Langebaan nuus 10 10 2013

Page 1

Oktober 2013

TOPOLINO PRIVAATSKOOL SPOG MET EISTEDDFOD TROFEE­WENNERS: Topolino het baie goed gevaar in die onlangse Wes­Boland Eisteddfod. Agter (van links) is Evangeline Mornet (kuns), Drian van der Bergh (kitaar), Kristen van der Westhuizen (voordrag en lees), en Kino Meintjes (voordrag); Voor is die gr. 6­groep wat met hul poppekas Shongo­ lolo en die atletiekbyeenkoms ’n cum laude­toekenning gewen het. Baie geluk aan al die wenners.


2

Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

Windtown hosts first beer festival Beer lovers from all over enjoyed the taste of local beer at Windtown’s first beer festival. Windtown Hotel in Breë Street, Langebaan hosted a very successful beer festival on 5 and 6 October. Craft beers from different West Coast and Western Cape breweries were on offer, such as Darling Breweries, Wind-

ermere Cider, The Belgian Beer Co, Boston Breweries, Jack Black, Triggerfish and others. Beer lovers were not deterred by the cool, windy weather and warmed themselves with quality beer and great conversation. Windtown will be donating R1 205 of their ticket sales to the Langebaanbased Veggie Garden Project.

Vedett, one of the local beers that were on offer.

Beer lovers enjoying the unique taste of Triggerfish beer. A representa­ tive of Lief­ mans beer with his pro­ motional surf­ board. PHO­ TOS: MADELIE TOLKEN

Tony Herbst wore his October­ fest outfit for the oc­ casion.


Langebaan News 10 Oktober, 2013

Fun in the holiday sun The Kind Games is a holiday programme held during the school holidays. Langebaan Country Estate, together with various other roleplayers, decided to do this again during the September holidays. Children tend to lose focus during the holidays, so they frequently end up exposed to peer pressure and poor decision making. Keep them busy with educational and physical activities and they will stay out of trouble while having fun. On 25 September 365 children from Langebaan participated in the Kind Games. The weather was lovely and the children had a great time in the sun and also enjoyed a sponsored lunch. Anyone who would like to sponsor the

The children loved the boeresport.

Councillor AndrÊ Kruger with some keen young cric­ ket players PHOTOS: SUPPLIED Kind Games in future or who would like to help or offer their sport expertise are welcome to contact Maryam Alie at 0722193378 or e-mail her at aliemaryam@gmail.com

Soccer fun at Seabreeze Park sport grounds

3


4

Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

Tiener kry stamselle by broer TRISH GOOSEN ’n Pragtige jong meisie kuier heerlik saam met haar maats by Curro se matriekafskeid in Langebaan. Diegene wat nie vir Minhet Lauwrens (18) ken nie, sou nooit kon sê dié vrolike, oënskynlik blakende gesonde tiener in die mooi rooi rok voer ’n stryd teen akute limfoblastiese leukemie nie. Ten spyte van die feit dat sy die helfte van haar skooljaar in die hospitaal en by die huis was, het sy nie dat haar siekte in haar pad staan om haar matriekafskeid by te woon nie. Met haar elegante rok en pragtige donkerbruin pruik wat haar nuwe uitgegroeide borselkophaartjies bedek, het sy behoorlik die asems by die matriekafskeid weggeslaan. Minhet was net ’n paar maande gelede só siek dat sy

in die hoësorgeenheid van die Mediclinic Constantiaberg in Kaapstad beland het. Sy was baie swak en ondergewig en ’n virus het veroorsaak dat sy septiese skok opgedoen het. Terwyl sy chemoterapie ontvang het, was die hospitaal haar tweede huis en die Lauwrense se hele gesinslewe omvergewerp. Tog het Minhet nooit moed verloor nie. “Ek het positief gebly en nie eintlik getwyfel dat ek aan die ander kant sal uitkom nie.” Haar laagtepunt was toe sy besef sy sal nie haar matriekjaar kan voltooi nie. Groot was die gesin se verligting toe Minhet se ouer broer, Eric (21) as geskikte skenker van beenmurg-stamselle geïdentifiseer is. Volgens Minhet is daar net ’n 20%-kans dat ’n broer of suster ’n geskikte skenker sal wees. Sy voel baie bevoorreg dat sy so vinnig ’n

