Witzenberg Herald Vol.27 no.7 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 7

R 10

Friday, 23 February 2023

Vanaf Donderdag 22 Februarie is die

Mon - Fri: 08:00 - 18:00 Sat: 08:00 - 15:00 Sundays + public holidays: 09:00 - 14:00

te koop by Village Bakkery

Call Juba 061-352-0651 for an appointment

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 22 Februarie

Vrydag 23 Februarie

Saterdag 24 Februarie

11° 32°

10° 30°

10° 27°

Sondag 25 Februarie

11° 31°

CERES KOEKEDOUW DAM

76,6% TULBAGH DAM

57%

WAVERENSKROON TULBAGH

55%

Lesings geneem: 2024/02/21

cnr. Voortrekker- & Van Riebeeckstreet, Ceres

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

OORLEDE: Lindszay Petersen (23) van Bella Vista.

Een sterf in ongeluk Seroot (25), was vasgekeer agter die stuurwiel en is later met ernstige beserings na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Nog twee passasiers, McNeil Adams en Hilton Gaba van Nduli, was ook in die VW Golf. Adams het veelvuldige beserings opgedoen. Die bestuurder van die Ford ST, Cameron Julies (31) en drie insittendes, Tyrone Martinus, Clint Jacobs en Avril Green, almal van Wolseley, het ligte beserings opgedoen. Die Wolseley polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag asook die oorsaak van die ongeluk. Gerugte doen die rondte dat die voertuie dalk deel was van ‘n straatresies.

‘n JONG inwoner van Ceres het die naweek in ‘n motorongeluk buite Wolseley gesterf. Twee motors, ‘n swart VW Golf van Ceres en ‘n wit Ford ST met ‘n CFA registrasienommer, was Sondag 18 Februarie omstreeks 01:40 die oggend in ‘n noodlottige botsing betrokke naby die lekkergoedfabriek tussen Montana se ingang en die treinspoor. Lindszay Petersen (23) van Bella Vista, een van drie passasiers in die VW Golf, het uitgeval en is op die toneel dood. Die bestuurder van die VW Golf, Arushaan

Indien daar nog oogegetuies is, kan hulle die ondersoekbeampte s/sers. Hendricks skakel by (023) 231-8000. Statistieke Die getal ongelukke en sterftes op die Wes-Kaap paaie bly steeds ‘n groot bron van kommer vir owerhede. Gedurende die week van 12-18 Februarie was daar 28 ongelukke aangemeld met 31 sterftes. Hiervan was 5 bestuurders, een motorfietsryer, 9 passasiers en 16 voetgangers. Daar is 248 padblokkades gehou, 21 voertuie is geskut en 209 is weens onpadwaardigheid van die pad gehaal.

ERNSTIG beseer: Arushaan Seroot (25) van Bella Vista.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 22 - 25 FEBRUARIE 2024 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

2 x Beef burgers & chips

9999

6600

each

for both

Bulk Pork neck steaks

7999

Spar Bacon 200g

each

11499 p/kg

64

99 p/kg

2199

Bulk T-Bone & Club steaks

p/kg

Pork Texan steaks

Savoury bread

Bulk Ceres Spar Boerewors

9999

GROENTE COMBO

11000

2 FOR

100

Clover Butro 500g

34

each

19

each

Darling 2L Milk

99 each

34

99

All Gold Tomato Sauce 700ml

89

99 each

16999

each

Banana bread

99

Captain Morgan Spiced Gold Rum 750ml

00

7999

p/kg

7kg Aartappels, 1kg Uie, 750g Wortels, 1kg Skorsies

Spar toilet paper 1-ply Mini rolls 18’s

Nescafé Ricoffy refill pouch 800g

SERVING SUGGESTION

Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L

2999 each

39

99 each

Sunlight Auto Washing Powder or Liquid 2kg/1.5L

Amarula assorted 750ml

14999 each

6499 each

BUY 2 FOR

15000

each

Spar Red or Smoked Viennas 500g

Castle Lite Handies 6 x 330ml NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2 l WITZENBERG HERALD l 23 FEBRUARY 2024

Beskerm jou dogter se lewe met die MPV-entstof DIE lewens van meer as 350 000 jong meisies is die afgelope tien jaar in die Wes-Kaap beskerm teen kanker. Ouers en gesondheidswerkers het oor die jare saamgespan om seker te maak dat jong meisies teen die menslike papiloomvirus (MPV) ingeënt word sodat hulle ‘n verminderde risiko het om as volwassenes servikale kanker te kry. Wes-Kaap regering gesondheid en welstand se skole gesondheidspanne besoek tussen 6 Februarie en 20 Maart 2024 publieke en spesiale skole om die MPV-entstof gratis te gee. Alle meisies in graad 5 wie 9 jaar en ouer is, kan die inenting teen die virus kry om kanker te voorkom. Sr. Fiona Wiid van gesondheid en welstand se span Drakenstein sub-distrik sê sy doen baie moeite om met onderwysers en leerders te praat sodat hulle verstaan waarom die entstof so belangrik is. Slegs meisies wie se ouers of voogde toestemming gee, sal die gratis entstof ontvang. “Voorkoming is beter as genesing. Dit is beter om nou die entstof te kry eerder as om eendag vir kanker behandel te word,” sê sr. Wiid, wie deel was van die spanne wie tien jaar gelede met die veldtog begin het. Servikale kanker raak die lewens van baie vroue in die provinsie. Maar, die MPV-entstof is ‘n doeltreffende wapen teen die virus en word aan meisies wie kwalifiseer gebied teen geen koste. Dit is deel van die regering se toewyding om saam soveel as moontlik lewens te red. “Die MPV-entstof is ‘n doeltreffende manier om servikale kanker te voorkom. Dit is veral doeltreffend wanneer dit toegedien word voordat die individu seksueel aktief is, so ons beveel aan dat dit vroeg in die tienerjare toegedien word”. Die Wes-Kaapse departement gesondheid en welstand het sedert 2014 byna 350 000 entstowwe toegedien in die provinsie, en bereik jaarliks ongeveer 1 200 skole. Die entstof gee ‘n unieke geleentheid vir almal om hande te vat om die gesondheid van meisies en vroue te beskerm. Gesondheidswerkers in die Breedevallei, Drakenstein, Langeberg, Stellenbosch en Witzenberg moedig ouers aan om die toestemmingsbriewe wat hulle ontvang van die skool, te onderteken, en terug te stuur skool toe sodat hul dogter die entstof kan ontvang.

ONDERHOUDS TEGNIKUS Howbill Farming is ‘n Boerdery in die Ceres distrik wat die dienste benodig van ‘n Onderhouds Tegnikus wat spesifiek verantwoordelik sal wees vir die onderhoud en instandhouding van die pakhuis masjinerie en -paklyne, sowel as ‘n reeks van ander instandhoudings take rondom die Pakhuis en onderhoudswerkswinkel. Verantwoordelikhede: • Onderhoud en instandhouding van alle pakhuis masjinerie en toerusting • Algemene sweiswerk en herstel van plaasimplemente en waterpompe • Bestuur onderhoudspan en implementeer voorkomende onderhoudsplan • Bestuur onderhoud van pakhuis personeel behuising en pakhuis geboue. Vereistes: • Nasionale Diploma, relevante kwalifikasie of indiens opleiding • Opleiding as sweiser in verskeie sweis dissiplines • Vermoë om ‘n onderhoudspan te bestuur en saam met Pakhuisbestuurder te werk • Ondervinding en kennis as passer en draaier sal ‘n aanbeveling wees • Ondervinding in ‘n produksie omgewing, spesifiek met betrekking tot instandhouding • Ondervinding van hidrouliese masjinerie en hidroulika • Vermoë om onafhanklik te werk en innoverend te dink. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om op die plaas te bly en Howbill bied aan die suksesvolle kandidaat ‘n markverwante salaris met byvoordele. Stuur asseblief u CV per e-pos aan: Die Menslike Hulpbronne Bestuurder Howbill Farming (Pty) Ltd. E-pos: hr@howbill.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Maart 2024 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Vir enige navrae skakel: (023) 009-0992 Indien u geen terugvoer binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

TWEE leerders van laerskool Koue Bokkeveld en kranige krieketspelers, Johan duToit en John du Toit, is in die Witzenberg o/13 krieketspan opgeneem.

DANIEL van Deventer, 'n leerder van F.D. Conradie, is opgeneem in die Witzenberg o/13 krieketspan wat aan die Kaapse Wynland-Noord krieketproewe gaan deelneem. Hulle speel die volgende twee naweke teen Langeberg en Breedevallei.

HUIS Pieter Strauss het verlede Vrydag 16 Februarie ‘n dankie-sê funksie by die tehuis aangebied. VLNR: Pieter du Toit, Basie van Wyk (Badisa bestuursprogram), Louis Marais (bestuurder van Huis Pieter Strauss), Marthinus de Villiers (Huis Pieter Strauss beheerraad voorsitter), Waldie Terblanché (Badisa bestuursprogram) en Piet Smit.

CERES (023) 316-2226

Exciting new opportunity at Ceres Superspar

CONFECTIONER The following requirements are needed: • Must be able to handle and work under pressure; • Excellent people’s skills; • Must be willing to work weekends and shifts; • Must be fully bilingual; • Preferably reside in Ceres/Wolseley; • Previous experience in this profession will be advantageous; • Must have matric; • Must have knowledge of hygiene in the workplace. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID and matric certificate included) to: ceres3@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources Closing date for applications: Friday 8 March 2024 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by Friday 15 March 2024, please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

Huis Pieter Strauss baie dankbaar HUIS Pieter Strauss sê dankie: DIE bestuur en personeel van Huis Pieter Strauss sê dankie aan gemeenskap vir hul hulp en ondersteuning. Na die brand op Oukersaand 2023 is ons dankbaar vir: ● Alhoewel een persoon tydens brand oorlede is, is ons baie dankbaar dat ’n groter aantal inwoners nie oorlede is nie. As gevolg van die rook, wat ’n groot probleem was ,was die waarskynlikheid hoog vir nog sterfgevalle. ● Elke persoon wat die aand gehelp het met die ontruiming van die tehuis. ● Vir elke gebed wat vir die inwoners en personeel gebid was. ● Elke persoon wat op watter wyse welwillendheid aan die inwoners bewys het. Ons is baie dankbaar vir verskeie skenkings wat ons ontvang het - hetsy in die vorm van produkte, gebruiksartikels of kontant. ● Elke personeellid en vrywilligers wat onder moeilike omstandighede voortgegaan het om die inwoners te versorg.


23 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

Hoenderplaas kry goedkeuring om voort te gaan ‘n HOENDERPLAAS buite Tulbagh het vroeër die maand die groen lig gekry om met hul beplande uitbreidings voort te gaan. Dié goedkeuring kom meer as drie jaar nadat inwoners van Tulbagh en omliggende grondeienaars in Januarie 2021 beswaar gemaak het nadat Windmeul Eiers ‘n gebou onwettig op die plaas De Hoop opgerig het sonder ‘n impakstudie. Die bekende hoenderplaas van die Paarl het die eerste van vyf geboue opgerig al was daar geen omgewingsimpakstudie gedoen of goedgekeurde bouplanne by die munisipaliteit ingedien nie. Die Witzenberg munisipaliteit het destyds gesê ‘n hoenderplaas word wel toegelaat on-

der die landbou-sonering. Hul bouplanne is toe nie goedgekeur nie weens die uitstaande EIA en kan dit slegs goedgekeur word alvorens die omgewingsimpakstudie voltooi is. Omliggende grondeienaars en inwoners van die dorp het in hul besware gemeld dat indien die projek voortgaan, dit kan lei tot verdere soortgelyke onwettige aktiwiteite in die streek, dat omliggende grondeienaars se grond minder werd is en dat verkeer en geraas sal toeneem met betrekking tot aflewering en vervoer van eiers en ander produkte, dat die pad skade sal kry en dat die nabygeleë gasteplaas van hul inkomste uit toerisme, beroof sal word.

Die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het na die klagtes en besware, ‘n R30 000 administratiewe boete aan Windmeul Eiers opgelê vir die onwettige bouery. Goedgekeur Die omgewingsimpakstudie is afgehandel en die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het alle voor- en nadele asook besware opgeweeg voordat daar op 9 Februarie, ‘n omgewingsgoedkeuring aan Pier Passerini van Windmeul Eiers uitgereik is om voort te gaan met die beoogde uitbreidings. Daar is reeds een gebou (pluimveehuis) van 107 meter lank by 7 meter wyd opgerig

wat 20 000 hoenders huisves. Die gebou beslaan 767 vkm. Die projek maak voorsiening vir nog 4 sulke geboue wat ongeveer 100 000 hoenders sal huisves. ‘n Nuwe gebou sal opgerig word sodra die voltooide een winsgewend raak. Die geboue sal in ‘n 3.9 hektaar area op die Suidelike grens van die plaas opgerig word en die projek moet binne 10 jaar voltooi wees. Bouplanne moet nou by die Witzenberg munisipaliteit ingedien word vir goedkeuring. Die eienaar van die gasteplaas aangrensend aan die hoenderplaas, het die week gesê hulle neem kennis van die goedkeuring maar voel dat niks bereik gaan word om weer te appèlleer nie.

Padwerke het nog skaars begin en motoriste raak al gefrustreerd

Jong man (23) sterf

AL drie in- en uitgange van Ceres sal vir die volgende twee jaar deel wees van uitgebreide padwerke in die streek. Ontwrigting ‘n Belangrike gesprek tussen CBI en rolspelers van Roadmack, het Woensdag 21 Februarie plaasgevind oor die beplande padwerke tussen Ceres en Op-die-Berg. “ Motoriste word gevra om hul samewerking te gee en geduldig en bedagsaam te wees teenoor die personeel wie die paaie herstel”. Die pad word tans in lang stroke uitgemerk vanaf Ceres tot aan die onderkant van Gydopas.

