Witzenberg Herald Vol.26 no.29 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

Inwoners geskok na moord op Dastile

DIE Tulbagh gemeenskap was Dinsdag nog in skok na die moord op ‘n saggeaarde inwoner van die dorp.

Siyamthanda Dastile (29), ‘n jeug- en welsynwerker, is Sondag in die Ceres hospitaal dood. Hy het Sondagoggend huistoe gestap en is twee keer met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die motief is moontlik roof. Die onbekende aanvaller/s het gevlug. Polisie volg tans leidrade op.

Indien iemand in die gemeenskap meer inligting het, kan hulle die ondersoekbeampte a.o. Cupido skakel by (023) 230-8100

Huldeblyke

Talle mense het hul skok uitgespreek op sosiale media en kort huldeblyke geplaas.

Jan Wolmarans het geskryf: “Siyamthanda was ‘n saggeaarde, gelowige en dienswillige entoesias wat vele fronte van gemeenskapsdiens op Tulbagh beman het. Altyd vol lag en sprankel - was lank betrokke met kindersorg, hulpskemas, bevordering van die kunste en ander platforms tot welsyn en steun. Hy is deur skobbejakke beroof en vermoor. Die skok daarvan is groot en sonder begrip of troos. Jammer, Siya. Here, dis so wreed. Jammer. En dankie vir jou geesdrif en welwillende sorg”.

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug vorder goed. Bouwerk het reeds in Desember 2021 begin en behoort teen Maart 2024 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. Die een deel van die brug behoort binnekort reg te wees vir voetgangers om te gebruik.

“Dit is baie hartseer en moeilik om die nuus te deel rakende die sterfte van een van die skool se oudleerders, Siyamthanda Dastile. Laerskool Waveren personeel wil ons innige meegevoel aan sy geliefdes oordra in hierdie moeilike en hartseer tyd. Mag God julle teen Sy boesem koester en julle vertroos. Die Tulbagh gemeenskap het ‘n ster en staatmaker verloor”.

SIYAMTHANDA Dastile (29), ‘n jeug- en welsynwerker van Tulbagh is die naweek vermoor.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Volume 26 no. 29 R 8.50 Friday, 28 July 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 100% WAVERENSKROON TULBAGH 20% Lesings geneem: 2023/07/26 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 27 Julie 3° 16° Vrydag 28 Julie Saterdag 29 Julie Sondag 30 Julie 2° 15° -1° 9° -2° 11° The trusted name in commercial and residential Waterproofing. 087 094 8092 087 087 094 8092 087 www.rubberroofs.co.za
Witzenberg
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226 SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 27 - 30 JULY 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Potbrood Cobenhagen 2.5kg Spar Refined White Sugar Ouma Rusks ass. 450/500g Sunlight 2-in-1 Hand washing powder 3kg Oxtail All Gold Tomato Sauce 700ml Spar IQF mixed portion Chicken 5kg Bulk Rump or Sirloin steak Spar 2L Sunflower Oil Ouma’s bulk Boerewors Stork Country Spread 40% Fat Spread Tub 1kg Nescafé Ricoffy 600g Chikka 10 + Chips + 2.25L Coca-Cola original Bulk Pork neck chops 8999 p/kg Spar Deli Loaf Chilli, Brawn, Chicken and Olive Baby Soft toilet rolls 18’s 2-ply 350 sheeets Castle Lite Handies 24 x 330ml 7999 p/kg 11999 p/kg Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L 9999 p/kg 899 each 699 each Olof Bergh Brandewyn 750ml 13999 25000 PER TRAY Red Heart Rum 750ml 19999750ml 14999 each 7499 5999 each 6000 each 5399 each 6000 2 FOR 4699 each 3899 PER COMBO 18500 10999 p/kg Wortels 750g, Baby Marrows 350g, Aartappels 7kg, Koolkop, Uie 1kg PER COMBO 12500 18999 each Crosse&Blackwell Tangy + Creamy Mayonnaise 750g 3499 each 8999 5 FOR 6000 Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

Die Hervormde Pinkster Evangelie Kruistog kerk het onlangs na Laerskool Waveren op Tulbagh uitgereik en die leerders van skoolskoene voorsien. AGTER: Pastoor Mathilda Marang, Shirley Demas (waarnemende adjunkhoof), Peter Luitjies (waarnemende adjunkhoof) en Brenda Botha. VOOR: Freddy Roos (gr. 2), Arthwille Noko (gr.2), Elan Williams (gr.3) en Angel Beukes (gr.2).

‘nFONDSINSAMELINGvirJaythonSaulsvanCeres,‘nleerder van Pionierskool vir sig-gestremde kinders, is onlangs begin. DieWitzenberggemeenskapsehulpenbydraesalhelpombyna R50 000 in te samel wat Jaython se skoolfonds en koshuisgeldevirdiejaarkandek.Syouers,FrancoisdeWeeenLouisa Sauls, sal enige hulp met die skoolgeld waardeer. Francois is ‘n hardwerkende en getroue werknemer van Ceres Paving en Erik Bakkes. * Indien inwoners en besighede ‘n donasie tot sy skoolgelde wil maak, kan Pionierskool ‘n artikel 18 A kwitansie uitreik vir belastingdoeleindes. Inbetalings kan gemaak word: ABSA Worcester tjekrekening, takkode 632005, rekening 440620-272 met verwysing J.Sauls S07 inbetaal.

2 l WITZENBERG HERALD l 28 JULY 2023 RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE MOLLIEMOLLIE MOLLIE (Female) 17 Months old GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN ANAKINANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES WIGGLESWIGGLES (Male) 17 Weeks old SMOKEYSMOKEY SMOKEYSMOKEY SMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SHADOWSHADOW SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 SIMBASIMBA SIMBASIMBA (Male) Born 15/03/2023 OGIESOGIES OGIESOGIES (Male) Born 07/02/2023 23 Augustus 18:30 vir 19:00 NG Kerk PAH Sop en brood ingesluit Bring eie drankies en glase Navrae: NG Kerk P.A.H Kerkkantoor (023) 313-3694 of Alma Goosen 083-443-0881
INFO@ELEX.CO.ZA 0860 99 52 92 WWW.ELEX.CO.ZA

Legende

Truida Joubert sterf by haar huis op Ceres

TRUIDA Joubert, een van Ceres se bekendste inwoners, is op Vrydag 21 Julie, in haar 100ste jaar, aan ouderdom oorlede. Sy was nooit siek nie en was, tot aan haar einde, glashelder en gesond.

Nadat sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, het sy in 1948 ‘n onderwyspos op Ceres aanvaar. Op universiteit het sy uitgeblink in sport - veral in gimnastiek, swem en hokkie.

Later, op Ceres, het sy die dorp se voorste vroue tennisspeler geword. Sy het by die twee skole, Hoërskool Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, ook met sportafrigting in gimnastiek, swem, netbal en atletiek gehelp.

Dit was op Ceres waar sy haar man, Erhardt, ontmoet het. Hy was toe maar slegs twee weke lank ‘n dokter op Ceres.

Erhardt Joubert het meer as 40 jaar lank die Ceres gemeenskap as dokter gedien en saam

het hulle sedert 1949 in die huis gebly waar albei later oorlede is.

Behalwe vir haar passie vir sport en veral onderwys, was sy ‘n ywerige tuinier.

Oor die jare heen het sy ook ‘n pragtige versameling antieke meubels opgebou. Haar veelsydigheid was ‘n inspirasie. Sy het elke dag die Burger gelees. Beter gesê, bestudeer.

Sy sal onthou word vir die liefde waarmee sy haar familie gekoester het, vir haar groot wysheid en die verstommende energie waarmee sy die lewe aan die strot gegryp het.

Op 97 jarige ouderdom het sy haar laaste boek gepubliseer“Kleuters leer klank-klank lees”.

Díe klank-boek word tans in talle kleuter- en laerskole gebruik, sover as Gauteng. Onderwys was vir Truida ‘n roeping en ‘n groot vreugde.

Sy was ‘n uiters talentvolle en kreatiewe mens, in menige vorms. Haar skilderye verfraai haar huis en díe van baie familielede. Die tuin wat sy geskep het, bly ‘n lushof vir baie.

Die klere wat sy ontwerp het, die sjarmante serpe, mussies, beertjies en pragtige fair-isle truie wat sy gebrei het en as familie-geskenke uitgedeel het, sal vir altyd as kleinodes vertroetel word. Haar waardigheid, lewenslus en humor sal almal wat haar geken het, vir ewig koester.

Sy was ‘n legende op Ceres en in die distrik en ‘n voorbeeld vir menige.

Sy word deur haar vier kinders Altus Joubert, Lola Clark, Hendrik Joubert en Erhardt Joubert oorleef.

Sy was die geliefde ouma van 10 kleinkinders en 7 agterkleinkinders. Haar afwesigheid laat ‘n groot leemte.

Begrafnisdiens Die begrafnisdiens vind plaas op Sondag 3 September om 12:00. Haar huisvriend, ds. Jandré Viljoen, sal die diens lei.

Drieling byna klaar met skool

CERES se enigste drieling, is nou 18 jaar oud en op pad na hul matriekafskeid in Septembermaand. Deboné en Desné is beide in Bella Vista hoërskool terwyl Deslee, in Ceres Sekondêr in matriek is. Bella Vista hoërskool se matriekafskeid vind plaas op 27 September en Ceres Sekondêr se matriekafskeid vind plaas op 29 September. * Die Van der Winter drieling is op 12 Januarie 2005 in die Tygerberg hospitaal gebore. Hulle is later na Eben Dönges oorgeplaas voordat hulle in Ceres hospitaal aangesterk het. Deboné het met geboorte 1.7kg geweeg, Desné skaars 0.8kg en Deslee net 1.2 kg. Op die ou koerantuitknipsel hou Salomea Evans die kleingoed vas. VLNR: Miekie Louw (ouma), Deboné, Desné, Deslee en hul ma, Salomea Evans.

Botha-moordsaak begin in Oktober - meer as drie jaar na moord

DIE verhoor van drie mans wat van die moord op ‘n dokter van Tulbagh aangekla word, sal Oktobermaand in die Kaapstad Hooggeregshof begin - meer as drie jaar na dié moord.

Na talle oponthoude lyk dit nou of die verhoor kan begin. Geeneen van die drie verdagtes, Aiden Abels (30), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33), het aangedui dat hulle nie te vinde is vir ‘n pleit- en vonnisooreenkoms met die staat nie. Hulle gaan blykbaar skuld op die aanklagte ontken.

Adv. Erasmus (staatsaanklaer) het tydens verlede Vrydag 21 Julie se hofverskyning gesê daar is min tyd oor vir ‘n pleit- en vonnisooreenkoms en daar is prosesse wat gevolg moet word. Daar was ook voorheen sprake dat die verhoor in Worcester sou begin maar regter Nathan Erasmus het verlede week gesê dat die saak vroeër in Kaapstad Hooggeregshof kan begin en dit vergemaklik ook regslui se taak. Die drie mans verskyn op

klagtes van moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hulle moet weer op Maandag 2 Oktober in die hof verskyn.

Agtergrond

Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ondermeer dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het die polisie later gaan wys waar die vuurwapen versteek was.

Vrygelaat ‘n Vierde verdagte, Desiree Goeieman (20), is vroeër vanjaar vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar teruggetrek het. Sy is nou 'n staatsgetuie.

28 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 3
TRUIDA Joubert (99).

DIE afgelope week het skoolhoofde en sakeleiers van die Witzenbergstreek, die geleentheid gekry om hul ervaring met ‘n groep sakelui, lede van die landbouvereniging, kerk en onderwys department, te deel. Die funksie is by Homegrown Bakery and Eatery op Ceres gehou.

- VAKANTE HALFDAG POSKREDITEURE- EN DEBITEUREKLERK

De Keur Verpakking, ‘n gevestigde vrugte verpakkingsmaatskappy geleë in Ceres, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese persoon om permanent aan te sluit by hul finansiële span.

Verantwoordelikhede: • Akkurate teboekstelling van krediteure op ‘n daaglikse basis, insluitend verwerking van aankoops rekwisisies - Sage Evolution en Papertrail • Korrekte allokasie van uitgawes na regte rekening en bedryfseenhede • Maandelikse rekonsiliasie van krediteure state • Voorlegging van krediteure vir betaling aan Finansiële Bestuurder • Gereelde teboekstelling van kasboek en kleinkas uitgawes en ontvangstes • Verwerking en opsomming van pakhuis-produksielopies - Vitrax en Excel • Voorlegging van opgesomde produksielopies en kosteverhalings aan Finansiële Bestuurder vir nasiening • Verwerking van belastingfakture in Sage Evolution • Verwerking en uitstuur van debiteure-maandstate en verslae • Debiteure korrespondensie en algemene debiteure take.

Vereistes : • Bogemiddelde kennis en ondervinding van rekeningkundige stelsels en programme • Vitrax en Sage Evolution kennis kan in jou guns tel • Goeie menseverhoudings • Sterk administratief en rekenaarvaardig.

Opleiding en onder vinding: • Relevante rekeningkundige of administratiewe kwalifikasie • 3 - 5 Jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie in die groenteen vrugtebedryf voordelig.

Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema is ‘n voorvereiste vir die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Augustus 2023

Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie ver wysings aan Johan du Plessis by: recruitment@dekeur.co.za

Partners for Possibility

Leierskap Program bring nuwe hoop

DIE afgelope week het skoolhoofde en sakeleiers van die Witzenbergstreek, die geleentheid gekry om hul ervaring met ‘n groep sakelui, lede van die landbouvereniging, kerk en onderwys departement, te deel.

Citizen Leader Lab se Partners for Possibility leierskapprogram vir skoolhoofde het tydens die geselligheid by Homegrown, hul suksesse en die impak daarvan, met die Witzenberg gemeenskap gedeel. Die program het die geleentheid aan skoolhoofde gebied om hulself te ontwikkel en met die addisionele blootstelling aan kennis, vaardighede en ondervinding, hulself te bemagtig om hul rolle as skoolhoofde en gemeenskapleiers met meer selfvertroue te kan opneem.

Sakeleiers en vennote van die Witzenberg- en Slanghoekvallei het ‘n groot rol gespeel in die sukses van die vennootskappe maar ook in die ontwikkeling van die skoolhoofde.

Ouerbetrokkenheid het ook verbeter met meer ouers wat deelnemend en aktief betrokke is by die skool en nuwe verhoudinge is gevestig met plaaseienaars.

‘n Verskeidenheid van aktiwiteite soos leeshoekies, spelkompetisies en konserte is ondermeer geloods om die akademiese resultate aan te spreek. Die sukses van die program was ongetwyfeld as gevolg van die passie van die gemeenskap en die wil om te help bou aan die toekoms waaroor almal droom.

“As fasiliteerder van die Partners for Possibility leierskapprogram, wil ek graag die bydraes van elke persoon, sakeleier, besigheid of instansie, landbouvereniging en plaaseienaar erken en ons waardering namens ons bestuur oordra” het Jessica Batts gesê.

ESTATE NOTICE

In the estate of late: RAINER BORST Id. no. 430510 5169 188

During life residing: 3 Watsonia Street, Tulbagh, Western Cape Who died on: 26 September 2022 at Tulbagh MASTER REF. NUMBER: 023723/2022

The FIRST AND FINAL LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNT in the above mentioned estate will lie for inspection for a period of 21 days from 28 JULY 2023 at the Magistrate’s Office, TULBAGH and the Master’s Office CAPE TOWN

MULLER TERBLANCHE & BEYERS INC

66 Church Street, Worcester, 6850 P.O. Box 7, Worcester, 6849 (Ref: MRP/nn/MAT21630)

KENNISGEWING

KONSEP 2024/2025 GOP en BEGROTING PROSESPLAN

Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument ter insae lê vir publieke kommentaar en insette.

•Konsep 2024/2025 GOP en Begroting Prosesplan

Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres

Werkswinkel vir plaaslike sakelui

BESIGHEID is eenvoudig, maar nie maklik nie.

Enige sake-eienaar kan hulle hiermee vereenselwig. Die bedryfsomgewing is tans stram, nog meer so in plattelandse gebiede. Sake-eienaars het hoop nodig, ‘n toekomsblik en objektiewe inspraak tot hulle sake aktiwiteite. Dit is presies wat beplan word met ‘n unieke sake werkswinkel wat op 15 Augustus op Ceres aangebied word. Die dag is stampvol. Die fokus word geplaas op die vyf hefbome wat jy kan gebruik om kwantum groei in ‘n onderneming te bewerkstellig. Verder sal sake-eienaars gewys word hoe om produktiewe, geskrewe doelwitte vir hulle ondernemings saam te stel, waarna hulle self doelwitte sal ontwikkel waarop hulle wil fokus in die 12 maande wat volg.

