2012 September

Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2012

022-913 1777

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com GEDRUK DEUR PIKETBERG DRUKKERS BK (022) 9131679 / 9131890

Rangskik met Ritme en Rym

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Manne-aand...p6 Zebrafees...pp9+19 Emosionele Intelligensie...p11 VLV beurs...p13 SANS in Piketberg...p14 Blomme...p16 Pikuna...p21 PHS Drama...p22 Skouprogram...p23 Wetenskap vasvra...p25 Interskole...p26 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

Randall Wicomb

Marjolijn Malan en Elbeth Liebenberg

Terwyl die wêreld saam juig oor die prestasies van die Olimpiese Spele, beleef Piketbergers 'n onvergeetlike oggend van Olimpiese gehalte saam met Piketberg se Kampioen in Blommekuns, Elbeth Liebenberg, haar sielsgenoot in die Blommewêreld, Marjolijn Malan en die alombekende liedjieskrywer en sanger, Randall Wicomb. Op die verhoog, soos in 'n konsert, komplimenteer twee kunste mekaar en die resultaat is asemrowend. Het jy al die

hartlam in haar rooi rok sien dans, Spreuke se tonge van vuur gesien, Habakuk 3 se (rib)gemsbok veilig op die Kalahari duin sien staan, gesien hoe koud en skraal die windjie in Eugene Marais se Winternag is..... kyk hoe sien die blommemense dit op p 16. Dankie ACVV, vir die reël van 'n besonderse oggend en dankie aan die kunstenaars vir die vrygewige deel van julle Godgegewe talent. Foto's: Marietha Goosen

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

 022 913 1939  022 913 2404

DRINGEND OPSOEK na 2012 se...

BESTE POT-MAKER! 29 SEPTEMBER 2012 SKRYF NOU IN! Jy kan NOU jou plot ook uitkies! Inskrywingsvorms beskikbaar in die winkel. Tertia Roux - 022 913 1163 pro@bolandsuperspar.com


2

Briewe van ons lesers...

Redaksioneel ‘n Prentjie vertel ‘n duisend stories Ek pak kaste reg en kom af op oulike artikels wat ek uitgeskeur het. Die een is van Ilna Grobler, my vriendin wat vir die Swartland & Weskus Herald geskryf het op 13 September 2007. Ek verstaan so goed wat sy sê: sy is gewoonlik agter die kamera by al wat 'n geleentheid is en nes sy, het ek al oor en oor beleef hoe gretig party is vir 'n foto nemery en hoe sku party is. Die aangename deel is, soos Ilna ook sê, die vreugde oor 'n moment of persoon wat afgeneem is en kosbare herinneringe wat geskep word. 'n Prentjie vertel 'n duisend stories.... Tog het ek by Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan se oggend saam met Randall Wicomb besef 'n foto is net 'n skamele replika en kom nie naby die ware jakob nie. In dié geval, voel ek, moes mens self daar gewees het. Dankie, Elbeth, Piketberg is trots op jou. En vir dié wat nie daar kon wees nie, kyk gerus op p16 en in kleur op die internet na die foto‘s wat ons vir julle geneem het. Dis juis op die voorblad van Die Piketberger wat ek Elbeth 15 jaar gelede vir die eerste keer gesien het en oor haar gelees het. Toe ek haar daarna ontmoet, het ek reeds ‘n prentjie van haar gehad. Baie dankie aan elkeen wat moeite doen om vir ons foto's te stuur. Dit vrolik ons koerant op en vertel 'n duisend stories. Dankie vir diegene wat bereid is om by funksies waar ons nie beskikbaar is nie, in te staan. Beskou jou naam onderaan die foto as erkenning en dank! Preach God at all times and if necessary, use words… wys jou net JOU prentjie vertel ook ‗n duisend stories.

Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

Kenneth Smit

Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Marietha Goosen Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Barbie Breunissen

Elmirique skryf... Soos julle al weet was ek vir 'n week in Italië met vakansie. Dit was voorwaar 'n baie lekker vakansie. Ek het saam met 'n au pair vriendin van Brasilië gereis. Ons het na Pisa gevlieg, vir een aand oorgeslaap en die volgende oggend die skewe toring en Katedraal gaan bekyk. Die middag het ons 'n trein geneem na Florence wat ongeveer so 'n uur se reis was. In Florence het ons twee nagte geslaap en die omgewing verken. Ons het ook die Duomo Katedraal gesien en die indrukwekkende Toskaanse huise. Woensdagoggend het ons met 'n hispeed trein gereis van Florence na Rome. Die trein is nog al m odern toegerus met 'n kroeg en op jou kaartjie is jou sitpleknommer. Ons Elmirique en haar vriendin van het €29 vir 'n enBrasilië by Trevi fontein. kelrit kaartjie betaal. In Rome aangekom het ons die hostel gaan opsoek (so 5 minute se loop van die Termini treinstasie). Ons het die Vatikaan, Trevi fontein, Pantheon, Piazza Novana, Colosseum en baie ander plekke besoek. Dit was 'n vakansie wat ek nooit sal vergeet, ten spyte van die warm temperature (soms in die 40 grade) en baie loop. Teen Vrydag was ons rug en voete omtrent seer van al die loop, maar dit was elke tree werd. Ons het die Saterdag terug gevlieg van Rome na Eindhoven. En so kom my wonderlike jaar as au pair ook tot 'n einde. 4 September is ek terug in SA en Piketberg! Geniet julle laaste wintermaand voor die mooi lente aanbreek.

Woonstelle/Huise te Huur Ruim plaashuis onmiddellik te huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069 Koringberg, 2 slaapkamer woonstel, volledig gemeubileer, lang-of korttermyn. R3500,00 pm Tel 022 423 8015 Sel 076 740 6395 Een slaapkamer woonstel te huur ruim kombuis en badkamer, baie privaat. Geskik vir bejaarde, of alleenstaande person. Dit word betreur, maar geen kinders of diere nie. Deposito betaalbaar en kontrak. Vir huur en besonderhede kontak Mnr. Kalp Tel. 022 931 3507 Sel 082 872 4005

Kamers Te Huur- Ou Nederberg Hotel Margaret Smit

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

En-suite kamers, geskik vir 1-2 persone Nie-drinkers en -rokers Geskik vir ouer-/enkelpersone-stil atmosfeer Gemeenskaplike kombuis Koste: R1 350 p/m, water en krag ingesluit Troeteldiere-reël vooraf. Geen Kansvatters! Kontak: 022 913 1886 / 072 130 2936


3 Tottie Windt, is die gelukkige wenner van die 2Acre hardware kompetisie. Op die foto oorhandig Marilyn Rivida, Winkelbestuurder, die Alcolin geskenkpak aan hom. Foto: Verskaf

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG EN PORTERVILLE

TELEFOONGIDS Ons het reeds begin met die advertensie verkope vir ‗n nuwe uitgawe van die Lions Telefoongids. Ons hoop om dit gereed te hê en uit te gee teen die eerste kwaartaal van 2013, of vroeër indien moontlik. As u ‗n advertensie in die 2008 Gids gehad het, sal ons u kontak i.v.m. ‗n advertensie in die nuwe Gids. Indien nie, en u wil in die nuwe Gids adverteer, kontak ons asseblief verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Ons werk van die 2011/2012 Telkom Gids as ‗n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is (en daar is baie foute), of as u net ‗n selfoon het en die nommer in ons Gids wil hê, kontak ons asb., verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon.

Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Hydraulic Pipe Crimping Hydraulic Fittings Bearings & Seals Bolts & Nuts Kontak: Carlo Visser

079 425 5878 / 022 913 1214 Piketberg Industria, Piketberg Engineering Gebou

Vriendelike diens gewaarborg


4

deur Jannie Lategan

Lewensritme Het ons straks ons lewensritme verloor omdat 'n juk van teleurstelling, mis- en teëspoed, ongelukkigheid en vele meer, besig is om ons te kniehalter. Laat ons straks half oogluikend toe dat ons geluk gesteel word? Om lewensritme te behou moet daar gefokus word en niks of niemand mag toegelaat word om ons daarvan te weerhou nie. Die ritme van die lewe gaan nie oor haas of oor spoed nie, maar dit gaan veel eerder om voort te beweeg na ‗n doelwit, wat deur jou eie individualiteit aan jou voorgeskryf word. Daar moet beslis ritme in elke denkpatroon wees, ritme in jou psige, in jou omgang met geliefdes en vriende, in jou belangstellingsvelde, in jou werksituasie, jou betrokkenheid by jou Kerk en jou beskikbaarheid in jou gemeenskap. Hierdie lysie kan deur elke leser verder voltooi word. Die vraag bly: Beweeg ek ‖ligvoets‖ deur die lewe of is daar ‗n mymerende negatiewe effek wat my aandag afwaarts laat drentel en ek so my lewenspassie; my ritme verloor. Lewensritme kan nie weggesteek word nie...dit is tè maklik waarneembaar: Jy hèt dit of jy hèt dit nie. Dit is derhalwe nie iets wat met sluwe toneelspel verstoke kan word nie. Lewensgeluk binne die raamwerk van jou huishouding en sosialisering met ander, is van kardinale belang, want ongelukkigheid kan jou en my ritme temper. Geluk is iets wat geld en goed nie kan skep nie, maar dit is beslis iets waarvoor ek en jy, self alleenlik voor verantwoordelik is. Mag ek en elke leser met oortuiging die las wat ons saamsleep afwerp, sodat ons vreugdevol ons lewensritme met volhoubaarheid kan voortsit. Die appèl word op u en my lewe gemaak en ek alleen kan my eie geluk skep of vernietig!

Ouma se kombers

Marietjie Gagiano Foto: Lilla Treurnicht

Huis AJ Liebenberg Vleismark 27 Oktober 2012

Marietjie Gagiano van Huis AJ Liebenberg op Piketberg wys die kombers wat sy onlangs gehekel het en aan Huis Horison op Stellenbosch geskenk het. Huis Horison kon die kombers, saam met ander artikels, verkoop vir fondse. Marietjie het al dikwels in die verlede op so ‘n manier Huis Horison ondersteun. Op die oomblik is sy besig met truitjies vir minder bevoorregtes.

Kekkel & Kraai Smaaklike Hoenderbredie 1kg hoenderstukke 1 pakkie beesvleis en tamatie soppoeier 30ml koekmeelblom 60ml kookolie 2 medium uie, gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk 2 wortels, gesny 1 blik (410g) gekapte tamaties 1½ koppies water 1½ koppies droë witwyn, opsioneel Stel oond op 180°C. Plaas hoenderstukke, soppoeier en koekmeelblom in plastieksakkie en skud (hou meelmensgel wat oorbly). Verhit olie en braai hoenderstukke tot bruin. Plaas hoenderstukke in kasserol. Braai uie, knoffel en wortels vir 5min. Voeg groente by hoender. Voeg tamaties, water en wyn en roer meel en sopmengsel wat in sakkie oorgebly het, by. Plaas deksel op kasserol en bak vir 60min. Bedien met rys.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Wintersuitverkoping Nuwe Somersvoorraad beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Manne aand met Kobus en Balie Op Vrydag 17 Augustus is ‗n gesellige manne aand gehou ter ondersteuning van PHS se rugbytoerfonds. Kobus Wiese en Balie Swart, albei bekende oud-rugbyspelers het die aand saam met omtrent 200 manne geniet. Chris van der Merwe, afrigter van PHS se eerste rugbyspan het die manne aand geïnisieer en die ouers van die rugbyspelers wat in die toergroep ingesluit is, het hard gewerk om die aand ‗n sukses te maak. Die ouers wil graag die twee groot borge van die aand, Kaap Agri en MKB Moorreesburg bedank vir hul ruim skunking. Ook bedank hulle maatskappye wat tafels geborg het en produkte geskenk het en al die manne wat die aand saam geniet het. ‗n Groot dank gaan ook aan ons gemeenskap wat hierdie fondsinsamelingsprojek ondersteun het.

Rugby bring ou vriende bymekaar. Agteris Koot Nel, James Lawrence, Chris van der Merwe, Kobus Wiese en Balie Swart. Voor is Chris Lombaard (Eienaar van Mr Farmer en Marius Scholtz.

Foto’s: Juanita van der Merwe

Balie Swart, Kobus Wiese en Marius Scholtz in gesellige luim op die verhoog.

 Kombuis en slaapkamer eenhede.  Koffietafels, kanttafeltjies  T.V. Kaste (Platskerm)  Rakkies, kassies  Restorasie van meubels  Dekor Items, domes  Geskenke, pragtige lint Christo en Linda van Schalkwyk

Die borge was Francois Swanepoel (MKB Moorreesburg), Cyril du Toit (Kaap Agri Piketberg) en voor Jimmy (Eienaar van Jimmy’s sous) saam met Balie Swart, Chris van der Merwe en Kobus Wiese.

Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

Berig: Barbie Breunissen

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221


7


8

Piketberg Toerisme Buro se rol in die gemeenskap Piketberg Toerisme Buro is lid van die Bergrivier Toerisme Organisasie (BTO), ‗n plaaslike toerisme organisasie vir al die ingeskrewe lede van die Toeriste Inligtingsentrums in die drie hoofdorpe binne die Bergrivier Munisipale gebied. Elke dorp se toerismeorganisasie verteenwoordig al die sektore van die toerismebedryf, asook die besighede wat indirek by toerisme baat.

te sorg dat die Toeriste Inligtingsentrum doeltreffend funksioneer as inligtingspunt en dien as die amptelike ‗ontvangs‘ van alle toeriste na ons omgewing. Toerismeintelligensie (statistieke) moet voortdurend versamel word om te verseker dat bemarkings- en ontwikkelingsbesluite strategies en doelgerig is. Die Piketberg Toerismekomitee verteenwoordig verskeie toerismesektore en -rolspelers. As nie-winsgewende organisasie is Piketberg Toerisme afhanklik van lidmaatskap, vennootskappe en samewerking met die breëre ekonomiese sektore van die groter Piketbergomgewing. Die 2012/13 komitee verwelkom enige voorstelle en/of betrokkenheid om te help met die groot uitdaging wat hulle in die gesig staar en onderneem om deur middel van gereelde terugvoering lede en belanghebbendes op hoogte te hou van die komitee se aktiwiteite. Die Piketberg Toerismekantoor is nou in die Museumkompleks in Kerkstraat. Kontak gerus die toerisme-beampte, Heike Oelbüttel, by 022-9132063 vir enige inligting of net ‗n geselsie. Hou die volgende uitgawe van Die Piketberger dop vir ‗n artikel oor die nuwe toerisme-beampte, die kantoor in Kerkstraat en die komitee se planne vir die jaar. Berig: Yvette Odendaal BTO Strategiese Koördineerder

Sekretaressedag Agter is Heike Oelbüttel, Anthea Delmotte, Riëtte Bryant en Berenice Scheepers. Voor is Dave Ferguson en Ferdinand Bruwer. Die volgende persone was afwesig: Wesley du Plessis (Cornberg Cottages), Alida Lintnaar (Alida’s), Joline Coffee (Redelinghuys), Danie Smit (Redelinghuys), Lorraine Cornelius (Goedverwacht), Merle Dietrichs (Goedverwacht), Mr S Benjamin (Wittewater) en Jasmine (Vroue van Môre). Die BTO beding jaarliks met Bergrivier Munisipaliteit ‗n toewysing uit die begroting aan toerisme, wat hoofsaaklik bydra tot die bedryfskostes van die drie Toeriste Inligtingsentrums. Elkeen van die hoofdorpe het ook sateliete wat dit bedien. Piketberg Toerisme se sateliete is Goedverwacht, Wittewater en Redelinghuys. As lid van die BTO is dit Piketberg Toerisme se hoof doelstelling om toerisme binne sy spesifieke gebied te bevorder en hierdeur ook plaaslike ekonomiese ontwikkeling te stimuleer. In die praktyk beteken dit dat Piketberg Toerisme eerstens optree as ‗n bestemmingsbemarkingsorganisasie en tweedens as fasiliteerder van die ontwikkeling van die bestemming se toerismebedryf. As bestemmingsbemarker beoog Piketberg Toerisme om Piketberg en sy sateliete se identiteit as verkose bestemming te verhoog en ‗n unieke handelsmerk daarvoor te ontwikkel. Ons weet reeds dat Piketberg se hoof toeriste-inkomste gegenereer word deur besigheidstoerisme en in-transito toeriste wat graag hier oorslaap. Die uitdaging is nou om meer en ander besoekers hierheen te lok en hulle langer te laat oorbly. Dit sal noodwendig beteken dat bestaande toerismeprodukte moontlik aangepas moet word, dat nuwe toerismeprodukte ontwikkel moet word, dat daar toerpakkette saamgestel moet word en dat spesifieke roetes geidentifiseer word. As agent vir toerisme-ontwikkeling in die area is dit Piketberg Toerisme se verantwoordelikheid om eerstens

Die ACVV Sekretaressedag verskuif na Woensdag 5 September om 07:00 vir 07:30. Kaartjies by ACVV kantoor beskikbaar.

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646


9

Cool kids @ Zebrafees! Hoe klink ‗n 20 meter lange Extreme Waterglybaan vir pret? Of ‗n Fufi Slide en ‗n Bundgie Trampoline? Wat van lekker outydse skyfskiet? As jy deel wil wees van al hierdie lekker dinge, sal jy moet sorg dat jy op 29 September by die Zebrafees op Piketberg is! Vir die kleintjies 6 jaar en jonger is daar vanjaar ook ‗n Kiddies’ Corner met die lekkerste aktiwiteite. Daar is ook ‗n koekversierkompetisie, ‗n inkleurkompetisie, hope lekker eet- en drinkgoed, stalletjies met mooigoed en dan natuurlik heeldag musiek in die ore. Vir pa en ma, oupa en ouma en groter boet en sus is daar natuurlik net soveel vermaak soos vir die jongspan. Die nou reeds gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie sal weer eens vir oorgenoeg pret en ‗n heerlike gees sorg, terwyl die kuiertent en die Praktika Rugbytent ‗n absolute moet vir ‗n lekkerkuier-Saterdag is. Die musiekprogram is propvol en daar is beslis iets vir elke smaak, oorgenoeg heerlike kos en plattelandse gasvryheid op sy beste. Toegangsfooie is slegs R40 per volwassene en R20 per skoolkind. Moet ook nie vergeet van Vrydagaand 28 September se groot makietie saam met Glaskas nie! Kaartjies beskikbaar by Piketberg Apteek teen R80 per persoon. Besoek ons webwerf by www.zebrafeespiketberg.com of http://www.facebook.com/zebrafees.piketberg Berenice Scheepers

Herwin Herwin Herwin Gebruik die deurskynende plastieksakke.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


10

Tuinbou werkswinkels

Fokus op…

Huis en Tuin Kry nou jou tuin reg vir Lente Wenke deur Joop Visser Saai uie, wortels, boontjies en plant aartappels, tamaties, eiervrug en paprikas; Plant somerbolle soos dahlias, gladiolius en amaryllis, einde Augustus en Oktobermaand soos grond warmer word; As daar nog meerjariges soos agapanthus, cannas, daglelies en Shasta daisies is wat nog te beknop staan, kan dit uitgedun en herplant word vir beter groei in die somer; Gee grasperke, nadat dit belug is met ‗n tuinvurk, ‗n kunsmis wat hoër kalium en fosfaat bevat as stikstof. Dit is om die wortels en lopers weer sterk te maak na die winter vir ‗n stewige basis waar die grashalms kan uitgroei; Snoei die groot takkerige bosse netjies om die regte vorm en hoogte te kan kry in die tuin. Dit wakker nuwe groei aan en gee minder werk in die somer.

Die volgende Piketberger verskyn op 20 September 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 11 September 2012 om 17:00

Little village kwekery Joop Visser Tel: 022-914 5626

Sel:083 265 1870

Verkoop nou

LIEBE

hondekos

10kg sak vir R100

Jacky Goliath het 'n baie leersame praatjie aangebied en het 'n bakkievrag plante saamgebring wat onmiddellik deur die tuinboulede opgeraap is. Ons hoop om nou meer inheemse plante in die tuine te sien. Die volgende tuinbouvergadering is op Woensdag 12 September in die Biblioteeksaal. Tee word Joop Visser, van die Little Vilbedien vanaf 9:00 en lage Kwekery, Jacky Goliath, die vergadering begin boervrou van die jaar en Jackie 9:30. Katinka MorriFerguson, komiteelid van son gaan ' n Tuinbou verantwoordelik vir die werkswinkel aanbied vergadering. Foto verskaf waar die lede moderne tegnieke van plantmanipulasie gaan leer. Katinka het drie werkswinkels, aangebied deur Marie Francoise Deprez van Frankryk, bygewoon en gaan die tegnieke wat sy daar geleer het met die lede deel. Alle materiaal wat benodig word, sal verskaf word. Om die kostes van die materiaal te dek sal die werkswinkels R50 kos vir lede en R100 vir nie-lede. Nie-lede, wat die werkswinkels wil bywoon, moet asseblief vir Katinka voor 5 September laat weet (082 829 6918).

