Die Piketberger - September 2022

Page 1

SSS JP

Prins Keenan Jantjies.

SSS se Mnr & Mej SSS was 'n reusesukses. Al die beoordelaars, borge en elke belangstellende persoon word opreg bedank. Sonder u sou dit nie moontlik wees nie. Mej Steynville is Chwayitle Mahamba en Mnr Steynville JP Malgas. 1ste Prinses is Donay Links, 2de prinses Caire Lee Adams, 1ste Prins Marquin Kayster en 2de Prins Keenan Jantjies. Mej Persoonlikheid is Hiromy Williams en Mnr Persoonlikheid Tiano Afrika. Borge is Rdh Ray van Rooy: Bergrivier Munisipaliteit, APII, Chantal Booyse, The Views: Ashley Swarts, Winkelshoek Wynkelders: Jurgens Brand, André Dirkse en Cynthia O'Connel en Clicks Piketberg.

1 Jaargang 29 Nr. 8 022-913 1796www.piketberg.com R5,00 September 2022 Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lorraine Botha...p2 Troues...p4 Hanekoms toer Namibië...p6 Susie vier 99 jaar...p8 Saars...p10 PPC De Hoek is 100 jaar...p12 NG Kerk Blomweek...p14 New Librarian...p20 PHS Robotics & Coding...p221ste Prins Marquin Kayster, Mnr
Malgas & 2de
Foto’s: Isak Alkaster Mnr & Mej SSS 2022
Mej Steynville Chwayitle Mahamba en Mnr Steynville JP Malgas. 1ste Prinses Donay Links, Mej SSS Chwayitle Mahamba en 2de Prinses Caire-Lee Adams.

Redaksioneel

Amper 30 Jaar van Goeie Nuus

Septembermaand is Die Piketberger se verjaarsdagmaand. Volgende jaar DV bereik ons die 30 jaar mylpaal. Terwyl ek hierdie platform het vir gesels en ek nagelaat het om spasie in die briewekolom te bespreek, wil ek al die Piketbergers bedank vir julle meelewing met my ma se dood op 11 Augustus. Ma het amper haar 90 jaar mylpaal bereik, op 3 maande na. Die afgelope 20 jaar of selfs meer, het Elsa Cronje van Albertinia Die Piketberger deur die pos ontvang. Dit was my groot maandelikse gesels met haar oor die mooi dinge in ons dorp, tussen in vul ons net in oor die telefoon. Sy was baie lief vir Piketberg en sy mense, nes ek. Haar liefde vir ons het oorgespoel na haar bure en van die familie, wat dan ook saamlees.

Verlede maand het ek die delikate onderwerp van fina nsies aangeraak en aan 'n plan gedink: Diegene wat die gedrukte koerant koop, spandeer R5 (R55 per jaar). Baie dankie daarvoor. Statistiek beweer dat tot vier mense gemiddeld aan 'n uitgawe lees. Vir die aanlynlesers het ek 'n voorstel wat heeltemal vrywillig is...as elkeen wat so voel, 'n verjaarsdaggeskenk in die vorm van R30 gee, gaan ons September 2023 haal! Jy mag steeds, ongeag, jou aanlynweergawe verder aanstuur. Hoe maklik het die lewe geword! Baie dankie dat ek mag vra. Bankbesonderhede: Die Piketberger, Nedbank Piketberg kode 198765, Rekeningnr 2569003670 Spaar.

Van mylpale gepraat, baie geluk aan Liebco met hulle 70ste verjaarsdag.

Liefde Marietha

Die Piketberger Redaksie

DA Rolstoel vir Anna Karolus

Lorraine Botha, LP Parlement, en Lorraine Meyer het ‘n nuwe rolstoel oorhandig aan Anna Karolus van Huis AJ Liebenberg.

Lorraine Botha

2 Julie 1965 31 Augustus 2022

The community is deeply saddened by the sudden passing of Lorraine Botha, member of the Western Cape Provincial Parliament. Lorraine was elected to the Western Cape Provincial Parliament in 2014 and during her time, served as the Chairperson of the Standing Committees on Education, Social Development as well as Premier and Constitutional Matters. In January last year, Lorraine’s husband, Johan Botha, had also passed away. We extend our deepest condolences to the children they leave behind and to their family, friends and colleagues. We wish them all the strength they need during this difficult time. May her soul rest in peace.

MC

Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG

022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

Administrasie van boedels

finansiële state

finansiële state

Korporasie finansiële state

en opgawes sowel as besware en appèl

Oudit van finansiële state

van trusts

invoere en BTW

Hantering van oudits

2 Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com
Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen 022 913 1796 Uitleg : Isabel Lausberg Admin en verspreiding: Marietha Goosen Advertensies: diepiketberger@gmail.com Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.
Isabel LausbergMarietha Goosen Geoktrooieerde
Tel.
 Maatskappy
 Individue
 Beslote
 Belastingbeplanning
 Oprigting
 BTW
Opgawes 
op BTW opgawes by SAID  Opstel van testamente  Boedelbeplanning  Maatskappyregistrasies en indiening
HANEKOM
3

Scotsmantroue

Van Niekerktroue

4
Jessé Scotsman en Chimell Fortuin het getrou op 9 Julie 2022 by Le Ferme Derik, Paarl. Foto: Nathan Amon and Lauren Lee Kok Die volgende Piketberger verskyn op 6 Oktober 2022. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 27 September 2022
Chris Fick van Niekerk en Kay Eksteen het getrou op 10 Julie. Foto: Corné Visser
5

Hanekoms toer Namibië

Uitgestelde 2020-toer ‘n Belewenis

Helette Hanekom skryf… 'n Lang verwagte toer moes weens Covid oorstaan en ek deel graag ons wedervaringe met Die Piketberger se lesers: In Windkamp slaap ons by Urben tented camp oor. Vir die volgende vier dae kamp ons in Swakopmund by Alte Brucke met die boswa. Daar het ons vir vier dae die berugte Oosweer beleef. Snags so by 3uur se kant, begin die wind die sand en stof waai tot middae ongeveer 3uur. Jy kan niks voor jou sien nie, dis soos sleepmis by ons in die wintertyd. Stof en sand oral, tot in jou ore. Dit was volgens inwoners die ergste in 22 jaar. Die kameelry was 'n groot hoogtepunt, aangesien dit iets is wat ek nog altyd wou doen. Dit was groot pret. Daar is 45 kamele en baie toeriste wat dié rit doen. Ons volgende stop is Etosha, by die White Lady Lodge. Daar was groot groepe toeriste van oa Frankryk, Duitsland en Engeland. Ons het in 'n rivierloop opgery en olifante gekry. 'n Groot groep motorfietsryers het ook by die Lodge aangedoen. Vandaar na Epuvu Lodge waar ons die leefwyse van die Himbas gaan beleef het. Dis armoede in die oortreffende trap. Hulle het geen water by hulle hutte nie, dra water in 20 liter kanne vir etlike kilometers aan. Hulle drink die sap van plante in die veld om hulle dors te les. Die water word gebruik om kos mee te kook. Hulle slaap in hulle hutte op en onder dierevelle. Daar is geen meubliment in die hutte nie. Voor die hut staan een groot driepootswartpot waarin pap gaargemaak word. Die kinders mag tot 6 jaar oud by hulle ouers in die hut slaap en daarna, 7 10jaar, slaap in 'n aparte hut. Die kinders gaan baie min op 7 jaar skool toe. Hulle moet die bokke, skape en beeste oppas. Die meeste gaan van ongeveer 12 jaar oud vir die eerste keer skool toe. In hulle tradisionele drag dra dogters net 'n driehoekvel om privaatdele te bedek, ook baie krale om die nek vir verdere bedekking. Seuntjies loop in hulle adamsgewaad met baie krale om die middellyf, nek en enkels. Die jongmeisies van ongeveer 16 jaar smeer hulle met 'n rooi kruiemengsel twee maal per dag. Dit mag nie afgewas word nie. Hulle sit uitgebrande stukke kole om die kruie te gebruik en hulle daarmee te berook. Hulle berook ook hulle velgemaakte klere daarmee. Die reuk van die kruiemengsel hou muskiete en vlieë weg. Die huise/hutte bestaan uit net een vertrek. Die man het drie tot vier vroue met gesinne. Vrou nr 1 het die gesag oor die ander in hul woonkraal. As vrouehoofde nie daar kan wees nie, kry die 16/17 jarige dogter gesag oor alle kinders vir die dag. Daar word mielies geplant op selfgemaakte lande en later geoes, drooggemaak op dakke van hul hutte. Die mieliepitte word met klip fyn gekap totdat dit meel word vir mieliepap en brood bak. Die gids gee vir hulle klein botteltjies water en vir die vroue 'n groot sak mieliemeel. Ek het vir hulle kinders eetgoed gegee, hulle eet dit dadelik soos iemand wat dit lanklaas gehad het.

Die kinders maak vir sakgeld armbande en enkelbandjies asook hangertjies van tou, pampoenpitte, mieliepitte en krale. Sommige kerf beeldjies of diere uit hout om geld te verdien om kos te koop. Hulle vervoermiddels is donkies en esels. Hul huisies is van riete gemaak. As daar 'n sinkplaat huis is, is dit 'n beter groep. En as daar 'n baksteenhuisie staan, is dit 'n welgestelde gesin. Ons moet regtig ons seëninge tel. As ons stilhou, dan kom hulle van oral uit hulle hutte en vra hulle net kos. Ons het ook lemoene en nartjies vir hulle gegee. Die vroue kap hout in die veld en loop kilometers ver met 'n plastiek kommetjie met so 15 20 stukke hout in, wat verkoop word vir 40 50 dollar. Daarmee word weer kos gekoop. Ons het hierna, die volgende dag, Epupavalle toe vertrek waar ons vir 3 dae op die Kunenerivier se wal gekamp het. Die Kunenerivier vorm die grens tussen Namibië en Angola. Daar was baie toeriste van oa Swede, Duitsland, Engeland en Frankryk. Die likkewane loop om ons boswa en tent om stukkies oorskiet vleis of wors op te tel en te eet. Ons het nie die krokodille wat in die rivier is, gesien nie. Die mooiste is die gedreun van die watervalle en snags klink dit soos die branders van die see. Die langstert apies is 'n ergernis, hulle haal jou wasgoed van die draad af en doen kwaad by jou standplaas wanneer jy weg is. Dis vrouens van die mans wat werksaam is by die kamp, was ons wasgoed vir ekstra geld. Hierna vertrek ons weer Windhoek toe, daar geoornag om die terug tog huiswaarts aan te pak. Nog een aand oornag ons by Mieta Basson se familiegrootwordplaas, The White House, wat ook op TV was. Na 6000km kom ons veilig tuis met baie goeie herinneringe van ons 20 dae toer.

6 Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276
7

SkaterlagKliphard 2deAflewering

Susie vier 99 jaar

Oudergewoonte sit ons op die gallery, voorste bank. Langs ons skuif nuwe intrekkers in en groet vriendelik. Met die eerste gesang hou my man sy boek uit vir die vrou stilte kyk mekaar aan. My man sing nooit, want hy’s vals, blykbaar is sy ook. Hy maak net sy mond oop en toe. Sagte giggel begin. Ons sit en die hele bank dril. Ons beur om tot bedaring te kom dis immers ‘n kerkdiens. Biddag vir reën in NG Kerk. Dis stampvol. Voor ons sit ‘n Joodse oompie. Hy besit ‘n meubelwinkel en is bekend en bemind. Lede kry kans vir bid en die omie staan op: Liewe God onse Vader mag ons U nie voorskryf nie, maar laat dit reën asb, nie net tip-tip-tip nie, maar sommer Shorrr! Meeste van die gebeurlikhede is werklik maar met ‘n “twist”.

082 829 6918

Anderson & Nel

Susie Kotze van Eendekuil is gebore op 12 Augustus 1923 en het onlangs haar 99ste verjaarsdag gevier. Sy het 4 kinders, 7 kleinkinders en 16 agterkleinkinders. Haar familie het haar verjaarsdag saam met haar op Eendekuil gevier en gesellig saamgekuier.

20 Jaar gelede - September 2002

Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 20 bladsye Donasie R1

Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen Voorblad: Skou se Skoonstes is Maryke Kirchner, Skoukoningin, 1ste prinses Elmaré Hougaard en 2de prinses Glynis Erasmus.

PHS speel Gholf in die Suid Kaap, Kwagga Grondwerke vier eerste verjaarsdag. OK Foods open op Piketberg. Praktika hou simposium oor die ekonomie van vrugteverbouing.

Piketberg Leeskring bespreek Raaiselkind. Rosa Lategan spreek, namens VLV, die Wes-Kaap parlement toe.

KUNS KOOK

Konfyt

Tuisgemaakte Mosterdsous

375ml R50

Mangoblatjang 375ml R47

Aarbeikonfyt 375ml R48

Lemoen Marmelade 375ml R50

Sitermarmelade 375ml R50

Suurlemoen Marmelade 375ml R50

Heel Appelkooskonfyt 375ml R47

Perskesnipperkonfyt 375ml R48

Adamsvye Jam 375ml R47

Rypvyekonfyt 375ml R47

Koejawelkonfyt 375ml R47

Druiwekonfyt 375ml R47

Sultanakonfyt 375ml R47

Makataanblokkies 375ml R50

Mangokonfyt 375ml R50

Chilli Tamatiekonfyt 375ml R48

Blou Bessiekonfyt 375ml R50

Tamatiekonfyt 375ml R50

Mix Pepper Relish 375ml R48

Ingelegde Bellpeppers 375ml R50

Soet/Suur Piekels 500ml R50

Kerriebone Slaai 375ml R48 / 500ml R60

Kerrieperske Slaai 375ml R50 / 500ml R60

Kerrie Mangoslaai 375ml R50 / 500ml R60

Ingelegde Kwepers 750ml R75

Ingelegde Kwepers 500ml R60

Soet/Suur Beetslaai 500ml R50

Kweper Jellie R35 123 / 375ml R80

Halwe Lemoenkonfytstukke 375ml R50

seisoen

Makataankonfytstukke

375ml R55

Makataankonfytstukke 580ml R75

Siterkonfytstukke 375ml R60

Halwe Naartjiekonfytstukke 375ml R50

Moerbeikonfyt 375ml R50

Koemkwatskonfyt 375ml R50

Heel Groenvye 375ml R60

Heel Groenvye 500ml R80

Makataan & Pynappel konserf 375ml R48

Mango & Grenadella konserf 375ml R48

Perske & Grenadella konserf 375ml R48

Lemoen & Makataan konserf 375ml R48

Perske & Pynappel konserf 375ml R48

Makataan & Grenadella konserf 375ml R48

Koejawel & Grenadella konserf 375ml R48 Druiwe & Suur Appel konserf 375ml R48

Troutafel Geskenkies of ander verkope

Dames: Variasie van Konfyte (125ml Flessie)

Mans: Tuisgemaakte spice (100ml geskik vir vark, hoender, tjops, potbraai, potjiekos en vele meer).

Refill Sakkie Spice 100g R24

Skudpotjie Spice 100ml R30 Konfyt 125ml R30

Pakkies Kerrieblare R15 (Geskik vir bobotie, kerriekos, kerrieboneslaai, perske slaai, piekel uie, kerrie afval, kerriesult/bron, kerrie eiers).

8
Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk Hoofstraat 38, Piketberg Skakel 022 913 1132 Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S) Estie Clarys B.Comm (US) LLB (Unisa) epos: andersonnel@telkomsa.net
Prokureurs & Eiendomme
Tuisgemaakte Produkte lys 2022
en preserveringspodukte beskikbaar soos vrugte in
beskikbaar Helette Hanekom, Winkelshoekplaas, Eendekuil, 065 5812 713
9

Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”

En hier is ons alweer in LENTE kan julle glo? En nog ‘n volgestampte September loer vir my met vele heerlike kuns gevulde dae. Augustus het ek uitgestap met ‘n dag by Simply Creative in Table View waar elkeen net heerlik ontspan en aan jou eie pakket kon werk op jou eie tyd met jou eie idees. En die tiende September maak ons weer so selfde tyd, selfde plek, dalkies ander dames, net ander papier en ons kuier & lag saam. En dieselfde Ronita kom kuier by ons op Braaidag in Droomland se lokaal, waar ons met spasie vir vyf en twintig dames ‘n dag gaan ‘snipper&plak’ terwyl die manne die kole reghou vir ‘n tjop en (klop, dop, flop?) Sy bring haar mini ‘mobile’ winkel, ek gee papier, karton en genoeg ekstras. Belinda kikker vir ons geurige kos op in haar kombuis, ons knip op musiek, plak met raad & aanwysings, alles terwyl ons vir Katinka kan ‘bless’ met ‘n rand of tien om haar geduldige liefde met Piketberg se diere te ondersteun. En as jy gelukkig is, kry jy sommer ‘n ekstra bonus pasella njam njam of dalkies oe la la. (Sien advertensie hieroor op p16) Saam met al hierdie lekkertes, bied Ezmé Hartman ook weer ‘n dag aan by Stellenbosch, waar sy ‘n nuwe reeks fabulooslike papier omtower in skeppings wat die oë laat glinster, en die harte vinnger laat klop so wie sê lewe is vervelig? Nooit nie met soveel idees, en nog meer goete, om te kies en oor te wonder. Ons kolle kuns verf dag hier op eie bodem het vrolike kleure en lekker gesels oomblikke gebring…net wat ons nodig het om die kwellings & kwale weg te werk met terapeutiese kuns. Geniet elke kreatiewe oomblik wat jy kan en maak jou wêreld sonnig en vrolik saam met die lieflike kleure op die lande en in die veld want dit is LENTE. En vandag groet ek julle met ‘n paar gedagtes om ‘n glimlaggie te plak nie net op papier, maar ook op jou gesig toedel da dieeeeee tot volgende maand.

Loxtons Groet na 70 Jaar

Llewellyn en Lenie Loxton se verhuising in Junie vanjaar na Ceres, het baie vinnig gebeur, gedurende ‘n tyd toe Lenie se gesondheid bietjie agteruit was. Met hierdie berig bedank hulle almal wat vir hulle kom groet het. Ook dankie aan die personeel van Huis AJ Liebenberg wat hulle met soveel liefde en omgee versorg het. Totsiens aan alle bure, vriende en kennisse wat deur die jare hulle pad gekruis het dit was wonderlik om vir 70 jaar deel van Piketberg te wees. Die laaste twee jaar, 2020-2022, op Piketberg was by Huis AJ Liebenberg se annekswoonstel en is voorafgegaan deur elf jaar in Bergtuin aftreeoord, 2009 2020 Die Piketberger wou meer weet oor die Loxtons se ryke lewe van 70 jaar op Piketberg. As jongman van 22, arriveer Llewellyn in 1950 op Piketberg as motorwerktuigkundige by Piketberg Garage, waar hy vir 7 jaar werk en daarna vir 2 jaar by Van Niekerk en Krupp. In September 1959 begin Llewellyn en sy broer, Johnny, Loxton Motors. Hulle ma, Annie Loxton, het vir hulle die geld geleen om die perseel te koop en die gebou op te rig. Loxton Motors se eerste kliënt was ’n man wat sy primusstofie wou laat regmaak. Hiervoor betaal hy ‘n half kroon (25c). Vir Lenie ontmoet Llewellyn in 1948 deur 'n gemeenskaplike vriend, Tienie Barnard, by die Hopefield bioskoop in 1948. Na 'n verhouding van 4 jaar, raak hulle verloof in 1952 in die Blue Moon in Kaapstad en trou op 17 Oktober 1953 in Moorreesburg, waarna Lenie haar kom vestig op Piketberg. Vir 4 jaar huur die pas getroudes die huis wat vandag deel is van Drs Smit en Morrison se spreekkamer. Hulle verhuis na hulle eie huis in Langstraat 113, waar hulle vir 52 jaar bly, 1957 2009. Intussen bestuur Llewellyn en Johnny die besigheid (werkswinkel, onderdele, vulstasie en paneelklop) vir 47 jaar, 1959 2006, en verkoop dit in 2006 aanvanklik 'n agentskap vir Peugeot en Renault, en later Toyota. Met die twee broers se aftrede in Februarie 2006, was hulle die tweede oudste BP handelaars in die Wes Kaap. Staaltjies uit die Loxtonhuishouding bring 'n glimlag op die gesig. In die jare toe die nuwe reël was dat pos nie langer by die deur afgelewer word nie, maar eerder by ‘n posbus, was Langstraat 113 vir ‘n geruime tyd sonder 'n posbus. Llewellyn het nie gedurende die week tyd nie en Saterdae raak dit te laat op die gholfbaan. Na etlike maande van uitstel, bedien Lenie, tot groot vermaak van die kinders, een aand vir haar man ‘n hamer, spykers, tang en ‘n posbus in plaas van ‘n bord kos. Die posbus is dieselfde aand nog opgesit die regte bord kos was darem in die lou oond. Llewellyn onthou dat hy graag vertel het van sy jagtogte in Namibië, saam met Frans Bosman. Na vele kere wat Lenie dieselfde storie moes aanhoor, het sy eendag uit die bloute gevra: “Loxton, kan jy asseblief volgende keer ‘n korter pad ry?” Llewellyn was 'n kranige gholfer en het oor die jare op die bestuur van die gholfklub gedien. Lenie was ‘n ywerige tuinier en het gereeld gehelp met die skou se veldblomme uitstalling. Sy kon dit nie weerstaan om steggies van mooi plante bymekaar te maak nie, soms sommer uit die inkopiesentrum se beddings... Lenie was baie lief vir klavierspeel en het in haar jongdae klavier gespeel by die Boland Hotel en so die gaste vermaak. Hulle maak vier kinders groot en vandag is hulle die trotse grootouers van 6 kleinkinders en 6 agterkleinkinders.

10
Ouma, Oupa, Liezl Loxton en Mareli Loxton.
6 16 Desember R440 Alison Müller: 073 229 2855
11

PPC De Hoek is 100 Jaar

'n Baie interessante uitstalling is onlangs in die Sinagoge by Piketberg Museum geopen dit bied 'n ingeligte kykie in die ontstaan en lewe van PPC De Hoek oor die afgelope 100 jaar. Dis beslis die moeite werd om te gaan besigtig. Foto’s: PPC

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na:

12
diepiketberger@gmail.com
13

Nuus uit Rwanda…

Presies twee jaar gelede het ek vertel van my ervaring om in Rwanda uit te kom. Nou, nadat ek in die twee jaar vyf keer heen en weer gevlieg het en nie meer om die wêreld hoef te vlieg om hier uit te kom nie, word ek elke keer op die plaaslike lughawe terug verwelkom asof ek, volgens hulle, hier hoort. Ek wonder of hulle na nog ‘n jaar, voordat Neels se kontrak verval, gaan dink ek bly nou maar permanent hier. Dis mooi hier, daar is lekker tye en minder lekker tye, daar is nie “loadshedding” nie, maar ek verruil nie Piketberg vir Rwanda nie. Met ‘n onlangse besoek aan Piketberg, het ek net weer besef dat ‘n mens winter in jou lewe nodig het sodat jy die somer kan oorleef. Hierdie heel jaar somer gevoel wat ons hier het put ‘n mens uit. As dit reën, wil ‘n mens koud kry en pannekoek bak, maar nie hier nie. Hier is jy so bly dat dit vir ‘n paar minute bietjie koeler is net totdat die reën ophou en die bedompigheid jou weer toevou. Jy moet maar aanpas of “uit pass”. So probeer ek ook maar verskillende saadjies saai en kyk of dit kan aanpas by hierdie klimaat. Met ‘n vorige besoek bring ek twee ryp appelliefies saam en kom plant die pitjies. Tot my verbasing groei daar twaalf bossies. Hier word geen bessie vrugte geplant nie, dus ken my tuinman dit glad nie. Ek wys hom toe ‘n foto van ‘n appelliefie en verduidelik hoe ‘n mens dit eet. In die tyd wat ek weg is, stuur hy vir my ‘n foto om te wys die eerste appelliefie het afgeval. Ek sê toe hy moet dit eet, want hy wou dit bêre totdat ek terug is. Hy antwoord terug met die vraag “cooked or uncooked?” Hulle glo als wat jy plant moet gekook word. Vandag voel ek ook “cooked” met die bedompige warm dag wat ons het. Geniet Piketberg en die winter.

Berita se Bar

Berita Gerber is nuut op die dorp, in haar skoonheidsalon, Polish Bar, oorkant Agri Mark, gereed om kliënte se naels, grimering en wakse te doen. Hierdie 22 jarige boorling van Worcester voltooi haar studies aan Isa Carstens & Bio Sculpture. Welkom in Piketberg, Berita.

NG Kerk Blomweek

Ongeveer 200 besoekers het die NG Kerk tydens Toerisme se Blomweek besoek. Baie dankie vir die ruimhartigheid van die volgende skenkers van blomme en loof: Angela Langton, Rob en Mary Duncan, Marika Ince, Sanet Stander, Bernice Troost van der Merwe, Anniza de Villiers en die familie van Hendrik Pistorius. Dankie ook aan die volgende blomkunstenaars vir die lieflike blommekuns: Elbeth Liebenberg, Biddy Langenhoven, Marcelle Ellis, Christa Rossouw, Moira vd Westhuizen, Micky Visser, Nicoline Brown en Gerna Croeser. Musiek is verskaf deur Dawid de Witt, Alison Müller, Driaan Pretorius, Martin Goosen en Willie Koen snr. Vyftien lidmate het deur die loop van die week diensbeurte geneem om besoekers te ontvang. Foto's: Ansel van Schalkwyk.

14
15

Op die Rakke van die Biblioteek...

‘n Hart is so groot soos ‘n vuis deur PP Fourie "‘n Hart is so groot soos ‘n vuis" is ‘n roman wat bestaan uit fiksie, wat gegrond is op werklike gebeure. Of dit ware gebeure is, kan afgelei word aan die skrywe oor die skrywer aan die einde van die boek. 'n Roman, anders as 'n outobiografie, het drie motto’s: Enigiets wat deur die geheue verwerk word, is fiksie. Om te onthou is om te verbeel. Dit beklemtoon ook die onbetroubaarheid van die geheue. ‘n Mens se hart is min of meer so groot soos 'n vuis. Die titel verklap dat die inhoud en temas van die boek oor sowel liefde as geweld gaan. ‘n Hart wat emosies van omgee en liefde verteenwoordig teenoor die vuis wat geweld, pyn en aggressie simboliseer. Die inhoud van die boek is geskoei op die herinneringe van Paul Fourie rondom sy grootwordjare saam met sy ma en gewelddadige pa. Die boek is in Afrikaans vertaal deur Marius Swart, ‘n dosent in vertaling aan die US. Tydens Paul se talle achronologiese terugflitse (dan klein seuntjie, dan volwasse man, dan tiener) neem hy die leser saam na sy onstabiele verlede, soos hy dit onthou. Die boek is opgedra aan sy ma, vir wie hy baie lief is. Dit is interessant dat sy ma, 'n sterk vrou, namate die boek vorder, 'n al hoe kleiner rol speel. Dit is simbolies van haar aftakeling in die lewe. Die afdelings in die boek word aan die begin aangedui met die opskrif “Tesserae”, wat "klein glasdeeltjies" beteken. Die skerwe van Paul se onthou lê soos gebreekte glas regoor die verhaal en die afgryslike geweld sny emosioneel by die lees daarvan.

Bespreking deur Madelie Burger

Verder word dit onder die opskrifte van "Toe" en "Nou" gerangskik, albei met hul onderafdelings. Elke opskrif is gepas en met sorg gekies. Die teenwoordigheid van uiterstes is een van die hooftemas van die boek. Paul en sy ma beleef sy Pa enersyds as 'n monster: depressiewe, alkoholistiese en psigotiese man soos in “Die nag van die rewolwer” en andersyds as charismaties en liefdevol “Soorte liefde” en dan in dieselfde hoofstuk vertel hy vir Paul dat hy by Christelle, Paul se eks meisie, geslaap het. Die gebeure wat hier uitgebeeld word, is baie ontstellend. Dis verder ontstellend dat Paul se ma herhaaldelik terugkeer na sy pa. Nog temas wat ondersoek word, is depressie en seksualiteit veral Paul se verhoudings met mans en vroue. Die verhouding tussen ouers en kinders word ondersoek, maar ook tussen sibbe. Paul se verhouding met sy halfbroer, Ben, word gebruik om sy karakter as volwassene uit te beeld. Sy menslikheid en empatie teenoor Ben, ten spyte van sy gebrekkige voorbeeld van sy ouers, word ten toongestel. Sy verhouding met Ben word ook gebruik om ‘n ander blik op sy pa te bied. Die roman is ook tekenend van ons gemeenskap waarin geweld teen vroue en kinders veronderstel is om hoë prioriteit te geniet, maar ons dit dikwels stilswyend toelaat. TOE: In hierdie gedeelte van die boek kry ons terugflitse van Paul se kinderjare en hoe hy en sy ma deurloop onder sy gewelddadige pa. NOU: Hierdie gedeelte handel oor Paul se verhouding met Ben, sy halfbroer. Dit is nou 20 jaar later. Die eerste hoofstuk in dié gedeelte het die gepaste opskrif van "Verloor, Gevind, Behou". Paul worstel met homself, aan die een kant wil hy vir Ben vertel wat die ware wese van sy pa is, maar hy kies om sy mooi herinneringe van sy pa met Ben te deel. Die boek is by tye ontstellend, veral omdat sulke dinge werklik met mense gebeur, in hulle ingeprent word en die res van hulle lewe saam gedra word.

16
Pools-New Renovations Decking Pool Re Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pimps/solar Painting Paving Tiling Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings
17 Piketberg Blom en Tuinbouklub Op 3 Augustus het die Tuinbouklub geleer om steggies van krisante te maak. Greg Davids van Stellenbosch Herticultural het 'n praktiese demonstrasie kom doen. Op 7 September beplan die dames 'n uitstappie na Darling orchids / Duckitt Kwekery. NOODNOMMERS PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

VLV Dames leer dot kuns

die Kunste

Art Kuns

die lede die

Dit is een van die

tydens die 2023 VLV Konferensie kompetisie beoordeel sal word. Sarie Louw (saamroeper)

al die nodige verf en apparaat verskaf. Sy het gesorg vir ‘n leersame en genotvolle oggend. Die volgende Leefstyl VLV byeenkoms is Donderdag, 15 September 2022. Besoekers baie welkom. Nie lede: R35 Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665.

Kunste gasvrouens: Elbeth Liebenberg, Ronell Henning, Moira vd Westhuizen en Sarie Louw.

Sarie Louw (saamroeper) en Dinette Lochner (sekretaris).

18 MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00
Dr
Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures: Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com
Met
en Handvlyt byeenkoms het
tegniek van Dot
bemeester.
kunsvorms wat
het
PHS Interskole

VLV Kongres Overberg: Gansbaai bied Tydens gietende en baie welkome reèn Sirkel Overberg 18 19 Augustus 2022 die nuutste VLVK Kongres in Gansbaai aan. Die takke van Bredasdorp, Caledon, Gansbaai, Hermanus, Jongensklip, Kleinmond, Villiersdorp verteenwoordig Sirkel Overberg. Estelle du Plessis, VLVK President, het haar eerste kongres met groot sukses afgehandel. Die oorhoofse tema was “Die uitdaging van Verandering” en die projek is “Bewaar ons Erfenis. Hierdie tema is duidelik deur alle sprekers uitgelig. Die Hoofbestuur, die ere president en oud VLVK presidente was die eregaste en die dankie persoon vanjaar is dr Ivan Meyer Wes Kaap minister van Landbou. ‘n Oorkonde is by hierdie geleentheid aan dr Meyer oorhandig. Die minister het op sy beurt ‘n oorkonde aan die VLVK oorhandig. Ander sprekers was die volgende: Wicus Pretorius (Redakteur TUIS) Leefstyl; Dr Lishje Els (Opvoeding en Kultuur); Prof Chris Engelbrecht (Openbare Sake); Tersia Joubert (Gesondheid) (B WELL SOILL). ‘n Prysuitdeling is tydens ‘n deftige dinee die Donderdagaand gedoen. Van die lede se gades het ook die geleentheid bygewoon. Charnè Hugo het die aand met pragtige sang ingekleur. Piketberg tak is baie trots op Dinette Lochner, tesourier, wat tydens die kongres as die VLVK se nuwe finanslid op die hoofbestuur verkies en aangestel is.

19 Kom praat met ons oor ’n anti-histamine wat vir jou sal werk. 022 913 1600 / 022 913 2075 Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg
SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994 NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. Moenie dat allergie jou onderkrynie

Bergrivier Municipality Welcomes New Librarian

Bergrivier Municipality would like to welcome Lumka Gangatele, the newest addition to the Piketberg Library team. Lumka was appointed from 01 July 2022 to serve in the position of Librarian at the Piketberg Municipal Library on a full time basis. She will be responsible for acquiring, organizing and distributing library resources, whilst also ensuring excellent service delivery to all clients who make use of the facility. She will also be responsible for ensuring the disseminating of all library information to the public. ‘I look forward to doing what I love, which is to ensure that book lovers and learners are able to benefit from the library resources that is freely available to them. If your reason for coming to the library is for resources, internet access or to get to read your favorite books, I am here to assist you,” said a jubilant Lumka. In 2007, Lumka (46), who is originally from Paarl, was appointed as Library Assistant at Eikendal Library (City of Cape Town). In 2009, she was appointed as Librarian at Fiskantekraal Library. Thereafter, she was appointed as Librarian at Grassy Park Library until 2017. Hereafter, for personal reasons she resigned from her position. In 2021, Lumka conducted voluntary work as a Librarian for Mbekweni Library. Bergrivier Municipality wishes her well in her new position. We know that the library community of Piketberg will support her and welcome her into the Bergrivier family.

SPS woon Sterilisasie by

Tydens 'n onlangse sterilisasiedag deur Piketberg Dieresorg, het Nicoline Geswindt se klas van Steynville Primêr die perseel besoek. Katinka Morrison gee wenke oor die versorging van jou hondjie en jou katjie. Die leerders het gekyk hoe hondjies ingeënt en ontwurm word en was ook in die herstelkamer waar die diere na afloop van operasies gehou word. Nege teefhonde en een reunhond is gedoen. 'n Baie welkome borg vir sewe tewe is ontvang van Pierre@ecohealth in Pretoria.

SSS Gholfdag

Superspar Boland is die hoofborg van Steynville Sekondêre Skool se jaarlikse Gholfdag op 1 Oktober 2022 by die De Hoek Gholfklub. Dit staan die gemeenskap vry om in enige hoedanigheid betrokke te raak by dié spoggeleentheid. Kontak Louis Ntane by 076 290 7312 of Moswin Moore by 081 047 9446

SSS gee erkenning aan Opvoeders

Op 25 Augustus 2022 het Steynville Sekondêre Skool erkenning gegee aan die opvoeders. Die Waarde vir Augustusmaand is "Erkenning" en opvoeders het name getrek en aan mekaar erkenning gegee.

SSS wen PHS in Liebcostryd

Steynville Sekondêr en Hoërskool Piketberg se rugbyspanne het vir die eerste keer na 12 jaar weer kragte gemeet by Rhino Park in Piketberg. SSS oorwin met 'n telling van 15-12 teen PHS. Die skool bedank Liebco vir die trofee, wat deur Bergrivier Munisipaliteit se burgemeester, Ray van Rooy en Jakobus Lienbenberg van Liebco oorhandig is. Dankie ook aan Bergrivier Munisipaliteit, Superspar Boland, Winkelshoek en Piketberg Drukkers vir hul bydraes. Steynville Sekondêr, wat hierdie jaar as gasheer opgetree het, bedank ook almal vir hulle ondersteuning by Rhino Park.

20

PHS Rugby

Adi Liebenberg is vir die o/12 Wes-Boland Rugbyspan gekies.

Jacques Loubser is vir die 0/17 Boland Sewes span gekies.

Bergrivier Municipality’s “LoTYDE” Brings Educational Institutions to Learners

“It’s important that our youth gets an opportunity to personally engage with representatives from various tertiary institutions, other learning facilities and prospective employers. This will help them make the right choices for their future”. These were the words of Alderman Ray van Rooy, Executive Mayor of Bergrivier Municipality, who stressed the importance of showcasing the different study opportunities, bursary options and requirements needed for learners to successfully enroll for their desired degree, diploma, or higher certificate. About 300 learners from various towns within the Bergrivier Municipal Area attended an annual open day, LoTYDE, in Piketberg on 29 July 2022, to get more information regarding their desired career path. LoTYDE is an acronym for ‘Leaders of Tomorrow Youth Development Expo’. It refers to the low tide of the ocean (quiet time) which is present before the high tide sets in. It’s symbolic in a sense that school is the training ground which prepares learners to make a success of their lives when they enter the “real world”. LoTYDE was established in 2015 by the Office of the Executive Mayor with the support of the Department of Education and funded by the Bergrivier Municipality. This event, which caters for high school learners between Grade 11 and 12, was hosted at the Steynville Primary School Hall in Piketberg. The Premier of the Western Cape made a special guest appearance to encourage the youth to take charge of their lives and grab the opportunities provided. Learners from the following high schools were in attendance: Piketberg High School, Porterville High School, Steynville High School and Velddrif High School. There were several stalls which comprised of various higher institutions of learning which included Cape Peninsula University of Technology, University of Western Cape, University of South Africa, IEC, Gene Louw Traffic College, CTU Training College and West Coast College.

Van Rooy mentioned that this event was designed to assist learners with one of the most fundamental decisions that they need to make in support of their careers. “The reality is that there aren’t any tertiary facilities within the Bergrivier Municipal Area, and many of these higher learning institutions are quite far away which makes it very difficult for most learners to further their studies,” he explained. This year, the sensational group called Aidam-John and Lil Willy Music, entertained the learners by singing some of their most popular songs, and lit up the stage with their dance moves and high energy. Ashley Pienaar, master of ceremonies, rocked the stage with his unique comedic performances and kept the crowd on their feet and glued to the stage. There were also several lucky draw prizes (electronic devices) won by learners. Each learner received a branded LoTYDE goodie bag which contained a water bottle, bottled water, snacks, and a cleaning device/stand for a cellphone.

