25 Sept 2022

Page 1

1 Vandag se diens…. · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · KantoorureDi&Vry 09:00—12:00 -Telno0829937218/0825390342CorrieLouw(koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510 580 036 Tak Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693 · Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 · Ngkerk-Meyerton-Oos Vir Sterkte aan ndie matrikulante! x Innige simpatie met TruiaNolan met die afsterwe van haar suster.. x Baie geluk aan Tom&Martie le Grange wat more hul 58ste huweliksheredenking vier1 x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land. Lief en leed Wyk D1D2 Die erediens word gelei deur Ds. John Myers Skrif: 2 Konings 5: 14-27 Tema: Ons prioriteite in ‘n tyd soos hiérdie Deurkollekte: NG Welsyn Blok Diensbeurte Sondag25Sept—BlokAB Sondag02Okt. Geentee skoolvakansie Komontmoetnuwevriendeoor n‘koppietee/koffie/ rooibos!

Byeenkomste die week

Sondag 25 Sept

a Erediens 09:00— Diens word gelei deur Ds. John Myers Nagmaal word bedien. a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale a MELAS—na die diens

Maandag 26 Sept

a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30

Vrydag 30 Sept

a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Sondag 02 Okt

a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Bring & Braai—na die diens. Almal welkom

Maandag 03 Okt

a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30

2
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in! JY is die kerk!

Woensdag venter (B2)

Donderdag ste Comine Els (C4) ste Morné Kruger (E1)

Geluk elke verjarende!! So 25 —Sa 01 Okt Maandag 26ste Ashley Pelser (E2)
28ste Mardus
29
Vrydag 30
‘ n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur. Doop verjaarsdae So 18 Sa 24 Sept Woensdag 28ste Ian du Toit (D8) Vier die dag wat die Here JOU gekies het as Syne! Het jý al die Hére gekies? Ouers, kom julle jul doopbeloftes na? Hoe wys jy jou dankbaarheid? Lente ete Dames word versoek om na die diens agter te bly om die kaartjies vir verkope te kry vir die ete van 16 Oktober.

Gebedsfokus

DEUR DIE HERE GEBRUIK Joh. 1:35-43

Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. Hy het eers sy eie broer Simon gekry, en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind...- Joh. 1:41, 42

Moontlik het u ook al gevoel dat u nou nie juis baie vir die Here Jesus kan doen nie. U kan nie preek nie, u kan nie die evangelie op die. sendingvelde verkondig nie, u kan nie groot skares na Jesus lei nie. As u al ooit so gevoel het, moet u na Andreas kyk. Ons lees maar min van hom, al was hy 'n dissipel. Hy staan as't ware in die skadu van Petrus en Johannes en Jakobus en Thomas. Ons lees nêrens dat hy groot skares na Jesus gelei het soos Petrus gedoen het nie (Hand. 2:14-47). Hy is dus iemand wat op die agtergrond gebly het. En tog- hy het vir Petrus na die Here Jesus gelei! Wie kan die betekenis van hierdie gebeurtenis ooit na waarde peil? Andreas sou self nie die groot skares na Jesus lei nie, maar hy het Petrus vir Jesus gewen sodat hý dit kon Hoedoen.kosbaar

is een enkele bekeerling nie vir die Here nie (Joh. 3:16; Luk. 15).Miskien kan u ook iemand na Jesus lei deur wie die Here groot dinge wil doen-u kind, u vriend of vriendin, u man of vrou, u kollega of buurman.

Die Here het ook vir u nodig in Sy diens. U het 'n plek in die gemeente waaraan u behoort. U het 'n bydrae om te lewer. As Jesus die brode en vissies van 'n seuntjie gebruik het om 'n skare te voed, kan Hy ook u en my beperkte gawes en talente gebruik om vir baie tot seën te wees. Vra dit van Hom.

Here, gebruik my elke dag, elke oomblik in diens van U koninkryk. Ek stel my ten volle tot U beskikking. Amen.

4

SorgAksie: Kos & klere

Daar is tans weerÕn groot behoefte aan onbederfbare produkte by die Koskas:

© veral blikkies vis en soutvleis.

© Vars groente is ook baie welkom.

© Elkeen wat iets kan bydra, word opgeroep om dit asseblief na die kantoor te bring.

© Toiletware

Ons “Fles van Hoop” projek is uiters gewild, maar hierdie voorraad is ook Bestanddeleuitgeput.

nodig vir die“Fles van Hoop”:

© Rys

© “Soup mix”

© Lensies

© Blokkies “stock”

© Pakkies soppoeier.

Indien u leë bottels het wat u kan vul, bring asseblief kantoor toe. Vir enige verdere inligting, kontak Annatjie de Beer 082 753 9518

Kos dringend benodig::

Gedurende Augustus het die koskas aan 28 gesinne kos uitgedeel en tot dusver gedurende September aan 14 Gesinne. Ons koskas is op die oomblik omtrent leeg terwyl meer-en-meer nuwe gesinne kom hulp soek. Wat gewoonlik vir Õn basiese pakkie beplan word, is die volgende en ons kan dit nie eens bybring nie.

5
(Vervolg op p 7)

Gryse Jeug piekniek/visvang uitstappie

Hierdie groep beplan‘n heerike uitstappie Vaaldam toe. Kontak die kantoor op 082 993 7218 of volg die skakel in elke blok se WhatsApp groep vir die reëlings.

Gemeenskapsprojek

Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer. Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom.

Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun.

6

Jar of hope

Sout (500g)

Pilchards vis Blikkies chakalaka

Blikkies vleis

Blikkies “baked beans” Blikkies ertjies/gemengde groente Blikkies sweetcorn Koffie

Rooibostee Spaghetti Macaroni ( Rys Suiker ()

Blikkieskonfyt Melkpoeier Soppoeier Toiletseep Mieliemeel

Soja Lensies Droë ertjies Toiletpapier

Sjampoo

Tandepasta Sanitere doekies Waspoeier Sunlight seep

Ons benodig ook leë joghurt houers, margarien houers en klein botteltjies om groot voorrade voedsel in op te deel in kleiner hoeveelhede.

In die toekoms gaan ons Õn groot houer in die voorportaal plaas vir gemeentelede om asseblief wat hulle kan, saam te bring kerktoe en Sondae daarin te plaas.

7
(Vervolg van p 5)
8
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.