1 minute read

Die CFG-jare 1936 tot 1953

1936 ‘n Groter aantal Afrikaanse lede het by die Assosiasie aangesluit en die eerste Afrikaanse notule is neergepen. Groot skade word deur kodlingmot in 1936 aan oeste in die Ceres-distrik aangerig.

Advertisement

1938 Die praktyk van geforseerde verkoeling (aaneenlopende verkoelde lugvloei met behulp van ‘n waaier) van klaarverpakte produkte is in die Kaapse Hawe ontwikkel wat die houvermoë van verpakte vrugte aansienlik verbeter het.

1939 Die Sagtevrugteraad, na goedkeuring van die Bemarkingswet, word gestig. Hierdie wet het die regulering van produksie en bemarking van verskillende landbouprodukte, insluitend kern- en steenvrugte, ingesluit.

Die Sagtevrugteraad het alle produsente verplig om hul vrugte, insluitend dié bestem vir inmaak en droog, aan die Raad, of goedgekeurde bemarker, te verskaf.

Die Raad was alleenlik verantwoordelik vir die prysbepaling, kwaliteitstandaarde en logistieke reëlings.

1940 Langeberg Koöperasie word op 4 April

1940 gestig vir inmaak vrugte.

1946 DDT word ontwikkel vir die beheer van kodlingmot.

1950 CFG koop ‘n deel van De Bosch vir die oprig van ‘n pakstoor.

1951

Die eerste verpakking op ‘n Bartlett appelen twee Cutler-gradeerders vind plaas. Op daardie tydstip het die Sagtevrugteraad alleen die uitvoer van vrugte bestuur en alle SuidAfrikaanse vrugte is onder die handelsmerk “South African Fruit - D.F.B.” uitgevoer.

1951

Ouma Lizzie du Toit

Elizabeth (Lizzie) du Toit het as 14-jarige van peer-verpakking geleer by die plaasvoorman van De Bosch, Pieter Retief, en Lizzie was deel van die proef verpakking wat in 1948 by die Sagtevrugte Raad se droogbaan plaasgevind het. Koos Cillié was ook as jong man betrokke by die proef en het tegniese kennis van sortering en verpakking by Lizzie opgedoen.

Nadat die Assosiasie amptelik in 1951 met verpakking begin het, het Lizzie opleiding verskaf aan nuwe pakkers. Sy was ‘n geliefde personeellid en was bekend vir haar waardering en lof vir Pikkie Mouton, die eerste verpakkingsbestuurder. Sy het in 1991 afgetree en is kort daarna oorlede.

1952

Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.

1953 Die eerste enkelsterkte-sap word by Ceres Fruit Juices and Vitamin Company vervaardig onder die handelsmerk Ceramin en die naam was ‘n samestelling van Ceres en Vitamien

This article is from: