Die Piketberger Nov 2022

Page 1

1

Jaargang 29 Nr. 10 piketberg.bergriviertourism.co.za November 2022  022 913 1796 

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS 2023 Leiers DUX-Toekennings

Dux-toekennings gaan aan Jan Thys Basson gr 7 en Jana Truter gr 12. PHS se hoofseun en hoofdogter vir 2023 is Erasmus Mouton en Elsje Basson. Die res van die gr 12 VRL-groep is agter Jana Bruwer, De Wet Carstens, Jacques Lambrechts, Ziefe Kayster, Gerhardt Muller en voor die onderhoofleiers, Jacques Loubser en Hurley January. Foto's: Kristia van Tonder

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troues...p4-5 Jak de Priester by VLV...p6 ACVV met Johan Laten...p8 SUPERSPAR 35 years...p10 Badisa Damesoggend...p14 20 Jaar Gelede...p14 Doop deur Hartdominee...p18 SSS Dux en IGO...p20 PHS Sportman en –vrou...p22


2

Redaksioneel

Van A tot Z

Piketberg en Eendekuil kan vroeg volgende jaar begin uitkyk vir die nou reeds bekende, unieke telefoongids wat die lewe vir almal soveel makliker maak. Die eerste paar uitgawes was 'n inisiatief van die Lions organisasie, tóé bekend as die pienkboekie wat, soos dit hersien is, ligblou en geel geword het. Die meer onlangse uitgawe was 'n fondsinsamelingsprojek van Badisa, met Hannie Visser aan die stuur van sake, bygestaan deur 'n ewe bekwame Madelie Burger. Vir die lekker help ek met die maak van 'n paar oproepe om seker te maak wie se nommer moet uit en watter moet in. Vele landlynnommers is buite werking en inwoners is welkom om selfoonnommers te plaas. Niemand is onder enige verpligting nie. Hier kom dit nou. Kontroleer asseblief jou nommer. Doen dit deur Hannie Visser te skakel by 022 913 2545 of 083 754 4760 of 'n epos na hannivisser@gmail.com te stuur. Ons het nog net tyd tot einde November hiervoor. Baie baie dankie vir 'n hele aantal mense se samewerking en veral besighede wat adverteer sodat die boekie gedruk kan word. Wanneer die 2023-boekie verskyn, kan jy seker wees jy het die beste inligting om jou lewe so gerieflik moontlik te maak met al die dienste tot jou beskikking; en indien krisisse opduik, dit doeltreffend te hanteer deur die regte loodgieter, elektrisiën of prokureur te ontbied. Dalk gaan dit so goed met jou, dat jy net af en toe 'n haarkapper of skoonheidsalon benodig, wel dit alles is 'onder een dak' - in die nuwe A tot Z Badisatelefoongids. Van A tot Z, van begin tot einde, vir 'n rukkie in die kol tot dinge weer verander, dis die lewe. Intussen - bly naby die Een wat altyd dieselfde bly, Hy is die Alpha en Omega, die begin en die einde, van altyd af tot in alle ewigheid.

Briewe van ons lesers…

Helmien Rossouw van Eendekuil skryf…

Voor, tydens en na my onlangse operasie het ek baie liefde, belangstelling en ondersteuning ontvang by wyse van besoeke, boodskappe en gebede. Graag wil ek baie dankie sê daarvoor. Ek waardeer dit dat mense steeds vra hoe dit gaan. Ek is dankbaar teenoor die dokters en personeel van Panorama Hospitaal se Harteenheid en ICU, wat hulle bes gedoen het sonder om moed op te gee; elke liefdevolle versorger in die saal wat hulle passie uitleef; Eendekuil se gemeente en ds Marius Ellis vir julle ondersteuning; my kinders vir hulle liefde en veral die Here wat heeltyd by my is en my deurdra.

Skaterlag kliphard – 3de Aflewering

Dis kerkbasaar en omdat Oudominee aftree, neem hy die opening waar. Hy staan neffens die poedingtafel, verloor sy balans en druk sy hand in ‘n groot bak basaarpoeding. Doodse stilte. ‘n Grapjas sê kliphard “What a way to go, sweetness.” Almal proes en vlug vir die deure. By Langebaan se strandmeer open Dominee die jaarlikse Stranddienste. Almal klap hande en die seemeeus kwêk saam. Een skrik en los ‘n blêrts op sy skouer. Hy draai stadig sy kop en bekyk die spulletjie. Hy buk, neem ‘n dogter se strandhoed, sit dit op sy kop en sê: “Indien die voël besluit die volgende teiken is my kop, koop ek vir jou ‘n nuwe een.” Die massa skaterlag, Dominee inkluis. ‘n Nuwe dolfyn word verwelkom by ‘n groot kusdorp-akwarium. By dié uithanggeleentheid sit vroue met see-tema hoede in die voorste gestoeltes. Dolfyn “Cutey” is baie uitgelate, swem en duik en slaan haar stert teen die rand van die poel en deurdrenk al die deftige dames, tot almal se genot.

MC HANEKOM

Liefde

Marietha

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg : Isabel Lausberg Admin en verspreiding: Marietha Goosen Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

    

      

Marietha Goosen

Isabel Lausberg

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW Opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


3


4

De Villierstroue

Smutstroue

Jean-Pierre (JP) de Villiers, seun van James en Sandra voorheen van Piketberg, en Marzanne Janse van Rensburg, dogter van Altus en Latitiae van Kakamas, is op 1 Oktober in die huwelik bevestig. Marzanne se rok is 'n Didi Couture-skepping, die seremonie en onthaal is gehou by Kaleo Guest Farm, Koue Bokkeveld, Ceres. Fotograaf: Corné Visser Studio

Michael Smuts en Salomé Steenkamp het op 17 September op die plaas, Steenboksfontein getrou. Ná 'n vriendskap van 17 jaar en beide lewensmaats oorlede, het die vriendskap gegroei tot 'n wil-altyd-bymekaar-wees liefde. Michael en Salomé se dankbaarheid is groot dat hulle op dié tydstip van hulle lewe so deur die Here bederf word. Hulle woon op Hartenbos, maar beplan om gereeld tyd op die plaas buite Piketberg deur te bring. Foto: Melody van mellapix, Vredenburg


5

Smithtroue

Bertus Smith en Elzaan Trautman trou op 1 Oktober 2022 in Lambertsbaai. Foto: LILAC photography


6

Jak de Priester by VLV

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures: Magdalena Mostert, Soreen Gouws, Jak de Priester en Lynette de Witt.

Marietha Goosen, Mariette Koen, Jak de Priester, Elize Koen en Hanlie Linde.

VLV Sirkel Weskus het ‘n baie geslaagde oggend met Jak de Priester aangebied by Soverby Lapa in Velddrif. Dames was in pienk geklee twv Oktober Borskankerbewustheidsmaand. Tanya Johnson van KANSA en Rina Theron, veldkoskenner, het as sprekers opgetree. Die volgende Algemene VLVbyeenkoms is op 10 November 2022 om 9:30 in die Biblioteeksaal met die tema, ‘n potpourri Kers-afsluiting. Gaste is welkom @ R40. Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665.

VLV Sirkel Weskus bestuur met spreker Tanya Johnson van KANSA links en Jak de Priester, tweede van regs.


7


8

Op die Rakke van die Biblioteek... As ‘n mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout

As 'n mens geluk kon proe is 'n jeugverhaal wat oud en jonk neem na die vreugdes en geite van die tienerjare. Daar is uiteenlopende karakters wat bymekaar aanklank vind en tipiese probleme wat opduik waarvoor hulle nie terug staan nie. Selfs die gebruik van suiwer taal word op ‘n humorryke manier aangespreek. Bespreking deur Arnelia is ‘n plomp tiener wat Susan de Vries. baie verhuis as gevolg van haar ma se werk as vertaler. Sy het ‘n hengse swak selfbeeld en wil in die nuwe omgewing ‘n nuwe lewensverhaal kom skryf, maar in die eerste week maak sy haar naam krater deur te val met ‘n volgelaaide bord kos. Dis dan ook juis dié gebeurtenis wat die storie laat ontvou. Dewald, ‘n baie aantreklike ou, is dol oor die feit dat sy nie bang is om te eet nie en hy is ‘n kranige kok en Masterchef aanhanger. Haar nuwe vriendinne, Dineo en Ilana, staan by haar as die ander dogters haar verkleineer. Shaun word ook deel van die Snoeperheroes en hy het sy eie geheim wat hy later net met Arrie deel. Sy is vir die eerste keer selfversekerd deel van ‘n groep maats. Die skoolsnoepie en konsert is die twee gebeurtenisse waartydens werklike vriendskappe groei ten spyte van konflikte en Arnelia die brein is agter alles. Wanneer sy terugdink aan die afgelope paar mal maande besef sy dat sy haar lewensverhaal herskryf het. Haar maats het haar aanvaar nes sy is. Die ure se beplanning en werk aan Snoeperheroes, die Haarsproei repetisies, haar klein oorwinninkies in die Engelse klas, haar ma se deurmekaar-maar-altyd-daar-liefde en ondersteuning het alles bygedra tot haar gelukkigheid. Maar veral elke liewe skewe glimlag van Dewald Fourie. Die kersie op die koek is dat die resepte waarom baie van die storie draai ingesluit is sodat jy as leser die lekkerte saam kan geniet. Dis beslis een boek wat ek sterk aanbeveel vir ‘n lekker-lees ondervinding. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

ACVV met Johan Laten ACVV Piketberg het 'n interessante oggend aangebied met 'n verfrissende besoek deur Johan Laten, 'n depressievegter. Dankie aan die personeel en inwoners van Huis AJ Liebenberg vir hulle gasvryheid, die ACVV bestuur vir verversings, Laurette Burger en Trippe Trappe vir die vermaak en Ilsé Vincent van Blomstories vir die blomme. Karin Greeff ontvang 'n bidbeertjie van Johan Laten. Foto's: Marietha Goosen

VD Groep

Die Vrouediensgroep neem afskeid van Marlien Smit, middel voor.

NGKerk Spokietee


9 SACBW erken Gemeenskapsvroue Die SA Raad vir Sakevroue gee erkenning aan vroue van die SACBW Matzikamatak en Bergriviertak, vir hulle bydrae in die gemeenskap. Die spoggeleentheid is gehou by Die Keldery en elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en ‘n geskenkpakkie. Die Weskusstreek, met Chantal Booyse as Voorsitter, het vyf inskrywings vir die Community Warrior Woman Award gehad. Die inskrywings is van Swartland, Bergrivier en Matzikamatak. Die Matzikamatak word gelei en ondersteun deur Hester Du Bruyn, die President van 2021. Nicolene Smit, Wyksraadslid van Wyk 3 vir Swartland Munisipaliteit en Besigheidseienaar van Heaven’s Window was die wenner onder die vaandel van die Bergriviertak wat nog in wording is en Sunet Anderson die wenner vir die Matzikamatak, beide gesetel in die Weskusstreek. Hierdie geleentheid is opgevolg met die glansgeleentheid van die jaar, die Nasionale Jaarlikse prestasietoekennings wat in Mosselbaai in styl gevier is. Sunet Anderson het die Nasionale Toekenning vir die Community Warrior Woman verower. Sunet is die Projek Koördineerder van die Jala Peo Skool se Voedseltuin Projek te Matzikamatak met ‘n sterk fokus op die Weskus. Die jaarlikse toekenning vir Provinsie van die jaar is vir ‘n tweede jaar in ‘n ry verower deur die Weskaap.

Pools-New Renovations

Decking

Pool Re-Lining

Building/Renovations

Pool Maintenance

Maintenance

Pimps/solar

Painting

Paving

Tiling

Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s

Ceilings

SHADEPORTS NEW and REPAIRS

Est. 1994

NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za


10 Uit die kunskamer van

Saars Shabby ’n Shine

SUPERSPAR Boland celebrates 35 years of serving the Piketberg community!

met baie “shabby” en bq “shine” Dagsê alle oulike mense. Met die wind in ons seile is ons nou vinnig besig om hierdie jaar uit te vaar, maar gelukkig is daar nog genoeg weke én naweke om darem op ‘n heerlike manier stukkie vir stukkie te begin groet en afskeid te neem Soos elke jaar is die dae nou volgepak met beplannings en partytjies, konserte en prysuitdelings, eksamens en (amper) vakansies. Op die kunsfront is alle kanale en ‘tutorials’ oorlaai met Kersgoete, idees vir die tafel, interessante dekor vir die huis, ‘daily December’s’ om jou 2022 mooi vas te lê en in te skryf en natuurlik kaartjies. Allerhande vorms en groottes, kleure en temas, ‘vintage’ en ‘bling’, noem maar op. Iewers sal jy ‘n gaaitjie kry waarin jou skeppings pas. Baie sal nou sê, én dink, dat in ons moderne lewe kaartjies eintlik uitgesterf het, maar nee, nogal nie. Dit het nou net verander na ‘snail mail’, want op beste van tyd neem jou pos nou net so paar maande (of selfs jare) langer om by hul adres te land. Die goeie nuus? Niemand is kwaaaaaad hieroor, want die lekkerte om ‘n briefie in die pos te kry, saam met die mooi-heid daarvan, oorskadu totaal die misnoë en ongedurigheid van die lange dae terug se datumstempel. Dit moedig jou net aan om ‘n poskaart of vyf weer in die posbus te gooi, natuurlik om jou sender te bedank, én om ‘n glimlag na ander toe te stuur. So die uitdaging wat ek vandag, en hierdie maand, aan julle wil stel, kom ons probeer om glimlaggies te saai oral oor die land, én sommer buite ons grens. Kikker iemand se dag of maand op, en stuur ‘n nota, briefie, of iets in daardie vorm, binne-in ‘n mooi koevert, en laat ons hierdie jaar eindig in ‘retro’ styl. Wie sou dit dan nou kon raai? Geniet julle bedrywigheid, en moet nooit vergeet hoe spesiaal jy iemand anders se lewe kan maak nie. Tot volgende maand.

In Slavenhuis benoem Herschelle Benjamin, oud-PHS'er, se boek" In Slavenhuis 39", is benoem vir die Suid-Afrikaanse Letterkundeprys (SALA) vir debuutromans. Die wenner word op 7 November in Pretoria aangekondig. Sy teaterstuk met dieselfde titel het in 2019 by die Woordfees op Stellenbosch gedebuteer. In 2021 is dit benoem as Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks by die Herschelle Benjamin met sy Fiësta-toekennings en die toneelstuk ontvang boek "In Slavenhuis 39". Foto: Jeremeo Le Cordeur ook die Woordfeestrofee vir Beste Opkomende Kunstenaar. Herschelle bedank veral sy Afrikaanse onderwyseresse by PHS, Nolie Eksteen en Wernaré Ramsauer, vir die passie waarmee hulle Afrikaans onderrig het. Hy sê hulle verdien die erkenning.

SUPERSPAR Boland celebrates 35 years of serving the Piketberg community. Philip, Tanya, Dean, Lauren and Robert Jankielsohn surrounded by their staff. Family values are very important to the Jankielsohn family, and SUPERSPAR Boland – its staff and customers - are all very much part of this family. With innovative upgrades in an array of service departments, and an increased focus on fresh produce, they continue to build on solid foundations, always putting their customers first. Modernized interior SUPERSPAR Boland, in keeping with retail trends, has modernized its interior. A major revamp focuses on making life easier for its customers – creating a friendly, safe, and spacious shopping environment that’s easy to shop, is well merchandised, with newly extended ranges. A major drive to enhance the concept of ‘Fresh’ means innovation on all fronts. SUPERSPAR Boland has employed a top chef, Sebastian Smith, who will develop new products, train staff and lift store standards to new heights. “We want to be effective and productive in everything we do,” says Dean. The SUPERSPAR team have elevated the Bean Tree café by re-doing the menu and adding a convenient ‘grab ‘n go’, allowing customers to be serviced quickly and effectively. “We have extended our ranges and modernized equipment in our service departments to heighten the shopping experience.” The very popular ‘Chikka Chicken’ concept ‘store’ has upgraded its service area, by adding a till point, and modernized equipment, offering customers speedier service. In the Butchery department, customers are spoilt for choice, and will find special cuts and dry age meats, prepared by the highly trained butcher. Preparation tips and ways to prepare superior cuts will be available on an iPad reader. A Biltong Bar remains a popular concept at SUPERSPAR Boland. It offers a range of more than 25 different products. The focus on innovation and fresh continues in the Bakery department. A range of artisan breads are baked fresh on the premises, along with the best doughnuts in the business. Modern, new equipment includes professional, electronic shelf edged pricing labels. Customers are ensured that the price advertised on the shelf translates at the till point. “By supporting SPAR brand you are getting ‘as good as the best, for less’, and you are proudly local,” says Dean. “If a customer wants to buy in bulk, then we will ensure that they too are catered for.” Car give-away! In celebration of 35 years of doing business in the community, and as a way of saying thank you, SUPERSPAR Boland will be giving away a brand-new car in the month of November. As customers move into the festive season, they will be delighted with a superior shopping experience and might just be the lucky winner of a car! Issued on behalf of SUPERSPAR Boland. For more information: contact Anne Taylor 082 419 0077 or Dean Jankielsohn 083 303 2285


