Lynnwoorde Kersfees 2015

Page 1

Seisoen van Luister

GEMEENTEBLAD VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK LYNNWOOD: LYNNWOORDE 16 November 2015 www.nglynnwood.co.za

’n Gebed vir

YKERSFEES ISZ Kersfees Y’N CHRISTUSFEESZ Ds Fay van Eeden

“Hemelse Vader, help ons om die geboortedag van Jesus Christus op die regte wyse te herdenk, sodat ons kan deel in die lied van die engele; kan jubel met die blydskap van die skaapwagters; kan stil word in aanbidding soos die wyse manne. Grendel die deur van haat en ontsluit die deur van liefde oor die hele wêreld heen. Laat elke geskenk gepaard gaan met vriendskap en liefde, en elke groetekaartjie met edel begeertes. Verlos ons van die bose deur seëninge wat Christus bring en leer ons hoe om met rein harte vrolik te wees.

Paul Rand (1914-1996), die Amerikaanse grafiese ontwerper, was veral bekend vir die korporatiewe logo ontwerpe van onder andere IBM, ABC en NeXT. In 1938 nader Marguerite Tjader Harris vir Rand om voorblaaie vir Direction, ’n kuns-en-kultuur tydskrif wat onder andere artikels deur Le Corbusier en Jean Cocteau bevat het, te ontwerp. In 1940 is hy verantwoordelik vir die ontwerp van die kersuitgawe se voorblad. Met Rand aan die stuur van sake sou daar geen gebruiklike kerssimbole op die voorblad verskyn nie, maar wel ’n doringdraadkruis. Rand plaas, in sy eie verduideliking van die ontwerp, nie baie klem op die kruis as godsdienstige simbool nie - wat my laat wonder of hy onwetend die brug tussen twee van die grootste gebeure in die evangelie geslaan het - Kersfees en Paasfees. Wetend of onwetend - Rand gee met hierdie voorblad vir ons ’n wonderlike perspektief op Kersfees.

Rand herinner ons dat die kersgebeure nooit los van Lydenstyd en die Paasgebeure gemaak kan word nie. Die kersverhaal speel altyd in die skaduwee van die kruis af. Die baba wat in doeke toegedraai is, herinner ons aan die doeke in die leë graf. Geringe herders se teenwoordigheid

Robert Louis Stevenson

- ’n bewys dat almal in die koninkryk welkom is. Die sterrekykers se vraag: ‘Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is?’ (Matt 2:2) word op die bord bo-aan die kruis beantwoord: ‘Dit is Jesus, die koning van die Jode’ (Matt 27:37). Rand was reg - ons kan Kersfees met groot vreugde vier, juis omdat daar ’n kruis en ’n leë graf was.

Mag Kersoggend ons vervul met uitnemende blydskap omdat ons u kinders mag wees. Mag ons op Kersaand gaan slaap met dankbare harte in die wete dat ons vergewe is soos wat ons ander vergewe het. Om Jesus ontwil.” Amen.

Mag hierdie Kersfees vir jou en jou geliefdes ’n ware Christusfees wees!

Nuwejaars-oggend in New York p 5 Die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling p 6 Lynnwood hou bazaar p 12

LYNNWOORDE 16 1


DIE

STILTE Redaksioneel

VAN DIE NAG

Immanuel van Tonder

Baie dankie aan almal wat op die een of ander wyse bygedra het gedurende 2015 tot die sukses van die Lynnwoorde. Die einde van die jaar is reeds in sig wanneer hierdie laaste uitgawe van 2015 verskyn. Gedurende die jaar kon ons bevestig dat lewe beslis verandering beteken. Soos tyd verloop het, was daar ook veranderinge in ons kerklewe. Ons gemeente het in die lig van Sinode-besluite eengeslag-lidmaatskap en -huwelike aanvaar. Ons eredienstye op Sondae gaan ook verander en dit blyk dat ons een gesamentlike diens om 09:00 op Sondagoggende sal kan bywoon; die grootste persentasie van ons persoonlike lewens verander natuurlik voortdurend en die meeste altyd in ’n nuwe jaar met nuwe aanpassings wat in elke huishouding gemaak moet word. Ons wens graag aan elkeen, klein en groot, ’n geseënde Kerstyd toe en mag ons almal saam die woorde van Lied 344 uit die Liedboek onthou en sing: “O die goeie tyding O die blye tyding – Oral hoor ons : dis Kersfeestyd. Blye jubelkore Loof die Kind gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid!” Aan almal hiermee ook ’n besondere voorspoedige 2016! Rykie Snyman Redaktrise In ons eerste uitgawe van 2016 plaas ons DV die beloofde artikel oor die maatskaplike werkers Antoinette Victor en Petro Barnard se werksaamhede in ons omgewing.

Kontak-inligting Kerkkantoor 012 348 1245 kerkkantoor@nglynnwood.co.za Koster Frikan Erwee 083 603 4961 Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens) Maretha Brits 073 267 7019 Bankbesonderhede NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court (632005) Rek nr 540 580 014

2 LYNNWOORDE 16

Redaksie Redakteur Rykie Snyman Gereelde medewerkers Immanuel van Tonder Peet Crous Fay van Eeden Eric Scholtz Jakkie Strachan Erika Theron Taalversorging Rykie Snyman Riaan Steyn Ontwerp Fearika Heyns

Vladimir-Kireev: The Silence River 2012

Hierdie tyd van die jaar bied besondere geleenthede vir een van die sterkste prosesse waaraan ’n mens jou kan blootstel: Stilte. Ja, stilte! Dit klink dalk soos ’n kontradiksie om te sê stilte het groot krag, want stilte is mos “leeg”. Dit is egter juis waar die krag van stilte lê. As ons die steierwerke van ons lewe wegneem, dwing dit ons om weer op die essensie te fokus. Stilte pas baie goed by die gereformeerde teologie omdat stilte as geloofsgewoonte se uitgangspunt is dat God die werk doen. Baie van die ander godsdienstige rituele het die gevaar dat ons daardeur hoogmoedig en selfgesentreerd kan raak. Hoe meer ek dink dis my goeie geestelike werke wat my geloof so laat groei, hoe verder is jy van gesonde spiritualiteit af. Egte stilte as geloofsgewoonte maak ruimte vir God om te werk. Stilte vertrou God vir die proses en gee aan Hom die eer vir dit wat tot stand kom. Stilte is vir sommige mense glad nie vreemd nie want dit is dalk baie keer fisies stil by mense wat alleen woon. Ander weer smag maar net na ’n rukkie se fisiese stilte te midde van die dolle gejaag. Dit gaan egter nie soseer oor fisiese stilte nie maar oor die diep koel stroom van innerlike stilte. Hierdie stroom bly sy lewegewende krag gee, soms te midde van groot uitdagende situasies en selfs te midde van ’n rits verantwoordelikhede. Daar kan dus mense wees wat alleen woon in wie die geraasvlakke in hulle gedagtes so hoog is dat hulle nie uit die rykdom van stilte kan delf nie. Ek nooi jou om in dié stiller tyd van die jaar weer tye te skep om net alleen te wees. Jy kan sit, stap, kosmaak, tuinmaak, brei of wat ookal kan help dat jy na binne kan luister. Stilte of alleenheid maak nie die verskil nie, die kwaliteit van jou aandag aan jou binnekant maak die verskil. Hoe fyner jou fokus op jou binnekant is, hoe meer waardevol word die stilte. Dis hier waar die Here jou ontmoet. Wat jy dus in die stilte moet doen, is om te let op wat in jou gedagtes en emosies gebeur. Sien dit wat by jou opkom soos


SPIRITUALITEIT Die Nederlandse teoloog, Nico ter Linde, het vir sy bejaarde pa, wat ook ’n predikant was, gevra of hy nog steeds glo. Sy pa se antwoord was: Ja, ek glo nog, maar ek glo anders. Geloof het anders geword. Deur die jare groei ons geloof, maar dit is nie waarvan Ter Linde praat nie. In ons tyd het die siening van geloof radikaal verander. Die manier waarop dit beskryf word, is in die woord spiritualiteit, opgesluit. Mense sê al hoe meer dat hulle nie godsdienstig is nie, maar wel spiritueel. In die VSA en Europa word baie navorsing oor die veranderde spiritualiteit gedoen. Onder die titel God in Nederland, doen die Nederlandse regering gereeld opvolgstudies. Die nuutste wys daarop dat die Nederlanders se geloof in (’n) God gegroei het, maar minder van hulle wil met die kerk iets te doen hê. Dit klop met wat ook in ander lande bevind is. Die Nederlandse opname wys verder dat

al hoe minder mense van selfversekerde uitsprake oor hoe God is, hou, maar meer mense sê nou dat hulle seker is oor waar God is: Hy is nie in die hemel nie, maar baie naby aan my. Hoekom het spiritualiteit so drasties verander? Daar is baie antwoorde daarop, soos die opkoms van die postmodernisme en die feit dat die kerk nie meer ’n monolitiese Westerse verskynsel is nie. Maar daar is geen twyfel daaroor nie dat ’n intense spirituele honger by mense ontstaan het. In ’n wêreld wat uitmekaar val, soek die moderne mens na betekenis waarmee hy die loshangende elemente van sy bestaan kan integreer. Daarom gryp spiritualiteit die verbeelding meer aan as georganiseerde godsdiens. Die interessante is dat spiritualiteit nie net in die kerk gesoek word nie. Al hoe meer word daar na spirituele

Johan Jooste

waardes in byvoorbeeld bestuur, mediese sorg, die beoefening van die wetenskap en tegniek, die versorging van die aarde en in die ekonomie, gesoek. Die nuwe spiritualiteit wil nie vooruitgang en materiële welvaart ten alle koste najaag nie. Ons weet nog nie hoe hierdie beweging, wat vinnig op Suid-Afrika toesak, presies gaan uitspeel nie, maar dit is duidelik dat ons daarvan kennis sal moet neem. Ons weet reeds dat foefies en ’n ooraanbod van ervarings nie werk nie. Trouens, die nuwe spiritualiteit walg daarvan, want dit soek na diepte en nie na oorvloed nie, na eenvoud en opregtheid. Om Paulus aan te haal (Fil 1:9), sal ons liefde moet toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat ons dié dinge onderskei waarop dit werklik aankom. Anders gaan ons as kerk en as gelowiges uitgeskakel word in die groot soeke na dit wat meer is as wat die samelewing bied.

wolke wat deur die horison van jou binnewêreld gly. Bring dan die wolke in teenwoordigheid van Hom wat by jou is. Laat die Lig daarop skyn. Soms sal die wolke soos mis voor die son verdwyn, ander kere kan jy net toelaat dat die wolke aanskuif en agter die horison verdwyn. As daar intense emosie of ’n warboel van gedagtes opkom, bring dit net in die teenwoordigheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Jy kan gerus die saak waarop jy fokus in die teenwoordigheid van die rykdom van die Vader se hart bring. Dink daaroor na. Word dan omarm deur die omhelsing van Jesus wat aarde toe gekom het in jou broosheid. Stel jouself dan oop om deurdring te word met die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Hierdeur kom daar ’n bewussyn van ’n diep verbintenis met God. Rus dankbaar daarin. Die proses is dus eenvoudig: Word stil Luister na binne Bring dit wat by jou opkom na die Vader, Seun en Gees Rus in God Die stille teenwoordigheid van God sal jou lewe deurstroom soos ’n koel waterstroom wat lewe gee. Mag die stilte van Stille Nag deur jou stroom.

JAPAN SENDING Dawid en Sue Verwey van Japan Sending besoek ons. Die Verweys doen baie geseënde sendingwerk in Japan sedert 1986. Persone op die foto van links na regs: Dawid en Sue Verwey, Eric Scholtz, Frieda en Petrus Retief.

KALENDERS Ons wil graag as gemeente vir Fearika Heyns bedank vir haar pragtige en kreatiewe uitleg van die kerkkalender wat sy vir vele jare so onbaatsugtig vir ons gedoen het. Haar druk program laat haar nie toe om dit verder vol te hou nie. Die taak word dus nou oorgeneem deur, Gisela von Garderen Rolfes, ook ’n gemeentelid. Baie dankie Fearika!

LYNNWOORDE 16 3


Kersfees 2015

Rinamari Roux

Het jy al die skaap-kraal geruik?

