Lynnwoorde Somer 2012

Page 1

www.nglynnwood.co.za

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - SOMER 2012

Hier kom die Scholtze LYNNWOOD KYK UIT!

Vervolg op p3

Eric is op Uitenhage gebore en het daar grootgeword as ’n enigste kind. Na matriek het hy eers sy diensplig voltooi en daarna sy B.A. Admissie aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth. Wonderlike jare! Sy teologiese studie pak hy op Stellenbosch aan waar een van sy vriende noue bande met ’n bekende wynlandgoed gehad het. Uitstekende dosente, goeie vriende, die see en die berge, diep naggesprekke, hengelnaweke by Waenhuiskrans, die nat stamme van die eikebome in die winter, borrelende reënwater in Dorpstraat se watervoor, ’n stampvol studentekerk, Wever se boekwinkel en eksamenwaansin is van die uitstaande belewenisse en herinneringe wat hy van hierdie tydperk oorhou. Hier

ontmoet hy ook sy (aanstaande) vrou, Michelle. In April 1987 gebeur drie groot en ingrypende goed met hom: Eric voltooi sy nagraadse studie in die Dogmatiek, ’n week later trou hy, en nóg ’n week later kry hy ’n beroep na sy eerste gemeente, Driehoek, ’n makrogemeente in ’n diverse Vanderbijlpark. Michelle is op Oudtshoorn, in die Kleinkaroo, gebore. Vanweë die aard van haar pa se werk het hulle dikwels verhuis tydens haar laerskooljare. Later het die gesin hulle in die Strand gevestig (net ’n padbreedte van die see en die sand af!) en het sy haar hoërskoolloopbaan hier voltooi. Sy studeer vervolgens Huishoudkunde aan die Universiteit van Stellenbosch

en ontmoet Eric, die opsigter van die woonstelkompleks waar sy die laaste deel van haar studentejare gewoon het, en wie ook haar diaken was! Sy het aanvanklik in die restaurantbedryf gewerk, maar nadat sy en Eric hul intrek in Vanderbijlpark geneem het, het sy ’n onderwyseres geword. Sy was die afgelope 19 jaar verbonde aan die Hoërskool Sasolburg waar sy aanvanklik klas gegee het in Huishoudkunde, en later in Gasvryheidstudies en Natuurwetenskappe. Michelle is lief vir kosmaak, onthaal en tuinmaak. Eric glo Michelle se roeping is om die mooie en die goeie in dinge na vore te bring. Sy hou van oudhede (sy het dit op ’n Vervolg op p3

hande! p 3 LEES BINNE: Dankbare Eat-A-Asian p 10 Nuwe Generasie dinge ’n Boepensmier

p 14 p 16

Somer 2012 LYNNWOORDE 1


Redaksioneel

www.nglynnwood.co.za

DAGBOEK 11 November: 18:30 Aand-Kerssangdiens (Kerk) 18 November: 09:00 Kerssangdiens (Kerk) Kerstee

Belangrik tydens die vakansie Dienste en Preekbeurte:

2 Desember 09:00 Eric Scholtz (Kerk) (doop) 1e Advent 09:00 Johan Jooste (Lynnwoord Oord) 18:30 Fay van Eeden (Kerk) 9 Desember 09:00 Immanuel van Tonder (Kerk) 2e Advent 18:30 Fay van Eeden (Kerk) 16 Desember 09:00 Fay van Eeden (Kerk) 3e Advent 18:30 Eric Scholtz (Kerk) 23 Desember 09:00 Johan Jooste (Kerk) 4e Advent 18:30 Fay van Eeden (Kerk) 25 Desember 07:30 Eric Scholtz (Kerk) Kersdiens 09:00 Eric Scholtz (Kerk) Kersdiens 30 Desember 09:00 Eric Scholtz (Kerk) 31 Desember 18:30 Immanuel van Tonder (Kerk) Oujaarsdiens Kontaknommers ingeval van nood: Fay van Eeden Eric Scholtz Immanuel van Tonder

083 478 0854 082 856 5959 083 540 6015

2 LYNNWOORDE Somer2012

Redaksie Redakteurs Immanuel van Tonder Leonie du Bruyn Gereelde medewerkers Peet Crous Fay van Eeden Sanri Malan Doret Müller Valize Scholtz Erika Theron Lindy Jordaan Ontwerp Fearika Heyns

Kontak-inligting Kerkkantoor 012 348 1245 kerkkantoor@nglynnwood.co.za Kosters Pieter Schoeman (dagkoster) 082 771 8988 Frikan Erwee (na-ure koster) 083 603 4961 Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens) Maretha Brits 073 267 7019 Bankbesonderhede: NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court (632005), Rek nr 540 580 014

Om nuusbriewe en artikels van die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar kan jy kommentaar lewer en saamgesels met die leraars, bedieningspan en ander gemeentelede. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksioneel te versorg. Sarie Troskie spreek haar opregte dank en groot waardering uit aan almal vir hulle liefde, gebede en ondersteuning tydens Daan se siekte en afsterwe.

“Vier”, sê die woordeboek, is om “feestelik deur te bring, te herdenk”. Dit sê ook: “laat skiet; vrye loop gee; loslaat”. Ek maak my oë toe en sien ’n sjampanjeprop wat met ’n boog deur die lug trek en die wit sjampanje-skuim wat “swiesh” soos dit by die bottel se bek uitborrel en soos ’n waterval teen die kant afstroom. Dís hoe dankbare blydskap met ’n mens maak: dit begin hier diep in jou binneste draai, en dan borrel dit sommer uit sonder keer! Die hande-in-die-lug danspassie wat volg is moeilik stuitbaar, soos hierdie kwartaal se VIER-simbool so mooi uitbeeld. Ons vier hierdie maand ons gemeente se verjaardag tesame met die koms van ons nuwe Predikant en sy gesin: Eric, Michelle, Marthinus en Liana, baie welkom in Lynnwood! Die artikels in dié uitgawe weerspieël ons dankbaarheid; ons rede om te vier. Immanuel se bedanking aan almal wat gehelp het by die Lynnwood Lente Kuier Karnaval was ’n aanduiding van hoe lekker almal die kuier geniet het. Dit was ’n dawerende sukses. Dit was nou KOINONIA! Ek verwonder my daaraan oor hoe aansteeklik die goeie op mens se psige inwerk - “goeie medisyne” is ’n raak vergelyking. Ek lees van Hervorming wat ons hierdie tyd van die jaar vier. “Vier” is ook om terug te kyk, al is dit aan die einde van ’n seisoen - soos Sini se dankie-brief aan Carina ons bewus maak. Mens raak partykeer so oorweldig met die daaglikse “ploeg en swoeg in die akker” dat jy vergeet om terug te kyk na die goeie wat agter jou lê; ja, dié goedheid en guns wat so, hier agter jou aankom, en jou oorval. Mag jy terugkyk op hierdie jaar en met dankbaarheid die goeie en genade wat ons ervaar het, geniet en vier - jou “swaarkry met lekker kry klaar kry”, soos Langenhoven so gepas gesê het. Laat toe dat dié Feesgety ’n nuwe betekenis vir jou kry. Vier gerus - jy mag maar! ’n Geseënde Kersfees en ’n Voorspoedige 2013 aan almal. Leonie du Bruyn Kommunikasie Bediening


nuwe vriende te maak!). Dit is vir Eric ook ’n lekker vooruitsig om aan die teologiese gesprekke by die Universiteit en in ander kringe te kan deelneem. Pretoria is darem nie vir hulle heeltemal onbekend nie: Eric se verdere studie en sy betrokkenheid by die Universiteit van Pretoria, asook enkele vriende en familie wat in Pretoria woon, het hulle reeds ’n smakie gegee van wat ons pragtige stad bied.

Predikantespan: Peet Crous, Eric Scholtz, Immanuel van Tonder en Fay van Eeden

Vanaf p1 stadium sterk oorweeg om museumkunde te studeer), en droom van kosbaarhede wat sy iewers op ’n solder ontdek... Sy hou ook van lees. Eric speel kitaar, hy lees baie en is geïnteresseerd in die sterrekunde en fotografie. Hy is veral lief vir kunsvlieghengel (spesifiek forelhengel). Hulle hou gewoonlik vakansie in die Kaap waar hulle ou vriende en bekende bakens

opsoek, by gunsteling restaurante gaan uiteet, stap, ronddwaal by markte, ’n bietjie wyn proe, en telkens probeer om iets nuut van die Kaap te ontdek. Hulle sien uit na Pretoria se warmer winters, om die baie restaurante te beproef en om makliker toegang tot die flieks en die teaters te hê (en natuurlik om

Marthinus (22) en Liana (19) is albei op Vanderbijlpark gebore, en het hul hoërskooljare by “ma se werk” aan die Hoërskool Sasolburg deurgebring. Marthinus is die sportiewe een van die twee wat op skool by “elke moontlike balspel” betrokke was. Hy het veral uitgeblink in hokkie. Liana is hul kultuurkind wat “gedans, ge-drama, ge-debat en gemusiek” het. Marthinus is na aflegging van sy matriekjaar vir ’n gap year (wat toe twee jaar geword het) Engeland toe. Hy het as ’n aktiwiteitsinstrukteur naby Shrewsbury in die westelike middellande vir ’n groot buitelewemaatskappy gewerk. Hy studeer tans Veiligheidsbestuur by Unisa terwyl hy ook op ’n deeltydse basis vir verskeie buitelewe maatskappye werk, van hier tot in Namibië. Liana is ’n student in Kommunikasiekunde by die NoordwesUniversiteit op Potchefstroom.

NIE BIDDENDE HANDE NIE, DANKBARE HANDE! Die titel “Biddende Hande” van Albrecht Dürer se bekende skets is eintlik verkeerd! Gewoonlik word die uitbeelding van hande in hierdie posisie gebruik as ’n uitdrukking van gebed, maar die eintlike bedoeling daarvan is om ’n metafoor vir dankbaarheid te wees. Die Dürer familie, insluitende agtien kinders, het in die vyftiende eeu naby die dorpie Nuremberg gewoon. Twee van die seuns, Albert en Albrecht, het ’n belangstelling in kuns getoon. Albei wou by die Universiteit gaan studeer maar daar was nie fondse om beide broers gelyk te stuur. Die twee broers besluit toe dat een van hulle in die myn sou werk sodat die ander kon gaan studeer, en daarna sou die rolle omruil sodat die ander weer kans sou kry. Nadat die besluit gemaak is (met die opskiet van ’n muntstuk, van alle dinge!) het Albrecht die kans gekry om eerste te gaan studeer. Na vier jaar se studies het hy as hoogs suksesvolle kunstenaar teruggekeer en gretig vir Albert gesê dat hy nou die kans het om te gaan studeer. Maar na al die jare se harde werk om Albert se studies te

betaal het hy egter sy geëelte en gebroke hande aan Albrecht gewys... Hy sou nooit weer kuns kon beoefen nie. Om sy dankbaarheid aan sy broer te betoon het Albrecht hierdie skildery van Albert se hande geskilder. November is ons jaarlikse Dankiemaand wanneer ons deur ’n bril van dankbaarheid na ons gemeente en ons lewe kyk. Ek dink aan Ma’s wat gedurende die jaar met hulle liefdevolle hande kos gemaak het, skoolpakkies opgemaak het en daarna nog hard gaan werk het. Ek dink ook aan Pa’s wat hulle afgesloof het om te voorsien vir die gesin. Hande wat in die tuin en kombuis gehelp het.

Immanuel van Tonder

Ons lig ons harte en hande op in dankbaarheid oor die Hand van God! “U maak u Hand oop en skenk U guns in oorvloed aan al wat leef (Ps 145:16). “Ek bly altyd naby U, U Hand ondersteun my (Ps 63:8). Daar was oorvloedige sigbare én onsigbare gawes uit die liefdevolle Hand van God. Gaan kyk nou weer na Dürer se skildery van Albert se hande en merk die pyn wat hy ter wille van sy broer verduur het. Kyk nou na die hande van Jesus - kyk wat Hy vir jóu gedoen het...

In die gemeente was daar honderde hande wat hand bygesit het met verskeie projekte in die gemeente en gemeenskap! Daar was hande wat na mekaar uitgereik het in ure van nood en hartseer. Die tientalle uitreike van Caritas het die lewens van oud en jonk aangeraak. Lidmate het hulle hande diep in hulle sakke gesteek sodat ons gemeente hierdie jaar te midde van ’n konteks van ekonomiese druk kon floreer.

Somer 2012 LYNNWOORDE 3


GEBORE

Eric Scholtz

DANKOFFER-INKOMSTE 2012 Riaan Steyn

In die meeste huishoudings wêreldwyd is gesinslede en vriende se verjaardae ’n belangrike gebeurtenis, en word dit jaarliks stiptelik van die ou kalender na die nuwe oorgedra. Ons dogter, Liana, het op die 2012 kalender wat ek gebruik reeds vier maande voor haar verjaardagdatum ’n inskrywing gemaak: “Liana verjaar oor vier maande”. ’n Soortgelyke inskrywing staan by drie maande voor haar verjaardagdatum, ensovoorts.

Met die eerste 6 maande van die finansiële jaar agter die rug wil Ondersteuningsdienste graag die gemeente hartlik bedank vir die gereelde maandelikse bydraes wat ontvang is. Ons is dankbaar om te kan berig dat die dankoffer-inkomste vir dié tydperk 12.9% bo die begroting is. Benewens die gereelde bydraes, is die verhoogde inkomste grootliks te danke aan sporadiese anonieme skenkings wat ontvang is. Aan elkeen van u wil ons graag baie dankie sê! Lynnwood-gemeente is werklik geseënd!

Verjaardae moet gevier word! En goed gevier word!

Hieronder is ’n grafiek wat die maandelikse dankofferinkomste teenoor begroting aantoon.

Hierdie baie ou gebruik het ontstaan na die ontwikkeling van die eerste kalenders (voordat ons tyd kon meet, was dit uiteraard nie moontlik om jaarliks ’n verjaardag te vier nie). Volgens ’n antieke (by)geloof was ’n mens - veral tydens belangrike veranderings of oorgange in sy of haar lewe - vatbaar vir die bose, byvoorbeeld wanneer sy of hy ’n jaar ouer word. Die bose kon egter op so ’n dag weggehou en verdryf word deur goeie wense en geskenke te gee, en deur baie geraas te maak! Jesus se geboorte is deel van ons Christelike geloofsgoedere, en op Kersdag vier ons dus Jesus se geboortedag. Jesus se geboorte help ons om ’n Christelike perspektief op ons geboorte en verjaardag te ontwikkel. Jesus se geboorte is egter anders as elke ander geboorte. Anders as ons, het Jesus gekies om gebore te word; om mens te word. Ons, as individue, se geboorte is ’n uiters ondemokratiese gebeurtenis waarin ons geen sê het nie. Dit is ’n lot wat ons “oorkom”. Ons vind onsself as “geworpenes in hierdie wêreld”, soos die filosoof sê. Jesus het egter vrywilliglik ons menswees aangeneem. Daarmee het God ’n tweede keer na die Skepping en die mens gekyk en gesê: “Dit is goed.” Jesus se geboorte is God se “Ja!” vir ons lewe, vir ons menswees. “God het die wêreld so liefgehad...” Dit gee ons ’n goeie rede om ons verjaardag en lewe met blydskap te vier! Mag jy gedurende hierdie Kerstyd wanneer ons Jesus se geboorte herdenk ook God se “Ja!” vir jou lewe hoor en toe-eien. Die Nederlandse teoloog A.A. van Ruler skryf dit is dalk selfs ’n kernpunt in ons verlossing dat ons ons geboorte - en daarmee onsself - so volledig aanvaar asof ons dit self gewil het!

4 LYNNWOORDE Somer 2012


Voortdurend bly vorm, soms oormaak: Die alternatief is onbruikbaar! Gedagtes oor Hervorming 31 Oktober 2012 Pieter Oosthuizen

Die beeld van die pottebakker in Jeremia 18 laat my altyd dink aan wat Hervorming regtig beteken. Jeremia word na die pottebakker toe gestuur om daar te gaan sien wat die man doen. Die pottebakker is besig om ʼn vaas te maak. Om een of ander rede is hy nie tevrede hiermee nie en druk hy die klei weer alles bymekaar, brei dit weer en begin van voor af. Hy los dit nie, hy gee nie op nie, maar hy knyp die onsuiwerhede uit die klei, sny dit as dit nodig is, en brei dit tot al die lugblasies uit is. Doen hy dit nie, is die resultaat onbruikbaar... en dit wil hy nie hê nie. Dít is wat Hervorming is. Toe die Here Israel uit Egipte verlos het, het Hy iets anders in gedagte gehad as wat die bevryde, verloste volk geword het. Die klei op die Pottebakker se wiel wou nie die vorm aanneem wat Hy met die punte van Sy vingers, met Sy hande probeer maak het nie. So het dit ook met die Kerk gebeur in die eerste eeue na Christus: gelowiges word, glo en doen wat die Here nie bedoel het hulle moet wees nie. Mense is die Kerk, en hulle slaag soms daarin om geloofswaarhede en praktyke só skeef te trek dat dit vervreemd word. Dit is vandag nog waar van die Here se Kerk; ook van my en jou. Met hierdie dag vier ons iets wat op 31 Oktober 1517 gebeur het. Dit is nie die dag waarop die Hervorming eintlik plaasgevind het nie, maar dit was die begin van die hervormingsproses. Op dié dag het Maarten Luther vyf-en-negentig stellings op die kerk se deur geplak. Hy wou ’n bespreking rakende die stellings stimuleer en bevorder. Ander priesters het al oor van die punte begin praat, maar nou was daar ʼn groeiende stroom mense wat nie saamgestem het met die Kerk (die Roomse Kerk van daardie tyd) se leringe en optrede nie. Luther het gevolglik al die punte van ontevredenheid gelys en in die openbaar opgeplak. Die gesprek sou nie die effek hê waarop Luther en die mense wat soos hy gedink het, gehoop het nie. Kerklike strukture en die denkwyses kon nie maar net aangepas word nie, dit moes hervorm word. Op 10 Desember 1520 verbrand hy die Pous se amptelike geseëlde brief in die openbaar. Dit gee die hervormingsproses nuwe momentum, en van toe af het Kerkleiers en hulle volgelinge begin om die Kerk te hervorm. Soms het die Hervorming ook ʼn slegte smaak gekry, want, soos met alle verandering, gebeur dit dat daar mense of groepe is wat om ander redes vir die Kerk kwaad is. Hulle spring op die wa van verandering vir hulle eie redes, doen en sê ʼn klomp verkeerde goed, en gee die saak ʼn slegte naam.

Zwingli, Knox en al die ander vinnig uitgevind. Ook in die Bybelse tyd het die hervormers gely. Amos is weggejaag (Amos 7:10-17), Jeremia is beskinder, gearresteer, en in ʼn pynbank gesit (Jeremia 18:18; 20:1-3), en die Here Jesus is gekruisig en Sy volgelinge vervolg. Luther is ten einde laas verban. Ons land is ook nie anders nie: ons geskiedenis is vol van sulke verhale. Op ons gemeente se hoeksteen staan: “ecclesia reformata semper reformanda” – ʼn gemeente van die reformasie reformeer altyd weer. Dit is ’n mooi gedagte maar óns moet dit waarmaak en volbring. Ons is kinders van die Hervorming en die viering van die dag sal altyd vir ons iets beteken as ons bereid is om ʼn paar dinge te onthou: As ek bereid is om te verander, gaan dit soms pynlik wees. Dit bring onsekerheid, maar geen groei en vernuwing is daarsonder moontlik nie.

l

Om waarhede en optredes te bevraagteken, is ook goed. Dit bring groei. Maar daar is ʼn voorwaarde hieraan verbonde: ons moet met mekaar daaroor bly praat, ruimte vir mekaar se idees skep en bereid wees om te aanvaar dat jy nie altyd reg is nie! Die oomblik as ons mekaar begin uitsluit of uit ontvredenheid wegstap, dra jy niks by tot die groei nie.

l

l ʼn Ander noodsaaklike vraag is: “Waarom die verandering?” Is dit omdat ons outentiek (eg) wil wees? Nog ’n vraag is: “Wat bedoel ek?” (What is my intent?) Is dit verandering ter wille van verandering? Wil ons populêr, wees ter wille van getalle, of om onsself te laat “goed voel?”

Bly ons nog waarlik Kerk in die lig van die Bybel? Bly ek getrou aan my roeping as kind van die Here wat bereid is om te groei tydens sy of haar lewensreis?

l

Hervorming is nodig. Die alternatief is stagnasie; om vas te val in ʼn groef. Die verskil tussen ʼn groef en ʼn graf lê net in die diepte! Dalk kan ons Lied 528 in gedagte hou en waarlik bedoel wanneer ons dit sing, en kyk wat gebeur?

Leer my U wil, Heer, U doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak my volgens U wil; op U vertrou ek, nederig stil.

Hervormers was nog nooit gewild nie. Dit het Luther, Calvyn,

Somer 2012 LYNNWOORDE 5


In die gemeente: Liewe Carina Die laaste keer wat ek weggery het by Ya Bana was met ’n swaar hart. Ek het twee jaar gelede begin om jou te help met die Mabopane Uitreik, maar het nie rekening gehou met wat ek self daaruit sou kry nie... Elke Maandagoggend was die rit na Mabopane vir my ’n belewenis. Dikwels het ek alleen gery omdat die Pajero so vol gepak was dat daar nie vir ’n passasier plek was nie! Ek het die N4 snelweg geneem, afgedraai op die R80, deur Shoshanguwe gery, deur Mabopane, tot op die rand van die Winterveld. Ek is in Shoshanguwe verwelkom met ’n ry vlagpale waaraan Suid-Afrikaanse vlae wapper. Dan het dit soos Afrika begin voel, met stalletjies op die sypaadjies wat waatlemoene en mango’s, verestoffers, besems en wie weet wat nog verkoop. Ek het gesien hoe groot swart potte reggesit word op vuurtjies om kos te maak. ’n Breë geteerde pad met ’n ry pragtige wit kareebome en groen gras op die middelmannetjie het nou my oog gevang. Ek sien die klein baksteenhuisies soms in eienaardige kleure geverf, en hier en daar het iemand probeer om ’n grasperkie en ’n tuin te onderhou, maar die meeste vee net hulle werf skoon. Die uitsig het my egter verstom! Ek het nooit daarvoor moeg geraak nie, en was telkens verbaas oor hoeveel duisende huise daar is. Met elke besoek het ek gewonder hoeveel mense wat in die Ooste van Pretoria woon, weet hoe Mabopane en omgewing lyk? Ek het my ook verkneukel aan die oorspronklike Afrikaanse naamborde wat ek oppad gesien het: Buitekantstraat, Klipgat, Soutpan, Stinkwater, Jakkalas, Winterveld… om maar ’n paar te noem! In Mabopane het die pad aan weerskante van elke kruising ’n spoedwal. Ek het maar oor hierdie spoedwalle “gekruip”, en my verstom aan al die Toyota Ventures - letterlik honderde. Oral in die landskap was daar diere wat loop langs die pad: beeste wat wei, varke wat rondsnuffel en ganse wat êrens heen oppad was. Die klein besighede langs die pad was veral interessant. Haarkappers, selfoonhandelaars, ’n hardeware winkeltjie - almal in sinkhuisies! Ek kon egter nooit gewoond raak aan die verskriklike hoeveelhede rommel langs die pad nie. Nou het ek amper my weg deur Mabopane gemaak en uitgekyk oor rye en rye HOP huisies wat in pragtige aardse kleure geverf is; elkeen met sy eie sonverhittingspaneel en geyser op die dak. Hier het ek afgedraai na Ya Bana. Die teerpad eindig en ek ry ’n ent grondpad. Tydens die laaste paar maande van my besoeke het daar ’n nuwe dorp van sinkhuisies onstaan aan my linkerkant. Elke keer wat ek by Ya Bana se ingang ingery het was ek trots op wat jy begin het, en waarmee ek kon help! Ek het jou dopgehou en gesien dat jou passie vir die Ya Bana-projek en jou liefde vir die mense gesorg het dat jy nooit moedeloos geword het nie. Ek het gesien hoe mense onder die groot Maroelaboom gewag het om jou te sien. Elkeen wou sy probleem met jou bespreek, en jy het altyd geduldig geluister en gedoen wat jy kon. My eerste stop by die kleuterskool het ek altyd opreg geniet. Eers moes ek gaan groet om stewige drukkies by die onderwyseresse en die kindertjies te kry, waarna ons saam die kos afgelaai het en ek die week se spyskaart met hulle bespreek het. Joyce, ek mis jou!

6 LYNNWOORDE Somer 2012

Die laaste stop was net so lekker - ons het kos vir die pleegsorghuise afgelaai en spyskaarte bespreek. Die huisies het so mooi binne begin lyk. Een van my groot plesiere was om te sien hoe die kindertjies wat in die begin so skaam was uit hulle doppe begin kruip het – dit was ongelooflik om te beleef! Ek mis veral vir Barbara, Gratewin en Annah… Barbara het vir my ’n dankie-briefie en foto van haarself gegee; die trane het oor my wange gerol toe ek dit lees. Vir my was die briefie soos ’n beloning wat ek gekry het omdat ek iets goed vir iemand kon doen of beteken. Dit was ongelooflik om te sien hoe mense verander en groei in hulle menswees as hulle weer ’n doel het in hul lewens, en hoop vir die toekoms het. Somega wat in Ya Bana se tuin begin werk het is so ’n voorbeeld. Sy hele voorkoms het verander - sy oë het begin blink, hy het inisiatief begin neem en was so trots op sy groentetuin dat hy my met elke besoek op ’n toer deur die tuin geneem het sodat ek kon sien hoe alles gegroei het. Die ry geel madeliefie bosse wat ek langs die pad teen R5 ’n plantjie gekoop het, het in oorvloed geblom en ek het altyd gevoel dis spesiaal vir my! Carina, ek het by jou geleer hoe belangrik inter-kulturele verhoudinge is. Ek weet dit is jou droom om verf aan die mense van die sinkhuisie-dorp te skenk om hulle huisies te versier. Ek hoop dat dit eendag verwesenlik sal word. Met die terugrit het ek telkens moeg en stowwerig gevoel, maar met ’n hart wat oorloop van vreugde en dankbaarheid. Hoekom? Want ons het ’n God wat genadig is, en Sy genade is oorvloedig. Wat sou ons sonder Sy genade gedoen het? Die minste wat ons kan doen is om ook betoners van genade te wees. Soos wat jy is. Dankie vir twee jaar se lekker saamwerk!

Groete, Sini

NS Dankie ook aan almal wat my ondersteun het in die Mabopane-Uitreik kosprojek: Estie, Annalet, Hettie, Marissa, Mariëtte, Anneke, Linda, Louis N, Louis C en almal wat die groen sakke vol teruggebring het Kerk toe! Ek wens julle kon saamgaan Mabopane toe om te sien wat ’n groot verskil julle maak.


VIER, ’n LEWENSKUNS! Lindy Jordaan

My natuurlike geaardheid is om die glas eerder as half-leeg te beskou, en ek vergeet soms die glas is terselftertyd ook half-vol. Ek probeer dus altyd hard om my kinders te leer om op die positiewe te fokus, hulle foute te aanvaar en stil te staan by wel, die rose; die mooi in die lewe. ’n Vriendin stuur nou die dag die volgende uitnodiging aan my met die woorde: “Ons beker loop oor en ons het baie om te vier en om voor dankbaar te wees. Kom deel in ons vreugdes. Ons vier ons nuwe huis, ’n handvol verjaarsdae, gesondheid, die nuwe hond, ons trouherdenking, sommer net die lewe.” Leonie by die Kerkkantoor sê sy ervaar dat ’n lus vir “kuier” en “vier” met die aanbreek van die lente so half in die lug wil kom “hang”. Die lekker kuier by die Lynnwood Lente Kuier Karnaval (LLKK) was ’n aanduiding hiervan - die predikante se “kuier en eet” selfs in die Kontak en T-tyd - almal is lus om te kuier en die lewe te VIER! Dit was lekker om die mense se entoesiastiese terugvoer te ontvang, veral na aanleiding van Fay se gedeelte oor die fliek Chocolat. Hierdie is immers die VIER uitgawe van Lynnwoorde waar mens bietjie terugkyk en alles oor die jaar heen vier met die oog op Kersfees, waarna ons almal uitsien en wíl VIER! Dit alles het my laat wonder oor die beginsel van om iets te vier. Is dit nie een van die grootste fasette van Lewenskuns nie? As ek so terugdink aan die temas van Lewenskuns die afgelope jaar, het dit oor die “kuns” oor hoé om te lewe gegaan, maar dit lyk vir my of kuier oor ’n lekker bord kos met goeie wyn en geselskap ’n “kuns in eie reg” is, en dat mens nie bang hoef te wees om daardie “kuns” ook met gusto te beoefen en te VIER nie! Ek dink mens kan opreg die Lewenskuns wat deur die jaar ervaar is, en wat ek amper kan sê tot ’n lente-saamkuier opgebou het om die Goedheid te vier, sien gebeur. Die doel van die Lynnwood Lente Kuier Karnaval was dan juis nie om ’n geld-insamelingsprojek te wees nie, maar ’n geleentheid vir die gemeente om saam te kuier. En het ons dit nie goed reggekry nie! Daar was oral klein groepies vriende wat saam-saam om die vuur gekuier het, saam gelag het en saam geëet het. Ons het rede om fees te vier in NG Lynnwood. Ons het twee ongelooflike predikante gegroet dié jaar. Ons het ’n nuwe predikant met God se leiding beroep. Ons het ’n ongelooflike predikantespan! Dit gaan goed met ons gemeente se finansies. Hierdie jaar het ’n klomp jongmense weer belydenis afgelê en JA gesê vir God. Ek is opgewonde oor die pad wat God saam met ons gemeente gaan stap. Ek is opgewonde oor die pad wat God met my en my gesin stap!

Wêreldbiddag Joan Hofmeyr Op 11 September het Lynnwood gemeente ’n gebedsontbyt aangebied, en wat ’n belewenis! Alhoewel Tersia Knobel se man in die teater was vir ’n hartklepvervanging, het sy steeds die program aangebied, en die oorgawe waarmee sy gesing en ons begelei het, het ons almal geïnspireer. (Ons is verlig om te kan berig dat dit goed gaan met haar man.) Die vroue het soos ’n engelekoor tot eer van die Here gesing. Dit was ongelooflik om te sien hoe 326 vroue vanuit omtrent al die verskillende kerke in die Ooste van Pretoria teenwoordig was, en die vroue van Lynnwood het - soos gewoonlik - die geleentheid in iets spesiaals omskep. Dankie vir die hartlike samewerking om dié ekumeniese byeenkoms ’n sukses te maak! Goeie môre, Namens ons omgeegroep en vriende wil ek net baie dankie sê vir ’n baie suksesvolle Vrydagaand. Ons het heerlik gekuier so in die buitelug, sommer reg oorkant die kerk (wat ’n oulike idee!), en dit nogal op ’n “blou maan aand”. Ek dink dit is baie belangrik dat gemeentelede ook op hierdie vlak by mekaar uitkom. Dankie vir al die moeite en die voortreflike reëlings; vir die goeie musiek-idee, kos, drinkgoed en alles verder - hoop ons kan weer so maak! Groetnis Anna-Marie la Grange

Ek wil jou uitnooi: “Stop and smell the roses”. Vier jou lewe. Vier jou gesin. Sien wat God alles doen in jou lewe!

Somer 2012 LYNNWOORDE 7


In die gemeente: STOF JOU DROME AF DIE LYNNWOOD GEMEENTEVROUE SE LENTEKUIERAAND Rykie Snyman

Soos met enige spesiale geleentheid by ons gemeente het die vrouens hulself weer oortref, en het die kerksaal weer pragtig gelyk tydens 24 Oktober se afsluitingsfunksie. Die saal was bo verwagting sommer vinnig stampvol en Nerine Allers het almal hartlik welkom geheet. Sy het al die vroue wat tydens die jaar by een of ander uitreik van ons Lynnwood-gemeente betrokke was bedank omdat dit so ’n verskil gemaak het in die lewens van mense wat in nood is. Ds Fay van Eeden het die byeenkoms geopen met die lees van Psalm 100 en ’n dankgebed. Ons gasspreker, ds Liesel Krause-Wiid, is aan die gehoor voorgestel. Sommer met die intrapslag het sy dit duidelik gemaak dat ons nie háár stem moet hoor tydens die aanbieding nie, maar dat ons deurgaans die stem van God sal hoor deur haar woorde. Haar praatjie het die bitter belangrike waarheid dat ons weer ons drome aan God se voete moet ontdek beklemtoon. Die krag van positiewe denke het soos ’n goue draad deur haar aanbieding geloop, met die klem op die genade van God - die God wat ook belangstel in die kleinste detail van ons lewens. Sy kry ons almal se aandag toe sy noem dat vyf-en-negentig persent van mense nie hulle droom of drome neerskryf nie, maar dat vanuit die vyf persent wat dit wel doen, vyf-en-negentig persent wél hulle doelwit behaal! Haal dus weer jou stowwerige, ou en vergete drome uit die laai uit, en herstel jou toekomsvisie. Net jy kan jou eie droom realiseer! Liesel het verskeie ware verhale vertel van mense wat hulle eie drome verwesenlik het deur harde werk en deursettingsvermoë. Sy het ons weer daarop gewys dat mens kan kies wat en hoe jy dink, en dat sukses in alles wat jy aanpak verkry kan word deur volgehoue positiewe denke.

Die algemene gevoel was dat ds Krause-Wiid ons werklik inspireer het om weer ons drome af te stof, aktief betrokke te raak in die verwesenliking daarvan, en om deurentyd positiewe denke en geloof in God as ’n basis hiervoor te gebruik. Na die bedankings het almal baie lekker gekuier en sommer weer kennis geneem van mekaar se wel en weë - ’n bonus in ons besige lewens waar dinge en mense ons so maklik kan verbygaan. Die verversings was voortreflik, en almal wat so hard gewerk het om die aand spesiaal te maak verdien ’n groot ‘DANKIE’!

CARITAS FOKUS OP AET Amanda Gazendam

By die NG Lynnwood satelliet kampus van Adult Education and Training (AET) ontvang ses-en-vyftig leerders tans onderrig. Die volgende vakke word aangebied: English, Pedi, Lifeskills, Economics, Human Sciences, en Numeracy. Mary Khwebane is hier aan die stuur, en saam met haar drie onderwyseresse word daar elke weeksaand (behalwe Vrydae) klasse aangebied. Die leerlinge gradeer op vanaf Level 1 (basiese kennis en geletterdheid), tot Level 5 (Matriek). Die leerlingtalle per klas is tans: Vlak 1: Agtien Vlak 2: Veertien Vlak 3: Elf Vlak 4: Elf Vlak 5: Twee

8 LYNNWOORDE Somer 2012

Een van die Level 5 leerlinge, Leah Modise, het reeds hierdie jaar vier van haar Matriek vakke geslaag, en sal haar kursus in 2013 voltooi. Die ander leerlinge skryf eindeksamens vanaf 2 - 21 November. Ons aandkoster, Frikan, is baie beïndruk met die groep se gesindheid, stiptelikheid, netheid en sekuriteitsbewustheid. Baie dankie, Mary! Lynnwood Gemeente wens julle nog baie jare se sukses toe met die leerders. Caritas wens u almal ’n baie Geseënde Christusfees toe. Baie dankie aan almal wat ons uitreike gedurende die jaar op een of ander wyse ondersteun het. Ons waardering is GROOT!


I WANT TO CHANGE BUT I DON’T KNOW HOW! Petro Barnard Maatskaplike Werker CMR PTA SENTRAAL

Leo Buscaglia sê in een van sy boeke: “To say that you can’t teach an old dog new tricks is an insult, even to an old dog”. Verandering bly vir baie mense ’n bedreiging. As maatskaplike werker hoor ek telkens hoe my kliënte ongemak met hulle omstandighede en / of verhoudings verbaliseer, maar terselfdertyd gee hulle te kenne dat hulle nie kán verander nie, of te oud is om te verander. Die feit bly staan: om anders te “hê” moet jy bereid wees om anders te “wees” - met ander woorde, jy moet bereid wees om te verander. Ek het in die laat jare tagtigs die boek “I WANT TO CHANGE BUT I DON’T KNOW HOW!” deur Tom Rusk en Randy Read gelees. Die volgende uittreksel bly my by: “The best way to change the way you feel is to change the way you act” (die vermoë en krag om te verander is in almal se bereik). Mense is dikwels bang om selfondersoek te doen omdat hulle vrees dat die antwoord ’n emosionele doodsvonnis gaan wees. Geen persoonlike groei is moontlik solank jy wegkruip agter veilige (disfunksionele) gewoontes eerder as om te kies om te waag en te groei nie. Jy is die enigste een wat jou lewe kan lei! Die “veilige” leefstyl word gekenmerk deur gewoontes en roetines wat geen waarde toevoeg tot wie jy is nie. Só ’n leefstyl veroorsaak die gewoonte om in die verlede te leef maar terselfdertyd ook te fokus op die toekoms, en sodoende gaan die hede en al die geleenthede wat daarmee saamgaan jou verby. In jou strewe na perfeksionisme kritiseer jy jouself by elke moontlike geleentheid, respekteer jy jouself slegs wanneer jy volgens jou eie standaarde “wen” of “slaag” en takel jy jouself genadeloos af wanneer jy “misluk” of “verloor”. ’n “Uitsonderlike” leefstyl word gekenmerk deur te leef in die hier en nou; om lief te wees vir jouself en genadig met jouself te wees ten spyte van jou menslike foute. Dit beteken dat jy verantwoordelikheid moet neem vir alles wat jy dink, doen en voel, om jóu behoeftes ook as belangrik te ag, jouself erkenning te gee vir jou pogings, en trots te wees op die feit dat enige mislukkings nie meer noodwendig ’n verwoestende uitwerking op jou het nie. Geeneen weet werklik waartoe hy of sy in staat is voor jy nie die geleentheid aangryp nie. As jy nie verantwoordelikheid vir jou lewe gaan aanvaar nie, wie gaan? Verskonings kan en gaan nie ’n onbevredigende lewe verander nie - aksie gaan. Wanneer jy dit vermy om verskonings te maak, jouself te mislei en jou futiele gewoontes opgee kan jy verandering in jou lewe teweegbring. Die uitdaging is om die beste te maak van wat jy nou - in die hede - in jou het. Die lewe is soos ’n voertuig wat aan jou gegee is: die bestemming hang van jou af, en jy kan niemand later daarvoor verkwalik nie. Dit is moeilik om te glo, maar mense hou dikwels vol met destruktiewe leefstyle en gewoontes, ten spyte van die feit dat dit hulle ongelukkig, eensaam, verveeld, afgetakel en ontoereikend laat voel. Hoekom? Want gewoonte is ’n wegkruipplek.

Watter soort lewe wil jy hê ? Hoeveel waagmoed het jy om te verander? Die keuse is joune. Die onwilligheid om te verander strem ook groei in verhoudings, en kan selfs tot die vernietiging van verhoudings lei. Gewoontevormende denkpatrone het ook ’n negatiewe impak op verhoudings en van die mees algemene destruktiewe mites is die volgende: l

l l

l

l

l

As hy / sy my regtig liefhet sal hy / sy verstaan sonder dat ek hoef te verduidelik. As hy / sy my regtig liefhet sal ek nie hoef te vra nie. As ons mekaar regtig liefhet sal ons nooit van mekaar verskil of kwaad word nie. Hy / sy moet weet ek het hom / haar lief sonder dat ek dit die hele tyd hoef te sê. Ons ken mekaar so goed dat ons weet wat die ander een dink en voel sonder om seker te maak. Liefde beteken dat ek nooit jammer hoef te sê nie.

Om in ’n emosionele en intieme verhouding met iemand te staan vereis beide die gewilligheid om te verander, en dus ook om verander te word (“You can’t blend with someone else and remain as you are.”). Mense kies dikwels om in die verlede te leef omdat dit veiliger voel, of ten minste die bekende is. Die hede kan soms as ’n groot bedreiging ervaar word, maar dit is al “spasie” waarbinne verandering kan plaasvind; die verlede kan nie verander word nie. Kies om goed deurdenkte en toepaslike veranderinge in jou lewe te maak wat jou eventueel sal laat terugkyk op ’n kwaliteit lewe. Change When I was young and free and my imagination had no limits, I dreamed of changing the world. As I grew older and wiser I realized the world would not change and I decided to shorten my sights somewhat and change only my country. But it too seemed immovable. As I entered my twilight years, in one last desperate attempt, I sought to change only my family, those closest to me, but alas; they would have none of it. And now here I lie on my deathbed and realize (perhaps for the first time) that if only I’d changed myself first, then by example I may have influenced my family and with their encouragement and support, I may have bettered my country, and who knows, I may have

Changed the world

Unknown author

Somer 2012 LYNNWOORDE 9


EAT-A-ASIAN Cecilia Vellema Die beste manier om enige Jong Volwassene by ’n funksie te kry is met lekker kos en ’n ietsie te drinke... Dis presies wat ons gedoen het om Donderdagaand ’n groep van dertig bymekaar te kry - met ’n catch natuurlik - elkeen moet help om die kos voor te berei. Vir die skames wat nie altyd maklik sosiaal verkeer tussen vreemde mense nie was daar ’n saki (Chinese ryswyn) met die intrapslag. Niks beter om jou persoonlikheid aan die gang te kry en die moed bymekaar te skraap om saam met enige iemand te kuier nie! Toe die wiel begin rol is almal in spanne ingedeel en na ’n kosstasie toe geneem. Daar was vinnig vyf verskillende geregte (alles eg Asian, natuurlik) aan die kook met ’n kosleier voor in die koor. Met die regte begeleiding het die reuke in Koinonia begin rondsweef en was almal baie vinnig lus vir die heerlikhede wat in die potte, panne en woks geprut het.

vir die mense wat hou van ’n bietjie byt, ’n Thai Green Chicken Curry. Dit klink baie ingewikkeld, maar met bobaaskokke soos Stevie, Peet, Lydia en Frikan is hierdie Asian geregte sommer vinnig aanmekaargeslaan. Vir nagereg was daar fantastiese fortune cookies voorberei. Die fortune cookies het ’n boere feel gehad met ’n blou skynsel en interessante vorms. Elke fortune is met baie liefde en deernis uitgedink, met die gevolg dat al die koekies baie vinnig verdwyn het omdat elkeen met ’n goeie fortune huis toe wou gaan! Nou ja, na ’n wonderlike feesmaal was dit

Op die spyskaart was daar Chicken Spring Rolls, Vietnamese Spring Rolls, Goyza, en

Blokraai Brein Gimnastiek Sanri Malan

Grawe jou pen en potlood (en uitveër natuurlik) uit die kas – ons daag jou uit om die blokkiesraaisel te voltooi en ook die boodskap wat daarin versteek is te ontsyfer. Komaan, die Sherlock Holmes in jou kan nie wag om na vore te tree nie... Epos die antwoorde aan kerkkantoor@nglynnwood.co.za. Die eerste korrekte blokkiesraaisel met die ontsyferde boodskap ontvang ’n Cumgeskenkbewys!

10 LYNNWOORDE Somer 2012

“magies vol, ogies toe”, maar dit het nie die Jong Volwassenes gekeer om nog ’n hele ruk na die tyd te kuier nie, ten spyte van die feit dat almal die volgende dag moes werk. Die lot van ’n Jong Volwassene... Almal wat daar was sal saamstem dat dit ’n lekker aand, met lekkerder kos en die lekkerste geselskap was. Almal is huis toe met ’n goeie gemoed, miskien ’n nuwe vriend en ’n great fortune. Indien jy die aand gemis het is dit geen rede om bekommerd te wees nie, daar lê nog volgende jaar voor en wie weet... “Mayby next time we will ‘EAT-A-MEXICAN’.”


Kinderblad

Katie is ’n wonderlike vroutjie wat Woensdae vir my kom stryk en skoonmaak. Woensdag, die dag na die “sneeu”, vra ek of sy sneeu by die huis gesien het. Nee. Sy het daardie dag in “Grasfontein” gewerk en vir die eerste keer so iets gesien. “Maar ouma”, (sy noem my so), “toe ek by die huis kom vertel my kleindogter (4 jaar oud) sy het gesien die mieliemeel val uit die lug. Sy wou vir ouma “mieliemeel” vang maar elke keer as sy in haar handjies kyk is daar niks!” Rosemary Fourie

fees na ie Kers rsboom d r ie h e Kyk s, ierde K oi vers en versiering i o m ie d s oo ie m g die lig en die met al n die bopunt nthou o r maa , aa r m o te o s b Jesus die nder die geboorte van o e k n , vier! geske enal die geskenk ooit jou w o b s dat on rootste n die bopunt s, die g a Christu dat die ster a ie lig op jou d e to u Jes s , Laat tel dat s t vir jou s e u h r e s g u s e J m pad is. rede ko lmal, v a s n o en stellig! bewerk

d! y t l e e p S Verbind die kolletjies onder die ster.

Help om die geskenkkous teen die kaggel te hang.

Omkring al die verskille wat jy in die twee prentjies sien.

Somer 2012 LYNNWOORDE 11


PRISMA WATER l

Gesuiwerde minerale water!

GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë!

l

l

Bring jou eie houers en hervul vir net 80c per liter!

l

Suiweraars en filters te koop

l

Gebottelde water ook beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk

Johan Kriek

Lynburnstraat 69, Lynnwood Manor 012 365-2590 prismafin@wbs.co.za

12 LYNNWOORDE Somer 2012

HARTE vir OOP rtjies! d o o w n e n reik-kind NKIE Ly BAIE DA ANDE vir ons uit skenkkoope H g en OOP jies vir die Kers r mense het Die kaart t gevlieg! ’n Paa betyds om projek he kla hulle was nie ing: besluit ss m eintlik ko ie. Hier is ’n oplo spoort of e n W ry , k a Ban g wil een te ) jy graa reik (Ya watter uit derhuis – Huis 6 ’n koevert a Kin 50 in Jakarand un. Plaas dan R1 uitreik wat jy ié te d rs n e a d v it in on Handig d die naam en skryf duidelik daarop. fo-toonbank. in et, gekies h kantoor of by die . Nogmaals rd o rk e w k d wat ’n by die gewen oed aan ns al die kinders g l a s it D e m . a g n n tva kie baie dan skenkie gaan on ge


ONS INHEEMSE BOME Vier die goddelike wonder van die seisoene

Barbara du Toit

Daar is min dinge in die natuur wat ons so bewus maak van die viering van die seisoene soos die verandering in bome. Na die lang winter, wanneer die dae warmer word, kan ’n mens die Witstinkhoutboom dophou - klein knoppies op die takke lewer oornag jong, liggroen blaartjies wat die lente aankondig. Oorkant die kerk het ds Peet Rooi Ivoor bome (“Berchemia Zeyheri” - Nas. Lys nr. 450) geplant wat tydens die hoogsomer voëltjies lok met hul helder oranje vruggies. Die Rivier Vaderlandswilg (“Combretum Erythrophyllum” - Nas. Lys nr. 536) wat ook in die parkie staan, se liggroen loof verander na helder rooi / bruin blare in die herfs, en in die winter spog hulle weer met hul pragtige grys stamme. Werklik ’n boom wat elke seisoen vier! Soos met voëlname is die Afrikaanse name van sekere bome ook ’n viering van ons taal. Die Huilboerboonboom, (“Schotia Brachypetala” - Nas. Lys nr. 202) se naam het ontstaan as gevolg van “reën” wat deur die skuimbesies veroorsaak word. Kyk na die pragtige bome op die middelman in Atterburyweg oorkant die ingang na Menlyn, of oor ’n paar jaar na die Huilboerboonbome wat ds Peet op die eiland oorkant die kerk geplant het.

Johann en Barbara se woekertuintjie op die kerkterrein!

Die Seepblinkblaarboom, (“Noltea Africana” - Nas. Lys nr. 453) doen sy naam gestand. Vryf die blare tussen jou hande en daar het jy heerlike skuimerige seep! Ds Peet het voor ds Immanuel se huis so ’n boom geplant - sonder bybedoellings natuurlik! Hy het ook by Lynnwood Oord en in die parkie oorkant die kerk “Bolusanthus Speciosus”, (Van Wykshoute - Nas. Lys nr. 222) geplant. Wat ’n vreugde is die pers trosse pronkertjie-agtige blomme in die lente. Langs die Botaniese Tuine is daar ook ’n laning Van Wykshoute. Dit is ’n kleiner boom wat goed aard in ’n tuin omdat die wortelstelsel nie probleme gee nie. Nog so ’n kleiner boom / struik is die “Rhamnus Prinoides” of Blinkblaar met sy helderkleurige bessies wat voëls lok. Daar is ’n paar geplant regs van die hoeksteen in die kerk se vierkant. Hierdie is slegs enkele van die bome wat in en om ons kerk gebou is. Wat ’n rykdom! Dit is ’n vreugde om die veranderinge in die bome om jou dop te hou, en die Hemelse Vader te dank dat ons hierdie skouspel saam kan vier.

JAKARANDA KINDERHUIS EN HUIS 6 Desember 2012 sal die derde jaar wees dat die Liggiefees by die Kinderhuis aangebied word. Die standaard van die Huise se uitstallings en die omgee van die algemene publiek maak dit ’n geleentheid om nie te mis nie. Dit het ook geblyk ’n goeie manier te wees om ekstra fondse in te samel, aangesien die Staat se subsidie nie baie gaatjies toestop nie. In 2011 het die seuns in Huis 6 se borg wat hulle sou help met hulle liggies kop uitgetrek ’n dag voor dit moes klaar wees. Dit was maar ’n baie hartseer saak, veral vir die seuns. Juis daarom voel ons so ernstig daaroor om hierdie jaar hiervoor te vergoed. Ons moet amper van voor af begin, en beplan dit maar op klein skaal. Ons vra mooi (maar dringend!) die gemeente se hulp: versierings wat nie meer nodig is nie (onthou net dit word alles buite opgestel), bydraes om liggies te koop en hulp met die beplanning en opstel daarvan. Daar sal by ’n paar eredienste foto’s vertoon word van ander huise se liggies van 2011. Huis-kinders mag slegs een keer in vyf jaar see toe gaan, en Huis 6 se seuns gaan van 2 tot 16 Desember Oos-Londen toe. Al die

Rosemary Fourie

pannekoek en koffie wat julle so getrou gekoop het help darem met Mike se vervoer en verblyf. Die seuns wonder net hoeveel koekies en beskuit daar sal wees om saam te neem! Ons was verheug oor die geleentheid om ’n koffiestalletjie by die Liggiefees te kry, en ons het aangebied om die helfte van ons wins vir hulle te skenk. Ds Maartjé van der Westhuizen het namens haarself en vrywilligers aangedring om te help met die verkope. Ons en hulle sal dan min of meer elke twee weke verantwoordelikheid aanvaar. As daar gemeentelede (veral gesinne) is wat op hierdie manier vir ons kinders ’n Kersgeskenk wil gee, skryf maar net julle name en kontaknommers op die almanak by die kerkdeure. Hierdie jaar is daar ook ’n ander onverwagte dimensie by die fees. Toe ’n sekere gospelsangeres ’n gratis optrede aanbied, het almal wat daarvan gehoor het dieselfde gedoen! Ons het nog nie die finale program nie maar hou die kennisgewingborde dop. Jou toegangsfooi van R10 is terselfdertyd jou toegang tot die optredes! Moet asseblief nooit ophou om te dink aan en te bid vir Mike, die Huispa (die Paps van vele), en Lizzie, die Huisma, (die Mams van vele), nie. Albei se mooiste kenmerk is die onvoorwaardelike liefde wat hulle mildelik en rojaal aan al die seuns gee. Dis lang ure en uitputtende werk, maar as jy sien hoe lief die seuns op hulle beurt vir hulle is, weet jy dit gaan goed. Baie dankie Mike en Lizzie vir julle toewyding. (Navrae: Rosemary Fourie 072 686 3210).

Somer 2012 LYNNWOORDE 13


NUWE GENERASIE

VALIZE LUISTER Rond

’n Worship Space Deesdae hou ons dikwels spesiale of buitengewone aanddienste, en dan het dit amper altyd iets met musiek te doen - soos die eerste optrede van Willem en die Doopvontdruppeltjies op 29 Julie, of die Buitelug Lofprysings-erediens in die vierkant op 2 September. Ek het bietjie met die manne van die band gaan gesels om uit te vind wat in hulle koppe en harte aangaan!

Wie is Willem, Theo en AJ? Theo: Ek is ’n finalejaar bourekenkunde student, ek het ’n groot passie vir die natuur en ek is lief vir die wildtuin. AJ: Ek het lang hare, ek is ’n student en ek hou daarvan om aan penmaats te skryf. Willem: Ek is die spreekwoordelike baas van die nagmaalbroodjies (die band), ek is baie lief vir Niknaks en ek hou baie van musiek maak. Wat is die doel van worship? Hoekom neem ons deel aan ’n diens, eerder as om net na ’n preek te sit en luister? AJ: As jy sing leef jy jouself op ’n ander manier uit, en dis ’n manier om ’n verklaring te maak. Dit skep ’n space waarbinne jy dít wat jy voel kan verklaar deur dit te sing en deur middel van musiek. Theo: Dis ’n lekker manier vir die gemeente om deel te wees, sodat hulle nie voel dit kom van een kant af nie, maar sodat hulle interaktief kan deel wees van die diens. Dis ’n kans waar jy net met die Here kan praat deur die musiek en stil word op jou eie by Hom. Willem: Ek dink uit ’n jeug oogpunt – musiek is so groot deel van veral jongmense se identiteit. Vir my persoonlik het musiek nogal met ’n groot deel van my spiritualiteit te doen. So ek dink wanneer musiek en spirualiteit in worship gekom-

bineer word, is dit ’n baie sterk manier om die Here te voel. Het julle ’n paar worship tips vir die gemeente om te groei in hoe hulle worship en só die maksimum uit die ervaring te kry? Willem: Ek dink vir ons wat musiek maak is dit dalk makliker, want dis ons passie, maar laat dit heeltemaal deel van jou wees, want vir ons is dit. Wat ek ook geleer het is om oor te gee in alles. Ons het die idee dat Lofprysing by ons begin en dis iets wat ons vir die Here doen, maar Lofprysing is eintlik die Here wat in jou hart iets doen, en dan kan jy nie anders as om hom te aanbid en loof en prys nie. AJ: Vanuit ’n musikant se oogpunt, as ek myself ’n musikant kan noem, sal ek sê ons as musikante probeer ’n space create waarin mense die Here se teenwoordigheid kan voel, dis hoekom ons musiek maak. So ek sal sê maak jou oë toe, raak rustig, moenie jouself steur aan die mense langs jou nie. En op die ou end moenie worry oor hoe jy lyk as jy sing nie - as jy wil dans, dans, as jy wil spring, spring en as jy wil skree, skree. Laat gaan net, luister na die song en as die woorde vir jou iets beteken sing dit harder; moenie omgee as jy vals sing nie. Theo: Ek dink mens raak soms weggevoer deur die musiek, maar dis belangrik om te konsentreer op die woorde wat jy sing. Gaan kyk weer na die woorde en wat dit beteken, dan gaan jou ervaring ook beter en meer intiem word as jy eintlik verstaan wat jy sing en nie net lekker saam sing omdat die musiek nice klink nie. Wat beteken worship vir jou persoonlik? AJ: Ek love dit om musiek te maak, en soos wat ons ’n song speel voor die gemeente, en alles kom bymekaar, is dit

iets significant. So net om te weet ek is deel van dit is vir my ’n gevoel van: dis my talent en ek is besig om dit uit te leef. Theo: Musiek is ons almal se passie en om dit te kan gebruik in worship en om vir die Here dankie te sê en deur ons talent en deur die musiek Sy Naam groot te maak is eintlik net ’n voorreg. Willem: Dis net vir my ’n nice manier om met die Here te praat sonder om eintlik ’n woord te sê. Ek lê deesdae dikwels sommer net op die gras in die Bosveld of in die tuin en speel kitaar en wanneer ek daar klaar is kry ek baie keer daai gevoel van “Wow, God was hier!”. Kan julle aan ’n spesiale oomblik tydens worship dink? Willem: Op 2 September het ons ’n spesiale Lofprysings-erediens buite in die vierkant gehou. Op ’n stadium het die krag uitgeskop, wat beteken al die elektriese instrumente en mikrofone het glad nie gewerk nie. En terwyl ek staan en wonder: “Wat nou?” besef ek almal is besig om met totale oorgawe te sing en God te prys en Willie, wat dromme speel, is besig om ’n lekker beat aan te gee, en toe go ons net. Daardie was nogal ’n spesiale oomblik. AJ: Met ’n onlangse aanddiens het my baskitaar se snaar tydens die eerste liedjie gebreek en ek het toe net met drie snare gespeel. En dadelik is dit soos panic stations in my kop en ek dink: “Wat gaan ek nou doen? Gaan ek ophou speel?” Ek hou toe aan om te speel. Vir my as musikant het dit so baie gepla dat my instrument nie klink soos dit behoort te klink nie. Maar soos ek met mense na die diens gepraat het, het ek gehoor hulle het dit nie eers agterkom nie. Dis spesiaal om te weet jy skep ’n atmosfeer en dit gaan nie oor die klein detail nie, en dis wat jou doel as band is.

NUWE GENERASIE

14 LYNNWOORDE Somer 2012


vir die e t i u k y K ed de optr n e g l o v van die peltjies ontdrup Doopv dens die ty ssangr e k d n Aa p diens o ber em 11 Nov

WAT Sê diE seekampers?

Wat vier jy aan die einde van die jaar? Hoe vier jy dit? “Ek vier die skoolvakansie deur op vakansie te gaan.” – Abigail Müller, Gr.11 “Ek vier Kersfees met ’n familie-ete.” – Anien Viljoen, Gr.11 “Ek vier die einde van die jaar met mense en Kersfees. Ek kuier met mense.” – JD Helberg, Gr.11 “Ek vier Kersfees en Nuwejaar met ’n familie-kuier en samekoms” – Andrew Hofmeyr, Gr.11 “Ek vier die einde van die eksamen deur koek saam met my vriendinne te gaan eet.” – Nadia Deale, Gr.11 “Ek vier Kersfees deur te dink aan wat gebeur het en die Bybel te lees.” – Louw du Plessis, Gr.11 “Ek vier die einde van die skooljaar deur rugby by die see te speel.” – Wian Smit, Gr.11

Super Seekamp! Hierdie jaar, soos elke ander jaar, was ’n klomp jongmense van Lynnwood op die Y-Netwerk Seekamp tydens die Oktober-skoolvakansie. Die kamp was van 30 September tot 5 Oktober by T.O. Strand net buite Port Edward. Ons het saam met nege ander gemeentes van Pretoria en Johannesburg gekamp. In vyf mind-blowing dae het ons saam geswem, gekuier, op die strand gespeel, God se naam geprys, gesels, geleer, gegroei, ’n groentetuin gebou en besef wat ons identiteit in God is. Baie dankie aan elkeen wat ons met finansies en gebed ondersteun het.

