Afkondiging 1 Maart 2020

Page 1

1 MAART 2020 09:00 Erediens Lydensweek 1 Immanuel van Tonder – Doop Kan God ook ly? ... Matt Grobler (Justin en Gina) en Lente en Reinn Cronjé (Danie en Cindy), word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die vriende en familie.

09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Onthou jou foto vir ons verjaarsdag vlaggies.

09:30 Lynnwood Oord-diens Michiel Botha Goeie en slegte nuus ...

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jeanri Bezuidenhout 19:00 Belydenisklas Deel van reeks deur Petro Barnard.

8 MAART 2020 09:00 Erediens – Kerk Peet Crous

Lydensweek 2

09:00 Gesinsdiens – Saal 2 Immanuel van Tonder 09:00 Kategese gr 1-6 – Saal 09:00 Kleuterkerk – Saal Kom geniet die gesinsdiens in die saal!

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jakkie Strachan 19:00 Belydenisklas

Voorbidding: Neels en Joey Kritzinger, Lynnwood Oord 22, The Hillside, 083 278 0977 – Joey in Wilgers Hospitaal. Pieter Janse van Rensburg, Caribeastraat 144, Lynnwoodrif – herstel na groot operasie. Kerkkantoorure: Ma – Do 07:30 – 12:30; Vr 07:30 – 12:00.


Die week se kalenderaktiwiteite Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Gemeentevroue Groep 11 16:30 (Koinonia). Spreker: Immanuel van Tonder. Tema: "En die grootste hiervan is die liefde!" 1 Kor 13 Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal).

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323. Ratanang-Vroueaksiegroep vir huishulpe 14:30 (Koinonia) – Annatjie Pienaar 072 146 8212.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 08:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Donker kan nie donker verdryf nie

(Lees vir jou kinders en kleinkinders)

Lome Louw het dié storie geskryf na aanleiding van woorde van Martin L King. Donker kan nie donker verdryf nie, net die lig kan. Haat kan nie haat verdryf nie, net die liefde kan. Lielie skryf vandag vir die eerste keer toets. Alhoewel sy hard geleer het, draai haar maag en is haar hande bietjie gesweet. Sy byt op haar onderlip soos wat sy altyd doen as sy 'n bietjie gestres is. Mamma roep haar vir ontbyt. Sy ruim gou haar tafel op en vou die papier waarop sy haar aantekeninge gemaak het sodat dit maklik in haar skoolrok se sak pas. Sy wil gou weer eenkeer daardeur gaan voor sy toets skryf. Mamma wag vir haar by die tafel. Gewoonlik eet sy pap vir ontbyt maar vanoggend het Mamma 'n eier gekook, piesang opgesny en vir haar 'n bakkie van haar gunsteling jogurt ingeskep. "Dit lyk baie lekker Mamma, maar ek is nie juis honger nie. Dalk moet ek net 'n beskuit met bietjie koffie drink." "Jy het so goed voorberei vir hierdie toets, dit sal nou 'n jammerte wees as jy halfpad deur die toets kom en van die antwoorde vergeet omdat jy nie ordentlik geëet het nie. Ek het juis vir jou kos gemaak wat sal help dat jy beter konsentreer en jou genoeg energie sal gee om tot aan die einde van die toets te hou. Die koffie is nie 'n slegte idee nie, aangesien dit jou lekker wakker sal hou, maar dalk moet jy eerder 'n glas water oorweeg." Terwyl Lielie eet haal sy die opgevoude papier uit haar sak uit. Haar aantekeninge is lekker vrolik en sy werk vinnig daardeur. Sy maak sommer haar oë toe terwyl sy die antwoorde in haar kop herhaal. Dan is dit tyd om te ry. "Lielie, ek wil hê jy moet die aantekeninge nou bêre. Jy het alles gedoen wat jy kan. Wat hoop jy sal in die toets gebeur?" "Wel, ek hoop ek gaan al die antwoorde weet en al my werk onthou," lag Lielie terwyl sy haar aantekeninge opvou en in haar skoolrok se sak druk. "Mooi so, dis 'n positiewe antwoord, en dan is dit hoe die toets ook sal wees.," glimlag Mamma. ------------Toe al die maats rustig sit, begin juffrou die toetse uitdeel. Lielie bid gou, soos sy altyd maak voor enige iets wat sy aanpak. Juffrou herinner die maats om dadelik hul name op die toets te skryf. Dan begin Lielie die vrae te lees. Dit is glad nie 'n moeilike toets nie en sy is vinnig klaar. Mamma het vir haar die raad gegee om weer deur die toets te gaan om seker te maak sy het al die vrae ingevul. Mamma het ook gesê sy moenie twyfel oor haar eerste antwoord nie. Jou eerste antwoord is gewoonlik die regte antwoord. Sy draai haar toets om, sodat niemand by haar kan afkyk nie en sy gaan lê op haar arms. Dan sien sy haar aantekeninge wat in haar sak was. Dit het uitgeval en lê onder haar stoel. Sy skrik. Wat as juffrou verby loop en dit sien? Juffrou sal dink sy het die antwoorde afgeskryf. Sy buk af om dit vinnig op te tel. Maar dis te laat. Gerty het die papier gesien en sy klik-klik haar vingers terwyl sy haar hand opsteek. "Juffrou, juffrou ek dink Lielie het afkgekyk." Lielie se maag begin weer draai soos die oggend by die huis. Sy is bloedrooi en haar trane sit vlak. Sy byt op haar onderlip…. Wat nou?


