4 minute read

Hanekoms toer Namibië

Uitgestelde 2020-toer ‘n Belewenis

Helette Hanekom skryf…

Advertisement

'n Lang verwagte toer moes weens Covid oorstaan en ek deel graag ons wedervaringe met Die Piketberger se lesers: In Windkamp slaap ons by Urben tented camp oor. Vir die volgende vier dae kamp ons in Swakopmund by Alte Brucke met die boswa. Daar het ons vir vier dae die berugte Oosweer beleef. Snags so by 3uur se kant, begin die wind die sand en stof waai tot middae ongeveer 3uur. Jy kan niks voor jou sien nie, dis soos sleepmis by ons in die wintertyd. Stof en sand oral, tot in jou ore. Dit was volgens inwoners die ergste in 22 jaar. Die kameelry was 'n groot hoogtepunt, aangesien dit iets is wat ek nog altyd wou doen. Dit was groot pret. Daar is 45 kamele en baie toeriste wat dié rit doen. Ons volgende stop is Etosha, by die White Lady Lodge. Daar was groot groepe toeriste van oa Frankryk, Duitsland en Engeland. Ons het in 'n rivierloop opgery en olifante gekry. 'n Groot groep motorfietsryers het ook by die Lodge aangedoen. Vandaar na Epuvu Lodge waar ons die leefwyse van die Himbas gaan beleef het. Dis armoede in die oortreffende trap. Hulle het geen water by hulle hutte nie, dra water in 20liter kanne vir etlike kilometers aan. Hulle drink die sap van plante in die veld om hulle dors te les. Die water word gebruik om kos mee te kook. Hulle slaap in hulle hutte op- en onder dierevelle. Daar is geen meubliment in die hutte nie. Voor die hut staan een groot driepootswartpot waarin pap gaargemaak word. Die kinders mag tot 6 jaar oud by hulle ouers in die hut slaap en daarna, 7-10jaar, slaap in 'n aparte hut. Die kinders gaan baie min op 7 jaar skool toe. Hulle moet die bokke, skape en beeste oppas. Die meeste gaan van ongeveer 12 jaar oud vir die eerste keer skool toe. In hulle tradisionele drag dra dogters net 'n driehoekvel om privaatdele te bedek, ook baie krale om die nek vir verdere bedekking. Seuntjies loop in hulle adamsgewaad met baie krale om die middellyf, nek en enkels. Die jongmeisies van ongeveer 16 jaar smeer hulle met 'n rooi kruiemengsel twee maal per dag. Dit mag nie afgewas word nie. Hulle sit uitgebrande stukke kole om die kruie te gebruik en hulle daarmee te berook. Hulle berook ook hulle velgemaakte klere daarmee. Die reuk van die kruiemengsel hou muskiete en vlieë weg. Die huise/hutte bestaan uit net een vertrek. Die man het drie tot vier vroue met gesinne. Vrou nr 1 het die gesag oor die ander in hul woonkraal. As vrouehoofde nie daar kan wees nie, kry die 16/17-jarige dogter gesag oor alle kinders vir die dag. Daar word mielies geplant op selfgemaakte lande en later geoes, drooggemaak op dakke van hul hutte. Die mieliepitte word met klip fyn gekap totdat dit meel word vir mieliepap en brood bak. Die gids gee vir hulle klein botteltjies water en vir die vroue 'n groot sak mieliemeel. Ek het vir hulle kinders eetgoed gegee, hulle eet dit dadelik soos iemand wat dit lanklaas gehad het. Die kinders maak vir sakgeld armbande en enkelbandjies asook hangertjies van tou, pampoenpitte, mieliepitte en krale. Sommige kerf beeldjies of diere uit hout om geld te verdien om kos te koop. Hulle vervoermiddels is donkies en esels. Hul huisies is van riete gemaak. As daar 'n sinkplaat huis is, is dit 'n beter groep. En as daar 'n baksteenhuisie staan, is dit 'n welgestelde gesin. Ons moet regtig ons seëninge tel. As ons stilhou, dan kom hulle van oral uit hulle hutte en vra hulle net kos. Ons het ook lemoene en nartjies vir hulle gegee. Die vroue kap hout in die veld en loop kilometers ver met 'n plastiek kommetjie met so 15-20 stukke hout in, wat verkoop word vir 40-50 dollar. Daarmee word weer kos gekoop. Ons het hierna, die volgende dag, Epupavalle toe vertrek waar ons vir 3 dae op die Kunenerivier se wal gekamp het. Die Kunenerivier vorm die grens tussen Namibië en Angola. Daar was baie toeriste van oa Swede, Duitsland, Engeland en Frankryk. Die likkewane loop om ons boswa en tent om stukkies oorskiet vleis of wors op te tel en te eet. Ons het nie die krokodille wat in die rivier is, gesien nie. Die mooiste is die gedreun van die watervalle en snags klink dit soos die branders van die see. Die langstert apies is 'n ergernis, hulle haal jou wasgoed van die draad af en doen kwaad by jou standplaas wanneer jy weg is. Dis vrouens van die mans wat werksaam is by die kamp, was ons wasgoed vir ekstra geld. Hierna vertrek ons weer Windhoek toe, daar geoornag om die terug tog huiswaarts aan te pak. Nog een aand oornag ons by Mieta Basson se familiegrootwordplaas, The White House, wat ook op TV was. Na 6000km kom ons veilig tuis met baie goeie herinneringe van ons 20 dae toer.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276