Die uitmerk-proses is om die herstelwerk te beplan en behoort teen Vrydag 1 Maart afgehandel te wees. Hierdie proses veroorsaak groot ontwrigting omdat langer stroke op ‘n slag uitgemerk word. Lap en Plak Die proses begin sodra die uitmerk afgehandel is, maar sal oor kleiner gedeeltes plaasvind - wat minder ontwrigting sal veroorsaak. Stop-en-ry punte Motoriste sal dit moet aanvaar dat hier aksie ongeveer 15 minute sal duur. Dit geskied tussen 07:00 en 17:00. Gedurende die nag sal die pad oop wees.

‘n JONG inwoner van Ceres het die naweek in ‘n motorongeluk buite Wolseley gesterf. Twee motors, ‘n swart VW Golf van Ceres (bo) en ‘n wit Ford ST (onder) met ‘n CFA registrasienommer, was Sondag 18 Februarie omstreeks 01:40 die oggend in ‘n noodlottige botsing betrokke naby die lekkergoedfabriek tussen Montana se ingang en die treinspoor.

AL drie in- en uitgange van Ceres sal vir die volgendetwee jaar deel wees van uitgebreide padwerke in die streek. Motoriste moet kennis neem van talle stop-en-ry punte in Michellspas en Theronsbergpas. Werk aan die Ceres/Op-die-Bergpad het ook begin. *Motoriste wat onderweg was na P.A. Hamlet of Op-die-Berg, het Woensdag 21 Februarie op die eerste dag van die stop-en-ry punte, probleme opgetel met verkeer wat vir lang tye ophoop. Die verkeersdepartement sal vinnig hieraan moet aandag gee en ook taxis beboet wat teen die verkeer ry. Die kontrakteur se vlagswaaiers moet ook na die einde van die ry bly beweeg om voertuie te waarsku. Geen nut om op een plek te staan nie.

We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems

Die naweek sal daar geen padwerke wees nie. “CBI, grondeienaars en sakelui, is baie opgewonde oor die vooruitsig van ‘n nuwe pad vanaf Ceres tot diep in die Koue Bokkeveld”. Instandhoudingswerk begin Periodieke instandhoudingswerk het reeds einde verlede jaar van Touwsrivier in die rigting van Theronsberg begin. Die pad van 20km merk buite Wolseley tot op 36km merk (Ceres dorpsingang) en byna 70km van Touwsrivier na Theronsberg/Ceres, vorm deel van die nuutste herstelprojek. Die beraamde koste vir dié herstelwerk beloop nagenoeg R131 miljoen. Die herstelwerk is van kritieke belang om huidige padnetwerk in die Witzenbergstreek te verbeter. Die pad dra veral ‘n groot hoeveelheid swaarvoertuig-verkeer wat die weegbrug by Worcester misry en by Touwsrivier weer op N1 aansluit. Werk behels die herstel van padoppervlakte, skouers en verseling van krake asook bykomende werk wat insluit die aanbring van padmerke, die installering van padtekens, veiligheidsrelings en heinings. Pad na Op-die-Berg Na meer as 15 jaar se gesloer en die R303-pad tussen Hamlet en Op-die-Berg wat voos gery is, het die departement van infrastruktuur einde November 2023, R378 miljoen goedgekeur om die pad op te gradeer en te herstel. Die R303-pad is ‘n belangrike lewensaar vir landbouers in die Koue Bokkeveld wat hulle vrugte per pad na koelkamers en markte in die streek en provinsie moet vervoer. Die pad sal na verwagting in Maart 2026 voltooi wees.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES info@jptek.co.za 023 1000 515

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


4 l WITZENBERG HERALD l 23 FEBRUARY 2024

Dastile-moordsaak in streekhof DIE vermeende moordenaar van ‘n saggeaarde jeugen welsynwerker van Tulbagh, moet Maartmaand weer in die streekhof verskyn. Albert Gwayishe (50) word van die moord op Siyamthanda Dastile (29) aangekla. Gwayishe verskyn ook op ‘n klag van roof nadat hy ‘n selfoon en horlosie van Dastile gesteel het. Gwayishe moet weer op 6 Maart in die Tulbagh

streekhof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die Tulbagh gemeenskap was verlede jaar erg geskok na die moord op Siyamthanda Dastile. Hy is in die Ceres hospitaal dood nadat hy beroof is. Dastile het Sondag 23 Julie 2023 omstreeks 05:00 huistoe gestap toe hy beroof en twee keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Ouers moet betrokke raak by skool en gaan stem

‘n NUWE PostNet-tak het in September 2023 op Ceres geopen. Die tak is in die Harmonie-gebou in Voortrekkerstraat geleë, reg oorkant Charlie Hofmeyr se hokkievelde. PostNet Ceres bied ‘n wye verskeidenheid dienste aan om aan die gemeenskap se behoeftes te voldoen. Besoek gerus die winkel in die Harmonie-gebou (Voortrekkerstraat 17). * Hier is die personeel afgeneem. VLNR: Ralton Petersen, Jackie Courtenay (bestuurder) en Tarien Eygelaar.