Hoe lyk jóú koolstofvoetspoor? Hoewel dit onmoontlik is om ‘n ten volle koolstofneutrale voetspoor in ‘n huishouding te hê, is dit wel moontlik in jou tuin. Het jy geweet? ‘n Boom wat op ‘n spesifieke plek geplant word, het ook ander koolstofvoordele: • Bome wat skadu op baie warm kolle verskaf, help dat die grond meer koolstof bewaar. • Bladwisselende bome verskaf skadu in die somer en hou jou huis koeler sodat jy minder elektrisiteit vir waaiers of lugreëling hoef te gebruik. • As die skaduwee van ’n boom jou huis te donker maak, kan jy ‘n paar takke afsaag om meer lig in te laat. Suid-Afrika is verantwoordelik vir 42% van Afrika se koolsuurgas-vrystellings – grootliks omdat ons so sterk op steenkool as energiebron steun. ‘n Huishouding se koolstofvoetspoor ontstaan uit die daaglikse gebruik van produkte en dienste soos elektrisiteit, water en jou motor. Om uit te werk hoe groot jou koolstofvoetspoor is, besoek cap.org.za of trees.co.za. Bron: Tuis September uitgawe

Fokusblad Koop nou blommetjies en plantjies vir jou Lentetuin

Volgende maand fokus ons op ons omliggende dorpe. Wat is daar om te doen in ons buurdorpe? Indien u ‘n artikel of advertensie wil plaas skakel gerus vir Margaret Smit 022 913 1777


11 Pieter van Jaarsveld Emosionele Intelligensie Kan jy glo dat die gemiddelde menslike brein se vermoë vergelyk kan word met 100 biljoen laptops? Onmoontlik! Kundiges beweer dat die mens slegs 1 tot 14% van sy potensiaal benut! Emosionele intelligensie bepaal meer as 85% van die sukses van leiers. Dit bepaal egter ook die geluk van jou daaglikse lewe. Negatiewe emosies affekteer die gesondheid van die mens. So kan 5 minute van woede, angs of bekommernis tot ‗n ses uur lange effek op die liggaam se immuunsisteem hê. Dit bepaal hoe lank jy gaan lewe! Dit lei tot lae energie vlakke, uitbranding, stres, hartkwale en kroniese pyn. Navorsing bewys dat 74 tot 90% van siektes stres verwant is. Emosionele intelligensie is nodig vir die gesonde welwese van die mens en vir die gesinslewe. Die goeie nuus is wel dat ‗n mens sy emosies kan beheer vir ‗n gelukkige lewe en gesonder, maar ook ‗n langer lewe! Kom kuier Donderdag 6 September om 18:45 saam met die wat vir jou saak maak in die NG Kerksaal en luister hoe gesels ‗n wêreldkundige, dr Pieter van Jaarsveld oor al hierdie sake. Teen R50 ‗n kaartjie drink ons ‗n glasie sjerrie en ons eet ook saam sop en broodjies. Kaartjies by die kerkkantoor 913 1750. Kom leer tegnieke aan en raak ontslae van negatiwiteit, woede, minderwaardigheid en selfs depressie. Verhoog jou positiewe hormone in die liggaam vir ‗n gesonder en gelukkige lewe.

VLV-Die Vrou en haar Finansies Die volgende byeenkoms van die Vroue Landbouvereniging van Piketberg word beplan vir 13 September 2012 om 14:30 in die Biblioteeksaal. Ester Booysen van ABSA sal as spreker optree met Algemene Aspekte rondom die Vrou en haar Finansies as onderwerp. Die vergadering word gereël deur Marthie du Toit, sameroeper van die studierigting Openbare Sake. Gaste, asook dames wat belangstel om by die vereniging aan te sluit, is baie welkom. Kontak Riana Richter by 083 455 1022 vir navrae.

Nutsman  Enige herstelwerk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk Sakkie Koegelenberg 078 276 2065

Loopstraat 108 Posbus 190 l Piketberg

t 022 913 2899 f 086 618 2836 s 082 590 8505

GRATIS LENS PROMOSIE Koop 'n paar Transition lense en kry soortgelyke kleurlose lense gratis. Die gratis lense kan oorgedra word aan 'n volgende persoon. Promosie eindig einde Oktober. Voorwaardes geld. Tel: 022 913 1747

willie.schoeman@gmail.com

Ons firma fokus op finansiële dienste vir medium- en kleinsake entiteite asook individue. W&H Schoeman Rekenmeesters bied ‗n volledige spektrum van finansiële dienste en oplossings aan:     

Belasting en rekeningkundige dienste Indiening van statutêre opgawes (BTW, LBS en Inkomstebelasting) Bestuursadvies Stigting en administrasie van Trusts en Maatskappye Besigheid- en struktuurbeplanning Opstel van kontantvloeistate en besigheidsplanne vir Banke

AANDAG alle individue – die 2012 belastingseisoen vir persoonlike belastingopgawes het op 1 Julie 2012 geopen. Maak seker jou belastingopgawe word betyds ingedien! Kontak ons gerus indien jy enige navrae het!


12

Wat Sê Die Reg?

Lions telefoongids

Deur Christelle de Villliers Vroueregte: Nie net wette nie, maar veral gesindheid sal deurslag gee

Kontroleer jou kontakbesonderhede in Telkom se telefoongids. E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Sedert die instelling van die Grondwet, is vele wette aanvaar wat vir vroueregte voorsiening maak en wat nie voorheen bestaan het nie. Alhoewel die Grondwet voorsiening vir geslagsgelykheid in alle fasette van die samelewing maak, kan dit egter nie mense se houding verander nie. Daarvoor is ‗n paradigmaskuif van binne die gemeenskap self nodig. Die Navorsingsinstituut het om hierdie rede ‗n boekie met die titel ―Die Lang Pad na Gelykheid-‗n Vroueregte Handleiding‖ in ‗n hele paar tale uitgegee. Vroue, veral in die arbeidsmark, ondervind steeds heelwat diskriminasie soos voorheen. ‗n Groot hindernis tot sosiale vooruitgang vir vroue is ook hul eie onkunde: baie vroue is nie van nuwe wette bewus nie, en dra dus nie kennis van die voordele wat dit vir hulle insluit nie. Daarom kan hulle nie op hulle regte aanspraak maak nie. ‗n Goeie voorbeeld hiervan is die Wet op Gesinsgeweld – het jy geweet dat dit nie net gaan oor fisiese geweld nie, maar ook oor emosionele afkraking en finansiële mishandeling? Maw, as jou gade vir jou sê ―as jy sis en so wil optree dan is dit reg, maar dan sal ek maar net nie vir jou geld gee vir dit of dat nie‖. Hierdie gedrag is totaal en al onaanvaarbaar, en kom neer op finansiële mishandeling. Die vraag is of vrouens dit weet? Net so is daar baie regulasies in arbeidswette oor die werks-omstandighede van swanger vroue-byvoorbeeld dat ‗n vrou nie verplig kan word om nagskof te werk in haar laaste 8 weke van swangerskap nie. Net so maak die Wet op Egskeidings voorsiening vir ‗n her-verdeling van bates in die geval waar vrouens buite gemeenskap van goedere getrou het onder die maritale mag. Net so is die Wet op Seksuele Misdrywe gewysig om bv vrouens te beskerm binne die huwelik teen sekere seksuele dade, bv verkragting deur jou eggenoot. Ons land het wonderlike regte vir vrouens, en daarom is dit belangrik dat elke vrou moet weet hoe die landswette jou beskerm. Baie lande het steeds geen vroue regte nie. Mosambiek: vrou is deur drie seuns verkrag as ―straf‖ omdat sy per ongeluk op ‗n besnydenis seremonie afgekom het toe sy deur die veld stap oppad kerk toe. Sy het niks daar verloor nie, en daarom is die verkragting nie vervolg nie-dit was haar verdiende loon. Indië: In sekere streke is dit ‗n oortreding as ‗n vrou jonger as 40 jaar ‗n selfoon besit-dis voorbarig en as sy wil bel kan haar man dit namens haar doen, of sy moet bel in sy teenwoordigheid op sy foon. Saoedi-Arabië: Vrouens mag nie bestuur nie, hulle het eenvoudig net nie die vermoë nie en in ‗n hof is bevind dat ‗n vrou wat bestuur onbetroubaar is.

Naaldwerk Insit van ―zips‖, korter maak van broeke, knope vervang en enige ander herstelwerk wat u verlang

Kontak M. Nel by 073 166 8065 of 022 913 3438

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


13

Vroue Landbou Vereniging beurs In die jaar 1991 het die destydse bestuur van die Vroue Landbou Vereniging van Piketberg, o.l.v. Hepsibah Richter, die bedrag van R5000 belê met die doel om die rente jaarliks as studiebeurs toe te ken aan ‗n lid of lede se kinders wat tersiêre onderrig ontvang. Dit was die wens van Hepsibah dat hierdie toekenning ‗n jaarlikse instelling sou bly, dat die beleggingsbedrag aangevul word en dat beurse toegeken word soos en wanneer moontlik. Vanjaar was Marlize Rossouw die gelukkige lid wat R1 000 vir haar seun, Pieter, huis toe geneem het. Hy is ‗n student in sy eerste jaar in Megatroniese Ingenieurswese aan CPUT in Bellville. Dit was die dertigste keer sedert 1992 dat die beurstrekking plaasgevind het. Marlize Rossouw en haar seun Pieter, wat die VLV beurs ontvang het. Foto verskaf

Huis AJ Liebenberg se Vleismark verskuif na 27 Oktober 2012

Ubuntu uitreik op Vrouedag in Piketberg

Mac Dixon, gemeenskapswerker, Ami Greeff en Pat Dixon, vrywilligers van Piketberg Animal Welfare (PAW), reik uit na die gemeenskap op Vrouedag in die gees van ubuntu, met pakkies honde- en katkos asook ‘n inligtingspamflet oor troeteldierversorging. PAW bedank die gemeenskap asook besoekers vir hulle lojale ondersteuning. Foto verskaf

Skou 30 en 31 Augustus en 1 September besluit het dat vrees en onsekerheid tekens van swakheid is. Dit is in werklikheid ‗n genade, ‗n emosie wat sorg dat jy nie so ver van die pad afdwaal dat jy nie weer jou pad terug kan vind nie.

Nood leer mens bid en planne maak. Nood het vir my en Wesley geleer om in kulkunsies te glo. Daar het op ‗n dag ‗n hoed oor ons pad gekom en ons het met moeite ‗n haas daaruit gepluk. As jy dit eenmaal kan regkry, raak die volgende kere net makliker. Daar is altyd ‗n uitweg, altyd ‗n rede om nog bietjie vas te byt. Die restaurant het my en Wesley se geloof met rasse skrede verbreed. Dit het ‗n milieu geskep waar wonderwerke kan plaasvind en nood het gesorg dat ons nie soos voorheen te blind was om dit raak te sien nie. Die mens benodig elke nou en dan ‗n groot probleem sodat hy weer ‗n slag aarde toe kan kom. Sodat hy kan besef dat hy nie ‗n eiland is nie en wel vriende en familie benodig. Sodat hy kan besef dat hy nie sonder sy Skepper kan lewe nie. Dis normaal om bang te raak. Dis net die mens self wat

Wanneer ek deesdae bang raak, onthou ek die volgende woorde, en dit bemoedig my: ―Alles van waarde is weerloos.‖ Jy is net ‗n mens. Onthou dit ‗n slag en raak rustig in die wete dat die Here nooit bedoel het dat jy altyd die antwoorde en oplossings gereed moet hê nie. Dis juis wanneer jy op jou swakste is, dat die omvang van die Here se mag en liefde duidelik raak. Voordat jy volgende keer die hoed in die vuur wil gooi, maak eers seker of die Here nie vir jou ‗n hasie daarin gelaat het nie

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is)

Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00

Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


14

VSA se Sharing A New Song (SANS) in Piketberg

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

Klavierstemmer Die koorleiers is agter Angeline Burrows (Moravian Church Choir Goedverwacht), Jenni Fortuin (Moria VGK Jeugkoor Ravensmead), Albie Louw (Piketberg Male Voice Choristers), Gerty Paulse (VGK Vrouediens Piketberg) en Alison Muller (NG Kerkkoor). Voor is Martin Domburgh (AME Church Choir), Sherlock Fortuin (Orrelis) en Jonathan Singleton (SANS).

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester. Residensiële Fasiliteit vir Ouer persone : Huis AJ Liebenberg, Piketberg Aansoeke word ingewag vir die volgende betrekking:

HOOF

Sarah Orlovsky, Gerty Paulse, Dalene Conradie en Anthony Poole.

Avirgil Glenn, Phakamani Pega, Wendy Pieters, Hendrien van Lill en David Hagerty. Foto‘s: Marietha Goosen Magdaleen van Zyl en Phakamani Pega.

Pligte behels o.a. * Bestuur van residensiële fasiliteit vir Ouer Persone * Bestuur en ontwikkeling van personeel * Bestuur van begroting * Skakeling met inwoners, gemeenskap en Beheer raad * Administratiewe pligte * Bestuur van bemarking en fondsinsamelings Posvereistes * Toepaslike naskoolse kwalifikasies * Goeie menseverhoudinge * Vermoë om ‘n span te lei en te motiveer * Kennis en ervaring in personeelbestuur * Kennis en ervaring van bejaardesorg * Tweetalig : Afrikaans en Engels * Geldige rybewys * Rekenaarvaardig Aanbeveling * Ervaring in die bestuur van ‘n Residensiële Fasiliteit vir Ouer Persone * Enige toepaslike ervaring Navrae * Voorsitter Tel. No. 022 9132008 / 0845818560 * Stuur volledige CV aan faksnommer : 022 9131525 of Epos : acvvpiketberg@telkomsa.net Diensaanvaarding Sluitingsdatum

* 1 November 2012 * 31 Augustus 2012


15


16

Rangskik met Ritme en Rym by Noen-ontbyt

Dans met die rooi rok

Kleur: Gedig deur Tienkie du Toit

Die ACVV bedank Liebco, die hoofborg, Sonja Blaauw van Pulpetaan vir Randall Wicomb se verblyf en almal wat bygedra het tot die sukses van die dag.

