4 minute read

ACVV met Johan Laten

Op die Rakke van die Biblioteek...

As ‘n mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout

Advertisement

ACVV Piketberg het 'n interessante oggend aangebied met 'n verfrissende besoek deur Johan Laten, 'n depressievegter. Dankie aan die personeel en inwoners van Huis AJ Liebenberg vir hulle gasvryheid, die ACVV As 'n mens geluk kon proe is bestuur vir verversings, Laurette Burger en Trippe Trappe 'n jeugverhaal wat oud en jonk vir die vermaak en Ilsé Vincent van neem na die vreugdes en Blomstories vir die blomme. Karin geite van die tienerjare. Daar Greeff ontvang 'n bidbeertjie van is uiteenlopende karakters wat Johan Laten. bymekaar aanklank vind en Foto's: Marietha Goosen tipiese probleme wat opduik waarvoor hulle nie terug staan nie. Selfs die gebruik van suiwer taal word op ‘n humor-

Bespreking deur Susan de Vries. ryke manier aangespreek. Arnelia is ‘n plomp tiener wat baie verhuis as gevolg van haar ma se werk as vertaler. Sy het ‘n hengse swak selfbeeld en wil in die nuwe omgewing ‘n nuwe lewensverhaal kom skryf, maar in die eerste week maak sy haar naam krater deur te val met ‘n volgelaaide bord kos. Dis dan ook juis dié gebeurtenis wat die storie laat VD Groep ontvou. Dewald, ‘n baie aantreklike ou, is dol oor die feit dat sy nie bang is om te eet nie en hy is ‘n kranige kok en Masterchef aanhanger. Haar nuwe vriendinne, Dineo en Ilana, staan by haar as die ander dogters haar verkleineer. Shaun word ook deel van die Snoeperheroes en hy het sy eie geheim wat hy later net met Arrie deel. Sy is vir die eerste keer selfversekerd deel van ‘n groep maats. Die skoolsnoepie en konsert is die twee gebeurtenisse waartydens werklike vriendskappe groei ten spyte van konflikte en Arnelia die brein is agter alles. Wanneer sy terugdink aan die afgelope paar mal maande besef sy dat sy haar lewensverhaal herskryf het. Haar maats het haar aanvaar nes sy is. Die ure se beplanning en werk aan Snoeperheroes, die Haarsproei repetisies, haar klein oorwinninkies in die Engelse klas, haar ma se deurmekaar-maar-altyd-daar-liefde en ondersteuning het alles bygedra tot haar gelukkigheid. Maar veral elke liewe skewe glimlag van Dewald Fourie. Die kersie op die koek Die Vrouediensgroep neem afskeid van Marlien Smit, middel voor. is dat die resepte waarom baie van die storie draai ingesluit is sodat jy as leser die lekkerte saam kan geniet. NGKerk Spokietee Dis beslis een boek wat ek sterk aanbeveel vir ‘n lekker-lees ondervinding.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die SA Raad vir Sakevroue gee erkenning aan vroue van die SACBW Matzikamatak en Bergriviertak, vir hulle bydrae in die gemeenskap. Die spoggeleentheid is gehou by Die Keldery en elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en ‘n geskenkpakkie. Die Weskusstreek, met Chantal Booyse as Voorsitter, het vyf inskrywings vir die Community Warrior Woman Award gehad. Die inskrywings is van Swartland, Bergrivier en Matzikamatak. Die Matzikamatak word gelei en ondersteun deur Hester Du Bruyn, die President van 2021. Nicolene Smit, Wyksraadslid van Wyk 3 vir Swartland Munisipaliteit en Besigheidseienaar van Heaven’s Window was die wenner onder die vaandel van die Bergriviertak wat nog in wording is en Sunet Anderson die wenner vir die Matzikamatak, beide gesetel in die Weskusstreek. Hierdie geleentheid is opgevolg met die glansgeleentheid van die jaar, die Nasionale Jaarlikse prestasietoekennings wat in Mosselbaai in styl gevier is. Sunet Anderson het die Nasionale Toekenning vir die Community Warrior Woman verower. Sunet is die Projek Koördineerder van die Jala Peo Skool se Voedseltuin Projek te Matzikamatak met ‘n sterk fokus op die Weskus. Die jaarlikse toekenning vir Provinsie van die jaar is vir ‘n tweede jaar in ‘n ry verower deur die Weskaap.

Pools-New Renovations Decking Pool Re-Lining Building/Renovations Pool Maintenance Maintenance Pimps/solar Painting Paving Tiling Ponds and water features Plumbing Jacuzzi’s Ceilings

SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994

NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof

Assuring you of our Best Service at all times

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za