1 minute read

Fotos uit die argiewe

dering waarmee die vrugtebedryf gekonfronteer was.

2007

Advertisement

Pakhuis 2 is in 1956 opgerig.

Verpleegsuster word aangestel

1991 CFG neem ‘n geregistreerde verpleegsuster in diens om te help met personeel se sosiale-, persoonlike- en gesondheidskwessies. ‘n Ingerigte kliniek word ook in gebruik geneem wat ‘n groot verskil gemaak het.

1992

Die Rietvlei woonbuurt is amptelik op 1 Junie 1992 geopen. Voornemende huiskopers is deur die maatskappy gehelp om eienaarskap te verkry. Die woonbuurt staan amptelik as Rietvlei bekend, maar inwoners praat van Egoli.

1992 CFG verskuif die konsentraat aanleg se belange na ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit

Processors (Edms) Bpk. Daar word hoofsaaklik appel- en peerkonsentraat, semigefiltreerde (cloudy) produkte en ‘n verskeidenheid puree vervaardig. Die aandeelhouers van CFG, en CFG self, lewer steeds laer graad vrugte by CFP. Die konsentraat wat daaruit vervaardig word, word steeds gedeeltelik aan CFJ verkoop vir die vervaardiging van enkelsterkte-sap. CFG se ryke geskiedenis in vervaardiging van konsentraat sowel as sap, leef steeds voort.

1994 Pakhuis 4 word aangebou en is toegerus met ‘n elektroniese Aweta-gradeerder, ingevoer vanuit Nederland.

1997 Na die geskiedkundige verkiesing in 1994 in Suid-Afrika, was verandering in verskeie industrieë onafwendbaar. Dit het ook gelei tot onder andere, die afskaf van enkelkanaal-bemarking op 1 Oktober 1997. Dit word steeds vandag gesien as die grootste enkele veran-

Die verpakking van Bon Chretien pere het bly groei en in die 1997 seisoen het CFG meer as ’n miljoen peerkartonne verpak. Die aanvraag na groen pere het ongelukkig intussen wêreldwyd afgeneem en ‘n groot aantal BC-boorde is uitgetrek.

1998

Ceres Fruit Growers Co-operative Limited word ‘n privaat maatskappy

Gedurende 1998 het Unifruco met Outspan, ‘n maatskappy verantwoordelik vir die uitvoer van sitrus, saamgesmelt en Capespan gevorm.

2001

Na die beëindiging van deregulering, het Ceres Fruit Growers, Kromco en Two-A-Day, ‘n gesamentlike bemarkingsmaatskappy gestig. Tru-Cape Fruit Marketing sou die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte behartig. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte.

2003

CFG besluit om sy belange in CFJ aan Pioneer Food Group te verkoop en dit beëindig CFG se 21-jaar betrokkenheid in die enkelsterkte-sapmark.

Beide die ou Durand Wayland- (Witrok) en Moltrein-eenhede in Pakhuis 3 word vervang met ‘n Aweta paklyn. Die nuwe paklyn is as die N1 gedoop.

2010

CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.

1952 Handelsmerk

Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.

This article is from: