Afkondiging 25 Augustus 2019

Page 1

25 AUGUSTUS 09:00 Erediens (Kerk) Fouché de Wet 09:00 Gesinsdiens (Saal) Peet Crous Hoe lyk dinge? Marita Roos kom kuier.

09:00 Kategese gr 1-6 saam met Gesinsdiens 09:00 Kleuterkerk saam met Gesinsdiens Kom woon saam met Mamma en Pappa die Gesinsdiens by. Almal welkom!

18:00 Belydenisaflegging & Pelgrimsgroepe Jakkie Strachan Baie geluk aan Marjo-lani Badenhorst, Bernard Becker, Francois du Plessis, Eugene du Preez, PaulJaco Maré, Lise Prinsloo, Wald Truter en Melt von Molendorf, wat vanaand belydenis van geloof aflê.

19:00 Belydenisklas - Kapel Peet Crous Hoekom gebeur daar slegte goed met goeie mense?

1 SEPTEMBER 09:00 Erediens – Doop Eric Scholtz 09:00 Kategese gr 1-6 Geen Kleuterkerk a.g.v. Lente-tee 09:30 Lynnwood Oord-diens Johan Jooste 18:00 Nagmaalfees! & Pelgrimsgroepe Marina de Wet 19:00 Belydenisklas Belydenisklas-uitreik

Gemeentevrouebediening nooi al die mans en vroue hartlik uit na 'n Lentekuieraand op 18 September om 18:30 vir 19:00 in Koinonia. Spreker: Marina de Wet. Tema: Krag van Kleipotte Koste: R100 pp Besprekings: Info-toonbank of kontak die Kerkkantoor 012 348 1245. "Kom loof Hom, Prys Hom." Jy word vriendelik genooi na die Lofprysingsontbyt vir die Pretoria-Oos streek, op Dinsdagoggend 10 September 2019 om 08:30 vir 09:00 by NG Kerk Groenkloof, Van Wouwstraat 75, Groenkloof. Toegang: R30 donasie. Gasvryheidbediening nooi almal hartlik uit na 'n Lente-tee op Sondag 1 September 2019 na die oggenddiens in Koinonia. Die dames sal gedurende die week 'n sms ontvang vir eetgoed vir die tee – u meelewing word opreg waardeer.


Maandag:

Kerkraadsvergadering 19:00 (Koinonia) .

Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Sjêk) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836. Bybelstudie 19:15 (Koinonia) – Johann Op't Hof. Tema: Hawkins en sy godsdiens dilemma.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Ons behandel 'n boek!

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord). Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Die wêreld onder die grond is 'n onsigbare wêreld, maar soos 'n goeie fondasie van 'n gebou, bepaal dit die sukses van dit wat daarop gebou word. Goeie grond is, in die ware sin van die woord, lewend. Lewende grond is noodsaaklik en die natuurlikste manier om plante te voed en gesond te hou. 'n Vinnige evaluasie van die grond kan gedoen word deur die grond in jou hand vas te hou en te kyk na die tekstuur en inhoud. Na verwagting lyk dit donker, korrelrig, klam en ruik na 'n lekker komposryke mengsel. Dit behoort vol klein tot mikro-organismes soos wurms, kewertjies, nematodes, insekte, myte en veral 'n verskeidenheid bakterieë en swamme te wees. Dit is die komplekse verhoudinge van hierdie groep baie eenvoudige organismes wat 'n plant-vriendelike voedingskonkoksie opbou. In ruil verskaf die plante beskerming en voedsel vir die ondergrondse gemeenskap. Basies werk dit so: Plante vervaardig koolhidrate deur fotosintese. Van hierdie koolstofsuikers word in die grond vrygestel wat bakterieë en swamme lok. Die bakterieë skaar rondom die wortelsone, en die swamme vorm groot uitgebreide netwerkstringe. Die swamstringe verhoog die werkende wortelmassa van sy gasheerplant met tot soveel as 'n duisend keer. Daar is ook bewyse dat bome hierdie netwerk gebruik as 'n kommunikasienetwerk en, byvoorbeeld, mekaar waarsku wanneer peste 'n plant aanval. Op hulle beurt, breek swamme organiese materiaal af. Daarom dien mense gereeld swamnetwerke op komposhope en onder blaarmassas. Swamme en bakterieë is weer die kos vir die uitgebreide voedselketting, wat meer organismes lok. Wanneer mens hierdie biosfeer ontdek en bevorder, verminder die afhanklikheid tot duur kunsmiddels aangesien die mikrobes die plante met nutriënte terugbetaal. Vanselfsprekend is dit ook belangrik om plaagdoders en gifstowwe te vermy wat hierdie grondlewe benadeel of selfs vernietig. Verdere advies sluit in om die grond so min as moontlik te steur (bv. spit of grawe) aangesien dit die swamnetwerke en die gewenste grondstruktuur kan beskadig en werking vertraag. Dekgewasse beskerm die grondlewe, veral tussen groeiseisoene. Suksesvolle boere en tuinmakers behou 'n baie nou verhouding met hul grond en die lewe daarin. Die organiese tuinier se mantra was nog nooit meer gepas nie: Voed die grond, nie die plant nie. (Outeur onbekend)


Johannes kry ‘n Bybel...

Johannes, ‘n werker van die maatskappy wat die erf langs die kerk gekoop het, het op die gebrande Bybel afgekom terwyl hy opruim vir bouwerk om daar te begin. Hy het by Immanuel navraag gedoen, maar dit was maar een van Immanuel se Bybels wat hy oor tyd bymekaar gemaak het, wat in die slag gebly het. Johannes het toe by Cum Boeke gaan verneem waar hy die Bybel kan koop, want hy doen Bybelstudie daarmee en verstaan wat daar geskryf is. Toe hy nie daar reg kom nie, het hy by die kerkkantoor kom vra of ons nie bekend is met die drukkers van die Bybel nie, want hy wil dit graag bekom. Met soveel belangstelling in die Bybel is daar op die internet vasgestel dat die spesifieke Bybel uit druk is, maar daar kon ‘n soortgelyke Bybel gekoop word ... so, op ‘n dag, ontvang Johannes toe sy Bybel met groot vreugde en dankbaarheid.

Nuwe Generasie het Maandagaand met ‘n Gemeenskapsete uitgereik


012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.co.za (Muur van herinnering) 063 481 3864

Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Klein advertensies: Indien u 'n kennisgewing op die borde wil plaas, bring dit asseblief na die kerkkantoor of Info-toonbank. Stuur dit ook gerus vir plaas op die kennisgewingborde en in Gemeenskapsblad op die web https://st2.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/33514 99160?profile=original. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning.

Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom. Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat. GOOI INasseblief KOLLEKTEBORD | 'n dankoffer d.m.v. Oorweeg biddend een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

HANDIG IN BY DIE INFO-TOONBANK Besoeker? Nuwe intrekkers? Ons wil jou graag leer ken! Naam & Van:

@  Enkel

Jonggetroude

Tiener

Gesin

Student

Senior-lidmaat

Jongvolwassenes

Elektroniese e-pos (Kontak): Mense wat nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za of WhatsApp dit aan 063 481 3864.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.