Die Piketberger Maart 2023

Page 1

Jaargang 30 Nr. 2

Maart 2023 piketberg.bergriviertourism.co.za

 022 913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Boer Abrie kry sy Landi

Abrie Engelbrecht en Landi Venter is op 11 Februarie in die huwelik bevestig by The Conservatory Franschhoek. Die troue is gereël deur Elizma

Human Wedding planner. Blomme is gedoen deur Ewald Wessels van Flowers by Ewald.

Fotograaf: Eben Geldenhuys

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Johan en Marlien Smit skryf...p2

Nuwe Seeff Agent...p4

Helene 101...p6

Silver Threads Valentynsdag...p6

Jaco van Seeff ou bekende ...p8

Goedvoel Craft oggend...p8

Tesis oor Katzeff...p10

20 Jaar gelede...p10

Daniël Cum Honneurs...p12

GO-proses by NG Kerk...p17

Soek die Boek...p17

Badisa Telefoongids ook te kry by Droomland en 2 Acre Hardware @ R20.

1

Redaksioneel

Koester Susters

Ek hou van patrone. 20 Jaar gelede se koerant, Maart 2003, het 'n troupaartjie op die voorblad en dié uitgawe, Maart 2023, ook. Ek hou daarvan. Februarie is die sogenaamde liefdesmaand en mense het oraloor die liefde gevier. Ek bewonder my enkellopende vriendinne wat elkeen die lewe met dapper treë aanpak. Aan hulle wil ek, soos Paulus, sê: "Ek dank God die Vader vir die geloof en vasbyt wat ek in julle sien." Op my whatsapp kom die volgende verhaal: ’n Jong vrou en haar ma drink tee, terwyl hulle oor die lewe praat. "Moet nooit jou susters vergeet nie. Hulle is belangrik. Dit maak nie saak hoe lief jy jou man, of jou kinders het nie, jy gaan jou susters nodig hê. Wanneer ek praat van jou "susters", bedoel ek ALLE vroue na aan jou. Soms moet jy hulle kontak, saam met hulle uitgaan, dinge met hulle doen, want eendag sal jy hulle nodig hê.” Die dogter het haar ma se woorde in haar hart bewaar. Sy het kontak met haar susters behou en deur die jare baie vriende gemaak. Party het gekom, ander het gegaan, maar mettertyd het sy verstaan wat haar ma bedoel. Die wêreld, tyd, natuur en lewe verander, maar jou ware susters bly vir altyd. Tyd gaan verby. Die lewe gebeur. Kinders word groot. Afstand skei. Passie neem af. Die hart breek. Ons ouers sterf. Gunste word vergeet. Werksgeleenthede kom en gaan. Loopbane eindig. Maar jou susters is altyd daar, ongeag jul fisiese afstand. ’n Suster is nooit te ver om jou te bemoedig en vir jou te bid nie. Dis Wêreldbiddag vir Vroue oor sewe kontinente in meer as 170 lande, in 1000 tale, in Suid-Afrika die 93ste jaar van saambid op die eerste Vrydag in Maart. Oumas, ma's, dogters, kleindogters, niggies, tannies, skoonma's, skoonsusters, skoondogters en vriende - almal susters van mekaar - God se seën in die lewe! Kyk vandag iemand in die oë, skryf 'n brief, stuur 'n stem- of teksboodskap, gaan loer in met die woorde: "Ek dank God die Vader vir die geloof en liefde wat ek in jou sien".

Liefde Marietha

Die Piketberger Redaksie

Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796

Uitleg: Isabel Lausberg

Admin en verspreiding: Marietha Goosen

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Volblad: R550 Halfblad: R390

Kwartblad: R270 Agsteblad: R190 Ander groottes op aanvraag.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op piketberg.bergriviertourism.co.za

Briewe van ons lesers…

Margaret Julius van Piketberg skryf...

Ek is nou ongeveer ses maande in die Noord-Kaap. Van die mense reis baie. So het iemand van Kenhardt, Piketberg se Spar besoek. Hy sê dis die skoonste Spar. Daar het hy water gekoop en vir my dogter, ds Elize Julius gevra om weer vir hom water saam te bring van Piketberg af. Ons bevind ons tans in Kuruman en met ons volgende kuier in Piketberg het ons die water gekry en op pad terug dit op Kenhardt gaan aflewer. 'n Ander omie vertel dat hy deur my plek, Piketberg, ry en hom verwonder aan die skoon strate. 'n Noord-Kaapse vriendin ry Vredenburg toe en bel uit Piketberg. Sy kan nie glo hoe stil en skoon die dorp is, en dit op Black Friday! Wow Piketberg. Niks meer swak Piketberg nie, maar Trots Piketberg! Inwoners van Piketberg, dit is 'n lekker gevoel om sulke mooi dinge van Piketberg te hoor. Op party plekke lyk die wêreld maar woes. Kom ons bly hande vat en hou ons dorp altyd skoon. Laat ons God se skepping, die aarde met sy volheid geniet. Ek bid vir my mense in Piketberg. Ons het mekaar nodig. In hierdie lewe kan ons as Christene nie sonder mekaar oorleef en getrou bly nie. In Cliff Richard se woorde: "Hoe meer ons op God vertrou, hoe meer betroubaarder vind ons Hom". Seënwense. NS: My pa, Dawid Basson, lank 'n werknemer by Boland Bank, se resepteboek is vol juweeltjies. Aandete van Tannie Nieuwoudt: Neem koppies. Meng daarin gerasperde kaas en broodkrummels, breek een eier in, strooi sout en peper oor. Bedek met laag kaas en broodkrummels. Plaas in kastrol met water en laat kook totdat die eier stol. Keer om op bord en bedien met slaai.

Johan en Marlien Smit skryf...

Liewe Piketbergvriende. Hiermee nog 'n dankie aan so baie van julle se ekstra liefde en omgee gedurende ons laaste maand in Piketberg. Julle het sowaar die swaar van oppak en inpak ligter gemaak met jul vinnige kuiertjies, eteuitnodigings, kos en drinkgoed wat julle kom aflewer het. Selfs slaapplek! Ons het dit só baie waardeer. Glo my, daardie inpak was nie maklik nie, maar ons het 'n wavrag vol mooi herinneringe waarmee ons daar weg is. Ons sal dit altyd koester. Dit gaan goed met ons twee. Die grootste bonus is dat ons wekker nie 05:45 afgaan nie en dan elke dag se ver stap op die strand. Ons voel bederf. Baie dankie ook aan elkeen wat vir my 'n resep gestuur het. Dit het sag in my hart kom lê. As jy vergeet het, stuur steeds na marliensm@gmail.com Ons bly bid vir Piketberg en ons weet dat die Here daar in beheer is. Ons geniet al die mooi en goeie nuus en mis beslis die lekker geleenthede. Kom groot asseblief hier by ons aan as julle in hierdie rigting kom. Hier sal beslis koffie, tee en iets ekstra wees.

Die volgende Piketberger is die April-uitgawe en verskyn Op 6 April 2023.

Sperdatum is 28 Maart 2023. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

2
Isabel Lausberg Marietha Goosen
3

Nuwe Seeff Agent in Piketberg

Jaco Kruger verteenwoordig die huiseienaars in Piketberg en omstreke as konsultant vir Seeff om die koop, verkoop en verhurings van kliënte te behartig. Met meer as 30 jaar ondervinding in Menslike Hulpbronbestuur, Finansiële dienste en Kleinhandel, streef Jaco daarna om persoonlike diens van uitstaande gehalte aan elkeen van sy kliënte te lewer. Jaco glo dat die sleutel tot sy sukses is die bou van goeie menseverhoudinge met effektiewe kommunikasie as die belangrikste hoeksteen. Hy is hoogs gemotiveerd om ‘n uitnemende kliëntediens te verskaf. "Ek is hier om jou te ondersteun waar en wanneer jy my nodig het. Ek glo in voortdurende kommunikasie met my kliënte om vordering te bespreek en terugvoering te gee." Jaco is in voeling met mark tendense in jou area, gesels met hom oor die koop, verkoop of verhuring van jou eiendom vandag nog. Bel Jaco vir al jou eiendom behoeftes. Ervaar die verskil en kies hom as jou eiendomsagent. Seeff, Langstraat, Piketberg 022 125 0051 / 082 563 5647 / jaco.kruger@seeff.com

VLV Openbare Sake

Op 9 Februarie 2023 skop die VLV Openbare byeenkoms met ‘n Valentyns-tema af. Chris-Fick van Niekerk van Agrisell gee die lede wenke oor die huur en verkoop van eiendomme. Hanlie Linde (munisipale bestuurder, Bergrivier) het ‘n voorlegging oor die munisipaliteit se gebeurlikheidsplanne en toekomsplanne vir Piketberg gedoen. Piketberg Christian School se grondslagfase het die gehoor vermaak met verskeidenheid liedjies en gediggies onder leiding van hul drie onderwyseresse. Elbeth Liebenberg lewer laastens ook ‘n huldeblyk aan Petrusa Smit, wat ‘n ere-lid by die tak was. Sy het in 1954 aangesluit en was dus 68 jaar lid. Petro Vercuiel ontvang ook haar 20 jaar VLV-kenteken by die byeenkoms. Die volgende Leefstyl byeenkoms is Donderdag, 16 Maart om 09h30 in die Piketberg biblioteeksaal. Almal is welkom en enige navrae skakel Nicoline Brown – 082 477 0665.

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

4
Goedvoel Oggendtee
Trippe Trappe hou 'n hoedeparade by 'n Goedvoel oggendtee vir dames by die NG Kerk Piketberg. Foto’s: Marietha Goosen

Lig in Duisternis Uitgewers

Geloofsbelydenis

Piketberg APKerk ontvang besoek van ds Schalk Strauss, hoof: Lig in Duisternis Uitgewers, deel van die APKerk se wyer roeping. Lig in Duisternis Uitgewers gee sedert 1998 Die Boodskapper uit, 'n maandelikse nuusblad. Ander publikasies en multi media video's is nou deel van Lig in Duisternis Uitgewers. Op die foto is ds Schalk Strauss, Benjamin Dixon, diaken, Callie Liebenberg, ouderling, en die kinders Ben en Annemarie Dixon en Chrismari en Cobus Liebenberg. Foto's: Marietha Goosen

Drie katkisante het op 5 Maart hulle Geloofsbelydenis afgelê by die NG gemeente Aurora. Langs ds Bossie Müller, is Gerhard Brand in die middel. Links en regs op die foto is die twee broers, Wilhelm en Jasper Smit. Foto verskaf.

5

Helene 101 Bewys van Verblyf -

Anita

Klop aan die deur! ‘n Maer mannetjie met outydse klere staan daar. Middag dame, ek is Mnr. de Wet, Staatsdepartement, vir Senior Versorging. Sy: Lyk ek soos een wat versorging nodig het?

Hy: U naam is Mev SJ Schoeman? Sy: Kom praat buite sodat ons die maskers kan afhaal, dan hoor ek beter.

Hy: U volle name is Susanna Johanna Schoeman – néé

Koch. Sy: Ja. Hy: U het aansoek gedoen vir verblyf in Die Eike Versorgingsoord. Sy: U raak nou bra persoonlik.

Hy: Jammer, ek soek net u bewys van verblyf.

Hy haal sy ID uit om haar gerus te stel. Sy: Ek staan hier, dis my woonstel, tot op datum betaald, so watse bewyse?

Hy: Dit moet skriftelik wees. Sy: Dis maklik, ek kry gou pen en papier. Hy: Nee, ‘n posstuk of rekening van ‘n besigheid. Sy: Hoe durf jy, tannie Susie het geen rekeninge nie – alles is streng kontant. Stilte. Almal hier rond ken my en sal sweer ek bly hier! Hy: Bly u alleen?

Sy: Hi, meneertjie, wat dink jy van my, ek is ‘n kerkmens en hou geen skelmpie hier aan nie, skaam jou!

Hy: Ekskuus, nie so bedoel nie. Sy: Ek het ‘n briljante plan! My buurvrou neem ‘n foto van my en jou op die voorstoep met my huisnommer. ‘n Wonderlike bewys van verblyf. Probleem opgelos! Of is dit? Waar woon jy? Het jy al so ‘n probleem gehad? Gaan vra Tannie Schoeman, dalk kan sy jou help!

Silver Threads Valentynsdag

Die reëlingskomitee van

is

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

6
Helene van Wyk van Calvinia, vier 101 jaar se lewe op 1 Maart. By haar is haar seuns, Louis, Chris en Cecil met hulle vrouens, Linda, Elaine en Coreen en een van haar 14 agterkleinkinders, Hennie. Helene ontvang elke maand Die Piketberger deur die pos. die Valentynsdagtee Muriel Adams, Bettie Kok, Sophia Matola en Silvie Klaase. Foto’s verskaf. Helena Smith, Bettie Titus amper 90, en Gerty Paulsen, 85.
7

Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”

Hallo hallo hallooooooo. Met ‘n hart wat steeds NSD klop, groet ek julle hierdie maand want die lekkerte hou net nie op nie. Op 4 Februarie was die groooooot byeenkomste oor die land, maar daagliks deur die liefdesmaand is ‘n volgende uitdaging of idee gedeel, en elkeen het tot einde Maart om hierdie njammie-geite te geniet en jou eie weergawe op te laai op die FB-groep, om volwaardig te deel hierin. En 4 Februarie? Dit was awesome. 82 geesdriftiges het in Durbanville by mekaar skêre & gomme, en vele meer gedeel met “A day in Paris” tema en die organiseerders uitgedos in hul egte Paris vere. My GPS het my gelei na die adres, en toe ek nog wonder oor waar presies dit is, het girls met trollies en sakke swaar gelaai, duidelik gewys ek is tuis, want jy kan net nie anders as om tuis te voel tussen ’n klomp vroue wat een gemeenskaplike liefde vir snipper & plak het nie. ‘n Volle dag kon ons gesels, lag, foto”s kiek, en koop want ‘retail therapy’ is naas kuns, mos maar loshande ‘n uitstekende tipe van stres ontlading. En ja, ek het vir seker niks meer nodig nie totdat me, myself and I deur die oulike goete begin dwaal en élke liewe keer spring iets te voorskyn wat ‘n sekere aanwins vir my trollie en kamer is. Verskeie lootjies deur die dag het vir ekstra opwinding gesorg en lieflike demo’s met nuwe tegnieke was deel van ons program. Ons het ook fondsversterking gehou vir Tiny Owl Baby Home waar babas & jong kinders versorg word voordat hulle uitgeplaas word vir aanneming en hulle is oorlaai met ‘n voorraad benodigdhede. Covid sarsies vir 2 jaar was ‘n nuwe leerskool online, maar so ’n massa bymekaar is darem net spesiaal. En uit onse kleine dorpie was daar sowaar nog ‘n bekende. Karlien, volgende jaar maak ons ‘n voertuig vol, en geniet ‘n nog groter Piketberg groep, want hierdie “wow-ness” wil ek met die wêreld deel. Toedels-Da Dei tot volgende keer.

