Lynnwoorde 23 Februarie 2020

Page 1

23 FEBRUARIE 2020 09:00 Erediens Eric Scholtz Die geloofsreis.

Genesis 11:27-12:9

09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk 18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Peet Crous Kohelet 202

19:00 Belydenisklas

1 MAART 2020 09:00 Erediens Lydensweek 1 Immanuel van Tonder - Doop 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk 09:30 Lynnwood Oord-diens 18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jeanri Bezuidenhout 19:00 Belydenisklas

Voorbidding: Erna Jacobs (van Lynnwood), sterk aan na rugoperasie. Japs, haar man, 083 254 4297.

Die Kerkraad wag aansoeke in vir die pos van voltydse predikant. Lidmate kan ook persone nader om aansoek te doen vir die pos. Meer inligting oor die pos en die aansoekvereistes is op die gemeente se webblad by www.nglynnwood.co.za. beskikbaar. Die aansoeke vir die pos sluit op 29 Februarie 2020. Kerkkantoorure: Ma – Do 07:30 – 12:30; Vr 07:30 – 12:00.


Die week se kalenderaktiwiteite Maandag:

Kerkraadsvergadering 19:00 (Koinonia).

Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal). Bybelstudie 19:15 (Koinonia) – Johan Jooste.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323. Aswoensdagdiens 18:00 (Kerk).

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Gebedsgroep 08:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

So, wanneer beroep Lynnwood Gemeente? Wanneer beroep Lynnwood Gemeente sy volgende predikant? Dit is waarna bogenoemde vraag verwys. Dié vraag word gevra na aanleiding daarvan dat Immanuel van Tonder die gemeente in die nabye toekoms gaan verlaat. Die tydsaanduiding in die laaste sin, “die nabye toekoms” is ietwat vaag. Dit is omdat Immanuel se beroep na 'n gemeente van die Reformed Church in America (RCA) ietwat anders verloop as wat 'n beroep na 'n plaaslike NG Gemeente sou verloop. Wat eersgenoemde betref, word 'n kerklike en 'n staatkundige proses gevolg. Die kerklike proses is reeds afgehandel. Immanuel het 'n beroep ontvang na 'n gemeente in Albany, New York. Hy is daarna deur die RCA geëksamineer, bevoeg verklaar om as predikant in dié kerkverband op te tree en reeds georden ('n handeling wat aan jou amptelike bevoegdheid in 'n kerkverband gee). Die staatkundige proses kom nou aan die beurt, die afhandeling van die aansoek om 'n visum. Die aansoek kon natuurlik nie ingedien word voor al die kerklike prosesse in Amerika nie afgehandel is nie, want 'n wettige en amptelike werksaanbod is nodig voor daar vir 'n werksvisum aansoek gedoen kan word. Dit het egter intussen gebeur. Die aansoek is ingedien en nou wag ons saam met Immanuel om te sien hoe lank dit gaan neem om 'n uitslag vir die visum aansoek te kry. Daar is nie sekerheid oor die tydsduur hiervan nie… Nadat Immanuel predikantstatus in die RCA gekry het, het die kerkraad dadelik begin met 'n proses om 'n vakature te vul. Die proses behels die volgende: ➢ ➢ ➢ ➢ ➢ ➢ ➢ ➢ ➢ ➢

Die pos word vanaf middel-Januarie geadverteer. Die advertensie is reeds geplaas. Die sluitingsdatum vir aansoekers is 29 Februarie. Ons het reeds aansoeke ontvang en wag vir nog aansoeke. Die aansoeke wat ons ontvang het, word in Maart deurgewerk. Onderhoude word vroeg in April gevoer. Hierna word 'n kortlys van minstens drie kanditate saamgestel Ons mik om teen die einde van April te beroep. Hierna word die beroepene se naam vir twee Sondae in Mei aan die gemeente bekendgemaak. Die beroepene kry tot einde Mei geleentheid om op die beroep te antwoord. Indien hy/sy die beroep aanvaar, werk hy/sy tydens Junie 'n kennismaand. Die aanstellingsdatum vir die nuwe predikant is 1 Julie.

Bogenoemde uiteensetting is 'n padkaart aan die hand waarvan die Kerkraad die proses wil bestuur. Die Kerkraad is bewus van 'n paar veranderlikes wat die verloop van die proses kan beïnvloed. Die Kerkraad onderneem egter om jou in te lig oor die verloop van die proses. Intussen vra ons jou voorbidding vir hierdie proses waarin ons op pad is om van 'n gewaardeerde predikant en sy gesin afskeid te neem en waarin ons onsself oopstel om deur die Here verras te word met wie Hy ons vorentoe wil seën. Groete Eric Scholtz (Namens die Kerkraad)


Amélie, ds Fay en Peet van Eeden se dogtertjie, is die afgelope Sondag gedoop.

Fotograaf: Chris Strydom

Ratanang kom 1 keer per maand gedurende die skoolkwartaal bymekaar. Dit is hoofsaaklik huiswerkers vanuit die gemeente wat dit bywoon. Die doel is om hulle blootstelling te gee aan kreatiwiteit, soos bv. Mosaïek, kralewerk, kaartjies, nette en juweliersware om 'n paar voorbeelde te noem. Daar is 'n behoefte aan mense wat kan help met klasse aanbied. Skakel asseblief vir Annatjie Pienaar by 072 146 8212 indien u bereid is om te help.

Ya Bana Village bedank al die leerhulp-vrywilligers, wat op Saterdae van 09:00 – 13:00 leerhulp vir die kinders kom aanbied. Hulle benodig nog hulp met 'n ligte middagete op Saterdae vir die kinders en vrywilligers. Indien jy geroepe voel om hiermee te help, kontak asseblief vir Naomi by 083 534 4850.

Junior Kategese: Elke kind in die junior kategese ontvang 'n boek wat betaalbaar is by die kategeet @R70.

Fotograaf: Louise Jackson

Met groot waardering aan dié week se Lynnwoorde borg! Adverteer hier en borg so die week se kontak. Eenmalig, die grootte @ R350. Advertensies wat nie bots met die gemeente se program en waardes nie, sal oorweeg word. Stuur 'n e-pos aan kerkkantoor@nglynnwood.co.za


Whatsapp foto's aan: 073 659 3440.

Die afgelope Sondagaand-nagmaalfees. Baie dankie aan almal wat kom saam nagmaal vier het. Spesiale dankie aan Nelda, Natasha, Christiaan, Christo, Corniel, Elzanne, Jakkie, Nerina en AnĂŠ!

Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.