skenker gekry het en haar broer is meer as bereid om haar te help. Die opwinding van die matriekafskeid is verby en Minhet is besig om haarself sielkundig voor te berei vir die laaste moeilike pylvak in haar reis na genesing. Sy sal Sondag 6 Oktober weer ’n week se chemoterapie kry, waarna sy twee dae sal rus. Eric se stamselle sal 14 Oktober getrek word en Minhet sal die stamselskenking op 16 Oktober ontvang. Daarna sal haar herstel ’n paar maande duur, maar sy hoop om in 2014 heeltemal gesond te wees en haar matriekjaar oor te doen. Sy wil graag ná skool BCom Bestuurswetenskap by die Universiteit Stellenbosch studeer. Minhet en haar gesin bedank al die wonderlike mense wat hulle deur hierdie moeilike tyd ondersteun het.

Minhet in Mei 2013 kort na­ dat ’n virus haar in die hoës­ orgeenheid laat beland het. FOTO: WESLANDER­ARGIEF

Minhet en haar metgesel Coenraad van der Merwe by hulle matriekafskeid in September 2013. FOTO: VERSKAF


Langebaan News 10 Oktober, 2013

OKTOBER ) If you think you may have a problem with drugs, there is a way out with the help of other recovering addicts in Narcotics Anonymous. An NA meeting is held every Tuesday from 19:00­20:30 at the Beacon Church, 5 Antonio Sieni St, Langebaan. 0 076 510 3290. ) Enjoy roosterkoek at the West Coast Fossil Park every Saturday. Freshly baked on an open fire from 10:00. Orders to be placed by Friday. 0 022 766 1606. ) Fresh Food Market day every last Sunday at Blue Bay Lodge. Time: 10:00 ­13:00. Place: Gardens at Blue Bay Lodge, Saldanha. Come and buy fresh local produce such as rotis, cup cakes, artisan breads, cheese and so much more! 0 022 714 1177.

) ATKV­Saldanhabaai hou elke Saterdag om 15:00 volkspele in Saldanha. Corné 0 083 235 8619 / 022 714 1702. ) Art Exhibition, Darling going Green, can be viewed at the Marmalade Cat, Main Road, Darling. There will be a variety of well­known and new local artists exhibiting and works will be priced ac­ cordingly. Money from the sa­ les will go to the Darling Mu­ seum. Exhibition closes 31/10. VRYDAG 11 ) Swartland Manne­ aand saam met Nico Nel en Jammies Jam­ neck by die Moorreesburg­ skousaal. Geniet ’n lekker boerekos­buffet ten bate van ’n baba met ’n seldsame vel­ siekte. Kaartjies: R250 p.p. Skakel 074 889 3762/079 607 8663 . ) St Helena Sandveld Hospice is holding an auction at the Athene Con­

ference Centre, Club Mykonos at 19:00. Tickets: R250 pp in­ cluding a sit­down meal. Phone Felicity: 082 940 6109. SUNDAY 13 ) Rhythms on the Stoep in Paternoster with Albert Frost and Kenan James Tatt. Expect a spell­binding performance of skill and vari­ ation. Time: 18:00–20:00. Tickets: R120 pp. Phone Camilla: 082 876 2711. VRYDAG 18 ) Verskeidenheidskon­ sert om 18:30 in die NG kerksaal, Langebaan. Verver­ sings te koop. Geen toe­ gangsgeld nie – slegs dona­ sies. Almal welkom. Meer be­ sonderhede by die kerkkantoor: 022 772 2813. SATURDAY 19 ) Spring­themed ladies’ tea at the West Coast Baptist Fel­ lowship from 10:00–12:00 at 4 De Klip Street, Vredenburg. Bonnita Badenhorst will

5

sing. Tickets: R40. Phone Christie: 084 581 2557. ) Bird ringing on Saturday morning at the Zout River in Hopefield. For a close­up view of how bird ringing works, see birds “in the hand” and learn about how information in bird books is gathered. Further information: Colin 0 083 250 5217. SUNDAY 20 ) Country and Blues by Luna Paige and Gerald Clark at Weskusplek, Jacobsbaai. Show starts at 11:00. Tickets: R150 pp in­ cluding Sunday lunch. Reser­ vations: 022 715 3333. WOENSDAG 23 ) Dik Mis, ’n vertoning aangebied deur Active Com­ munity Theatre, is om 19:30 by Hoërskool Diazville op die planke. Kaartjies is R30 p.p. en moet vooraf gekoop word. Geen deurverkope nie. Gavin Hofmeester 0 082 959 0937/022 713 5730 .


