Nn 25 11 issuu

Page 1

Grillerige kuiergaste! BOSVELD – Hierdie tyd van die jaar is daar niks lekkerder as om jou gesin bymekaar te maak en êrens te gaan kamp nie, maar soos elke natuurliefhebber weet is daar altyd ‘n paar ongenooide gaste wat hul opwagting kan maak as mens nie versigtig is nie. Henko Janse van Rensburg van Reptile Rescue deel ‘n paar wenke met Noordelike Nuus se Amanda Basson oor die gevaarlike gediertes. “Die swart mamba kom algemeen in ons omgewing voor en is ‘n senuagtige slang wat ‘n mens kan aanval as dit vasgekeer voel,” sê Henko wat voorstel dat die beste optrede sal wees om stadig agteruit te beweeg as jy hierdie kenmerklik donkergrys slang in ‘n tent of selfs stort raakloop. “Hierdie slange is blitsvinnig en kan ‘n persoon ‘n paar keer na mekaar byt terwyl dit elke keer ‘n bietjie gif vrystel,” waarsku hy.

... volg op bl 2

Op die foto is ‘n giftige swart dikstert skerpioen of Parabuthus Transvaalicus wat Henko Woensdag in Lephalale gevang het.

'n Mosambiekse spoegkobra wat Marius Koekemoer in Ledibeng Eco Estate gevang het.


www.noordnuus.co.za 2

Noordelike Nuus / Northern News

25 NOVEMBER 2016

Man survives horror crash

Supplier Development Opportunities Ivanplats is committed to enterprise and supplier development through its dedicated Enterprise and Supplier Development (ESD) Department. The ESD Department is embarking on a Focused Supplier Development Programme in 2017. The purpose of this programme is to identify and develop suppliers in a variety of service and product related areas. Ivanplats is currently considering developing existing suppliers in the following areas: Garden services

General plumbing and maintenance

Bottled drinking water

Repairs to garden equipment

Pumping septic tank

Community transportation

Painting

Plant hire

Cleaning products

Roof repairs

Ink cartridges

Toilet paper

Tiling

Computers

Refuse bags

Waterproofing

Printing, singage and branding

Office groceries

Dry walling

Graphic design

Safety equipment - PPE

Repairs to shade nets

General stationary and office supplies

Medical supplies

Pavement cleaning

Traditional African catering

Fire extinguishers

Deep cleaning men’s lockers

Kosher catering

Diesel and lubricants

Repair to pumps

Finger lunch catering

Office air conditioning repair and service

Community catering

Supply and fit tyres, wheel alignment (approved dealer) Supply of motor vehicle batteries

General electrical maintenance

Management meeting catering

Supply and install solar panels

Consultant meeting catering

Lubricant supply (must have MSDS certificates) Plants, trees, landscaping design and management

Who can apply?

All local suppliers who meet all the following criteria can apply: • Historically disadvantaged South African (HDSA) business owners; • Active business address in Mogalakwena Municipality; • Existing business with three or more years experience in any of the above areas; • References from at least two previous or current clients, including names and contact details.

What is the application process?

The application process consists of the following steps: • Interested business owners can collect an expression of interest form from the security gate at Ivanplats offices situated at 7 Second Street, Mokopane. • The completed expression of interest form with all supporting documentation must be submitted to the ESD Department at Ivanplats and must be placed in the tender box at Ivanplats offices at 7 Second Street Mokopane before 12:00 on 9 December 2016. • No late applications will be accepted.

What is the selection process?

The selection process consists of the following steps: • The Ivanplats ESD Department will verify all applications and supporting documents; • Suitable businesses selected for inclusion in the Focused Supplier Development Programme will be identified and notified by 15 January 2017; • Successful businesses will be required to participate in the programme; • Any businesess who have not received a notification by 15 January 2017 can assume that their application has been unsuccessful.

We Care ♦ We Educate ♦ We Engage ♦ We Grow ♦ We Develop ♦ We Support

MOKOPANE – Miracles most certainly still occur. A man narrowly escaped death after the bakkie he was driving collided almost head-on with a truck on the N1 highway at Planknek near the Mokopane off-ramp last Sunday. According to reports, the driver of the bakkie was only slightly injured. Photo: Facebook (NARI).

Grillerige kuiergaste!

... van bl 1

Die Mosambiekse spoegkobra is nog ‘n slang wat kampers dalk kan sien omdat hulle daarvan hou om in die aande rond te beweeg en soms in karre gaan wegkruip. “Hierdie slange is baie nuuskierig en ek het al ‘n paar keer van hulle uit kaste, tasse en karre gaan haal. Hulle is baie giftig en as iemand nie betyds mediese hulp kry nie kan die gevolge noodlottig wees.” Soos die Mosambiekse spoegkobra is die pofadder sitotoksies, maar wat hierdie slang besonders maak is sy fantasties gekamofleerde liggaam. “Hierdie slang beweeg stadiger as van die ander slange terwyl sy unieke kleur en patroon hom amper perfek by sy omgewing laat insmelt.” Kampeerders moet egter nie net versigtig wees vir slange nie, maar moet ook op die uitkyk wees vir skerpioene. “Die goue reel wanneer iemand ‘n skerpioen sien is om te onthou dat die groot swart skerpioene met dik sterte en klein knypertjies die giftige outjies is en dat mens maar eerder moet wegbly van hulle af.” Reptile Rescue was die laaste tyd druk besig in die Lephalale omgewing en het in die laaste maand meer as 120 slange gevang. Meeste van hierdie slange word buite die dorp ver van mense vrygelaat. “Ek wil net weer ‘n beroep op mense doen om asseblief nie slange dood te maak nie omdat die gif van sommige slange gebruik kan word om teengif te maak en sodoende kan ons ‘n lewe red.” Reptile Rescue is ‘n vrywillige gemeenskapsdiens en indien enige iemand hulle wil ondersteun, is hulle welkom om ‘n donasie te maak: Reptile Rescue. Standard bank Lephalale. Die rekening nommer is: 333 261 658.

Pofadder wat Marius in ‘n huisie in Marapong gevang het met die kenmerkende kamoefleermerke oor sy lyf


25 NOVEMBER 2016

Northern News / Noordelike Nuus

Twee gesoek vir huisbraak LEPHALALE – Twee mans word gesoek in verband met ‘n huisbraak en diefstal van 'n motorvoertuig wat sowat 10 km buite Lephalale op die Beskapad plaasgevind het. Volgens adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie het die verdagtes Sondagoggend omstreeks 04:20 toegang tot die huis gekry deur ‘n venster wat hulle gebreek het. Die huisgesin was in daardie stadium in die huis maar het geslaap en het eers wakker geword toe hulle hoor hoe die verdagtes met hul voertuig uit die erf ry. “Hulle het met ‘n Sahara skootrekenaar, kar sleutels, twee trouringe en ‘n beursie met die eienaar se ID kaart en bestuurslisensie weggekom asook ‘n wit Mazda BT50 bakkie ter waarde van R300 000.” Die bakkie se registrasie nommer is CFK 702 L en het ‘n stampplek aan die bestuurderskant (sien foto regs). Enige iemand met inligting kan Kaptein M. Hlongwane van die Lephalale polisie kontak op sel: 082 565 7968.

Dorp lamgelê deur rooftogte Deur Martie Le Grange (martie@noordnuus.co.za) MOKOPANE – Total Sports in die Crossing Mall is Maandaoggend deur vier gewapende mans beroof wat met R18 000 kontant en ’n onbekende hoeveelheid selfone op die vlug geslaan het. Dit is die vyfde gewapende rooftog in die dorp sedert Maandag 7 November. Volgens Mokopane polisiewoordvoerder, sersant Irene Masingi, het vier mans die winkel omstreeks 10:00 binnegegaan waarvan twee die kassiere genader het. Een van die mans het ’n vuurwapen wat in sy broeksak was aan die werknemer gewys, terwyl een van die ander die winkelbestuurder beveel het om na die stoorkamer te gaan. Masingi sê die bestuurder is met ’n vuurwapen gedreig. Geld en selfone is geëis. Die rowers het die bestuurder met kabelstroppe vasgebind en met die gesteelde geld en selfone op die vlug geslaan. Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die voorval beseer nie.

Glorious water!

MOKOPANE - Wayne and Hilary Knight lives on a farm south east of Mokopane. On Friday they measured a 108mm rain and hail in a little over an hour after a storm swept through Mokopane. Three streams of water washed over the R101 and motorists were amazed to see the road flooded as water made its way down to the Nyl river.

www.noordnuus.co.za

3


4 www.noordnuus.co.za

Noordelike Nuus / Northern News

Bank stel kliënte gerus MOKOPANE – Die sakemense wat verlede Donderdag deur vier gewapende rowers voor Eerste Nationale Bank (ENB) beroof is, was op pad om geld te gaan deponeer en het nie by die ATM geld getrek soos oorspronklik berig is nie. “Ons het op die kameras gekyk en die verdagtes het 15 minute lank in ’n wit BMW met ’n GP-nommerplaat voor die bank gesit en wag – dit wil voorkom of hulle geweet het vir wie hulle wag,” sê ENB operasionele bestuurder, Elsabe Nel. “Drie mans het uit die BMW geklim die oomblik to die slagoffers se bakkie geparkeer was en reguit op hulle afgepeil.” Na hulle die vrou geroof het, het hulle by die vierde verdagte ingeklim en weggejaag. “Ons vra ons dorp se sakelui om paraat te wees en bewus te wees van alles om hulle wanneer hulle kom geld bank of trek,” het Nel gemaan. Daar was verskeie gevalle van gewapende

roof die afgelope twee weke waar besighede spesifiek geteiken is voor of naby banke. In een geval is selfs ’n sekuriteitsfirma geteiken. Die polisiewoordvoerder vir Mokopane, sersant Irene Masingi, het aan Noordelike Nuus genoem dat dit heel waarskynlik ’n rowersbende is wat die misdade pleeg. Pas die volgende raad toe wanneer u of u werknemers gaan bank: • Wissel die dae en tye af wanneer u gaan geld deponeer. Moet nooit aan enige iemand bekendmaak wanneer jy bank toe gaan nie. • Moet nooit jou geld openlik wys terwyl jy na die bank toe loop of in die toustaan nie. Ook nie geldsakke of jou deposito boekie nie. • Indien u gereeld geld deponeer, oorweeg die dienste van ’n sekuriteitsfirma. • Indien u geld gaan bank, kyk om u rond en wees bewus van die gebeure om u. • Indien u deur rowers geteiken word, werk saam en moet u nie teësit nie. Die kontant is nie u lewe werd nie.

25 NOVEMBER 2016

Protests turn violent at ANC offices

MOKOPANE - Protestors gathered outside the local ANC offices in Thabo Mbeki Drive on Monday and Tuesday. Roads were closed off by the police as a small crowd continued to sing and chant in the street. Several protestors picked up rocks and bricks, while others seemed to carry bats and sticks with them. The reason for the protests remain unclear, some believed it had to do with in fighting within the local ANC, while others said that it had to do with representation on municipal level.

Two arrested for bribery LIMPOPO – A 38-year-old Ethiopian and a 40-year-old Somalian were arrested on the N1 South between Mokopane and Polokwane when they allegedly tried to hand a member of the police’s Provincial tracing team a R13 000 bribe when he wanted to arrest them for possession of stolen goods. According to warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale police they received information that the truck in which the two men were travelling contained stolen and counterfeit goods. “After our members stopped the truck the driver produced a bogus looking receipt for the goods that is estimated to have a street value of about R1.2 million.” Constable M. Makola from the Limpopo police informed the driver of the truck and the driver of a vehicle escorting the truck that he was placing them under arrest. The two men allegedly gave the policeman the R13 000 in order to evade arrest. The money was booked in as evidence and the suspected stolen property were seized by the police.

Shebeen meeting cancelled LEPHALALE – A meeting planned for 18 November between the community policing forum (CPF) and the Limpopo department of economic development, environment and tourism (LEDET) was cancelled because the Lephalale police was unable to attend, CPF member, Lofty Fourie, reported this week. The meeting was scheduled to address community members’ mounting concern over illegal shebeens and parties in residential areas. “The representatives from LEDET were eager to give us some guidelines to address these problems. but they have a regional diary that is booked far in advance and will only be able to schedule a new meeting early next year,” said Fourie. It is understood that the Lephalale police could not attend the meeting because they had their year-end function on the same day. “I am going to compile an official letter with the complaints that I received from residents and submit it to LEDET for their assistance,” said Fourie.


25 NOVEMBER 2016

Northern News / Noordelike Nuus

Wildboere raadop met staatsveeartse

Deur Amanda Basson (amanda@noordnuus.co.za) LEPHALALE – Die logistieke nagmerrie en kostes verbonde aan die die trek van bloed by buffels voordat hulle geskuif kan word was een van die grootste besprekingspunte tydens ‘n vergadering Wildbedryf SA (WRSA) se Ellisras kamer Dinsdagmiddag by die Mogol klub. Dr. Lucas Mampane, direkteur van Veeartseny Dienste in Limpopo, het probeer om sommige van die vrae wat deur die wildboere gestel is te beantwoord, maar hy het die vergadering daarop gewys dat hy volgens wetgewing en onder instruksie van die Nasionale kantoor moet optree. “Op die ou end gaan die wetgewing rakende die skuif van enige wild daaroor dat ons gesondheidsrisiko’s wil beperk en verhoed dat siektes versprei, maar die wet is nie in klip geskryf nie en ek sal enige voorstelle wat ons werk kan vergemaklik aan die nasionale kantoor voorlê vir oorweging,” het hy aan boere gesê. Die wildsboere het kapsie gemaak teen die reël dat die staatsveearts altyd teenwoordig moet wees wanneer die buffels se bloed getrek word. “As ‘n privaat veearts die bloed trek maak dit tog nie sin om die staatsveearts ook daar te hê nie. Ek moes al in die verlede my werkers, die helikopter en ‘n privaat veearts op my plaas los en 500 km ry om die staatsveearts te gaan oplaai omdat hy nie ‘n voertuig gehad het om mee te ry nie,” het een boer genoem. Dr. Mampane het die vergadering verseker dat daar nie ‘n verhouding van wantroue tussen die staat en privaat veeartse is nie, maar dat dit bloot in hierdie stadium wetgewing is. “As ‘n departement besef ons dat Limpopo een van die grootste uitdagings is wat wildsiektes betref. Hierdie provinsie grens aan verskeie lande en daarom maak dit ons werk soveel moeiliker, maar ons waardeer die bydrae wat die privaatsektor maak en sal enige voorstelle deur boere en ander belanghebbendes verwelkom.” Die reis- en oortydtoelaag van staatsveeartse het ook onder die spervuur gekom met sommige boere wat beweer het die 2300km wat gereis mag word te min is en dat hulle die staatsveearts gereeld na-ure moet kontak omdat die afgeleë gebiede waarin hulle bedags werk selfoonontvangs beperk. “Die regering poog om uitgawes van staatsamptenare so laag as moontlik te hou maar dit moet natuurlik opgeweeg word teen die werklike uitgawes wat nodig is om ‘n effektiewe diens te lewer. Ons weet byvoorbeeld dat daar ‘n tekort aan voertuie is en het hierdie jaar geen nuwe voertuie ontvang nie weens omstandighede wat buite my beheer was, maar ek sou voorstel dat die boere saam met die departement aan ‘n oplossing werk. So kan wildsboere byvoorbeeld ‘n voertuig borg wat uitsluitlik vir buffel bloei gebruik kan word.” Die voorsitter van WRSA se Lephalale bedryfskamer, Phillip Bronkhorst, het voorgestel dat Dr. Mampane sy antwoorde en voorstelle op skrif plaas sodat dit aan al die tak se lede voorgelê kan word om ‘n gesamentlike oplossing te vind.

www.noordnuus.co.za

Welkome reën eis ook tol

LEPHALALE – Een van die groot bome wat al baie jare deel van die OK sentrum in Onverwacht se landskap is het gedurende die swaar storm Sondagaand groot skade opgedoen. Maandagoggend het ‘n groot tak wat vermoedelik deur die wind afgewaai is op die sypaadjie voor een van die besighede gelê.

5


6 www.noordnuus.co.za

Noordelike Nuus / Northern News

25 NOVEMBER 2016

Early start for financial success

MARAPONG – The learners at Nelsonskop Primary received a visit from Stanlib representatives to teach them about financial management last week. The aim of the visit was to teach the learners how to manage whatever money they have from a young age so they will have a good foundation for future investing and saving.

Young learners are shining stars! MOKOPANE - Shining Stars Preschool in Akasia held its 6th annual prize giving function and concert last week where learners were awarded for exceptional achievement. The young learners performed a variety of Barney themed songs and received certificates. They also received recognition for their progress in Miki Maths, Actionball and Stimuzone. Proud parents attended the event and some witnessed their Grade RR learners who graduated to grade R. The school wished them the very best in their future endeavors. Shining Stars Preschool is an early learning centre in Akasia that educates learners from age 3-5 years.

Deadly black mamba caught in Marapong

MARAPONG – Summer has seen the guys at Reptile Rescue work overtime to catch and release snakes in Lephalale and surrounding areas. Henko Janse van Rensburg proved that he is a brave man when he caught this massive black mamba last Thursday in a residential area in Marapong. The snake, which is deadly when provoked, was 2.83m long and will be freed on a game farm outside Lephalale.


25 NOVEMBER 2016

Northern News / Noordelike Nuus

www.noordnuus.co.za

Wat beteken Kersfees vir die jongspan?

Deur Martie Le Grange (martie@noordnuus.co.za)

Oor ’n maand vier Christene wêreldwyd Kersfees. Noordelike Nuus het gaan inloer by die jongspan van Tjommies Kleuterskool en Naskool om te hoor waaroor Kersfees vir hulle gaan. Ons plaas dit in hul eie woorde (en spelling): Shenise Williams (10): “Kersfees gaan oor Jesus se geboorte. Jesus was gebore die 25ste Desember dis waarom ons Kersfees vuur. Ons almal is lief vir God ons weet dat Hy sal terugkom op die wolke weer eendag. Al waaroor kerswees gaan is kersfader, koekies, persente, kersmoeder, melk, familie, GOD! Ons vuur Ou kersaand op die 24ste.”

special dis wanneer almal van my familie bymekaarkom. Ons braai ons swem ons deel vir mekaar geskenke uit en my ma kook die lekkerste kos en dan nadat ons kla geeet het speel ek en my sussie en my niggie en my nefies byte en dit is wat Kersfees vir my beteken. Kgoka Kekana (Graad 4): “Ek praat oor Kersfees! Wat is Kersfees oor.

Dit is op die 25 Desember! Hy was gebore in Betlehem. Wat ek van Jesus hou is, hy help ons hy het ons lief en hy vertrou ons. Oor Here Jesus, daar was nie ’n bed nie maar dit was droog in die strooi. Best day that he made is SUNDAY and SATURDAY. Katlego (Graad 2): “Kersfees is vir my

Manoko (Graad 3): “Kerfees is die dag wanner Jesus gebore is en die dag wat ek my familie sien. Die dag is vir my baie

baie special want dit gaan vir my oor soofeel baie goed dis wanneer ek my hele familie sien almal wat ek lank trug gesien het my ouma my oupa my tannies my ooms my nefies en my niggies. Ons keier lekker braai lekker en eet ook sommer baie lekker en dis wat Kersfees vir my beteken. Jolene (Graad 3): “Ek hou van kersfees. En my ma en pa en susies is by my. En ek wil ’n cadii hê.

Ofentse Morema (11): “What Christmas means to me. Presents, koekies and milk, Santa (Father Christmas), Christmas tree but the most important thing what christmas realy mean is Jesus. Jesus was born on Christmas. The angels were dancing in the skei because the King was born. We pray sing at church because the lord was born and a other day the lord has made.” Eudré Gowné (11): “Kersfees gaan vir my om Juses se geboorte te fier en famiele en friende buimekaar te bring.”

7

Die jongspan van Tjommies Kleuterskool en Naskool is trots oor hulle briefies aan Noordelike Nuus wat verduidelik wat Kersfees vir hulle beteken. Sien ons Facebook-bladsy vir die kleinspan se oorspronklike kunswerk.

Lefa Rammutla (Graad 3): “Christmas is a very special thing. It means that its the only day to play with your family. In the evening you mom, aunts, gradma’s are busy cooking and chatting in the kitchen. Your dad, uncle and grandpa’s are in the sitting room watching soccer matches and me and my friends, nephew and cousins are playing video games in my room while my sisters, niece and cousin are looking for dresses and when its finaly night my dad, uncle, grandpa’s and my friends go night swimming then we eat and when its finaly late boys go shooting fireworks. That is what Christmas means to me.”


www.noordnuus.co.za 8

Noordelike Nuus / Northern News

Don't give a pet as a gift “Give gifts that can be switched off, packed away or ignored when the novelty wears off.” The Society for the Prevention of Cruelty to Animals (SPCA) in South Africa supports and endorses responsible pet adoption. What the association doesn’t support is the giving of pets as surprise presents. The SPCA says they are faced with problems specifically over the festive season. “Have you ever thought about the number of animals brought into SPCAs after Christmas? They’re the ones that have probably been “impulse buys” at Christmas but what happens when the novelty has worn off or it’s time to go back to school?” says the SPCA on its website. The SPCA tries to explain it as follows: “The children beg for a pet. The first

day, the poor animal is overwhelmed with attention, the second day it’s less of an attraction and by the third day, it’s a case of “Who’s going to clean up the mess?” with calls of “It’s your dog!” and “No, it’s not! It’s YOUR dog!” going back and forth until somebody eventually cleans up the mess. Three to four weeks down the line – you’ve guessed. The SPCA says they do not discourage adoptions but aim to ensure that any adoptions are seriously considered moves and that the animal will have a home for life. In the run-up to the festive season every year; the NSPCA media office say it receives calls enquiring about abandonment of pets and / or adoption rates at SPCAs. But one important issue highlighted by the NSPCA press officer but overlooked by callers was how many pets are handed in at SPCAs after the festive season.

Ouetehuis bied Kersprogram aan MOKOPANE - Die Potgietersrus Monument Ouetehuis is opgewonde oor wat Kersfees inhou en nooi die dorp om die tehuis gedurende die eerste week van Desember te besoek vir ‘n propvol Kersprogram. Die ouetehuis se bestuurder, Marianna van Tonder, sê inwoners moet dit nie misloop nie. “Kom kyk hoe val sneeu in Potties, Kersvader het ook 'n rooi posbus gebring vir almal se Kerswense en ons het ‘n 6m hoë Kersboom en sowat 8km liggies in alle kleure en vorms - sneeumanne, tiental Kersvaders, sterre, en nog vele meer.” Die Kersprogram verloop soos volg: Op 1 Desember om 16:00 tot 20:30 word ‘n Kersmark by die ouetehuis gehou. Om 18:30 is gaskunstenaar Hennie Swanepoel van Melkbosstrand gereed om in die Markiestent op die terrein op te tree. Kaartjies beloop R10 per persoon en is by die kantoor beskikbaar. Om 20:00 die liggies aangeskakel. Besoekers word herinner dat ‘n hekfooi van R10 vanaf 17:00 gehef word vir almal wat nie op die terrein woon nie.

“’n Sekondêre doel van die Liggiefees is ook om fondse vir die tehuis / aftreeoord in te samel,” sê Van Tonder. Op 2 Desember vanaf 17:00 is die toegang fooi R5 (laerskoolkinders gratis). 'n Vetkoekhamburger vir R20 kan vooraf by die kantoor bestel word en sal beskikbaar wees vanaf 17:00 tot 18:30. Om 18:30 gaan Kersliedere gesing word onder begeleiding van trompetspeler Pieter- Willem en ds Hennie Nel. Op 3 Desember om 18:30 kan besoekers luister na Kersfees klokkespel met Gottfried Schiele. ‘n Fondue ete is ingesluit. Kaartjies is R100 per persoon en kan by die kantoor bespreek word. Op 6 Desember word ‘n Kersete vir almal op die terrein voorberei. Op 7 Desember gaan gaskunstenaar Barend Deysel sing tussen die Kersliggies op die ouetehuis se stoep. Koste is R40 per persoon en sluit pizza in. Besoekers is welkom om wyn saam te bring.

25 NOVEMBER 2016

In the UK, an ad campaign run by the RSPCA read: - “A dog is for life, not just for Christmas.” That’s our point. A knowing decision to adopt a pet and make a commitment to the animal for the rest of its life is applauded and is the only responsible way to go about things. This is pet adoption. Pets are not toys. When the fun has gone out of non-living gifts, they can be switched off, packed away or simply ignored. The SPCA advises people to give gifts that can be put to one side when the novelty wears off.

Sterkrivier-Geloftefees STERKRIVIER - Die Hanglip-Boerevereniging nooi almal om op 16 Desember 2016 Geloftefees te vier op Sterkrivier by die Hanglip Boereverenigingsaal. DIE GELOFTE: “Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.” Job 22:27: “Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor, en jy sal jou geloftes betaal.” Die program is soos volg: 09:00 Herhaling van die Gelofte. Erediens: Ds Jaco Putter (vanaf die Gereformeerde Kerk Potgietersrus). Kollekte ter delging van die kostes. Pouse: Verversings word aangebied. Feesrede: Mnr Mauritz Hansen (oud-skoolhoof en geskiedenis onderwyser - Naboomspruit).


At the close of another year, we gratefully pause to wish you a warm and Merry Christmas and a peaceful and prosperous New Year.

Kobus 082 926 8225 / Tel: 014 763 5768 Reinhart 071 869 0662 / 0861 TOW TRUCK

WE TOW FOR ALL INSURANCE COMPANIES. IF IN AN ACCIDENT, FIRST CONTACT YOUR INSURANCE OR WE WILL CONTACT THEM FOR YOU!!


Enjoy your meal on us! Buy 4x Tyres up to 15” and get a : R 500 R 500 R 580 R 1200 R 1550 R 1850 R 1600

KO2 KO2 KO2 KO2 KO2 KO2 KO2

R 2800 R 3050 R 2800 R 3200 R 3500 R 3500 R 3900

Buy 4x Tyres from 16” and up and get a :

Terms & Conditions Apply: Prices Includes VAT & Fitting. Excludes Balancing & Wheel Alignment. While stocks last.

Tel: 014 763 6644 hiqellisras@lantic.net

Trading Hours: Mon - Fri: 7:30 - 17h00

Sat & Public Holidays: 8:00 - 12h00


25 NOVEMBER 2016

Kleintjies vermaak gehoor

LEPHALALE – Sonskyn Paradys kleuterskool het verlede week hul jaarlikse konsert gehou by die Hervormde kerk in Lephalale. Elke klassie het die geleentheid gekry om ‘n paar liedjies vir die gehoor op te voer terwyl die Graad R leerders ‘n opvoering oor die geboorte van Jesus gehou het.

Christmas party for orphans LEPHALALE – A group of Lephalale community members will be hosting a Christmas party for the Marapong Community Center’s orphans on 26 November at the Junction restaurant between 09:00 and 12:00 in the morning. There will be about 40 children from different age groups who will be spoilt during the event. Anybody who wants to get involved or make a donation can contact Marius Benade on 076 272 6490.

Resepte vir die Kerstafel BOBAAS AARTAPPELSLAAI

6 Medium aartappels 1 koppie suurroom ½ koppie mayonnaise 1 pakkie spek, gekap en bros gebraai 4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is 1 klein ui – gekap Spruituie – gekap 1½ koppie gerasperde kaas (meng - indien moontlik kan 2 kleure bv. wit en geel cheddar gebruik word - dit gee mooi kleur). Sout en peper na smaak. Skil en kook die aartappels en sny in blokkies (laat afkoel). Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituie Meng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sous. Skep in opdienbak. Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien Deur: Delicious Recipes.

BROCCOLI, SPEK EN KAAS SLAAI

1-2 koppe broccoli 1 ui fyngekap 250g spek stukkies (bacon) 200g Cheddar kaas in blokkies gesny. 250ml mayonnaise en 100ml kondensmelk

Sny die broccoli in klein stukkies (klein boompies). Braai die ui in 'n pan en voeg die spek by. Gooi die broccoli boompies by en roer deur vir sowat 2 minute (moenie die broccoli gaar of pap kook nie). Laat alles goed afkoel. Meng die kaasblokkies daarby in. Voeg nou die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai. Bedien koud.

Northern News / Noordelike Nuus

www.noordnuus.co.za

11


www.noordnuus.co.za 12

Om die kampvuur...

Dan groet ons nou

Deur Melt van der Spuy

Noordelike Nuus / Northern News

Ons drie professionele pensioenarisse sit nou die ander dag heerlik op my stoep en teug aan ’n kasteeltjie, toe Servaas na Herman se kant kyk sê: “Gaan jy hom sê, of moet ek dit doen?” Herman trek sy lippe op ’n tuit. “Dis beter as jy hom sê. Ek is nie baie goed met sulke dinge nie.” Verbaas kyk ek na die twee. “Wat wil julle vir my sê?” Servaas skuif sy ellelange lyf regop in die stoel en kyk my stip in die oë.”Jy skryf nou al ’n hele ruk in die koerant van ons doen dinge as ons kamp. Ek en Herman het nou so gedink – dis nou tyd vir die koerant se lesers om van ander dinge te lees. Hulle wil nie so baie van kamp lees nie.” Ek kyk hulle verbaas aan. “So julle voel die lesers het nou genoeg gehad van julle droogmakery as julle kamp.” Die twee knik met die kop, maar kyk nie na my nie. Ek glimlag.”Dis nie nodig om so skaam daaroor te wees nie. Aan alles in die lewe kom ’n einde. As daar nie meer kampstories is om te vertel nie, dan is daar nie meer nie. Dis dan so.” Ek sien die verligting spoel soos ’n brander oor Servaas en Herman se gesigte. Dis Herman wat eerste praat. ”Man dit laat ons nou sommer beter voel. Toe ons hieroor gepraat, en besluit het ons moet dit vir jou sê, was dit nag vir my, maar ek is bly jy sien dit in en verstaan dit.” Ek lag. “Natuurlik verstaan ek dit. Maar jy wat Herman is, moet nog net vir my vertel van die badkamer en die ligte wat afgegaan het.” Herman begin te lag. “Seker Ma wat jou dit vertel het.” Ek knik instemmend. Hy leun effe vorentoe en vat nog ’n sluk uit sy kasteeltjie. ”Jong ons het mos nou die ander dag weer daar by daai oord waarvoor ons so lief is, gekamp. Hulle het puik ablusies man. Ek sê jou, jy voel of jy in ’n grênd hotel is as jy daar is. “Hulle het egter ’n verandering aan die badkamers aangebring sedert ons daar was. ’n Deel van die mans se kant is toegebou en dit is nou ’n gesinsbadkamer.

25 NOVEMBER 2016

“Ek en ma is die aand daarin, want dis mos nou lekker om so saam-saam skoon te kom. Ons het net lekker in die bad gesit, toe gaan die ligte af. En dis donker man, stiksiende donker. Ons het nooit geweet hulle het die hele badkamer se ligte op een skakelaar gelos nie en toe iemand klaar is in die mans se badkamer, loop hy uit en sit die ligte af. Toe’s dit by ons ook donker. ”Ek sê jou, ek en ma het maar aanhou was en meer mekaar gewas as onsself. Toe ons uitklim, staan ons gelyk op en dit was so hittete of ons beland kop eerste op die vloer. Ons spook met die handdoeke en toe ons droog is, vat ons wat ons kan en mik deur toe. “Op daardie oomblik het iemand weer die mans se badkamer gebruik en skielik is die ligte aan. Toe kon ons darem alles vat en loop.” Ek glimlag. ”Nou onthou maar om in die toekoms ’n liggie saam te vat. Dis ’n mooi storie om mee af te sluit. Net een ding pla my – julle twee moet nou nie goed gaan aanvang waarvoor ek my moet skaam nie.” Herman glimlag vroom. ”Seg jy met ‘n mond vol tanne.” Servaas loer na my.” Daaroor praat ons mos nie.”

Campaign leads to success By Martie Le Grange (martie@noordnuus.co.za) MAHWELERENG – While conducting a road block on the N11 freeway next to Tshamahansi as part of the “Arrive Alive” campaign for this year’s festive season, police in Mahwelereng recently managed to confiscate unlicensed firearms and ammunition from four suspects. Police nabbed four men, all in their thirties, for possession of an unlicensed 9mm Parabellum and a 9mm Petro Beretta. The firearms were found together with cases and life rounds, said Mahwelereng police spokesperson constable Sello Leso. Police investigations continues.



14 www.noordnuus.co.za

Noordelike Nuus / Northern News

25 NOVEMBER 2016


25 NOVEMBER 2016

Northern News / Noordelike Nuus

www.noordnuus.co.za

15

Take a hard look at rural poverty Early Christmas for traditional leaders MOKOPANE - In an effort to establish a good relationship and improve communication with the traditional leadership, a Mogalakwena municipality delegation comprising Mayor Andrina Matsemela and other councilors handed gifts to traditional leaders at the Lleka Lekalakala Council Chambers last Friday. The Mayor expressed her hope for the municipality to continue to work with the traditional leaders and the community as most of the development and implementation of projects are done in the area of the