Nuwe haarkapper - VAKANTE POS -

BESSIE PAKHUISBESTUURDER (JUNIOR) De Keur Landgoed, ‘n gevestigde vrugte- en groente verbouiingsmaatskappy, geleë in die Koue Bokkeveld en Wolseley omgewing, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese persoon om permanent aan te sluit by hul Bessie pakhuisspan. VERANTWOORDELIKHEDE: • Deurlopend verantwoordelik vir innames en uitlaaie van bessies; • Produktiwiteit en akkuraatheid van werknemers; • Algemene administrasie; • Voorbereiding van produksie oudits en handhawing van standaarde; • Kontrole oor kwaliteit van bessies verpak; • Bestuur van personeel; • Goedkeuring van lone. VEREISTES: Akkuraatheid; Doelgerig - moet sperdatums haal en bereid wees om ekstra ure te werk; Moet goed onder druk funksioneer; Ondervinding in industrie standaarde; Administratiewe vaardighede (Engels en Afrikaans); Kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans); Probleemoplossing; Moet inisiatief neem; Rekenaarvaardig. OPLEIDING EN ONDERVINDING: Graad 12; Ondervinding van GlobalGap, Food Health Safety; Baie goeie kennis van Excel en Office; Geldige bestuurderslisensie; 2 Jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos. Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema en Discovery mediese fonds is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 7 MAART 2024 Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: recruitment@dekeur.co.za - Johan du Plessis

TIFAOUI is ‘n nuwe mans haarkapper op Ceres. Hulle perseel is in die Harmonie-gebou in Voortrekkerstraat (ou Hair Revue). Besigheidsure is Maandae tot Vrydae van 08:00 -18:00, Saterdae van 08:00-15:00 en Sondae en openbare vakansiedae van 09:00-14:00. Vir afsprake skakel Juba (eienaar) by 061-352-0651.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

FOR THE LOVE OF TREES!

KENNISGEWING In die boedel van wyle: ANNAMARIE VOSLOO Id. no. 411110 0046 086 Van: Waverenstraat 1, Tulbagh, 6820 Boedelnommer: 021656/2023 Wie oorlede is op: 12 September 2023 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG, 23 FEBRUARIE 2024.

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 37, Ceres, 6835 (Verw: J7835)

DIE omstrede wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette of Bela-wetgewing, soos dit ook bekend staan, moet nog goedgekeur word. Die wetgewing hang egter soos ‘n swaard oor die koppe van 23 000 skole. Twee hoërskole, Hoërskool Charlie Hofmeyr en Ceres Sekondêr, en twee laerskole, Laerskool Gericke en Bella Vista primêr, is onlangs vir ‘n opinie gevra. Die vraag is hoe gaan skole die verkiesing van nuwe ‘n beheerraad tussen 1-31 Maart hanteer? Skole kan self besluit watter opsie hulle verkies: a. Hou van vergadering om kandidate te benoem en waar gestem word of b. ‘n dag lange verkiesing met ouers wat enige tyd by die skool kan gaan stem of c. ‘n aanlyn verkiesing? Die huidige termyn van drie jaar van skoolbeheerliggame, verstryk volgens die Skolewet in April. ‘n Beroep word op alle ouers gedoen om betrokke te raak by dié verkiesings. Die beheerliggaam speel ‘n belangrike rol in die bestuur van skole se geldsake, aanstellings en die formulering van beleid. Gaan stem en raak betrokke “Gaan stem of stel jouself verkiesbaar. Ongeag jou besluit, jou bydrae is beduidend sê FEDSAS, die federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole. “Ouers is lief om te kla oor skoolkwessies waaroor skoolbeheerliggame moet besluit. Die verkiesings is ‘n gulde geleentheid om ‘n verskil te maak en betrokke te wees. ‘n Sterk mandaat sal ‘n teenvoeter wees vir die Bela-wetgewing. In die verlede was die opkoms van ouers by die verkiesings, baie swak. Opinie Danie le Roux, skoolhoof van Charlie Hofmeyr, het geantwoord en gesê hulle is saam met ander onderwyskundiges bekommerd oor die moontlike effek wat die Bela-wetgewing op skoolbeheer kan hê. “Ons is veral bekommerd oor die moontlike effek van die wysiging aan artikel 5 en 6 van die SA skolewet. Hier speel toelatingsbeleid en taalbeleid - soos huidiglik bepaal deur beheerliggame van skole - ‘n groot rol. Die tyd sal egter leer wat die praktiese implikasie hiervan op skole en veral skoolbeheerliggame, gaan wees. Sover ons weet is daar klaar beheerliggame wat die grondwetlikheid van dié wysigings aan die SA skolewet, in die Konstitusionele Hof gaan toets”. Hoërskool Charlie Hofmeyr gaan die opsie dat ‘n vergadering om kandidate te benoem belê word en waar daar gestem word, uitoefen.


