4 minute read

Saars

met baie “shabby” en bq “shine”

Loxtons Groet na 70 Jaar

Advertisement

En hier is ons alweer in LENTE kan julle glo? En nog ‘n volgestampte September loer vir my met vele heerlike kuns-gevulde dae. Augustus het ek uitgestap met ‘n dag by Simply Creative in Table View waar elkeen net heerlik ontspan en aan jou eie pakket kon werk op jou eie tyd met jou eie idees. En die tiende September maak ons weer so selfde tyd, selfde plek, dalkies ander dames, net ander papier en ons kuier & lag saam. En dieselfde Ronita kom kuier by ons op Braaidag in Droomland se lokaal, waar ons met spasie vir vyf en twintig dames ‘n dag gaan ‘snipper&plak’ terwyl die manne die kole reghou vir ‘n tjop en (klop, dop, flop?) Sy bring haar mini-‘mobile’winkel, ek gee papier, karton en genoeg ekstras. Belinda kikker vir ons geurige kos op in haar kombuis, ons knip op musiek, plak met raad & aanwysings, alles terwyl ons vir Katinka kan ‘bless’ met ‘n rand of tien om haar geduldige liefde met Piketberg se diere te ondersteun. En as jy gelukkig is, kry jy sommer ‘n ekstra bonus-pasella njam-njam of dalkies oe-la-la. (Sien advertensie hieroor op p16) Saam met al hierdie lekkertes, bied Ezmé Hartman ook weer ‘n dag aan by Stellenbosch, waar sy ‘n nuwe reeks fabulooslike papier omtower in skeppings wat die oë laat glinster, en die harte vinnger laat klop so wie sê lewe is vervelig? Nooit nie met soveel idees, en nog meer goete, om te kies en oor te wonder. Ons kolle-kuns-verf-dag hier op eie bodem het vrolike kleure en lekker gesels oomblikke gebring…net wat ons nodig het om die kwellings & kwale weg te werk met terapeutiese kuns. Geniet elke kreatiewe oomblik wat jy kan en maak jou wêreld sonnig en vrolik saam met die lieflike kleure op die lande en in die veld want dit is LENTE. En vandag groet ek julle met ‘n paar gedagtes om ‘n glimlaggie te plak nie net op papier, maar ook op jou gesig toedel-da-dieeeeee tot volgende maand. Llewellyn en Lenie Loxton se verhuising in Junie vanjaar na Ceres, het baie vinnig gebeur, gedurende ‘n tyd toe Lenie se gesondheid bietjie agteruit was. Met hierdie berig bedank hulle almal wat vir hulle kom groet het. Ook dankie aan die personeel van Huis AJ Liebenberg wat hulle met soveel liefde en omgee versorg het. Totsiens aan alle bure, vriende en kennisse wat deur die jare hulle pad gekruis het – dit was wonderlik om vir 70 jaar deel van Piketberg te wees. Die laaste twee jaar, 2020-2022, op Piketberg was by Huis AJ Liebenberg se annekswoonstel en is voorafgegaan deur elf jaar in Bergtuin aftreeoord, 2009-2020 Die Piketberger wou meer weet oor Ouma, Oupa, Liezl Loxton en Mareli Loxton. die Loxtons se ryke lewe van 70 jaar op Piketberg. As jongman van 22, arriveer Llewellyn in 1950 op Piketberg as motorwerktuigkundige by Piketberg Garage, waar hy vir 7 jaar werk en daarna vir 2 jaar by Van Niekerk en Krupp. In September 1959 begin Llewellyn en sy broer, Johnny, Loxton Motors. Hulle ma, Annie Loxton, het vir hulle die geld geleen om die perseel te koop en die gebou op te rig. Loxton Motors se eerste kliënt was ’n man wat sy primusstofie wou laat regmaak. Hiervoor betaal hy ‘n half kroon (25c). Vir Lenie ontmoet Llewellyn in 1948 deur 'n gemeenskaplike vriend, Tienie Barnard, by die Hopefield bioskoop in 1948. Na 'n verhouding van 4 jaar, raak hulle verloof in 1952 in die Blue Moon in Kaapstad en trou op 17 Oktober 1953 in Moorreesburg, waarna Lenie haar kom vestig op Piketberg. Vir 4 jaar huur die pas getroudes die huis wat vandag deel is van Drs Smit en Morrison se spreekkamer. Hulle verhuis na hulle eie huis in Langstraat 113, waar hulle vir 52 jaar bly, 19572009. Intussen bestuur Llewellyn en Johnny die besigheid (werkswinkel, onderdele, vulstasie en paneelklop) vir 47 jaar, 1959-2006, en verkoop dit in 2006 - aanvanklik 'n agentskap vir Peugeot en Renault, en later Toyota. Met die twee broers se aftrede in Februarie 2006, was hulle die tweede oudste BP-handelaars in die Wes-Kaap. Staaltjies uit die Loxtonhuishouding bring 'n glimlag op die gesig. In die jare toe die nuwe reël was dat pos nie langer by die deur afgelewer word nie, maar eerder by ‘n posbus, was Langstraat 113 vir ‘n geruime tyd sonder 'n posbus. Llewellyn het nie gedurende die week tyd nie en Saterdae raak dit te laat op die gholfbaan. Na etlike maande van uitstel, bedien Lenie, tot groot vermaak van die kinders, een aand vir haar man ‘n hamer, spykers, tang en ‘n posbus in plaas van ‘n bord kos. Die posbus is dieselfde aand nog opgesit - die regte bord kos was darem in die lou-oond. Llewellyn onthou dat hy graag vertel het van sy jagtogte in Namibië, saam met Frans Bosman. Na vele kere wat Lenie dieselfde storie moes aanhoor, het sy eendag uit die bloute gevra: “Loxton, kan jy asseblief volgende keer ‘n korter pad ry?” Llewellyn was 'n kranige gholfer en het oor die jare op die bestuur van die gholfklub gedien. Lenie was ‘n ywerige tuinier en 6 - 16 Desember het gereeld gehelp met die skou se veldblomme R440 uitstalling. Sy kon dit nie weerstaan om steggies van Alison Müller: 073 229 2855 mooi plante bymekaar te maak nie, soms sommer uit die inkopiesentrum se beddings... Lenie was baie lief vir klavierspeel en het in haar jongdae klavier gespeel by die Boland Hotel en so die gaste vermaak. Hulle maak vier kinders groot en vandag is hulle die trotse grootouers van 6 kleinkinders en 6 agterkleinkinders.