1 minute read

1800’s

Die eerste aanplantings van vrugtebome was hoofsaaklik vir huishoudelike gebruik. Die bome het hoë tonnemaat gedra en getoon dat die Ceres-omgewing se klimaat baie gunstig is vir vrugteverbouing. Dit het die Ceres-boere aangespoor tot verdere uitbreidings.

1900’s

Advertisement

Die eerste aantekening in die geskiedenis van die uitvoer van vrugte vanaf Ceres, maak melding van Danie Joubert, eienaar van Morceaux plaas, een van die eerste produsente wat boorde in Ceres aangeplant het. PM Cillié, die seun van die bekende Piet Kalifornië van Wellington, het in 1910 die plaas De Bosch, aangrensend aan Ceres-dorp gekoop. Vrugte verpakking geskied op die plase en is oorspronklik in ‘n verskeidenheid houers gepak. Die pakkers het die kiste met “corkdust”, wat later vervang is met houtwol, volgemaak om die vrugte in posisie te hou.

1923 Die amptelike registrasie van die Assosiasie het op Saterdag 13 Januarie 1923 plaasgevind. Ten minste vier van die stigterslede was oud-offisiere, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog vir Brittanje in Indië diens gedoen het. Met die beëindiging van die oorlog, het die Britse offisiere hulle op plase in die De Vlei-area buite P.A. Hamlet, gevestig. Die diversiteit van lede het bygedra dat meer as twee derdes van die aandeelhouers Engelssprekend was en dat die notules aanvanklik in Engels gehou is.

1929

Die spoorlyn word vanaf Ceres-stasie tot op P.A. Hamlet verleng en die spoorweë het ‘n 5-ton vragmotordiens vanaf P.A. Hamlet na die Koue Bokkeveld ingestel. Dit het verdere vrugteverbouing in die Koue Bokkeveld aangemoedig, omdat Gydopas met sy steil en moeilike grondoppervlak, die enigste padverbinding tussen die Koue Bokkeveld en Ceres was.

Die oprig van die Ceres-stasie het vervoer na die Kaapse Hawe aansienlik verbeter, maar die verhoging in vrugtemperatuur op die stasie tydens die laai van die trein, was nadelig vir vrugkwaliteit. 1929 was ‘n goeie jaar, die produsente het tot 6 sjielings en 6 pence (R31. 90 vandag) per kis Winter Nelis pere gekry.

Spoorlyn in Michellspas - 1929

Ou fotos van boorde en vrugteverkopers

1920

PM Cillié en Piet Hugo plant die eerste appelbome op Vaalbult en Elandsfontein in die Koue Bokkeveld.

1922

Die stigtingsvergadering van Ceres Fruit Growers Cooperation Association Limited het op Saterdag 2 September 1922 plaasgevind en is deur 21 produsente van die distrik bygewoon.

Helping you help your employees with a responsible, risk free, transparent and managed loan solution.

Die eerste notule boek van CFG. Die eerste notule dui aan dat die doel van die Assosiasie was om die belange van produsente van Ceres te bevorder, om gesamentlike pakmateriaal aan te koop en om die uitbreiding van oorsese markte te bevorder.

1931

Die amptelike opening van die eerste koelkamer van ‘n aparte Koöperasie naamlik Ceres Cooperative Cold Storage Company (CCS) het op Saterdag, 21 Februarie 1931 plaasgevind.

Ceres Fruit Growers

This article is from: