Die Piketberger December 2022

Page 1

Jaargang 29 Nr. 10

Desember 2022 piketberg.bergriviertourism.co.za

 022 913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Braam Word Argitek

Braam Hanekom het in Oktober 2022 sy PPE (Professional Practice and Ethics exam) geskryf om 'n volwaardige argitek te word. 'n Argitek moet dit deurkom voor hy/ sy kan registreer as professionele

argitek. Dit is soortgelyk aan 'n Raadseksamen wat ingenieurs en ouditeurs skryf na twee jaar se ondervinding. Braam moes ook eers sy Meestersgraad kry voor hy punte bymekaar kon maak vir PPE. Braam het in 2009 aan PHS gematrikuleer, in 2014 sy graad behaal, in 2016 Honneurs en 2019 Meesters, alles aan Kovsies. Tussendeur het hy gewerk by Argitekte in Bloemfontein en Stellenbosch. Die skets van Braam toon sy tekentalent, hy het self dieportretvanhomselfgeskets.

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Ansa Chambers skryf...p2

Cum Laude vir Seane...p4

Leeskring Afsluiting...p6

SPAR se drie Tops...p8

VLV potpourri Afsluiting...p9

Sandra se Terugblik...p10

Nuus uit Rwanda...p14

Smitte sê tot siens...p16

Spyker Chambers...p18

1
Braam Hanekom het pas sy PPE eksamen afgelê. Hy kan nou registreer as professionele argitek.

Redaksioneel

Bly in 'n Baan

Haastig op 'n drafstap kry ons mekaar, die een so verbaas soos die ander oor hoe ons in November beland het. As die kinders eers eksamen skryf, is die dae getel. Nou, meer as ooit, wil ons 'n greep op ons lewe kry, ten minste 'n greep op dié jaar. Maar die lewe laat hom nie vasgryp nie, die lewe gebeur met elkeen van ons - niemand is in die posisie om te weet wat is volgende nie. Ek onthou baie goed my eerste skryfstukkie van 2022 was oor verrassings. Ek is inderdaad daagliks verras deur mense, gebeure, wonderwerke en genade. Elke dag het sy pas gehad, meeste van die tyd 'n naelloop wat met 'n geweerskoot begin en eindig met die breek van die lint, soos take afgehandel word en spertye gehaal word. Rustig, kalm en bedaard, langs my en jou, ons getroue Here wat om en om die baan gaan sonder om moeg te raak. Hy wat aanmoedig, Hy wat met die langer wedlope die pas aangee sodat ons nie uitsak nie, die water aangee wanneer ons rus en ons aanraak wanneer ons seer het. Ek kies vandag opnuut om vir die maand wat oorbly in God se baan te bly, Hy het die Weg reeds gebaan, die pad is oop. Behalwe vir 'n hele paar avonture saam met Hom, het ek 'n goeie idee ons gaan vir nog 'n keer by Betlehem aandoen, die plek besoek waar my en jou Verlosser gebore is. Die ster gaan blink om die goeie tyding aan te kondig. Ek gaan van vooraf verwonderd wees. Ek is. Ons gaan mekaar in Sy baan kry, die heeltyd, en daar gaan tyd wees vir 'n glimlag, 'n geselsie, 'n drukkie, want die wedloop is Syne. Hy bepaal dit. Mag elkeen van Die Piketberger se lesers en hulle geliefdes 'n geseënde Kerstyd binnegaan en met 'n ongekende fiksheid 2023 begin. Baie dankie vir elke ontmoeting op 2022 se lewensbaan.

Liefde

Marietha

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg : Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R500 Halfblad: R350

Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Briewe van ons lesers…

Ansa Chambers skryf...

Hiermee wil ek en die dogters nogmaals vir die gemeenskap, vriende en familie dankie sê vir die ondersteuning tydens Spyker se siekte en afsterwe. Neels Toontjies en die Tuisversorging van BMW Piketberg, veral Thiloshini en Geraldine, was uitstekend. Julle het hom op ‘n mooi en geliefde manier hanteer. Ons het weereens besef hoe almal saamstaan in tye van nood. Spyker het al die kuiertjies van almal baie geniet.

MC HANEKOM

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG

Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

 Administrasie van boedels

 Maatskappy finansiële state

 Individue finansiële state

 Beslote Korporasie finansiële state

 Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl

 Oudit van finansiële state

 Oprigting van trusts

 BTW invoere en BTW Opgawes

 Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID

 Opstel van testamente

 Boedelbeplanning

 Maatskappyregistrasies en indiening

2
Isabel Lausberg Marietha Goosen
3

Cum Laude vir Seane

Seane Kotze behaal Cum Laude vir sy nagraadse diploma in opvoedkundige sielkunde aan UNISA.

Blom en Tuinbouklub

Tuinbou se afsluiting was by Org de Rac, by 'n pragtige kerstafel deur Moira van der Westhuizen gedek. Voornemende lede is welkom om 2023 te kom aansluit. Piketberg Tuinbouklubdames wens aan almal 'n geseënde Kerstyd toe en 'n voorspoedige 2023.

4
5

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures:

Leeskring afsluiting

Leeskring se afsluiting is gehou in die skoon en vars lug van Highlands Eco Estate Piket Bo Berg. Nostalgiese stories oor bome, boomhuise en houthuise is gedeel. Foto's: Marietha Goosen

Te Koop

Industriële Naaldwerkmasjien

Toebehore vir 'n karavaan: Porta Pottie Klein wasmasjien

Hele pakket (skottel en drade) vir DSTV, verpak in 'n tas Mini strykplank

Kontak D Steenkamp 082 343 1843

6
7

MEDIESe PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172

alle ure / all hours

 022 913 1907

Besigheidsure

SPAR se drie Tops

Shameel Davids, Washiela Goliath en Handré Geldenhuys met hulle sertifikate vir die Supervisor Development Programme. The Spar Academy of Learning het pas drie topstudente opgelewer in die Supervisor Development Programme wat van Februarie tot November 2022 deurloop is. Uit 'n klas van 22 studente uit 6 verskillende Sparwinkels, het Superspar Boland op Piketberg se studente bo die ander uitgetroon. Washiela Goliath is as topstudent aangewys met 98% en Shameel Davids 96% en Handré Geldenhuys 93%. Onder mentorskap van Philip Jankielsohn het Washiela, Shameel en Handré twee dae per maand klas geloop by Spar Hoofkantoor in Kaapstad en teruggekom met take om te voltooi. Na elke teoretiese sessie per maand moes hulle terugvoer gee aan die leierspan. Die praktiese deel van die kursus is gedoen by Zeevenwacht Superspar en Vangate Superspar in Athlone. Wat die kursus verder baie sinvol maak, is dat hulle deur die jaar op plaaslike vlak aan bykans 150 kollegas en nuwelinge hulle kennis kon oordra. Washiela, Shameel en Handré bedank Superspar Boland vir die geleentheid om gedurende die jaar nie net in hulle beroepstaak te groei en te verbeter nie, maar ook as mens te ontwikkel. Hulle is gemotiveerd en sien kans vir nuwe uitdagings.

8
/ Business Hours
Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

VLV Potpourri Afsluiting

VLV Piketbergtak se afsluitingsfunksie is gekenmerk deur 'n genotvolle potpourri saamkuier oggend in die biblioteeksaal. Gesondheidsaamroeper, Carin Rossouw, gee gesondheidswenke vir die groot dae wat voorlê. Kuns&Kultuursaamroeper, Sarie Louw, deel maklike kaartjie idees vir geskenke. Leefstylsaamroeper, Ilse Hanekom, vertel en gee resepte vir 'n vinnige en maklike roomkaas/maaskaas. Delina Fox, Landbousaamroeper, verskaf inligting rondom die vals Olyfboom, boom van die jaar 2023. Die boom is uitgeloot vir 'n prys. Vier lede ontvang Jaarkentekens: Christa Burger en Carin Rossouw 45 jaar, Marlize Rossouw 15 jaar en Alta Vos 20 jaar.

Afwesig: Petro Vercuiel 20 jaar en Christa Myburgh 10 jaar. Trippe Trappe se kleuters sing Kersliedjies en vermaak die gaste met hulle oulike kershoedjies en bewegings. Baie dankie aan al die juffrouens. 2022 is op 'n hoë noot afgesluit met heerlike eetgoed. Baie dankie aan elke lid se bydrae gedurende die jaar. Hou die Febuarie-uitgawe dop vir die nuwe 2023 VLV-program. Baie dankie aan al die borge vir die nuwe VLV-Jaarboek. Jul betrokkenheid by VLV word opreg waardeer. ‘n Geseënde Kersfees met Jesus liefde word vir elkeen toegewens. Geniet die skoolvakansie en reis veilig. Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665.

Pools-New Renovations Decking

Pool Re-Lining Building/Renovations

Pool Maintenance Maintenance

Pimps/solar

Painting

Paving Tiling

Ponds and water features Plumbing

Jacuzzi’s Ceilings

SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est.

Pools-New Renovations Decking

Pool Re-Lining Building/Renovations

Pool Maintenance Maintenance

Pimps/solar Painting

Paving Tiling

Ponds and water features Plumbing

Jacuzzi’s Ceilings

Handré Geldenhuys, Washiela Goliath en Shameel Davids.

SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994

NEW Shadeports supplied and installed

RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH

REPAIR Structures

Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Car vans / Play Areas

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

1994

Alterations undertaken Replace PVC Windows

Shaded or Waterproof

Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558

Angela Pfuhl: 073 7013682

Email: mail@affiplaas.co.za

9
on DROP BLINDS

Uit

Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”

En hier is ons by die laaste maand van ’22 met soveel nog op my lys van PHD’s oftewel Projects Half Done. Vir seker kan ek gelukkig ook terugkyk op ‘n jaar vol rondry en ‘scrap’ byeenkomste met nuwe idees en inspirasie op YouTube elke liewe dag. In ‘n boek uit my pa se versameling ‘Many Thoughts On Many Things’, lees ek raak dat “‘n uur se geluk wis die lelik en lyding van ‘n 1000 jaar uit” dws hierdie vrou, die eie ek, sal in 1000de jare nooit weer miserabel kan wees nie. Is dit nie die beste nuus vir my nie? En natuurlik bou ek daagliks steeds aan nog 1000de of natuurlik seker tot die 44 Afrikaanssprekendes my oor die vingers tik oor al my woord keuses. Maar ja, ek kan ook terugkyk op ‘n jaar vol ‘wow’ness en oomblikke waar ek tot stilstand geskok is deur die mees ongelooflike talent op verskeie vlakke en natuurlik daarmee saam die menswees wat ek ervaar in my ontmoeting met nuwe gesigte op ‘n weeklikse basis, want sodra ‘n groep vroue deur ‘n gemeenskaplike deler saam gebind word, hoor jy soveel meer stories as net ‘journals’ en snipper-talente dan ontvou ‘n menigte van diep gewortelde inspirasies en denke. Ek wens vir elkeen van julle ‘n feestyd saam met jul gesinne, en ure se geluk daarin toegevou, sodat die nuwe jaar met vrede en liefde gevul word in die ‘memories’ wat jul maak deur saamwees. Mag elkeen van julle genoeg inspirasie vind op jul pad na “‘n weer begin”, en jul geluk letterlik 1000de jare se minder mooi uitwis, sodat julle net kan bou op die mooi wat elke dag oor julle uitgestrooi raak. Tot weersiens in ‘n splinternuwe 2023. toedel-da-dy.

As jy Trappe, Hekke, Platforms, ens van staal gebou of herstel wil hê of enige sweiswerke……

Pakstoor onderhoud

gedoen wil hê – belde, hidrolies, paktafels, ens

Onderhoud aan geboue of herstelwerk aan implemente….

Pompe installeer en herstel, besproeiing installeer….

Auto elektries en Fault finding of modifikasies gedoen wil hê.

En vele meer!!

Kontak Riaan by 078 423 8341 of rheydenrych1@gmail.com

Ek werk op plase, privaat of fabrieke

**Ek het volledige CV met verwysings, ek is betroubaar en het betroubare vervoer**

Sandra se Terugblik

Dit is met groot dankbaarheid dat ek kan terugkyk op twee-en-twintig jaar in die eiendomsbedryf, maar ook kan vorentoe kyk met die vooruitsig om die jare wat voorlê, rustiger tegemoet te gaan. Ná die onderwys was die besigheidswêreld vir my ‘n uitdaging – ‘n leerkurwe waaruit ek tot aan die einde lewenslesse kon neem en op die pad verder kan toepas. Gedurende hierdie periode het ek met vele Piketbergers, asook heelwat vreemdelinge, kontak gehad. Nie alleen het ek met kliënte se besigheidsetiek kennis gemaak nie, maar in die proses ook hulle harte leer ken, wat onuitwisbare indrukke gelaat het. Aanvanklike kliënte het in menige gevalle, mettertyd vriende geword wat sonder twyfel waarde toevoeg tot my menswees. Die interaksie tussen mense het my lewensuitkyk verruim en was dikwels vir my van groter waarde en ewe vervullend, as die suksesvolle afhandeling van ‘n transaksie. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om vir elkeen wat my pad gekruis het, dankie te sê. Daarsonder kon ek nie aan ‘n suksesvolle loopbaan bly bou nie. Ek lê egter nog nie die tuig heeltemal neer nie, maar gaan deeltyds by Agrisell betrokke wees. Dit is my wens dat die huis wat ons bymekaar gebring het, ‘n ware tuiste sal wees, waar julle lank en gelukkig sal woon.

CPF Introduction

Nestled at the foot of the majestic Piketberg mountain lies the scenic little town of Piketberg, with its community that was once known as the "skuins dorp met haar regop mense". However, the unavoidable and much needed demographic and economic infrastructure changes over the last twenty years have gradually impacted the social fabric of our once peaceful town. As a community we could stand back and surrender our well entrenched values and principles to the unwelcome influences and characters that infiltrate our neighborhoods, or we can take a firm stance and take control of our beautiful community. On the 20th of September 2022 a new community police forum was elected into office, with the most important objective of serving as a bridge between our community and the Piketberg Police services. The aim is to enhance the fight against criminal behavior and increase police effectiveness. However, to achieve this noble objective, the elected CPF executive team will need the support of each and every community member and stakeholders including police, business, education, religious and social organizations. We look forward to having you onboard. In conclusion, it was Henry Ford who once said: Coming together is a Beginning; Keeping together is Progress; Working together is Success. We thank in advance each and every community member for their support. For any enquiries and or suggestions you can contact our CPF Chairperson Mr W Samuels at 083 644 6040 or Secretary Mr. A Pickard at 076 450 7870.

10
die kunskamer van
Sandra van Wyk Kolonel Ayanda Zimba, William Samuels, Voorsitter, Gus Pickard, agter Joa Hunt, Murial Salomo, Cornelia Dirks en Fred Dietrich.
11

PPC Donates Pietie Fredericks Youth Centre to Bergrivier Municipality - 08 November 2022

The long-awaited Pietie Fredericks Youth Centre in Piketberg has officially been handed over by PCC De Hoek to Bergri vier Municipality on Monday, 31 October 2022. This project, which forms part of PPC’s Social and Labour plan, is part of a process of giving back to the worthy cause of youth development. It is our hope that this youth centre will benefit as many young people as possible living in and around Piketberg. PPC De Hoek and Bergrivier Municipality have agreed to the establishment and handover of the Pietie Fredericks Youth Centre for the local community. The primary objective of this project is to improve the youth’s access to skills development and dignified living. In line with PPC’s ideals of partnering with government, the facility will fall under the custodianship of the Municipality and for a period of not less than 5 (five) years the Municipality will as per mutual agreement provide regular updates to PPC, in line with the agreed to commitments by the Municipality. This means that the Municipality is now fully responsible for the sustainable operation and upkeep of the centre. PPC Cement, through its governance structures, had allocated an amount of R3 200 000 (Three million Two hundred thousand) for the construction of Phase 1 of the centre. Johan Vorster, PPC’s Business Unit Head for the Coastal Region, said: “As a responsible corporate citizen, PPC Cement has long recognised the significance of Public Private Partnerships (PPPs). We also recognise the fact that government cannot achieve the ideals of our democratic dispensation without the active involvement and participation from the private sector. As a locally rooted cement company that is committed to the development of our communities and growing the South African economy, PPC recognises that the bedrock of community development is the redistribution efforts and specifically youth and community development”. PPC therefore reiterates its commitment to continue to work with all sectors of the public service, including all other like-minded stakeholders, to ensure that the cement sector makes a meaningful contribution in its surrounding communities and “for us as PPC it really was a no brainer to fast-track this incredible project and have it ready in the same year that we turn 130 years old. We should deal with the issue of community development by setting aside available funding to enhance the quality of life experienced within our communities that support us. This project is living proof that with positive partnerships and constructive engagements, strong communities can and will be built”. During the negotiation phase for the possible construction of the youth centre, in partnership with the Municipality, a key factor to closing the deal was that both parties understood that a drastic change was needed to curb the high levels of social ills (e.g. unemployment, lack of skills, substance abuse) which has engulfed Piketberg. This is an issue that both Bergrivier Municipality and PPC De Hoek was aware of. PPC therefore wanted to participate in bringing an end to this scourge by funding a facility that will be established as a beacon of hope, especially in terms of facilitating skills development. The Executive Mayor of Bergrivier Municipality, Alderman Ray van Rooy, mentioned that youth development is a key component to the Municipality’s vision of “Creating a prosperous community, where all want to live, work, learn and play in a dignified manner”.

“The future of Bergrivier is in our children’s hands. The importance of investing in the youth cannot be overstated and I strongly believe that this facility will create a solid foundation for young people to learn, grow and develop into highly motivated, responsible, capable and employable citizens and leaders of tomorrow. The late Pietie Fredericks, whom this centre is named after, fought for youth development and this facility is in honour of his legacy. I want to thank PPC for their continued meaningful contributions within the Bergrivier Municipal Area, and all other stakeholders that are helping to make a huge difference in young peoples lives,” said Van Rooy. Van Rooy concluded by encouraging the youth to take advantage of the offerings that will stem from the activities at the Pietie Fredericks Youth Centre and urged all residents to take ownership of this prized community asset. PPC Cement understood that the issue of a lack of youth empowerment had been gradually increasing over the past few years and that this has necessitated the prioritization of the establishment of the youth centre. PPC Cement is therefore proud to be at the centre of this initiative which effectively assists government to meet its skills development needs and to deal with and to manage the youth capacitation efforts in the Piketberg and surrounding areas.

12
The long-awaited Pietie Fredericks Youth Centre in Piketberg has officially been handed over by PCC De Hoek to Bergrivier Municipality on Monday, 31 October 2022. Executive Mayor Alderman Ray van Rooy (Bergrivier Municipality), along with the family of the late Pietie Fredericks, whom the youth centre in Piketberg is named after for the huge contribution he made during his life to youth development.
13

Nuus uit Rwanda…

Snippertjies

...is mos wat oorbly wanneer ‘n klein kindjie ’n skêr in die hande kry en my berig van die maand is ook so iets...stukkies stories. Ek stuur die ander dag vir Shadrack om iets te gaan koop en ek gee hom die korrekte bedrag geld. Toe hy terugkom, is hy baie ontsteld, want die man by die winkel vertel vir hom dis te min geld. Hy vertel my hy het vir die man gesê “I read the money when my boss lady give it to me and it was right.” Lang storie kort, die man het van die geld in sy sak gedruk sonder dat Shadrack dit gesien het, maar dit toe uitgehaal toe hy noem dat hy die geld ge-“read” het toe ek dit gegee het en dit was korrek. Hier word geld nie ge-“count” nie, maar ge -“read”. So gebeur daar ’n rukkie gelede ’n ongeluk naby aan waar ons woon toe ’n taxi te vinnig gery het op die grondpad en van die pad af gery het. Geen insittendes is beseer nie, maar twee voetgangers is oorlede en ’n derde een se arms en bene op talle plekke gebreek. Ek en Shadrack bespreek die ongeluk en hy bevestig dat die taxi steeds op sy wiele was en geen passasiers beseer of dood is nie, maar twee mense wat “on leg” was, is oorlede. Nadat ek die ander dag water gekoop het in die mooiste bloukleur glasbottel, besluit ek dit moet ’n blompot raak. Ek maak toe ’n plan om die skroefdraad gedeelte toe te maak en draai hemp (’n soort goiingrige tou wat ek van SA af gebring het) om dit en plak twee rytjies “bling”, wat ek van Piketberg Home Express af gebring het, aan die onderkant waar die tou stop. Hy wou weet waar koop ek die mooi blompot aangesien hier waar ons woon nie sulke goed te koop is nie. Ek vertel hom toe dat dit ‘n waterbottel is wat ek so gemaak het. Ek moes toe hoor “You think double.” Dieselfde met die skildery waarmee ek besig is. Sy kommentaar was, “You know too much.” Nou ja, hier moes ek al baie planne maak en doen ek dinge wat ek nie in SA sou doen nie soos tamatiesous en ‘n stukkie foelie wat al gebruik is om die bruin watervlekke van die motorfiets se “rims” af te kry, want hier is nie ’n Midas om skoonmaakmiddels te gaan koop nie. Shadrack se kommentaar: “How do you know?” Volgens hom kan een mens nie so baie weet en doen nie. (Dit werk en laat die aluminium skitterblink.) Aangesien dit die laaste berig vir die jaar is, mag julle almal se sterretjies skitter hierdie Kersgety.

20 Jaar gelede - Desember 2002

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

24 bladsye Donasie R1

Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Tweelinge vir Afrika in Piketberg: Olga en Olivia Samuels afgeneem op hulle dertiende verjaarsdag. Vyf lesersbriewe getuig van Piketberg se liefde en hartlikheid.

FNB borg Rolbal opedag.

Lions maak katarak operasies moontlik.

Izandla en Die Berg Vrugteverwerking sluit 'n werksooreenkoms vir Intaba produkte.

48 Tweelinge by Boland SPAR se Tweelingmakietie

Piet Booysen volg Pepé Meijer op as nuwe hoof by PPC De Hoek.

PPC De Hoek se Senior Bestuurspan laat sny hulle hare kort nadat 2001 se finansiële rekord oortref is. Dr Radie Kotzé open die Privaat afdeling van die Radie Kotzé hospitaal.

Die Andersons en die De Beers is reeds vir 46 jaar vriende waarvan hulle reeds 44 jaar op Piketberg woon.

Winnie Grobbelaar en Hannah Langeveldt vier 60 jaar se vriendskap, eers op die plaas Koringkloof, Eendekuil en later Piketberg.

Laerskoolleiers is Avril Claassen en Eldin Marcus vir Steynville Primêre Skool en Hanno Burger en Anize Truter vir PHS.

SPS se Dux is Cynthia Benjamin en Dux vir PHS is Liezl Joubert.

Gawie en Mirrie Mouton is 50 jaar getroud en Johan en Rita Bruwer is pas getroud.

1992-PHS Matrieks hou reünie.

Boland Tennis slaan Kishou teen SWD. Ben Olivier en Lize-Anne Mouton van Laerskool Eendekuil is in die USSO-Bolandspan.

Advertensies:

Wen R10 000 by Boland SPAR.

Krapkaartkompetisie by Foto First. Koop 4 films @ R59,99.

Nederberg Hotel bied Bel-en-Bestel etes en aansitetes aan.

Soetkysie Sentrum bied gehaltedienste onder een dak.

Geskenkbewyse beskikbaar by L en L Surf Fashions.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

14
15

Thys ontvang Annelie se Nier

Annelie Venter skryf…

Smitte sê tot siens

Op 8 Februarie 2022 het ek vir my man, Thys, my linkernier geskenk. Daar was by my nooit enige twyfel dat ek dit wou doen nie. Ek het hom ontmoet toe ek 24 was, nadat ek self amper dood is van ‘n gewas in my rugmurg, en ek wil saam met hom oud word. Daar was soveel mense wat vir ons gebid het en daarvoor wil ek baie dankie sê. In besonder my Leeskringgroepie en ons Auroragemeente, en al Piketberg se meelewende mense, vriende en familie. René Van der Westhuizen het ons ook gehelp met kinesiologie om ons voor te berei. Die nier het onmiddellik gewerk en die dokters was verwonderd oor hoe vinnig Thys herstel het. Ek kan geen nagevolge agterkom nie, behalwe dat ek die eerste paar weke baie moeg was en kort-kort moes rus. Thys het nie lank gevat voor hy weer volstoom begin werk het nie. Dit maak ‘n reuseverskil in ons kwaliteit van lewe om nie meer twee ure op ‘n dag te verloor met dialise nie. Hy moet elke dag van sy lewe immuun onderdrukkers neem om te keer dat die nier verwerp word, so dit bring uitdagings in die vorm van virusse en bakterieë wat hom teiken. Die eerste vyf maande was hy ongelooflik gesond, maar einde Augustus moes hy twee weke in die hospitaal deurbring met ‘n virus wat vir hom dodelik kon wees. Ons is dankbaar dat hy nou weer beter is. Hy moet gereeld bloed laat toets sodat die dokter sy medikasie dosis kan verfyn dat hy nog steeds self teen virusse kan veg sonder om die nier te verwerp. Ons seun, Jaco en Fralise het mooi na ons omgesien in die eerste weke. Toe Jaco my op 11 Februarie by die hospitaal kom haal, merk hy op dat ons die sirkel nou voltooi het. Presies 31 jaar gelede op die dag het ons hom in Middelburg by die hospitaal gaan haal. God se tyd is perfek. Thys se broer, Jan en vrou, Rina het ons op die plaas bygestaan totdat Thys weer self kon aangaan. Ons is oneindig dankbaar.

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

Ek kyk op na die berg. Waar sal my hulp vandaan kom. My hulp kom van die Here. Ons woon 33 jaar teen die berg. As ons agter ons huis staan, moet ons opkyk. As ons elke aand die dag in donkerte groet, was ons laaste kyk, die kruis. Die Berg was ons lewe lank nog vir ons ons vaste punt. Die Kruis die simbool van God in ons lewe. Dit gee sin en betekenis aan wie ons is, waarvandaan ons kom en waarheen ons op pad is. Op 21 Januarie 1989 kry ons ‘n oproep van ds Frekie van Niekerk wat sê dat die Here die kerkraad gelei het om ons na Piketberg te beroep. Dit was die begin van ‘n nuwe hoofstuk waarna ons lank uitgesien het in ons lewe en waarvoor die Here ons op ‘n baie besondere manier voorberei het. Ons was reeds 7 jaar getroud en ons oudste, Lizaan, was 3 jaar oud. Ons het ‘n paar draaie geloop en berge geklim wat ons seker gemaak het van ons roeping. Van dag een af in Piketberg het ons mense se warm omgeeliefde ervaar. Mense wat ons met oop arms ontvang het, ons in ons jonkheid en geen ervaring aanvaar het en mense vir wie ons ongelooflik lief geraak het. Dit was ‘n groot voorreg om saam met die regop mense van hierdie skuinsdorp, te bid, te luister, te werk en dankie te sê. Alle eer aan die Here. Dankie dat ons ons huis se deure kon oopgooi en julle ons oorlaai het met julle liefde, julle vriendskap en julle gebede, want daar was ook vir ons moeilike tye waar ander se gebede ons gedra het. Dankie dat julle ons vertrou het met julle vreugde en hartseer en dat ons saam met julle en die Here daardie pakkie kon dra. Ons staan nou voor ‘n nuwe seisoen. Ons gaan nie maklik weg nie, Ons juig nie daaroor nie, maar ons omarm die wete dat daar vir ons ‘n nuwe opwindende fase voorlê, waarna ons baie uitsien. Piketberg is in ons lewe ingeweef. Ons kinders het hulle wortels en vlerke hier gekry en hulle is altwee vandag op ‘n goeie plek in hulle lewens. Dankie dat ons as mede-Piketbergers die Here saam met julle kon dien. Dit was ‘n wonderlike en asemrowende reis. Ons lekkerste lekker sal wees as julle vir ons kom kuier waar ons ookal is. Ons huis se deur sal steeds oop wees. Ons gebed vir Piketberg is dat die HERE vir julle goed sal wees en vir julle sal sorg Dat Hy julle sal seën en julle sal beskerm. Dat Hy julle altyd in sy sig sal hou en julle sal oorlaai met sy liefde. Dat Hy ook julle gebede sal verhoor en aan julle vrede gee. Soli Deo Gloria. Aan God al die eer.

Johan en Marlien (082 928 5198 & 072 308 6464).

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

16
Ds Johan en Marlien Smit. Foto: Marietha Goosen
advertensie geborg deur
en Berenice Scheepers
Hierdie
Sam
17

Piketberg Dieresorg NPC

Piketberg dieresorg sê dankie aan die volgende mense en instansies: Diegene wat gehelp het om diere van behoeftige eienaars van kos en mediese dienste te voorsien. Ruim donasies van oraloor die land maak dat Piketberg Dieresorg tot op datum alle rekeninge kan betaal. Pleegouers wat bereid was om hawelose diere in te neem en te versorg totdat daar vir hulle liefdevolle huise gevind is. Wonderlike aanneemouers wat aan die geredde diere permanente huise verskaf het en gereeld foto's en video's stuur. Amal wat ons fondsinsamelingsprojekte ondersteun en wat vir ons fondsinsamelingsgeleenthede reël. Almal wat ons facebook blad PIKETBERG DIERESORG NPC deel. Almal wat tweedehandse ware skenk by Hoofstraat 60. Weskus CVC wat reeds vir 5 jaar elke maand Piketberg toe kom om diere te steriliseer en inentings en gesondheidsdienste teen 'n spesiale tarief aan te bied. Almal wat donasies op Katinka se welsynsrekening inbetaal. Piket-Bo-Berg Plaasmark en Desert Rose Plaasmark vir gratis staanplek/stalletjie en vir julle vriendelike verwelkoming elke keer. Swartland DBV vir die uitsorteer van onhanteerbare situasies. Bergrivier Munisipaliteit vir die twee lokale by die gemeenskapsaal wat maandeliks gratis beskikbaar is. Gedurende 2022 is 75 teefhonde, 25 reunhonde, 70 wyfiekatte en 35 mannetjieskatte by die kliniek gesteriliseer en 193 inentings is ook daar gedoen. Dankie aan Piketberg Dierehospitaal vir verdere sterilisasies, vir die behandeling van siek en beseerde diere en ook vir die toetse op katte vir Feline Aids en Leukemia. Op 14 Desember is die laaste kliniek van die jaar, wanneer 7 teefhonde en 1 reunhond gesteriliseer word en opvolg inentings gedoen word.

GESEËNDE KERSFEES.

Lea in finals of Packaging competition

A third-year Visual Communication Design student, Lea de Vries was selected as a finalist in the Graphic Design section of the IPSA Student Gold Pack competition. Lea chose to redesign the Woolworths flavoured Tuna range, which is packaged in sachets. “I did some research and came to the conclusion that the tuna sold in Woolworths, is caught using only one specific method known as Pole and Line. This method is the most sustainable way of catching tuna, as tuna is caught one at a time and if some other species is caught, it can be thrown back while still alive and unharmed. She said this leads to less bycatch and a more sustainable form of fishing in general.“

Spyker Chambers

14 September 1947

7 November 2022

Na 30 jaar se verbintenis aan Piketberg Hoërskool, eers as Wiskunde onderwyser by die Laerskoolafdeling (1979-1996) en daarna as sportorganiseerder en "gaan-vra-vir-oom-Spyker"- beampte (1997-2009), gee Spyker en Ansa die dapper tree Oos-Kaap toe om in Sterkstroom te gaan skoolhou vir 3 jaar en 3 maande. In 2013 betrek hulle weer hulle tuiste in Piketberg en waardeer alles van vooraf - hulle eie mense, hulle eie klimaat, hulle eie taal. Spyker is 'n dankbare mens en oor sy dankbaarheid vir God se oorvloedige genade en Ansa se liefdevolle versorging, het hy, veral tydens sy siekte in sy laaste lewensjaar, onverpoos getuig. Oor sy drie dogters, Tinette, Fransa en Ruanda se oop hande en harte en ondersteuning, het dié man se sagte hart sommer verkrummel. Spyker en Ansa, wat mekaar op Uniondale se personeel ontmoet het en in 1972 getrou het, het onlangs, op 8 Oktober, hulle 50ste huweliksherdenking gevier. Baie kinders sal staaltjies uit Spyker se Wiskundeklas kan vertel, oor hulle streng meneer, wat die rottang en die plathand goed ingelê het, vir talle 'n liefde vir Wiskunde gekweek het en teenoor diegene wat nie die aanleg gehad het nie, simpatiekgesind was. Oor rugbyafrigting vir O/11-seuns, was Spyker passievol. Ook daar het die latjie gepraat. Voor sy eerste oefening met so 'n spannetjie seuns, was sy woorde: "Nou vergeet julle alles wat julle sover van rugby geleer het, nou sal ek julle leer!" Nodeloos om te sê, die manne het gehoor. Spyker Chambers, Piketberg gaan jou baie mis. Ons koester die mooiste herinneringe aan 'n gesinsman, sportman, kerk- en gemeenkapsmens - hardwerkend en betroubaar, sy lewe lank.

18 Kom praat met ons oor ’n anti-histamine wat vir jou sal werk. 022 913 1600 / 022 913 2075 Hoofstraat 21,
64,
Moenie dat allergie jou onderkry nie
Posbus
Piketberg
19

Komien Blokfluit en Klavier

Fedisa Loopplank in Kaapstad

Oud PHS'er, Mariska Botha, moes vir haar kursus 'n kledingstuk ontwerp met die tema Avant Garde. Na baie laat aande en baie ondersteuning van haar ma, Zelma Botha al die pad uit Piketberg, was die Loopplank op 3 November ‘n enorme sukses.

Lee-Ann Persent behaal 91% vir haar Trinity Blokfluit Graad 2 eksamen.

Leigh Wall ontvang ‘n musiekbeurs by Boland SuperSpar. Die beurs borg haar musieklesse vir 2023.

Jesse Philander ontvang die Hugo Hollowaytrofee vir die Beste Prestasie vir 'n Laerskoolleerling in die Unisa praktiese eksamen.

Jesse behaal 90% vir Graad 1 Klavier.

SSS Inter-Kleure Atletiekbyeenkoms

Op Vrydag 11 November het Steynville Sekondêre Skool hul jaarlikse Inter-Kleure Atletiekbyeenkoms by Rhino Park gehou. Hulle bedank die volgende borge en instansies: SuperSpar Boland, Liebco, Avbob Piketberg, Winkelshoek Wynkelders, Total, Piketberg, Toerisme, Forbes Fitness, Moswin Moore en die vrywilligers van PSDF en Piketberg Sportraad. Alle atlete se deelname en almal uit die gemeenskap vir hulle ondersteuning.

Foto: Mariska Botha by die model Isabel Lausberg.

SSS Bronneklas afskeid

Steynville Sekondêr se Bronneklas het 'n afskeidsgeselligheid in The Outpost Restaurant gehou. SSS bedank die borge wat die aand moontlik gemaak het: Liebco, Boland Superspar, Winkelshoek en The Outpost Restaurant.

Foto's: Louwna Burger

Mari Visser en Louwna Burger is die twee leerders wat die skool verlaat, Adlan Dirks en Karisha Kouter.

SSS Victor en Victrix

SSS het hulle Kleuresportbyeekoms gehou. Die Victrix Ludorum is Samanthia De Wee en die Victor Ludorum is Jayson Van Rooy.

Khoi en San Piketberg Inheemse Raad

Khoi en San Piketberg Inheemse Raad se Reinigingseremonie vind Saterdag 10 Desember 2022 in Calendulastraat, voor die L.B Wernich Biblioteek plaas om 10h00-12h00. J Marshall 073 065 2781.

- 022 913 8800

- 079 349 8619

20
NOODNOMMERS PIKETBERG POLISIE
BRANDWEER
AMBULANS
- 10177 / 022 4338700
21

SUPERSPAR BOLAND PHS GOLFDAG

Boland SuperSpar

Abit Solutions

Affi Plaas

Arno & Appel Mouton

Bergrivier Dental

Coca Cola

Copytype

Cape Rooibos

Citrusdal Cellars

De Jagers

Dup Meubels

Efficient Wealth

Engage

Fox Build it

GMO Paving & Vibracrete

Grill & Go

Growbility Solutions

Hennies Trekkers

ICA

Kaap Agri

Laeveld Agrochem & Agri

Technovation

Le Roux van Wyk

Miss Elly's Gin

Moorreesburg Verkoeling

Nexus 24

Oro Agri

Outpost Restaurant

Overberg Agri

Pêrel Sport

Piket Implemente

Piketberg Powertools

Piket Droë Vrugte

PPC

Repair a Blind & Shadeports

Roelof Oosthuizen ING.

Sacssfit

Stephan & Seun

Stihl

Swartland Blue Bottle

Theron Du Plessis

Rekenmeesters

Waltons

Weskus Meganisasie

Winkelshoek

22
‘N GROOT DANK GAAN UIT AAN AL ONS BORGE
23
24
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.