Die sake werkswinkel word moontlik gemaak deur die finansiële en logistieke ondersteuning van Rossouw Cillie (Laastedrif Agri) asook Pieter du Toit (Dutoit Agri). Die werkswinkel word gelei deur Jannie Rossouw, ‘n bewese sakekundige.

NOTICE

DRAFT 2024/2025 IDP and BUDGET PROCESS PLAN

Notice is hereby given that the following draft document is available for public inspection and inputs.

•Draft 2024/2025 IDP and Budget Process Plan

The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za

4 l WITZENBERG HERALD l 28 JULY 2023

DIE nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag 25 Julie, Wêrelddag vir die voorkoming van verdrinking gevier om bewusmakings en voorsorg regoor die wêreld heen te bevorder. Eoudia Erasmus, waterveiligheidsinstrukteur van die NSRI wat skole en organisasies in die Witzenbergstreek besoek, sê baie personeel en skoliere het blou klere aangetrek om dié dag te vier. “Dankie aan almal wat waterveilig is en wat seker maak niemand mag verdrink nie. * Hier is ‘n paar skoliere van Voorsorg primêr in die Koue Bokkeveld afgeneem.

Neem deel en maak 'n verskil

DIE afgelope maande ondervind die Witzenbergstreek ‘n erge toename in honde- en katgetalle.

Die rede is inwoners se diere teel ongestoord aan en word die getal diere wat nie na gekyk kan word nie of wat net in strate ronddwaal, by die dag meer.

Die Ceres dierehospitaal in samerwerking met Witzenberg Vets, ander veeartse en talle plaaslike ondernemings, het ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur om veral honde en in ‘n minderheid die katte, te steriliseer teen ‘n spesiale prys.

Lootjiekaartjies vir pryse van ondermeer Aquilla en Matroosberg, sal verkoop word om te help om die reuse en duur projek te help finansier.

Op 9 September gaan die diere in ‘n Bella Vista saal deur die veeartse gesteriliseer word.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

DIE Witzenberg munisipaliteit het die afgelope twee maande ‘n onstuimige tyd beleef met klagtes van beweerde omkopery teen die burgemeester, die onderburgemeesterspos wat gevul moes word en nuwe ampsdraers wat tydens ‘n onwettige vergadering (sonder ‘n kworum) op 21 Junie verkies is. Maandag 24 Julie is net die verkiesing van die nuwe onderburgemeester afgehandel voordat die speaker, rdl. Sidego, die raadsvergadering verdaag het. Die mosie van wantroue teen die burgemeester en speaker was blykbaar net op die raadsagenda ter inligting en moet weer by ‘n latere raadsvergadering ingedien word om aangehoor te word. Rdl. Gert Laban van Witzenberg Aksie is die nuwe onderburgemeester.

28 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Rosalind Elizabeth Adams

1957/01/17 - 2023/07/17

Roudiens: Do. 27/07/2023 om 19:00, Melkwegstr. 237, Ceres

Begrafnisdiens: Sat. 29 Julie 2023

Huis 10:00, Melkwegstr. 237, Ceres

Kerk: 11:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Peter John Swarts

en Rife behandeling vir algehele gesondheid. Skakel

Boland Roll on Lawn

Verskaffing,

DIANA & KIM

•Financial

•Bring

•Court

1951/01/19 - 2023/07/22

Roudiens: Do. 27/07/2023 om 18:30, St Matthews Kerk, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 29 Julie 2023

Huis: 09:00, Sederweg 490, Bella Vista

Kerk: 10:00, St Matthews, Bella Vista

Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Jan Draai

1954/06/14 - 2023/07/21

Begrafnisdiens: Sat. 29 Julie 2023

Kerk: 10:00, Christian Mission, Noordhoekstraat, Bella Vista

Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Willem Sekels

1974/03/13 - 2023/07/22

Roudiens: Do. 27/07/2023 om 18:30, Siprusstraat 11, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 29 Julie 2023

Huis 09:00, Siprusstraat 11, Bella Vista

Kerk: 10:00, Gemeenskapsaal, Bella Vista

Graf: Bella Vista

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking, verfwerk of vir jou babahondjies. (023) 316-2021

w.t.o.