Van die gaste by ACVV se noen-ontbyt was Sonette Schoeman, Lynne Liebenberg, Christelle de Villiers en Rita Bruwer.

Die ACVV groep saam met die kunstenaars is agter Ina Kotze, Marna Bredenkamp, Ezette Mouton, Randall Wicomb, Angeline Engelbrecht, Wilma Louw en Jeandré Smit. Voor is Elsabé Liebenberg, Marjolijn Malan, Elbeth Liebenberg en Riesie Kotze.

Voete van die van ‘n Gemsbok uit Griekwa Psalms

Psalm 139 Foto‘s: Marietha Goosen en Marietjie Snyman

Winternag deur Eugene Marais

Tonge soos vuur uit Spreuke

Kom vannag in my drome NP van Wyk Louw

Ek sien jou in my dromeAntjie Krog


17


18

Kaap Agri Produkte voorsien gemeenskap van beskuit Die gedagte het by die Produkte afdeling ontstaan om ‗n paar ton koring aan Groep 35, ‗n plaaslike meulenaar/ bakker, te skenk, sodat hulle die koring kon maal en beskuit daarvan kan bak. Die projek is daarop gerig om die beskuit aan sekere geïdentifiseerde plaasskole, bewaar/kleuterskole en dienssentrums in die graanproduserende gebied van Kaap Agri te voorsien. Die eerste fase van die projek is reeds afgehandel en beskuit is reeds aan die volgende instansies oorhandig: Babbel & Krabbel bewaarskool te Piketberg, Ruststasie Primêr, Nu-Hoop NGK Primêr naby Porterville, Gouda VGK Dienssentrum, Klikbekkies Kleuterskool te Eendekuil, Middeldeurvlei Primêr naby Pools, en Carneys Dagsorg te Wesbank, Malmesbury. Groep 35 Voedsel is in die Riebeek-Vallei geleë, en is die suksesverhaal van ‗n aantal Swartlandse koringboere wat ‗n droom gehad het om hul eie koringmeule op die been te bring. Deur harde werk en deursettingsvermoë is dié droom intussen verwesenlik. Die handelsmerk waaronder die meelproduk bemark word, is BEST BAKE. In 2010 het die maatskappy verder gediversifiseer, en het ander handelsmerke soos LADUMA, wat uit mieliemeelprodukte bestaan, en die BEST CHOICE handelsmerk, waaronder koekies en suiker verkoop word, ook die lig gesien. Die nuutste toevoeging tot die produkmandjie is Swartland Steenmeel en Swartland Beskuit onder die handelsmerk van SW ARTLAND STONE GROUND FLOUR. Swartland Steenmeel Beskuit is uniek omdat dit

van 100% Swartland Steenmeel, 100% vars karringmelk en 100% vars eiers gemaak word. Dit is dan ook die eerste beskuit in Suid-Afrika wat in ‗n herseëlbare verpakking verpak sal word, wat sal verseker dat die produk sy kraakvars heilsaamheid behou. Die kliënte sal die produk vanaf 1 Augustus 2012 by hul plaaslike Spar, Pick ‗n Pay en Agrimark te koop kry. Groep 35 Voedsel streef daarna om verder uit te brei en te alle tye ‗n kwaliteit produk en diens aan sy kliënte beskikbaar te stel. Vir verdere inligting kan Groep 35 Voedsel se webtuiste besoek word by www.group35foods.co.za of kan hulle gekontak word by 022 – 461 2500.

Bontes Hougaard en die personeel en kleuters van Babbel & Krabbel Bewaarskool, Piketberg. Foto en berig: AW Kriel


19

VLV Tagtigste Verjaardag Wenresep -Stampmieliegereg1 koppie rou stampmielies 1 pakkie spek 1 ui gekap 250 ml sampioene 1 pakkie wit uiesoppoeier 250 ml melk 125 ml room 250 ml gerasperde kaas Week stampmielies oornag in koue water en dreineer. Bedek met genoeg skoon water in kastrol en prut met deksel op vir 45 minute of tot gaar. Voorverhit oond tot 180°C en smeer oondbak. Braai die spek oor matige hitte tot gaar. Skep uit en braai die ui en sampioene tot die ui sag is. Roer die spek en stampmielies by. Meng wit uiesoppoeier met melk en roer by. Meng room en kaas by. Skep mengsel in oondbak en bak vir 30 minute.

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

AndrĂŠ Yardley 079 994 5435


20

Ons eie Erfenis Het julle opgemerk in Kerkstraat hoe mooi, en met deernis, die ou begrafnisondernemings dienste se huis/ besigheid weer opgesmuk is? Elke detail is behou om so Piketberg se oud vir ons kinders en nageslag te behou. Met sulke sorg en toewyding kan ons dorp baie vinnig ook ‗n besienswaardigheid word. Die kleur lyk skel, maar selfs Murinik se ou huis oorkant Die Bio was ligblou met wit detail, lank gelede. Beige, ‗cream‘, grou en wit was ‗n mode gier wat as straf aan die nageslag uitgedeel is. Vra gerus, ek sal raad gee oor onder meer beter erfenis tendense, om so ook Piketberg te verfraai.

Foto en berig: Cobis Wilson

Die Uile het weer rus gevind Groot was ons vreugde dat daar so ‗n oorweldigende belangstelling was aangaande die welsyn van die uile. Ons het Anina van Laffies se uile ‗gekidnap‘ met die hoop op ‗n losprys van een van hulle verruklike ‗rib eye steaks‘. Die hele ‗projek‘ het eintlik ‗geback-fire‘, want sien Anina het haar uiltjies nie eens gemis nie, en kan julle glo, Die Piketberger nie gelees nie. Ons vreugde was groot en kan Die Piketberger gevlei voel, en neem kennis – julle word ver en deeglik gelees en bestudeer. Op die eerste dag van sy verskyning in Julie het ‗n bakkie voor my deur met skreeuende bande in ‗n stofwolk (wat hom nog van die plaas af gevolg het en steeds vergesel het), voor die Bio anker gegooi en voor die enjin nog sy laaste draai gegooi het, gevra: ―waar is die uile?‖ Ons het ‗n oproep uit Porterville gehad van Natuurbewaring wat gesê het hulle sal self die uiltjies kom neem, hulle moet net nie iets oorkom nie. Iemand van die Bo-Berg, het ook geskakel en wou hulle kom haal en gevra ons moet net nie skiet nie. ‗n Ander inwoner, was uiters bekommerd ons gaan die uile van kant maak. ‗n Dame so ver as Somerset-wes, het my op straat gevra, hulle trek binnekort hierheen en sal na die uile kom omsien. Piketbergers, julle het julle kragte en staal gewys, ons kan saamstaan, selfs uile het ‗n plekkie in al ons harte.

