1 minute read

Nuwe paklyne in gebruik geneem

2012 Pakhuis 5 word aangebou om die toename in twee-kleur appelvariëteite te diens.

Dit word toegerus met ‘n Greefa-paklyn wat oor die vermoë beskik om appels volgens defekte en kleur te skei. Die paklyn kan ook interne defekte identifiseer.

Advertisement

2021

Die ou Ventura-paklyn is gedurende 2021 vervang met ‘n nuwe Greefa-paklyn met die nuuts bte optiese tegnologie. Die paklyn is uniek ontwerp omdat alle defek sortering van kernvrugte deur die tegnologie gedoen word. Dit is in kontras met tradisionele handsortering. heid en innovasie, wat ons regdeur ons reis gelei het”.

Die nuwe paklyn staan bekend as die N2, omdat dit langs die N1 paklyn geleë is. Die loopvlak tussen die twee paklyne heet die R300.

“Terwyl ons hierdie mylpaal vier, kyk ons ook met opgewondenheid en afwagting na die toekoms. Ons maatskappy is gereed vir voortgesette groei en sukses, en ons is vol vertroue dat ons sal voortgaan om ‘n positiewe impak in die vrugtebedryf te maak vir nog 100 jaar en daarna”.

“Namens die hele maatskappy wil ek graag ons werknemers, kliënte, verskaffers en vennote bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en toewyding aan ons maatskappy”.

Gelukkige 100ste bestaansjaar, Ceres Fruit Growers!

CFG 100ste bestaansjaar

Baie geluk CFG met hierdie besondere prestasie. Julle is voorwaar ‘n aanwins vir die Witzenberg omgewing en is ons trots om hierdie mylpaal saam met julle te vier.

This article is from: