Afkondiging 19 Mei 2019

Page 1

19 MEI

Gesinsdiens tesame met Kleuterkerk in die Saal – poppekas! Junior Kategese tydens die Gesinsdiens in die saal.

09:00 Erediens Eric Scholtz 09:00 Gesinsdiens (Saal) Peet Crous P.T.E.D.

PINKSTER 2019 : 2 – 9 JUNIE

09:00 Kleuterkerk (Saal) 09:00 Kategese gr 1-6 (Saal) 18:00 Belydenisaflegging & Pelgrimsgroepe Immanuel van Tonder Wat op aarde maak ek hier? Baie geluk aan die volgende jongmense wat vanaand belydenis van geloof aflê: Jean-Luc du Plessis, Hugo Esterhuyse, Klara Eybers, Dewald Hattingh, Carla Janse van Vuuren, Deorg Lategan, Megan Marais, Deoné Prinsloo, Hilary Smit, Realdé Steenkamp en Josua van Helsdingen.

19:00 Belydenisklas – Kapel Verskillende godsdiensgroepe.

26 MEI 09:00 Erediens – Doop Fay van Eeden 09:00 Kategese gr 1-6 09:00 Kleuterkerk 18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe – Nagmaal Peet Crous

30 MEI 09:30 Hemelvaartdiens (Lynnwood Oord) Eric Scholtz 18:00 Hemelvaartdiens (Kerk) Eric Scholtz

DIE HEILIGE GEES IN DIE VERHAAL VAN DIE SAMARITAAN Sondag 2/6 om 18:00: Die Heilige Gees maak van ons mense. Maandag 3/6 om 09:30 & 18:00: Die Heilige Gees gaan met ons op pad. Dinsdag 4/6 om 09:30 & 18:00: Die Heilige Gees gee ons oë. Woensdag 5/6 om 09:30 & 18:00: Die Heilige Gees bind ons saam. Donderdag 6/6 om 09:30 & 18:00: Die Heilige Gees gee ons hande. Sondag 9/6 om 09:00: Die Heilige Gees skenk lewe. (Die 09:30 geleenthede vind by Lynnwood-Oord plaas.) Die pinksterdienste word vanjaar deur dr. Johan Jooste gelei

Voorbidding: Yolanda Gous en familie, 082 442 3470 – haar ma Mimi oorlede. Begrafnis is Woensdag 14:00 in die kerk.

Kerkraadsvergadering 27 Mei 2019 om 19:00 in Koinonia


Maandag:

Gemeentevroue vergadering 16:00 (A21). Ekologiebediening vergadering 18:00 (Kerkkantoor.

Dinsdag:

Bybelstudie 08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) – Peet Crous 079 893 5572. Tema: 2 Tim. Bybelstudie 08:30 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Sjêk) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord). Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Gesinsdae: Dit het my vanjaar opgeval hoeveel dae rondom die gesin kort na mekaar gevier word: gesinsdag, moedersdag, vadersdag, jeugdag. Ek hoop my afleiding is reg dat ons gemeenskap die gesin as van groot belang sien. Vanjaar het die politiek tussen hierdie feesdae ingedruk en ons het 'n vakansiedag gehad om te gaan stem. Dit herinner mens daaraan dat die private lewe en die openbare lewe nie los van mekaar bestaan nie. Iemand wat die verband tussen die politieke lewe en die gesin ingesien het, was die eerste Bondskanselier van Wes-Duitsland na die Tweede Wêreldoorlog. Die kanselier, Konrad Adenauer, het 'n stukkende land met gebroke mense geërf. Terwyl almal nog wonder oor hoe en óf daardie gedeelte van Duitsland weer sal kan opstaan, kondig Adenauer sy beleid vir herstel aan. Sy prioriteit gaan wees om gesinne weer op te bou, want as Duitsland sterk gesinne het, sal die res van die Wiederaufbau (herstel) maklik volg. Adenauer se visie het vir 'n klinkende sukses gesorg. Geen wonder dat hy steeds as die grootste na-oorlogse kanselier van Duitsland gesien word nie. Mens wonder of ons nie ook met 'n doelbewuste poging moet kom om ons gesinslewens te help versterk nie. Dit wat onderwysers, maatskaplike werkers en ander wat met gesinne en gesinslede werk vertel, klink skokkend sleg. So 'n aksie sal natuurlik by jou eie huis moet begin en dit is nooit maklik nie. Maar dit is broodnodig! Groete Johan Jooste (namens die Predikantespan)


Almal word vriendelik versoek

om asseblief wettig en ook in die regte rigting voor die kerk te parkeer tydens die eredienste, om verkeerspolisie-optrede te voorkom.

Die Jong Volwassenes het groot pret by die afgelope Murder Mystery aand beleef toe hulle moes probeer uitvind wie hulle "trailer park" vriend "Kosie Pienaar" vermoor het.


012 348 1245 Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 13:00, Vry 08:00-12:00 kerkkantoor@nglynnwood.co.za; www.nglynnwood.co.za Posbus 36430, Menlopark, 0102 Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93) 084 588 4948 Juan Ferreira (koster) 073 267 7019 Maretha Brits (kombuis) bets@nglynnwood.co.za (lokaalhuur) 012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis) kerkkantoor@nglynnwood.coz.a (Muur van herinnering)

Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Doopregistrasie: Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012 348 1245 of e-pos bets@nglynnwood.co.za. Motorwagdonasies: Houers in die portaal beskikbaar. Dankie vir u ondersteuning. Klein advertensies: stuur gerus vir plaas

op die kennisgewingborde en in Gemeenskapsblad op die web. Kliek hier vir die Gemeenskapsblad (pdf).

Herwinningshouers: In die parkeerarea (Sussexlaan) – bring gerus herwinbare artikels. Maak asseblief artikels kartonhouers en blikkies plat. Deel dit met ons! Het jy 'n voorstel/droom/inspirasie om te deel oor ons gemeente? Stuur 'n e-pos aan kerkkantoor@nglynnwood.co.za Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.

GOOI IN KOLLEKTEBORD | HANDIG IN BY DIE INFO-TOONBANK Besoeker? Nuwe intrekkers? Ons wil jou graag leer ken! Naam & Van:

@  Enkel

Jonggetroude

Tiener

Gesin

Student

Senior-lidmaat

Jongvolwassenes

Kennisgewingborde: Indien u 'n kennisgewing op die borde wil plaas, bring dit asseblief na die kerkkantoor of Info-toonbank – baie dankie vir u samewerking in dié verband.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.