Jaco van Seeff ou bekende

Hoewel Jaco Kruger nuut in Piketberg is, het hy reeds vir 38 jaar lank ‘n noue verbintenis met Piketberg. Hy en Cecile (néé Coetzee), dogter van Martha Coetzee, is in 1985 in die NG Kerk getroud. Martha Coetzee woon steeds in die dorp. Die Krugers het draaie gemaak, maar vir nou is hulle hier! Gereed om ‘n diens te lewer aan die gemeenskap van Piketberg.

Goedvoel Craft oggend

Debbie Victor van Creative Crafting Studio laat dames kreatief verkeer by die NG Kerk se Goedvoel Oggendtee. Foto's: Marietha Goosen

Valentynsboksies

Lede van die NG Vrouediensgroep is Sonja Wend, Elize Koen, Susan de Vries, Jackie Ferguson, Moira van der Westhuizen en Marietha Goosen. Hulle pak Valentynsboksies wat deur werkgewers vir werknemers bestel is. Foto: Martin Goosen

Valentynsdag Vir Lesers

LB Wernich Biblioteek bederf een gelukkige leser met 'n trekking op Valentynsdag.

Leticia Moore, links, ontvang haar ete vir twee-prys van Tercia Kühn van The Outpost Restaurant. Deur haar boeke uit te neem, het sy 'n hartjie ontdek wat deurgegaan het vir 'n gelukkige trekking. In die middel is haar vriendin, Sandra Fredericks. Foto: Crazentia Strauss

8
Martha Coetzee, Cecile en Jaco Kruger.
9

20Jaargelede - Maart 2003

Redakteur: PierreSteenkamp

Mede-Redakteur, berigteen foto’s:MariethaGoosen

Advertensiebestuurder: Deonvan Dyk

16bladsyeDonasieR1,00

Rubrieke: Briewe van ons lesers; Uit Jannie se Pen

Voorblad: Valentynsmaand vol Liefdesdinge: Toffie (Theodore) Turner en Daleen Lordan trou op Lambertsbaai, 15 Februarie. Danksy Chris Loans, in samewerking met Toerismeburo, is Die Piketberger op die internet. Madri Hanekom behaal 89% in die Nasionale Netbalskeidsregterseksamen. Piketberg wemel van Kapenaars wat uitwyk om hulle lisensies te kry. Christa Burger voltooi 'n lapverf kunswerk vir Buffelsfontein wildsplaas, naby Yzerfontein. Flip van Niekerk van Kekkel en Kraai het nou ook heerlike sap @ R4,40/liter. VLV bied 'n laslappie oggend aan. Valentynsbabas in PHS, Bertus van Niekerk, Nicolene Scholtz en Daniel Goosen afgeneem by Daniel se hartjiekoek met 6 kersies. Magdel Basson gr 12, was deel van 'n maand lange uitruilprogram na Duitsland. Skaapkopgilde se skaapkopkonings smul en "Die eet van die Kop" word stap vir stap vertel. PHS se Hoërskool Tennisspan se hemde word vir die eerste keer geborg en wel deur Winkelshoek.

Tesis oor Katzeff

Leila R Bloch het haar Meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal met haar tesis oor Dokter Hannah-Reeve Katzeff-Sanders, oud inwoner van Piketberg. Die tesis heet ‘ALegacy of Care? – The biography of Dr Hannah-Reeve Sanders, the first female Chief Medical Superintendent of Groote Schuur Hospital’. Daar is ‘n afskrif van die tesis by die Piketberg Museum. Marié Ehlers kan dit ook epos op aanvraag – info@piketbergmuseum.co.za of dit kan aanlyn by die Universiteit van Stellenbosch se webtuiste gevind word.

Dr. Hannah-Reeve Katzeff-Sanders en haar broer, Boetie Katzeff. Hulle het albei in Piketberg groot geword.