So moét ons herwin Alle droë goed bv. glasbottels, enige papier, tydskrifte, boeke, koerante, kantoor papier, karton, skoolboeke, blikke, shampoo bottels, spray bottels, plastiek, enige stukkende tuinstoele, wasgoedmandjies, speelgoed, binnekante van yskaste, wasmasjiene, winkelsakke en hope meer. Gooi net skille, afvalkos, melk BOKSIES en sanitêre toiletgoed in die swart sakke. Spoel alle blikkies uit, nie nodig vir afdroog. Ons vra groot asseblief alle mense se samewerking, asook besighede. Skakel ons indien u nie sakke ontvang nie. Daar word nog te veel herwinnings items in swartsakke gegooi. Indien u twyfel, gooi in deurskynende sak. e NB nend ir y k sv urs sleg gs e D ke nin sak erwin s h item

Skakel ons asseblief indien enige navrae Michael Smuts Sel: 083 603 0007 Vir sakke kontak Michael of Heléne by 083 652 3391

Hou ons dorp skoon ! !


21

VROUEDAG -magdaleen van zylEnige vakansiedag is mos altyd so lekker. Mens hoef nie eens noodwendig êrens heen te gaan nie - om sommer net iets heel anders as die gewone roetine se dinge te doen, is mos al klaar vir my soos vakansie. Die probleem met die storie is dat daar elke jaar net nog ‗n nuwe ding is wat ons dan nou kwansuis moet herdenk, en dan is dit sommer ‗n openbare vakansiedag, en nog ‗n dag wat ons minder werk doen, en nog ‗n dag wat die hele sisteem opdinges, want om elke openbare vakansiedag se werk nou weer êrens in te haal, is nogal ‗n groter storie as wat dit lyk en klink. Dan moet jy nog onthou, so tussendeur het ons darem nog ‗n staking of twee ook, so daar gaan sommer nog ‗n dag waarin daar nie gewerk word nie. Die Woord sê mos nie verniet ons sal ons brood verdien in die sweet van ons aangesig nie. Maar nou moet ek darem ook erken dat daar vakansiedae is wat ek graag wil herdenk, nie as ‗n ‗vakansiedag‘ nie, maar as ‗n spesiale dag. Dan is daar dae soos moedersdag en vadersdag, valentynsdag en sulke dae wat ek met al my sentimente natuurlik wil hê moet heeljaar duur, want ons liefde vir ons geliefdes moet mos wees soos die weduwee se kruik. Ek het nou al meer dikwels op Nasionale Vrouedag êrens opgetree, maar hierdie jaar was ek ook in vervoering om Vrouedag te herdenk, want ek het lanklaas soveel ongelooflike klomp liefde, vriendelikheid en vrede van vreemde mense af ontvang. Ek was maar net deel van die oggend se vermaak en het ietsie gelees wat ek ge-

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

skryf het, maar ek is ontvang soos ‗n heldin, asof Vrouedag ter ere van my was of iets. Soveel toegeneetheid vir ‗n vreemdeling, het my omvou en weereens bewus gemaak dat ons net een is voor God en dat Hy ons as vroue so spesiaal en mooi gemaak het en dat ons deur ons glimlag, aanraking en liefdevolle hart, Sy liefde verkondig en versprei oral waar ons gaan, soos die aangename geur van blomme. En weereens was ek ook bewus van God se genade om engele oral op ons pad te bring, wat ons fisies kan aanraak of ‗n glimlag of ‗n sagte woord kan deel. Vrouedag was spesiaal vanjaar.

PIKUNA PI(ketberg) KU(ns) NA(week) 21, 22, 23, 24 September 2012 Daar kom groot vreugde as PIKETBERG sy eerste kuns naweek gaan aanbied. Ons eie kunstenaars gaan hulle STUDIOS oopstel. Ons beoog ‘n nasionale kunskompetisie, waar almal die geleentheid gaan kry om ‘n gunsteling skildery uit te wys. ‘n Straatmyl, vier groot KUNS UITSTALLINGS en allerlei vreugde. Ons hoop ook om die nuwe BOTANIESE TUIN ‘n gestalte te gee, met bedrywighede daar. Bietjie meer hieroor in die volgende PIKETBERGER, en op plakate later. Die KUNSTENAARS wil deur KUNS ook PIKETBERG op die jaarlikse SUID AFRIKAANSE AGENDA PLAAS. . . . . . . .. . hou ons dop.

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


22

PHS se drama-studente spog Hoërskool Piketberg spog vanjaar met vier toneelstukke wat groot sukses behaal het met ‗n plaaslike toneelfees, optredes by Namakwaland-Toneelfees te Springbok, Logan Toneelfees te Fraserburg, optredes ook by Citrusdal, Piketberg, ATKV–Tienertoneelfees in Durbanville, eistedfodd te Saldanha en nog ander. By Springbok het die akteurs en aktrises die volgende toekennings gekry: Brons - Lynn-Marie Dietrich, Lezaan van Niekerk, Hanje Mostert, Silwer - Anina Bester, Anri van Niekerk, Goud Janeske Rademan. Ook brons, silwer en goue toekennings aan Magdaleen van Zyl as regisseur en skrywer van die toneelstukke. Janeske Rademan word uit ongeveer 40 skole se aktrises, aangewys as die beste aktrise van die fees. By Fraserburg is die volgende toekennings ontvang: Brons Lynn-Marie Dietrich, Herchel Benjamin, Anja Brand, Hanje Mostert, Jakobi Burger, Claudia Burger, Mari Bodenstein, Nina Cilliers. Silwer—regisseur en skrywer, Lezaan van Niekerk, Anina Bester. Goud—Anri van Niekerk, June van der Westhuizen, Janeske Rademan (twee goue toekennings). Benoemings word gemaak aan die volgende: Juné van der Westhuizen en Janeske Rademan word benoem as beste aktrise van die fees, Hester se bifokels, asook Koekemoer-Trilogie word benoem as beste algehele produksie van die fees, Hester se bifokels asook Koekemoer-Trilogie word ook benoem as beste teks-van-die-fees en Koekemoer-Trilogie ontvang dan uiteindelik die ATKV-toekenning as beste teks, geskryf deur Magdaleen van Zyl. Die twee eenvrouvertonings, Tralies en Hester se bifokels het ‗n uiters geslaagde optrede by Citrusdal. Al vier toneelstukke tree eersdaags by Saldanha op. Op 5 September word die twee eenvrou-vertonings in Archers Bistro te Piketberg opgevoer en nog optredes volg. Voorwaar ‗n suksesjaar vir PHS-drama!

VOLKSVREEMD, het by Namakwaland-Toneelfees sowel as Fraserburg Toneelfees, bronstoekennings ontvang vir goeie spel, deur o.a. Lynn-Marie Dietrich, Herchel Benjamin, Anja Brand en Hanje Mostert.

Hoërskool Piketberg spog vanjaar met vier eenbedrywe, waarvan twee eenvrou-stukke is. Na 'n geslaagde toneelfees by die skool, vertrek hul na NamakwalandToneelfees te Springbok, waar hul brons, silwer en goue toekennings ontvang vir die onderskeie stukke, en Janeske Rademan as beste aktrise van die fees aangewys word vir haar stuk, Hester se bifokels, die teks en regie deur Magdaleen van Zyl, het ook goue toekennings ontvang. By Logan-Toneelfees te Fraserburg, het Janeske Rademan twee goue toekennings ontvang en haar eenvrou-vertoning is benoem as beste produksie van die fees, en sy's ook benoem as beste aktrise van die fees. Nog verskeie optredes volg.