23 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

Polisie nog nie klaar met ondersoekwerk DIE Nieuwoudt-moordsaak is is verlede week weer uitgestel. Die keer sodat die die polisie hul ondersoek kan voltooi. Twee mans, Banele Moya (19) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van moord op die 59-jarige Ceres inwoner, Herman Nieuwoudt. Hulle het op 15 Februarie in die Worcester landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Selfoon-rekords van teksboodskappe en daaglikse oproepe tussen die twee moordverdagtes en Herman Nieuwoudt, maak blykbaar ook deel uit van die polisie-ondersoek. Die saak is tot 4 Maart uitgestel. Die twee mans bly in aanhouding. Gemeenskap geskok Dié moord het verlede jaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur. Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

NA meer as twee jaar staan die werk aan die Van Bredabrug op Ceres einde se kant toe. Volgens werkers by die brug, moet werksaamhede teen einde Maart klaar wees. Bouwerk het in Desember 2021 begin. Die brug word opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. * Die afgelope week kon motoriste weerskante van die brug ry terwyl die laaste afrondingswerk klaargemaak word.

DIE bestuurder van ‘n Toyota Venture het Maandag omstreeks 15:00 beheer oor die voertuig verloor waarna dit op die R355 naby Sneeukop gerol het. Die bestuurder was van Op-die-Berg onderweg in die rigting van Sneeukop om kinders op verskillende plase af te laai. Die bestuurder is ernstig beseer. Hy was ook ‘n tyd lank in die bussie vasgekeer. Die bestuurder is later vanaf Ceres hospitaal na Tygerberg hospitaal oorgeplaas. * Die P.A. Hamlet SAPD ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

Ou akkerbome word afgesaag WERKERS van die Witzenberg munisipaliteit het Dinsdag 20 Februarie begin om twee ou akkerbome wat vrot was en wie se leeftyd verby is, naby die Harmonie-gebou in Van Riebeeckstraat, af te saag en te verwyder. ‘n Derde boom langs die Charlie Hofmeyr hokkieveld in Voortrekkerstraat, gaan ook afgesaag word. Al drie bome is oor die afgelope paar jaar deur wind en weer verniel.


6 l WITZENBERG HERALD l 23 FEBRUARY 2024

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Prophet DIANA & Kim Dienste: - Blokkasies en lekke - Geiser installasies - Rioolstelsels - Gebarste pype - Alle loodgieter herstelwerk

Skakel Richard ‘Stormy’ Langeveldt

Willem Moses

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

1960/03/26 - 2024/02/15

Begrafnisdiens: So. 25 Feb. 2024 Huis: 10:00, Lavallastraat 23, Hopland, Wolseley Graf: Wolseley

079-814-0627 NB: Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Lena Krotz

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop

• Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

1962/03/24 - 2024/02/14 Roudiens: Do. 22/02/2024, 19:00, Weltevrede Plaas, Warm Bokkeveld

André du PPreez reez

078-283-7310

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

PLANT AND TOOL HIRE

CERES atletiekklub hou hul algemene jaarvergadering op Donderdag 22 Februarie om 19:00 in die Rietvallei biblioteek in Lyellstraat. WITZENBERG Cansa Relay vind plaas van 2 - 3 Maart. INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word. WOLSELEY rugbyklub het in alle erns met hul voorbereiding begin. Die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag. Die klub se volgende opwarmingswedstryd is op 24 Februarie tuis teen Porterville. BELLA Vista rugbyklub speel op 24 Februarie hul laaste opwarmingswedstryd tuis teen Young Hamiltons. BELLA Vista rugbyklub se eerste Witsentraal wedstryd vind op Saterdag 2 Maart wanneer Bella Vista en Ceres kragte meet. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7 - 14 Maart. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaacjacobs50@yahoo.com PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29 - 31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae.

082-639-2800 (023) 313-4422

Begrafnisdiens: Sat. 24 Feb. 2024

crazypistonsct@gmail.com

Kerk: 09:00, VGK, Bella Vista Graf: Bella Vista

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

is there to help with: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court and divorce cases • Pay after job is done • Delayed pension

nuusbrokkies

GRATIS

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 rek C27 w.t.o.

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

Whatsapp die woord

HERALD

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003 Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem

Besigheidsure:

Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

R30 per bondel

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

(023) 316-2021

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Murchisonstraat 4, Ceres


23 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op 21 atlete wat opgeneem is in die Witzenberg atletiekspan. Die atlete gaan die naweek aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl, deelneem. AGTER: Stiaan Mouton, Joshua van der Merwe, Heinz Rautenbach, Daniël van Deventer, Sophia van Deventer, Ferran Snyders en Heidi Britton. MIDDEL: Jaun-Lee van Rooy, Edrich Dafel, Zoe Titus, Franco Boer, Layla du Plessis, Arrie van Rooyen, Adrian Mars en Edinn Pretorius. VOOR: Adver van der Ross, Jaydee Kruger, Kezzley Botes en Diné Dafel. AFWESIG: Daniël Wolfaardt.

Witzenberg se atlete op pad Paarl toe ATLETE van Bella Vista primêr het goed presteer by die Witzenberg byeenkoms en deurgedring na die Boland atletiekbyeenkoms wat Saterdag 24 Februarie op die Dal Josafat stadium in die Paarl aangebied word.

Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za

happy tales Support CHAIN

LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op die groep atlete wat opgeneem is in die Witzenberg atletiekspan wat die naweek aan die Boland kampioenskappe in die Paarl gaan deelneem.

Spirit unbroken

Meet Kapad, the newest member of the Pretorius family. But don’t be fooled - the happy, free-spirited dog you see today is not who he was just three months ago, when he was rescued from a neglectful home in Ceres. Coat crusted with sores caused by mange, an infected eye weeping pus, gut choked with roundworm, this malnourished little puppy had virtually given up on life. His face and body language said it all: “Okay, whatever happens next, it’s going to be worse”. But it wasn’t. CHAIN’s rescue angel, Hazel, found out about his plight and brought him to the shelter in Wolseley. He was in such bad condition that he needed two months of care before he could be offered for adoption. First, his nasty infections and parasites were treated and then he was put on a proper diet. Still a puppy, it was crucial to give him the right nutrients so he could grow. As his health improved and he began to feel safe, so his will to live revived. Enter Carl and Hannie Pretorius. Before moving to Wolseley last year, Carl and his wife, Hannie, lived in Wellington for eight years in a home with a small yard. Although they had dogs and a cat when they lived in Namibia, they decided it wouldn’t be fair to keep dogs in such a small garden.

SESTIEN atlete van Morrisdale primêr het die naweek aan die Witzenberg byeenkoms deelgeneem en deurgedring na die Boland atletiekbyeenkoms wat Saterdag 24 Februarie op die Dal Josafat stadium in die Paarl aangebied word.

Adriaan blink uit op tennisbaan ADRIAAN Wolfaardt van Laerskool F.D. Conradie het Saterdag 17 Februarie aan die Paarl Pro Kennex tennistoernooi deelgeneem. Hy het uitstekend gevaar en derde geëindig in die seuns o/12A platinum-afdeling.

Carl and Kapad are great friends Photo: Phoebe du Preez

But when they moved to their new home in Wolseley, which has a lovely big fenced garden, it was time to think about getting a dog again. As a retired couple living on the edge of town, they also needed a dog for added security. Hannie was sure she wanted a small or medium-sized dog, so Carl began to look out for one at CHAIN’s shelter. But life has its own course - it was a huge Great Dane called Luna who caught their eye! They decided to adopt her and today she is Hannie’s special baby. Carl felt that Luna needed company, and that’s where Kapad comes back into the story. Hazel told him she had a dog that might suit him, and when the time came for introductions, it was love at first sight. “Kapad isn’t the prettiest dog”, he says, “but his spirit is beautiful”. Beauty is in the eye of the beholder, and we reckon he’s a pretty good-looking chap. Carl’s right, though - it’s his spirit that strikes you first. He welcomes you with the biggest smiley face we’ve ever seen on a dog, a friendly wrap around your legs, and a gentle nuzzle at your hands. We watched him playing with his big sister, Luna, chasing her around the garden and rolling on the lawn with her. He knows she’s boss how could he not since she towers over him and got there first? Carl, Hannie and Luna have given Kapad his puppyhood back, and we share Carl’s wonder at how forgiving dogs are. There’s a word Carl uses to describe him after all the hardship he lived through: RESILIENT. It’s the right word. Spirit unbowed, he gives all his love to his new family, especially to Dad Carl. And it’s a two-way street.

Kapad before rehabilitation

Kapad playing with Luna

Carl says he and Hannie feel complete again, having lived without dogs for so many years.

072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook @ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh CHAIN Newsletter publication: kevin@mettamedia.co.za


8 l WITZENBERG HERALD l 23 FEBRUARY 2024

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Du Toit wen gholfkompetisie

CERES rugbyklub het verlede naweek ‘n nuwe stel rugbytruie vanaf Philip Fabricius (Fabricius meganisasie en Kubota handelaar) ontvang. VLNR: Gaby Kaalmeyer (voorsitter), William van Wyk, Jan Rass van der Linde en Heini du Toit (president).

AJ du Toit het Saterdag 17 Februarie die individuele stableford kompetisie met 39 punte gewen. Henk Rossouw was in die tweede plek met 38 punte. Vince Hewitt was derde gevolg deur Altus Joubert en Harry Hewitt, al drie met 37 punte. Goeie brutotellings is deur Cornell Muller (66) en Vince Hewitt (71) aangeteken. Nuwe datum Die Ceres klubkampioenskappe se nuwe datum is verlede week bekend gemaak. Die klubkampioenskappe vind plaas op Saterdag 23 Maart. Die klub het in 2022 en 2023 ‘n ander formaat op die proef gestel waar die A-afdeling oor 36 putjies op die Saterdag speel en 18 putjies op die Sondag terwyl die ander afdelings net 18 putjies oor twee dae speel. Vanjaar keer die klubkampioenskappe terug na die ou formaat van 36 putjies op een dag. Spelers in al drie afdelings sal in houespel formaat meeding in die A-afdeling (voorgee

0-9), B-afdeling (voorgee 10-18) en C-afdeling (voorgee 19-36). Enige speler wat nie aan die klubkampioenskappe (houespel) wil deelneem nie, kan in die D-afdeling aan ‘n enkel stableford kompetisie oor 36 putjies deelneem. Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek. Die koste beloop R450 per speler en sluit ‘n hamburger en skyfies in na 18 putjies. Die veld is beperk tot 52 spelers om voorsiening te maak vir ‘n moontlike uitspeelstryd. Die loting sal op Woensdag 20 Maart plaasvind. Sluitingsdatum vir inskrywings is 19 Maart. Inskrywings kan by die kroeg gedoen word of via 084-5876-332. Kompetisies Vrydag 23 Februarie vind die uiters gewilde Lions fondsinsamelings gholfdag plaas. Besprekings Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir volgende naweek se spel.

Rugbyklub bedank hul borge

TWEE rugbyspelers, Cameron Hanekom (regs) en Wilco Louw (29), wie beide in die Witzenbergstreek grootgeword het, is ingesluit in ‘n groep van 43 spelers wat volgende maand die Springbok-belyningskamp van Rassie Erasmus gaan bywoon. Beide is deel van die 2024 Bulls groep.

CERES rugbyklub wil Francois van Wyk van Toyota (middel voor) bedank vir die borgskap van gholfhemde aan die klub se nuwe bestuur. AGTER: Donavan Titus (tesourier), Henry Minnaar (wedstrydsekretaris), Benna Viljoen (addisionele lid), Riaan Potgieter (addisionele lid) en Caroline Jantjies (klubsekretaresse). VOOR: Willa Verster (ondervoorsitter), Heini du Toit (president), Francois van Wyk, Gaby Kaalmeyer (voorsitter) en Kevin Alexander (ondervoorsitter). AFWESIG: Fanna du Toit (hulp tesourier), Ernie Scholtz (addisionele lid) en Thinus van Niekerk (klubkaptein). * Die klub bedank Lakenvlei boerdery vir Saterdag se wedstrydborgskap.

HAWIES Fourie, Vrystaat-Cheetahs se hoofafrigter en oud Ceres-rugbyspeler en afrigter, is vanaf 1 Maart as die nuwe hoofafrigter van die Sanlam Boland Kavaliers aangestel. Saam met Fourie is Alshaun Bock (agterlyn en verdediging), Mornay Kurtz (voorspelers), Jacquin Jansen (skopafrigter) en Iver Aanhuizen (kondisionering) aangestel. * Fourie was in sy speeldae ‘n losskakel vir Ceres RVK en tot onlangs ‘n hoofafrigter van die Cheetahs. Hy was ook vroeër jare betrokke by die Stormers en het Boland, Griekwas en Maties suksesvol afgerig. By Maties het hy twee Varsitybeker titels verower.

Kom besoek ons nuwe kantore by die Harmoniegebou, Voortrekkerstraat 17D, Ceres (oorkant Charlie Hofmeyr se A-hokkieveld)

FIRE DETECTION | INVERTERS & SONPANELE | CCTV INSTALLASIES | ALARMS | TOEGANGSBEHEER (FINGER PRINT/FACIAL READERS, HEK MOTORS, STRIKER LOCKS) 023 1000 515

info@jptek.co.za

www.jptek.africa


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.