanaf P.A. Hamlet na die Koue Bokkeveld ingestel. Dit het verdere vrugteverbouing in die Koue Bokkeveld aangemoedig, omdat Gydopas met sy steil en moeilike grondoppervlak, die enigste padverbinding tussen die Koue Bokkeveld en Ceres was.

Die oprig van die Ceres-stasie het vervoer na die Kaapse Hawe aansienlik verbeter, maar die verhoging in vrugtemperatuur op die stasie tydens die laai van die trein, was nadelig vir vrugkwaliteit. 1929 was ‘n goeie jaar, die produsente het tot 6 sjielings en 6 pence (R31. 90 vandag) per kis Winter Nelis pere gekry.

Spoorlyn in Michellspas - 1929

Ou fotos van boorde en vrugteverkopers

1920

PM Cillié en Piet Hugo plant die eerste appelbome op Vaalbult en Elandsfontein in die Koue Bokkeveld.

1922

Die stigtingsvergadering van Ceres Fruit Growers Cooperation Association Limited het op Saterdag 2 September 1922 plaasgevind en is deur 21 produsente van die distrik bygewoon.

Helping you help your employees with a responsible, risk free, transparent and managed loan solution.

Die eerste notule boek van CFG. Die eerste notule dui aan dat die doel van die Assosiasie was om die belange van produsente van Ceres te bevorder, om gesamentlike pakmateriaal aan te koop en om die uitbreiding van oorsese markte te bevorder.

1931

Die amptelike opening van die eerste koelkamer van ‘n aparte Koöperasie naamlik Ceres Cooperative Cold Storage Company (CCS) het op Saterdag, 21 Februarie 1931 plaasgevind.

CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 3
House
Bright Street,
West (021) 851-6357
Bradbury Finance (Pty) Ltd Bradbury
31A
Somerset
Our warmest congratulations to Ceres Fruit Growers on your 100th year of existence! We thank you for your loyalty and faithful support. Ons hartlike gelukwensing aan CFG met jul 100ste bestaansjaar! Dankie vir julle lojaliteit en getroue ondersteuning.
Michellspas in die ou dae.

CERES FRUIT GROWERS

4 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary Porterstraat Ceres ☎ ☎ ☎ (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.:08:00 - 17:00 Sat.:08:00 - 11:30
geluk met jul 100ste bestaansjaar.
is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
Baie
Dit
Fotos uit die argiewe
Handelsmerke wat gebruik was deur Ceres produsente en CFG. Ceres Koelkamers

Die CFG-jare 1936 tot 1953

1936 ‘n Groter aantal Afrikaanse lede het by die Assosiasie aangesluit en die eerste Afrikaanse notule is neergepen. Groot skade word deur kodlingmot in 1936 aan oeste in die Ceres-distrik aangerig.

1938 Die praktyk van geforseerde verkoeling (aaneenlopende verkoelde lugvloei met behulp van ‘n waaier) van klaarverpakte produkte is in die Kaapse Hawe ontwikkel wat die houvermoë van verpakte vrugte aansienlik verbeter het.

1939 Die Sagtevrugteraad, na goedkeuring van die Bemarkingswet, word gestig. Hierdie wet het die regulering van produksie en bemarking van verskillende landbouprodukte, insluitend kern- en steenvrugte, ingesluit.

Die Sagtevrugteraad het alle produsente verplig om hul vrugte, insluitend dié bestem vir inmaak en droog, aan die Raad, of goedgekeurde bemarker, te verskaf.

Die Raad was alleenlik verantwoordelik vir die prysbepaling, kwaliteitstandaarde en logistieke reëlings.

1940 Langeberg Koöperasie word op 4 April

1940 gestig vir inmaak vrugte.