Lielie tel die aantekeninge op en gee dit vir juffrou wat nou agter haar kom staan het. Sy vat ook Lielie se toets sodat Lielie niks verder kan skryf nie. Lielie kyk kwaai na Gerty maar Gerty trek haar poniestert reg en gee vir Lielie 'n skewe glimlag. Daar is nog 'n paar minute oor vir die maats om klaar te skryf maar vir Lielie voel dit soos 'n ewigheid. Juffrou neem die toetse in. Sy stop by Lielie se tafel. "Kom sien my gou Lielie." Lielie hoop nie juffrou gaan haar na die hoof toe vat nie. Sy wil ook nie nul vir die toets kry nie. Al wat sy kan doen is om die waarheid te praat. Die waarheid maak mos nooit seer nie. Juffrou vou die aantekeninge oop, terwyl sy na Lielie se toets kyk. "Mag ek asseblief verduidelik wat gebeur het Juffrou?" Lielie vertel vir juffrou die hele storie. Dan glimlag juffrou. "Ek glo jou Lielie. As jy regtig op jou aantekeninge gekyk het, sou jy mos al die vrae reg gehad het. Jy het hier-en-daar 'n antwoord verkeerd. More vertel ek vir die klas wat gebeur het, sodat almal hieruit kan leer. Aantekeninge moet liefs in jou tas gebêre word." Die res van die dag probeer Lielie vir Gerty vermy. Sy is bang sy gaan iets leliks en gemeens vir haar sê omdat sy haar in die moeilikheid wou kry. Toe sy na skool langs Mamma in die kar klim, sug sy diep. Mamma weet dadelik iets is verkeerd en vra haar uit. Lielie vertel weer die hele storie. "Kan Mamma glo Gerty was so gemeen! Ek sal NO-O-O-I-T O-O-I-T in my hele lewe weer met haar praat of haar vergewe nie. Sy weet ek het nie afgekyk nie!" Mamma weet dit sal niks help om nou met Lielie te praat nie. Sy sal liefs wag dat sy afkoel. Die aand is dit beurtkrag en Lielie lê in die pikdonkerte op haar bed. Sy is nogsteeds kwaad. Dalk dink van die ander maats ook sy het afgekyk. Sy gaan so skaam kry more as juffrou daaroor praat. En hoekom is dit nou VERVLAKSTE beurtkrag ook! Die donkerte maak haar hart en gedagtes net nog meer troebel. Sy het nog glad nie afgekoel nie. Mamma stap met 'n liggie in haar kamer in. Dis 'n klein liggie maar dit maak 'n groot helder ligkol in haar kamer. "Haai," sê Lielie. "Kyk hoe jaag die klein liggie nou die groot donkerte uit my kamer uit." Mamma kom sit langs haar op die bed. "Slim kind jy, Lieliemeis. Ek weet jy is bekommerd wat die ander maats gaan dink. Maar ons almal weet mos jy het nie nodig gehad om af te kyk nie. Kom ek kyk gou hoe slim is jy regtig. Wat is die enigste ding wat die donker uit jou kamer kon wegjaag?" vra Mamma. "Dis nie regtig 'n moeilike vraag nie Mamma, ek het eintlik nou net die antwoord vir Mamma gegee." Antwoord Lielie. Sy weet nie wat Mamma hiermee gaan bereik nie. "Wel, as lig donkerte wegjaag, wat is die enigste ding wat haat kan wegjaag?" vra Mamma weer. Lielie bly stil. Sy weet wat die antwoord is, en sy weet haar Ma is reg. "Net so lekker dit vir jou was toe die lig in jou kamer ingekom het, net so lekker sal jy voel as jy die haat uit jou hart wegjaag. Maar jy weet wat dit gaan vat om dit reg te kry." Mamma soen vir Lielie op haar voorkop. "Lekker slaap my meis." Die LIG gaan weer uit haar kamer uit. En net DONKERTE bly oor. Sy weet dis NET liefde wat die haat in haar hart kan wegjaag. Maar hoe? Sy maak haar oë toe. In haar gedagtes sien sy hoe Gerty haar poniestert regtrek en vir haar glimlag en begin aan 'n plan werk. Die volgende oggend is sy vroeg op. Sy haal haar kleurpenne en papier uit en begin vir Gerty 'n brief skryf.