TRALIES is 'n eenvrou-stuk deur Magdaleen van Zyl. Regisseur - Magdaleen van Zyl, met Juné van der Westhuizen in die rol van die skitsofreen, Martie. Juné het 'n goue toekenning gekry by die pasafgelope LoganToneelfees by Fraserburg en is ook saam met o.a. Janeske Rademan in die benoeming as beste aktrise van die fees. Nog optredes volg.

Foto‘s: Berenice Scheepers

5 September by Archers Bistro Tralies met Juné van der Westhuizen, bo, en Hester se Bifokels met Janeske Rademan, regs.

Berig verskaf deur Magdaleen van Zyl


23

Proefstudente by Steynville PrimĂŞr

Dit was weer tyd vir studente om by verskillende skole te proef. Op die foto is Steynville PrimĂŞr se studente by van die personeellede. Esternita Erasmus (student), Freddie Lawrence (fasiliteerder), Neville van Rooy (adjunkhoof), Henry Burrows (skoolhoof), Mariska Wolfaardt en Henco Bindeman (studente). Foto verskaf

Skou 30 en 31 Augustus en 1 September


24

Deaunin Swartz wen Goud Op 11 Augustus 2012 het vier Piketbergers gaan deelneem aan die Boland Atletiek Landloop Kampioenskappe te Dal Josafat Stadium, Paarl. Dit was nat, glad en baie koud, maar dit het nie ons kampioen Deaunin Swartz, ondergekry nie. Deaunin het (letterlik) modder in die ander se oë geskop en uitgeblink deur goud te verwerf in die landloop o/14, 4km item. Baie geluk Deaunin ons is trots op jou en al die ander deelnemers wat so Deaunin Swartz braaf was om in die winterweer Foto verskaf aan die verskeie landloop items deel te neem. Soreen Gouws het silwer verwerf vir die Meester Dames 4km landloop item.

Piket-Bo-Berg Personeel by ECD Kursus Die kleuterskole en speelgroepe van Piket-Bo-Berg het 'n 5 dae ―Early Childhood Development‖ kursus bygewoon in Mei. Die kursus is aangebied deur Grassroots en op Piketberg gehou. Die opleiding is gereël en befonds deur Departement Maatskaplike Dienste. Van die Bo-berg gemeenskap was Heldervue, Achtervlei, Zwaanswyk, Pomona en Harmonie teenwoordig. Die opleiding vorm deel van gemeenskapsontwikkelings-program van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging.

Wetenskap Week ‗n Wetenskap week is begin Augustus aangebied en leerders is meer bewus gemaak van Genetika en Forensiese ondersoeke.

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Steynville Primêr, Hagan Thomas en Nicoleten Booysen.

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Piketberg Hoërskool, Pieter Geustyn en Wilmaré Kok.

Agter van links is Magrieta Boois, ’n kursus ganger van Harmonie, Kathy Klaasen, Bettie Mentoor, Katrina Maarman en Magrieta van Wyk. Voor is Grieta Jagers en Lydia Dietrichs. Foto verskaf

Die AME Kerk op Piketberg hou 'n Mount Olive Liebco Classic Golfdag op Saterdag 22 September By De Hoek Golfklub. Inskrywingsfooi is R180-00 en die formaat 4BBB. Groot pryse te wen. Kontakpersoon: Louis Ntane 076 290 7312 of 022-913 1498

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Stawelklip Primêr, Bradley Klaasen en Nordia Jansen. Foto‘s: Marietha Goosen


25

Laerskool Toneel en Spreekkoor Gr 6 & 7 Laerskool Toneel

Weskus Distrik Wetenskap Vasvra PHS het twee spanne ingeskryf vir die Weskus Distrik Wetenskap Vasvra wat op 3 Augustus by Dirkie Uys in Moorreesburg gehou is. Span 1 is as algehele wenners van die kompetisie aangewys. Span 2 het net voor die finale rondte uitgeval. Die deelnemende 10 skole was met die uitsondering van Weston Sekondêr, wat 'n Fokusskool is, almal Dinaledi skole uit 5 onderwyskringe. PHS val onder Kring 2. Ander skole was Swartland Hoër en Wesbank Sekondêr (Kring 1); Diazville Hoër en Vredenburg Hoër (Kring 3), Cederberg Akademie en Clanwilliam Sekondêr (Kring 4) en Vredendal Hoër en Vredendal Sekondêr (Kring 5).

Agter is Lea de Vries, Christelle Smit, Nicola Coetzee, Charné Alberts, Carla O'Connel, Shanda Whitfield en Cappie Rossouw. In die middel is Nicole Isaacs, Christof Smith, Corné Smith, Kristin Lochner en Chris Lausberg. Voor is Nicki van der Westhuizen en Chris Rheeder, wat in die toneelstuk, Wortel, opgetree het.

Laerskool Spreekkoor Gr 6 & 7 Charlie Mouton (middel), Adjunkhoof en Wetenskap. Opvoeder van PHS by Span 1: Tinus Bronkhorst, Andrea Kotze en Maria Visser en Span 2: John Eksteen, Marian Stone en Herbst van der Merwe. Foto: Marietha Goosen

Laerskool Taalbonanza 2012

Foto‘s: Marietha Goosen

Ackermans reik uit na leerder Helga Swarts is 'n leerder in Steynville Primêr se Eenheidsklas. Personeel van Ackermans in Piketberg het haar uitgerus met 'n splinternuwe skooluniform. Van kroontjie tot toontjie is sy nou splinternuut! Sy is baie opgewonde oor haar splinternuwe skoolklere. 'n Groot en opregte dankie aan die weldoeners. Berig en Foto: Adelé Cruywagen

Charné Alberts, Glenda Dietrich en Nicola Coetzee het deurgedring na die finale rondte van die Taalbonanza. Charné en Glenda neem deel aan die Leeskompetisie vir Gr 7 en Nicola aan die Vertelling vir Gr 7. Foto: Marietha Goosen

Oupa en Ouma Lentetee PHS Maandag 3 September


26

PHS Interskole vs HSP PHS het skoonskip gemaak en al drie trofees verower

Foto‘s: Sanet Ackerman en Elna Schreiber.


27

SKRYF NOU IN ‌

En kies jou eie staanplek! Inskrywingsvorms beskikbaar in die winkel. Kontak Tertia Roux - 022 913 1163 pro@bolandsuperspar.com


28

PIKET-BO-BERG CYCLE

‘n Nuwe opwindende roete word bevestig vir vanjaar. Ons nooi graag die plaaslike gemeenskap uit om deel te neem aan die dag. Kom geniet die pragtige roete saam met die hele gesin. Daar is ook ‘n Trail Running Challenge wat op 16 September 2012 plaasvind. Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting.

Boland Superspar se manne en nog twee ander spanne van die gemeenskap het besluit om hul rugby vernuf te gebruik om fondse in te samel vir die Ligstraaltjies Bewaarskool en in ‘n tweede wedstryd ten bate van ‘n projek geloods deur die VGK-Kerk. Links pronk die Boland Superspar span! Welgedaan aan al die manne betrokke by die bogenoemde projek!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.