Afkondiging 7 Julie 2019

Page 1

7 JULIE 09:00 Erediens – Doop Quintus Smit Eindelik gaan dit nét oor liefde

Efesiërs 3:18,19

Ellie Clampett (Mike en Coba) word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die vriende en familie.

09:30 Lynnwood Oord-diens Michiel Botha Johannes 5:1 – 9

18:00 Aanddiens Immanuel van Tonder #4 Aanddiens preekreeks: Oorvloed in eenvoud

14 JULIE

Winterfees besprekings @R100 p.p. by die info-toonbank na die diens of kontak vir Bets by die kerkkantoor 012 348 1245.

09:00 Erediens Peet Crous 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk Bring gerus die kleuters – die personeel is al voor 9 uur gereed om hulle in die Kleuterkerk te ontvang. Almal welkom!

18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe Jeanri Bezuidenhout 19:00 Belydenisklas Gebed: Peet Crous

Voorbidding: Louis en Sue Visser, Ridgewatersteeg 66, Lynnwood Manor, 082 575 7451 – Sue se ma, Dollie Fouché, oorlede. Begrafnis is Dinsdag 13:00 in die kerk. Antoinette Victor, maatskaplike werker by Wespoort, is ernstig siek.

Stef de Bruin, St Peters Garden Estate B06, Jacqueline Drive 457, Garsfontein, 083 454 2502 – herstel na operasie. Altus Moolman, Estantia 83, Woodlands, Queenswood, 082 45 5032 – Wilgers Hospitaal. Greta Freyer, Helderkruin Singel 31, Woodhill, 012 998 6672 – Wilgers Hospitaal.


Dinsdag:

Skole open. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Gemeentevroue Groep 11 16:00. Prof Alex Duffey kom gesels oor vroeë Christene Godsdiens en Kuns. Let wel begin 16:00. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Sjêk) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836. Bybelstudie 19:15 (Koinonia) – Immanuel van Tonder 083 540 6015.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Ons begin met ‘n nuwe boek! Gasvryheidsbediening vergader 17:00 (A21).

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord). Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Kerkraadsvergadering 15 Julie 2019 om 19:00 in Koinonia.

Wat moet ek meer doen om nader aan God te kom? Feitlik alle gelowiges waarmee ek te doen kry, wil graag nader aan die Here beweeg. Om die waarheid te sê, geld dit van baie mense, kerkvas of soekend. Mens kan dit dan op verskillende plekke soek: die wisseling van gemeente omdat die ander gemeente "meer bied"; aankoop van 'n reeks geestelike boeke; bywoning van 'n kamp wat 'n heerlike geestelike "high" bied. Het jy al oorweeg dat groei nie noodwendig die verkryging van goed of kennis is nie, maar dalk die afstaan is van sekere gewoontes of kosbaarhede? 'n Gesin het so paar jaar gelede besluit om een van hulle internet diensverskaffers te bedank en meer tyd daaraan te spandeer om saam te braai. Al is dit net pap en wors. Vir die afgetrede hoof uitvoerende beampte van die 'n groot maatskappy mag dit wees dat hy mag moet afstaan. Eenvoud is nie net nog 'n dissipline wat ek aanleer nie, maar eerder om sekere goed agter te laat. Die punt is juis om genoeg tyd te hê en min genoeg bekommernisse sodat ons sinvol tyd saam met God kan spandeer. Toegee: alles in die lewe behoort rondom God te draai, maar is dit nie tog so dat tyd alleen saam met God onmisbaar is in ons lewe nie? Iemand vertel my die ander dag dat sy besonder baie gesukkel het met FOMO (fear of missing out). Daarom het sy haar vurk tot buig toe vol gelaai. Die besonderse begaafde dame dien as voorsitter op meer as een kommissie en vlieg ten minste een keer per jaar ver weg op 'n eksotiese vakansie. Toe raak sy baie siek en die herstelproses was uitmergelend. Sy het een ding geleer: JOMO (Joy of missing out). In haar eie gedagtes het sy vrede gemaak met pyn uit haar verlede en omdat weghardloop nie meer 'n opsie is nie, moet sy sit waar sy sit en vrede en vreugde vind in dit wat om haar is. Die Christendom het twee bane in terme van dissiplines: die eerste een laat ons dikwels kontak maak. Bid saam met ander mense, kerkbywoning saam met ander mense ensovoorts. Dan kry mens die dissipline baan wat ons laat afstaan: gevoelens van haat en weerstand. Ook die hardkoppigheid wat my in sommige situasie wegstoot van mense eerder as nader bring. Eenvoud, die weggee van goed, gevoelens en gedagtes, maak ruimte vir die Heilige Gees. Groete Peet Crous (Namens die predikantespan)


Baie geluk aan Peet en Karin Crous met hulle dogter, Karla, se huweliksbevestiging.


Die dames wat help by Tabita se naaldwerkklasse en Juan (koster) het die afgelope vakansie saam gekuier.

DIE VOLLEDIGE REEKS OOR VREDE EN STILTE is nou beskikbaar op die Gemeente se webblad by http://www.nglynnwood.co.za/group/eredienste/page/vrede Die Reeks bestaan uit: • •

Twee Eredienste 23 Junie (VREDE) en 30 Junie (STILTE) Lees van teks/opname van die erediens is belangrike agtergrond vir die stiltetye Daar is twaalf dae se stiltetye wat aansluit by die tema van die week met oa: - Rus, Ontvang en Reageer (Rest Receive Respond) - Lectio Divina: Stilte, Lees, Oordink, Woordgebed, Kontemplasie, Inkarnasie - Gebed van die Hart - Bybelteks oordenkings - Gebede en Gedigte - Klank meditasies met: Asem-, Liggaam-, Klank-, Natuur-, Berg-, Stilte- en Uurglasmeditasies. - Liefdevolle Goedheid (Lovingkindness) Meditasie Mag jou lewe stabiel geanker word in die VREDE en STILTE wat die Teenwoordige aan jou bied.

Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.