10
Leila R Bloch
MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00 Johanet Smit 071 577 3058 johanetdvs@gmail.com Huis skoonmaak en Kantoor skoonmaak Eendekuil & Piketberg net ‘n telefoonoproep weg...
11

Nuus uit Rwanda…

‘n Swaai-storie en nog meer

’n Paar weke gelede gaan eet ek en Neels saam met ’n ander Suid-Afrikaner en sy vrou by die VIP (moenie glo dis ’n VIP-plek soos in Suid-Afrika nie). Nadat ons geëet het op pad terug na die motorfiets, sien ons die swaaie in die tuin en besluit om ons innerlike kind ’n bietjie te vermaak en te gaan swaai. Ek het eers stil gesit op die swaai sodat Neels die foto’s kan neem, maar een van die Rwandese wat daar werk, dink toe ons ken nie die snaakse “stoele” nie en kom spring op die swaai langs my en gee my instruksies oor hoe om te swaai. Dit was skreeusnaaks om sy gesig te sien toe ons wel swaai en toe soek hy sommer ’n fooitjie vir sy opleidingsessie. So gaan eet ons verlede naweek soos altyd die gewone heel gebraaide hoender en ’n bord tjips by Corner View (die plek is nie op ’n hoek nie en het ook nie ’n uitsig nie). Die toonbank word eers bestrooi met waspoeier om die vlieë weg te jaag (dis hulle “boere”-raat wat nie werk nie) en na ongeveer ’n uur en ’n half bring hulle die skottel en beker warm water sodat jy jou hande kan was en let wel, jy skud maar jou hande droog. Na die ete kon ek nie help om uit te bars van die lag nie, want daar is slegs een tandestokkie in die houertjie. Ek maak toe die afleiding dat ek seker die een kant daarvan moet gebruik en Neels die anderkant. Die werkers daar wonder seker steeds waarom ek so lekker uit my maag gelag het, maar dis darem maar lekker om in jou eie taal te kan lag en praat.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 6 April 2023.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 28 Maart 2023.

Daniël Cum Honneurs

Daniël Brand behaal Cum Laude vir sy Honneursgraad in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Betsie en Wilhelm by Leeskring

Die skrywer Betsie van Niekerk besoek Piketberg Leeskring en bespreek haar jeugverhaal, Anderkind.

Pool & Prop het agente van Kaapstad tot Lambertsbaai. Op soek na 'n EERLIKE

BETROUBARE AGENT in Malmesbury. (Sien advertensie vir Pool & Prop se nr.)

Saam met Betsie is Wilhelm Jordaan, rubriekskrywer, joernalis en oud-professor in Sielkunde. Links en regs van hulle, is Deidré Eigelaar en Coreen van Wyk. Deidré het saam met Betsie 'n skryfkursus bygewoon en Coreen en Betsie was saam in Calvinia op Laerskool. Foto's: Marietha Goosen

12
Daniël Brand
13
14

Silver Threads Vrugtefees

Silver Threads Bejaardeklub op Piketberg hou 'n vreugdevolle vrugtefees danksy ruim skenkings van boere in die omgewing. Hulle is dankbaar oor dié heerlike geleentheid.

Kix: Mosambiek Maats

NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures

Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas

Alterations undertaken

Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangse nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc

Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558

Angela Pfuhl: 073 7013682

Email: mail@affiplaas.co.za

15
Kix leiers vir 2023. Kix se projek is Mosambiek Maats.
-New
Decking Pool Re-Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pimps/solar Painting Paving Tiling Pondsandwaterfeatures Plumbing Jacuzzi’s Ceilings unique.projects.alan@mail.com 076
/
9075
Pools
Renovations
699 7749
082 756
SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994

Aartappels SA rugsak skenkings

Aartappels Suid-Afrika oorhandig 45 rugsakke aan die leerders by Middeldeurvlei Primêr met Erik Engelbrecht van Klipfontein Boerdery, een van die jong aartappelboere wat betrokke was by die oorhandiging. Die skool bedien skoliere van die plase in die Porterville area tussen die N7 en die berg. Mnr Tobias is die skoolhoof. Rugsakke is geskenk deur persone wat in 2022 Aartappels Suid-Afrika se Navorsingsimposium in Langebaan bygewoon het. Na die kongres kry kongresgangers die geleentheid om hul sakke vir die skoleprojek te skenk.