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

EC BUSDRYWER

VEREISTES:

• Lisensie Kode 14

• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer

Skakel: 072-469-7517

STOMMERIKE. Om

is vir

lekker nie en gewoonlik is dit die moeilikheidmakers in die skool wat dié eer het. Stommerike is ‘n absurde komedie vir tieners, gespeel deur ses amper-tieners, elkeen met sy/haar eie slim kwinkslae, redes vir die “skoolsit” en filosofieë oor die ditjies en datjies van die lewe.

Gratis Mahhala Gratuito Simahla Livre Verniet

Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem?

Ons help graag om dit te verkoop!

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs EEN item per Whatsapp met ‘n prys onder R1 000

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

6 l WITZENBERG HERALD l 28 JULY 2023
aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du P André du PAndré du P André du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com Osoon
072-877-2325
to
is there
help with:
assistance
back lost lovers
and divorce cases
after job
078-283-7310 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE
•Pay
is done
detensie te sit, niemand

Wees deel van Vat 5 vir kinders

DIT is nie net ouers en gesondheidswerkers wat jong kinders kan help om te floreer nie. Almal word gevra om deel te wees van ‘n projek om kinders wat geraak word deur wanvoeding, te help.

In die 2022/23 finansiele jaar is 62 kinders wie jonger as vyf jaar oud is, by Ceres Hospitaal opgeneem weens wanvoeding.

Meer as die helfte van hulle het ernstige akute wanvoeding gehad en ongelukkig het drie kinders gesterf.

Wanneer kinders in veral die eerste 1 000 dae van lewe voldoende voeding, liefde en sorg kry, kan hulle gesonde volwassenes wees. As van hierdie boustene nie daar is nie, beïnvloed dit hulle groei, ontwikkeling, en hulle welstand as volwassenes.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand onderneem verskeie inisiatiewe om kinders se welstand te bevorder deur ‘n fokus op die eerste 1 000 dae van lewe.

As deel hiervan, doen gesondheidswerkers opvoeding oor gesinsbeplanning en gee hulle ondersteuning tydens en ná swangerskap sodat ma en baba so gesond as moontlik bly. Uitsluitlike voeding met borsmelk word sterk aangemoedig vir babas tussen nul en ses maande.

Babas se groei en ontwikkeling word gemonitor by klinieke en tydens uitreike in gemeen-

nuusbrokkies

DIE Witzenberg gemeenskap word uitgenooi om nasionale Vrouedag op 9 Augustus saam met die Togryers museum te kom vier. Die standbeeld van Klara Majola sal tydens die geleentheid onthul word op die oop area voor die John Steyn biblioteek. Verrigtinge begin om 10:30. Indien jy die geleentheid wil bywoon, bespreek nou jou plek voor of op 4 Augustus by (023) 312-2045. Besprekings is noodsaaklik.

✗✗✗✗

BELANGSTELLENDES word uitgenooi na ‘n akoestiese aanbiddingservaring saam met Ceanan Ryan wat op Donderdag 27 Julie om 19:00 begin. Toegangsgeld beloop R50 en vind plaas in die Kononia sentrum in Bella Vista (saal langs rugbyveld).

✗✗✗✗

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-6574673 of stuur ‘n epos aan: isaac jacobs50@yahoo. com

✗✗✗✗

DIE Fred Gaum Hostelites van 19791989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wyle dr. Baartzes.

skappe. Jong kinders kry gratis immunisering om hulle gesondheid te beskerm en hulle te help groei.

Personeel prioritiseer sorg aan jong kinders wat na klinieke of die hospitaal gebring word, en kinders wie bykomende voeding nodig het, word vroeg geïdentifiseer en begin op ‘n spesiale voedingsprogram.

Ten spyte hiervan, is daar steeds kinders wat aan wanvoeding ly en gehospitaliseer moet word, sê dr. Jani Fouché van Ceres hospitaal.

Hierdie kinders is baie siek en word vir een tot ses weke gehospitaliseer. Kinders wie ontslaan word, het ekstra ondersteuning nodig om aan te sterk en daarom begin Ceres hospitaal die Vat 5-projek

Dr. Fouché vra dat die gemeenskap kositems soos mieliemeel, eiers, grondboontjiebotter, olie en warm klere (vir kinders vyf jaar en jonger) skenk sodat elke kind wat ontslaan word nadat hulle gehospitaliseer is weens wanvoeding, ‘n pakkie het om hulle te help aansterk.

“Dit sal kinders help om vir die eerste maand nadat hulle ontslaan is, die belangrikste voedingstowwe te kry,” sê dr. Fouché.

Warm klere is ook belangrik, omdat kinders wie wanvoeding het se velle baie dun word. Dit lei daartoe dat hulle vinniger ontwater en dat hulle makliker hitte verloor.

Volgens die 2020 verslag van Kinderarmoede in Suid-Afrika (uitgereik deur Statistiek S.A.) word 6 uit 10 kinders in verskeie opsigte deur armoede geraak. Die verslag dui aan dat 57,9% van kinders se ontwikkeling geraak word, en 54,4% se gesondheid.

Met Junie wat Kinder- en Jeugmaand is, vra gesondheidswerkers opnuut dat almal in die samelewing se hulp om kinders te laat floreer. Word nou deel van die Vat 5-projek! Skakel dr. Fouché by (023) 316-9600.

28 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
LEERDERS van Laerskool Gericke neem ywerig deel aan karate. LAERSKOOL Gericke se prefekte het die week skryfbehoeftes en teddiebere wat tydens hul Winter Warmte veldtog in die tweede kwartaal ingesamel is, aan een van die skooltjies in die Witzenbergstreek geskenk.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Delicious en Bella Vista pak mekaar die naweek

DIE Witsentraal Groot Uitdaagreeks en die Streek Uitdaagreeks wedstryde word die naweek voortgesit.

Rubyliefhebbers sien met groot opwinding uit na Saterdag 29 Julie se derbywedstryd tussen Bella Vista en Delicious.

Delicious sal weer op die wenpad wil kom en Bella Vista sal graag hul wen momentum wil behou. Die twee eerstespanne pak mekaar om 16:00 op Delicious se veld.

Boland se vrouespan speel om 14:15 teen die Blou Bulle se Daisies.

Oorwinning Cameron Hufke en Ruan Manuel was Saterdag die dorings in die vlees van Wel-

lington. Dié twee spelers het elk drie drieë gedruk in hul span se sege van 52-17.

Die huidige streekkampioene se voorspelers het met hul oorheersing in die vaste fasette die besoekers van Wellington moedeloos gehad.

Bella Vista se agttal met Lurencó Jumath, Lorenzo Boer en Elcado Baadjies in, het goed saamgespeel.

Thierry Grootboom en Jathan-Lee Martin het ook elkeen ‘n drie gedruk. Durin Nasson het vier doelskoppe oorgeskop en Cameron Hufke twee doelskoppe.

Naweek se uitslae

In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks het

Newtons maklik vir Miracles met 62-7 geklop, Wolseley het naelskraap 17-19 teen Temperance verloor, Hamlet het met 61-23 gewen teen Evergreens Paarl, Bella Vista het Wellington met 52-17 geklop, Roses United het Delicious met 32-11 geklop en Hillcrest het Young Blues met 41-30 geklop.

In die Streek Uitdaagreeks het Ceres hul segetog voortgesit en Young Good Hopes met 54-8 afgestof, Vastrap het Young Westlyans met 32-14 geklop, Op-die-Berg was net-net met 23-22 baas teen La Plaisant, Paardekloof het Red Roses met 28-0 geklop en Lovedale het Lindeshof met 17-7 geklop.

Spelers blink uit vir Boland

DRIE hokkiespelers van Laerskool Gericke het die afgelope skoolvakansie vir Boland-spanne uitgedraf. Jarren Morkel en Ruben Giliomee (bo) het die vakansie in die o/13 Barlinka-span en Boland IPT span gespeel. Ruben se IPT-hokkiespan het ‘n brons medalje verower by die hokkiekampioenskappe. Josquin Dollie (regs) was ook lid van die o/13 Barlinka-span.

BELLA Vista primêr spog met ‘n leerder en ‘n opvoeder wat gedurende die Junie skoolvakansie, die skool by die Kaapse Wynland Boland netbaloernooi op Riversdal verteenwoordig het. Joalynne Willemse (bo) is opgeneem in die o/12 netbalspan en Lamese Andrews (onder) is gekies as die o/11 netbalspan se spanbestuurder.

8 l WITZENBERG HERALD l 28 JULY 2023
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems 023 1000 515 info@jptek.co.za
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.