Die Piketberger Augustus 2022

Page 1

1 Jaargang 29 Nr. 7 022-913 1796www.piketberg.com R5,00 Augustus 2022 Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: LLB vir Aerin...p2 VLV Nuus...p14 SSS IngridPQAgriXSementAltaMakskaapVasvra...p6virJesus...p8uitRwanda...p14enBlomme...p16FamilieUitdaag.p18Lestrade...p19 Tweede prinses Su Mari Hanekom, Mej PHS Levern Muller en eerste prinses Pamela Booys. Eerste prins JC vd Westhuizen, Mnr PHS Juan Nelson en tweede prins Francois Marais. Beoordelaars: Cimoné Petersen, JJ Benn, Heinrich Gabler en Corné Visser. Foto’s verskaf Mnr & Mej PHS 2022

Dankie vir al die interessante artikels in Die Piketberger. Groete uit Yzerfontein Briewe van ons lesers…

Vrouedag 9 Augustus

2 Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen 022 913 1796 Uitleg : Isabel Lausberg Admin en verspreiding: Marietha Goosen Advertensies: diepiketberger@gmail.com Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Redaksioneel Isabel LausbergMarietha Goosen Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 hanekommc@telkomsa.net2800  Administrasie van boedels  Maatskappy finansiële state  Individue finansiële state  Beslote Korporasie finansiële state  Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl  Oudit van finansiële state  Oprigting van trusts  BTW invoere en BTW Opgawes  Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID  Opstel van testamente  Boedelbeplanning  Maatskappyregistrasies en indiening MC HANEKOM Christa van Ellewee skryf... Na aanleiding van die artikel oor die Olyfboom by Museumbladdiein Die Piketberger, stuur ek hierdie foto geneem by Pont du Gard in 1000OlyfboomstaanMarnelEkFrankryk.Provence,enmyvriendinArnoldhierby'nvan'njroud.

LLB vir Aerin Vivian Kotzee wens sy dogter, Aerin, geluk met haar LLB-graad, verwerf April 2022 aan die Universiteit Stellenbosch.van

Jou Eenstop Gids Dit bly 'n aangename verrassing om ná amper 30 jaar sedert die ontstaan van Die Piketberger, steeds goeie terugvoer te kry. Die koerant is oënskynlik nog vars en interessant, danksy 'n hele gemeenskap se doen en late en besig wees. Ook verras die adverteerders deur hulle getroue ondersteuning dis hulle wat die koerant se drukkoste betaal. Ongelukkig styg kostes by die dag en die advertensiekoste styg nie dienooreenkomstig nie. Slegs 500 koerante word gedruk, wat @ R5 verkoop word, en vir die res is dit aanlyn te lees heeltemal gratis. Ons is opreg dankbaar vir nuwe aanlynlesers. 'n Goeie koerant behoort meer nuus as advertensies te bevat. Die verhouding van 'nuus tot advertensies' in Die Piketberger is op die oomblik effens uit verhouding. Die rede is die adverteerders se gesonde belangstelling om veral volblaaie te bespreek, teenoor die feit dat die koerant nie te veel bladsye moet hê nie, want hoe dikker die koerant, hoe hoër die drukkoste. Een manier om die probleem te hanteer, is om die advertensiekoste op te stoot en ‘n dicker koerant te maak. 'n Ander manier is om die hele koerant te beskou as goeie leesstof en dit is baie maklik! Beskou elke maand se Piketberger as jou eenstop gids vir die maand. Hou dit byderhand of nog beter, lees dit met jou dagboek of notaboek naby, maak aantekeninge of sit reminders op jou foon. Op dié manier gaan jy weet waar om jou inkopies te doen, wie om te kontak vir reparasies, watter eiendomme beskikbaar is, waar om DIY gereedskap aan te skaf, uit te kyk vir tenders, dokters, professionele hulp en vermaak… Wanneer jy Die Piketberger op so 'n manier lees, is jy 'n goeie ambassadeur vir ons mooi dorp en het jy 'n hele koerant vol interessante leesstof. Liefde Marietha

3

VLV Doen Dot Painting

4

Op die foto is Nicoline Brown, Sonja de Jongh, Maresa Smit en Sarie Louw besig met Dot Painting.

Inligting aangaande die beoordeling van kunsartikels is gedeel. Ferina Visser vertel meer oor Dot painting, waarna die dames dié kunsvorm kon beoefen. 'n Leersame dag is afgesluit met sop, tuisgebakte brood en gelukkige pryse.

Die volgende Piketberger is die September-uitgawe en verskyn op 8 September 2022. Sperdatum is 30 Augustus 2022. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

'n Groep vroue van verskillende VLV takke het op 19 Julie by Soverby Lapa, Dwarskersbos bymekaar gekom.

5

Meubels Te Koop

Steve Horn presteer onder water. David en Antonia Noach vier 60 huweliksjare. Christel Smit wen ‘n selfoon in K TV inbelkompetisie. Marilyn Booys is ENB se 5000ste OTM kliënt.

Drie SSS leerders neem deel aan 'n aanlyn Provinsiale vasvrakompetisie vir Besigheidsstudie. Hulle kwalifiseer vir die finale ronde wat by Hoër Tegniese Skool Bellville sal plaasvind. Mnr en Mej SSS Saterdag 30 Augustus word Mnr en Mej SSS gekroon. Enige persoon/instansie is welkom om 'n donasie in enige vorm te maak. Besonderhede sal op sosiale media platforms deurgegee word. Die skool se kontaknommer is 0229131770 steynvillesekonder @gmail.com

Swarthout Eetkamerstel: Tafel met gedraaide pote 1,630mx1,120m, 6 Riempiematstoele pas herriem R12 500 OHB Swaar Imbuia Sitkamerstel: 3 sitplekbank, 2 Groot stoele met rugkussings, 2 Kleiner stoele sonder rugkussings, Bal en Kloupote, Baie houtsneewerk. R8 500 OHB 2x 92cm Pine Divan enkelbeddens met kopstuk en Cloud Nine Classic Matras (100kg) - slegs in Gastekamer gebruik. R1 500 elk Alle items is in 'n skoon, uitstekende toestand. Rede vir verkoop: eienaar verhuis na 'n kleiner huis. Kontak JM Dreyer, Koringberg 073 779 0133

6 20 Jaar gelede Julie 2002 Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-Redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 16 bladsye Donasie R1 Rubrieke: Ons Lesers skryf; Uit Jannie se Pen Voorblad: Wie gaan die Kroon dra (skou)?

Busta’s skenk sake vir PHS O/19-rugby.

Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Jasper Müller en Bendert Smit help graag met enige van die volgende prosedures: Op die foto is die graad 11 SSS-leerders wat deelneem aan die Vasvrakompetisie: Oktyvia Lewies, Jay-dean Claasen SSS Vasvra kompetisie

7

Foto: Marietha Goosen

49 Katte is onlangs gesteriliseer. Elke kat ontvang 'n sakkie kos, geskenk deur Agrimark Piketberg. 'n Hartlike dank ook aan ander donateurs: Agrisell, Bergrivier munisipaliteit, Droomland, Liebco en Superspar Boland. Diere sterilisasies vir Mandeladag Woensdag 27 Julie was Mandela sterilisasiedag vir behoeftige mense se diere, straatkatte en stoorkatte. By dieselfde geleentheid is dierekos uitgedeel. Ongeveer 50 kandidate was op die lys. Dankie aan Superspar Boland vir die spesiale trollie waarin mense deurgaans kos vir diere van behoeftige mense kan skenk.

ACVV Makskaap vir Jesus

Op die rakke van die Biblioteek Dit proe soos huis deur Herman Lensing Bespreking deur Elzeth Kruger. Herman Lensing se boek met huiskosresepte, bevat ou gunstelinge, voorgesit op 'n vars nuwe manier. Die resepte bestaan uit basiese bestanddele wat maklik verkrygbaar is. Elke resep is ekstra aantreklik vanweë die koes terstories uit sy kinderdae. Die foto's is helder, duidelik en aantreklik. Leeskringlede het eie stories uitgeruil en tydens 'n gesellige teedrink van die huisresepte geproe.

8

Die wenner van Piketberg Dieresorg (naweek in die President Hotel, Bantrybaai), is Elmien Uys (regs) van Hebron, Piket-Bo-Berg saam met Katinka Morrison en borg dr Villiers Morrison. PHS vs HSP Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Landé Siebrits, tweede van links, lewer haar getuienis by die ACVV se algemene vergadering.

Landé se produkte met die handelsnaam Makskaap en haar storieboek oor andersheid, is albei gebore vanuit haar verhouding met God. By Landé is ACVV bestuurslede Tracey Liebenberg, Alta van der Walt (voorsitter), Wilma Mouton en Japie le Roux.

