Weslander Edition 09-06-2011

Page 1

9 Junie 2011

Prys: R5.00

Bergrivierburgemeester ingehuldig

2

Windplaas debat warm op

Betoging:

skote klap, fabrieke brand

4

Vredenburg leerders wen nasionaal Dié betoger kon nie die rubberkoeëls ontsnap nie en is op die agterkant van haar been net onder die kuit getref. FOTO’S: GERALD

Met knopkieries, vuvuzela’s en brandende motorbande het betogers Maandagoggend voor Marine Products op Velddrif hul saak probeer stel. Lees berig op bl 2.

VRAAGOM

11

Plaaslike seksvideo’s (op selfone versprei) skok Trish Goosen SKOKKENDE pornografiese filmmateriaal, waarby daar vermoedelik plaaslike mans sowel as jong meisies betrokke is, het die afgelope paar maande op die Weskus die ronde gedoen. Die video’s word na bewering per selfoon onder mense versprei. In een van die video’s wat aan Weslander gewys is verkeer ’n jong meisie in seksgemeenskap met ’n man terwyl ’n groep ander mans die seks-

daad met hul selfone afneem. Op die video kan duidelik gesien word die meisie is bedwelm. Die mans, wat die video verfilm, praat in die agtergrond en moedig die man, wat op die vrou lê, aan in Setswana, terwyl hulle lag en haar verneder. Dit is aan Weslander beweer dat sommige van dié mans ook by ’n militêre instansie betrokke mag wees. Nico Stevens, waarnemende bevelvoerder van die militêre akademie het gesê hy het nie die magtiging om kommentaar te lewer nie en die bevelvoerder sal eers vandag

(Donderdag) beskikbaar wees. Kolonel Henry Nagel van die 4 Spesiale Magte op Langebaan sê hy is nie bewus van sulke gevalle in sy mag nie. Volgens kolonel John Rooi, stasiebevelvoerder van die Vredenburg-polisie, is die verfilming van seks en verspreiding daarvan onwettig, al het die partye gewillig in die seksdaad verkeer. Volwassenes moet skriftelik toestemming gee dat die materiaal verfilm of versprei mag word. Pornografie met minderjariges is onwettig.

’n Greep uit die seksvideo na die ‘passie’ uitgewoed is. FOTO: VERSKAF


2

News · Nuus

Weslander 9 June 2011

Toyi-toyi verander in vandalisme Trish Goosen HOPEFIELD – Die polisie het twee mense verlede naweek vir die onwettige besit van mandrax-tablette in hegtenis geneem. Sowat 49 tablette is by die een verdagte en nege by die ander verdagte gekry. Albei het Maandag in die Laaipleklanddroshof op Velddrif verskyn. Die een wat 49 tablette by hom gehad het is op borgtog van R2 000 vrygelaat, die ander verdagte is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hulle is onder huisarres geplaas en die saak kom weer op Vrydag 10 Junie voor.

Radio Weskus op slakkepas Heléne Meissenheimer VREDENBURG – Die geldnood knyp weer by Radio Weskus. Weslander het Vrydag verneem dat die vyf permanente werknemers by die radiostasie op ’n sloerstaking (go slow) is omdat hul salarisse weer eens laat is. In die sowat vyf jaar van die stasie se bestaan was geldtekort dikwels die oorsaak dat salarisse laat betaal is. Op een van die radio se twee webtuistes op die sosiale webwerf Facebook kla luisteraars weer dat die telefoon nie beantwoord word nie. Tony Vaughan, die nuwe voorsitter van die radiostasie se direksie, het Dinsdagaand gesê hy weet nie van ’n staking nie. “Ek het Maandagaand ’n vergadering gehad en niemand het iets gesê van ’n staking nie.” Weslander het daarna betroubaar bevestig dat personeel Dinsdag ’n gedeelte van hul salaris (glo minder as die helfde) ontvang het, maar steeds met die sloerstaking voortgaan. Intussen moet Martha Douman, die stasiebestuurder, glo bontstaan om seker te maak dat die normale uitsendings voortgaan. Die vrywillige omroepers is ook steeds op hul pos. Vaughan is een van net enkeles wat oor is van die direksie wat in April 2010 verkies is. Die meeste, ingesluit Norman Februarie, die gekose voorsitter, het sedertdien bedank. Oor die ondersoek vroeër vanjaar na Douman se kwalifikasies is geen van die beloofde amptelike terugvoer ontvang nie, maar Weslander het verneem daar is glo bevind dat sy nie oor haar kwalifikasies gejok het nie.

POLISIEBEAMPTES het Maandag rubberkoeëls laat neerreën op ontstoke betogers in Velddrif terwyl betogers ’n fabrieksgebou in St Helenabaai aan die brand gesteek het. Só het die staking, wat al lank in die pelagiese bedryf dreig, Vrydag op ’n rustige noot begin, maar teen Maandagmiddag opskudding veroorsaak. Kaptein Louwhenk Lourens, polisiehoof in St Helenabaai, het gesê daar is sedert Vrydag ’n wakende oog gehou oor betogers en die fabrieke waar hulle werk. Volgens Pieter Rabe, personeelhoof by Oranjevis, het betogers Maandag toilette, wasbakke en ’n rekenaar op hul perseel stukkend geslaan. Hulle het ook die personeelkafee se tafels omgekeer. Polisiebeamptes het hulle uitgejaag voordat nog skade aangerig kon word. Omstreeks 14:30 is Oranjevis se etiketteringstoor aan die brand gesteek. Daar word vermoed dat werkers van agter af toegang tot die gebou verkry het, terwyl die polisie die voorste ingang van die perseel beskerm het. Rabe het gesê 140 palette geblikte vis van R3.2 miljoen is in die brand vernietig. ’n Saak van brandstigting en saakbeskadi-

ging is by die polisiekantoor geopen. Rabe het gesê die maatskappy ondersteun die werkers se reg om te staak, maar dat die voedsel- en landbouwerkersvakbond (Fawu) verantwoordelik gehou sal word vir die skade wat aangerig is. Kaptein Devina le Roux, polisiehoof op Velddrif, het gesê dat Vrydag se optog op die dorp rustig verloop het, maar dat betogers Maandagoggend onwettig op Marine Products, die visvangdeel van Foodcorp, se perseel gestaak en papiere en motorbande verbrand het. Die polisie het die mense eers gevra om die perseel te verlaat volgens Le Roux, maar het toe hulle weier met rubberkoeëls op hulle geskiet. Thabo Masebeni (29) is in hegtenis geneem op ’n aanklag van publieke geweld. Dit was seisoenwerkers wat gestaak het omdat hulle glo nie gelukkig is met die buiteseisoentoelae wat hulle kry nie. Volgens die werkers kan hulle nie oorleef op die 17% van hul jaarlikse inkomste nie. Hulle eis 40% van hul weeklikse lone in tye wanneer hulle nie werk nie. Die Suid-Afrikaanse visverwerkingsvereniging (Safpa) het Vrydag in ’n persverklaring gesê die staking is onwettig omdat ’n ooreenkoms oor buiteseisoentoelae van Augus-

tus 2010 geld tot 31 Julie vanjaar. Gerrit de Bruyn, provinsiale organiseerder van die Fawu en raadslid van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het gesê dat die staking nie gaan oor toelae nie, maar oor werkers wat nie skofte mag werk in die tyd wat daar wel vis is nie. ’n Ingeligte bron in die visbedryf het aan Weslander gesê dat daar Dinsdag ’n interdik in die arbeidshof toegestaan is wat die staking onwettig verklaar, juis omdat daar bevind is dat werkers oor die toelae staak en nie oor ’n ander ontevredenheid nie. Fawu het daarna glo die werkers gevra om terug te gaan werk toe. De Bruyn het gesê die unie gaan die bevel teenstaan en aanhou baklei vir sy lede se regte. Alastair Leithead, ’n BBC-verslaggewer, maak die aanspraak in ’n onlangse artikel dat goedkoop visinvoere die plaaslike visbedryf bedreig. Volgens hom word slawe-arbeid in die Thailandse visbedryf gebruik, wat hul produkte spotgoedkoop maak. Die Suid-Afrikaanse mark word dan oorstroom met die goedkoop ingevoerde vis en die plaaslike produkte verkoop nie. Dit beïnvloed die seisoenale viswerker se sak direk. Die algemene gevoel is dat Fawu eerder moet veg om strenger beheermaatreëls oor die invoer van geblikte vis te kry.

Bergrivier huldig nuwe raad in Ilna Grobler PIKETBERG – Die ANC-lede in die nuwe Bergrivier munisipale raad het sommer dadelik gewys dat hulle lus is vir aksie. Christa Liebenberg, munisipale bestuurder, was verlede Donderdag nog besig om nominasies vir die leiersposte in die raad te kry, toe ANC-raadslid Sammy Claassen die proses bevraagteken. Hy is meegedeel dat Liebenberg egter net nominasies vir die verskillende ampte vra sodat die stemproses nie voortdurend onderbreek word om nuwe stembriefies te druk nie. Claassen het met ’n laggie gesê ’n man moenie blameer word as hy ’n kans waag nie. Nadat DA-raadsheer Johan Raats tot speaker verkies is het hy die proses voortgesit. Rdl Evert Manuel (DA) is soos verwag as burgemeester aangewys, rdl Sandra Crafford (DA) as onderburgemeester en rdl Riaan de Vries (DA) as lid van die uitvoerende burgemeesterskomitee (UK). In sy aanvaardingstoespraak het Manuel gesê die raad stel hom ten doel om vry van spandabelrigheid, korrupsie en nepotisme te

Nuwe Bergrivier-burgemeester Evert Manuel (middel) pas nadat hy die ampsketting van munisipale bestuurder Christa Liebenberg (links) ontvang het. Regs is die nuwe Bergrivier-speaker, Johan Raats. FOTO: ILNA GROBLER

regeer en om as ’n toegewyde plaaslike owerheid die Bergrivier te bestuur. Onder die sake wat ernstig aandag sal geniet is die behuisingsnood in Bergrivier en werkskepping. Hy het René Kitshoff, voormalige

burgemeester van die Weskusdistriksmunisipaliteit (WDM), uitgesonder om te bedank vir alles wat sy hom in haar termyn op die raad geleer het. Die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) moet as riglyn van dienslewering gesien word, het Manuel gesê. Hy het ook aangekondig dat rdl Ray van Rooy (Cope) as derde lid van die UK aangewys word. Raats het gesê hy sal as speaker toesien dat die reglement van orde streng toegepas word. Hiervan moes hy kort daarna bewys lewer toe raadslede Sanette Smit en Claassen van Rooy se aanwysing as UK-lid, asook ’n korreksie in die Afrikaanse vertaling van ’n vorige aanvaarde notule bevraagteken het. Liebenberg het die raad daarop gewys dat Van Rooy se aanwysing volgens voorskrif gedoen is en dat daar voldoende geld is om sy vergoeding te bekostig. Indien daar egter bevind word dat daar teen Februarie nie meer geld op die aansuiweringsbegroting is nie, sal die pos verval. Die lede wat op die distriksraad sal dien is raadslede Chris Snijders (DA) en April Maarman (ANC).

Bewolk en matig Vrydag 10/06 Meestal sonnig en matig. Maks 20°C Min 13°C Wind 8km/u S Saterdag 11/06 Bewolk. Matig.

Maks 21°C Min 15°C Wind 11km/u SO Sondag 12/06 Bewolk in die oggend. Matig. Maks 21°C Min 14°C Wind 8km/u SO Maandag 13/06 Sonnig en matig. Maks 22°C Min 15°C Wind 8km/u O www.weather 24


5

Nuus · News

Weslander 9 Junie 2011

smart Great G reat Value Value a all ll rround. oun nd. Remember to swipe your card d and earn rewards today today. Een van Whitey se minibustaxi’s waarmee hy elke dag skoolkinders vervoer. Hy het gesê die dienste van die minibustaxi’s is ’n duur proses. Dié grondpad wat so sleg is het hom Die grondpad tussen Elandsbaai en Piketal baie gekos. FOTO: GERALD VRAAGOM berg is, is erg deur reënwater beskadig.

Swak pad herstel teen R80 miljoen Gerald Vraagom PADVERBETERINGS aan die paaie tussen Elandsbaai, Piketberg, Aurora en Redelinghuys van bykans R80 miljoen word tans gedoen. Volgens Izak van der Westhuizen, direkteur van tegniese dienste by die distriks munisipaliteit, is verbeterings aan die paaie deur die padowerheid goedgekeur. Dit sluit in die teer van die gruispad tussen Redelinghuys en Elandsbaai, asook die 800m toegangspad na Redelinghuys en die hergruis van die Redelinghuys-Aurorapad. Bogenoemde kontrak word deur die WesKaapse departement van vervoer en openbare werke hanteer en vorm nie deel van distriksmunisipaliteit se werksprogram en begroting nie. Whitey Nero, eienaar van minibustaxi’s wat elke dag skoolkinders skool toe en terug tussen Elandsbaai en Piketberg neem, was al ontsteld oor die toestand van dié grondpad.

Hy ry al tien jaar lank vir die onderwysdepartement en was al keelvol vir verskonings oor waarom die pad nie geskraap kan word nie. “Die grondpad is lewensgevaarlik,” het hy gesê. Die padskraper waarmee die pad geskraap moet word is volgens Nero glo buite werking. Die kinders raak agter met hul skoolwerk as gevolg van die swak pad. Volgens Brian Julies, skoolhoof van Redelinghuys, is dié grondpad ’n groot kopseer. Volgens Van der Westhuizen is die gruispad van Piketberg-Redelinghuys-Elandsbaai’n hoofpad 531 en is die geskeduleerde skraapfrekwensie 12 keer per jaar. Alle paaie in die Weskusgebied is in 14 skraapwyke ingedeel met elke wyk wat sy eie skraapskedule het. Die padskraper van die Redelinghuys-area moes is in vir ’n groot diens by die provinsiale werkswinkel in Bellville, waar dit op die oomblik herstel word. ’n Trekker en sleepskraper is as ’n noodmaatreël na Redelinghuys gestuur. ’n Padskraper van Vanrhynsdorp sou op 1 Junie die pad begin skraap het.

NOU SLEGS

1999 per kg

PnP no name™ Vars Hoenderborsies

3998 10

1399 3

SPAAR

SPAAR

per kg

00

700ml

per kg

00

All Gold Tamatiesous

Grootmaat Maerbeesvleis

3998 10

SPAAR

00

per kg

per kg

Grootmaat Stowebeesvleis Super A Graad (Met been)

NOU SLEGS

3998

2599 8

SPAAR

per kg

NOW ONLY

00

2 liter

Vuyo’s Wors

PnP Suiwer Sonneblomolie

19599 750ml

Johnnie Walker Black Label

NOW ONLY

119

Liquor

95 750ml

Johnnie Walker Red Label

NOW ONLY

29

99 750ml

Nederburg Baronne

NOW ONLY

10999

24 x 340ml

Carling Black Label or Hansa Pilsener Non-returnable Bottles Each

PRICES APPLY TO PICK N PAY VREDENBURG & LANGEBAAN STORES ONLY Water is precious. Please use wisely.

Help our planet. Please recycle.

CUSTOMER CARE: TOLL FREE

0800 11 22 88

PRICES VALID: 09 - 12 JUNE 2011

While stocks last. Some stores may not stock some of these products. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. No traders please. E&OE. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded, please see in-store or go to website for details.

Alcohol Not For Sale To Persons Under The Age Of 18. Drink Responsibly. Not For Sale on Sundays. 7276M/Bil


10

Business News · Sakenuus

Weslander 9 June 2011

SAKENUUS - BUSINESS NEWS

Genade met nuwe tariefstygings Heléne Meissenheimer VREDENBURG – Daar is bietjie genade saam met die strawwe elektrisiteitstariefverhogings in die nuwe 2011-2012 begroting vir die inwoners van die Saldanhabaaimunisipaliteit. Burgemeester Rosil Jager het gesê dat die begroting gerig is op die verbetering van dienslewering, Maandag met die ter tafel lê van die begroting. Net meer as R65 miljoen is in die nuwe boekjaar begroot vir spandering op die lewering van basiese dienste. Salarisse aan personeel beloop bykans 32% van die begroting en bly dus die grootste enkele uitgawe. Ten einde koste hier te besnoei is gesny aan die begroting vir nuutgeskepte poste, het Jager gesê. Nasionale prysverhogings by die grootmaat aankope van water (amper 10%) en elektrisiteit (amper 30%) asook onkoste verbonde aan

die instandhou en oprig van infrastruktuur, maak plaaslike tariefverhogings onafwendbaar. Die tariefverhogings vir basiese dienste vir die 2011-2012 boekjaar is eiendomsbelasting 5%, water 5%, sanitasie 9%, vullisverwydering 10% en elektrisiteit net oor die 20%. R5.1 miljoen is uit die interowerheidstoekenning van die regering (equitable share) geneem om tariefverhogings te subsidieer. Ten einde die impak van die verhoging in eiendomsbelasting op pensioenarisse te versag is die inkomstegroepe wat vir korting kwalifiseer vergroot. Inwoners wat maandeliks minder as R5 500 verdien kwalifiseer nou vir 70% korting (voorheen 40%); die wat tussen R5 500R6 500 per maand verdien kry 50% af (voorheen 30%); diegene wat R6500-R7 150 per maand verdien, 30% (voorheen 20%) af. Let wel dat voorwaardes geld.

Die verwagte munisipale inkomste vir 2011-2012 is R634.8 miljoen. ’n Verhoging van amper 13% op 2010-2011 se inkomste. Die voorgestelde kapitale begroting beloop R136.6 miljoen, bykans ’n derde minder as verlede jaar se R178.5 miljoen. Jager het gesê dit is hoofsaaklik te wyte aan onderspandering as gevolg van ’n gebrek aan kapasiteit op die 2009-2010 begroting. . Die begroting wat die DA-beheerde raad Maandag aanvaar het is die oorspronklike begroting van die ANC-beheerde raad, maar met insette van verskillende rolspelers bygewerk. Die ANC het gesê dat hulle die begroting verwelkom, maar dit nie kan ondersteun nie omdat laat, “noodsaaklike” insette van sekere ANC-wyke nie in ag geneem is nie. Jager het gesê die 100-dae aksieplan sal eersdaags geïmplimenteer word. Onafhanklike Sipho Masina het gesê hy verwelkom die begroting, maar die raad moet net onthou daar is 13 wyke, nie net 9 nie.

Moenie val vir werkfoefies en vakansieskemas MET kos wat al hoe duurder gaan word, gaan verbruikers met ’n huishoudelike inkomste van minder as R40 000 ’n maand die pad na die goedkoper kruidenierwarewinkels in die dorp moet plat trap om kop bo water te hou. Almal sal dus nougeset na hul geld moet kyk en nie dit mors op word-gou-ryk promosies of vals werkbeloftes nie. Die oomblik wat jy geld moet betaal om “werk” te kry soos wat Yolanda Swartbooi van Atlantis oorgekom het, is dit ’n foefie. Sy was raadop vir werk en het op ’n advertensie gereageer wat administratiewe werk belowe het. Sy het haar laaste R1 500 betaal om te “registreer”, ’n kursus van twee weke gedoen, ’n sertifikaat gekry en sedertdien wag sy verniet vir die beloofde werk wat sou

volg. So ook is enkelma Deborah Jansen van Worcester uit R300 gekul. Sy het dit betaal vir ’n “pakket” wat haar kwansuis van dataklerkwerk sou voorsien. Die vangplek is dat sy self advertensies moet plaas om kliënte te lok. Sy kan ook glo eers haar geld terugkry nadat sy die produk ses maand “beproef” het. Jaco van der Merwe van die Weskus het hom weer vasgeloop in ’n “maatskappy” wat maak of hulle werk verskaf in die mynbedryf in Australië. Voordat hy die “deposito” wat hulle eis betaal het, het hy eers Aan jou kant genader

wat hom afgeraai het om met die transaksie voort te gaan. Dit is net nog ’n werkfoefie. Die einste maatskappy het al mense by lughawens in Australië laat opdaag en dan gestrand daar gelos. Sonder werk, sonder geld, sonder heenkome. Pas ook op vir vakansiedeeltitel-ooreenkomste. Dit is bitter moeilik om uit een te kom as jy eers geteken het. Vra maar vir Charles Lening van Hopefield wat al langer as ’n maand wag om sy deposito van R1 000 terug te kry. Dit is ’n goeie vraag of hy dit wel gaan terugkry of nie. Onthou Aan jou kant se leuse: as dit te goed is om waar te wees, dan IS dit! Vir meer oor foefies en skelmstreke gaan soek by hoax-slayer.com. Stuur jou verbruikersprobleem na Alida Buckle by aanjoukant@media24.com.

AHI-president kom praat Martin Kuscus (foto), president van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en prof Stef Coetzee, nasionale uitvoerende bestuurder van die AHI, is op Maandag 13 Junie die sprekers by ’n netwerkgeleentheid van die Weskus-sakekamer. Dit begin om 18:30 vir 19:00 en word gehou by die Blouwaterbaai-vakansieoord. Koste: R120 per persoon vir lede, R140 per persoon vir nie-lede (vooraf betaalbaar). Bespreek bywoning skriftelik teen 12:00 op Donderdag 9 Junie by info@weskussakekamer.co.za. FOTO: WWW.ENGINEERINGNEWS.CO.ZA

Debit card safety YOU can not beat a debit card for convenience, but it is necessary to make sure your money is not siphoned away. Postbank has some tips on protecting yourself: Keep your personal identification number (PIN) an absolute secret. Never give your PIN to anyone, including the bank, the police, or your friends and family. Memorise your PIN – do not write it on or near your debit card. If you suspect someone has discovered your PIN, change it immediately. When choosing a PIN, don’t use obvious information such as your house number or the first digits of your identity number. Someone who knows you well could easily guess that. Use an ATM from a bank that you are accustomed to. Be aware of what’s going on around you when using an ATM. If you notice anything suspicious, cancel the transaction and go to another ATM.


Weslander 9 June 2011

11

Jol

Hoërskool Vredenburg wen weer nasionaal

Skole leer meer oor slange Sowat 70 skoliere van Weskusskole het meer geleer oor slange en voëls. By, van links Jano Reynolds en Daniel Meintjies van Seeskulpie-kleuterskool op Langebaan is Tania Heald van die HOW Wildlife Rescue, met een van die slange. GERALD

VIR die tweede keer in drie jaar is Hoërskool Vredenburg-leerders as nasionale wenners van die departement van waterwese se landswye waterkompetisie vir skole, die SA Youth Water Prize Competition, aangewys. Gr. 10 leerders, Hendrik Fourie en Gideon de Jager, het die louere voor deelnemers van tientalle topskole van oor die land weggeraap tydens die nasionale kompetisie op 3 Junie in Johannesburg. Die beoordelaars was dit eens dat die seuns se projek groot waterbesparingsmoontlikhede vir Suid-Afrika en die wêreld inhou. Dit sluit ’n windpomp in wat water terugpomp in ’n boorgat sodra die reservoir of tenk te vol raak. Die taak om Suid-Afrika in Stockholm te gaan verteenwoordig op die internasionale kompetisie gedurende Augustus vanjaar, rus nou vierkantig op dié twee jong manne se skouers. Hendrik en Gideon volg in die spore van Raksha Goshai wat ook nasionale wenner was in 2008 en SuidAfrika in Stockholm gaan verteenwoordig het.

VRAAGOM

’n Bromponie vir R10, hiehaaa! Mossie Moolman (regs) wys die teenblaadjie van die R10-lootjie wat hom die eienaar van dié bromponie van R10 000 gemaak het. Stefan Naudé (middel), onderwyser en hokkieafrigter by Hoërskool Vredenburg, het by die geleentheid Mossie gelukgewens met sy prys. James van Zyl van Vredenburg-motorfietse rugsteun met dié groot bydrae die eerste seunshokkiespan se geldinsameling vir hul toer. Hulle bedank hom opreg.

Hendrik Fourie (links) en Gideon de Jager (regs) saam met hul natuurwetenskaponderwyseres en mentor vir die waterprojek, Elza Bakker, nadat hul skriftelike voorleggings voltooi is. FOTO: STEFAN NAUDÉ

Hoërskoolmeisies besoek Exxaro Namakwa Sands Donderdag 26 Mei was nasionale Take a Girl Child to Work Day en 23 meisies van Hoërskool Diazville, Hoërskool Weston, Hoërskool Vredenburg en Hoërskool Hopefield het die dag by Exxaro Namakwa Sands deurgebring. Merina Beukes, sakekoördineerder by die smelter, sit in die middel saam met die meisies. FOTO: VERSKAF

FOTO: VHS

Only at Mykonos Casino

Warm your soul with a hearty soup & bread at Boston BBQ this winter.

only R1800

Ask your waitress for the soup of the day.

Booking Essential: 022 707 6975


12

Wat gebeur · What's on Dis weer tyd vir snoek en patatfees

JUNIE • JUNE Friday 10 - Sunday 12 l Calling all food and wine enthusiasts! Go to Cook Franschhoek, where local, well-known establishments will be offering visitors activities focussed on food and wine. Friday 10 l Mandjiedans by Klipdrift Kleinhoewe, Vredenburg (net verby Juffroushoogte) 18:30 vir 19:00. Toegang R50pp. Bring eie eetgoed, eetgerei en glase. Kontantkroeg deur Tafelronde. Bel Lindie 082 882 5938 of Christie 022 713 3738. Snoek en patat assseblief, want dis lekker! Kom proe en ervaar ware Weskustradisie. Die 12de Snoek en Patatfees vind vanjaar plaas van 24-25 Junie op die ou sendingdorpie Goedverwacht, geleë tussen Velddrif en Piketberg. Verlede jaar se fees het 7 500 mense gelok. Kom geniet die heerlike kontreikos en uitstekende vermaak. Bel die Goedverwacht-toerismekantoor by 022 912 4410. FOTO: WESLANDER-ARGIEF

Saturday 11 l Morning Market in Marra Square 09:00 to 13:00. Homemade fresh produce and crafts. Daphne on 073 304 8744. l Swartbergsvlei Veterane Ploegdag. Kom kyk hoe het boere toentertyd geploeg en gesaai. 09:00. Braaivleis, plaasbrood en slaaie vir middagete. Volwassenes R75, kinders onder 12 R40. Alicia Pullen 084 593 2745. l NG Kerk Velddrif hou ’n Pinkster sop-en-brood-aand in die kerksaal. Gaskunstenaar is Wena Moelich met “Winterstories”. Tyd: 18:00 vir 18:30. Koste: R50 pp. Bel Annerien by 022 783 2688 of 076 544 9702 vir kaartjies. l Skatkis Restaurant at Paternoster Lodge is going on a trip around the world. Live music, glass of sherry on arrival, cosy fireplace and great vibe. Book your seats now at 022 752 2023 or email: paterlodge@telkomsa.net. Sunday 12 l Grootvlei Guest Farm, Lambertsbaai presents Cape Town Opera. R95pp. Show starts at 11:30. Bookings through Grootvlei Guest Farm 027 432 2716 / oppiduin@mylan.co.za. l Soverby-lapa, Dwarskersbos bied aan: Live musiek deur guitarist Willie Trout van 13:00. Dinsdag 14 l VLV St Helenabaai Maandvergadering om 09:30 in NG Kerk-saal, St Helenabaai. Anroux Marais van die Parlement se gemeenskapontwikkeling lewer ’n praatjie oor gesondheid. Bel Maretha Coetzee by 022 7421167 082 8907942

Weslander 9 Junie 2011

Wednesday 15 l Huis Wittekruin saam met DementiaSA bied ’n dag-seminaar oor demensie aan. Plek: Vredenburg (lokaal sal later bevestig word). Tyd: 08:30-16:00. Koste: R350pp. Bel sr Joubert 022 713 2230/9. l Huis Wittekruin se Algemene Jaarvergadering. Plek: Huis Wittekruin. Tyd: 19:00. RSVP: 10 Junie 2011. Tel: 022 713 2230/9. Donderdag 16 Jeugdag l Seeland-ontwikkelingstrust vergader. Belangrike aangeleenthede sal bespreek word en lede word ernstig versoek om dit by te woon. Plek: Laingville-gemeenskapsaal. Tyd: 19:00. Bel Heidie Smith 022 736 1012. l Adullam Worship Centre se jeuggroep Club A2J hou ’n teen-dwelmoptog van Kobus Lock Transport tot by die Louwville-sportterrein. Dit begin om 10:00. Navrae: 083 339 0058. Vrydag 17 - Saterdag 18 l NG Kerke Vredenburgmoedergemeente en Akkerdyk hou ’n Ester-konferensie, aangebied deur NG Kerk Morelettapark. Dit handel oor vrouwees. Prys R180. Inskrywingsvorms beskikbaar by kerkkantoor. Navrae Renette 082 877 5313 of Ronel 082 873 3757. Saterdag 18 l United Kerk Jeug bied aan: Pad na sukses! Tyd: 16:00, toegang gratis. Bel evangelis P. Abrahams 071 206 6167 of 078 492 4918. l NG Kerk Saldanha bied aan ‘n manneontbyt teen R95 per persoon by die Hoedjiesbaai Hotel. 09:30 vir 10:00. Gasspreker Braam Hanekom. Kaartjies by Abel Esterhuyse by 082 656 8185, Wilhelm Herbst by 082 655 5026 of by die NG Kerk Saldanha se kerkkantoor. Tuesday 21 l Jong Dames Dinamiek se Meeuland-tak vergader in Velddrif. Dr Elbet Ludik vertel meer oor menopouse, osteoporose, hormone. Bel Mariette by 082 929 8493 voor 20 Junie. Kaartjies vir Vrouedag op 30 Julie is die aand beskikbaar. Friday 24 - Saturday 25 l Goedverwacht Snoek & Patatfees. Kom geniet rooster gebraaide snoek en oond gebakte patat op die tradisionele manier. Uitdagende bergfiets prettraproetes: 24km en 8km. Tel: 022 912 4410 E-pos: goed-

verwacht.tourism@gmail. com, www.goedverwacht.com. Friday 24 l Laerskool HP Williams hou ’n mandjiedans met Nic Stevens in die munisipale saal, St Helenabaai. Kaartjies R100pp beskikbaar by 083 228 5629 of skool 022 742 1821. Saturday 25 l Denlyn Park Craft Market, Langebaan. 09:00-13:00. Jumping Castle, Thomas the Train, Sand Art, Peddle Cars for the kiddies. 28 July - Friday 1 July l This year’s Kids Holiday Club themed “Believe” takes place at Saldanha Primary School Hall from 09:00 to 13.30 daily. It is geared at 6-14 year olds. All children are welcome. Admission is free. Phone Cillian on 073 6300 565

JULIE • JULY Friday 1 l Opening of “Flowers, Feathers and Fur” Exhibition in Bay Gallery, Marra Square, Langebaan, 18:00 to 20:00. Exhibition on for July and August. For more info phone Daphne at 073 304 8744. Saturday 2 l The West Coast Music Arts and Drama Oganisation is hosting its first annual variety show and invite artists of all genres to come and show off their talent. Venue: Weston High School. Time: 12:00. Phone John 082 947 9961, Basil 073 452 3927 or Jeannie 082 094 6836, email wcmado@gmail.com. Saturday 9 l RawLean – Three exciting hours of raw food preparation with inspirational speaker Rolene Sher Jaffe, during workshop at The Mill, The Merry Widow Country Inn, Hopefield. Bookings essential: 073 100 0357. l Morning Market in Marra Square, Langebaan from 09:00 to 13:00. Organics and crafts. For more info contact Daphne at Bay Gallery, Marra Square or phone 073 304 8744. Sondag 17 l Gospelsanger Danie Botha tree op in die NG Kerk Langebaansaal. 18:30 Toegang gratis. Deuroffer vir Danie se bediening. Onthou: Dagboekinskrywings is gratis. E-pos: dagboek@ weslander.co.za


Weslander 9 June 2011

Rooi maan by Taalmonument ’n Betreklik seldsame volle maansverduistering sal op Woensdagaand 15 Junie sigbaar wees tussen 21:22 en 23:03 in Suid-Afrika. Die hekke by die Taalmonument in die Paarl sal oop wees van 19:00-22:30. Toegang is R25 vir volwassenes en R10 vir kinders. Om te bespreek bel 021 872 3441 of 072 181 6744 (ook vir weernavrae). Die geleentheid sal gekanselleer word indien die weer sleg is. Die maan sal na verwagting om 17:30 opkom. WIPNEUS.COM

Bespreek nou vir JDD se Vrouedag

Jakkie Louw (bo) is vanjaar die aantrekking by die jaarlikse Jong Dames Dinamiek-vrouedag op Saterdag 30 Julie. Die dag word by die Sea Trader, Stompneusbaai, aangebied en gaste kan uitsien na ’n viergangmaaltyd en vermaak. Kaartjies teen R220 per persoon is nou beskikbaar en wins gaan aan Hoërskool Velddrif. Bel Suritha by 022 736 1028 of 083 461 4536 met navrae en besprekings. FOTO: WWW.WINELANDSWEB.CO.ZA

What's on · Wat gebeur

Bergrivierprojek help Choc lê ter nagedagtenis aan die sanger Lukas Maree wat onlangs aan kanker oorlede is. Woensdagaand 20 Julie word konsert en veiling gehou op die Allesverloren-wynlandgoed op Riebeek-Wes. Donderdagaand 21 Julie is hulle by die MisverOudergewoonte gaan konserte standdam buite Moorreesburg. ’n en veilings al langs die Bergrivier Veiling en modeparade word ook aangebied word. Die projekspan gehou. Vrydagaand 22 Julie word se doelwit vanjaar is R250 000. ’n konsert en veiling in die HoërDie afgelope 21 jaar het die pro- skool Vredenburgl aangebied. jek al meer as KaartR2.4 miljoen jies ingesamel (R120) vir liefdadigvir al die heid. konserte Vanjaar is is te koop op Choc be(sluit sluit omdat aandete baie kinders in). Bel uit die BoAttie by land, Swart- Danie Niehaus (regs) en André Scot op 083 427 land en Wes- ’n rubberskuit op die Bergrivier. BERGRI- 2488, kus kanker VIERPROJEK epos athet en behantie.1@hot deling benodig. mail.com. Die projek eindig SaDie projek begin Woensdagog- terdagmiddag 23 Julie om 13:00 gend 20 Julie in die Paarl waar- voor die Sunset Villas op LaaiNiehaus, Andries Vermeulen, plek. Sondagoggend 24 Julie Rooies, Fanie Veldskoen en Allan word die erediens in die NG Kerk Hughes ’n krans in die Bergrivier Laaiplek bygewoon. SANGER Danie Niehaus en die span van die Bergrivierprojek spring in Julie vir die 21ste keer in die Paarl weg om geld vir liefdadigheid in te samel. Vanjaar is dit ten bate van die Kinderkankerstigting van SA (Choc).

Yahwe Oz weer na Kakamas ST HELENABAAI – Giepie en sy vrou Herene Botha saam met Heine Adams van die Yahweh Oz uitreikbediening vertrek op Donderdag 16 Junie weer na Kakamas. Hulle het vroeër vanjaar daarheen uitgereik om hulp te ver-

leen na die verwoestende vloede. Hierdie keer is hul meer gefokus op die geestelike toestand en vra Bybels en geestelike kinderboeke. Skenkings kan afgegee word by Flamingostraat 47, St Helenabaai of bel 082 747 5002.

13 Talk on fig wasp at Fossil Park

A presentation on the fig wasp, with almost 20 000 species from Africa alone, by Simon van Noort will be held at the West Coast Fossil Park on Thursday 9 June at 18:30. Cost: R20, with a meal R45 and R12 extra if you want pudding. Bookings essential. Phone 022 766 1606. PHOTO: WEST COAST FOSSIL PARK


Advertensie · Advertisement

Weslander 9 June 2011

BETREKKINGS VACANCIES

delivering on our commitment to you

Rail Engineering

EMPLOYMENT OPPORTUNITIES Applications are invited from suitable qualified candidates for appointment to the following positions in the Depot: Saldanha School of Engineering.

SENIOR TUTOR: diesel ELECTRICAL FITTER (1 post - g-level) l REFERENCE NUMBER: HR/491/118 Requirements: l Qualified Diesel Electrical Fitter by Trade on 34-36 class GE Locomotives • 5-8 years experience in the relevant field • ETD (Education & Training) Diploma. Key responsibilities: l Co-ordinate training activities • Facilitate training on 34-36 class GE locomotives • Evaluate training •Training reports.

SENIOR TUTOR: ELECTRICAL FITTER (1 post - g-level) l REFERENCE NUMBER: HR/491/119 Requirements: l Qualified Electrical Fitter by Trade • 5-8 years’ experience in the related field • Education &Training Diploma. Key responsibilities: l Co-ordinate training • Facilitate and present training • Training evaluation •Training reports. Appointments will be made in terms of Company’s Equity Policy. Applicants are invited to send applications accompanied by CV and certified copies of relevant certificates to: The Human Capital Consultant, Private Bag 11, Vredenburg 7380. Telephone: (022) 703 -3703. Fax: (022) 703-3602. Closing date for applications: 21 June 2011 @ 12h00. Late applications will not be considered. If you have not been contacted 30 days after closing date, consider your application to be unsuccessful. We urge all our employees, clients, members of the public and our suppliers to report any kind of fraud or corruption at Transnet. Call the hotline toll free number: 0800 003 056 or email: Transnet@tip-offs.com

21


22

Sport Junior golfers show their best

Weslander 9 June 2011

Mud and mishap in regional rally Patrick Vermaak SEBASTIAAN Klaassen and Kesevan Naidoo took their first overall regional rally victory in fine style when they won every stage of the CPMCC Swartland Rally on Saturday 4 June 2011.

The ABC Golf Academy Junior League’s results for 22 May are: A Division 1st Ricco Erasmus, 2nd Tertius van Rooyen, 3rd Thomas Bezuidenhout. B Division 1st Aiden Fransman, 2nd Ethan Deysel, 3rd Leysel Harmse. C Division 1st Rudy-Shawn van Rooyen, 2nd Danielle Mei, 3rd Benjamen Pretorius. The school league division was won by Vredenburg High School with 123 points, Topilino Private School was 2nd with 94 points and Curro Private School was in 3rd place with 89 points. Above are the proud young golfers who participated in the league. For more information phone Andrew Cassisa on 084 825 1301.

Vonke spat in netbalwedstryde Bennie Abdol STELLENBOSCH – Die suidelike netbaltoernooi op Vrydag en Saterdag, 10-11 Junie, op die Coetzenbergsportterrein is goed ondersteun. Die uniale spanne van die Weskus, Boland, Westelike Provinsie, Sentraal Boland, Suidwestelike distrikte en die Hantamstreek het aan die spoggeleentheid deelgeneem. Die spanne van die Weskus het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Die A-span van die Weskus het in hul eerste

kragmeting net-net teen die WP se B-span met 23-20 vasgeval. In die tweede wedstryd het hulle die A-span van Sentraal Boland met 30-12 uit die bus gegooi. Die Weskus B-span, wat in die D-afdeling deelgeneem het, het alles in die stryd gewerp maar is deur beserings gekelder. Die C-span se hoogtepunt was die kragmeting teen Sentraal Boland B wat hulle slegs met vier doele verloor het. Die volgende gebeurtenis op die netbalkalender is die Spar-toernooi op 29-30 Julie op Clanwilliam.

The Monster Energy Drink S5 Subaru Impreza WRX 4x4 Turbo totally dominated the event, winning by exactly two minutes. Heavy rains early in the week soaked the roads in the Nuwedam area, but Saturday dawned in almost perfect weather conditions and this lasted until the midway service park before the roads were drenched again. The loose surface challenged drivetrains as every kW of torque and maximum traction proved vital for success on the day. The REACT Marketing S3 CPMCC Toyota Corolla RXi 1600 of Ashley Haigh-Smith and Hilton Auffray did not stand a chance in these conditions but proved spectacular to the spectators with a determined effort, and were second fastest in all but one stage. Paul-Hendrik Franken and Uwe Pey proved that their fine result on the recent Tata Ceres rally was no fluke when they again finished third overall in the Hex Valley Water S3 WBMK Toyota Corolla RXi 1600. The star performance of the event came from newcomers Benjamin Johnson and Christoff Löttering in their S1 CPMCC VW

Golf Chico 1.4i. Keeping their noses clean, the popular duo remained consistent whilst their opposition encountered problems and fourth overall represented overall victory on the day. Another fine result came from Stephen White and Daniël Blaser in the “yellow submarine” REACT Marketing S2 CPMCC Mitsubishi Lancer GT1600 who were fifth overall. Sixth overall after a testing day were Piet Bakkes and Patrick Vermaak who turned in some good times after the combination broke a right CV two kilometres from the end of SS2. With no service available they then completed SS3 with one wheel drive. Team Acccident Guru had Paul van Wyk and Tiaan Rabe present in a second S1 CPMCC VW Golf MkI Chico 1.4i and after SS1 one they were running one and two. Rallying being rallying their troubles started with a right rear shock ripping out of the body on SS1, then a misfire saw their lead diminish rapidly on SS4. Sadly they then broke the inner right CV on their car during the final stage and though they could soldier on to the end their potential class win became third in class and seventh overall. Team Accident Guru was certainly welcomed into the Cape rally scene and one can expect these cars to keep the category alive in future events.

Bestuurder Aan Oewer Dienssentrum, Velddrif Aan Oewer Dienssentrum, ’n program van BADISA, is ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes- en Suid-Kaap] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag. Die suksesvolle kandidaat moet: • by uitstek ’n passie vir bejaardes hê • oor goeie organiseringsen kommunikasievaardighede beskik • die vermoë hê om in ’n spanverband te funksioneer • oor ’n bestuurslisensie beskik met eie vervoer • ervaring van personeel- en finansiële bestuur hê • reke­ naarvaardig wees. Verantwoordelikhede behels onder meer: • bestuur van die Program en Tuisversorgingsprojek van Departement Gesondheid • organisering en koördinering van dienssentrumaktiwiteite (etes, kliniek, ens.) • programbeplanning en evaluering van lede se behoeftes • werwing, motivering en skakeling met sentrumlede • opleiding en benutting van vrywilligers • bemarking van sentrumaktiwiteite en fondswerwing • uitbreiding van aktiwiteite en dienste na bejaardes in die gemeenskap • skakeling met beheerraad en gemeenskap. Vergoeding behels ’n onderhandelbare salaris, 13de tjek, aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, asook ruim verlofvoordele. Rig ’n volledige CV, met ’n duidelike vermelding van die pos waarvoor u aansoek doen, vóór 24 Junie 2011 aan die Direkteur: Menslike Hulpbronne, BADISA, Privaatsak X8, Bellville 7535, of e-pos: mhb@badisa.org.za 101010

www.ayandambanga.co.za

Piet Bakkes and Patrick Vermaak flying in their Golf. PHOTO: SUPPLIED

Drieë-fees MOORREESBURG – ’n Drieë-fees het die naweek vir warmte gesorg, in die yskoue wintersweer, toe die Moorreesburgers, die span van Hopefield Universals met 85 (26) – 24 (10) verniel het. Dertien drieë is in die eensydige kragmeting deur die tuisspan gedruk en vier deur die besoekers. Dit was Moorreesburg se sesde agtereenvolgende oorwinning in sy afdeling. Hierdie week vat die manne ’n wel verdiende ruskans en hervat hul liga-verpligtinge op 18 Junie teen die gedugte Bloues van Malmesbury.


23

Sport

Weslander 9 Junie 2011

Stryd om Namaqua-beker begin Bennie Abdol NA onderhandeling tussen Namaqua-wyne van Vredendal en ’n afvaardiging van Safa-Weskus onder leiding van Gerald Don (president) is R118 000 bewillig vir die sokkerkompetisie wat reeds op Saterdag 4 Junie begin het. Al 16 spanne, wat vanjaar aan die SABstreeksligakompetisies deelgeneem het, kan om die gesogte Namaqua-trofee meeding, in vier groepe. Groep A – African Stars, Rangers, Evergreens en Future Builders. Groep B – Arrows, Young Ideas, ArcadianShepherds (Lutzville) en Vredendal. Groep C – Aston Villa, Rooihoogte United, Weskus-sokkerakademie en Amabantinti. Groep D – Young Rovers, Hero’s, Black Eagles en Two 4 Joy. Verlede Saterdag op Lutzville het Arcadian Shepherds vir Vredendal met 5-2 geklop. Die groep A-kragmeting het ’n skare gelok

wat kon sien hoedat die tuisspan die wedstryd oorheers en teen rustyd voorloop met 3-1. In die tweede groep A-wedstryd het Rangers op Bitterfontein gasheer gespeel vir Evergreens van Koekenaap in ’n wedstryd waarin die klippe gespat het. Die besoekers het van meet af die tuisspan in ’n wurggreep gehad met uitstekende balverspreiding. Ná die eerste 45 minute het Evergreens met 2-0 voorgeloop. Rangers het in die tweede helfte hul spelpatroon opgeknap, maar die skade was reeds berokken. Hulle verloor met 2-3. Op Sondag 5 Junie het Arrows van Weltevrede op hul Vredendal-tuisveld met Young Ideas van Bitterfontein swaarde gekruis in ’n groep B-wedstryd. Die twee spanne het mekaar van die afskop af geen beweegruimte gegee nie, met goeie balverspreiding en rotsvaste verdediging. Die pawiljoen was volgepak met ondersteuners van albei spanne. Arrows het hard gespeel en teen rustyd

voorgeloop met 3-2. In die tweede helfte het Young Ideas hulle reggeruk en die wedstryd met 5-4 gewen. In die ander kragmeting het African Stars vir Future Builders met 3-2 ore aangesit. Die prysgeld in die Namaqua-uitklopreeks is soos volg: Plaaslike sokkervereniging-uitklopreeks (vyf R4 000-pryse), inter plaaslike sokkervereniging-uitklopreeks (R5 000), 16 streekspanne (R3 000 elk), halfeindwedstrydwenners (vier pryse van R5 000), naas-eindstrydwenners (R10 000) en die wenners kry R15 000. Die eerste fase van die kompetisie eindig op Sondag 10 Julie waarna die agt spanne wat oorbly die tweede fase aandurf, wat op Sondag 7 Augustus eindig. Die halfeindwedstryde word vanaf Sondag 13 Augustus tot Sondag 20 Augustus gespeel met die uitspeel wedstryde vanaf Sondag 27 Augustus tot Sondag 3 September. Die eindstryd word op Saterdag 10 September gespeel. Agter van links is sensei Dave Venter, Gerhard Visser en sensei Xander Venter en voor Natasha Willemse en Janus Visser van Ventersskopboksklub wat die afgelope naweek puik gevaar het by die OP-kampioenskap in Jeffreysbaai. FOTO: ELSA-

Posduif-uitslae vir Laingsburg gevlieg op 4 Junie om 09:00. Saldanha-posduifklub 1. D Simpson 2. en 3. N Swanepoel 4. P Farmer 5. tot 9. N Swanepoel 10. D Simpson 11. en 12. N Swanepoel. Bel D Simpson 084 560 3442.

BÉ JONKER-VISSER

Skopboksers behaal 15 plekke LEDE van die Venters MMA-skopboksklub van Velddrif wat die afgelope naweek (3-4 Junie) aan die jaarlikse Oostelike Provinsietoernooi in Jeffreysbaai deelgeneem het, het twee kampioene opgelewer. Daarby het die vyf lede wat deelgeneem het 15 medaljes huis toe gebring. Natasha Willemse (20) het met twee goue, ’n silwer en ’n brons medaljee teruggekeer. Sy is die huidige SWD, Cape Classic en nou ook OP-kampioen in kragbreek (dakteëls) in die vroue onder 70kg-afdeling vir 2011. Volgens sensei Dave Venter was die kom-

Hopefield-posduifklub 1. Piet de la Querre Spoed – 1208.819 2. Hennie Mouton – 1183.517 3. Hennie Mouton – 1171.696 4. Boetie Julies – 1171.230 5. Piet de la Querre – 1166.092 6. Boetie Julies – 1158.595 7. Hennie Mouton – 1153.792 8. Hennie Mouton – 1153.698.

petisie straf en die afdelings groot. Hy het self gewys wat in hom steek deur in vier afdelings deel te neem: kragbreek (dakteëls), tradisionele kata, punte en continuous. Hy het vier medaljes gekry. Sensei Xander Venter het twee goue medaljes gekry. Janus Visser (12) het twee goue en twee brons medaljes verower. Gerhard Visser het ’n goue medalje verower vir kragbreek en is dus ook die OP-kampioen. Hy moes ongelukkig onttrek van sy ander afdelings ná ’n besering.

Gimnaste hou Weskus naam hoog

Tydtoetsuitslae DIE drawwers en stappers van die Langebaan-strandlopers kom elke Dinsdag by die dorp se sportterrein bymekaar om te toets hoe vinnig hulle 5km kan aflê. Dit begin om 17:30. Almal is welkom. Bel vir Casper by 083 677 7811. Op Woensdae hou die klub 5km-tydtoetse op Langebaan om 17:30 by die Langebaanbuiteklub. Bel Eddy by 083 399 2651. Die uitslae vir Dinsdag 7 Junie 2011. Stefen Julies 17:10, Lourens Uys 26:30 (27:45), Pedro Philander 27:30 (27:45), Roedolph Jansen van Rensburg 29:30, Sorien Uys 30:00 (33:00), Floripes de Gois 31:40 (31:01). Stappers: Poppie Brand 30:29 (30:08), Cecile Kidson 35:23 (35:29).

Oefentye • Practice Times

Sokker:lVillagers oefen Dins tot Don 17:00 by Diazpark. Bel Grant 073 851 4452 of Crago 072 413 4544. Rugby:lSaldanha-rugbyklub – Maan vanaf 17:00 gym by Saldanha-rugbyveld. Dins, Woens en Don vanaf 18:15 by veld.l Saldanha Tigers Dins en Don om 18:30 op Diazpark. l Vredenburg-rugbyklub Maan, Dins en Dond 19:00-21:00. Netbal:l Langebaan-netbalklub oefen Maandae en Donderdae by die Country Estate se parkeer area om 18:00. Delene Boshoff 082 373 0023. l Vredenburg-netbalklub oefen Dins en Donderdagaande om 18:00 by Vredenburg netbalbane. Kontak Marieta Coetzee 022 713 2013 of 082 959 8000. lVelddrif Netbalklub oefen Dins en Don van 18:00 tot 19:00 by Hoërskool Velddrif se netbalbane. Almal is welkom. Navrae: Doris Hiten 083 473 1675. Rolbal: lHopefield – Sat 15:00. John 072 190 3392. lVredenburg – Woens, Sat 13:30. Erna 082 623 2445. Golf: l ABC Golf Academy offers free golf to juniors on a Monday at the Vredenburg Golf Club. Booking essential. Andrew Cassisa 084 825 1301 or golfpro.enquiries@yahoo.com. Jukskei:l Langebaan Jukskeiklub speel Maandae 13:30 en Saterdae vanaf 08:30. Almal welkom. Willie 022 772 1639 / 073 015 5598. Dansklasse:l Hip-Hop/Modern/Jazz – Wed, Oxigim Vredenburg, Tara 072 337 1689. l Lyndans – Woens 10:00, Langebaanstadsaal. Don 18:00 Wingerd, Vredenburg. Elize 083 230 6058. l Sosiaal, bal, Latyns – Maan 18:30, Spioenkop. Elize 083 230 6058. Gymnastics: l Langebaan Stars – Wed and Thurs Langebaan Community Hall. Madeleine 082 811 8118. Mon pm Velddrif school hall. Mariaan 072 375 4087. Tues pm in Moorreesburg. Ilza 084 583 4505. l Saldanha – Vlak 1-gimnaste Dins 16:00, ander vlakke Vry 16:00, almal Sat 09:00. Melvin 082 655 6944.

JUNIE • JUNE Donderdag 9 lAlgemene jaarvergadering van Boland Sport Vereniging vir Liggaamlik Gestremdes om 18:30 by Worcester Tennis Klubhuis, Bolandpark, Worcester. Klubverteenwoordigers van al die geaffileerde klubs moet teenwoordig wees. Enige gestremde persoon wat by die klub se aktiwiteite wil inskakel is welkom om die vergadering by te woon. Skakel Avril Farao by 082 770 3071, 023 342 3770 (w), 023 347 1508, e-pos: bolandsapd@lantic.net. Saterdag 11 Netbal: l Citrusdal: 14:00 B1-liga (A-baan): Langebaan A t Vredenburg B. B1-liga (B-baan): Citrusdal B t Clanwilliam A. C-liga (C-baan): Broodkraal t Good Hopes A. 14:35 (D-liga): Broodkraal B t Eendekuil A. 15:15 A-liga (A-baan): Citrusdal A t Malmesbury A. A-liga (B-baan): Vredenburg A t Porterville A. D-liga (C-baan): Velddrif C t Young Citerians. 15:50 C-liga (C-baan): Velddrif B t Broodkraal A. 16:30 B2- liga (A-baan): Clanwilliam B t Malmesbury B. B1-liga (B-baan): Citrusdal B t Penguins A. C-liga (C-baan): Langebaan C t Good Hopes A. Sokker: l Namaqua-beker (tuisspanne eerste): Groep C: Amabantinti t Aston Villa, Rooihoogte United t West Coast Football Academy FC. Sondag 12 Sokker: lNamaqua-beker (tuisspanne eerste): Groep D: Black Eagles t Young Rovers, Two 4 Joy t Hero’s FC.

JULIE • JULY Saldanha-gimnastiekklub het na die suidelike sonekompetisie (streekskompetisie tussen WP en OP) deurgedring. Die klub het verlede week aan die Wes-Kaap-toernooi deelgeneem waar hulle goed gevaar het. Die sonekompetisie vind plaas op 23-24 Junie in Oudtshoorn in die De Jager-sportsentrum. Agter van links is Leandri Agenbag, Jared Jordaan, Lukas van der Watt, Clarissa Swanepoel en Simonn Kock. Voor van links is Bianca Lochner, Ekhardt van der Watt en Elizma van der Watt (sy is tans die nommer een in die Wes-Kaap vir meisies o.8 vlak 2 handoorslag met ’n punt van 9.8). FOTO: GERALD VRAAGOM

Getye: Saldanhabaai (Langebaan-strandmeer +40min) Junie

Dag

Hoogwater

Laagwater

10

Vrydag

1018

2239

0411

1619

11

Saterdag

1131

2345

0521

1732

12

Sondag

-

1235

0624

1837

13

Maandag

0045

1331

0719

1934

14

Dinsdag

0140

1421

0808

2025

15

Woensdag

0231

1507

0854

2113

16

Donderdag

0318

1550

0936

2158

Latest golf results THE results of the golf played on Saturday 4 June are as follows: Langebaan Golf Club – Sanlam Cansa Single Stableford. Division 1 (0-9) 1. Ross Paitaki 38; 2. Nelson Tosela 32; 3. Louis vd Walt 32. Division 2 (10-15) 1. Roland Nel 43; 2. Klaasie v Eyssen 38; 3. Tony de Gersigny 38. Division 3 (16-24) 1.George Holmes 42; 2. Josh Swanepoel 38; 3. Eddie Conradie 37. Ladies: Divisi-

Wednesday 13 - Saturday 16 l The Windhoek Berg River Canoe Marathon takes place, preceded by a time trial on 12 July. This will be the 50th anniversary of the race. More information can be found at www.windhoekberg.co.za. E-pos sport@weslander.co.za.

on 1 (0-16) 1. Sonja Kruger 40; 2. Marinda Lategan 36; 3. Litha Matthysen 34. Division 2 (17-24) 1. Annette Sttauss 36; 2.Valerie Baxter 32; 3. Ria Douma 32. Division 3 (25-36) 1. Frances Hodgson 32. Vredenburg Golf Club – Betterball Stableford preferred drive. 1. D Paul en A Vraagom 53; 2. L Matthys en A Green 51; 3. J Luus en J van Heerden 51; 4. G Davids en T Vraagom 49; 5. R Kaptein en C Kaptein 47; 6. A de Bruyn en P de Kock 47. All sports clubs are welcome to send results to sport@weslander.co.za.


9 Junie 2011

SA Skopbokstoernooi nou gehou by Mykonos Heléne Meissenheimer

Die Kanadese daag reeds op Dinsdag 21 Junie op. Club Mykonos gee die verblyf aan die Kanadese skopboksspan. Die Suid-Afrikaners en die Kanadese pak mekaar op Saterdagaand 25 Junie om 20:00 in die Weskus Mall. Die Suid-Afrikaanse toernooi word Saterdag en Sondag deur die dag (08:00-17:00) by die Athenesaal gehou. “Die reëlings vlot verder mooi. Ons is net nog steeds besig om te soek vir borge vir van die atlete uit Middelpos,” het Dorothy Cloete, spanbestuurder van die Weskus-skopboksvereniging, gesê. Daar is tien van hul spanlede in die Middelposklub wat borgskappe benodig om aan die toernooi te kan deelneem. Kontak Josh Cloete by 074 143 4963 of Carmen Vasconselos by 083 390 4505.

LANGEBAAN – Die eerste SA Skopbokskampioenskaptoernooi aan die Weskus is verskuif na die Athene-saal by Club Mykonos. Dit sou oorspronklik in die lugmagbasis by Langebaanweg gehou word, maar om die deelnemers beter blootstelling aan die Weskus te gee is dit toe na Mykonos geskuif, het Josh Cloete, president en stigter van die Weskusskopboksvereniging, gashere van die toernooi, gesê. “Dit gaan vir ons om die verSaldanhabaai se eerste rugbyspan gaan die bal raakvat! Darling en Saldanha in ’n losskrum Saterdag koop van die Weskus,” het hy geFOTO’S: TRISH GOOSEN op Saldanhabaai se tuisveld. sê. Tussen 400 en 600 deelnemers, ingesluit die Kanadese skopboksspan, word by dié skopboks-ekstravaganza verwag. Dit is die Bennie Abdol is wat drasties sokkies moet optrek en wen. eerste keer dat die nasionale skophul selfvertroue terugkry. Hopefield was goed voorberei en bokstoernooi op Weskusbodem SALDANHA – Darling se eerste Puntemakers vir Darling: Driëe: was met rustyd 15-14 voor. Hulle het gehou word. rugbyspan het die tuisspan Sater- Jan Bruintjies, Neil Papier, Ashley ’n vyfstervertoning gelewer. dag met twaalf punte gewen. Isaacs, Charles Buzick. MacAllister Puntemakers vir Hopefield: Driëe: Koerah (3 doelskoppe, 3 strafdoele). Alladin Lewis, Ryno Louw (2); RoDit was hul laaste Premier-ligaSaldanhabaai: Divan Joshua (’n mano Papier (2 doelskoppe), Ryno wedstryd van die eerste ronde en drie); Anthony Botha (’n doelskop, 2 Louw (strafdoel); swaar vir die hoofafrigter Robbie strafdoele). Vir Mamre: Driëe: Devon van NieWelman en sy span wat ’n moeilike Ander uitslae: Saldanhabaai B 17-3 kerk, Edwardo van Schoor; Edwil Oltydperk beleef met puntemasjien Cola Darling B; Saldanhabaai C 13-8 Dar- ckers (2 doelskoppe, ’n strafdoel). Williams op die krukkelys. Anthony ling B. Ander uitslae: Mamre B 24-0 Hope“Mokkie” Botha staan sy plek vol. St Helenabaai-rugbyklub het Sa- field B; Mamre C 12-0 Hopefield C. Bertram Vraagom, klubvoorsitter, terdag gasheer gespeel vir Porterville Velddrif het Saterdag op die Smit het gesê dat Saldanhabaai geen span op die Laingville-sportveld. St Hele- sportgronde hul laaste President’s liga vorentoe durf onderskat nie en dat nabaai het gewen met 22-16. Weskus-wedstryd van die eerste Die Weskus-skopboksvereniging se atlete wat aan die internasionale hulle elke wedstryd op meriete sal beDie vonke het van meet af gespat rondte teen die span Evergreens van skopbokstoernooi met Kanada gaan deelneem is tweede van links Gregory Gans, Lozendo van Wyk, Daniella Greyling en Phayton Gans. nader. en die rustydtelling was 13 punte elk. die Paarl afgehandel. Ná die eerste been van die seniorIn die tweede helfte het die giftige Op die huidige oomblik is die Wes- Heellinks is Dorothy Cloete (spanbestuurder) en heelregs Errol Gans FOTO: ERROL GANS klubkompetisies gaan die spanne rus. skopvoet van Welsley “Boena” van kusspan nog sterk in die prentjie , en (afrigter). Darling, wat vanjaar ná twee sei- Rooyen St Helenabaai in die prentjie volgens die span se huidige vertosoene weer hul buiging in die senior- gehou met akkurate stel- en buitelyn- ningslys poog hulle om nog te verbekompetisie van die Boland-rugbyunie skoppe. ter. Die Weskussers het die wedstryd maak, het al ’n paar spanne harde bene Puntemakers vir St Helenabaai: naelskraap met 23 (17) (2 doele en Bennie Abdol met ’n terugvegpoging vorendag laat kou. Hulle het dan ook van die Steve Augullas (’n drie), Welesley 3 strafdoele) teenoor 22 (14) ( 2 doele, gekom en die wedstryd met 5 doeafskop af die tuisspan in ’n wurggreep van Rooy (’n doelskop, 3 strafdoele, ’n drie, en 1 strafdoel) gewen en daar- PATERNOSTER – Die Safa- le teenoor 2 in hul guns beklink. gehad en die wedstryd gewen 35 (20) ’n skepdoel), Jawdee Don (’n straf- mee vier ligapunte ingepalm. Weskus uitspeelwedstryde het Met dié sege is die Diazvillers (3 doele, ’n drie en 3 strafdoele) teen- doel). Paternoster het die Zebras van Bo- Sondag 5 Junie op die sportvelde as die Salfa-streekkampioene geoor 13 (6) (’n doel en 2 strafdoele). Porterville: David de Bruyn (’n Berg (Piketberg) met 69 ( 8 doele, 2 voor ’n skare sokkergeesdriftiges kroon en hulle kwalifiseer nou vir Darling-spankaptein Aron Siswana drie), Colin Carolus (’n doelskop, 3 driee en ‘n strafdoel) teenoor 8 ( 1 plaasgevind. die SAB-streeksligakompetisie. het van meet af sy span met ’n yster- strafdoele). drie en ‘n strafdoel ) behoorlik in die In die hoofwedstryd het VillaDie Speler van die Wedstryd hand gelei. Saldanha se spelers het Ander uitslae: St Helenabaai B 13-9 skool gesit het. gers van Diazville met Young was Innocent Ramaponi van die lusteloos voorgekom en onnodig han- Porterville B; St Helenabaai C 5-5 Die Saldanha Tigers sal meer Stars van White City sake uitge- wenspan. teerfoute begaan wat hulle die wed- Porterville C. woema in die tweede ronde moet insit. spook. •In die voorwedstryd het West stryd gekos het. Hopefield-rugbyklub het op die Hulle sterte is vir hulle geknoop deur Stars het die eerste 45 minute Coast Military Airforce die tuisNá afloop van die wedstryd het een Ronnie Louw-sportveld die eerste die Dorings van Malmesbury met 20- die spel dikteer en rustyd met 1 span, Eleven Strikers met 5 doele van die klub se senior woordvoerders, ronde in die Superliga-Wes met swier 17 nadat die tuisspan met rustyd met doel teenoor nul voorgeloop. In teenoor 3 kafgedraf en die derde Koos Strauss, erken dat daar spelers afgesluit deur Mamre met 27-22 te ’n voorsprong van 10-5 gehad het. die tweede helfte het Villagers plek ingepalm.

Darling klop Saldanha

Villagers wen sokkerliga


Weslander 9 Junie 2011

ANC het vrae oor Bergrivierraad

Magdaleen White, Themba Fikile and Thandiswa Mhlantla in front of the first 26 houses that are being built in the People’s Housing Project (PHP) in Middelpos, Saldanha. PHOTO: HELÉNE

Ilna Grobler

MEISSENHEIMER

Political agenda suspected with PHP Heléne Meissenheimer SALDANHA – Where’s the proof of the alleged corruption in the People’s Housing Project (PHP) in Middelpos? That’s what members of the PHP housing committee and ward committee want to know. They are convinced disgruntled members of the DA deliberately misled Bonginkosi Madikizela, MEC of Human Settlement, and now it is reported in the media that he has stopped all government support for the project. Apparently neither party has had any queries (or any other communication) from Madikizela’s office regarding allegations of corruption. “The MEC played an important role in approvinge the project. We were very disappointed that he said he is going to stop the project for these unnecessary reasons,” said Themba Fikile, spokesperson of the ward committee. Fikile showed Weslander a typed list (on a government letterhead) of beneficiaries that he said had been approved by provincial government and said that this list was being strictly adhered to in the allocation of new houses. Thandiswa Mhlantla, also on the housing

3

Nuus · News

committee, said they didn’t change anything on the list of beneficiaries. “We don’t build houses because you are of a political party, but just because you are a beneficiary.” She said the housing committee didn’t administrate the government funding for the project, this is done by the Saldanha Bay Municipality. “Everything we do here, we do with the municipality.” Magdaleen White, also of the housing committee, said the people who made the allegations of fraud must show proof. “They must come and show us where the bribes are that we received,” she said. Bruce Oom, spokesman for the MEC, responded that a serious allegation has been made by a very credible source and that, as a precaution, payment has been stopped. He said the Minister has set up a meeting with the Mayor, relevant municipal officials and then the community to clarify the issue, at which point, hopefully, the project can be unblocked. The meeting is scheduled for Monday June 13. “Allegations by the committee that any of the actions of the Minister were politically motivated are untrue,” said Oom.

PIKETBERG – Die ANC het Maandag die rassekaart gespeel oor, wat hulle beweer, die “inkorting van magte” in die nuwe munisipale raad is. Die ANC van die Bergrivier het Dinsdag ’n mediaverklaring uitgereik waarin veral drie sake genoem is. Die besluit van die Bergrivierraad om belastingbetalers wat agter is met hul diensterekeninge, te oorhandig aan kredietburo’s sodat hulle geswartlys kan word. Volgens Sammy Claassen, sweep van die ANC in die raad, is sy party bekommerd dat die plan om mense wat agterstallig is te oorhandig, ’n manier is om arm mense by te kom. Hy het gesê die meeste mense in Bergrivier is werkers in die vis- en landboubedryf en dit is seisoensgebonde. Hulle sal dus die meeste benadeel word. In antwoord hierop het Christa Liebenberg, munisipale bestuurder, gesê dat die kredietbeheerbeleid dieselfde bly as voorheen. Daar sal egter strenger te werk gegaan word met mense wat die betaal van hul eiendomsbelasting en beskikbaarheidsgeld probeer ontduik. ’n Woordvoerder van die DA het gesê probleme word veral ondervind met grondeienaars se grond wat onbeboud lê en wat alle kennisgewings van die raad ignoreer.

Dit is dan hierdie mense wie se name op swartlyste sal kom. Inwoners van Bergrivier wat probleme het om hul maandelikse dienstegeld te betaal, het reeds, of kan aansoek doen om deernissubsidies. Hierdie reëling is nie op hulle gemik nie. Daar word beweer dat uitvoerende burgemeester Evert Manuel van sy magte ontneem is. Manuel het gesê hy is geensins van sy magte onthef nie. As uitvoerende burgemeester is daar uiteraard sake wat hy met sy uitvoerende komitee (UK) moet bespreek. Hy raai die ANC aan om die uitslag van die verkiesing te aanvaar en op te hou om die rassekaart te speel. Manuel vra dat hulle liewer hul samewerking in die raad gee en die beloftes wat hulle aan hul kiesers gemaak het nakom. Die ANC het hul bedenking oor die aanstel van rdl Ray van Rooy as derde lid van die Uitvoerende Komitee, waarop Manuel antwoord dat dit heeltemal binne die wet val. Die uitvoerende onderburgemeester is nie meer lid van die UK nie en dit val dan binne die burgemeester se bestek om ’n tweede UK lid aan te stel. Geen projek sal gestaak word om sodoende geld vir die lid se betaling te kry nie en geld sal by die nuwe boekjaar gesoek word om die pos te laat voortbestaan.


4

News · Nuus

Weslander 9 June 2011

Boer sê windplaasvrees oordrewe DIE wenslikheid van windplase, óf nie, in die Paternoster-Saldanha-Vredenburgomgewing het ’n debat ontketen. Klasie Loubser, boer en eienaar van die plaas Holvlei wat geoormerk is vir die oprigting van windturbines, het die volgende skrywe aan Weslander gestuur. Die implikasies van ’n landwye elektrisiteitstekort het perspektief gekry met die skielike instelling van beurtkrag ’n paar jaar gelede. Skielik is besef dat die oprigting van die betrokke infrastruktuur fenominale prys- en tydimplikasie tot gevolg het. Die kragbehoefte in ons land moet binne die afsienbare toekoms verhoog met bykans 100%. Ons produseer tans nagenoeg 43 000 megawatt landwyd, wat in die afsienbare toekoms sal moet verdubbel om sodoende te verhoed dat ons ekonomiese groeipotensiaal nie beperk word nie. Deeglik bewus van die nadele van kernkrag en verwerkingsgevare met betrekking tot aardgasse en verwante produkte ten einde elektrisiteit te verwek, is dit duidelik dat die reeds beproefde (oor dekades heen) natuurvriendelike windenergie ’n geskikte oplossing bied. Om die rede kondig Duitsland baie onlangs aan dat hulle elektrisiteitverwekkingsprogram totaal en al omskakel na groenenergie, met windenergie sekerlik die hoof kragbron.

Die vraag is, sal dié wêreldtegnologie-leier, tesame met ander windenergieleierlande soos Denemarke, hulle mense blootstel aan, soos beweer word, ongesonde praktyke of is dit totaal oordrewe? Die Windturbinesindroom is wêreldwyd bekend. Dr Geoff Leventhall (an honorary fellow of UK’s Institute of Acoustics) beskou dié newe-effekte, soos verlede week berig in “Windplase bedreig tehuis” as totaal oordrewe. Alle medisyne bv. pille het ’n ingeslote pamflet met inligting oor newe-effekte wat, hoe gering ookal, aangeteken is vir kennisname. Twyfel bestaan beslis nie oor die negatiewe effekte van selfone nie, maar hoe gering is dit? Tog drink almal pille en feitlik almal besit selfone. Die vraag ontstaan, is windkrag met die sogenaamde onbewese negatiewe effekte en die betrokke spekulasies, nie ook veronderstel om ’n integrale lewensdeel te word soos die pille en selfone nie? Ons moet immers medisyne gebruik waar nodig en wie kan vandag ’n besigheid bedryf sonder ’n selfoon? Sonder elektrisiteit kan ons glad nie, dit is ’n gegewe! Die Saldanha-VredenburgPaternostergebied is volgens navorsing landwyd van die min mees konstante windbronne en absoluut ideaal vir die oprigting van windturbines. Die gebied is voorts ’n geweldige groot elektrisiteitsverbruiker as gevolg van al

die nywerhede wat hier gevestig is. Dit sal ’n geweldige bydrae tot verdere industriële groei in die gebied kan bewerkstellig wat werkskepping tot gevolg sal hê. Die windturbines naby die tehuis gaan, na my wete, nie nader as 1.2km opgerig word nie en ek glo stellig dat daar wetgewing is om te verseker dat die land se inwoners nie benadeel sal word nie. Die 55 turbines gaan 700m van mekaar opgerig word, met ander woorde dit gaan so wyd verspreid wees dat die volgende omtrent 2km van die tehuis gaan wees en dit nog aan die onderkant van die heersende suidewind. Die tegnologie verbeter daagliks en die turbines wat daar opgerig gaan word, is van die nuutste en stilste wat beskikbaar is. Die groot voordeel vir die omgewing is dat waar die turbines opgerig word landbou volhoubaar bly en dit verseker dat geen ontwikkeling, met al die betrokke nadele, sal plaasvind nie. Oor jare het die omgewing se boere verminder van ver oor die 70 tot ’n skrale 11. Voedselsekerheid is ’n landwye kwessie en ons moet ons landbougrond vir die doel bewaar. Ons sal beslis deur die nageslag verantwoordelik gehou word, nie net vir wat ons afkeur nie, maar ook vir wat ons moes toelaat ten einde groei en voorspoed vir almal in die land te bewerkstellig. Aanpasbaarheid is die onselfsugtige roete om te volg!

Inwoner langs beoogde windplaas verskil ALIDA Buckle, joernalis en verbruikersjoernalis van die Bolandkoerantegroep bly op Nieuwe Rust wat omring gaan word deur die beoogde windplase. Haar mening soos volg. Ná intensiewe navorsing oor die saak meen ek dat enige logiese mens nie anders kan nie, as om tot die slotsom te kom dat windplase ’n gebied, sy mense en sy omgewing meer skade berokken as wat dit werklik bydra tot ’n groener aarde. “Windenergie” is net die dop van ’n reusegeldmaakskema vir ontwikkelaars en beleggers wat koolstofkrediete koop en verkoop. In effek betaal kragverbruikers duurder vir krag om die regering se “subsidies” aan voorsieners van “herwinbare” krag te betaal. Met subsidie op subsidie is dit nie snaaks dat ontwikkelaars vir grondeienaars belaglike bedrae kan aanbied om hul grond te huur nie. Windturbines is ontsaglik duur om op te rig en verskaf onderdeurlopend krag want dit werk met wind wat onvoorspelbaar wissel tussen baie laag en stormsterk. Dus verswak dit die hele kragverskaffingsnetwerk omdat dit nie egalig krag kan verskaf soos wat steenkool- en kernkragstasies doen nie. Gaan Eskom werklik bietjies-bietjies krag by privaatwindplase aankoop met die dat hy sy eie windkragaanleg en sonkragaanleg in die Wes-Kaap oprig. Hul lening van twee en ’n half biljoen rand by die Afrika-ontwikkelingsbank en die skoontegnologiefonds is dié week goedgekeur. Boere is wêreldwyd (sien videos op youtube) spyt dat hulle hul erfgrond verkwansel het aan ontwikkelaars, want die grond wat oorbly om op te saai is baie minder as wat aanvanklik belowe is en die turbines tas die grootte van gesaaides aan. Die lawaai is oral meer as wat die ontwikkelaars belowe het. Windplase behoort op verafgelëe plekke opgerig te word met geen woning nader as 11km nie. En ’n toeristemekka soos Paternoster en Jacobsbaai moet beskerm word. Selfs Duitsland, wie se “windplaassukses” as voorbeeld voorgehou word, het reuse-teenwindplaasbewegings. Sien die webwerf windwahn.de Waarom sal daar wêreldwyd organisasies wees wat hul beywer om windplase by nedersettings te voorkom of te verwyder, indien dit geen negatiewe uitwerking op die mens gehad het nie?

Windkragverskaffing in Skotland is oor 26 maande lank bestudeer en die resultate in die verslag, Analysis of UK Wind Power Generation November 2008 to December 2010, opgeskryf. Daarin word bewys dat windturbines nie 30% van hul kapasiteit opwek soos wat ontwikkelaars voorgee nie, maar amper vyf keer per maand minder as 20MW (’n fraksie van die verwagte 450MW). Die periodes van lae wind het gemiddeld sowat 4.5 uur geduur. Lae wind is elke ses dae gemeet. Ontwikkelaars maak ook asof die moontlikheid skraal is dat baie lae wind dieselfde tyd as spitskragaanvraag sal voorkom. Luidens die verslag was die kragopwekking deur turbines buitengewoon laag (2%-5%) tydens die vier hoogste spitsaanvraagperiodes. Die kragopwekking deur wind was minder as 20% van kapasiteit vir meer as die helfde van die tyd en onder 10% vir ’n derde van die tyd. Windturbines word volgens dr JR Etherington in sy boek, The Case against Wind ‘Farms’,gerugsteun deur turbo-wisselstroommasjiene wat konstant op net minder as spitslewering gehou word om die skielike vermeerdering in opwekking te hanteer. Dit stel ’n groot hoeveelheid koolstof vry. ’n Windturbine het vir elke megawatt krag wat hy genereer, 0.8 MW rugsteun van die wisselstroommasjiene nodig. Dus, al staan die turbine stil, stel dit steeds ’n groot hoeveelheid koolstof vry. Dit gaan dus duidelik níé hier oor groen energie nie. Wat bekommerde Weskussers verder kwel, benewens geboekstaafde bewyse dat windturbines mense wat naby dit woon se gesondheid en kinders se ontwikkeling aantas, is die feit dat die aansoekproses nie met die nodige insae van geaffekteerde partye verloop nie. Die mense op wie dit ’n impak gaan hê word nie geken in die reuse aanslag op die Weskusidentiteit nie. Om nie eens te praat van wat oor sal wees van die paaie nadat al die swaar vragmotors en reuse-hyskrane wat nodig is om die turbines op te rig, daarmee klaar is nie. Die pad na Paternoster is steeds ’n toetspad. Die Weskuslandskap is die grondslag van toerisme hier. Indien die oprigting van windturbunes in elk geval nie veel gaan bydra tot die kragkrisis nie, word die Weskus se ongereptheid vir ’n paar rand in individue se sakke verkwansel. Soos wat David Hunt, Walliese sekretaris aangehaal is: “Nobody with an ounce of respect for the countryside could have permitted their (windplase) erection.”


6

Opinions · Menings

Weslander 9 June 2011

Regstelling VERLEDE week se berig oor die Salkoriane verwys. Die derde liga is op Moorreesburg gehardloop en nie op Worcester soos berig nie. Die Worcester-wedloop is eers op 11 Junie. Chumani Moke was eerste in die seuns o.15 jaar 4km-wedloop en het nie deelgeneem in die 12km nie.

Pas jou naam soos goud op DIE onsmaaklike videogreep van die twee jong mense, besig met die intiemste daad, terwyl jong mans hul vriend aanpor en lag, laat ’n mens naar. Dat hulle verder duidelik sigbaar besig is om dit op hul selfone af te neem, en dít terwyl beide die jong man en meisie bedwelm voorkom, is nie net verkeerd nie – dit is ’n ernstige skending van die twee se privaatheid. Dat hulle dit daarna publiek versprei het, is ’n vervolgbare misdryf. Die hartseer waarheid is dat dié tipe ding al lankal gebeur en al meer toeneem. Jong meisies, veral, moet daarom op hul hoede wees. Pas jouself op en moet nooit iets drink wat iemand vir jou aangee nie. Jou jong “prins” het dalk wolwe vir vriende wat duistere planne vir julle twee het. Dit is skokkend hoe algemeen die verskynsel selfs hier aan die Weskus blyk te wees. Dit is jammer dat seks in die moderne wêreld so goedkoop geword het. Jong pop- en filmsterre, die Lady Gaga’s en Lindsey Lohan’s, is die heldinne van duisende tienermeisies. Hul uitlokkende posisies op tydskrifvoorblaaie en musiekvideo’s en skrapse kleredrag stuur net een boodskap – om sukses te behaal in die vermaaklikheidswêreld moet jy ’n sekspop wees. Wat ’n blatante leuen! Goedkoop seks bring nie sukses nie – dit is in die eerste plek talent wat die deurslag gee. Kyk na ons eie Axene – ’n pragtige voorbeeld van ’n tienermeisie wat met haar sprankelende persoonlikheid en sangtalent besig is om die land aan die brand te sing. Videogrepe soos dié breek af aan die beeld van die vrou as ’n regmatige burger van die land wat gelyke regte as haar manlike eweknieë behoort te geniet. Dit maak van haar ’n objek en van die seksdaad ’n blote merkie op ’n siek chauvinistiese kerfstok. Daarom gee sulke lae gedrag dadelik by die polisie of relevante owerhede aan – dit moet stop! Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Nuusredakteur:

SMS jou mening . Ek ruik onreëlmatighede by Koen se betrokkenheid by Scarpellini. Groenes. . Waar Louis Hartzenberg betrokke is, is daar altyd moeilikheid. Hoekom kry die krieketklub nie ’n ander gebou nie? Anoniem. . Sit op die windkrag, die hele Trekosgrond ook. Van Johan Boshoff, Vredenburg. . Bou die windlaaiers en maak toe die hekke. Kyk hoe bemors lyk Trekos, dit is net ’n suipplek. SMS jou mening na 32510. SMS’e kos R1.

Briewe word gratis geplaas. Bedankingsbriewe (slegs individue of liefdadigheidsorganisasies) moet drie kort sinne wees. Hou briewe 300 woorde lank. Langer briewe word net in uiterste gevalle geplaas. Briewe, selfs anoniem, moet die skrywer se naam, van en straatadres bevat. E-pos: redakteur@weslander.co.za. Faks: 022 713 2487.

St Andrew’s Primêr glo morsig J. Cloete van Saldanha skryf: Baie graag wil ek my afgyse en misnoë teenoor die vuil en verwaarloosde toestand van die skool uitspreek. Op die oog af lyk dit na die mooiste skool aan die Weskus, maar helaas, kom jy naby sien jy ’n ander prentjie. ’n Gemors van die eerste waters. Behalwe die verf wat afdop is die hele skoolterrein besaai met rommel en die mure is met graffiti bemors. Die skoolhoof en personeel kan gerus ’n draai loop op die terrein of staar hulle hul dalk blind aan die toedrag van sake. Stel gerus ’n skoolopsigter aan om die probleem aan te spreek. Indien daar wel opsigters is (ek glo nie daar is nie, lyk te morsig) dan moet hulle regtig die vinger uittrek en begin skoonmaak. Dissiplineer terselfdertyd die leerlinge om op te hou om so morsig te wees en trots te raak op hulle skool. Roy van Schalkwyk, skoolhoof lewer

kommentaar: ’n Mens moet seker maar waak om nie heftig te reageer as iemand sy persepsie op so ’n negatiewe (“morsige”) wyse in die die koerant weergee nie. Dis seker ook ’n realiteit dat veral skole aan die Weskus telkens aan die koerant uitgelewer word deur die J.Cloetes van die werêld. Te dikwels word die mooi dinge wat by skole gebeur en die prestasies by skole nie altyd met soveel geesdrif in die pers besing nie. Natuurlik is mnr Cloete geregtig op sy opinie. Ek nooi hom hartlik uit om met die prinsipaal en die beheerligaam te kom gesels oor sy bekommernisse soos in die skrywe vervat. Miskien sal hy van deuntjie verander as hy ingelig word van ons planne en pogings om die skool skoon te hou en te verfraai. Miskien het hyself ’n paar idees om sy persepsie positief aan te spreek en te verander. Baie dankie aan ons trotse ouergemeenskap wat wéét waar die kantoor is en wéét dat hulle nie die koerant nodig het om ’n ver- St Andrew’s Primêr se mooi gebou wat glo skil by St Andrew’s Primêr te maak nie. nie opgepas word nie. FOTO: GERALD VRAAGOM

Heléne Meissenheimer • 072 149 1969

Verslaggewers: Trish Goosen • 078 462 8934 (Munisipale, sake­ en omgewingsnuus) Gerald Vraagom • 072 994 2408 (Algemene nuus en misdaad) Promosieskrywer: Louise Brand

Medewerkers: •Bennie Abdol (Sport) 022 714 4634 •Marie­Louise Antoni (Hopefield) 071 155 7582 • Corné de Milander (Saldanha) 083 235 8619 •Driekie Nel (St Helenabaai) 076 377 8236 •Susan Kemp (Velddrif/Piketberg) 083 467 9388•

Oor naweek • Over weekend Verslaggewer aan diens: 10­12 Junie 2011

Gerald Vraagom

072 994 2408 Ombudsman Volgens die redaksionele beleid van Wes­ lander verwelkom ons voorstelle en kommen­ taar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, by george.claassen@me­ dia24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid­Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Persombudsman kon­ tak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e­pos aan ombudsman@presscoun­ cil.org.za.

Dis Saterdag tyd vir Visvoete teen Mampoerstokers DAAR’S dié week net één ding wat saak maak. Dis nie ’n saak van lewe en dood nie – dis veel erger. Vergete is, ten minste voorlopig altans, Julius Malema, die aarde wat al weer gaan vergaan, wegrapings, aardverwarming, skelm politici en tik. Die wat jou ken wéét waar jy staan. Die wat nog twyfel kyk jou skuins aan – vriend of vyand? Sommige vriendskappe word ietwat op ys gesit. Selfs in sekere huise en families is daar tweespalt en potensiaal vir huismoles. Want waar jy ookal kom is daar net één onderwerp van bespreking – Saterdag en meer bepaald, Nuweland, Kaapstad. Stormers teen Bulle, suid teen noord, agterblyers teen voortrekkers, visvoete teen mampoerstokers. Uiteraard is die meerderheid Weskussers maar Stormers-mense. Kaapstad is immers baie nader as Pretoria. Tog is daar verbasend baie Bul-vlae en truie hier rond te sien. “Verdomde inkommers,” brom die stoere Stormers. “Hoekom bly hulle hier as hulle nie vir die Stormers wil skreeu nie? Hulle kan gerus hulle goed pak en trek.” “Wat van die duisende Stormers wat Lof-

tus volpak as hulle span daar speel?” kap die Bulle terug. “Verdomde trekarbeiders. Kan nie werk kry nie dan pak hulle maar op en trek noorde se vleispotte toe waar hulle steeds vir die Stormers skreeu. Byt die hand wat hulle voer.” Koerante en TV se sportkanale word verslind vir inligting. Peter Grant se besering is nou baie belangriker as die vraag of die dodelike E. coli-virus ons ook gaan tref. En

Bakkies se seer knie, as die petrolprys wat steeds dreig om ons almal in dieper armoede te dompel. So beland ek toevallig by ’n watergat waar twee groepies heel apart van mekaar sit. Ja, reg geraai – in hierdie hoek die Stormers in daardie een die Bulle. En die “komplimente”’ vlieg oor en weer . “As ou Schalkie se Stormers teen wyle Osama se volgelinge speel, skreeu ek vir Osama-hulle.” “Ek skreeu altyd vir die span wat teen

die Bulle speel.” “Iemand wat die Stormers ondersteun sal kinders eet ook.” “Bulle gaan Saterdag van Nuweland se vloer af vreet.” Die voggies vloei fluks en die eienaar se glimlag word al breёr soos hy die kasregister se klokkies laat lui. Word sy mening gevra, trap hy rond soos ’n kat op ’n warm sinkplaat. Beduie dan maar hy is eintlik ’n Vrystaat-man. Hy wil immers die klomp so lank as moontlik daar hou. As dit pap reёn moet jy skep. Duidelik gaan die twee kampe mekaar nie ’n haarwydte van hulle oortuiging laat afsien nie en net toe dit ’n slag lyk of dinge wil-wil gewelddadig raak, stel die kroegman voor dat weddenskappe ’n beter volgende stap sal wees. “Wed jou R50 die Stormers wen met 10 punte!” “En ek wed jou R100 dis die Bulle met 15!” Ensovoorts. Iemand stel voor almal moet vooruit betaal en dat die kroegman as “trustee” moet optree. Maar hy’s slimmer as wat ek gedink het. Nee wat, die manne kan mekaar mos maar vertrou dat die verloorders wel sal betaal. (Hy wil liewer sien dat die geld wat hulle oor het uitgedrink word, sien!) My voorspelling? Gelykop!


News · Nuus

Weslander 9 June 2011

Fokus op mans

Ingang na die staatshospitaal op Vredenburg en die gebou wat in fase 1 voltooi is, asook die nuwe sekuriteitsbeheerkamer. ’n Omvattende sekuriteitsstelsel is geïnstalleer.

Administratiewe personeel en sekere werkswinkels sal vir die volgende drie jaar tydelik hier gehuisves word. FOTO’S: VERSKAF

Staatshospitaal vra openbare deelname DIE hernuwingsprojek by die Vredenburg Provinsiale Hospitaal nader twee belangrike mylpale – die voltooiing van fase 2A op Vrydag 17 Junie en die aanvra van tenders vir bouwerk aan fase 2B na verwagting in Augustus. Fase 2A het die oprigting van nuwe woonkwartiere vir kliniese personeel asook voorbereidingswerk vir die volgende fase ingesluit. In fase 2B sal nuwe teaters, kombuis, pedriatiese saal, administratiewe kantore, werkswinkels en store gebou word. Soos die werk oor die volgende drie jaar vorder, sal die oorblywende geboue van die kompleks, wat in 1961 gebou is, gesloop word. Hiermee sal die oorspronklike gebou wat opgerig is om ’n gemeenskap van 12 000 te bedien, vervang wees deur ’n moderne gerief vir ’n bevolking van 140 000. Die projek is bekendgestel as deel van die

die Wes-Kaapse departement van gesondheid se hospitaalopknapprogram. Die regering se hospitaalopknap-inisiatief betaal vir die projek wat onderworpe is aan streng voorwaardes. Gemeenskapsbetrokkenheid is ’n belangrike onderliggende uitgangspunt by die toestaan van geld en dit word moontlik gemaak deur deelname aan ’n plaaslike komitee wat elke twee maande vergader. Dié komitee moet die publiek ingelig hou oor vordering en ook gemeenskapsbetrokkenheid aanmoedig. Die hospitaalbestuur nooi alle gemeenskapsorganisasies om ’n verteenwoordiger op Vrydag 24 Junie om 14:00 te stuur na ’n vergadering in die veeldoelige saal by die hospitaal. Dr Nick Fortuin sal by die geleentheid ’n oorsig oor die geskiedenis en die volgende fase gee. Bel Karin Laubscher by 022 709 5400 om meer inligting of ’n afskrif van die sakelys en notule van die vorige vergadering te kry. (Ingestuur deur Tobie Lochner.)

DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) fokus in Junie en Julie op prostaatkanker. In Suid-Afrika kry een uit elke 24 mans prostaatkanker en alle mans behoort daarom van 45-jarige ouderdom af jaarliks hul dokter te besoek vir ’n prostaatondersoek. ’n Bloedtoets word gedoen om vas te stel of die prostaatklier gesond is en kan dus help met die vroeë opsporing van prostaatkanker of abnormaliteite. Die Kankervereniging van SA bied saam met Path-laboratoriums en Dietrich Straat & Vennote prostaat spesifieke antigeen-toetse aan teen die afslagprys van R75. Deelnemende dokters is: Vredenburg: dr Piet Boer, Witteklipstraat 1, 022 713 2460; dr Bester, Apollostraat 23, 022 713 2649; dr Christo Smit, Witteklipstraat 9, 022 715 1606; dr Dilen Naidoo, Life Weskus-privaathospitaal, 022 719 1102. Stompneusbaai: dr Bester, 022 742 1272. Langebaan: dr Bester, Seebriessentrum, 022 772 1606. Laaiplek: dr S Annandale, Hoofstraat 9, 022 783 0040. Saldanha: dr Neethling, Saldanhaweg 64, 022 714 2380.

Badisa Weskus reik uit in Kinderweek

Kleuters by ’n kliniek in Louwville volg met aandag ’n poppekas wat aangebied word deur Badisa Weskus wat met Kinderbeskermingsweek, 24 Mei - 3 Junie, programme in sewe skole in hul bedieningsgebied Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Langebaanweg en Velddrif aangebied het. Daar is op die regte en verantwoordelikhede van kinders gefokus soos die reg op opvoeding en onderrig saam met die verantwoordelikheid om te studeer en om onderwysers en mekaar te respekteer. FOTO: VERSKAF

Slippersbaai trek steeds vol sale

Die akteurs van die Active Community Theatre, net na die toneelstuk Bye Bye Slippersbaai Sondag in die Diazvillegemeenskapsaal opgevoer is. Die groep voer die toneelstuk weer op 18 Junie in Steenberg’s Cove op om geld in te samel vir die St Mary’s Anglikaanse Kerk. FOTO:VERSKAF

WIN AN EXCLUSIVE TRIP FOR 2 TO SEE THE RED BULL X-FIGHTERS IN AUSTRALIA. SIGN UP FOR A RED BULL MOBILE CONTRACT BEFORE 31 JULY 2011 TO ENTER THE DRAW.

RBM100

RBM200

249

R

149

R

Per Month x24

Per Month x24

Monthly subscription excludes once-off R114 SIM & Connection Fee

Monthly subscription excludes once-off R114 SIM & Connection Fee

Includes: RBM HD or MOTOROLA MB 525 200 Minutes p/m 100 Messages (SMS/MMS) p/m 500 Megabytes p/m Caller Line Identity

Includes: RBM C or NOKIA 5230 100 Minutes p/m 50 Messages (SMS/MMS) p/m 250 Megabytes p/m Caller Line Identity

RBM HD

Only at For more information visit www.redbullmobile.co.za

RBM C

VISIT YOUR NEAREST CELL C STORE FOR MORE INFORMATION AND OTHER GREAT DEALS.

Cell C Weskus Mall

084 770 0114

Terms and Conditions apply. See in-store for details. These offers are available while stocks last. All prices are inclusive of VAT. For full Terms and Conditions visit www.redbullmobile.co.za or your nearest Cell C store.

JHB 31467

8


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.