11


12

Corné Smith

Francois Rabe (Batta Rabe) 15 November 1943 20 September 2022

Francois Batta Rabe word deur sy vriende en familie onthou as 'n ware gesinsman, 'n waardige hoof van die huis wat sy gesin lei in vaste waardes en beginsels. Ook ‘n netjiese man, veral bekend vir sy netjies versorgde motors. Hy is beskou as 'n ware “gentlemen” wat hom nie opgehou het met kwaadpraatjies en rusies nie, maar met sy sagte omgeehart ‘n mense-mens met ‘n goeie humorsin. Oral bekend en geliefd, wat vriendskappe hoog ag en mense aanraak met sy opregtheid. Batta het alles wat hy gedoen het, goed gedoen. Na sy weermagopleiding, bekwaam hy hom as paneelklopper en sy loopbaan begin by Droomers in die Paarl. Hy keer terug na sy tuisdorp Piketberg en begin werk by Thys du Toit Bakwerk. Hy maak ‘n loopbaanskuif en werk by Fanie Vermeulen Grondverskuiwing en vandaar is hy na Piketko tot en met sy aftrede. As daar iets was soos ‘n doktorsgraad in verkoeling, dan het hy dit behaal. Hy was gewild onder die bestuur van Piketko, die direksie, die boere, sy kollegas en die mense wat onder hom gewerk het. Hulle sou mnr Rabe beskryf as streng, maar sy hart was goed. In 1997 behaal hy ‘n besondere prestasie met ‘n toekenning vir vyf agtereenvolgende jare se hoogste persentasie behaal in beherende atmosfeerverkoeling van uitvoervrugte. Vir sy kinders leer hy 'n belangrike lewensbeginsel, as jy die klein dingetjies reg doen, dan skakel jy die groot probleme uit. Vir Batta was daar geen grys areas nie, ‘n ding was reg of verkeerd, en daar kon nie ‘n sakkie lemoene wegraak by Piketko nie, Batta het daarvan geweet. Batta was ‘n kranige en veelsydige sportman. Soos die meeste mense weet, was hy 'n rugbykenner en rugbyliefhebber. Hy was 21 jaar op die bestuur van Piketberg se rugbyklub, waartydens hy by tye die Voorsitter was. Batta, sy pa en sy broers het almal op ‘n stadium vir Piketberg uitgedraf en ‘n foto van hulle is in die destydse koerant gepubliseer. Rugby was sy lewe en hy het sy laaste wedstryd op 48 gespeel, waar hy deur die skeidsregter gevra is om die veld te verlaat omdat hy van hom verskil het oor die beslissing. Hy het besef dis tyd vir 'n nuwe rugbyrigting en het hom bekwaam as ‘n Boland Skeidsregter wat op Saterdae twee wedstryde vir die skool en dan later vir die dorp geblaas het. In sy latere jare as rugbyafrigter, leef hy sy natuurlike aanvoeling vir die spel uit. Tot ‘n paar weke voor sy afsterwe het hy nog rugby gekyk en gedink hy sou ‘n beter taak kon doen in die afrigting van die spelers. Sy rugbyseisoen het tot ‘n einde gekom, maar sy familie het vrede in die wete dat hy nou ‘n speler is in die hemelse rugbyspan. Batta se gesin beskryf hom as ‘n man na God se hart, wat gereed was vir sy lewe in die Ewigheid met Jesus. Sy laaste jare was gevul met die vreugde van sy drie kleindogters, vir wie hy ‘n baie goeie oupa was, wat graag saamgespeel het, stories vertel het en grappies uitgedink het. Hy laat ‘n groot leemte agter, en word met liefde en heimwee onthou deur die gemeenskap van Piketberg en Dwarskersbos, waar hy die laaste jare gewoon het. Sy vrou, Hanlie en kinders Jolandi en Tiaan en Stefanie en Jacques eer die nalatenskap van ‘n man wat ‘n verskil gemaak het oral waar hy beweeg het. Ons groet Batta met reikhalsende verlange dat hy ons inwag die dag wanneer ons almal saam sal wees by Jesus vir altyd.

24 Januarie 1999 29 September 2022 Jou voete het onsterflike spore getrap. Daarom sal ons jou vind in die geur van oggendkoffie en die beskuit wat ons uitdra stoep toe; Ons sal jou vind in die soel middae op die gholfbaan en op die wind wat deur die klofie waai; Ons sal jou vind in die bome wat geduldig oor Piketberg se strate waak; Ons sal jou vind in die kuiervuur wat ons op 'n Vrydagaand aansteek; Ons sal jou vind wanneer ons verby die skool en die sportvelde ry. Daar waar ons kinderdae steeds soos 'n vlag aan die rugbypale wapper; Ons sal jou vind in die koringlande, tussen die wingerde en onder die kruis op die Berg; Ons sal jou vind in die songs wat jy middae na skool in jou Golfie met ons gedeel het; Ons sal jou vind in ons laataand-gedagtes net voor ons die bedliggie afskakel; Dit sal 'n maklike vind wees. Corné, jy sal nooit ver weg wees nie. Harry se hart uit Berenice se pen Vlietend vir ewig verby jy groet 'n vriend sonder waarskuwing word 'n leeftyd weggesny Geen meer laataand-biere gholfsessies in die vroeër ure een paar voetstappe in die Cederberg minder Alles vlieg verby en die lewe wag nie vir ons planne vir eendag nie Dis ons wat agterbly met die pyn sien jou eendag weer gooi solank 'n glasie wyn Jan-Daniël

Iets interessants om te deel?

Piketberg Nuus

Artikels - Plaaslike Nuus - Rubrieke Funksies - Vermaak - Foto’s Iets Interessants

Laat weet vir ons by


13


14

Nuus uit Rwanda…

Badisa Damesoggend

deur Alta Nelson

‘n Nat besigheid Hierdie is ‘n storie sonder foto’s, want as dit hier reën, dan storm dit en jy soek skuiling. So besluit ek en Neels om twee weke gelede die Sondagmiddag bietjie Kamembe toe te ry met die motorfiets. Ons besluit om die grondpad via Mibilizi hospitaal te neem aaangesien die hoofpad bestaan uit dele teer wat vol slaggate is en dele grondpad wat net so treurig is. Terwyl ons ry, hou Neels die heeltyd die lug dop om te sien of dit gaan reën. Als lyk wel, en so stop ons toe by ’n plaaslike “bar” om ’n (warm) bier te drink. Skielik, dis hoe dit hier gebeur, raak dit donker en ons sluk vinnig en klim op en ry om voor die reën uit te ry. Ons het nogal ’n redelike ver ent gery voordat die reën ons ingehaal het. Neels wou nog aanry, toe ek voorstel dat ons liewer stop en skuiling soek. Die enigste skuiling was ’n huis met niemand tuis. Nou moet ek verduidelik dat huise hier nie geute het nie en die dak wat oorsteek is omtrent 500mm. Ek en Neels staan onder die oorhang van die huis se dak en wag. Die reën val net al hoe harder. Ek noem aan Neels dat ek musiek hoor. Hy wil nog stry en sê dis donderweer, maar ek sê vir hom ek ken die doef-doef van musiek en net om dit te bevestig, haal ek my helmet af en hoor dit steeds. Hy hardloop toe in die reën na die motortfiets wat in die pad staan en bespied die omgewing en sien ‘n Primus-logo. Primus is ’n plaaslike bier en waar daar ’n logo is, is n “bar”. So spring ons in die reën op die motorfiets en ry ’n entjie terug en neem die afdraaipad, meer klippe as pad, na die gebou. Ons spring af en hol na binne. Dis duidelik waar die doef-doef vandaan kom, want binne-in die klein donker vertrekkie is almal helder oor dag besig om te dans terwyl ’n eenliter-bottel met ’n strooitjie in omgestuur word soos ’n Nagmaalbeker. Dit word sommer dadelik vir my aangebied, maar gelukkig weet ek van beter en bedank die aanbod. Die inhoud is selfgemaakte “banana beer” wat erger skop as wat enige Covid-pynappelbier seker kon skop. Terwyl Neels gou terug hardloop om die sleutel te gaan uithaal, trotseer ek maar die situasie totdat ’n man wat homself as ’n sekuriteitswag voordoen ons kom haal na ’n nog kleiner vertrekkie langsaan waar drie ouer mans op ’n houtbankie sit en en dieselfde ritueel van “banana beer” drink volg. Daar word geskarrel om ons ’n bankie en ’n stoel aan te bied. Ons sit maar geduldig en drink ons Mutzig (plaaslike bier uit ’n regte brouery) terwyl ’n paar “locals” probeer om by die vertrek in te kom om vir ons te dans en te sing. Die arme sekuriteitswag het sy hande vol gehad om hulle buite die deur te hou terwyl hy met gebare taal aan ons probeer verduidelik dat hulle nie heeltemal so lekker in die “boonste verdieping” is nie. Gelukkig het als ’n einde, die reën ook en minder as ’n uur was ons weer op die pad.

By Badisa se Damesoggend op 7 Oktober deel Sandra Christians van Porterville haar reis met Covid. Sy was vir 76 dae aan ‘n ventilator gekoppel en in ‘n geïnduseerde koma. Sy vertel van God se genade gedurende haar lang pad na herstel. Solly Kayster bekoor die gehoor met sang en Marietha Goosen gesels oor rolmodelle. Badisa bedank al die borge.

