Piketberger - Oktober 2022

Page 1

Liebco 70jr se Erfenis

Liebco het 23 & 24 September sy 70ste bestaansjaar gevier met GROOT winskopies, Boereworsrolle, ‘Pop-a-Balloon’ & DJ Saxie. Dankie Piketberg vir julle getroue ondersteuning die afgelope 70 jaar. Op die foto: Andrew Baadjies (Merchandiser), Gillian Abrahams (Merchandiser), Andries Liebenberg (Eienaar), Rudi Marshall (Merchandiser), Jacobus Liebenberg (Eienaar) en Albert de Jager (Blokman). Sien die middelblad vir partytjiefoto’s. Baie geluk! -Red.

1 Jaargang 29 Nr. 9 022-913 1796www.piketberg.com R5,00 Oktober 2022 Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Roostroue...p4 Seun 54 in Outpost...p4 Virtuele Talentkompetisie...p5 20 Jaar gelede...p6 Blom en Tuinbouklub...p7 Nuus uit Rwanda...p14 Third Term for Hanlie...p16 Trippe Trappe Konsert...p18 PHS Slagorkes...p22

Redaksioneel

Meer as net 'n Dorp

'n Kennis uit die Vrystaat besoek onlangs Piketberg en ons het net ses ure om die dorp en omgewing te verken sy saam met my. Hopeloos te kort, maar lank genoeg vir haar om die skoonheid van ons landskap en die hartlikheid van ons mense te beleef. Eer aan ons Skepper wat alles gemaak het en eer aan die Gees wat in mense woon. Sy let alles op, mense wat groet, wat hulpsaam is en mense wat dienste verskaf. Vanwaar sy kom, is dit nie 'n gegewe nie. Erfenisnaweek doen 40 mense mee aan gemeente uitstappies op Piket Bo Berg. Asemrowende uitsigte doen juis dit, beroof ons van ons asems, stomgeslaan deur God se skeppingswerk, vir my en jou om te geniet. Dieselfde naweek is talle ander aktiwiteite aan die gang. Mense hou reünie, mense stap vir KANSA, mense hou basaar, mense geniet 'n FunRun, party scrap saam met Sarie en Liebco vier fees oor 70 genadejare en die ryke erfenis van 'n familiebesigheid. Dankie Wolf en Jacobus, vir julle oop harte en hande vir Piketberggemeenskap se kerke, skole, organisasies en sommer net sy mense! Baie dankie, Liebco, vir julle jarelange verbintenis met Die Piketberger, sedert die eerste dag in 1993. Julle bydrae help om ons dorp en sy mense se erfenis vas te vang.

Liefde

Die Hanekoms in Namibië: (Regstelling) Helette Hanekom skryf...

Ons het in Windhoek geslaap en nie Witbank nie. Die White House Lodge is nie in Etosha nie. Dit is ‘n aparte plek op sy eie. (Die Redaksie vra om verskoning hiervoor.)

Die Piketberger Redaksie

Briewe van ons lesers…

Ansie Maré skryf...

Met hartseer groet ek die skuins dorp met sy regop mense. Op 24/6/1989 kom ek op Piketberg en ek woon tydelik by my tweeling broer. Op 29/11/1989 seën ons Skepper my met 'n pos by die Munisipaliteit. So leer ek Piketberg se inwoners ken en liefhê, sommer sakke vol liefde. Van ‘n verskrikte hasie verander ek in een van ons mense. Agtien jaar gelede tree die noodlot in. My kroonaaromleiding, twee jaar later werk nie saam. Een op die ander terugslag dwing my tot waar ek nou is. Nou sê ek Totsiens. Ek gaan in Centurion woon. My seuns het 24 uur versorging, liefde, allesvir 'n ouma vol piep. Spaar ons Vader my, ek is 'n WhatsApp ver. Ongelukkig, menslik gesproke, kan niks vir my gedoen word nie. CARPE DIEM julle wonderlike mense. Miskien sien ons mekaar weer. In Jesus liefde, 'n soentjie en drukkie vir u almal. Bergrivier municipality refrain from spraying sidewalks during blossoming season Bergrivier Municipality understands the importance of its blossoming season and the value that wild flowers bring, making it a popular tourist attraction. The Municipality decided to delay all spraying of sidewalks, parks and open spaces in the various towns, to provide sufficient time for the blooming period to complete its annual cycle. David Carolissen, Manager: Community Services at Bergrivier Municipality: "This course of action will enable us to preserve important plant species, by allowing all wild plants to blossom in an undisturbed environment in which they can seed and mature. As much as we love that, our residents and visitors can enjoy a beautiful display of colors and fragrances.”

MC HANEKOM

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

Administrasie van boedels

finansiële state

finansiële state

Korporasie finansiële state

en opgawes sowel as besware en appèl

van finansiële state

Oprigting van trusts

invoere en BTW

Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID

Opstel van testamente

indiening

2 Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com
Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen 022 913 1796 Uitleg : Isabel Lausberg Admin en verspreiding: Marietha Goosen Advertensies: diepiketberger@gmail.com Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.
Isabel LausbergMarietha Goosen
 Maatskappy
 Individue
 Beslote
 Belastingbeplanning
 Oudit
 BTW
Opgawes 
 Boedelbeplanning  Maatskappyregistrasies en
Marietha
3

Roostroue

Jacques Roos en Wilmaré van Wyk is op 24 Augustus in die huwelik bevestig.

Landé se Annerse boek

Seun 54 in Outpost

Seun Kitshoff het op 6 September sy 54ste verjaarsdag soos 'n koning gevier met goeie geselskap, baie geskenke en The Outpost se smaaklike spareribs, sy gunsteling.

Piket Familie Uitdaag

Landé Siebritz, derde van links, se boek "Ammal het 'n Anners" is in Porterville biblioteek bekend gestel.

Piketbergers wat die geleentheid bygewoon het, is Gerna Croeser, Biddy Langenhoven, Lunka Gangatele, Jackie Ferguson, Maritza Müller en afwesig vir die foto, Judy Nortjé.

PQ Agri X (Piketberg Landbou en Industriële Tentoonstelling Genootskap) het op 27 Augustus die sewende Piket Familie Uitdaag aangebied. Spanne het vroeg aangemeld vir inskrywings en die Springbokke ondersteun terwyl hul koffie en broodjies geniet het. Almal het geduldig gewag vir hul wegspring beurt om by die eerste kompetisiepunte aan te meld. Borge het punte beman en speletjies aangebied tot groot vermaak. Die punte het onder andere ingesluit: darts gooi, kettie skiet, trekker ry, bal gooi, geweer skiet en blind bestuur. Spanne moes ook ‘n vraestel voltooi en by borge se besighede vrae beantwoord om punte te verdien. Die wenspan was die “Agterosse” Abraham, Mireen, JW en Suretha Visser. Baie geluk aan hulle, dit verg ware vernuf. Dank aan Hennie Visser, Voorsitter, Marelise en Annelle Vercuiel, en al die vrywilligers en borge se harde werk en beplanning wat die dag moontlik gemaak het. PQ Agri X bedank graag al die borge wat bygedra het tot die dag se sukses, in die vorm van pryse, kontant, uitstallings of aktiwiteite. Die Skougronde vorder stadig maar seker, die saal is beskikbaar vir die hou van vergaderings, opleiding en privaat funksies. Enige navrae kan aan die bestuur gerig word by diepiketuitdaag@gmail.com. Spesiale dank aan: AECI Plant Health Eben Burger, AFGRI Piketberg/ John Deere, Auto Tech (voorheen Midas), Agrimark Piketberg, Bierman Grobbelaar Oogkundiges, Build It/Fox Electro, Cape Dutch Joinery (Malmesbury), Droomland/ Bravo Café/ De Kock en Nel, Dunlop Zone Piketberg Bande, Fick Sementwerke, Fruitlips, Gerber Meubels, Liebco Vleishandelaars, Nexus 24Eswé Visagie, PC Tech, Piketberg Drukkers, Piket Implemente, Piket Trans (De Wet Rossouw), Piketberg Museum, Piketberg Toerisme, Piketberg Powertools/ Stihl Piketberg, Citrusdal Toyota, Weskus Meganisasie en Winkelshoek Wynkelders/Blue Bottle.

4

Virtuele Talentkompetisie

Bergrivier Munisipaliteit het vir die tweede keer ‘n Virtuele

aangebied, waartydens jeugdiges van al nege dorpe hul talente kon wys. Die finaal van die kompetisie, op 27 Augustus 2022 in die N Otto Gemeenskapsaal in Porterville, is deur Phallen van Neel (12 jaar) van Piketberg gewen. Alle deelnemers het ‘n geleentheid gekry om te sing, dans of rymklets. Die kompetisie is ‘n inisiatief uit die kantoor van die Burgemeester en het op 27 Mei 2022 afgeskop op die sosiale media netwerk Facebook. Inwoners van die Bergrivier Munisipale Gebied wat wou deelneem, moes ‘n video van hulself, waar hulle sing, dans of rymklets stuur. Die video is ook op die Munisipaliteit se Facebookblad geplaas vir die kykers om te besigtig.

Davernay Klaase in die derde plek.

MEUBELS:

Vanaf 1977

Ons wil graag al ons lojale kliënte bedank vir jul getroue ondersteuning.

kyk gerus na alle huishoudelike produkte en hou ons Facebook bladsy dop vir al ons nuutste toevoegings.

Ons verskaf ook gratis geskrewe of telefoniese kwotasies

sien uit om jul van diens te wees.

5 DUP
Kom
en
Vir enige navrae kontak ons by onderstaande nommers. Tel: 022 913 1251 / 1307 Whatsapp: 063 749 0741 dupmeubels@telkomsa.net Voortrekkerstraat 43 Posbus 112 Piketberg 7320
Talentkompetisie

20 Jaar gelede - Oktober 2002

Redakteur: Pierre Steenkamp

Mede Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen

Advertensiebestuurder: Deon van Dyk

20 bladsye Donasie R1

Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen Voorblad: Matrieks neem afskeid in Moulin Rouge. VLV woon kongres by in Hartenbos. ACVV hou wykskonferensie. Amy Kleynhans tree op by De Berge, tydens die bekendstelling van Nimue Velsorg. Ackermans open op Piketberg. PHS Matrieks van 1981 en 1982 hou reünie. Ds Frekie van Niekerk neem die Sondag erediens waar. Welkom aan Jaco Carstens (FNB), Sarina en Alno. Alida Waltersvan Bernina loof pryse uit vir die beste strykers: wenners is Grace Dippenaar, Joana Rossouw, Sanet de Beer, Marlien Smit en Maria Fredricks. Wenner van ABSA streekkompetisie is Ettienne Botes. Karin Coetzee en Alison Müller is twee formidabele vroue in die wêreld van Kuns en Musiek. NG Kerkkoor wen drie trofees by VG Kerkkore aand. (Die koor bestaan uit 28 lede). Die Triangle Choral Exchange koor van Noord Carolina, VSA besoek Piketberg. Kinderkrans doen 'n toiletware legging vir Vigswesies. Takkies Reitz is die spreker by PHS se sportprysuitdeling. Jacobus Eksteen verwerf die sportman van die jaar skild. Maré Prins is die sportvrou. Alma Engelbrecht, gr 12, kom derde uit 5000 deelnemers in die Nasionale Afrikaans Olimpiade en vierde in Nasionale Taalbond tweetaligheidseksamen. Toerismebord by N7, olv Karin Coetzee, wenner van Toerismekompetisie. Boland Spar se wenner van 'n Kazuma Vierwiel, is Barnard Cornelius van Goedverwacht.

The Outpost se Gelukkige Wenner

Carina Wiggins is die gelukkige wenner van die Toshiba mikrogolf. Carina se dogter, Carike Rossouw het dit namens haar ontvang.

6

Blom en Tuinbouklub

PBT se onlangse besoek aan Darling orgidee en Duckitt kwekery was leersaam en genotvol. Die volgende byeenkoms op 5 Oktober se spreker en tema is: Jan Tolken van Efecto Die behandeling en voorkoming van plantsiektes.

Badisa Algemene Jaarvergadering

Badisa se Algemene Jaarvergadering is gehou op 8 September. Die spreker was Lucille Domburgh, links. Marié Ehlers, regs is die voorsitter.

