Advertisement
The "Witzenberg Herald" user's logo

Witzenberg Herald

Ceres, South Africa

http://witzenbergherald.com

DIE koerant is in 1997 begin. Na meer as twee dekades het die Witzenberg Herald homself as een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika gevestig. Die afgelope paar jaar is Witzenberg Herald een van die top 10 klein dorpskoerante in Suid-Afrika asook die wenner van die beste voorblaaie in 2005, 2009 en 2011. Vir die eerste keer sedert die COVID-19 pandemie toegeslaan het, het die Forum vir Gemeenskapskoerante, weer hul jaarlikse toekenningsgeleentheid gedurende Oktober 2022 in Gauteng aangebied. Die Avbob FCJ toekenningsaand is op 14 Oktober gehou waartydens gemeenskapskoerante en joernaliste vereer is vir hulle werk. Die Witzenberg Herald het in twee afdelings, Koerant van die Jaar (onafhanklik) en Beste voorblad (onafhanklik) meegeding en is in beide afdelings as die naaswenner aangewys. Agtergrond Die Witzenberg Herald is in 1997 deur wyle Piet Snyman saam met Francois en Erika Snyman begin. Oor die jare het die koerant gegroei en is dit nou onlosmaaklik deel van die Witzenberg gemeenskap.  Ceres maak die grootste deel van die verspreidingarea uit met koerante wat ook op Tulbagh, Wolseley, P.A. Hamlet, Op-die-Berg en omliggende plase versprei word. Die koerant is sedert Januarie 2021 ook digitaal (vooruitbetaalbaar) beskikbaar. Indien jy wil inteken stuur boodskap na nuus@witzenbergherald.com

Publications

Nuwe Grapevine


October 13, 2023

CFG 100 jaar


July 4, 2023

GRAPEVINE 2


June 23, 2023