Jesus is mos in ’n stal/grot/kraal gebore naby Jerusalem, “omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie” (Lukas 2: 7) en ook “Daar was skaapwagters met hulle skape in die omgewing” (Lukas 2: 5) Dit was nag, koud, en winter (ongeveer Desember). Die skape het veral in die nag in die grot/oorhang (of stal) gaan skuil teen die koue. Dit was ’n stink plek vol skaapmis. Niemand sou die grot/stal uitgevee het vir hierdie geboorte nie. Die “krip” was dalk ’n primitiewe houthouer of ’n holte of “hok” waarin daar strooi was. Lukas 2:7 “Sy het haar Eerstelingseun in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê” Die strooi was skaap-kos of ’n sagter lêplek vir die skape. Maria was jonk, so 14 of 15. Sy draai hierdie klein, pap Baba toe in doeke en sit Hom saggies op die strooi neer. Die maagd Maria se eerstelingseun is gebore soos voorspel is deur die engel Gabriël. Wie het geglo dat sy regtig nog ’n maagd was......die begin van Christus se vernedering en lyding. Josef en Maria was altwee jonk en onervare en alleen. Dit was seker vir hulle albei ’n moeilike en traumatiese ervaring. Die skape herkou en blêr oor hierdie vreemde geluide rondom hulle...in die koue en stink stal. Hulle hoor die Baba sy eerste skree gee terwyl die skape blêr en herkou. Buite in die veld is dit stil. Skielik is daar ’n engel by die skaapwagters wat in die omgewing was en vertel hulle van die “kindjie wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.” Voordat hulle mooi kon dink hieroor staan daar ’n skare engele saam met die engel en hulle sing hard en duidelik: “Eer aan GOD in die hoogste hemel En vrede op aarde...” Wat het Josef en Maria hieroor gedink? Die engel van die Here het voorheen aan hulle elkeen afsonderlik verskyn. Hulle vriende en familie het hulle verwerp toe dit duidelik geword het dat Maria swanger was terwyl hulle nog maar net verloof was. Na hierdie bonatuurlike engelsang kom die skaapwagters self kyk wat gebeur het. Die eerste besoekers wat na die Baba kom kyk het was die klompie ongeletterde, vuil (en stink!) skaapwagters. Hulle was die mense wie nie eers in ’n hof kon getuig nie want hulle was beskou as te lae-klas. Hulle getuienis is nie aanvaar nie. Tog is juis hulle gekies om in die dorp te gaan vertel (getuig!) van wat hulle gehoor en gesien het. Sou die dorpsbewoners hulle hierdie keer geglo het? Ervaar iets van hierdie wonderwerk deur jou sintuie. Dink wat jy geruik, gehoor, gesien en sou geproe en gevoel het as jy daar was. Ons leer en ervaar mos deur ons sintuie. Wat sou jy geproe het en gevoel het as jy saam in die stal kon wees? Jy sou dors gewees het en stof en vrees geproe het... as jy daar was. Jy sou die vuil stof aan jou hande en die stink mis aan jou voete gevoel het. Sou jy geglo het wat jy regtig gesien, gehoor en geruik het? So het ons Verlosser en die Seun van God as swak, hulpelose klein Babatjie ons sondige wêreld ingekom. Alles ter wille van ons elkeen.

4 LYNNWOORDE 16


NUWEJAARS-OGGEND IN NEW YORK Toe die elektroniese wekker langs my bed afgaan, het ek vir ’n paar oomblikke nie geweet waar ek is nie. Toe onthou ek. Ek staan op en trek die gordyne voor die venster van my hotelkamer wyd oop. Buite is dit bewolk en grys en grou. Ek kyk in die rigting van die Empire State Building maar ek kan nie hierdie wolkekrabber sien nie – ook nie die vier-honderd-en-sewentien meter hoë World Trade Centre is sigbaar nie. Lae wolke hang oor Manhatten. Ek kyk af in die straat. Daar is maar min verkeer. Dit lyk of meeste van die voetgangers dik jasse aan het. Is dit hoe nuwejaarsdag hier lyk? Hoe verskillend was my laaste nuwejaarsdag nie in die Malopo nie. Oujaarsaand was daar ’n diens in die kerk. Dis ’n middernagdiens en dominee Gertenbach het dit so gereël dat hy die diens vyf minute voor middernag afsluit. Toe was daar ’n stilte van vyf minute. Dit was tyd vir stilgebed en refleksie oor die jaar wat verby is. Presies om twaalf uur het die koster, Oom Koos Kriel, die kerkklok gelui. Daarna het die dominee ’n lys van gemeentelede wat die afgelope jaar gesterf het, voorgelees. Hy doen ’n gebed vir die gesinne wat geraak was. Namens homself, sy vrou en die Kerkraad van die NG Gemeente Malopo word die gemeenskap ’n gelukkige en voorspoedige nuwe jaar toegewens. Na die diens is daar ’n opgewonde vrolikheid. ’n Mooi jaar en genoeg reën is die gewilde nuwejaarswens onder die kerkgangers. Oom Herman gee sy buurvrou, tannie Johanna, ’n onnodige stywe druk en ’n klapsoen vol op haar lippe. Ek dink hy wou dit al lankal gedoen het, maar kon nie ’n morele verskoning kry om dit voor sy vrou en tan’ Johanna se knorrige man te doen nie. Alhoewel ons laat gaan slaap het, is ons vroeg die nuwejaarsoggend op om met die melkery te help en die beeste te versorg. Ons maak veral seker dat daar genoeg water in die suipkrippe is. Later die oggend is ons almal na die piekniekplek so ’n entjie van die huis af. Die piekniekplek is ’n soort van ’n natuurfrats. Die bome in hierdie deel van die wêreld is maar skaars en waar daar bome is, is dit meestal karee, olienhout en ’n bietjie rosyntjiebos. Maar by die piekniekplek is ’n hele bos pragtige groot soetdoringbome. Tussen die soetdoringbome ontspring ’n fontein wat in ’n waterskaars streek ’n groot bate vir die plaas is. Asof dit nie genoeg is nie, is die doringbome met nuwejaar op hul mooiste en oortrek met vrolike geel bloeisels. Dan word die Malopo-lug gegeur met ’n aangename soet reuk. Dit het nou al tradisie geword dat ons, die bure en ander vriende nuwejaarsmiddag op piekniekstyl hier saam eet. Daar is baie koeldrank en gemmerbier vir die warm somersdag. Daar is gewoonlik nie eintlik sterk drank met die nuwejaarsvrolikheid nie. Net soet nagmaalwyn by die ete wat bestel is uit die “kolonie”. Die wyn het per spoor gekom en is by die spoorweghalte afgelaai. Toe ons dit ’n paar dae later gaan haal, was al die wyn nog daar en die verpakking onaangeraak. Die oorvol skottels skaapvleis word warm gehou met ’n klein vuurtjie onder die bome. Maar die kroon op die ete bly maar die krismispoeding met brandewynsous. Hierdie kersfeestreffer word ook met nuwejaar bedien. Ek moes die vorige dag vir ma help

Frans Human

skrop om die tiekies silwerskoon te kry want dit word in die nageregdeeg ingemeng. Die een wat die gebakte nagereg met die tiekie daarin kry, kan dan ’n spesiale wens maak en natuurlik sou hierdie wens dan waar word. So is in elk geval geglo. Die tiekie was toe in my poeding. Dis sommer ou-vroustories het ek gesê toe almal my aanmoedig om my oë toe te maak en te wens. Maar ousus neem nie nee vir ’n antwoord nie. Ag toe, Boet, speel saam. Maak toe jou oë en wens. Maar pasop wat jy wens, want wat jy wens, gaan waar word. Ek het toe maar my oë toegemaak en gewens dat ek die geleentheid sou kry om oor die wêreld te reis. Omdat dit daardie dag in die Malopo so warm was, het ek ook gewens dat ek een nuwejaar in New York sou wees wanneer dit sneeu. Daardie nuwejaarsmiddag so teen drie uur het die westewind uit die rigting van die Kalahari begin waai en die droë wind het dit nog warmer gemaak. ’n Rukkie later het die wind egter noord gedraai en het ’n ligte koel windjie begin waai. In die soelheid van die laatmiddag is die ete afgesluit met vars koffie, koeksisters en melktert. Dis asof ek nou weer die geur van die koffie kan ruik. Die reuk kom seker van die restourant by die hotel. Die tyd het heeltemal onder my uitgeloop. Ek moet nou vinnig stort en regmaak vir my ontbyt-afspraak. ’n Bietjie later loop ek deur die draaideur van die verhitte hotel. Buite is dit koud. Ek neem nie ’n huurmotor nie en stap links in die rigting van Times Square. Ek slaan die kraag van my jas op. Dit begin sneeu.