7 Piketberg
Pools New Renovations Decking Pool Re-Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pimps/solar Painting Paving Tiling Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings
MAINTENANCE SERVICES Additional Services: 12V Solar Light Installations Handyman Services, Renovation & Revamping, Cleaning Services & Alarm Systems. MJ Maintenance Services (PTY) LTD Reg No: 2022/267320/07 Piketberg and Surrounding Areas West Coast

Rus 'n Bietjie Besoek Koringberg

ACVV Rus'nBietjieklub is dit eens dat 'n mens nie altyd ver van jou tuiste af hoef te gaan toer om interessante dinge te sien en te beleef nie. 'n Daguitstappie na die buurdorp Koringberg op 22 Augustus het dit bevestig. Die dag het afgeskop met die baie interessante vertellings van tannie Martha, 'n oud-posmeester van die dorp. Sy ken Koringberg se geskiedenis van A tot Z en het soos 'n wafferse onderwyseres haar "lesing" met plakkate en humor toegelig. Almal was verstom oor Gert deWaal se handewerk. Die replikas van lorries wat hy maak, is lewensgetrou. Sy verskyning op televisie het hom bekend en gewild gemaak. Oswaldt Kurten het die groep verras met sy brood wat van gemaalde karob peule gemaak is. Hy maak ook interessante juwele en het nog baie drome vir die toekoms. Agter die poskantoortjie word die museum gehuisves, waar jy sowaar enigiets van 'n naald tot 'n koevoet sal opspoor. By Shaun Kriel se houtwerkfabriek het almal sy handewerk bekyk en bewonder. Billy Jones se hartlikheid en pragtige skilderye in sy ateljee het almal laat besluit om definitief in die toekoms weer daar 'n draai te maak en genoeg geld saam te bring vir aankope. Die uitstappie is afgesluit met heerlike kos en nagereg by Desert Rose.

8
Alison seAlison se Swemskool Swemskool 6 6 6- 16 Desember16 Desember16 R440 R440 073 229 2855073 2855
9

Hierdie tyd van die jaar is daar menigtes wat bulder dat die jaar op sy rug lê, maar nee, gelukkig nog nie heeltemal nie, want ons hét nog Oktober én November om te dans op die maat van die skêre wat knip en papier wat skeur. O girts Hallo’s julle almal (ek moet darem my maniere ook onthou) Ek is nog op ‘n heerlike drafstap op pad om September te groet, en sien alweer met verwagting uit na die mooiste maand waaaaant Simondium naweek is om die draai. Maar laat ek nie te veel in die toekoms rond delwe nie, ek moet leer om die hede te waardeer. Dit is natuurlik die minder lekkerte van uitpak en regruk na die Braaidag sessie want om net aan te gaan en nuwe ‘layouts’ te skep, is mos baaaaaaie lekkerder en beter. Droomland het beslis nie teleurgestel nie, en ons dames is bederf met ‘n instap soetwyntjie, smaaklike etes, en genoeg spasie vir ‘n ruim winkel uit die stad (dankies Ronita). Die konferensiesaal het lewe gekry met kuier en lag minute tussen die meet knip en plak ure, maar veels te gou is ons tyd ingesluk en moes ons groet. Tussendeur was daar darem oomblikke van wonderlike lotjie trekkings en “lucky draws”, alles te danke aan ons borge se ruim skenkings (The Outpost vir ‘n VIP Steve Hofmyer kaartjie, Piketberg Apteek vir Gorjeus parfuum, en Droomland vir ‘pamper’ sessie). En met groet tyd het ons besluit dat hierdie groep vir seker ruimte het vir groei, en dit moet sommer baie gereeld herhaal word om in oefening te bly en gereeld raad en idees uit te ruil en dit laat my hart heerlik warm klop so as jy deel wil word, en op hoogte wil bly van wat, waar & wanneer, kontak my op 071 329 5959. Ons het nie eers kans gehad om kaartjies en ‘tags’ te maak nie, die tyd was net te kort, maar hierby is vd bladsye gemaak terwyl die onkundiges kon leer, die meer kundiges kon raad uitdeel, en ekke alweer hopeloos te veel kon bruis want oor hierdie stokperdjie kan ek nie net minute & ure nie, maar dae & maande gesels & brabbel. So voordat ek nou alweer te lank aangaan tata, bye, groetnis, en tot weersiens.

Redelinghuys KANSA Stap

Saterdag 24 September het KANSA ‘n 5km stap by die Sandveld Country Resort aangebied. ‘n Kanker oorwinnaar het as spreker het opgetree.