1946 DDT word ontwikkel vir die beheer van kodlingmot.

1950 CFG koop ‘n deel van De Bosch vir die oprig van ‘n pakstoor.

1951

Die eerste verpakking op ‘n Bartlett appelen twee Cutler-gradeerders vind plaas. Op daardie tydstip het die Sagtevrugteraad alleen die uitvoer van vrugte bestuur en alle SuidAfrikaanse vrugte is onder die handelsmerk “South African Fruit - D.F.B.” uitgevoer.

1951

Ouma Lizzie du Toit

Elizabeth (Lizzie) du Toit het as 14-jarige van peer-verpakking geleer by die plaasvoorman van De Bosch, Pieter Retief, en Lizzie was deel van die proef verpakking wat in 1948 by die Sagtevrugte Raad se droogbaan plaasgevind het. Koos Cillié was ook as jong man betrokke by die proef en het tegniese kennis van sortering en verpakking by Lizzie opgedoen.

Nadat die Assosiasie amptelik in 1951 met verpakking begin het, het Lizzie opleiding verskaf aan nuwe pakkers. Sy was ‘n geliefde personeellid en was bekend vir haar waardering en lof vir Pikkie Mouton, die eerste verpakkingsbestuurder. Sy het in 1991 afgetree en is kort daarna oorlede.

1952

Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.

1953 Die eerste enkelsterkte-sap word by Ceres Fruit Juices and Vitamin Company vervaardig onder die handelsmerk Ceramin en die naam was ‘n samestelling van Ceres en Vitamien

CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 5 Skakel asseblief ons beheerkamer by (023) 316-1117 Ceres Alarms and Guarding Ons is trots op ons verbintenis met CERES FRUIT GROWERS Baie geluk met jul 100ste bestaansjaar.
Ouma Lizzie tydens 'n boomplantdag. Ouma Lizzie

CFG-tydlyn van 1956 tot 1982

1956 Pakhuis 2 word opgerig. Die personeel het die masjien vergelyk met die Springbok rugbyspan en die bynaam het behoue gebly.

1958

In die oggendure van 29 Januarie 1958, in die piek van die vrugte seisoen, het ‘n brand die koelkamers in die Kaapse hawe verwoes. CFG besluit om sy eie koelkamers op te rig met ammoniak-tegnologie. Die eenheid het bestaan uit agt kleiner koelkamers en het baie soos ‘n hedendaagse Beheerde Atmosfeer (BA) koelkamers gelyk.

1967 Daar word 76 huise vir seisoenale werkers opgerig, waarvan die eiendom aan CFG behoort het. Die areas waar hierdie huisvesting opgerig is het bekend gestaan as Volstruiskamp, die Voetbalkamp en Sandkamp. Hierdie areas staan vandag steeds gesamentlik bekend as die Rooikamp.

1970’s

Verskeie suksesvolle proewe met die verpakking van vrugte in kartonne word by CFG gedoen. Die kartonne was nie net goedkoper en makliker hanteerbaar nie, maar die handelsmerk kon op al vier sye en bo-op die karton vertoon word. Die uitvoermarkte het vinnig die kartonverpakking verkies.

1970 ‘n Konsentraataanleg word vir die verwerking van laer graad vrugte opgerig op CFG se perseel, die voorloper van Ceres Fruit Processors.

1972

In 1972 het Pikkie Mouton na 20 jaar diens as hoofbestuurder by die maatskappy, met pensioen afgetree.

1975 Nuwe handelsmerk.

1980’s

Gedurende die tagtiger jare is die CERES-handelsmerk ontwikkel.

1982 CFG het ‘n enkelsterkte-sap-, sowel as ‘n konsentraataanleg, op sy perseel gehad. Die aanleg het voortgegaan om as ‘n afdeling van CFG te funksioneer.

Huhtamaki

South AfricaProudly supplying Ceres Fruit Growers eco-friendly packaging since 1979

6 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary
Verpakking Bartlett appel- en twee Cutler gradeerders. Die handelsmerk Ceramin - ‘n samestelling van Ceres en Vitamien. Koelkamers in Kaapse Hawe Pikkie Mouton, die eerste verpakkingsbestuurder. In 1972 tree hy af na 20 jaar diens ashoofbestuurder.

Die CFG-jare van 1975 tot 2010

1983 Die eerste elektroniese gewigsgebasseerde gradeerder, ‘n Durand-Wayland, word in Pakhuis 3 geïnstalleer. Beide Pakhuis 2 en 3 is ontwerp om die vrugte direk na verpakking op treintrokke te laai. Die grootste gedeelte van die masjien was groen geverf, maar die bakkies wat die vrugte geweeg en vervoer het, was spierwit en daarom is daar na die masjien verwys as die Witrok. Aan die begin het die masjien redelik staantyd gehad en is daar tong-in-die-kies daarna verwys as die witrok se soom wat alweer uithang.

Op Donderdagaand, 13 Januarie 1983, het die eerste werklike nagskofverpakking, onder leiding van Dana de Klerk, in Pakhuis 2 plaasgevind. Alhoewel nagskofverpakking unieke uitdagings bied, was dit ‘n suksesvolle oplossing vir die behoefte aan groter verpakkingskapasiteit.

1985 Die munisipaliteit, saam met CFG, het ‘n aantal huise in Bella Vista gebou vir die maatskappy se personeel. Die ontwikkeling staan vandag nog bekend as die Ou Blok.

Die maatskappy het egter besef dat dit goed sal wees as werkers self ‘n huis kon besit en die eienaarskap is sedert 1985 op billike terme aan die werkers oorgedra.

Die prysoorlog in die enkelsterkte-sap mark, het gelei tot verskeie onderhandelinge tussen CFG en SAB. Teen die einde van hierdie jaar is ‘n transaksie met SAB gesluit waarin alle bates van die Ceres-, LiquiFruiten Fruittree-handelsmerke saamgevoeg is om ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit Juices (Edms) Bpk, te vorm.

1988 Vier aandeelhouers naamlik CFG, Two-aDay, Kromco en Goede Hoop Sitrus, het ondersoek ingestel na die oprigting van ‘n riffelkarton fabriek. Dit lei uiteindelik tot die stigting van APL Kartonne in Worcester op 1 Maart 1988 en die amptelike opening van die aanleg op 8 De-sember 1988. Die naam APL is die afkorting van Appels, Pere en Lemoene, wat die aandeelhouers se kernbesigheid verteenwoordig.

1990’s

Die Rietvallei behuisingsprojek is gedurende die tydperk geloods. Die grond waarop die behuisingsprojek voltooi is, was voorheen deel van De Bosch. Die ontwikkeling is deur middel van ’n subsidie van die Departement van Behuising gefinansier met CFG as hoofborg.

Gedurende die 80’s is die Ceres handelsmerk vir die eerste keer ontwikkel.

Tru-Cape Fruit Marketing behartig die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte. CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.

OUR CUSTOMER SERVICES

We are proud to be associated with Ceres Fruit Growers. Congratulations on your 100th Anniversary

CFG se nuwe handelsmerk in 1975.

CERES FRUIT GROWERS

baie geluk met die besondere mylpaal. Ons is saam met julle trots en dankbaar vir ‘n mooi besigheidsverhouding.

CONSIST OF THE FOLLOWING: Healthcare Consulting, Retirement Fund Consulting and Administration, Investment Consulting, Actuarial Services, Financial Planning, Member Services, and Short-Term Insurance broking (021) 943-1800 l info@nmg.co.za l www.nmg.co.za

CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 7
(023) 347-6415
1980's

Fotos uit die argiewe

dering waarmee die vrugtebedryf gekonfronteer was.

2007

Pakhuis 2 is in 1956 opgerig.

Verpleegsuster word aangestel

1991 CFG neem ‘n geregistreerde verpleegsuster in diens om te help met personeel se sosiale-, persoonlike- en gesondheidskwessies. ‘n Ingerigte kliniek word ook in gebruik geneem wat ‘n groot verskil gemaak het.

