2012 September

Page 8

8

Piketberg Toerisme Buro se rol in die gemeenskap Piketberg Toerisme Buro is lid van die Bergrivier Toerisme Organisasie (BTO), ‗n plaaslike toerisme organisasie vir al die ingeskrewe lede van die Toeriste Inligtingsentrums in die drie hoofdorpe binne die Bergrivier Munisipale gebied. Elke dorp se toerismeorganisasie verteenwoordig al die sektore van die toerismebedryf, asook die besighede wat indirek by toerisme baat.

te sorg dat die Toeriste Inligtingsentrum doeltreffend funksioneer as inligtingspunt en dien as die amptelike ‗ontvangs‘ van alle toeriste na ons omgewing. Toerismeintelligensie (statistieke) moet voortdurend versamel word om te verseker dat bemarkings- en ontwikkelingsbesluite strategies en doelgerig is. Die Piketberg Toerismekomitee verteenwoordig verskeie toerismesektore en -rolspelers. As nie-winsgewende organisasie is Piketberg Toerisme afhanklik van lidmaatskap, vennootskappe en samewerking met die breëre ekonomiese sektore van die groter Piketbergomgewing. Die 2012/13 komitee verwelkom enige voorstelle en/of betrokkenheid om te help met die groot uitdaging wat hulle in die gesig staar en onderneem om deur middel van gereelde terugvoering lede en belanghebbendes op hoogte te hou van die komitee se aktiwiteite. Die Piketberg Toerismekantoor is nou in die Museumkompleks in Kerkstraat. Kontak gerus die toerisme-beampte, Heike Oelbüttel, by 022-9132063 vir enige inligting of net ‗n geselsie. Hou die volgende uitgawe van Die Piketberger dop vir ‗n artikel oor die nuwe toerisme-beampte, die kantoor in Kerkstraat en die komitee se planne vir die jaar. Berig: Yvette Odendaal BTO Strategiese Koördineerder

Sekretaressedag Agter is Heike Oelbüttel, Anthea Delmotte, Riëtte Bryant en Berenice Scheepers. Voor is Dave Ferguson en Ferdinand Bruwer. Die volgende persone was afwesig: Wesley du Plessis (Cornberg Cottages), Alida Lintnaar (Alida’s), Joline Coffee (Redelinghuys), Danie Smit (Redelinghuys), Lorraine Cornelius (Goedverwacht), Merle Dietrichs (Goedverwacht), Mr S Benjamin (Wittewater) en Jasmine (Vroue van Môre). Die BTO beding jaarliks met Bergrivier Munisipaliteit ‗n toewysing uit die begroting aan toerisme, wat hoofsaaklik bydra tot die bedryfskostes van die drie Toeriste Inligtingsentrums. Elkeen van die hoofdorpe het ook sateliete wat dit bedien. Piketberg Toerisme se sateliete is Goedverwacht, Wittewater en Redelinghuys. As lid van die BTO is dit Piketberg Toerisme se hoof doelstelling om toerisme binne sy spesifieke gebied te bevorder en hierdeur ook plaaslike ekonomiese ontwikkeling te stimuleer. In die praktyk beteken dit dat Piketberg Toerisme eerstens optree as ‗n bestemmingsbemarkingsorganisasie en tweedens as fasiliteerder van die ontwikkeling van die bestemming se toerismebedryf. As bestemmingsbemarker beoog Piketberg Toerisme om Piketberg en sy sateliete se identiteit as verkose bestemming te verhoog en ‗n unieke handelsmerk daarvoor te ontwikkel. Ons weet reeds dat Piketberg se hoof toeriste-inkomste gegenereer word deur besigheidstoerisme en in-transito toeriste wat graag hier oorslaap. Die uitdaging is nou om meer en ander besoekers hierheen te lok en hulle langer te laat oorbly. Dit sal noodwendig beteken dat bestaande toerismeprodukte moontlik aangepas moet word, dat nuwe toerismeprodukte ontwikkel moet word, dat daar toerpakkette saamgestel moet word en dat spesifieke roetes geidentifiseer word. As agent vir toerisme-ontwikkeling in die area is dit Piketberg Toerisme se verantwoordelikheid om eerstens

Die ACVV Sekretaressedag verskuif na Woensdag 5 September om 07:00 vir 07:30. Kaartjies by ACVV kantoor beskikbaar.

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.