23 Oktober 2022

Page 1

23 Okt 2022

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Casper Muller Skrif: Mat 6:33 Tema: Hoe groot is God?? Deurkollekte:

SorgAksie

Lief en leed Wyk E1

Vir voorbidding x Baie geluk aan Tommie & Corrie Louw wat Vrydag hul 55ste huweliksherdenking vier!

B2

x Voorbidding vir Piet Pretorius en sy gesin wat swaar getref is deur sy tweede chemo behandeling.

C2

x Rentia Kennedy se CT skander ing het geen pr obleme uitgewys nie. x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land.

Die gemeente word genooi om voorstelle vir voorsang aan die kantoor deur te gee.

Blok Diensbeurte Sondag 23 Okt. —Blok D Sondag 30 Okt. —Blok E Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/ rooibos! • Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za • Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton • Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 • Ngkerk-Meyerton-Oos

1


Byeenkomste die week Sondag 23 Okt  Erediens 09:00— Diens word gelei deur Casper Muller— kinderdiens

 Erediens 11:00—Engelse diens gelei deur ds John Myers Maandag 24 Okt  Gebedsgroep — Almal welkom om 07:00 Vrydag 28 Okt  Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Sondag 30 Okt  Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 31 Okt  Gebedsgroep — Almal welkom om 07:00 Vrydag 04 Nov  Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

JY is die kerk!

2


Geluk elke verjarende!! ste

Sondag 23

So 23—Sa 29 Okt

Reinard Hramse (E4) Pinkie Pelser (C1) Derick sibthorpe (B5)

ste

Saterdag 29

‘n

Anna Maree (D6)

Vreugdevolle lewensjaar word jou

toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Doop verjaarsdae So 23—Sa 29 Okt Donderdag 27ste

Debbie Boshoff (C1)

Vier die dag wat die Here JOU gekies

het as Syne!.

Het jý al die Hére gekies? Ouers, kom julle jul doopbeloftes na? Hoe wys jy jou dankbaarheid? 3


Gebedsfokus WATTER SOORT INVLOED? Spreuke 13:13-2! Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer. versleg. - Spr. 13:20 Ons word vandag weer eens aan die belangrike gedagte herinner dul ons 'n invloed op ander mense uitoefen. 'n Invloed ten goede of ten kwade. Elke mens se lewe raak die lewe van ander mense om hom. Dit is wel so dat sommige mense meer invloed uitoefen as ander, maar met elkeen van ons gaan daar tog invloed uit. En dikwels beïnvloed ons lewe ander mense meer as wat ons besef. U kan daarvan verseker wees dat u woorde, dade, gesindhede en hele optrede weerklank vind in ander mense se lewens. Elke ontmoeting, elke gesprek laat indrukke na. Ná elke vriendskap laat u u medemens ryker of armer agter, het u iets in hom opgebou of afgebreek. Het u al gedink hoe u die mense wat die naaste aan u is, beïnvloed? U man of vrou, u kinders, u vriend of vriendin, u kollegas of bure? Watter soort invloed is dit? 'n Invloed wat hulle verryk of verarm? Maar kom ons oordink ook die ander gedagtes wat die Spreukedigter noem - dat gehoorsaamheid aan God beloon word (v. 13), dat dit verstandig is om teregwysing ter harte te neem (v.18), dat 'n ouer ‘n kind in liefde moet tugtig (v.24). Maar, om terug te keer tot die gedagte dat ons elkeen 'n invloed uitoefen, kom ons bid dat die Here ons lewe tot 'n seën vir ander sal maak. Bid dat daar 'n heilsame en opbouende invloed van u uitgaan. Bid dat mense iets van die liefde van God en van Sy goedheid in u lewe sal opmerk. Dit kan alleen as u in die Here Jesus bly soos loot in die wynstok. Here, maak my deur die werking van u Gees vandag 'n invloed vir almal wat my pad kruis. Amen.

4


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.