Afkondigings 4 November 2012

Page 1

4 NOVEMBER 2012

KWARTAALTEMA | Vier!

VANDAG SE EREDIENSTE

BELANGRIK OM TE WEET

OGGENDDIENS 09:00 | KERK Immanuel van Tonder [doop] Derik Potgieter [Ané en Andrika] word vanoggend gedoop. Baie welkom aan al die vriende en familie.

1

November is ons Dankie-maand! By die deure is inligtingstukke en koeverte beskikbaar wat u verkieslik 11 November tydens ons Dankdag ingee of enige tyd gedurende November.

2

Ons jaarlikse potjiekos ete vind plaas op Sondag, 11 November 2012. Ons beplan om vanaf 13:00 te eet maar kuier reeds vroeër saam. Tafels en stoele sal beskikbaar wees maar bring asseblief eie eetgerei en drinkgoed. Kostes: Volwassenes en hoërskoolkinders: R50.00; Laerskoolkinders: R20.00; Voorskool: Gratis. Bespreek asseblief na die diens, asook gedurende die week by die kerkkantoor, tot en met Maandag 5 November. Besprekings is noodsaaklik vir beplanningsdoeleindes. Enige voornemende potjie-makers is welkom om Johann Doms by 083 652 2746 te skakel. Ons benodig ook gazebo’s om meer skaduwee in die vierkant te hê. Dames wat bereid is om te help met die maak van poeding kan asseblief vir Anneke 082 376 2604 of Maretha 073 267 7019 skakel.

3

Al die nuwe lidmate word hartlik uitgenooi na 'n Nuwe Lidmate-tee op 11 November net na die oggenddiens in die Kapel.

GESINSDIENS 09:00 | GESINSKERK Kerssangdiens – Peet Crous Michelle van Staden [sangeres] tree op!

KLEUTERS 09:00 | JEUGSENTRUM [Skakel in by Gesinsdiens na 09:00]

LYNNWOORD OORD 09:00 | Prof Piet Meiring

AANDDIENS 18:30 | KERK Eric Scholtz Snr Kategese: afsluiting vandag

VOLGENDE SONDAG OGGENDDIENS 09:00 | KERK Eric Scholtz

Dankfees!

GESINSDIENS

VOORBIDDING

09:00 | GESINSKERK Prop Doret Müller

Die predikante beplan vanaf 6 – 8 November vir 2013. Bid asb vir hulle vir leiding.

KLEUTERS

Hein Grosskopf, Farmers Folly 39C, Lynnwood, 012 348 6264 – Unitas Hospitaal.

AANDDIENS

18:30 | KERK Kerssang- en ‘dankie-sê’-diens Fay van Eeden

Marthie Hattingh, Lynnwood Oord ws 14, The Hillside 315, Lynnwood, 012 361 2530 – Lynnmed Kliniek.

Yvonne van den Berg, Lynnwood Oord ws 18, The Hillside 315, Lynnwood, 012 348 4340 – Meulmed Kliniek.

09:00 | JEUGSENTRUM

Baie welkom aan alle besoekers en nuwe intrekkers. Ontmoet asb die predikant na die diens by die liturgiese ruimte en meld asb aan by die info-toonbank. 24/7 CHRISTEN WEES | EENWEES | DIEN | LIEFDE | VIER


HIERDIE WEEK SE KALENDER AKTIWITEITE MAANDAG

Gebedsgroep 09:30 [Kapel]. Kontak: Hanthi Jacobs 012 361 9058/083 293 0263 of Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572 met gebedsversoeke. Bybelstudie 19:30 [A21] – Johan Jooste 072 555 0300.

DINSDAG

Bybelstudie 08:15 [Alpine 330, Lynnwood. Kontak: Nerina Deale 012 361 1896] – Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572. Bybelstudie 08:30 [Kapel] – Immanuel van Tonder. Tabita 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626. Gemeentevroue Groep 11 16:30 [Barbara le Roux, Northside 435, Lynnwood.] Afsluitingsgeselligheid. Sien almal graag daar! Bybelstudie 19:00 [Kapel] – Peet Crous 012 361 4219/079 893 5572.

WOENSDAG

Young-couples-omgeegroep 19:00. Meer inligting: Fay van Eeden 083 478 0854. Ratanang 14:30 [Koinonia] – Annatjie Pienaar 012 361 1916.

DONDERDAG

Bybelstudie 09:00 Lynnwood Oord – Johan Jooste. Tabita 14:00 [Gesinskerk] – Selma du Preez 012 361 1626.

VRYDAG

24/7 T-Tyd in 2012. Christelike Meditasie 07:00 [Kapel]. Kontak: Kosie de Clerk 083 299 7263. Bybelstudie 08:15 [A21] – Immanuel van Tonder.

Bewys van Lidmaatskap | Hanno, Amanda, Natasha en Claudia van Dyk, Johann Rissik Rylaan 256, Waterkloofrif, 083 775 2464.

BEDIENINGSNUUS Mabopane Uitreik | Baie dankie vir die ruim donasies en 2de handse ware, waarsonder die jumble sale nie 'n sukses kan wees nie. Kontak Hilda 082 900 8291. Caritas sê baie dankie Lynnwood vir OOP HARTE en OOP HANDE vir ons uitreik-kindertjies! Die kaartjies vir die Kersgeskenkkoop-projek het gevlieg! 'n Paar mense het eintlik kom kla hulle was nie betyds om een te kry nie. Hier is 'n oplossing: besluit watter uitreik [Ya Bana, Wespoort of Jakaranda Kinderhuis – Huis 6] jy graag wil ondersteun. Plaas dan R150 in 'n koevert en skryf die naam van dié uitreik wat jy gekies het, duidelik daarop. Handig dit in by die kerkkantoor of by die info-toonbank. Dit sal goed aangewend word. Nogmaals baie dankie namens al die kinders wat 'n geskenkie gaan ontvang. Navrae Amanda Gazendam 082 458 9440 en Rosemary Fourie 072 686 3210. Jakaranda Kinderhuis Liggiefees: 1 – 31 Desember 2012! • Huis 6 is weer betrokke by die jaarlikse liggiefees en daarvoor benodig hulle dringend liggies vir buite versiering. Alle skenkings of donasies is baie welkom! • Lynnwood Gemeente was gelukkig om tydens dié fees 'n koffiestalletjie te kry om te beman vir fondsinsameling. Belangstellendes kan hulle name op die kalender-rooster in die portaal skryf. Ons is baie afhanklik van hulp van gemeentelede om 'n sukses hiervan te maak. • Verskeie bekende Gospel-sangers tree gedurende die fees op en die program sal binnekort beskikbaar wees. Indien u enigsins kan help met liggies, donasies en/of hulp by die koffiestalletjie, skakel asb vir Rosemary 072 686 3210. U ondersteuning word opreg waardeer. Om beweging spiritueel te ervaar: Eleen Polson, sielkundige en Biodanza-fasiliteerder, vertel ons van Biodanza en laat ons dit ervaar. (Trek gemaklik aan.) Biodanza is ’n vrye en bevrydende vorm van beweging uit Suid-Amerika. Dinsdagaand 6 November om 19:00 by Stellastraatgemeente, hoek van Stella- en Olivierstraat, Brooklyn. Almal welkom en geen vooraf aanmelding nodig. (Aangebied deur die Sentrum vir Spiritualiteit van die Ring van Suidoos-Pretoria. Navrae by Eleen: 0722 121719.) Besoek gerus die info-toonbank in Koinonia na die erediens vir enige navrae.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.