1 minute read

CFG glo langtermyn verhoudings is die hoeksteen waarop die maatskappy gebou is

CFG kan voortbou op die geskiedkundige gebeure en ontwikkeling tot waar ons vandag deurlopend poog om waarde toe te voeg vir ons aandeelhouers, personeel en die groter Ceres-omgewing.

Advertisement

Jaarliks word gemiddeld 135 000 ton vars appels en pere vir verpakking vir aandeelhouers en ander produsente hanteer. Dit verteenwoordig ongeveer 8 miljoen verpakte kartonne vir die plaaslike -en uitvoermarkte.

Die produkte word bemark in ongeveer 105 lande regoor die wêreld wat van die belangrikste markte en supermarkte insluit: die Verenigde Koningkryk, Europa, Verre-Ooste, Midde-Ooste, Asië, Noord-Amerika, Afrika en die Suid-Afrikaanse binnelandse mark.

CFG verskaf werk aan 270 permanente en ongeveer 1 700 seisoenale personeel, almal vanuit die groter Ceres-omgewing.

“Ons stoor, verpak en verkoel verskillende appel- en peer variëteite met elkeen se eie unieke vereistes om ‘n vars en aantreklike produk vir die eindverbruiker te verseker”.

CFG lewer ‘n eenstopdiens aan die 38 aandeelhouergroepe, wat wêreldklas produkte deur middel van innoverende en aanpasbare boerderypraktyke verbou.

Ons besef dat aandeelhouers, kliënte, verskaffers en die gemeenskap waarbinne die maatskappy funksioneer, ‘n belangrike bydrae tot die suksesse van die afgelope eeu gelewer het.

CFG is dankbaar vir die ondersteuning van alle rolspelers en is langtermyn verhoudings ‘n hoeksteen waarop CFG met vertroue kan bou.

“Ons toekomstige realiteit lyk waarskynlik anders as vandag, maar ons glo CFG beskik oor wêreldklas lojale aandeelhouers en kundige personeel wat, die toekoms met dieselfde visie en moed as ons voorgangers, die veranderende markte, produsente en personeel sal diens”.

Die 100ste bestaansjaar is gevier met verskeie geleenthede met alle personeel en aandeelhouers waar op spesiale wyse erkenning aan die prestasie gegee is. ‘n Gedenkboek is saamgestel waarin die 100 jaar vasgevang is.

CFG-tydlyn strek oor 100 jaar

This article is from: