Afkondigings 18 Julie 2010

Page 1

Sondag 18 Julie 2010 Afkondigings! 012 348348-1245 / www.nglynnwood.co.za

24/7 Christen-wees

Mag jy altyd werk vir jou hande hê. Mag jou beursie altyd ’n muntstuk bevat. Mag jy ’n huis hê met ’n venster waardeur die son skyn. Mag daar altyd ’n reënboog na jou reënbui wees, en mag die hand van jou vriend(in) nooit te ver wees nie. Mag God jou oë oopmaak vir jou naaste se nood en mag Hy jou arms vol liefde gee.

Koninkrykstyd


Baie welkom aan almal in die erediens, ons is bly dat u veilig tuis is na die lang vakansie. Mag ons Hemelse Vader aan elkeen van u Sy krag en genade skenk vir die kwartaal wat voorlê.

Welkom by die erediens! erediens! Vandag: Oggenddiens 09:00 Pieter Oosthuizen Kerk Gesinsdiens 09:00 Peet Crous Gesinskerk Kleuters 09:00 Kleuterkategete Jeugsentrum A15 Aanddiens 18:30 Zander van der Westhuizen Kerk Mamelodi Uitreik terugvoer en musikant Hennie Maritz kuier in die diens saam

25 Julie: Oggenddiens 09:00 Immanuel van Tonder Kerk Gesinsdiens 09:00 Johann Voges Gesinskerk Kleuters 09:00 Kleuterkategete Jeugsentrum A15 Lynnwood Oord 09:00 Nagmaal Johan Jooste Aanddiens 18:30 Zander van der Westhuizen Kerk

Leesteks: Amos 8:1 – 12; Ps 52; Gen 18:1 – 10a; Ps 15; Kol 1:15 – 28; Luk 10:38 – 42. Predikantebewegings: Die predikante nooi u hartlik uit om hulle te kontak indien u 'n persoonlike besoek verlang. Die kontak-inligting is op die kalender en op die webwerf beskikbaar. Doen asb voorbidding vir: Pieter de Waal, The Gables 6, The Wishbone-Noord 476, Lynnwood (012 348-2278) – herstel tuis na groot operasie. Anna Vosloo, Mooigeleë Oord 64, Graaf Reinetstraat, Faerie Glen, (012 991-7044) – heupvervanging eerskomende Dinsdag. Ampie van der Merwe, The Hillside 309, Lynnwood (012 361-6860) – Wilgers Hospitaal. Bettie van der Westhuizen, Princess Christian Home – heupoperasie Little Company of Mary (Marié Behr 083 288 7777). Retief Meyer, Die Rand 329, Lynnwood (012 361-4803) – Wilgers Hospitaal. Lettie Geldenhuys, Yolande Mews 56, Eendragstraat, Die Wilgers (072 186 6425) – Ghemus oorlede. Johan en Hetta Cloete, Chappiesweg 334, Lynnwood (012 361-4617) – Hetta se ma oorlede. Heila van der Stoep, Glenwood Park 202, Ilkeyweg 74, Lynnwood Glen (012 348-4083) – Len oorlede. Begrafnis was Donderdag 14:00 uit die Susan Strydom Kapel. Erika Visser, Hannington Place 6, Blenheimweg, Lynnwood Glen (012 361-6142) – ma oorlede. Esther Retief, Lynnwood Oord ws 51, The Hillside 315, Lynnwood (012 361-348-5976) – seun oorlede. Estelle Vlok, Manor House 6, Prioryweg 104, Lynnwood Manor, (012 361-5384) – suster oorlede. Inza Meiring, vrou van prof Piet Meiring en moeder van Arno Meiring van Skuilkrans, is op 12 Julie na bloeding op die brein oorlede. Die gedenkdiens was 14 Julie by Skuilkrans. 2


Maandag

19 Julie

16:00 Gemeentevroue Komiteevergadering in lokaal A21Jeugsentrum. 19:00 Finansiële Bediening vergader in die kerkkantoor.