Katte Sterilisasies

20INTERSKOLEAug.2022

9

Uit die kunskamer van Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”

Lente loer met die vooruitsig van lieflike vrolike kleure in die tuine en dagure wat aangroei. Vrouemaand lê voor, en oral is uitnodigings om die spesiale dag vir vroue in groepe te geniet. Op eie bodem sien ek weer uit na ons VLV se Kunste & Handvlyt vergadering op 11 Augustus, waar ek aan die dames gaan demonstreer die lekkerte van KolKunsVerf en saamspeel om verskeie items ‘n ‘nuwe baadjie’ te gee, nuwe of ou weggooi items met ‘tools’ in en om die huis, en dit dan so eenvoudig of moeilik soos elkeen dit verkies, ‘n bietjie met kleur op te dollie. Die inspirasie hiervoor kom van ‘n byeenkoms ‘n paar weke gelede in Velddrift waar ons heerlik kon kuier, en ons die agtergrond en voorbeelde van DotArtPainting gehoor & gesien het. Dis ‘n kunsvorm wat ek al lankal van weet, maar nog nooit regtig probeer het nie, maar die spreekwoordelike gogga het gebyt, en ek vertel julle volgende keer meer wat dan alles tussen ons geleer en geoefen is. Die ‘wow’ van hierdie kuns is natuurlik dat dit só groot veld dek en soveel hiermee gedoen kan word, sodat die spreuk van ‘your imagination is the only limit’ net weer eens hier van toepassing is. Ek groet julle dan met ‘n paar in die kol patrone, soos geleen vanaf Pinterest, en onthou, besoekers is welkom om die oggend saam met ons te geniet.

10

11

12

13 40 years experience in Commercial and Home pools A - Z SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994 NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof Assuring you of our Best Service at all times We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangse nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. Skaterlag Kliphard want soms mag ons nie hier nie! 1ste Aflewering Op ‘n klein plattelandse dorpie, sit ons jong katkisante in een bank. ‘n Ma en seun skuif ook in. Almal trek neuse op vir ‘n geweldige stank. Ma aan seun: “Kyk onder jou skoene” en waarlik daar styg ‘n klank ten hemele. Hy kyk om en daar lê die nat spoor van die perdemis vanaf die deur tot by sy voete. Ma: “Knyp vas jou voet”. Nou blaas almal se wange op om te keer. Hy is moedswillig en lig kort kort sy voet. Van daardie diens het ons niks gehoor nie. Hy het seker ook deurgeloop, maar dit het hom verleentheid gespaar, deur die meisies te laat lag. ‘n Deftige vrou sit voor ons in die Kerk, met ‘n almintige groot hoed, met linte en blomme versier. Skielik wys ‘n muis sy neus tussen die blomme uit. Kosie steek sy hand uit en begin speel met hom toe giggel almal sagweg. Die muis skrik en spring vorentoe op die dame se breë bors. Sy gil so hard dat die dakbalke dril waarvandaan die muis sy snorbaard skoon maak en lag. Gelukkig was die diens byna klaar en Dominee het baie diplomaties maar Amen gesê. A Die volgende Piketberger is die September-uitgawe en verskyn op 8 September 2022. Sperdatum is 30 Augustus 2022. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

AMBULANS

14

NOODNOMMERSPIKETBERG POLISIE

BRANDWEER

Wes het die Weskus verteenwoordig. Na al die intensiewe fietsry aktiwiteite het die groep ‘n opvoedkundige uitstappie na die Kangogrotte gehad. Dit was vir die kinders ‘n fantastiese geleentheid en hulle het dit baie geniet.

Lenteaand NG Kerk Piketberg op 1 September 2022 met Niel Büchner en Helmut Meijer. 3 gang maaltyd. Kaartjies R200. Bespreek by Kerkkantoor 022 9131750 Slegs beperkte plekke beskikbaar. Moenie hierdie mooi aand misloop nie.

Dankie aan die ouers wat hulle instaat gestel het om dit te kon bywoon. Nedbank Sport Trust het ook ‘n baie groot bydrae gemaak. Die Assosiasie wil fietsry klubs aanmoedig om te affilieer om sodoende jong fietsryers die geleentheid te gee om blootstelling aan hierdie tipe geleenthede te kry. Fietsry gemeenskappe kan ook steun bied met opleiding en hulp as tydhouers, commissaires en hulp by fietsry Kontakwedrenne.gerusvir Hendrik Matthews 081 288 0849, by die WCCA - 022 913 8800 - 079 349 8619 - 10177 / 022 4338700 Nuus uit Rwanda… deur Alta Nelson Uiteindelik kry ons die geleentheid om die beroemde Canopy Walk te doen. Vroeg oggend is ons uit die vere en ry na Bugarama om by die Burundi grenspos ons Rapid Covid toetse te doen sodat ons die Nyungwe National Park mag binnegaan. Ons tydgleuf is 13h00 en dis naastenby een en ’n half uur se ry van waar ons bly. Dus ry ons rustig deur Kamembe toe en vandaar in die woud in waar ons eers langs die pad stop en sommer plat op moederaarde sit en iets eet en drink. Na ’n verdere 20 minute se ry kom ons by Uwinka Reception Center waar ons vriendelik ontvang word deur die gidse. Ons betaal en terwyl ons wag, eet ons die heerlikste samoosas ooit. Stiptelik om 13h00, na ’n kort inligtingsessie deur ons gids, Gad, kry ons elkeen ‘n “walking stick” en begin ons stap. Die hele staproete is 2,1km lank en het drie hangbrûe. Dit is in 2010 deur die Green Heart NGO groep opgerig. Die gespande aluminium brûe is 70m hoog bokant die Nyungwe Forest. Dit is altesaam 160m lank. Die langste een is 90m, dan 45m en 25m. Wanneer jy oor die langste van die drie brûe loop, sien jy glad nie die grond nie. Dis net boomtoppe en plantegroei. Die reënwoud bevat meer as ‘n 100 unieke boomspesies, 300 voëlspesies, verskeie amfibieë en reptiele. Ons geniet elke oomblik van die stap tussen die bome deur en verkyk ons aan die mooi natuurskoon. Ons stop ’n oomblik om die nuuskierige aapsoort in die boomtakke bokant ons koppe die geleentheid te gee om ons te aanskou (en natuurlik ons vir hulle). Soms was dit opdraendes wat ons moes loop en dan het die “walking stick” baie nuttig te pas gekom. Na een en ’n half uur het ons die staproete voltooi.

