1 minute read

20 Jaar gelede

20 Jaar gelede - Oktober 2002 Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 20 bladsye Donasie R1

Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen

Advertisement

Voorblad: Matrieks neem afskeid in Moulin Rouge.

VLV woon kongres by in Hartenbos. ACVV hou wykskonferensie. Amy Kleynhans tree op by De Berge, tydens die bekendstelling van Nimue Velsorg. Ackermans open op Piketberg. PHS Matrieks van 1981 en 1982 hou reünie. Ds Frekie van Niekerk neem die Sondag erediens waar. Welkom aan Jaco Carstens (FNB), Sarina en Alno. Alida Walters van Bernina loof pryse uit vir die beste strykers: wenners is Grace Dippenaar, Joana Rossouw, Sanet de Beer, Marlien Smit en Maria Fredricks. Wenner van ABSA streekkompetisie is Ettienne Botes. Karin Coetzee en Alison Müller is twee formidabele vroue in die wêreld van Kuns en Musiek. NG

Kerkkoor wen drie trofees by VG Kerkkore-aand. (Die

koor bestaan uit 28 lede). Die Triangle Choral Exchange koor van Noord Carolina, VSA besoek Piketberg.

Kinderkrans doen 'n toiletware legging vir Vigswe-

sies. Takkies Reitz is die spreker by PHS se sportprysuitdeling. Jacobus Eksteen verwerf die sportman van die jaar skild. Maré Prins is die sportvrou. Alma Engel-

brecht, gr 12, kom derde uit 5000 deelnemers in die Nasionale Afrikaans Olimpiade en vierde in Nasion-

ale Taalbond tweetaligheidseksamen. Toerismebord by N7, olv Karin Coetzee, wenner van Toerismekompetisie. Boland Spar se wenner van 'n Kazuma Vierwiel,

is Barnard Cornelius van Goedverwacht.

Carina Wiggins is die gelukkige wenner van die Toshiba mikrogolf. Carina se dogter, Carike Rossouw het dit namens haar ontvang.