Dankie Cobis, Danie en Sarie

‘n Groep dames het op Braaidag by Droomland in Piketberg ‘n lekker lag & kuier ‘scrapbooking’ dag gehou, waar ons heerlik kon gesels, eet en ‘scrap’, terwyl ons ook ‘retail therapy’ kon kry met Simply Creative se mobiele winkel. Geld vir PDS is ingesamel om Katinka te help met die versorging van ons plaaslike diere. 1000de Dankies aan ons borge: Bierman Grobbelaar sonbril, Christell Brand kontant, Droomland Belinda Bederfpakkie & 2x vouchers, I Scrap JHB Michelle van Wyk papier, The Online Scrapbooking Carolyn Renaud geskenke, Outpost Restaurant VIP Steve Hofmeyr kaartjie, Piketberg Apteek Gorjeous Parfuum, Simply Creative geskenke, SPAR eetgoed en Super Scrap kontant.

Katinka Morrison bedank Sarie Louw en Cobis en Danie Wilson vir die fondsinsamelings wat hulle vir Piketberg Dieresorg gedoen het. Met Cobis se verjaarsdag is gaste gevra om, in plaas van geskenke, donasies aan Piketberg Dieresorg te gee. Gaste is onthaal met 'n heerlike ete. Sien foto. Sarie Louw het 'n Scrap Booking dag by Droomland aangebied. Met hierdie twee geleenthede is genoeg geld ingesamel om 6 teefhonde te steriliseer.

10 Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine” Donasies Welkom Piketberg Dieresorg NPC Capitec Bank, Spaarrekening 160 6488 552 Takkode 470010
11 Fox Build it borg Steynville Primêre Skool se nuwe sokker uitrustings en - trofees vir hulle sportdag op 24 September.
12
13

Nuus uit Rwanda…

Sommer net ‘n paar staaltjies

(Die taalpuriste moet maar hierdie maand se skrywe met een oog toe lees.) Vrydagoggend kom my tuinman oudergewoonte om te kom werk. Toe hy my sien wasgoed ophang, wil hy dadelik weet “You going somewhere?” Waarop ek hom antwoord en sê dat ek nêrens heen gaan nie en hy antwoord “Oh, but you dress up like going somewhere.” Nou ja, party dae is ek “all dressed up and nowhere to go”, maar dis als om my “sanity” te behou. Hy vee toe blare bymekaar en ek was wasgoed en maak kos “all dressed up”. Later roep hy my om te wys “I changed your design”. Hy het toe die manier hoe ek die potjies met my Suid Afrikaanse vetplantjies op die stoep rangskik het, verander en is baie trots daarop. Hier bestaan nie iets soos ‘n waterskaarste nie en hulle ken ook nie ‘n sproeier nie. Hulle glo als groei net van reënwater, maar aangesien ek blom en groentesaad saai, moet dit natgelei word. Een oggend laat weet Neels my dat ons nie meer mag natlei nie agv ‘n lang storie wat in elk geval nie sin maak nie. Ek roep my tuinman en verduidelik baie mooi aan hom dat alles wat lewe water nodig het en dat die reënwater soms te min is en hy sal moet natlei, maar nie met die sproeier nie. Hy moet die tuinslang neersit en dit klein oopdraai sodat die water loop en dan sal ek hom elke kort kort herinner om dit te skuif, want sien, hy fokus op blare vee. Ek dink toe ek skuif sommer self die tuinslang en waarop kom ek af? Hy het ‘n ou handskoen oor die pyp se voorkant gesit en met ‘n stuk binneband vasgedraai sodat die bure nie moet hoor die water loop nie. En so is my tuinslag ook nou “dressed up” vir natlei. Een aand ‘n rukkie gelede, ry ek en Neels net om bietjie kop skoon te maak na Bugarama om ‘n bier te gaan drink. Ons besluit toe ook sommer om ‘n slag ‘n ander “bar” te gaan verken, wat toe ook maar soos die meeste van die ander lyk, maar met die uitsondering van ‘n paar baie interessante plastiekstoele. Die vorm van die bekende “apple” logo is op die rugkant uitgesny. Hierdie “apple” stoel moet seker ‘n baie duur en betroubre stoel wees. Ek moet sê die pote gemaak van ‘n dun tipe pyp, is stewiger as die res van die ander plastiekstoele wat daar is.

VLV Sirkelprojek: Bome vir ons Kinders!

Piketberg VLV lede in samewerking met Adelma Carstens en haar Gr R klas van die Piketberg Christenskool plant vyf bome by hul skool tydens Boomplantweek, eerste week in September. Al 14 VLV takke van Sirkel Weskus het elkeen vyf verskillende klein boompies ontvang. Dit is moontlik gemaak deur dr Ivan Meyer, Wes Kaapse minister van Landbou. Tydens ‘n spesiale VLV sirkelvergadering te Langebaan spreek hy die wens uit, dat daar gedurende die jaar 100 bome aan die Weskus geplant moet word, aangesien bome natuurlike suurstof aan die aarde genereer om sodoende besoedeling te probeer verminder. Olienhout , Essenhout en Doringbome is geskenk.

Kuier-en-Koop Markdag

Voetspoortjies Kinder Akademie

Voetspoortjies beplan 'n heerlike dag vol pret vir groot en klein. Ouers kan kom ontspan, kuier en koop terwyl die kinders hulself geniet op 5 November 09:00 13:00, by Voetspoortjies Kinder Akademie, Mooiplaas, Piketberg. Ons nooi eienaars van klein besighede uit om hul produkte te kom uitstal. Vir meer inligting of om jou uitstalspasie te bespreek, stuur ‘n epos aan voetspoortjieska@gmail.com of ‘n WhatsApp na 060 504 9778. Sien jou daar. Sien die advertensie onder.

14 Piketberg Nuus Iets interessants om te deel? Artikels - Plaaslike Nuus - RubriekeFunksies - Vermaak - Foto’sIets Interessants Laat weet vir ons by diepiketberger@gmail.com
deur
15

Op die Rakke van die Biblioteek...

SPOOR: Sonja Loots

Sonja Loots is ‘n jeugdige twee en twintig jaar toe sy hierdie novelle die lig laat sien. Met haar voorliefde vir die Sederberge en Elandsbaai aan die Weskus, gebruik sy die onderskeie omgewings as agtergrond waarteen die verhaal hom afspeel. Sy openbaar ‘n enorme kreatiewe skryfstyl en stel die leser bekend aan die onwaarskynlike, teenoor die konkrete en lig die verhaal ver bo die gewone, bekende wêreld uit. Die Junkers 86 van 61 Eskader, wat met ‘n vrag laaghout op pad was na die Brooklyn vliegveld, stort neer bo Pakhuispas in die Noordweste, nadat dit teen Charity piek vasvlieg. Die loods, kaptein Blinkhorn, sterf op feitlik dieselfde oomblik as wat ‘n rooikopdogtertjie haar eerste lewenslig aanskou. Haar pa, wat die ongeluk sien gebeur het, noem sy dogter Charity. Van kleins af is daar ‘n vreemde andersheid in die kind te bespeur. In al die jare wat die vroedvrou in die omgewing babas die lewe ingehelp het, is Charrity die eerste kind wat sy nie op die ruggie hoef te klop om haar te laat huil nie, maar wat vanself, ingedagte ‘n skree geluidjie maak. Bokant Bobbejaansberg naby Elandsbaai, raak ‘n Lockheed Lodestar vliegtuig verdwaal in die mis en val, terwyl ‘n klein seuntjie, Sean Faro in die Verlorenvlei in die vlak water speel. Asof deur ‘n vreemde mag aangedryf, hardloop hy na die wrak en verbrand hom teen die vuurwarm silinderkas. In die ambulans wat hom, sowel as die oorledenes van die vliegramp hospitaal toe vervoer, klou hy verbete vas aan die koel hand van skout-by-nag Guy Waterhouse Hallifax. Twee vliegtuie, twee kinders, en twee heldefigure. Alhoewel hulle mekaar nooit ontmoet nie, stem Charity en Sean se belewenis van die gebeure om hulle en die uitwerking daarvan op die natuur in so ‘n mate ooreen, dat daar ‘n diep verweefde “verhouding” tussen hulle begin posvat al loop hulle spore tot aan die einde langs mekaar, soos die Sishen Saldanha spoorlyn wat tydens hulle later jare, gebou word. Hulle het albei ‘n besondere fyn aanvoeling vir diere en hulle ervaar ‘n weersin in die wreedheid teenoor diere en die skending van die natuur, vir die sinlike genot van mense. Spoor kan beskryf word as ‘n eiesoortige liefdesverhaal, ‘n sprokie vir volwassenes, ‘n boeiende stuk geskiedenis van twee eenlinge, wat die leser daarvan ontroer. Die afloop van die verhaal het ‘n oop einde, waar die twee stawe van die treinspoor mekaar in die donker dieptes van die berg verloor. Net soos wat Sean en Charity langs mekaar loop, maar nooit bymekaar uitkom nie. Alhoewel dit die leser laat met ‘n “gevoel van verlies”, is die luisterryke taal, die gemaklike omgang met woorde en die uitsonderlik kundige skryfstyl so treffend dat ditvan Spoor ‘n boeiende leesgenot maak.

Third

“I was born to

the

I get

dress up, show up

with which I do

work”. So says Adv. Hanlie Linde, Municipal Manager of Bergrivier Municipality, who recently (16 August 2022) signed a new five year contract, keeping her at the helm of the organization until 2027. Lindewho has built up 25 years of experience and knowledge in local government and law in South Africa, has now entered

her third term as a Municipal Manager. As a Municipal Manager, Linde is the Head of Administration and the Accounting officer of Bergrivier Municipality. Her role is to support the strategic vision of our Counciland ensure that the organization delivers good governance and sound management for all towns that fall within its jurisdiction. Under her leadership, since 2012, she guided and transformed the Municipality into a top performing organization. Over the past eight years, Bergrivier Municipality wasranked in the top 10 best performing Municipalities in South Africa, and achieved unqualified audit opinions for several consecutive years.

16
Kom praat met ons oor ’n anti-histamine wat vir jou sal werk. 022 913 1600 / 022 913 2075 Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg Moenie dat allergie jou onderkry nie NOODNOMMERS PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126 Bespreking deur Sandra van Wyk Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 3 November 2022. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 25 Oktober 2022
Term for Hanlie Linde
serve communities. It is my main goal and the reason why
up in the morning,
and
passion
my
Hanlie Linde
17

Trippe Trappe Hou Konsert

Met groot blydskap en dank aan ons Hemelse Vader, kon Trippe Trappe Kleuterskool vir die eerste keer na Covid ‘n heerlike konsert aanbied met die tema, I have a dream. Kleuters het hard geoefen, het elke oomblik geniet en nuwe talent is verseker ontdek. Trippe Trappe bedank die borge, Liebco, Frutemore, De Berge en alle ouers, grootouers, familie en vriende vir u ondersteuning vir hierdie suksesvolle oggend. “I have a dream”, droom groot, en mag al u drome waar word.

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger,

Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures:

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

SKOENBOKSTyd!

Piketberg Skoenboksprojek

help jaarliks rondom 180 pleegkinders van ACVV en Badisa met skryfbehoeftes. Hiermee doen ons graag ‘n beroep op elkeen om betrokke te raak, hetsy deur ‘n geldelike skenking, of deur self ‘n boksie bymekaar te sit. Ons beding goeie pryse met groothandelaars, en sal enige kontantbydrae waardeer. Skryfbehoefte skenkings is ook welkom. Geldelike bydraes kan afgegee word by Marié Ehlers (Piketberg Museum), Hannie kan dit afhaal (083 7544 760) of die skenking kan direk aan Badisa betaal word: Badisa Piketberg: ABSA Tjek: 1180143404 Tak: 632005. Verw. Skoenboks. Diebedragbegrootperboksie/kindisR150.00maarenigeskenkingiswelkom.

Ons vat ook jaarliks hande met Piketberg Dieresorg en sal enige ondersteuning vir die viervoetiges waardeer. Donasies van droë honde-/katkos,

BAIE DANKIE VIR ELKEEN SE ONDERSTEUNING!

Piketberg Dieresorg

18
asook blikkieskos is welkom. Kontak asb vir Katinka op 082 829 6918 om af te haal.

VLV met Misi ‘n Heerlike interessante oggend is op 15 September te Highlands Eco Estate gehou, in samewerking met Niki Visser en al die gasvroue van Leefstyl portefeulje. Die gasspreker was Misi Overturf, dekor spesialis van die KYKNET program

In die Sop. Sy het gesels oor dekor en dames kon foto’s van hul dekor dilemmas aanstuur, waarvoor sy wenke en raad gegee het. Daarna is heerlike verversings geniet. VLV Piketberg se afsluiting vind op 10 November 2022 plaas en hulle nooi graag nuwe vriendinne uit. Kontak Nicoline Brown: 082 477 0665.

Misi Overturf

Die Sop/KYKNET), Nicoline

Elsabé

19 SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994 NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. MEDIESe PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00
(gasspreker van In
Brown (voorsitter): VLV Piketberg), Dinette Lochner (sekretaris+tesourier VLV Piketberg) en
Carstens (Sirkel Weskus Sirkelpresident).

Wes-Boland Klavier Cum Laude

Alison Müller se Porterville leerders, Schalk en Braam Theron, behaal Cum Laude vir klavier by Wes-Boland Eisteddfod.

PHS Laerskool Toneel neem deel te Bastion

Die laerskool toneelgroep het by die Silwervaring Kunstefees opgetree. Goud: Jana Lubbe Gr7, Lené Loubser Gr7, Liany Engelbrecht Gr7, Jani van Niekerk Gr5. Silwer: JT Mdabuli Gr7, Greeve Koen Gr7, Esmari Lambrechts Gr7, Suretha Visser Gr6 en Tammy Boys Gr6.

Nasionale Boekeweek by PHS

Die grondslagfase luister na die storie en waardes van die boek, "Ammal het 'n Anners", soos voorgelees deur die outeur, Landé Siebritz.

PHS Plofstof

Plofstof het in September ‘n muntlegging gehou ten bate van Kinder Kankerbewusmaking. Vir Oktober word 'pamper' sakkies beplan vir Vrouekankermaand. As jy ‘n bydrae wil maak, kontak asb vir Jo Anne Lubbe by 082 852 2924 vir ‘n lysie of ‘n donasie.

20
21 Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma Vry: 08h00 17h30 Sat: 08h00 13h00 piketberg mediese sentrum Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)

PHS Wes-Boland Klavier Eisteddfod

Alison Müller se leerders het puik uitslae behaal tydens dieWes Boland Eisteddfod. Voor is Tammy Boys Graad 6 verwerf 3 Cum Laude - Konsert program.

Agter is Carel van Niekerk Graad 8 - Solo

A Cum Laude, Gerhard Brand Graad 11 - Solo

A Cum Laude en Van Zyl van der Merwe Graad 11 Konsertprogram, 3 Goud.

PHS Wes-Boland Sang Eisteddfod

UNISA Teorie Gr IV: Van Zyl van der Merwe verwerf 90% Ererol.

Laerskool Sang: Lené Loubser Graad 7 verwerf Cum Laude.

Hoërskool Sang Goud:

Disha Lotterie Graad 12, Anja Koen Graad 8, Joanie du Toit Graad 12 en Morné Maré Graad 12, Dusha en Joanie (Duet). Joanie was ‘n pryswenner.

Hoërskool Sang Silwer:

Gaby Booys Graad 12, Joshwin Brink Graad 11, Amber Africa Graad 10 en Reveshni de Bruin Graad 9.

PHS Blokfluit Ensemble

Hoërskool Piketberg se Blokfluit Ensemble behaal Cum Laude vir beide hul items by Wes Boland Eisteddfod en wen die trofee vir Beste Blokfluit Ensemble in die Wes Boland. Kloksgewys van agter is Leigh Wall, Anandri Pretorius, Chloë Apollis, Komien van der Westhuizen, Lee-Ann Persent en Mieke Potgieter afwesig. Foto’s: Endriëtte Le Roux-Smith.

PHS Blokfluit Solo

Lee Ann Persent wen Solo afdeling vir Blokfluit by die Wes Boland Eisteddfod (Graad 7-9) en kry 'n medalje by die Pryswennerskonsert.

PHS Slagorkes

Hoërskool Piketberg se Grondslagfase Slagorkes kry Cum Laude met hul liedjie "I'm Popeye the Sailor Man" by Wes Boland Eisteddfod. Die slagorkes is olv Komien van der Westhuizen.

Wes-Boland Eisteddfod Prestige Pryswenner

Fleur Richter was die algehele pryswenner in twee kategorieë by die Wes-Boland Eisteddfod: Graad 6 Dogters Afrikaanse Huistaal Voordrag en English Additional Language Poetry. Foto: Hanlie Richter.

22
23
24
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.