1 minute read

CFG-tydlyn van 1956 tot 1982

1956 Pakhuis 2 word opgerig. Die personeel het die masjien vergelyk met die Springbok rugbyspan en die bynaam het behoue gebly.

1958

Advertisement

In die oggendure van 29 Januarie 1958, in die piek van die vrugte seisoen, het ‘n brand die koelkamers in die Kaapse hawe verwoes. CFG besluit om sy eie koelkamers op te rig met ammoniak-tegnologie. Die eenheid het bestaan uit agt kleiner koelkamers en het baie soos ‘n hedendaagse Beheerde Atmosfeer (BA) koelkamers gelyk.

1967 Daar word 76 huise vir seisoenale werkers opgerig, waarvan die eiendom aan CFG behoort het. Die areas waar hierdie huisvesting opgerig is het bekend gestaan as Volstruiskamp, die Voetbalkamp en Sandkamp. Hierdie areas staan vandag steeds gesamentlik bekend as die Rooikamp.

1970’s

Verskeie suksesvolle proewe met die verpakking van vrugte in kartonne word by CFG gedoen. Die kartonne was nie net goedkoper en makliker hanteerbaar nie, maar die handelsmerk kon op al vier sye en bo-op die karton vertoon word. Die uitvoermarkte het vinnig die kartonverpakking verkies.

1970 ‘n Konsentraataanleg word vir die verwerking van laer graad vrugte opgerig op CFG se perseel, die voorloper van Ceres Fruit Processors.

1972

In 1972 het Pikkie Mouton na 20 jaar diens as hoofbestuurder by die maatskappy, met pensioen afgetree.

1975 Nuwe handelsmerk.

1980’s

Gedurende die tagtiger jare is die CERES-handelsmerk ontwikkel.

1982 CFG het ‘n enkelsterkte-sap-, sowel as ‘n konsentraataanleg, op sy perseel gehad. Die aanleg het voortgegaan om as ‘n afdeling van CFG te funksioneer.

Huhtamaki

South AfricaProudly supplying Ceres Fruit Growers eco-friendly packaging since 1979

This article is from: