4 minute read

Dux-toekennings gaan aan Jan Thys Basson gr 7 en Jana Truter gr

Francois Rabe (Batta Rabe)

15 November 1943 20 September 2022

Advertisement

Francois Batta Rabe word deur sy vriende en familie onthou as 'n ware gesinsman, 'n waardige hoof van die huis wat sy gesin lei in vaste waardes en beginsels. Ook ‘n netjiese man, veral bekend vir sy netjies versorgde motors. Hy is beskou as 'n ware “gentlemen” wat hom nie opgehou het met kwaadpraatjies en rusies nie, maar met sy sagte omgeehart ‘n mense-mens met ‘n goeie humorsin. Oral bekend en geliefd, wat vriendskappe hoog ag en mense aanraak met sy opregtheid. Batta het alles wat hy gedoen het, goed gedoen. Na sy weermagopleiding, bekwaam hy hom as paneelklopper en sy loopbaan begin by Droomers in die Paarl. Hy keer terug na sy tuisdorp Piketberg en begin werk by Thys du Toit Bakwerk. Hy maak ‘n loopbaanskuif en werk by Fanie Vermeulen Grondverskuiwing en vandaar is hy na Piketko tot en met sy aftrede. As daar iets was soos ‘n doktorsgraad in verkoeling, dan het hy dit behaal. Hy was gewild onder die bestuur van Piketko, die direksie, die boere, sy kollegas en die mense wat onder hom gewerk het. Hulle sou mnr Rabe beskryf as streng, maar sy hart was goed. In 1997 behaal hy ‘n besondere prestasie met ‘n toekenning vir vyf agtereenvolgende jare se hoogste persentasie behaal in beherende atmosfeerverkoeling van uitvoervrugte. Vir sy kinders leer hy 'n belangrike lewensbeginsel, as jy die klein dingetjies reg doen, dan skakel jy die groot probleme uit. Vir Batta was daar geen grys areas nie, ‘n ding was reg of verkeerd, en daar kon nie ‘n sakkie lemoene wegraak by Piketko nie, Batta het daarvan geweet. Batta was ‘n kranige en veelsydige sportman. Soos die meeste mense weet, was hy 'n rugbykenner en rugbyliefhebber. Hy was 21 jaar op die bestuur van Piketberg se rugbyklub, waartydens hy by tye die Voorsitter was. Batta, sy pa en sy broers het almal op ‘n stadium vir Piketberg uitgedraf en ‘n foto van hulle is in die destydse koerant gepubliseer. Rugby was sy lewe en hy het sy laaste wedstryd op 48 gespeel, waar hy deur die skeidsregter gevra is om die veld te verlaat omdat hy van hom verskil het oor die beslissing. Hy het besef dis tyd vir 'n nuwe rugbyrigting en het hom bekwaam as ‘n Boland Skeidsregter wat op Saterdae twee wedstryde vir die skool en dan later vir die dorp geblaas het. In sy latere jare as rugbyafrigter, leef hy sy natuurlike aanvoeling vir die spel uit. Tot ‘n paar weke voor sy afsterwe het hy nog rugby gekyk en gedink hy sou ‘n beter taak kon doen in die afrigting van die spelers. Sy rugbyseisoen het tot ‘n einde gekom, maar sy familie het vrede in die wete dat hy nou ‘n speler is in die hemelse rugbyspan. Batta se gesin beskryf hom as ‘n man na God se hart, wat gereed was vir sy lewe in die Ewigheid met Jesus. Sy laaste jare was gevul met die vreugde van sy drie kleindogters, vir wie hy ‘n baie goeie oupa was, wat graag saamgespeel het, stories vertel het en grappies uitgedink het. Hy laat ‘n groot leemte agter, en word met liefde en heimwee onthou deur die gemeenskap van Piketberg en Dwarskersbos, waar hy die laaste jare gewoon het. Sy vrou, Hanlie en kinders Jolandi en Tiaan en Stefanie en Jacques eer die nalatenskap van ‘n man wat ‘n verskil gemaak het oral waar hy beweeg het. Ons groet Batta met reikhalsende verlange dat hy ons inwag die dag wanneer ons almal saam sal wees by Jesus vir altyd.

24 Januarie 1999 29 September 2022

Jou voete het onsterflike spore getrap. Daarom sal ons jou vind in die geur van oggendkoffie en die beskuit wat ons uitdra stoep toe; Ons sal jou vind in die soel middae op die gholfbaan en op die wind wat deur die klofie waai; Ons sal jou vind in die bome wat geduldig oor Piketberg se strate waak; Ons sal jou vind in die kuiervuur wat ons op 'n Vrydagaand aansteek; Ons sal jou vind wanneer ons verby die skool en die sportvelde ry. Daar waar ons kinderdae steeds soos 'n vlag aan die rugbypale wapper; Ons sal jou vind in die koringlande, tussen die wingerde en onder die kruis op die Berg; Ons sal jou vind in die songs wat jy middae na skool in jou Golfie met ons gedeel het; Ons sal jou vind in ons laataand-gedagtes net voor ons die bedliggie afskakel; Dit sal 'n maklike vind wees. Corné, jy sal nooit ver weg wees nie.

Harry se hart uit Berenice se pen

Vlietend vir ewig verby jy groet 'n vriend

sonder waarskuwing word 'n leeftyd weggesny

Geen meer laataand-biere gholfsessies in die vroeër ure een paar voetstappe in die Cederberg minder

Alles vlieg verby en die lewe wag nie vir ons planne vir eendag nie

Dis ons wat agterbly met die pyn sien jou eendag weer gooi solank 'n glasie wyn

Jan-Daniël

Iets interessants om te deel?

Piketberg Nuus

Artikels - Plaaslike Nuus - Rubrieke Funksies - Vermaak - Foto’s Iets Interessants Laat weet vir ons by