SSS toer saam na CG SSS leerders het saam met die West Coast Cycling Association aan die jaarlikse "Youth Festival" in Oudtshoorn deelgeneem. Jongmense van Saldanha, Hopefield, Moorreesburg, Darling, Piketberg en Riebeek

15

16

17

18

19 Kom praat met ons oor ‘’n anti-histamine wat vir jou sal werk. 022 913 1600 / 022 913 2075 Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers Piketberg Dieresorg Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom. MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit Morrison& Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG7320  022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 13:00 Ingrid Lestrade Nuwe Prokureur Ingrid Lestrade se storie vloei gemaklik oor haar lippe omdat dit uit haar hart en siel kom. Dit wat sy vir die afgelope 26 jaar doen, is met doelgerigtheid en gedrewenheid, omdat sy glo in wat sy doen en nooit sal ophou om dit wat sy leer, terug te ploeg nie. Dis 'n storie wat baie verder terug gaan as in 1996 toe sy aan die SA kampioenskappe in Judo deelgeneem het en die eerste keer in Die Piketberger verskyn het. Hierdie boorling van Piketberg is terug in Piketberg, dié keer met haar eie onderneming, Lestrade Attorneys Inc in Langstraat, reg langs Oregon & More. Haar aanvanklike plan om BSc te studeer, het vinnig verander toe sy as ontvangsdame by prokureurs vir menseregte begin werk, 'n werk wat haar net moes finansier om die BSc te hervat. Deur UNISA doen sy haar studie in Regte, terwyl sy op die plaas, Goedgedacht naby Riebeek werk. Dis 'n nie winsgewende organisasie wat hulle beywer vir Jeugontwikkeling in die platteland. Haar klerkskap doen sy by Terblanche Slabber Pieters Ingelyf in Malmesbury. Met haar kwalifikasie in Jeugontwikkeling, verwerf in Kanada, ploeg sy terug en word die dryfveer agter Popsentrums in die twee Riebeke, Porterville, Koringberg, Prins Albert, Riverlands en Chatsworth. Haar passie vir mense leef sy uit in die bemagtiging van veral plaaskinders en vroue deur ‘n nie winsgewende organisasie, Inspire Children and Youth Trust wat sy en haar suster in 2017 opgerig het. Ingrid gee erkenning aan haar ma, wat 'n anker in hulle vier dogters se lewe was en steeds is. Aan moedersknie leer hulle om te glo, in iets, jy kan self kies, en ook om hard te leer sodat jy self kan koop wat jy wil hê. Van jongs af is geen werk vir Ingrid te eenvoudig om te doen nie sy onthou met trots hoe sy by die ou Shell garage op Piketberg petroljoggie was en toilette skoongemaak het en met haar eerste "genoeg" geld haar bestuurderslisensie bekom het. Haar sussie Louise het 'n meestersgraad in Sielkunde, sussie Bridgit is 'n dosent in Verpleegkunde by CPUT en sussie Erica 'n Wiskunde onderwyseres in Worcester. Op die oomblik is Ingrid besig om haar te bekwaam in die Engelse en Walliese regstelsel en sy het ook haar M verhandeling in Belasting ingegee en wag nog om die uitslag te hoor. Intussen staan haar praktyk se deur oop en bied sy hiermee ook die geleentheid om vir huidige en voornemende Regstudente klerkskappe aan te bied.

20

Dr Pieter Bruwer (Spesialis

Dr Sam Scheepers (Algemene

21 Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma Vry: 08h00 17h30 Sat: 08h00 13h00

Merina

Praktisyn)

piketberg mediese sentrum

Ilse

Dr Bibi Werle (Sonar) Bruwer (Spraakterapeut) de Waal (Dieetkundige)

Huisarts)

22

23

24

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.