Groenvlei Wes-Boland

Rugsakke aan Groenvlei Primêr

Die sakke dra die logo's van die borge van die kongres. Die hoofborge was Winfield United. Hulle het ook potloodsakkies geskenk om in elke rugsak te sit. 'n Ander borg het geld geskenk vir die aankoop van skryfbehoeftes om in die potloodsakkies te sit. Simba het Lays chips geskenk vir elke rugsak. Foto's: Soreen Gouws

NOODNOMMERS

PIKETBERG

POLISIE - 022 913 8800

BRANDWEER - 079 349 8619

AMBULANS - 10177 / 022 4338700

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, Nekbandjies, leibande en katmandjies welkom.

Hier is die graad 5-klas van Groenvlei Primêr aan wie Aartappels Suid-Afrika rugsakke oorhandig het. Hulle juffrou is Elmarie Coetzee en die skoolhoof is Edwin Muller. PJ Nell, Streeksbeampte van Aartappels Suid-Afrika op Piketberg wat die sak oorhandig op die foto links Die ag onderwysers het ook elkeen 'n sak met 'n paar verrassings in ontvang.

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

16
Atlete van Groenvlei Primêr wat aan die Wes-Boland atletiek op Malmesbury deelneem: Anthea Absolon, Darren Booys, Menandro Cloete en Roxanne Hector. Personeel van Groenvlei met hul geskenksakke.

Soek die Boek

LB Wernich Biblioteek vier "World read out loud day" deur boeke buite te versteek vir die leerders om te soek. Foto: Crazentia Strauss

Groenvlei Primêr Platteland

PHS se VRL bied 'n gesellige Huishulp oggendtee aan. Op die foto waar die dames staan is dit die gelukkige trekking pryswenners saam met skoolhoof Mariëtte Koen.

GO-proses by NG Kerk

Die NG gemeente van Piketberg is bevoorreg om olv die Heilige Gees deur 'n Geloofsonderskeidende (GO) proses te gaan. Om hulle hiermee te help is ds Kotie Kritzinger, links, brugpredikant wat op 'n kontrakbasis die proses begelei. Hiervoor gebruik hy drie spanne in die gemeente: 'n leierspan, 'n kultuurspan en 'n gemeenskapspan. Langs ds Kotie staan Teologiese student Annamari Booysens, wat haar praktiese jaar onder mentorskap van ds Martin Goosen doen. Annamari draf steeds deeltyds klas op Stellenbosch en lewer take en werkstukke in. Sy probeer ook soveel moontlik blootstelling kry aan die praktiese kant van die bediening. Regs op die foto is ds Driaan Pretorius, diensleraar: familie- en jeugbediening.

Foto: Marietha Goosen

17
Edwin Muller, waarnemende Prinsipaal, saam met Groenvlei Primêr se Platteland Atletiekspan.
PHS VRL Huishulptee

Boland Atletiek

Charl Marais Graad 8 is gekies vir die Boland atletiekspan.

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC

Capitec Bank, Spaarrekening

160 6488 552 Takkode 470010

Mnr en Mej Finaliste

Die volgende top 20 finaliste is gekiesvir Mnr en Mej PHS 2023. Kom leer hulle ken op 26 Julie 2023.

18
Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures: Ziefe Kayster, Donaldo Mdabuli, MJ Strydom, Joshwin Brink, Erasmus Mouton, Gerhardt Muller, Jacques Loubser, Jacques Lambrechts, De Wet Carstens en Jade Februarie. Anri Cronje, Marnel Pretorius, Hurley January, Trizhe Scholtz, Tameron Wilscott, Magan Afrika, Zoe George, Leilah-Ann Feris, Jana Bruwer en Elsje Basson. PHS loop weg as Interskole tennis kampioene.
19

31 March 2023

20
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.