20 Jaar gelede - November 2002 Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 20 bladsye Donasie R1 Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen Voorblad: Jacobus Swart en Annelize Rossouw presteer in onderskeidelik die ABSA musiekkompetisie en deeltydse modelwerk. Daniël en Marlize Rossouw ontvang 'n splinternuwe bakkie van Weibrandt Liebenberg in 'n Megasave kompetisie. PHS se Grondslagfase voer Liewe Heksie in Blommeland op. Skrywer EKM Dido besoek Piketberg. Boordmonitors word gerat vir peste en plae. PHS, SSS en Laerskool Eendekuil se presteerders word beloon. Praktika se Deidré Eigelaar en Kobus Odendaal terug na 'n studiebesoek aan Nederland. Trippe Trappe kleuters kuier by OK Foods. Pik-A-Wyn kompetisie: Jan Mouton wen 4,5 liter Wellington brandewyn. OK Foods kompetisie: Marinda Dietrich wen R500. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


15


16 Bergrivier municipality welcomes newly appointed chief financial officer "Communication and partnerships are essential ingredients for building sustainability". These were the words of the newly appointed Chief Financial Officer of Bergrivier Municipality, Davy Louw, who assumed office as of 01 September 2022. Louw mentioned that his ultimate goal is to place Bergrivier Municipality in a better financial position than before, through building positive partnerships, making sound financial decisions, and working towards achieving the strategic goals of the organization. Louw (52) was born in McGregor in 1970. He matriculated in 1988 at De Kruine Secondary School in Touwsrivier. He obtained several qualifications which includes the following: B.Com (Accounting)- 1992 (UWC), Post Graduate Diploma in Accounting Sciences- 2008 (UNISA) and Hans B.Compt- 2009 (UNISA). Louw has been working in Local Government since August 1995, when he was employed as an accountant in the revenue section at the Touwsrivier Transitional Local Council. "Financial services in any business is very important to ensure that the entity implements and maintains sound financial policies and procedures. It is, however, my responsibility to ensure that the Municipality remains financially viable and sustainable for the foreseeable future," said Louw. He further explains that he will, to the best of his abilities, work towards achieving the goals set out by the Financial Services Department. "Sustainable and equitable service delivery is, after all, dependent on sound financial decisions and management," said Louw. Some of the highlights of his career include the successful implementation of mSCOA (municipal Standard Chart of Accounts) and improving the Municipal Financial Stability Score of his previous employer, Theewaterskloof Municipality, from a low rating of 30/100 to a massive high of 66/100 as at the end of June. During this period of significant improvement in the financial status of Theewaterskloof Municipality, they also achieve consecutive clean audits from 2012/13 all the way to the 2017/18. He also ensured that they achieved a clean audit status in his final financial year as CFO (2020/21} According to Louw, one should judge a book by its cover since "first impressions lasts". He also ensured that they achieved a clean audit status in his final financial year as CFO (2020/21} According to Louw, one should judge a book by its cover since "first impressions

As jy Trappe, Hekke, Platforms, ens van staal gebou of herstel wil hê of enige sweiswerke…… Pakstoor onderhoud gedoen wil hê – belde, hidrolies, paktafels, ens Onderhoud aan geboue of herstelwerk aan implemente…. Pompe installeer en herstel, besproeiing installeer…. Auto elektries en Fault finding of modifikasies gedoen wil hê …. En vele meer!!

Kontak Riaan by 078 423 8341 of rheydenrych1@gmail.com Ek werk op plase, privaat of fabrieke **Ek het volledige CV met verwysings, ek is betroubaar en het betroubare vervoer** lasts". When he entered Piketberg for the first time, he was extremely impressed after noticing how clean the town is, and upon further investigation, he realised that the municipal infrastructure and public amenities are of a very high standard. Outside of his professional life, Louw is a very active and energetic person, some of his hobbies include road running, cycling and reading. "Leaving the municipality in a better position, both financially and operationally, will be the ultimate goal and reward. This could prove to be challenging considering the economic realities, but it is something that I am passionate about and will strive towards," concluded Louw. Bergrivier Municipality wishes him well in his new position as Chief Financial Officer and may he serve all our communities with pride. Bergrivier Municipality welcomes new Chief Financial Officer Davy Louw.


17


18

Doop deur Hartdominee

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg

022 913 1600 / 022 913 2075 Moenie dat allergie jou onderkry nie

Kom praat met ons oor ’n anti-histamine wat vir jou sal werk.

MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Kobus en Linja van der Westhuyzen se babadogter, Lara, is in Welgemoed NG Kerk gedoop deur haar 90-jarige oupagrootjie, Kobus van der Westhuyzen. Ds Kobus is 'n oud-moderator van die NG Kerk en skryf steeds die Hart tot Hart-rubriek in Die Landbouweekblad. Foto verskaf.


19


20

SSS Dux en IGO Elton Steenkamp ontvang die Heinricg Mentoor trofee vir die leerder wat die beste vordering in IGO oor drie jaar toon. Die trofee is ter nagedagtenis aan Heinricg Mentoor. Saam met Elton verskyn Mentoor se ma, Getreida Mentoor.

SSS Sportman en Sportvrou Christophai Booise en Robyn Alexander, sportafrigters by SSS, saam met DuWayne Damon, Sportman van die jaar en Sportvrou van die jaar, Lorentia Hendricks.

SSS Rugby Matthew Marcus van SSS is opgeneem in die Boland O/15-span. Gedurende die vakansie neem Marcus deel aan die Iqhawe Week in Johannesburg en word gekroon as die Iqhawe Week Kampioen. Boland 35 - 0 Blue Bulls, Boland 61 - 0 Sharks. Finaal: Boland 37 - 22 WP.

Anechia Somers Is Steynville Sekondêre Skool se DUX-student van 2022. Sy is 'n boorling van Piketberg.

SSS Matriekafskeid SSS se Matrikulante geniet 'n Havana afskeid.

Groenvlei Primêr debutantebal Groenvlei Primêr het Saterdag 15 Oktober 2022 hulle tweejaarlikse debutantebal gehou. Dit was 'n spoggerige affêre. Dankie vir elkeen wat deelgeneem het en ons skool se naam hoog gehou het. 1ste plek Faith-Lynn Wiliams, 2de plek Kyrah Goliath en 3de plek Willney Tieties.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 1 Desember 2022. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 November 2022.

SSS Gholfdag Die gholfkomitee wil graag die volgende instansies en persone bedank wat ‘n bydrae gelewer het tot die groot sukses van die gholfdag op 1 Oktober 2022. Boland Superspar (hoofborg), Hudson Transport, Otto Transport, De Jagers, Dup Meubels, PPC De Hoek, Oranje Slaghuis, Total, Shoprite, Piketberg Apteek, Build it, 2Acres, Piketberg Fisheries, Piket Implemente, Piketko, Trusc, Rangers, ALG Boerdery, Laeveld Agrichem, Steynville Alumni, David Adams, Steynville Personeel, Dr. Herold Truter, Drs. Smit en Morrison, Ray van Rooy, Michael Klaasen, Ronald Davids, Boeta Owies, Christo Somers, Radcliff Julies, Shimen Swanepoel, Joseph Lesch.

Foto’s: Photo Nation Fotograwe: Juze Cloete en Shahieda Solomons


21


22

Jacques Boland 7's PHS Sportman en -vrou Jacques Loubser van PHS neem vir Boland O/17 deel aan die Interprovinsiale 7's Rugbytoernooi in Krugersdorp, waar hulle 'n tweedeplek behaal. Baie dankie aan al die borge wat hierdie geleentheid vir Jacques moontlik gemaak het.

Laerskool: Hanna de Villiers en Johan Schreuder.

Hoërskool: Pamela Booys en Wikus Coetzee.

Praktika Ambassadeursprys

Skoolhoofprys

Juan Nelson.

Lezaan Geldenhuys Gr 7 en Amber Cooper Gr 12.

Zebra Patrollie

PHS se eerste Zebra Patrollie se taak is om, onder toesig van onderwysers, die verkeer te beheer en die leerders te beveilig tussen die skool en die speelgrond. Hierdie inisiatief gee elke Graad 3 leerder die kans Foto: Endriëtte le om hul leierseienskappe Roux-Smith te beoefen en ‘n gevoel van trots te skep. Ons maak staat op hulle harde werk en is baie trots om hulle bekend te stel. Daar word elke week nuwe leerders gekies vir hierdie spesiale taak.

Huis Leliehof Prefekte 2023

Nagmaal

Anneri Cronje, Jana Bruwer (hoofdogter), Wiljonée Cross en Mika van der Merwe (onderhoofdogter).

Huis Kasteel Prefekte 2023 Ds Walter Philander, ds Johan Smit en ds Martin Goosen by die gesamentlike nagmaal op 30 Oktober 2022 in die VG Kerk. Foto: Hanlie Linde

Donasies Welkom Piketberg Dieresorg NPC Capitec Bank, Spaarrekening 160 6488 552 Takkode 470010

Ralph Swanepoel, JP Saayman (hoofseun), Erasmus Mouton (onderhoofseun), Donaldo Mdabuli, Joshwin Brink en MJ Strydom.


23


24


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.