♡♡Beste Gerty♡♡ Ek weet jy het gister net gedoen wat jy gedink het reg is. Miskien sou ek dit ook gedoen het, as ek jy was. Juffrou het na my toets en aantekeninge gekyk en gesien ek het nie afgeskryf nie. Die aantekeninge was in my skoolrok se sak. Ek het vergeet om dit in my tas te sit voor die toets. Ek was baie kwaad vir jou, maar ek is nie meer nie. Ek hoop ons sal weer hierdie jaar lekker saam netbal kan speel. Liefde ♡♡Lielie♡♡ Lielie vou die briefie mooi op en druk dit in haar roksak. Sy lag. Ampertjies maak sy weer dieselfde fout as gister! Mamma was reg. Donker kan nie donker wegjaag nie, net lig kan. Haat kan ook nie vir haat wegvat nie, net liefde kan dit doen.


Hester Pienaar, Lynnwood Oord Huis 99, The Hillside, Lynnwood, was op 28 Februarie 90 jaar oud. Michiel Botha het tannie Hester geluk gaan wens.

Ratanang kom 1 keer per maand gedurende die skoolkwartaal bymekaar. Dit is hoofsaaklik huiswerkers vanuit die gemeente wat dit bywoon. Die doel is om hulle blootstelling te gee aan kreatiwiteit, soos bv. Mosaïek, kralewerk, kaartjies, nette en juweliersware om 'n paar voorbeelde te noem. Daar is 'n behoefte aan mense wat kan help met klasse aanbied. Skakel asseblief vir Annatjie Pienaar by 072 146 8212 indien u bereid is om te help. Ya Bana Village bedank al die leerhulp-vrywilligers, wat op Saterdae van 09:00 – 13:00 leerhulp vir die kinders kom aanbied. Hulle benodig nog hulp met 'n ligte middagete op Saterdae vir die kinders en vrywilligers. Indien jy geroepe voel om hiermee te help, kontak asseblief vir Naomi by 083 534 4850.


Jakaranda Kinderhuis 6 se huiswerkhoekie begin mooi vorm aanneem. Dankie aan Dawie en Bettie Mullins en hulle dogter Annie vir die skenking van 3 lessenaars. Daar is nog 'n behoefte aan 'n mat. Indien iemand 'n ongebruikte mat iewers het en dit graag wil skenk, sal dit baie waardeer word. Skakel asseblief vir Thea by 083 780 4156.

Vrydag was speletjiedag by Huis 6 – die boeresport was vet pret!


Die afgelope Belydeniskamp. . .


Met groot waardering aan diĂŠ week se Lynnwoorde borg! Adverteer hier en borg so die week se kontak. Eenmalig, die grootte @ R350. Advertensies wat nie bots met die gemeente se program en waardes nie, sal oorweeg word. Stuur 'n epos aan kerkkantoor@nglynnwood.co.za.

Whatsapp foto's aan: 073 659 3440.

Ongelooflik dankie vir die wonderlike donasie van R15 000 van Caritas vir aanwending vir voedsel deur Harmonie Oord. Ons waardeer dit ongelooflik baie. Dit is vir ons 'n groot voorreg om deur julle ondersteun te kan word.


Kontak ons 012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.co.za (Muur van herinnering)

Whatsapp: 073 659 3440. Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning. Elektroniese e-pos (Kontak): Indien u nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za of WhatsApp dit aan 063 481 3864. Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat.

Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.