02 Oktober 2022

Page 1

Oktober 2022

1
2 25 Sept 2022 Vandag se diens…. • Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za • KantoorureDi&Vry Di&Vry Di&Vry Di&Vry 09:00—12:00-Telno0829937218/0825390342CorrieLouw(koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510 580 036 Tak Meyerton • Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693 • Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 • Ngkerk Meyerton Oos Vir Sterkte aan ndie matrikulante! x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land Lief en leed Wyk Die erediens word gelei deur Ds. John Myers Skrif: Tema: Deurkollekte: SorgAksie Blok Diensbeurte Sondag02Okt.—Geentee—skoolvakansie Sondag02Okt.—Geentee—skoolvakansie

Byeenkomste die week

Sondag 02 Okt

Maandag 03 Okt

Sondag 09 Okt

Maandag 10 Okt

Dinsdag 11 Okt

14 Okt

 Erediens — word gelei deur ds John Myers. Bevestiging van BET voorsitter  Bring & Braai—na die diens. Almal welkom
 Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30
 Erediens 09:00— Diens word gelei deur Ds. John Myers
 Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30
 FK — 10:00 kin die kerkkantoor Vrydag
 Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661 Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in! JY JY JY JY is die kerk!

Sondag 02de Jan Pelser (C1)

Maandag 03de Vicky Marten (C3)

Donderdag 26de Fanie vd Vyver (C2)

Saterdag 08ste Ounooi de Does (D3)

Juvan v Antwerpen (D3)

Doop verjaarsdaeDoop verjaarsdaeDoop verjaarsdaeDoop verjaarsdae So 02—Sa 08 Okt

Sondag 02de Rorke Kok (C7)

Woensdag 05de Maileene Dreyer (C2)

Donderdag 06de Deon Kriel (E5) Rialise Venter (B1)

4 Geluk elke verjarende!!Geluk elke verjarende!!Geluk elke verjarende!!Geluk elke verjarende!! So 02—Sa 08 Okt
‘ ‘‘ ‘ n n n n Vreugdevolle lewensjaar word jouVreugdevolle lewensjaar jou toegebid vir 2022 nms Kerkraad &toegebid vir 2022 nms Kerkraad &toegebid vir 2022 Kerkraadtoegebid vir 2022 Kerkraad Admin Bestuur.Admin Bestuur.Admin Bestuur.Admin Bestuur.
Vier die dag wat die Here JOU JOU JOU JOU gekies het as Syne!. Het jý al die Hére gekies?Het jý al die Hére gekies?Het jý al gekies?Het jý al gekies? Ouers, kom julle jul doopbeloftesOuers, kom jul doopbeloftes na? na? Hoe wys jy jou dankbaarheid?

Kinderdiens—23 Oktober

Al ons kinders word uitgenooi na die diens op Sondag 23 Oktober om 09:00. Hierdie dag sal daar nie kategese wees nie.

Ons doen ‘n beroep opalle ouers en grootouers om die kinders hierdie Sondag saam met hulle te bring.

Die diens sal gelei word deur Casper Muller. Hy is bekend vir sy kleurvolle dienste, veral vir kinders.

5

SorgAksie: Kos & klere

Daar is tans weer ’n groot behoefte aan onbederfbare produkte by die Koskas:

♥ veral blikkies vis en soutvleis.

♥ Vars groente is ook baie welkom.

♥ Elkeen wat iets kan bydra, word opgeroep om dit asseblief na die kantoor te bring.

♥ Toiletware

Ons “Fles van Hoop” projek is uiters gewild, maar hierdie voorraad is ook uitgeput.

Bestanddele nodig vir die “Fles van Hoop”:

♥ Rys

♥ “Soup mix”

♥ Lensies

♥ Blokkies “stock”

♥ Pakkies soppoeier.

Indien u leë bottels het wat u kan vul, bring asseblief kantoor toe. Vir enige verdere inligting, kontak Annatjie de Beer —082 753 9518

Kos dringend benodig::

Gedurende Augustus het die koskas aan 28 gesinne kos uitgedeel en tot dusver gedurende September aan 14 Gesinne. Ons koskas is op die oomblik omtrent leeg terwyl meer-en-meer nuwe gesinne kom hulp soek. Wat gewoonlik vir ’n basiese pakkie beplan word, is die volgende en ons kan dit nie eens bybring nie.

6
(Vervolg op p 7)

(Vervolg van p

Jar of hope Sout (500g)

Blikkies vleis Pilchards vis Blikkies chakalaka Blikkies “baked beans”

Blikkies ertjies/gemengde groente Blikkies sweetcorn Koffie Rooibostee

Spaghetti Macaroni ( Rys Suiker ()

Blikkies konfyt Melkpoeier Soppoeier Toiletseep

Mieliemeel Soja

Lensies Droë ertjies

Toiletpapier Sjampoo

Tandepasta Sanitere doekies

Waspoeier Sunlight seep

Ons benodig ook leë joghurt houers, margarien houers en klein botteltjies om groot voorrade voedsel in op te deel in kleiner hoeveelhede.

In die toekoms gaan ons ’n groot houer in die voorportaal plaas vir gemeentelede om asseblief wat hulle kan, saam te bring kerktoe en Sondae daarin te plaas.

7
6)

My Dankoffer

Hoe lyk my verhouding met God

(11) Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. (12) Net toe Hy ‘n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op ‘n afstand staan (13) en roep hard: "Jesus, Here, ontferm U oor ons!" (14) Toe Hy hulle sien, sê Hy: "Gaan wys julle vir die priesters." Op pad daarheen het hulle gesond geword. (15) En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. (16) Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank.Hierdie man was ‘n Samaritaan. (17) Toe sê Jesus: "Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie?

Waar is die ander nege dan? (18) Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers ‘n Jood is nie?" (19) En vir hom sê Hy: "Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered."

Lukas 17 verse 11-19
8

Kan jy Jesus beÏndruk?

Lukas 21:1 4 (ook Markus 12:41 44) vertel in enkele verse die verhaal van ‘n offervaardige weduwee wat vandag steeds op die post moderne mens ‘n appél maak en elke egte gelowige twee keer laat dink.

In die voorhof van die tempel was daar 15 verskillende offerkiste waarin geld offers gegooi kon word. Elke skatkis het ‘n priester wat die geld ontvang en daarin gooi.

Die gewer het met die aanbied van die offer die bedrag hardop genoem. Ten aanhore van almal, is die mildelike gewer geprys, maar die geringe offer bestraf en selfs verneder. Dikwels het mense gestaan en luister na die bydraes. Ook Jesus het daar vertoef ... juis toe ‘n arm weduwee twee onbenullige munstukkies afgee ... en waarskynlik ‘n skrobbering deurmaak...

Jesus het die omvang van die weduwee se offer raakgesien en was so beïndruk daarmee dat hy haar uitsonder en haar bydrae as belangriker ag as selfs die groot somme metaalmunte van die groot bydraers. So beïndrukwas Jesus, dathierdie weduwee se optrede in die evangelies verewig is!

Waarom was Jesus so beïndruk? Daar is ‘n paar moontlikhede:

1. Hy was beïndruk omdat hy bonatuurlik geweet dat sy arm was met niemand om vir haar te sorg nie. Tog het sy alles gegee soos ook Hy kort daarna álles sou gee.

2. Hy was beïndruk omdat dit haar hart ontbloot het. Sy het niemand probeer beïndruk nie en het dit ook nie aan die groot klok probeer hand nie. Net Jesus het dit opgemerk.

3. Hy was beïndruk omdat sy iemand was wie se inkomste so laag was dat sy eerder moes ontvang het as om self te

gee. Sy het nogtans gegee, sodat God se werk kon voortgaan, al was dit brood uit haar mond.

4. Hy was beïndruk omdat sy haarself tekort gedoen het om die Here vir Wie sy lief is, te vereer. Daarom prys Jesus haar openlik voor ander!

5. Hy was beïndruk omdat dit haar geloof in God wat sorg gedemonstreer het. Dit was haar laaste ete. Maar agter haar gawe staan ‘n God van Wie sy absoluut afhanklik was. Haar offer was ‘n afhanklikheids verklaring. Daarom sê Jesus: “As mense My volgelinge wil wees, moet hulle hulle hele lewe vir My gee” (Mat.16:24 BV).

Dit laat my en jou met hierdie baie belangrike vraag:

“Wíé beïndruk ek met my offergawe?

Myself?

Ander mense?

Of die Koning van my lewe?”

Die regte manier om te gee !

9
• 2Kor.9:7 ...nie met teensin of uit dwang nie, maar met blydskap. • Deut.8:18 ... Uit erkenning vir God se gawes aan ons. • Luk.16:10 ... Uit getrouheid aan die Here • Maleagi 3:8,10 ... Die volle tiende na die huis van die Here neem • Mat.22:21 ... Omdat Jesus self sé dat ons aan God moet gee wat Hom toekom.

Offers gee perspek ef

Wanneer Paulus ons oproep om nie alleen op die aardse dinge te fokus nie, wil hy ons bewustelik laat kies om die werklikheid van God en Sy Koninkryk in ons denke en optrede in ag te neem. Ja, die alledaagse is belangrik, maar om nét daarop te let sal ons nooit die léwe reg laat verstaan nie.

Die alledaagse lewe daarteenoor probeer ons juis in die dolle vaart van die rotte resies opslurp. Die probleem daarmee, volgens Paulus, is dat dit ons laat fokus op die hier-ennou dinge, die sigbare. En dit trek die prentjie van ons lewe skeef—so asof ons lewe nét uit die sigbare bestaan. Sodoende vervaag God en Sy Koninkryk in ons gedagtes en lewe.

Vir Jesus, en ook Paulus, gaan dit in ons beleggings oor die gerigtheid van ons hart. Koninkryk beleggings rig ons hart verby die aardse rotte resies. Dit laat ons reg kyk na die lewe en ons verhoudinge met ander mense én die Here self.

Godhet‘nbaieduidelikeplanom joutebeskermteen‘nlewe waardeurjyjouwaardesen verhoudingsverloor.

‘n Treffende voorbeeld van iemand wie se lewenskwaliteit en menseverhoudings herstel het, is Saggeüs. Gaan lees gerus hierdie treffende beleggers portefeulje in Lukas 19:2-9.

Sodoende word ons offergawe ‘n teenvoeter waardeur God ons beskerm om nie lewens– en ewigheidsperspektief te verloor nie. 

Jesus waarsku dringend: “Moenie skatte bymekaarmaak waar mot en roes verniel nie ... maak vir julle skatte in die hemel bymekaar!” Ons word uitgedaag om bepland en doelbewus (soos met enige ander belegging) in die onsigbare te belê. (ook tyd, energie, lewenskrag).

Jesus sê ook waarom dit belangrik is om sulke beleggings te maak: “Waar jou skat (belegging) is, daar sal jou hart (fokus / belange) wees”.

10

Gemeenskapsprojek

Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses ‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer.

Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom. Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun.

11
12
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.