1992

Die Rietvlei woonbuurt is amptelik op 1 Junie 1992 geopen. Voornemende huiskopers is deur die maatskappy gehelp om eienaarskap te verkry. Die woonbuurt staan amptelik as Rietvlei bekend, maar inwoners praat van Egoli.

1992 CFG verskuif die konsentraat aanleg se belange na ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit

Processors (Edms) Bpk. Daar word hoofsaaklik appel- en peerkonsentraat, semigefiltreerde (cloudy) produkte en ‘n verskeidenheid puree vervaardig. Die aandeelhouers van CFG, en CFG self, lewer steeds laer graad vrugte by CFP. Die konsentraat wat daaruit vervaardig word, word steeds gedeeltelik aan CFJ verkoop vir die vervaardiging van enkelsterkte-sap. CFG se ryke geskiedenis in vervaardiging van konsentraat sowel as sap, leef steeds voort.

1994 Pakhuis 4 word aangebou en is toegerus met ‘n elektroniese Aweta-gradeerder, ingevoer vanuit Nederland.

1997 Na die geskiedkundige verkiesing in 1994 in Suid-Afrika, was verandering in verskeie industrieë onafwendbaar. Dit het ook gelei tot onder andere, die afskaf van enkelkanaal-bemarking op 1 Oktober 1997. Dit word steeds vandag gesien as die grootste enkele veran-

Die verpakking van Bon Chretien pere het bly groei en in die 1997 seisoen het CFG meer as ’n miljoen peerkartonne verpak. Die aanvraag na groen pere het ongelukkig intussen wêreldwyd afgeneem en ‘n groot aantal BC-boorde is uitgetrek.

1998

Ceres Fruit Growers Co-operative Limited word ‘n privaat maatskappy

Gedurende 1998 het Unifruco met Outspan, ‘n maatskappy verantwoordelik vir die uitvoer van sitrus, saamgesmelt en Capespan gevorm.

2001

Na die beëindiging van deregulering, het Ceres Fruit Growers, Kromco en Two-A-Day, ‘n gesamentlike bemarkingsmaatskappy gestig. Tru-Cape Fruit Marketing sou die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte behartig. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte.

2003

CFG besluit om sy belange in CFJ aan Pioneer Food Group te verkoop en dit beëindig CFG se 21-jaar betrokkenheid in die enkelsterkte-sapmark.

Beide die ou Durand Wayland- (Witrok) en Moltrein-eenhede in Pakhuis 3 word vervang met ‘n Aweta paklyn. Die nuwe paklyn is as die N1 gedoop.

2010

CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.

1952 handelsmerk

Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.

8 WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary JEFF WEDGWOOD CONSULTING ENGINEERS (PTY) LTD Consulting Refrigeration Engineers & Project Managers Wedgwood House 17 Castle Street, Paarl 7646 P.O. Box 1304 Suider-Paarl 7624 South Africa ONS IS TROTS OM TE KAN DEEL WEES VAN CFG SE SUKSES. BAIE GELUK MET DIE 100 JAAR! e-mail: jeff@jwce.co.za e-mail: siobhan@jwce.co.za Cell: 082-572-2761 Cell: 082-578-5082
geluk Ceres Fruit Growers met julle 100ste bestaansjaar! Ons is trots om met julle geassosieer te wees.
Baie
Behuisingsontwikkeling in Bella Vista

Fotos uit die CFG-argiewe

CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 9
APL kartonne is einde 1988 geopen. Die eerste vrag Ceres-sap word opgelaai. Koerantuitknipsel van Rietvallei behuisingsprojek. CFG verpak 1 miljoen kartonne Bon Chretiens pere in die 1997 seisoen. Pakhuis 4 is in 1994 aangebou. Gehalte inspeksie van enkelsterkte-sap

