Lynnwoorde 8 Maart 2020

Page 1

8 MAART 2020

Lydensweek 2

09:00 Erediens – Kerk Immanuel van Tonder Invloed.

2 Kor. 2

09:00 Gesinsdiens – Saal Peet Crous – Doop Margaux Wakeford (Elton en Carmen) word vanoggend gedoop. Welkom aan al die vriende en familie.

09:00 Kategese gr 1-6 – Saal 09:00 Kleuterkerk – Saal Kom geniet die gesinsdiens in die saal!

INVLOED

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jakkie Strachan 19:00 Belydenisklas

15 MAART 2020

Lydensweek 3

09:00 Erediens Eric Scholtz 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk 18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Peet Crous 19:00 Belydenisklas

Voorbidding: Wolf Weideman, Berghang 9, Twigstraat 144, Lynnwoodrif, 078 309 0919. Pieter Janse van Rensburg, Caribaeastraat 144, Lynnwoodrif – sterk tuis aan. Kerkkantoorure: Ma – Do 07:30 – 12:30; Vr 07:30 – 12:00.


Die week se kalenderaktiwiteite Dinsdag:

Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gemeentevroue Groep 3 09:30. Bybelstudie saam met Immanuel van Tonder. Gemeentevroue Groep 4 09:30 (Alida Mennen, Chappiesweg 329, Lynnwood, 012 361 2904 / 082 566 0229.) Spreker: Dr. Isak du Plessis. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal). Bybelstudie 19:15 (Koinonia) – Johan Jooste.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323. Gasvryheidsbediening vergadering 17:00 (A21).

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 08:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Die Lynnwood Liefdesvirus versprei As mens vra waar Lynnwood Gemeente is, kan jy op Google maps die kerkgebou soek. Deur die loop van die jaar vind daar natuurlik baie byeenkomste hier plaas: eredienste, begrafnisse, Bybelstudies, kategese, vergaderings, kleingroepe, Tabita naaldwerkklasse, sosiale geleenthede en vele meer. Die vraag waar Lynnwood Gemeente is, kan egter ook beantwoord word deur na te dink oor waar elke lidmaat woon en daagliks beweeg! Elkeen in die gemeente is geroep om daagliks die lig te bring waar ons kom.

Ons gemeente se waardes bevestig dit: deur ons eenheid met God en mekaar word ons geïnspireer om liefde uit leef deur diens en dit te vier! Ons roeping is dus nie net 'n aksie wat net by die kerk plaasvind nie. Elkeen is geroep om God se invloed te wees waar jy woon en werk en speel. Die Gemeente kan dus eerder so voorgestel word:

Die rooi sirkels is plekke waar ons kerk leef! Dit lyk wel soos 'n virus uitbraak, maar dis die liefdesvirus! Hier leef ons liefde uit omdat ons deur God in staat gestel word. Die heerskappy (koninkryk) van God word 'n werklikheid waar jy jou huweliksmaat, ouers, kinders, familie, vriende en vreemdes dien. So word die gemeente 'n taakmag wat uitgaan om ander met liefde aan te steek!


Daar waar jy as 'n toegewyde onderwyser, ingenieur, tuisteskepper, skolier of ander beroep die wêreld 'n beter plek maak, vervul jy jou lewensdoel en is jy kerk. Almal is dus eintlik by ons uitreik aksies betrokke regoor Pretoria, Gauteng en selfs verder! Hiervoor gaan u maandelikse bydrae ook: om 2900+ mense in staat te stel om God se teenwoordigheid uit leef regoor die wêreld. Aan die einde van hierdie finansiële jaar kon ons weer 'n paar toekennings doen aan bedieninge waar daar groot behoeftes is: Ya Bana Broodfonds 15000 CMR Red-'n-Kind Fonds 15000 Jakaranda Kinderhuis Kosfonds 15000 PEN se PENdula-aksie 15000 Ondersteuning van gemeentes 30000 Harmonie kos 15000 Deafinitely dowesprojek 4000 Jabulani African Ministries 5000 TOTAAL R114000 Dit bring die Gemeente se besteding met die oog op dienswerk na buite op meer as R1 000 000 vir die finansiële jaar tot einde Februarie. Natuurlik kan daar nie 'n waarde geplaas word op tientalle lidmate wat by verskeie projekte fisies betrokke is nie. Baie dankie aan die elkeen in die gemeente wat duisende mense se lewens hierdeur en met hulle dankoffer bydraes direk aanraak! Onthou dat jy Lynnwood Gemeente is. Kom ons leef ons roeping uit deur die liefde te versprei! Immanuel van Tonder (Namens die predikantespan)


Frans Henrico, Meerlust Villas 690, Meerluststraat, Equestria, 083 287 8701 was op 6 Maart, 94 jaar oud. Juan het oom Frans geluk gaan wens.


Wozanibone dienswerk van Caritas


Nuwe Generasie Spiritualiteit 101

Gemeentevroue hou verjaarsdagpartyjie by Jakaranda Kinderhuis 6


Maandelikse kospakkies aangekoop vir Wespoort. Die ruim skenking van die gemeente via die Caritas bediening help om kos op hul tafels te plaas. Die skenking word opreg waardeer, baie, baie dankie!

Valentynsdag was by Wespoort gevier. Dollie Verhage is deur een van die Wespoortbegunstigdes bedank met die woorde "Tannie, baie dankie vir die heerlike partytjie en dat Tannie nooit op ons neersien nie".

Daar word hard gewerk aan die produkte vir die Paasfeestee wat om die draai is!


Kontak ons 012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur)

27 – 29 Maart 2020

012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.co.za (Muur van herinnering)

Whatsapp: 073 659 3440. Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning. Elektroniese e-pos (Kontak): Indien u nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za of WhatsApp dit aan 063 481 3864. Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat.

Whatsapp foto's aan: 073 659 3440.

Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.