4 minute read

Makskaap vir Jesus

49 Katte is onlangs gesteriliseer. Elke kat ontvang 'n sakkie kos, geskenk deur Agrimark Piketberg. 'n Hartlike dank ook aan ander donateurs: Agrisell, Bergrivier munisipaliteit, Droomland, Liebco en Superspar Boland.

Diere sterilisasies vir Mandeladag

Advertisement

Woensdag 27 Julie was Mandela- sterilisasiedag vir behoeftige mense se diere, straatkatte en stoorkatte. By dieselfde geleentheid is dierekos uitgedeel. Ongeveer 50 kandidate was op die lys. Dankie aan Superspar Boland vir die spesiale trollie waarin mense deurgaans kos vir diere van behoeftige mense kan skenk.

Die wenner van Piketberg Dieresorg (naweek in die President Hotel, Bantrybaai), is Elmien Uys (regs) van Hebron, Piket-Bo-Berg saam met Katinka Morrison en borg dr Villiers Morrison.

PHS vs HSP INTERSKOLE 20 Aug. 2022

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Landé Siebrits, tweede van links, lewer haar getuienis by die ACVV se algemene vergadering. Landé se produkte met die handelsnaam Makskaap en haar storieboek oor andersheid, is albei gebore vanuit haar verhouding met God. By Landé is ACVVbestuurslede Tracey Liebenberg, Alta van der Walt (voorsitter), Wilma Mouton en Japie le Roux. Foto: Marietha Goosen

Op die rakke van die Biblioteek

Dit proe soos huis deur Herman Lensing

Bespreking deur Elzeth Kruger. Herman Lensing se boek met huiskosresepte, bevat ou gunstelinge, voorgesit op 'n vars nuwe manier. Die resepte bestaan uit basiese bestanddele wat maklik verkrygbaar is. Elke resep is ekstra aantreklik vanweë die koesterstories uit sy kinderdae. Die foto's is helder, duidelik en aantreklik. Leeskringlede het eie stories uitgeruil en tydens 'n gesellige teedrink van die huisresepte geproe.

met baie “shabby” en bq “shine”

Lente loer met die vooruitsig van lieflike vrolike kleure in die tuine en dagure wat aangroei. Vrouemaand lê voor, en oral is uitnodigings om die spesiale dag vir vroue in groepe te geniet. Op eie bodem sien ek weer uit na ons VLV se Kunste & Handvlyt vergadering op 11 Augustus, waar ek aan die dames gaan demonstreer die lekkerte van KolKunsVerf en saamspeel om verskeie items ‘n ‘nuwe baadjie’ te gee, nuwe of ou weggooi items met ‘tools’ in en om die huis, en dit dan so eenvoudig of moeilik soos elkeen dit verkies, ‘n bietjie met kleur op te dollie. Die inspirasie hiervoor kom van ‘n byeenkoms ‘n paar weke gelede in Velddrift waar ons heerlik kon kuier, en ons die agtergrond en voorbeelde van DotArtPainting gehoor & gesien het. Dis ‘n kunsvorm wat ek al lankal van weet, maar nog nooit regtig probeer het nie, maar die spreekwoordelike gogga het gebyt, en ek vertel julle volgende keer meer wat dan alles tussen ons geleer en geoefen is. Die ‘wow’ van hierdie kuns is natuurlik dat dit só groot veld dek en soveel hiermee gedoen kan word, sodat die spreuk van ‘your imagination is the only limit’ net weereens hier van toepassing is. Ek groet julle dan met ‘n paar in-die-kol-patrone, soos geleen vanaf Pinterest, en onthou, besoekers is welkom om die oggend saam met ons te geniet.

want soms mag ons nie hier nie! 1ste Aflewering

Op ‘n klein plattelandse dorpie, sit ons jong katkisante in een bank. ‘n Ma en seun skuif ook in. Almal trek neuse op vir ‘n geweldige stank. Ma aan seun: “Kyk onder jou skoene” en waarlik daar styg ‘n klank ten hemele. Hy kyk om en daar lê die nat spoor van die perdemis vanaf die deur tot by sy voete. Ma: “Knyp vas jou voet”. Nou blaas almal se wange op om te keer. Hy is moedswillig en lig kort-kort sy voet. Van daardie diens het ons niks gehoor nie. Hy het seker ook deurgeloop, maar dit het hom verleentheid gespaar, deur die meisies te laat lag. ‘n Deftige vrou sit voor ons in die Kerk, met ‘n almintige groot hoed, met linte en blomme versier. Skielik wys ‘n muis sy neus tussen die blomme uit. Kosie steek sy hand uit en begin speel met hom – toe giggel almal sagweg. Die muis skrik en spring vorentoe op die dame se breë bors. Sy gil so hard dat die dakbalke dril waarvandaan die muis sy snorbaard skoon maak en lag. Gelukkig was die diens byna klaar en Dominee het baie diplomaties maar Amen gesê. –A

Die volgende Piketberger is die September-uitgawe en verskyn op 8 September 2022. Sperdatum is 30 Augustus 2022. Stuur advertensies, rubrieke, nuus, foto’s na diepiketberger@gmail.com

40 years experience in Commercial and Home pools A - Z

SHADEPORTS NEW and REPAIRS Est. 1994

NEW Shadeports supplied and installed RECOVER existing Structure with NEW SHADECLOTH REPAIR Structures Use to SHADE Pools / Cars / Boats / Caravans / Play Areas Alterations undertaken Replace PVC Windows on DROP BLINDS Shaded or Waterproof

Assuring you of our Best Service at all times

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap e n pr o d uk te b y H o ërs k o ol Piketberg, waar ons onlangse nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer. We cover WEST COAST also MALMESBURY, PIKETBERG, PORTERVILLE etc Contact: Freddy Pfuhl: 083 9857558 Angela Pfuhl: 073 7013682 Email: mail@affiplaas.co.za