"Stap en Trap" bewusmakingsinisiatief

Uitvoerende Burgemeester, Rdh Ray van Rooy, Moswin Moore en LeBrett Cordon vertrek op 1 Augustus vanuit Piketberg op 'n 8 dag "Stap en Trap" Inisiatief deur al die dorpe in Bergrivier se Munisipale area. Die eerste stop was Porterville, 27km se stap. Die doel van die inisiatief is om van dorp tot dorp te reis (stap en fietsry) om bewusmaking in die Bergrivier Munisipale Area te kweek teen dwelm en alkoholmisbruik, seksuele uitbuiting, tienerswangerskappe, geslagsgebaseerde geweld, diefstal van Munisipale eiendomme en die oprigting van dwelmhuise. Op elke dorp, is hulle deur die Wyksraadslid en gemeenskapslede verwelkom. Tydens die roete het Van Rooy fondse ingesamel vir die Burgemeester se Hulpfonds om die sosiale euwels binne ons gemeenskappe te bekamp. Skenkings sal gebruik word om die kerndienste van plaaslike NGO’s binne die Bergrivier Munisipale Area te ondersteun. Aktiwiteite word regstreeks gemeld op die Bergrivier Stap en Trap Inisiatief Facebook bladsy. Hierdie blad is geskep vir fondsinsameling doeleindes en om gemeenskapsbetrokkenheid te kweek. Bankbesonderhede vir skenkings: Nedbank Tjek Rekeninghouer: Bergrivier Munisipaliteit Rekeningnommer: 116 976 1380 Verwysing: Burgemeester Hulpfonds

Die Bergrivier-familie wens hulle sterkte toe.

Hier begin die eerste fase van die ‘Stap en Trap’ roete.

Moswin Moore, LeBrett Cordon en Uitvoerende Burgemeester Raadsheer Ray van Rooy.

mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

21
Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma Vry: 08h00 17h30 Sat: 08h00 13h00 piketberg
Dr
Dr

Gymfinity Gimnastiekklub

Afrigters: Melanie Groenewald en Janine Kotze.

Level 1 gimnaste wat Wes Kaapkleure behaal: Elsabé Fox, Helen Fox, Ilcke Scholtz, Chrismari Liebenberg en afwesig vir die foto, Cadey Koordom.

Foto: Corné Brynard

Level 2 gimnaste wat Wes-Kaapkleure behaal: Kristen Gerber, Keisha Sandt, Lara van Lill en Lienka Groenewald.

Foto: Corné Brynard

Level 3 gimnaste wat Wes Kaapkleure behaal: Agter is Isabel Haasbroek, Mia de Vries, Kari Cronje en Kayleeh Steenkamp. Voor is Lianel Vercuiel en Milah Kotze.

Foto: Corné Brynard

"Happiness is the smell of pancakes"

Net onder die 1000 pannekoeke is einde Augustus by Leliehof Meisieskoshuis gebak. Dankie aan Karla Pieters Superintendent, alias koshuismamma, vir haar inisiatief en ook aan elkeen wat gekoop het, mekaar uitgedaag het en gehelp het, baie dankie.

PHS Boomwhackers

Uit talle inskrywings is PHS se boomwhackers gekies om in die Kunstekaap op te tree. Dit was 'n wonderlike geleentheid wat PHS baie trots maak. Boomwhackers is olv Komien van der Westhuizen.

PHS Robotics & Coding

PHS is bevoorreg om deel te wees van 'n loodsprojek deur die WKOD om vas te stel of Robotics & Coding in die toekoms by PHS ingefaseer kan word. Tot dusver doen die leerders baie goed. Dankie aan juff Hefer en Van Tonder vir hulle insette.

Level 4 gimnaste, almal 11 jaar oud, wat Wes Kaapkleure behaal en kwalifiseer vir SA kampioenskappe op 2 Oktober:

Zinni Brynard Silwer by Weskus Goud en Silwer by Wes Kaap.

1steplek by Weskus.

Zarah Visagie 3 Goud by Weskus Wes Kaapklerue.

Ané van Wyk Silwer by Weskus Wes Kaapkleure.

Mieke Kriel Goud, Silwer en Brons by Weskus.

3deplek by Weskus.

Isabelle Nel Silwer en 3 Brons by Weskus. 2deplek by Weskus.

Tihanie van Lill verower 4 goue medaljes vir Artistiese Gimnastiek Level 5 by die Weskus Distrikskompetisie. Met hierdie prestasie behaal sy 'n algeheel eersteplek vir O/12. By die Wes Kaapkampioenskappe op 25 Augustus verwerf sy 2 Goud, 1 Silwer en 1 Brons, wat haar die Wes Kaapkampioen vir O/12 maak. Sy kwalifiseer vir die SA Kampioenskappe in Gauteng op 5 Oktober.

Wes-Boland Eisteddfod

Baie geluk aan Joanie du Toit, graad 12, wat tydens die WesBoland Letterkunde Eisteddfod in Mei, die prys gewen het vir die beste Afrikaans Huistaal Opstel.

Wes-Boland Fotografie

PHS se fotograwe het mooi presteer by die Wes Boland Eisteddfod. In die afdeling "My land en omgewing" vaar hulle soos volg: Zuan Wessels: Loeriesfontein (Brons), Henro Brand: Volg die spore (Silwer) en Hurley January: My Tuin, My Trots (Brons). In die afdeling "Foto sê ‘n 1000 Woorde" vaar hulle soos volg: Zuan Wessels: Visserman se Goud (Silwer), Henro Brand: Vergete Lewe (Silwer) en Hurley January: My hulp kom van die Here (Silwer).

22
PHS
23
24
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.