PHAHLADIRA – In a drive to promote solidarity and a shared responsibility for the poor, the Lephalale municipality and the department of social development jointly hosted a celebration in Phahladira village for the International Day for Eradication of Poverty on Tuesday. Speaking on behalf of the Waterberg district mayor, Rosina Boloka said government has established mechanisms, policies and programmes to address the challenges of poverty, inequality and unemployment. Lephalale mayor, Jack Maeko, cited the new Phahladira mall as a beacon of hope that will create jobs. In the photo is Mayor Maeko visiting Sengwati Pre-school leaners who are going to Grade R in 2017 before the celebrations in Phahladira village on Tuesday.

jurisdiction of these leaders. Kgoši Lesiba Vaaltyn Kekana said he was thankful for the engagement of traditional leaders around the municipality as the meeting could pave the way for development. “We are one big family and can win the war against poverty and underdevelopment if we can speak in one voice. We are happy that the district has made more money available for water projects. We hope the shenanigans of the previous council could soon be the thing of the past, as our communities need services.”

Hengelervaring van ‘n leeftyd Liné Aucamp van Lephalale deel haar besondere hengel ervaring by Doorndraaidam met Noordelike Nuus se lesers. Toe my kêrel, Corrie Vermaak, my nooi vir ’n hengel-naweek by Doorndraai Dam saam met sy pa Sallie, ’n ywerige en bobaas hengelaar, het ek gedink dit sal ’n welkome wegbreek wees voor ek met eksamen begin. As amateur hengelaar het ek nie buitengewone verwagtinge gehad behalwe om lekker rustig te wees en te kuier nie, maar min het ek geweet wat vir my voorlê. Ek onthou die opgewondenheid toe ons die visstok se alarm hoor skree en almal besef daar is ’n byt! Ons het na die stokke toe gehardloop en ek moes dadelik begin inkatrol. Vir ’n meisie wat daaraan gewoond is om op vaste grond van die oewer af te vang, moes ek maar mooi my balans op

die “rubber duck” hou. Aanvanklik het die weerstand van die vis heel beheerbaar gevoel, maar hoe nader ons aan die karp kom, hoe meer het ek die krag van die vis gevoel. “Dit is ’n grootte!,” het Corrie gesê. Tog het ek nie besef watter vangs oppad is nie. In die hitte van die stryd het my arm spiere begin brand, maar met die raad en bemoediging van my mede hengelaars het ek my arm so sterk moontlik gehou en besef dié karp móét ek vang. Die gevoel toe ek my 17.8kg karp intrek was regtig onbeskryflik en maklik een van die lekkerste ervarings van my lewe. Om alles te kroon, het Corrie ook ‘n grote uitgetrek. Sy karp het ‘n allemintige 14.9kg op die skaal gekreun. Ek is dankbaar vir die geleentheid en sal dit altyd onthou. Die dam sal my verseker weer sien!

Liné Aucamp en haar kêrel Corrie Vermaak spog met hulle groot karps wat hulle by Doorndraaidam gevang het.

Mogalakwena Mayor, Andriana Matsemela flanked by speaker Sam Mathebula, chief whip Mike Rapatsa and traditional leaders during the handing over of their Christmas gifts. Photo: Mogalakwena municipality.


N

N

oordelike orthern

uus ews

Achievers Uitblinkers

MGA honours gymnasts MOKOPANE – On Monday, 21 November, Marshall Gymnastic Academy (MGA) honoured nearly 80 gymnasts in all disciplines during its annual prize giving ceremony at the RET Centre. While every gymnast received a certificate, MGA also honoured those gymnasts who excelled in their levels. In women’s artistic gymnastics (WAG) level 1 Maya Boshoff won best gymnast, while Mia Botha took the trophy for best progress. Jennezee Vermeulen was honoured for best progress in level 3. In level 4, Lesedi Mashishi was best gymnast and Jessica Essakow was awarded best progress. Lize Janse van Rensburg was the best level 5 gymnast. In the men’s artistic gymnastics (MAG), Jaden Enslin was the best level 1 gymnast and Rudolf Britz was awarded the trophy

for best progress. In level 2, the top gymnast was Keanu Potgieter and Basson Wolmarans won best progress. In level 3, Hannes Raats was awarded best progress. In level 5, best progress went to Marnus Ruytenberg and Jan van der Baan won best gymnast. In the senior section, best gymnast was Luan du Plessis, while best progress went to Johan Strauss. The best tumbling gymnast was Albert Brits and the top Gymnaestrada gymnast was Christine Lee. Every year the club hands out some trophies to motivate the gymnasts. This year the ‘Flash’ award for fastest gymnast went toe Daniël van Wyk, best focus went to Pero Boshoff, best team player was Lungile Mahlangu and the heart of gold award went to Jone Conradie. The gymnasts with the best attitude was Melody Raats, Juan van Staden and Leigh van Staden.

The Colonel is in you neighbourhood and serving breakfast!

For more photo's visit our Facebook page or www.noordnuus.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.