3 minute read

Third Term for Hanlie

Op die Rakke van die Biblioteek...

Advertisement

SPOOR: Sonja Loots

Sonja Loots is ‘n jeugdige twee en twintig jaar toe sy hierdie novelle die lig laat sien. Met haar voorliefde vir die Sederberge en Elandsbaai aan die Weskus, gebruik sy die onderskeie omgewings as agtergrond waarteen die verhaal hom afspeel. Sy openbaar ‘n enorme kreatiewe skryfstyl en stel die leser bekend aan die onwaarskynlike, teenoor die konkrete en lig die verhaal ver bo die gewone, bekende wêreld uit. Die Junkers 86 van 61 Eskader, wat met ‘n vrag laaghout op pad was na die Brooklyn-vliegveld, stort neer bo Pakhuispas in die Noordweste, nadat dit teen Charity-piek vasvlieg. Die loods, kaptein Blinkhorn, sterf op feitlik dieselfde oomblik as wat ‘n rooikopdogtertjie haar eerste lewenslig aanskou. Haar pa, wat die ongeluk sien gebeur het, noem sy dogter Charity. Van kleins af is daar ‘n vreemde andersheid in die kind te bespeur. In al die jare wat die vroedvrou in die omgewing babas die lewe ingehelp het, is Charrity die eerste kind wat sy nie op die ruggie hoef te klop om haar te laat huil nie, maar wat vanself, ingedagte ‘n skree-geluidjie maak. Bokant Bobbejaansberg naby Elandsbaai, raak ‘n Lockheed Lodestar vliegtuig verdwaal in die mis en val, terwyl ‘n klein seuntjie, Sean Faro in die Verlorenvlei in die vlak water speel. Asof deur ‘n vreemde mag aangedryf, hardloop hy na die wrak en verbrand hom teen die vuurwarm silinderkas. In die ambulans wat hom, sowel as die oorledenes van die vliegramp hospitaal toe vervoer, klou hy verbete vas aan die koel hand van skout-by-nag Guy Waterhouse Hallifax. Twee vliegtuie, twee kinders, en twee heldefigure. Alhoewel hulle mekaar nooit ontmoet nie, stem Charity en Sean se belewenis van die gebeure om hulle en die uitwerking daarvan op die natuur in so ‘n mate ooreen, dat daar ‘n diep verweefde “verhouding” tussen hulle begin posvat – al loop hulle spore tot aan die einde langs mekaar, soos die Sishen-Saldanha spoorlyn wat tydens hulle later jare, gebou word. Hulle het albei ‘n besondere fyn aanvoeling vir diere en hulle ervaar ‘n weersin in die wreedheid teenoor diere en die skending van die natuur, vir die sinlike genot van mense. Spoor kan beskryf word as ‘n eiesoortige liefdesverhaal, ‘n sprokie vir volwassenes, ‘n boeiende stuk geskiedenis van twee eenlinge, wat die leser daarvan ontroer. Die afloop van die verhaal het ‘n oop einde, waar die twee stawe van die treinspoor mekaar in die donker dieptes van die berg verloor. Net soos wat Sean en Charity langs mekaar loop, maar nooit bymekaar uitkom nie. Alhoewel dit die leser laat met ‘n “gevoel van verlies”, is die luisterryke taal, die gemaklike omgang met woorde en die uitsonderlik kundige skryfstyl so treffend dat dit van Spoor ‘n boeiende leesgenot maak.

“I was born to serve communities. It is my main goal and the reason why I get up in the morning, dress-up, show-up and the passion with which I do my work”. So says Adv. Hanlie Linde, Municipal Manager of Bergrivier Municipality, who recently (16 August 2022) signed a new five-year contract, keeping her at the helm of the Bespreking organization until 2027. Linde who has deur Sandra built up 25 years of experience and van Wyk knowledge in local government and Hanlie Linde law in South Africa, has now entered her third term as a Municipal Manager. As a Municipal Manager, Linde is the Head of Administration and the Accounting officer of Bergrivier Municipality. Her role is to support the strategic vision of our Council and ensure that the organization delivers good governance and sound management for all towns that fall within its jurisdiction. Under her leadership, since 2012, she guided and transformed the Municipality into a top performing organization. Over the past eight years, Bergrivier Municipality was ranked in the top 10 best performing Municipalities in South Africa, and achieved unqualified audit opinions for several consecutive years.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 3 November 2022. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 25 Oktober 2022 Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075 Moenie dat allergie jou onderkry nie

NOODNOMMERS PIKETBERG

POLISIE - 022 913 8800

BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700

VERKEER - 083 272 4126 Kom praat met ons oor ’n anti-histamine wat vir jou sal werk.