Afkondiging 20 Oktober 2019

Page 1

20 OKTOBER 09:00 Erediens Peet Crous Slegs vertroue vol vertroue.

Jes. 30

09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Afsluiting en skattejag!

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Marina de Wet Belydenisklas en Pelgrimsgroepe – jaarafsluiting op 27 Oktober 2019

27 OKTOBER 09:00 Hervormingsfees - Nagmaal Eric Scholtz Geen Kategese gr 1-6 a.g.v Nagmaal 18:00 Aanddiens Pelgrimsgroepe Peet Crous Belydenisklas en Pelgrimsgroepe jaarafsluiting.

Voorbidding: Jaco en Anna-Marie la Grange, Om-de-Berg 387, Lynnwood, 082 825 1730 – Jaco se pa, Gert, is oorlede. Roudiens was Donderdag in SomersetWes. Dawie Mullins, Kasteelstraat 74A, Lynnwood Glen, 083 265 5624 – sterk aan na operasie.

Kerkraadsvergadering 28 Oktober 2019 om 19:00 in Koinonia.

Gasvryheidsbediening nooi al die nuwe lidmate na 'n Nuwelidmate-tee na die oggenddiens in die Kapel. Ons vier op 17 November ons gemeente se verjaarsdag met ons jaarlikse Potjiekos-ete. Koste: R110 per ete (kinders onder 13jr eet gratis). Bespreek asseblief by die Info-toonbank na die diens of skakel die kerkkantoor 012 348 1245. Ons benodig nog mense wat belangstel om 'n pot te maak. Indien u bereid is om te help met rys- en stampmielievoorbereiding kontak asseblief vir Maretha 073 267 7019. Een van die seuntjies by Ya Bana wat Prinshof (skool vir swaksiendes en blindes) bywoon , het dringend Afrikaanse lesse nodig. Skakel asseblief vir Naomi by 083 534 4850, indien u kan help deur een dag per week, vir hom Afrikaanse lesse na 13:00 by Prinshofskool, te kan gaan gee. Gesinskerssangdiens op 3 November 2019 om 09:00 in die Kerksaal


Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (A21) – Eric Scholtz 082 856 5959. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836. Bybelstudie 19:15 (Koinonia) – Prof. Conrad Wethmar gesels oor Geloof en twyfel.

Woensdag:

Wespoort Kerstee 08:30 (Saal) – Anita van Zyl 082 742 3874. Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Kontak gerus vir Marina indien jy ondersteuning wou ontvang of sommer net gesels.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

DIE VERSKIL WAT JY MAAK! Tydens die afgelope Algemene Sinode is 'n opsomming gegee van die dienswerk wat die kerk in totaal lewer. Die werk maak 'n wonderlike en verbysterende groot impak. Die Media stel meestal nie belang in goeie nuus van kerke nie, so ons moet dit maar self oorvertel. Die kerk se gespesialiseerde barmhartigheidsdienste is vanjaar aan meer as 1,2 miljoen mense gelewer, blyk uit die verslag aan die sinode. In 107 tuistes vir bejaardes word 12 388 bejaardes versorg. 'n Verdere 191 765 persone word in tuisversorging en uitreikprogramme bereik. Vanuit 58 Kinder- en Jeugsorgsentrums word 8 777 kwesbare kinders versorg. 'n Bykomende 13 000 kinders in die gemeenskap word deur kinderbeskermingsorganisasies beskerm. Jaarliks word aan meer as 822 818 indiwidue binne en buite die familieverband gesinsorgdienste gelewer. Die gesamentlike finansiële omset van al die kerklik maatskaplike dienste beloop jaarliks meer as R1 161 963 000 (meer as R1,1 miljard). Hierdie is 'n enorme diens met 'n geweldige impak. Ons gemeente dra in hierdie jaar om-en-by R450 000 by tot gesamentlike dienswerk deur die Ring en Sinode wat bogenoemde projekte moontlik maak. Buiten vir bydraes vir gesamentlike werk, het ons die afgelope naweek ook die volgende toekennings gedoen uit die fondse wat gemeentelede tydens Caritassondag en daarna gegee het. Tabita CMR Wespoort Ya Bana Jakaranda Kinderhuis Wozanibone Harmoniepark Nuwe Generasie Ratanang Alimentasie Universiteitsoord Geestelike Bediening Jakaranda Lynnwood Outreach Deafenitaly Droogtehulp Diskresionêr TOTAAL

R5 000 R20 000 R30 000 R25 000 R55 000 R2 000 R40 000 R10 000 R3 000 R10 000 R10 000 R10 000 R5 000 R5 000 R20 000 R10 000 R260 000


Naas bydraes vir die bedieninge hierbo gelys, ontvang die gemeente ook bydraes vir ad hoc projekte, soos hulp aan die vloedslagoffers in Mosambiek. Die totale bydrae (tot die Sinode, Ring, eie plaaslike projekte, en ad hoc hulp verlening) wat Lynnwood Gemeente in 2019 tot hierdie dienswerk maak, is ongeveer R920 000.00. Ons dankbaarheid loop oor. Oorweeg gerus 'n dankoffer tydens die Dankiemaand wat 'n bydrae lewer om die koninkryk van God te laat kom! Om dit makliker te maak gebruik, gerus die Gemeente rekeningnommer: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters, Van en Dankiemaand as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za. Of gee sommer jou dankoffer deur Snap Scan:

Menlopark HoĂŤrskool matrieks en hulle ouers het Maandag afsluiting van hulle 12 jaar skoolloopbaan by ons gevier. Die gemeente wens hulle sterkte toe vir die toekoms!

Base dag 2019 in die kerkkantoor

WhatsApp gerus foto's aan 063 481 3864


012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.co.za (Muur van herinnering) 063 481 3864

Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning. Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat. Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

Die tyd het weer aangebreek vir die insameling en organisering van die Koffiestalletjie vir Jakaranda Kinderhuis (Huis 6) se Liggiefees! Ons benodig 'n verantwoordelike persoon/egpaar wat vir elk van die vier weke van Desember leiding kan neem. Daar sal vanaf einde Oktober 'n rooster by die hoofingang wees waar die gemeente hulle beskikbaarheid kan aandui aangesien daar minstens drie persone vir elke aand benodig word. Chris Strydom het aangebied om die oorhoofse organisering te doen. Die volgende skenkings word benodig en kan vanaf 27 Oktober in die houer by die hoofingang of by Bets in die kantoor gelaat word: Cappuccino sakkies (Nescafé), gewone kitskoffie (Jacobs of Nescafé), tee, suiker, versoeters en veral langlewemelk, Hot Chocolate, botteltjies water, koppies en lepeltjies sal aangekoop word vir eenvormigheid. Enige kontant hiervoor sal waardeer word. Kontak gerus vir Thea Smit (083 780 4156). Anneke Doms (082 376 2604) of Chris Strydom (079 871 7079) – u meelewing word opreg waardeer. Elektroniese e-pos (Kontak): Mense wat nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za of WhatsApp dit aan 063 481 3864.

GOOI IN KOLLEKTEBORD| HANDIG IN BY DIE INFO-TOONBANK Besoeker? Nuwe intrekkers? Ons wil jou graag leer ken! Naam & Van:

@  Enkel

Jonggetroude

Tiener

Gesin

Student

Senior-lidmaat

Jongvolwassenes


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.