Lynnwoorde 9 Februarie 2020

Page 1

9 FEBRUARIE 2020 09:00 Erediens Immanuel van Tonder Die Ruimte anderkant die Rede...

09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Bring gerus die kleuters – die personeel is al voor 9 uur gereed om hulle in die Kleuterkerk te ontvang. Almal welkom!

18:00 Belydenisaflegging & Pelgrimsgroepe Peet Crous Kohelet. Die gevaarlikste boek in die Bybel? Baie geluk aan die volgende jongmense wat vanaand belydenis van geloof aflê: Robin Barnard, Eddie Botes, Kenrick Crawford, Reghard Dempers, Nadia de Villiers, Xannée Jacobs, Ignus Jordaan, Louis Marais, Reinhardt Prinsloo, Nicolene Stoop, Charné Swart, Naldo Truter, Lindi van der Berg, Danélle van der Walt, Noélle van der Walt en Jeanette Venter.

19:00 Belydenisklas

16 FEBRUARIE 2020 09:00 Erediens – Nagmaal Peet Crous 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk 09:30 Lynnwood Oord-diens – Nagmaal Michiel Botha 18:00 Nagmaalfees & Pelgrimsgroepe Eric Scholtz 19:00 Belydenisklas

Kerkkantoorure: Ma

Die Kerkraad wag aansoeke in vir die pos van voltydse predikant. Lidmate kan ook persone nader om aansoek te doen vir die pos. Meer inligting oor die pos en die aansoekvereistes is op die gemeente se webblad by www.nglynnwood.co.za. beskikbaar. Die aansoeke vir die pos sluit op 29 Februarie 2020. Do 07:30

12:30; Vr 07:30

12:00.


Die week se kalenderaktiwiteite Dinsdag:

Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gemeentevroue Groep 4 09:30 (Ilze du Plessis, Die Rand 335A, Lynnwood, 082 775 4313). Dr Michiel Botha kom gesels oor Bejaarde Sorg. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal). Bybestudie 19:15 (Koinonia) – Immanuel van Tonder, 083 540 6015.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Kontak gerus vir Marina indien jy ondersteuning wou ontvang of sommer net gesels. Gasvryheidsbediening vergadering 17:00 (A21). Kerkraadagenda sluit.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Sorg vir jou siel Mense doen oor die algemeen baie moeite om te sorg vir hulle liggaamlike gesondheid. Daar is oefenprogramme, spesiale diëte, mediese ondersoeke en medikasie vir amper elke kwaal. Ander kyk met baie sorg na hulle motors, tuine of huise. Tyd, geld en energie word gespandeer om vir alles en nog wat te sorg. Al bogenoemde sorg is deel van 'n gesonde koninkryksbegrip en deel van jou roeping. Maar hoeveel sorg word gespandeer aan jou siel? Die siel kan nie maklik beskryf word nie, maar dit vorm die kernpunt waar alle fasette van jou menswees bymekaar kom. Jou denke, emosies, wil, verbeelding en spiritualiteit kan deel uitmaak van jou siel. Wanneer mens nie vir jou siel sorg nie, kom daar ook allerhande simptome soos betekenisloosheid, obsessies, emosionele probleme, verhoudingsprobleme, ongelukkigheid en probleme met keuses in die lewe voor. Die impak van die sielsgesondheid het 'n effek op jou hele lewe. Die woord "besielend" dui daarop dat iets met ryk inhoud gevul word wat andersins leeg sou wees. So is 'n lewe sonder aandag aan die siel, arm en leeg. Een of ander vorm van sorg is nodig vir ons innerlike gesondheid. Die kuns van sielsorg werk soos wat mens vir 'n plant sorg met water, sonlig, kos, geduld en verwondering. Al wat jy doen is om die plant te gee wat nodig is en op 'n plek te plaas waar die wonderlewe kan ontkiem, groei en vrug dra. Ons kan nie ons binnekant forseer om te groei nie. Sorg vir die siel is 'n heilige kuns. Die doel van dié sielskuns is nie om die lewe probleemvry te probeer kry nie, maar om dieper te leef, innerlike rykdomme te ontdek, met meer betekenis te leef en meer waarde aan die lewe te heg deur God se teenwoordigheid te ontdek. Elkeen se "sielplantjie" verskil. Jy word genooi om te leer ken hoe jou siel gevoed word. Dalk is dit om in die natuur te wees, stil te wees, Bybeltekste te lees, 'n erediens by te woon, te bid, kontak te maak met ander wat jou geestelik inspireer, musiek of kuns. Wanneer die vars Lewende Water in jou siel invloei sal jy met 'n nuwe huppel in jou stap opstaan, nuwe innerlike rykdomme ontdek, diep vrede ervaar te midde van groot uitdagings en die Teenwoordige se omarming beleef. Sorg vir jou siel. Immanuel van Tonder (namens die predikantespan)


Dawie Mullins is by die afgelope Gesinsdiens bevestig as sekundus kerkraadslid vir die Eredienste Bediening. Die Junior kategete is hier by Dawie.

Baie geluk aan ds Jeanri Bezuidenhout en Pieter Erasmus – hulle is die afgelope naweek getroud!

Pelgrimsleiers ervaringsleer.

Met groot waardering aan dié week se Lynnwoorde borg! Adverteer hier en borg so die week se kontak. Eenmalig, die grootte @ R350. Advertensies wat nie bots met die gemeente se program en waardes nie, sal oorweeg word. Stuur 'n e-pos aan kerkkantoor@nglynnwood.co.za

Tabita het 2019 op 'n hoënoot afgesluit. Kom kyk gerus na hulle Tabita 2019-blad op die webblad. Stuur gerus u werkers om die naaldwerkklasse by te woon.


Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

Whatsapp: 073 659 3440.

Nelda Liebenberg is tydens die Kerkraadsvergadering van 27 Januarie 2020 as primarius kerkraadslid vir die Nuwe Generasie Bediening verkies.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.