Afkondiging 4 Augustus 2019

Page 1

4 AUGUSTUS 09:00 Erediens – Doop Immanuel van Tonder Wat is die mens?

Psalm 8

Liam de Nysschen (Rijan en Letticia) word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die vriende en familie.

09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Almal welkom! Onthou om foto's te bring vir ons verjaarsdag vlaggies.

09:30 Lynnwood Oord-diens Tienie Bosman 18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jeanri Bezuidenhout 19:00 Belydenisklas Immanuel van Tonder #3 Spiritualiteit vir die lewe

11 AUGUSTUS 09:00 Erediens Peet Crous 18:00 Aanddiens Immanuel van Tonder Voorbidding: Nelia Louw, Pretoria-Oos Aftree-oord 81, Farmweg 678, Die Wilgers, 082 685 8900 – sterk tuis aan. Koos en Marinda Terblanche en familie, Oxfordsteeg 4, Lynnwood Manor, 082 886 0418 – Marinda se broer, Coena Smith, oorlede. Skipper Clark, Jasonstraat 65, Lynnwood Glen, 072 505 2726 – Wilgers Hospitaal.

Jeanri Bezuidenhout is tydens die Kerkraadsvergadering van 15 Julie 2019 beroep vir 'n deeltydse vaste termynpos vir jeugleraar tot 29 Februarie 2020. Jeanri het die beroep aanvaar. Fay van Eeden behartig vanaand haar ordening tydens die Aanddiens.

Die Gemeentevroue wil graag uitreik met 'n bederfie vir Harmonie-Oord. Bring gerus droë koekies en sit dit in die gemerkte houer in Koinonia. Baie dankie vir die ondersteuning.

Bring gerus stukkende rekenaars, TV's, wasmasjiene, yskaste, stowe of enige ander stukkende elektriese of elektroniese apparaat na die saal vir Ekologiebediening se e-projek ten bate van PEN-Aksie (Middestad-uitreik).

Het u moontlik 'n bril (nie voorskrif) wat u nie meer gebruik nie? Handig dit asseblief by die Info-toonbank of kerkkantoor in. Baie van die Tabita naaldwerkklas-vrouens kan nie meer fyn genoeg kyk om die garing deur die naald te ryg nie en sal dit goed gebruik. Baie dankie vir die ondersteuning.


Maandag:

Ringstitting.

Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Gemeentevroue Groep 11 16:00 (Kerksaal) – Dr Eric Scholtz kom gesels. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Sjêk) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836. Ringstitting.

Woensdag:

Die kerkkantoor is gesluit ter wille van opleiding. Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Ons behandel 'n nuwe boek! Ratanang-Vroueaksiegroep vir huishulpe 14:30 (Koinonia) – Annatjie Pienaar 072 146 8212. Ringstitting.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord). Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Vrouedag.

Vrydag:

"Die mens van vandag is verslaaf aan kitsoplossings." Dit is die mening van Carl Honoré in sy boek "The Slow Fix". Kitskos moet binne 'n paar sekondes op die toonbank wees. Kitsresultate word verwag van sportspanne anders word afrigters afgedank. Kitsmiljoenêrs word op die voorblaaie van finansiële tydskrifte opgehemel. Politieke oplossings moet in 'n kits geskied. Dié kitsverslawing word bevestig daarin dat mense in Brittanje gemiddeld 40 000 pille in hulle lewens gebruik. Selfs op godsdienstige vlak word gesoek na die vinnigste geestelike groei en gemeente vernuwing. Natuurlik is uitdagings verskillend. As 'n motor voor jou indraai help dit nie om eers mooi te dink en 'n stadige weldeurdagte oplossing te soek nie. Die probleem is egter dat ons nie besef dat die meeste van die grootste uitdagings baie tyd, fokus en weldeurdagte optrede verg nie. Om byvoorbeeld 'n verhouding met jou kinders of huweliksmaat te herstel, gaan meestal nie in 'n kits gebeur nie. Om 'n maatskappy kultuur te verander, vra weldeurdagte prosesse wat mense kan saamneem na die nuwe kultuur. Gemeentes wat wil vernuwe moet op die regte fondamente bou anders sal bouwerk wat op sand gebou is met die golf van tyd vernietig word. Die boek maak 'n sterk saak uit dat ons deeglik moet dink voor ons net inspring en doen. "Thinking is the hardest work there is, which is the probable reason why so few engage in it" het Henry Ford gesê. Selfs Einstein het gesê dat hy meestal 55 minute aan die probleem spandeer en net 5 minute aan die oplossing. Wat is tans groot uitdagings in jou lewe en werk? Dink oor die manier waarop jou ongeduld en instink om dinge te forseer soms juis die rede is dat jy die teendeel bereik. Soos wat die Wit Haas in Alice in Wonderland sê: "Dont just do something, stand there!" Oscar Wilde stel dit so: "To do nothing at all is the most difficult thing in the world, the most difficult and the most intellectual." Die samelewing beweeg met 'n groot spoed soms ten koste van menswees. Dalk is dit gepas dat die kerk leer by die wêreldwye "Slow Movement: slow food, slow cities, slow work, slow sex, slow education, slow parenting, slow design, slow travel en slow art. Lees gerus Fil 1:9 en Kol 1:9 wat die punt van weldeurdagte denke onderstreep. "Moenie net iets doen nie, sit net!" Immanuel van Tonder (Namens die predikantespan)


Die dames by Lynnwood-Oord wat handskoene vir Harmonie oord gebrei het Wespoort-uitreik se mense is bederf met heerlike sop en broodjies

Wespoort hou 'n sop-en-sjerrie aand

Blomme vir Antoinette Victor se begrafnis Nuwe Generasie het met toebroodjies in die omgewing uitgereik


012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.coz.a (Muur van herinnering)

Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za.

Stellastraat Musiekleierpos – meer inligting: https://storage.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/33 97996614?profile=original

Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za.

Elektroniese e-pos (Kontak): Mense wat nog nie die Kontak elektronies ontvang nie of weet van iemand wat dit graag wil ontvang, kan gerus hulle e-pos adresse aan die kerkkantoor stuur by kerkkantoor@nglynnwood.co.za.

Klein advertensies: Indien u 'n kennisgewing op die borde wil plaas, bring dit asseblief na die kerkkantoor of Info-toonbank. Stuur dit ook gerus vir plaas op die kennisgewingborde en in Gemeenskapsblad op die web https://st2.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/33514 99160?profile=original.

Parkering tydens eredienste: Almal word vriendelik versoek om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom.

Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning.

Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels, kartonhouers en blikkies plat. Oorweeg biddend|'n dankoffer d.m.v. GOOIasseblief IN KOLLEKTEBORD HANDIG IN BY DIE INFO-TOONBANK een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

Besoeker? Nuwe intrekkers? Ons wil jou graag leer ken! Naam & Van:

@  Enkel

Jonggetroude

Tiener

Gesin

Student

Senior-lidmaat

Jongvolwassenes


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.