The Worst Day Ever Chanie Gorkin Today was the absolute worst day ever and don’t try to convince me that there’s something good in every day because, when you take a closer look, this world is a pretty evil place. Even if some goodness does shine through once in a while satisfaction and happiness don’t last. And it’s not true that it’s all in the mind and heart because true happiness can be attained only if one’s surroundings are good it’s not true that good exists I’m sure you can agree that the reality creates my attitude. It’s all beyond my control and you’ll never in a million years hear me say today was a very good day. Now read it from bottom to top, the other way, and see what I really feel about my day.

LYNNWOORDE 16 5


DIE NUWE AFRIKAANSE BYBELVERTALING – ’n DIREKTE VERTALING Isak du Plessis

Daar word algemeen aanvaar dat ’n nuwe Bybelvertaling elke 30 jaar nodig is – na ongeveer een geslag. Die eerste Afrikaanse vertaling was in 1933. In 1953 was daar ’n proefvertaling maar geen volledige nuwe vertaling nie. Die volgende vertaling was in 1983 – die een wat die meeste van ons nou gebruik. Die volgende vertaling gaan ’n bietjie langer as 30 jaar neem. Wat ons nou gekry het, is ’n proefvertaling van die hele Nuwe Testament en die Psalms. Die Ou Testament en die Apokriewe is nog nie klaar nie. Die Apokriewe wat in die Rooms Katolieke se Bybel opgeneem is, sal ook nou in die nuwe vertaling opgeneem word. Die Vertaalopdrag was soos volg: Skep ’n goed-verstaanbare, brontaal-georiënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik. Die Motivering vir die vertaling was kortliks die volgende: 1. Die teorie van Bybelvertaling het die afgelope 30 jaar ontwikkel. 2. Studie van die brontale het nuwe insigte gebring. 3. Die Afrikaanse taal ontwikkel gedurig. 4. Daar is ’n behoefte aan ’n meer brontaalgeoriënteerde vertaling. Waar die 1933 vertaling deur ongeveer 5 mense gedoen is, is daar in die huidige opset minstens 5 persone by elke Bybelboek betrokke! Die vertaalspanne is saamgestel uit eksegete, brontaalkenners, taalpraktisyns, letterkundiges en taalkundiges. Die nuwe vertaling, sal amptelik as “’n Direkte Vertaling” bekend staan. Dit beteken nie ’n letterlike vertaling nie. Dit beteken wel dat daar so naby as moontlik aan die brontaal (Grieks, Hebreeus en Aramees) gebly word. Ek verduidelik dit graag aan die hand van enkele voorbeelde: Titels en mate ensovoorts is direk weergegee en dan by wyse van voetnote verduidelik. Voetnote om terme te verduidelik is dus redelik volop in die nuwe vertaling. Byvoorbeeld: (1) Waar die 1983 Lk 1:1 vertaal met: “Daar is baie wat onderneem het om ’n verhaal te skrywe…” het ek dit vertaal met: “Baie mense het reeds hulle hand daaraan gewaag om ’n verhaal saam te stel…” Die Griekse teks gebruik die woord vir hand in die uitdrukking “hulle hand daaraan gewaag”. Dit is dus meer letterlik en direk, maar myns insiens, meer veelseggend binne die konteks. (2) Lk 1:10 word in die 1983 vertaling weergee met: “Terwyl die wierookoffer gebring is…” maar word nou in die Direkte

6 LYNNWOORDE 16

Vertaling meer direk vertaal met: “op die uur van die wierookoffer…” wat dan by wyse van ’n voetnoot verduidelik word met: “Hierdie offer is om 09:00 en weer om 15:00 gebring.” (3) In Lk 3:1 staan: “Herodes was tetrarg van Galilea…” met die voetnoot: “Die ampstitel van iemand wat oor ’n kwart van ’n voorheen groter gebied regeer het. In ’n later stadium kon dit egter bloot dui op ’n heerser oor ’n relatief klein gebied.” (4) Die verwysing na die Romeinse muntstuk “dinarius” word in ’n voetnoot verduidelik as die loon vir een dag se werk. Aan die einde van die Bybel is daar ook nog ’n Woordelys om begrippe te verduidelik wat handig sal wees vir lesers. Bv. Amen, Armageddon, Geregtigheid, Maranata, ens. Daar is baie ure, dae, maande se navorsing aan die saak gewy waarop ons nie hoef in te gaan nie. Om u egter ’n idee te gee van die vertaalproses wat gevolg is, gee ek u graag kortliks ’n oorsig oor hoe ons te werk gegaan het: In die geval van Lukas, waarvoor ek verantwoordelik was, het die proses ongeveer soos volg verloop. 1. As eksegeet het ek my redelik-letterlike vertaling aan ’n ander brontaalkenner (Grieks) voorgelê vir sy insette. 2. Dan het ek sy insette verwerk en die verwerking voorgelê aan ’n taalpraktisyn wat moes kyk of die Afrikaans korrek en aanvaarbaar is. 3. Saam met haar het ons hoofstuk vir hoofstuk deurgewerk (meestal persoonlik). Daar was gewoonlik vyf weergawes van elke hoofstuk (aangedui as a,b,c,d,e) wat elkeen op sekere punte van mekaar verskil. Elke weergawe het tussen ons gependel met kommentaar, vrae en verduidelikings. Ons het vir mekaar kommentaar gelewer en verduidelik wat ons verstaan en bedoel. Ek het my verstaan van die Grieks aan haar verduidelik en sy het haar aanvoeling van die Afrikaanse weergawe aan my verduidelik. 4. Ons gesamentlike poging is dan voorgelê aan ’n taalkun- dige en ’n literatuurkundige wat elkeen hulle kommentaar op die Afrikaanse weergawe gegee het. 5. Dan het ek dit finaal verwerk en aan die Redaksiekomitee voorgelê wat die finale seggingskap gehad het. 6. Die proefvertaling wat nou verskyn het, moet ook aan lidmate die kans gee om hulle insette te lewer.


DIE “MAPPA MUNDI” EN ANDER KAARTE Eric Scholtz.

Die Mappa Mundi word in die Herefordkatedraal in Engeland se Westelike Middellande bewaar. Mappa Mundi beteken “kaart van die wêreld”. Dit is sover bekend die grootste Middeleeuse wêreldkaart wat nog bestaan. Dit is waarskynlik tussen 1285 en 1300 n.C. deur Richard de Bello ontwerp. Die kaart is in ’n sirkelvorm, 52” in deursnee, op ’n vyfhoekige stuk kalfsleer geteken. Die kaart bevat nie net geografiese inligting nie, maar weerspieël ook die Middeleeuse kerk se geloofsopvattings. Jerusalem is byvoorbeeld presies in die middel van die kaart (lees wêreld). Daarnaas word ondermeer 420 dorpe of stede aangedui, 15 Bybelse gebeure uitgebeeld en 33 plante, diere, voëls en vreemde wesens voorgestel. Die kaart beslaan die area wat ons vandag as Europa, Asië en Noord-Afrika ken. Dit is tot waar die bekende wêreld vir Richard de Bello en diegene wat deel van sy leefkring was in 1300 n.C. gestrek het. ’n Wêreldkaart lyk vandag baie anders. Ons is voortdurend besig om ons leefwêreld te karteer. Ons kan nie anders as om lyne te trek om sodoende begrip en betekenis aan verskynsels en gebeure in ons leefwêreld te gee nie. Om kaartmaak as ’n “beeld” te gebruik van waarmee ons besig is wanneer ons, ons leefwêreld wil verstaan en beskryf, bied interessante perspektiewe.

dit beskryf nooit heeltemal ooreenkom nie. ’n Kaart kan nooit die terrein volledig bevat nie. Die terrein is altyd meer kompleks as wat die kaart aandui. Dit beteken nie ons kaarte is nutteloos nie. Dit beteken wel dat ons nie verbaas moet wees as ons langs die pad op strukture, geboue en plekke afkom wat nie op die kaart aangedui is nie, en ons siening van die plek verander nie. So, en om soortgelyke redes, kom ons verstaan van die verskynsels in ons leefwêreld nooit volledig ooreen met die verskynsels self nie. Ons moet dus daarvoor ruimte laat dat ons steeds in ons verstaan van ons leefwêreld verras kan word deur “data” wat nie op ons kaarte aangedui is nie. Ons gebruik dus kaarte om ons te help om ons leefwêreld te verken, maar ons sal ’n groot fout maak as ons die kaart met ons leefwêreld verruil of verwar. Ek skryf hierdie artikel terwyl die Algemene Sinode van die NG Kerk pas nuwe besluite oor selfdegeslagverhoudings geneem het. Kaartmaak as ’n metafoor vir ons verstaanprosesse help my om sin te maak daarvan dat die kerk “nuwe besluite” kon neem oor ’n saak waaroor daar eens groot duidelikheid was.

1) Verstaan is ’n rustelose, nimmereindigende proses. Ek kry jaarliks ’n paar opdaterings van die kaarte op my GPS. Die opdaterings is nodig om nuwe uitbreidings en paaie by te werk. Daar is ook gehuggies en sekondêre paaie wat nog nie voorheen in die kaartdata ingesluit is nie. Soms word foute reggestel. Die terrein is dus aanhoudend besig om te verander, en data wat in die verlede “misgekyk” is, word in berekening gebring. Dit lyk asof dit nooit gaan klaarkry nie. So, en om soortgelyke redes, is ons kaarte, ons beskrywings van ons leefwêreld voortdurend aan die verander. 2) Verstaan is spanwerk. Ek verwonder en verlekker my aan Google Maps. Dit bevat ’n enorme klomp waardevolle inligting. Een ding is seker: Dit is nie die produk van ’n enkele mens nie. Daar is ongetwyfeld ’n baie groot span betrokke by die ontwikkeling daarvan. ’n Enkele persoon kan nie die hele terrein dek nie. (As die inheemse bevolking wat in 1300n.C. in Noord-Amerika geleef het ’n wêreldkaart moes teken, sou dit anders gelyk het as Richard de Bello s’n.) So, en om soortgelyke redes, moet ons saam met ander die terrein verken waaroor ons beweeg, wat ons probeer verstaan en beskryf.

VARS OLYFOLIE Koud gepars l Extra virgin l 100% suiwer. 250ml @ R35.00 500ml @ R60.00 1 liter @ R100.00 Ook in grootmaat beskikbaar. Bestel by Cornelia 082 903 1427 gjooste@global.co.za

3) Ons moet ons interpretasies ernstig opneem, maar nie letterlik nie. ’n Engelse uitdrukking lui: “The map is not the territory.” Daarmee word te kenne gegee dat die kaart en die terrein wat n Produk van die Noord-Kaap. Gebottel in Orania LYNNWOORDE 16 7


In die gemeente

LENTE, LIG EN LIEFDE! Rykie Snyman

Joyful Spring has arrived, the birds welcome it with their happy songs, and the brooks in the gentle breezes flow with a sweet murmur. The sky is covered with a black mantle, thunder and lightning announce a storm. When they are silent, the birds take up again their harmonious songs. And in the flower-rich meadow, to the gentle murmur of leaves and plants the goatherd sleeps, his faithful dog at his side. To the merry sounds of a rustic bagpipe nymphs and shepherds dance in their beloved spot when Spring appears in its brilliance. Daarna het ds. Barry kortliks aan die hand van die afbeelding van die ikoon op die bladsy, die geboorte van Jesus en almal wat volgens die Skrif daarby betrokke was, beskryf en gemeld dat hierdie die grootste liefdesverhaal van alle tye is. Hy het afgesluit met die sing van “Welkom, o stille nag van vrede onder die Suiderkruis” van Koos Du Plessis.

Vanjaar het ons die afsluitingsfunksie op 28 Oktober in Koinonia en in die kerk gehou. Daar was ’n formidabele gehoor wat ook ’n hele kontingent van ons gemeente se manne ingesluit het. Ons was gelukkig om vir ds. Barry van der Merwe as ons gasspreker en kunstenaar te verwelkom. In die kerk het Nerine, voorsitter van die Gemeentevroue-komitee almal welkom geheet en vir ds Barry die verhoog gegee. Kreatief, soos ons hom ken, het hy teen ons verwagtinge in ons saam “Dis heerlike lente”, ’n ou FAK-liedjie, wat die meeste van ons op skool geleer het, laat sing; die titel van die program was “Lente, lig en liefde” en ons was werklik ingestem daarop om die besonderse aand op ’n vrolike noot saam te geniet. Barry het verder ’n hele aantal ligte liedere met sy kitaarbegeleiding gesing. Daarna het hy ons op ’n musikale reis geneem. Ons het geluister na die musiek uit die ‘Vier Seisoene – Vioolkonsert Opus 8’ van Vivaldi. Lg was ook ’n priester en het later die volgende gedig geskryf wat die vier bewegings, nl. lente, somer, herfs en winter in woorde beskryf.

8 LYNNWOORDE 16

Na al die bedankings het almal beweeg na Koinonia waar daar ’n fees van heerlike verversings uitgestal was en almal het heerlik saam gekuier en ou vriendskappe hernu. Baie dankie aan al die flukse gemeentevroue wat onder die bekwame leiding en besondere insette van Bettie Hamman hulle so goed gekwyt het van hulle taak – en selfs nog Donderdag-oggend die opruimingswerk voortgesit het.

DIE HANDSAKPROJEK Gemeentevroue het hulle oorbodige handsakke gevul met snesies, handeroom, of/en ’n lipstiffie, beursie, badskuim, ens. Hierdie handsakke, met die spesiale inhoud vir ’n vrou, is by die kerk tydens die afsluitingsfunksie uitgestal en is later geneem na ’n plakkerskamp waar dit vir behoeftige vroue uitgedeel sal word.


LYNNWOORDE 16 9


Kleinspan

Waarom Hiëna ’n hinkstappie het Op ’n dag lê Hiëna en Jakkals en gesels in die skaduwee van ’n kameeldoringboom. Hiëna se swaar kop met die sterk kake rus op sy voorpote. Jakkals se spits snoet lê ook op sy voorpote. ’n Swerm windswaels swiep bo hul koppe verby en Jakkals kyk op in die lug.

Ons koop ons eerste huis in Queens Crescent in 1962. Dr Murray Janson was toe reeds hier as eerste leraar. Ons gemeente het afgestig van die NG Gemeente SuidoosPretoria (tans bekend as Stellastraatgemeente). Die kerk was nog nie gebou nie. Dienste is Sondae gehou in die skoolsaal van die Hoërskool Menlopark. Die Here het ons geseën met vyf kinders.Na hulle hul laerskool loopbane voltooi het, het al vyf by die Hoërskool Menlopark gematrikuleer. Ons jongste seun is getroud met ’n meisie wat saam met hom op skool was.

″Arrie nee,″ sê hy, ″Hiëna my broer, sien jy daardie yslike spierwit krullerige wolk? Dit is niks anders as die heerlikste blokke skaapvet nie. My mond water. Ek bring vir jou ’n stukkie saam.″ En daar klim Jakkals poot vir poot in die blou lug op tot by die wit wolk, want in daardie tye kon diere nog allerhande wonderbaarlike dinge doen. Jakkals eet hom trommeldik aan die vet. Sy snor blink, sy hele snoet blink, die vet drup met sy nek langs. Nou moet hy af grond toe. Dis bietjie moeiliker as boontoe. ″Hiëna my broer,″ roep Jakkals. ″Staan nou net so dat jy my kan vang met die springslag. Ek bring vir jou ’n groot stuk vet saam!″ Hiëna staan gehoorsaam op en gaan staan reg om Jakkals te vang. Woep! Hiëna se groot lyf keer dat Jakkals hom disnis val. Maar waar is die stukkie vet dan? ″Ag, klipsalmanderkoringkriek tog,″ kla Jakkals, kamtig baie spyt. ″Skoon vergeet van jou stukkie vet.″ Hiëna sug. ″Nou dan sal ek maar self moet klim.″ En net soos Jakkals klim hy

4 LYNNWOORDE 16

ONS KYK TERUG OOR ’N HALF-EEU Petrus Retief

Ons verskuif in 1962 na Kings Highway en na Chappiesweg (waar ons tans woon) in 2000. Ons woon dus onafgebroke in hierdie gemeente vir die afgelope 53 jaar! Ek was vir baie jare ouderling en Frieda diaken. Op ’n stadium was ons in dr. Mike Smuts se wyk. Daar het ons baie geseënde wyksfunksies gehou. Ons het ook Sondagaande bymekaargekom vir bybelstudie, en saam tee gedrink. poot vir poot op in die blou lug. Hy gaan lê op die wolk van vet en eet en eet. Toe sy pens nou baliesvol is, roep hy ondertoe vir Jakkals: ″My broer met die swart streep op die rug, nou moet jy weer vir my vang!″ ″Ek’s reg vir jou!″ roep Jakkals terug en hou kamtig sy voorpote uit. Maar net toe Hiëna byna op die grond is, spring Jakkals opsy. ″Ai tog, ai tog,″ skree hy, ″’n doring in my voet, einááá!″ En arme Hiëna val met ’n plof op die harde grond en sy rug kry baie seer. Dis waarom Hiëna nou nog met so ’n hinkstappie loop nes iemand met ’n lam rug. Party mense sê sy linkeragterpoot is ook korter as die regter. Alles Jakkals se skuld. Khoi: W.H.I. Bleek het kosbare werk gedoen toe hy, ook saam met sy skoonsuster Lucy Lloyd, vroeë Khoisan-verhale in die oorspronklike taal opgeteken het uit die mond van die vertellers. Die woord ″kamtig″ (kamma) kom uit Khoi.

Daar was vir ons twee besondere hoogtepunte van ons verblyf hier. Die eerste was toe Nelson Mandela President geword het. Hy het die begeerte uitgespreek om ’n kerkdiens in ’n NG gemeente by te woon. Dit is toe gereël dat hy in ons kerk die diens bywoon. Ek en Frieda was ook die Sondagoggend in die kerk. Die ander hoogtepunt was toe die noodsaaklikheid vir vrouens om hoede kerk toe te dra, afgeskaf is. Dr Murray Janson het hom geweldig daarvoor beywer, totdat so ’n besluit deur die sinode geneem is. Watter verligting moes dit nie seker vir die vrouens gewees het nie.’n Mens kon dikwels nie die dominee op die preekstoel sien nie, vanweë die vrou voor jou se breërand-hoed! Vir ons was dit ’n onuitspreeklike voorreg om vir meer as 50 jaar lidmate van hierdie gemeente te wees. In ons tyd het heelwat predikante gekom en gegaan, maar die Woord is altyd suiwer verkondig! Ons bring alle lof en eer aan die Here.


ODE AAN DRIE SKADUSKEPPERS Mits my geheue my nie gruwelooslik in die steek laat nie, was dit Jan Rabie wat ’n kortverhaal geskryf het met die titel: Drie kaalkoppe eet tesame. Dis ’n steurende en grusame verhaal van drie mans wat saam eet en later so gulsig raak dat hulle, sonder bewustheid daarvan, mekaar begin verorber. Mens kan dit op verskillende maniere interpreteer, maar die een metode is om dit te sien as drie wêreldmagte wat so gefokus is op selfgesentreerde mag dat hulle nie die skade waarneem wat hulle veroorsaak nie. Ek wil graag ’n verhaal van drie manne vertel vir wie mag ’n randfiguur is en wat sinvol buite hulleself fokus. Dis die drie ouens wat verantwoordelikheid aanvaar vir die bome op die Domein-eiland – die driehoekige stuk grond op die hoek van Sussex- en Alpineweg, neffens die kerkgebou van NG Gemeente Lynnwood. Fannie Jiane is ons gesin se deeltydse tuin-ingenieur. Hy het die gate gegrawe vir die jong Wildeperske- en Van Wykshoutbome. Fannie is vlug van begrip en weet al dat dit kubusvormige gate moet wees en die opvulgrond moet ten minste 40% kompos bevat. Elke boompie moet gestut word deur ’n sterk geankerde paaltjie sodat die jong boompies oor die volgende paar jaar mooi opgelei kan word. Rondom elke boom plant hy inheemse Irisse wat as teenvoeter dien vir Weed Eater Man (dis nou die rakkers wat die geneigdheid toon om gevoelloos bome met lynsnyers te ringbas). Die twee tieners, Tiaan en Arno, voltooi vanjaar Graad 12 by Die Hoërskool Menlopark en beplan vir 2016 hulle eie ingenieursrigting. Tydens verlede jaar se belydenisklas het hulle onderneem om die jong bome nat te maak, wat bepaald ’n moet is tydens die droër tydperk wat ons tans beleef.

Peet Crous

Die Gebed van ’n boom Anoniem

Wanneer u by my verbystap sonder om my raak te sien of dalk my takkies ongemerk kneus. Dan vra ek vriendelik: Wag ’n bietjie staan eers stil! Dis ek wat in koue winternagte jou haard verwarm; dis my vriendelike koeltes wat jou teen die snikhete sonstrale laaf; dis my sappige vrugte wat jou op jou reis verkwik en jou dors les. Ek is die balk wat jou dak oor jou hoof vashou; ek is die blad op jou tafel en die bed waarop jy rus; ek is die hout van jou boot, en die handvatsel van jou gereedskap. Uit my kom die brood wat voed en die blom vol kleur en geur. Ek is die deur van jou woning, die hout van jou wiegie en die kis van jou graf. Uit my is eenmaal balke gekap waarmee ’n kruis gemaak is. Ek was die hout van Gods Altaar vir Sy Seun, Die Hout wat ’n brug geword het. Uit my stamme, gebreek en fyngemaal deur sy meule, kom papier ook die papier van die Boek van God; oor my staan die boodskap van hoop en lewe geskrywe; my blare is tot genesing van die Nasies. Ek vra daarom: Moet my nie beskadig of vergeet nie. Kniel liewer by my en dank God vir my!

Ry bietjie stadig verby die Domein-eiland en as daar tyd is, hou stil en kyk goed na dié bome. Vir die drie manne wil ek doelbewus hande klap, want hulle belê sinvol in die omgewing op so ’n manier dat die nageslag daarby baat kan vind.

LYNNWOORDE 16 11



Lynnwood hou basaar

LYNNWOORDE 15 13


Wat AS

Immanuel van Tonder

Wat as jy die lewende God deur jou lewe ontmoet, as elke swaarkrytyd jou erediens was, as oomblikke van vreugde jou lofliedere was? Wat as jou godsdiens in die lewe van elke dag beoefen word, as jou kerkgebou, jou huis, kantoor of mall was, as jou katedraal, die bosveld en die sterrehemel was? Wat as ons geestelike dissiplines gebeure in jou lewe was, as gebed jou woorde, gedagtes en bewussyn was, as meditasie ’n verdieping in sport, breiwerk of musiek was? Wat as heilige water die water wat jy drink, in bad of swem was, as heilige brood die eenvoudige sny op jou bord was, as die bloed van Christus die glas wyn in jou hand was? Wat as die lewe jou leraar was, as jou vriendekring en vreemdes jou Bybelstudiegroep was, as die boek wat jy lees jou met Woorde van God verras? As dit so was, sou jy die lewende Here in jou lewe ontmoet het!

SEUNTJIE BY DIE SEE Anoniem

’n Jong dame het eendag op die strand gelê en sonbaai toe daar ’n klein seuntjie in sy swembroek met ’n handdoek oor sy skouer na haar toe kom en vra: ″Tannie, glo Tannie in God?” Sy was verbaas oor die vraag en antwoord: ″Ja, maar waarom wil jy weet?″ Dadelik vra hy vir haar: ″Tannie, gaan Tannie elke Sondag kerk toe?″ Weer het sy ja geantwoord. Toe vra hy: ″Lees Tannie elke dag Bybel en bid Tannie elke dag?” Sy het weer ja geantwoord, maar teen daardie tyd was sy al baie nuuskierig om te hoor waarom die klein seuntjie vir haar al die vrae vra. Ten einde laaste gee hy ’n groot sug van verligting en vra: “Tannie, sal Tannie asseblief vir my my roomysgeld hou, terwyl ek gaan swem?”

Die GOLDBERG VARIASIES van JOHANN SEBASTIAN BACH Carl Mieny

Hierdie werk word beskou as een van die mees monumentale skeppings vir die klavier en terselfdertyd is dit ’n geweldige uitdagende werk om uit te voer. Die rede hiervoor is dat Bach dit oorspronklik vir die klavesimbel met twee klawerborde gekomponeer het. Om die werk op die enkel klawerbord van die klavier uit te voer, verg tegnieke met handruiling wat voorheen heeltemal onbekend was vir die klavier. Maar waarom is die naam Goldberg gekoppel aan hierdie meesterwerk van Johann Sebastian Bach? Wie was Goldberg en hoe het die besondere eer hom te beurt geval? Johann Gottlieb Goldberg is gebore op 14 Maart 1727 in Danzig, van Duitse ouers. Sy talent as uitvoerder op die klavesimbel het reeds op veertienjarige ouderdom onder die aandag gekom van Graaf Hermann Carl von Keyserlingk, Russiese ambassadeur aan die hof van Sakse in Dresden. Keyserlingk het hom in diens geneem as sy persoonlike kamermusikant. In Dresden het hy die seun laat les neem by Wilhelm Friedemann Bach, Johann Sebastian Bach se oudste seun. Hy het ook soms die jong Goldberg saamgeneem na Leipzig om les te neem by J S Bach. Dit was tydens so ’n besoek dat Keyserlingk, Bach versoek het om ’n werk te skep vir Goldberg om vir hom te speel in die aande wanneer hy gesukkel het om aan die slaap te raak. Bach, wat bewus was van die kundigheid van die jong seun op die klawerbord, het toe ’n werk geskep vol uitdagings. Die stuk wat hy gekomponeer het bestaan uit dertig variasies

14 LYNNWOORDE 16

op ’n Sarabande-melodie. Meeste van die variasies het ’n sagte pastorale kwaliteit. Ander weer, soos die 4de en 5de, is lewendig en selfs speels. Die 29ste en 30ste variasies voer die werk na ’n klimaks voordat dit eindig met die openingsaria wat weer ’n rustige atmosfeer skep. Wanda Landowska het die 25ste variasie uitgesonder as “die mooiste pêrel, die swart pêrel, van die halssnoer”. Keyserlingk was so ingenome met die komposisie dat hy Bach beloon het met ’n goue beker gevul met ’n honderd “Louis d’or” (goue muntstukke). Daar word gewoonlik beweer dat die jong Goldberg geen noemenswaardige musiek gekomponeer het nie. Maar die waarheid is, dat nadat hy Graaf Keyserlingk se diens verlaat het, hy hofmusikant geword het by Graaf Heinrich von Brühl. Hy komponeer kantatas, sonatas en 24 Polonaises, een in elk van die majeur- en mineur-sleutels; ook Konserte vir klavesimbel. Goldberg sterf op nege-en-twintig jarige ouderdom. Weens die lengte van die Goldberg variasies en die tegniese uitdagings word die werk nie dikwels op die konsertverhoog aangebied nie. Dit het die waagmoed van ’n Glen Gould, die groot Bach klawerbord-virtuoos, geverg om die pad oop te maak en aan te toon dat die werk nie noodwendig op die klavesimbel, met sy twee klawerborde, gespeel moet word nie, maar dat met aanpassings in die handruiltegnieke die werk ook geskik is vir uitvoering op die klavier.


kom ontwikkel jou

Musiektalent Ons is ’n musieksentrum wat kwaliteit onderrig aanbied in die volgende: kitaar l viool l baskitaar l tjello l musiekteorie l fluit l musiekterapie l klarinet l ensemble l saksofoon l sang l spraak en drama l klavier

l

Die onderwysers is almal toegewyde professioneel gekwalifiseerde persone wat ’n hoë standaard van uitnemendheid waarborg.

skryf nou in Navrae: Julia by 082 805 3850

VAKANTE POS ’n Gevestigde Regsfirma in Menlo Park, Pretoria is in afwagting op aansoeke vir ’n vakante pos in sy Regsadministrasie en Skakelafdeling. Ten einde vir oorweging te kwalifiseer, moet kandidate 1. in besit wees van ’n toepaslike en gepaste Tersiêre kwalifikasie verwerf vanaf ’n geakkrediteerde Suid- Afrikaanse Tersiêre Opvoedkundige Instansie of Universiteit. 2. verkieslik ouer as 35 jaar wees

3. minstens 5 jaar toepaslike ervaring of blootstelling hê in of tot die Regspraktyk of Stadsbeplanningspraktyk en of Regs- of Stadsbeplannings-administratiewe omgewing 4. oor uitstekende publieke verhoudings- en skakelings vermoëns en -kwaliteite beskik 5. wel ter tale en minstens vloeiend in Afrikaans en Engels wees 6. in staat wees om alle interne administratiewe fasette van sodanige Regspraktyk en sy personeelkomponent effektief te bestuur 7. minstens in staat wees om alle ‘Microsoft Office’-pro- gramme te gebruik en op ’n aanvaarbare standaard te tik.

Kandidate wie aan die bovermelde oorwegingskriteria voldoen en hulself vir sodanige posisie bekwaam ag, word uitgenooi om hul CV’s, met gesertifiseerde afskrifte van hulle identiteitsdokument en kwalifikasiesertifikate te versend vir oorweging aan: Die Direkteur:

Adriaan Venter Attorneys & Associates

(ADPM) by adpm@avatt.co.za

LYNNWOORDE 16 15


Nuwe Deuntjies Erika Theron

Ek vra eendag vir ons vriend Petru Gräbe hoe dit moontlik is dat mense steeds nuwe musiektemas uitdink. Of wysies dalk kan opraak?

Alles, was Odem hat, lobet den Herrn. Geen wonder hierdie woorde het na Mendelssohn se kop gegaan nie. Soek dit op YouTube!

“O, néé,” sê Petru die koorleier, “die moontlikhede is oneindig!” Hy bly stil. “Wel...,” sê Petru die wiskundige toe, en hy lag ’n bietjie: “Dit ís seker eindig. Maar...” Ons sal die moontlikhede nóóit kan uitput nie, bedoel hy. Altyd nuwe temas. Ook: nuwe variasies, nuwe instrumente en instrumentele kombinasies, nuwe musikale kodes, nuwe musikante met nuwe idees, nuwe eksperimente, nuwe tradisies, nuwe komponiste en interpretasies. Lank lewe die musiek... Hieraan dink ek toe ’n kennis sê sy het nou alles wat sy al wou onderneem het, afgehandel. Daar is niks meer wat haar uitdaag nie. Alles is maar net “more of the same”. “Dit voel vir my ek is klaar,” sê sy. Kláár. Nie óp nie. Ek weet sy woon alleen en haar omstandighede is moeilik. ’n Mens weet nooit alles van ander mense nie, hoe kan jy van buite af kritiseer? Tog is dit ’n ontstellende gesprek. Dis of dit die Prediker se klag eggo dat daar niks nuuts onder die son is nie. Wat was, sal weer wees. Ons sit vas in die wiel van voorspelbaarheid en herhaling. Geboorte, wasdom, aftakeling, dood. ’n Rondgetokkel op een en dieselfde deuntjie.

l

Gesuiwerde minerale water!

GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë! l

Maar weerspieël dié siening die onaangename, kale, nugtere realiteit?

l Bring jou eie houers en hervul vir net R1.00 per liter!

Natuurlik moet ’n stukkie soos hierdie ’n wending hê. Hier kom dit ook. Maar dis nie ’n aangeplakte wending nie. Dis een uit my hart. My nuutste kleinkind se naam is Rachel, en sy is elf maande oud. Die dermiljoenste een in die ry van mense wat al op die aarde gebore is. Wat ’n ongelooflike, unieke variasie op die antieke patroon is sy, hierdie eenmalige, kraakvars, springlewendige vroulike wesentjie met die glintblou oë en klokhelder stem, die kind van twee musikante.

l

Ek mis ons destydse predikant, oom Jorrie Jordaan, vir wie ek lank na sy vertrek nog gereeld gebel het vir nét die regte teks vir iewers in Kleinkroniek van tóé. Ek self is sleg met vers en kapittel. Tog kom daar Bybelse woorde by my op. “Kyk, ek maak alles nuut, sê die Here.” En: “Ek gee vir julle ’n nuwe hart.” En: “Sing vir die Here ’n nuwe lied.” Ek glo absoluut dat Leonard Cohen se “Lord of Song” met ’n streling van sy Goddelike vingers oor die snare van ons harte, skeppend en herskeppend tot op die dag van ons dood uit elkeen van ons nuwe akkoorde en ’n nuwe lied kan lok. “Prys Hom met snaarinstumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here.” (Dít, weet ek darem, staan in Psalm 150.)

Suiweraars en filters ook te koop

Gebottelde water beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk l

Johan Kriek

Lynburnstraat 69, Lynnwood Manor 012 365-2590 prismafin@wbs.co.za

BOOMSLOPINGS EN SNOEI GRATIS KWOTASIES/ VERSEKERING Kontak / Contact Ernst 083 656 4992 www.treecarepta.co.za

16 LYNNWOORDE 16


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.