Dinsdag

20 Julie

Program vir die week

08:15 Bybelstudie by Elveramstraat 51, Lynnwood Glen (Nerina Deale 012 361 1896) – Ds Peet Crous. 08:30 Bybelstudie in Koinonia – Ds Pieter Oosthuizen (012 348-4004 / 082 579 1125). 14:00 Tabita naaldwerkklasse vir huishulpe – in die Gesinskerk. Navrae: Selma du Preez 012 361-1626. 19:00 Bybelstudie in lokaal A21 – Dr Johann Voges 012 361-1537 / 082 579 1122.

Woensdag

21 Julie

08:00 Predikantevergadering. 11:00 Lidmate doen in die Kapel voorbidding vir die gemeente. (Ds Peet Crous 012 3614219 / 079 893 5572 of Amanda Kotzé 012 361-1408 / 072 630 3088.

Donderdag

22 Julie

09:00 Bybelstudie: Lynnwood Oord – Dr Johan Jooste. 14:00 Tabita naaldwerkklasse vir huishulpe – in Gesinskerk. Navrae: Selma du Preez 012 361-1626. 18:00 Egskeidingsbegeleiding in lokaal B5. Belangstellendes kontak vir Ds Pieter Oosthuizen 012 348-4004/082 579 1125 of Petro Barnard 012 348-1245 (uitbr 214).

Vrydag

16 Julie

07:00 Christelike Meditasie in die Kapel – Kosie de Clerk 012 361-4975 / 083 299 7263. 08:00 Bybelstudie in lokaal A21 – Dr Johann Voges 012 361-1537 / 082 579 1122.

Chinese Diens:

Sondae 11:00 – Gesinskerk.

Sotho Diens:

Sondae 14:30 – Gesinskerk.

Kerkraadsvergadering: 26 Julie 2010 om 19:00 in Koinonia.

3


Om waardig te leef

My Joernaal as Geestelike Begeleier, Woensdag 21 Julie 2010 om 19:00 in die Kapel: Hoe kan 'n joernaal jou help in die ontwikkeling van jou geestelike lewe? Daar is 'n interessante proses wat baie meer is as om net elke dag se gebeure te beskryf. Die proses is baie verrykend. Aangebied deur Immanuel van Tonder. SMS jou naam en 'Joernaal' aan 0835406015 as jy wil kom. Bring R20 vir die koste van 'n basiese joernaal.

Ons gaan weer hierdie jaar ‘n DIGBUNDEL publiseer! publiseer! Die sperdatum vir gedigte is 23 Julie 2010. Stuur asb na leonie@nglynnwood.co.za

Verkiesing van kerkraadslede: Quintus Smit is tydens die laaste kerkraadsvergadering verkies as Sekunduslid (Diensverhoudinge).

Die Mabopane Uitreik benodig baie dringend kos, skoene, kouse en truie vir die sowat 50 laer- en hoërskool seuns van die projek. Indien u kan help skakel asb vir Sini Meyer (083 455 9473) of Carina Goosen (082 900 4087), wat dit sal kom afhaal.

‘n Gesprek oor hoe ons by die wêreld aanpas (of nie aanpas nie) en hoe ons dit wat met ons en ander gebeur, verwerk. Spreker: Ds Danie du Toit van Waterkloof. Die reeks loop oor drie opeenvolgende Donderdagoggende 09:00 – 09:45 (22 Julie, 29 Julie en 5 Augustus 2010). Plek: Lynnwood Oord, The Hillsidestraat, Lynnwood. ALMAL IS HARTLIK WELKOM!

Baie dankie aan almal wat blokke vir komberse gebrei het. Dit slaan die koue hok en word sommer baie waardeer!

Bybels in swart tale teen R40 elk by die kerkkantoor beskikbaar.

NG Gemeente Lynnwood : Bankbesonderhede ABSA Brooklyn Court Takkode: 632005 Rekening nr 540 580 014. (Maak asb seker om u 'Van' en 'Kontakgroep' te meld indien u 'n oorplasing of deposito maak.)

CD-opnames van eredienste en begrafnisse @ R10 elk. Navrae: Sue Visser 012 348-3443 / 082 575 7451 of die kerkkantoor 012 348-1245

Viering – Diens – Liefde – Eenheid

4


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.