Personeel is CFG se trots

Happy birthday Ceres Fruit Growers

ProCert is accredited to provide certification to GFSI-recognised standards

BRCGS Food Issue 9

IFS Food Version 8

FSSC 22000 Version 6

Debbie Brandt - Market Director d.brandt@procert.ch l www.procert.ch

Tru-Cape Fruit Marketing wens

Tru-Cape Fruit Marketing wens

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd hartlik geluk met die groot en besonderse mylpaal van ‘n 100-jarige bestaan

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd hartlik geluk met die groot en besonderse mylpaal van ‘n 100-jarige bestaan

10 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary

Gelukkige 100ste bestaansjaar,

Ceres Fruit Growers!

DIT is ‘n groot eer en voorreg om die 100ste bestaansjaar van Ceres Fruit Growers te vier. CFG is al ‘n eeu lank ‘n belangrike rolspeler in die vrugtebedryf en verskaf vars produkte van hoë gehalte aan mense regoor die wêreld.

“Van ons nederige begin as ‘n klein groepie boere, het ons gegroei tot ‘n wêreldleier, danksy die harde werk, toewyding en visie van ons stigters, werknemers en vennote".

"Vandag kyk ons met dankbaarheid terug en besin oor die prestasies van CFG. Ons het talle uitdagings oorkom, aangepas by veranderende tye en markte en sterker na vore gekom. Deur dit alles het ons toegewyd gebly aan ons waardes van integriteit, uitnemend-

Nuwe paklyne in gebruik geneem

2012 Pakhuis 5 word aangebou om die toename in twee-kleur appelvariëteite te diens.

Dit word toegerus met ‘n Greefa-paklyn wat oor die vermoë beskik om appels volgens defekte en kleur te skei. Die paklyn kan ook interne defekte identifiseer.

2021

Die ou Ventura-paklyn is gedurende 2021 vervang met ‘n nuwe Greefa-paklyn met die

nuuts bte optiese tegnologie. Die paklyn is uniek ontwerp omdat alle defek sortering van kernvrugte deur die tegnologie gedoen word. Dit is in kontras met tradisionele handsortering.

Die nuwe paklyn staan bekend as die N2, omdat dit langs die N1 paklyn geleë is. Die loopvlak tussen die twee paklyne heet die R300.

heid en innovasie, wat ons regdeur ons reis gelei het”.

“Terwyl ons hierdie mylpaal vier, kyk ons ook met opgewondenheid en afwagting na die toekoms. Ons maatskappy is gereed vir voortgesette groei en sukses, en ons is vol vertroue dat ons sal voortgaan om ‘n positiewe impak in die vrugtebedryf te maak vir nog 100 jaar en daarna”.

“Namens die hele maatskappy wil ek graag ons werknemers, kliënte, verskaffers en vennote bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en toewyding aan ons maatskappy”.

Gelukkige 100ste bestaansjaar, Ceres Fruit Growers!

CFG 100ste bestaansjaar

Baie geluk CFG met hierdie besondere prestasie. Julle is voorwaar ‘n aanwins vir die Witzenberg omgewing en is ons trots om hierdie mylpaal saam met julle te vier.

CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 11
Alderman Hennie Smit Uitvoerende Burgemeester Ou Ventura-paklyn is in 2021 vervang met ‘n nuwe Greefa-paklyn.

HARVEST TRAYS

(023) 007-0176

admin@harvesttrays.co.za

Vreeland Street, Skoonvlei Industria Ceres, 6835

Baie geluk CFG met jul 100ste bestaansjaar!

Dankie vir julle lojaliteit en getroue ondersteuning.

Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

MEGARED TRADERS (023) 007-0175 admin@megared.co.za

Andre Alberts 082-744-7569 Stefan Alberts 071-376-0824

Vreeland Street, Skoonvlei Industria, Ceres, 6835

Baie geluk CFG met jul 100ste bestaansjaar!

Ons is trots op ons verbintenis met julle.

Mag julle van krag tot krag gaan in die toekoms.

12 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.