Wat sê die Seekampers? “He loves like a hurricane, I am a tree.” – Tim McIntyre, Gr.9

“Seekamp – beste belewenis OOIT!” - Christiaan Lombard, Gr.9

“Seekamp 2012 = Amazing, genoeg gesê!” – Jan-Hendrik Rust, Gr.9

“’n Ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.’n Nuwe ontmoeting met die Here.” – Carina Behr, Gr.11

“Seekamp was onbeskryflik lekker en inspirational.” – Nicole le Riche, gr.11

“Beste ervaring van my lewe.” – Myburgh Bouwer, Gr.11

“Dit was mal lekker!” – Reina Kok, Gr.10

NUWE GENERASIE VIER DIE SENIOR GENERASIE Doret Müller en Nadia Deale Die reuk van anysbeskuit, Sondagmiddag-kookkos met malvapoeding en vla... Daardie sagte hande en stywe drukkies. Al die foto’s van jou en jou eerste bad, jou eerste skooldag en jou eerste liefde. Versamelings van ou blikke. Gebreide of gehekelde kniekombersies. Die luister na stories oor die Drie Varkies, Wolraad Woltemade en sommer net oor die goeie ou dae. Jou kunswerk teen die yskas, jou briefie in die Bybel. Daardie mense wat rooi lipstiffie op jou wang los, wat skelm vir jou lekkergoed gee, en wat heel eerste vir jou opkom as Ma en Pa met jou baklei: jou Oupa of Ouma… die Senior Generasie! Nuwe Generasie het Sondag 7 Oktober die Senior Generasie gevier! ’n Paar jong mense het die Erediens by Lynnwood Oord gaan bywoon. Hulle het ook ’n paar liedjies saam gesing en natuurlik na die tyd saam geëet, want wat is ’n feesviering nou sonder ’n paar verversings? Dit is eintlik ’n groot voorreg vir hierdie twee generasies om tyd saam te spandeer en daar is so baie om by mekaar te leer. Al is die “Nuwe Generasie” se bydraes beperk tot wenke oor hoe om te BBM (BlackBerry Messenger) en hoe om 7de Laan en Noot vir Noot te PVR (Personal Video Recorder), het die “Senior Generasie” baie lewenswysheid om te deel. Hulle leer ons dat dit nie saak maak wat jy nou dink nie, jy gaan op die ou end trou vir liefde, en nie vir geld nie. Hulle leer ons die waarde van ware vriendskap. En die waarde daarvan om te weet wie jy in jou Skepper is. Die wyse Salomo het gesê: “Ouderdom is ’n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.” (Spreuke 16:31). Kom ons vier die jonkheid van gees! Kom ons wees dankbaar dat die “Senior Generasie” deel van ons lewens kan wees!

NUWE GENERASIE

Somer 2012 LYNNWOORDE 15


’n Boepensmier Erika Theron

uit haar mandjie kom ’n paar toevoegings. Sommer ’n bietjie gaar blomkool, sy moet net ’n kaassousie daarvoor maak, gee gou ’n potjie en die rasper... En daar was slaai in haar yskas, het ek dalk ’n Jesus het vanselfsprekend aan hierdie tamatie? Het ek nagereg beplan, want feeste deelgeneem, en die Nagmaal en hier is ’n halwe bak roomys. En Pa het Doop is plegtige sakramente wat Hy self ’n driekwartbottel wyn gebring, kan sy ingestel het. Maar in Sy daaglikse omgang glase dek? Al lyk die kombuis nou asof met mense kom nog ’n dimensie van ’n warrelwind dit getref het, het daar feestelikheid by. Opgewonde skares volg uit haar mandjie iets kosbaars gekom: Hom. Siek mense word gesond. Sy hande onstuitbare feestelikheid. Soveel so dat breek brood en deel vis uit. Hy eet by ek kerse op die tafel sit en vuurhoutjies vriende. Hy gaan na ’n troue. Hy sorg vir uitgrawe voordat ek roep vir ete. vir vreugdewyn. Vreemd dat “vier” so dikwels verband Ek vra ’n paar mense waarmee hulle hou met saam eet! Met “gevoed” en “fees” en “vier” assosieer. Die antwoorde “gelaaf”. Honger gestil. Dors geles. Ek is merkwaardig eenders! “Om ’n spesiale het persoonlik één besondere assosiasie geleentheid van iets te maak”, sê iemand. wanneer dit by dors les kom: verlede Om uitsonderlike aandag aan iemand winter vind ’n groepie groot, swart miere of ’n gebeurtenis te gee. Vreugde en (my man praat van “baaisiekel-miere”) dankbaarheid. Kleur, opwinding, samesyn, een vir een, vyf verdiepings hoog, hul lag, vrolikheid, oordaad, ’n bietjie hype. weg deur ons badkamervenster tot binne Mooimaak, mooi aantrek, geskenke gee. die wasbak. Wanneer so ’n mier dan by Maar veral: moeite doen. ’n druppeltjie water op die wit porselein aanmeld en bly staan, is hy nog dof en Die vermoë om van alledaagse dinge iets vaal. Maar voor jou oë swel sy agterlyfie feesteliks te maak, is eintlik ’n geestelike geleidelik blinkswart en koeëlrond uit. gawe in eie reg. Ek was self al ’n ma Kyk jy fyn, sien jy dit is nou omsirkel met kinders toe ek ’n Stiefma kry: my deur netjiese konsentriese gryswit Ma-Cisca. Pragtig, stylvol, sprankelend, sebrastrepies - dors geles. waaghalsig en ondernemend; vrolik, soms stuitig en lekker kwaai ook. En In die feestyd - so dink ek dan - kan gewillig om sonder voorbehoud vir haar ons ons knuppeldik drink aan ’n enkele “geskenk-kleinkinders” ’n Ouma te wees. druppel van God se genade: Wanneer sy en my Pa vir ’n doodgewone “The Lord’s unbounded and free favour.” ete opdaag, met my kos klaar, die tafel gedek en die kombuis opgeruim, word die *JD Douglas: The New Bible Dictionary geleentheid omskep in iets heel anders wanneer hulle hul opwagting maak, want Ek lees na oor Ou-Testamentiese godsdienstige feeste, en ontdek dit was voorgeskrewe, plegtige en seremoniële geleenthede. “By these feasts man not only acknowledged God as his Provider but recorded the Lord’s unbounded and free favour to a chosen people, whom He delivered by personal intervention.” *

Advertensietariewe en spesifikasies Volblad R1000; Halfblad R500; Kwartblad R250; Klein R100

Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mm

Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte:

Kwartblad R250 – A6: regop 90mm x132mm

Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm

16 LYNNWOORDE Somer 2012

Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

www.nglynnwood.co.za O / ZERO TREE FELLING CC

BOOMSLOPING

en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992

Alles op CD of DVD! Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s (bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s CD-snitte omgeskakel na MP3 012 542 1449 Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167 Stilbaai

Basiese vakansiewoonstel te huur naby hoofstrand en rivier. R500 per dag vanaf 15 Desember vir ’n minimum van 2 weke. (2 Slaapk 1 badk) Maksimum 4 persone. Kontak: 082 414 3638

Aan ons Sotho-lesers: Lengeloi la re ho bona: “Se tshabeng. Bonang, ke le bolella molaetsa o molemo wa thabo e kgolo, eo e tla ba ya batho bohle. Kajeno, motseng wa Davida, le tswaletswe Mopholosi, e leng Kreste Morena. Hoo e tla ba pontsho ho lona, ke hore le tla fumana lesea le phuthilweng ka masela, le robetse ka sejelong.” Yaba hanghang lebothohadi la lehodimo le ba le lengeloi leo, le roka Modimo, le re: “Tlotla e be ho Modimo mahodimong a hodimodimo, kgotso e be lefatsheng ho batho ba mo kgahlang!” Hoba mangeloi a tlohe ho bona a kgutlele lehodimong, badisa ba buisana, ba re: “A re yeng Betlelehema, re yo bona taba eo e etsahetseng, eo Morena a re tsebisitseng yona.” (LUKA 2:10-15)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.