6

Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

New boat for rangers SANParks rangers will in future have a much easier job moving around the lagoon waters at Kraalbaai, thanks to the donation of a specifically built aluminium boat by the West Coast Honorary Rangers. The Ally-Gator 350, built at a factory in Port Elizabeth at a cost of about R27 700, will be used primarily for ferrying guests to and from the house boats and to a lesser extent for law enforcement. “We once again thank the Honorary Rangers for this much-needed donation that will be put to good use in the carrying out of our duties,” said Pat Bopape, Manager: West Coast National Park (WCNP) at a small ceremony last week. This year the Honorary Rangers also committed

R74 100 to the restoration of the main house on Jutten Island, to be used by volunteers taking part in the annual Pelican Watch. Another big cultural heritage project, in cooperation with the Park, is the renovation of the shepherd’s hut at the Seeberg lookout point. This task includes a paint job, roof, window frames, a new door and the erection of information boards on the cultural history of the area. “The park’s approximately 350 000 annual visitors will in future be able to get answers to their questions about the history of the Khoi, Eve’s Footprints, the whaling station and other interesting topics,” says Elbeth le Roux, the facilitator of the project and an Honorary Ranger with a keen interest in cultural heritage issues.

In front of the new Ally­Gator 350 are (back row from left) Honorary Rangers Edelbert le Roux, Tony Templer, Heilie Tem­ pler, Heidi Duncan and Hein Kotzee; (front) Huzalle Blake (Marine Sergeant: WCNP), Pierre Nel (Senior Section Ranger), Nozuko Mafanga (Environmental Monitor) and (back, on the far right) Dr Dave Longland (Honorary Ranger). Since its inception in 2001 the West Coast Honorary Rangers Corps has donated goods and other assets like 15 grey rhebuck, a small bus, rubber ducks, a quad bike, fridges, binoculars, ovens, books and many other items

to the value of about R1,2 million. For membership and other enquiries, contact Janet Celliers on 022 772 0955 or e-mail janet.celliers@webafrica.org.za. – Liana van Aswegen

MUSIEKSTUDENTE PRESTEER: Musiekstudente van die Riana van Wyk Musiekskool het uitstekend in die onlangse Wes­Boland Eisteddfod in Langebaan gevaar. Die studente het 1 brons­, 5 silwer­, 1 goud­ en 5 cum laude­toekennings verwerf. Hier is: (van links) Annerie Thiart en Chloe James; (middel) Dané Rentzke, Nelandi Boshoff, Jessica Venter en Charlene Cassisa; (voor) Christine Basson, Natanie Gouws en Malisca Carver.

FOTO: VERSKAF


Langebaan News 10 Oktober, 2013

7

Oud­Langebaner nou professor TRISH GOOSEN Jeanine Marnewick (46), voorheen van Langebaan, is besig om groot naam in internasionale wetenskaplike kringe te maak. Marnewick is Vrydagaand 27 September as vol professor by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie ingehuldig. Marnewick werk sedert 2006 as ’n senior wetenskaplike by die universiteit. Die afgelope 16 jaar het sy en haar navorsingspan gefokus op die navorsing van rooibos-fitochemikalieë om chroniese siektes te beveg. Die trots Suid-Afrikaanse rooibos- en heuningbostees bevat verskeie gesondsheidsbevorderingseienskappe en Marnewick was die eerste navorser wat bewys het rooibos kan kanker voorkom en ’n

groot rol in die beheer en voorkoming van hartsiektes speel. Sedert 2006 het Marnewick R1,4 miljoen vir haar navorsingsprojekte by die universiteit gewaarborg. Haar uitgebreide studies het ’n belangrike bydrae tot wetenskaplike literatuur gemaak en sy word op nasionale en internasionale vlak vir haar ongelooflike kennis op die gebied van rooibos erken. Haar pa, Danie Marnewick van Langebaan, is die stigter en voorsitter van die plaaslike veteraanmotorklub. Hy is baie trots op sy dogter se prestasies. Hy het aanvanklik gedink sy sal ’n loopbaan in ballet en moderne dans volg omdat sy op skool ’n talentvolle danser was. “Wie sou nou kon dink sy sou in die wetenskap uitblink!” het hy trots gesê.

Jeanine Marnewick.

FOTO: VERSKAF


8

Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

Bravo vir ’n lekker musiekfees

HELÉNE MEISSENHEIMER

Bravo! Dié fees kom weer ...

Ná ’n stillerige wegspring op ’n koue Vrydagaand het vanjaar se Bravofees Saterdagmiddag vinnig gees gevang. ’n Uithaler-aanbieding van gewilde sangers soos Snotkop, L’loyd Cele, Robbie Wessels, Emo Adams en Theuns Jordaan het almal, oud en jonk, gereeld op hul voete gehad met lekker loslit-dansnommers. By die sowat 35 stalletjiehouers buite die feestent het sake ook bedrywig gegaan. Volgens Hans Herrmann van die Malgas Lions, een van twee vrywilliger-welsynsorganisasies wat ’n gratis stalletjie gekry het, was dit Vrydagaand stil, maar Saterdag het dit baie goed gegaan. Hulle moes nog voorraad gaan aankoop. “Al die geld gaan vir katarak-operasies van minderbevoorregte mense. Ons is baie dankbaar vir die feesgangers wat ons ondersteun het.” Die Saldanhabaai Tafelronde was die ander welsynsorganisasie wat ’n stalletjie gehad het. Plaaslike mense is betrek om skoonmaak- en sekerheidsdienste by die fees te verskaf. Suzanne Retzke, produksiebestuurder by Frontline Productions (wat die fees gereël het), het geskat daar was maklik 2 500 mense Saterdag by die fees gewees. “Ek dink mense het dit gate uit geniet en daar het ’n baie gemoedelike atmosfeer geheers.” Daar was geen ongewenste voorvalle nie, het sy gesê. Jannie Joubert van die Paarl het gesê hulle het spesiaal deur-

gery vir die fees en dink dit was fantasties. Die gasvryheidsbedryf het ook ’n goeie naweek gehad. Dave Osborn, bestuurder by die Saldanhabaai-toerismeorganisasie (SBTO), het gesê dit was ’n besige naweek vir Langebaan en die hele gebied. Daar was baie besprekings by die gastehuise en die Bravofees het beslis hierin ’n rol gespeel. Mykonos Casino gaan volgende jaar weer die Bravofees aanbied, het Natasha Brand, bemarkingsbestuurder, gesê. “Dit het vanjaar baie goed gegaan. Dit was wonderlik om so baie mense te sien, ondanks die koue weer.”

Jaco Vermaak, Petra Joubert, Sarie Vermaak en Jannie Jou­ bert geniet ’n drankie buite die feestent.

’n Paar hardwerkende “feesbesems” het agter die skerms ge­ sorg dat alles by die fees glad verloop.

Wikus van der Merwe poseer vir ’n rock pic.

Die kinders het die kykNET­springkasteel baie geniet.

Gerhard en Dina Strydom van Paradise Beach het groot pret met hul prettige haarstukkke by die fees gehad.

FOTO’S: HELÉNE MEISSENHEIMER


Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

Die uitbundige skare in die feestent.

Andriette Norman het bekoor met haar besonderse stem.

Snotkop het die skare sin­ gend en op hul voete gehad.

’n Jolige atmosfeer het heel naweek by die fees geheers.

9

Die jongspan was gek oor die bekendes op die verhoog.

Dié drie maatjies het hul hare groen gespuit vir die geleent­ heid. Van links is Liam Burke, Vanwyk Reitz en Reitz Hof­ meyr.

Nicholis Louw se aanhangers is nie teleur­ gestel nie.


10

Langebaan News 10 Oktober, 2013

Appeal Board will sit in November The Langebaan Ratepayers’ and Residents’ Association (LRRA) is pleased to report on the following: Property Rates Process: The LRRA again had to point out to the Saldanha Bay Municipality that it was in contravention of the law on procedures prescribed by the Local Government Municipal Property Rate Act. The LRRA recently inquired when the long-awaited notice would appear on the Property Rates Appeal Board and was told it would sit from 25 to 28 September. At that time, no notice had been given to the appellants. The LRRA approached the Provincial Department dealing with the matter and was referred back to the municipality. The Rate’s Act states that the municipal manager must submit all appeals to the Appeal

Board within 14 days of their receipt and the board must then hear the appeals within 60 days of receiving the appeals. The appeals were delivered to the municipal manager on 28 April, meaning they had to be heard before 12 July. We were notified that the board sittings will be from 18 to 21 November, which is four months late. The financial implications can be severe as the Act clearly states that the inflated taxes must be paid unless and until the Appeal Board rules in the applicants’ favour. I am aware of various ratepayers who struggle to cope with this extra burden. The LRRA also had to intervene in 2008 when the municipality failed to stick to the letter of the Property Rates Act.They acquired a condonation from the MEC in 2008 and recently had to do the same. We have reason to believe the

21 day notices to appear at the appeals board were recently distributed. Uitsig Street steps: There seem to be movement in the right direction to fix the stairs on the beach between Melck and Uitsig Streets. Public comment on the environmental process closed on 29 August. The LRRA has continuously brought this matter to the attention of the municipal engineers since 2008 with no response. We also had the odd public representative on site with even less response. The structural integrity of the steps is now so eroded that they pose a serious safety risk and the main sewer line is behind and underneath the stairs. The LRRA were told last Monday that engineers were appoint-

ed to fix a small portion of the problem at a cost of R1,95 million. On the question of which construction design alternative was decided on, it became clear the municipality has embarked on a process that will require an assessment by appointing engineers without taking into consideration the results of the processes already conducted by environmental specialists. The LRRA feels strongly that the structural design must be user friendly to pedestrians and beachgoers. Till next time, Jaco Kotze Chairperson LRRA (Shortened. More on www.langebaanratepayers.co.za. Ed).


Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

11

Proud to be a Langebaner Langebaan Main Beach was a hive of activity on Heritage Day, Tuesday 23 September. I was walking along the beach in beautiful sunshine and a slight breeze, drinking in the holiday atmosphere. People of all ages, cultures and walks of life were in harmony with each other and enjoying the beauty of our lagoon. Later in the day I observed many braais, where families and friends were having fun. It is truly wonderful to be South African. I am sure that Langebaners can create this atmosphere 365 days a year by approaching all we do with a

positive attitude and in cooperation with each other. On Monday 22 September the West Coast National Park (WCNP) was in the process of orientating the newly appointed Extended Public Workers Program (EPWP) workers for the “Working for the Coast” programme. This programme intends keeping all the West Coast beaches clean whilst providing work and training to the disadvantaged. The minimal salary they receive at least puts a meal on the table. Please support these people, and if you have any complaints, please inform the WCNP Offices so that they can take corrective action. Earlier in September the Saldanha Bay Municipality (SBM) facilitated the Integrated Development Plan Review in the Town Hall. The session was well attended by

about 60 Langebaners who gave their input in a positive manner. I would like to thank all those who attended for their input. Many of the inputs dealt with problems regarding basic service delivery, maintenance and supervision. The SBM is in the process of implementing a new decentralised organisational structure to address these shortcomings. A Town Engineer for Langebaan and Hopefield has been appointed and will be in Langebaan shortly. The budgetary process now lies ahead. SBM will keep you informed of the public participation process in this regard. The 2014 national and provincial elections are around the corner. To vote you must be registered. I would like to thank the 139 newcomers to Langebaan who registered on

16 to 18 September. The Independent Electoral Commission (IEC) will be making further provision for registration at the Langebaan Town Hall on the weekend of 9 and 10 November. Feel free to contact me in this regard. My “Champion” for the month is the Community Policing Forum (CPF) for the highly successful “Blow the Whistle” programme presented on 6 September attended by about 500 children. The children of Langebaan are our future and the CPF excels in looking after their interests. Thumbs up for Langebaan! Be positive, take responsibility and make a difference where you are. André Kruger Councillor Langebaan: 022 772 2412 or 073 664 0506 or e-mail to info@wowlangebaan.co.za


12

Langebaan News 10 Oktober, 2013

Op ’n ander ka’i (see) Aloha uit Hawai’i! Ek sit hier op die Pinetree-strand naby die kusdorpie Kona, Hawaii. ’n Besorgde pa sit met sy klein blondekop seuntjie op sy branderplank en eet sy tortilla-skyfies. Sodra hulle klaar geëet het, dra die pa sy board en sy seuntjie se boogie-board in die water in. Dis duidelik dat die seuntjie nog skrikkerig vir die water is. Wat doen die pa? Hy gaan sit sy eie branderplank op die strand neer en gee al sy aandag aan die kind. Hy sit die seuntjie op die plank, wag vir die golf om te kom en laat die seuntjie dit uitry tot op die strand. Keer op keer help die pa sy

aspirant boogieboard-ryer. Totdat die seuntjie in Amerikaans skree: “Dad it is okay, I can do it.” Toe is dit tyd vir die pa om sy eie branderplank op te tel en die waters te trotseer. Tot hulle albei moeg ge-boogie is en saam weer op die board op die strand kom sit met hul rugkant na my, hul silhoeëtte afgeëts teen die pienk Hawai’ise son. Hierdie gesig is vanmôre glashelder in my geestesoog en laat my na Langebaan verlang. Nie omdat ek noodwendig daar baie branderplankryers sien uitgaan nie, maar die pappas wat hul kinders van doeke af gewoond maak aan die water. Ek het kom kuier vir my vriendin, Cecilia, wat oorspronklik van Jacobsbaai afkomstig is, en byna nege jaar hier op die Hawai’ise eiland in die Stille Oseaan by ’n per-

lemoenplaas werk. Sy het vir byna tien jaar lank al haar toewyding en aandag vir haar perlemoenbabas op Jacobsbaai gegee, waarna ’n geleentheid hier op die horison verskyn het. Deurentyd gesels ons oor hoe die eiland van Hawai’i ons aan die Weskus en SuidAfrika herinner. Die groot eiland (Big Island) waar sy werk, is ’n prutpot van egte Hawai’ians, Amerikaners, Japanese, Filippyne, Thaimense, Sjinese en vele meer. As ’n mens eers in ’n eenkultuurland soos Suid-Korea gewoon het, besef jy wat die waarde van ’n mengelmoes van kulture is. Ons land, die sprekende voorbeeld. ’n Resepland met vele speserymense. Dit bring warmte en ’n dieperliggende omgee en ’n wil om saam te werk. Nes aan die Weskus, waar almal saamwerk om van die “Weskus jou

lekker ding” (met verwysing na die Facebook-groep) te maak. Soos Langebaan die strandmeer het, Jacobsbaai al sy baaie en Paternoster sy kreef, is die see met warm kobaltblouwater die hartklop van die mense hier. Vrydae trek die inwoners (Kama’aina) in ’n laer af see (ka’i) toe, en bly daar vir die naweek tot die son se rooi hetesnikke verdof. Die lied, Over the rainbow deur oorlede Hawai’ise sanger, Bruddah Iz (Brother IZ), vertel van ’n reënboog en van blou voëls wat oor ’n reënboog vlieg. Sy liedjie vat ons weg na ’n droomplek waarna ons soms kan vlug. In die tussentyd is die vreedsame saamleef met die natuur, of dit in die ka’i van Hawai’i of die Atlantiese oseaan aan die Weskus, ons langdurige bron van vreugde. In verskillende seë onder een reënboog.


Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

TAFELRONDE DANKBAAR VIR SUKSESVOLLE AAND: Die Saldanha Tafelronde het onlangs hul groot jaarlikse geldin­ sameling by Bouzouki’s in Club Mykonos in Langebaan gehou. Die aand was ’n reusesukses en plaaslike talent het behoorlik die gehoor vermaak en. Hulle bedank graag al die borge en mense wat die aand bygewoon het. FOTO’S: LIZAAN NEL

Oplossing vir moeë oë Vriendinne, dis tyd om klaar te speel met oë wat jou ouderdom verklap. Daar is geen rede waarom jy nie ook pragtige vars oë dié somer kan hê, wat jou natuurlik baie jonger sal laat lyk nie. Jy verdien om te lyk of jy pas van ’n heerlike ontspanne vakansie afgekom het. Ons ken almal die wenk met komkommerskyfies en rooibos-teesakkies op ons oë, maar wat kan ons nog doen om die donker kringe ligter te maak en nuwe sprankel aan ons oë te gee? Neem meer vitamiene K. Dit sal help om daardie donker kringe en pofferige moeë oë te verlig. Groen groente, slaaiblare, kruie (droog en vars) sowel as avokado’s is uitstekende

Spinasie is ’n bron van vita­ miene K. bronne van vitamiene K. Yster is ook belangrik. Peusel gereeld aan pruime en rosyne om te sorg dat jy genoeg yster inneem. Jy sal sommer sien, as jy gesond eet en ook baie water drink, sal jou oë een van die dae begin blink en die delikate vel om jou oë, jare jonger vertoon. – Anita Verster

13

Die bekende Nic Stevens het opgetree as gaskunstenaar by Saldanha Tafelronde se jaarlikse geldinsameling wat by My­ konos gehou is.

OPKOMENDE SANGTALENT: Nelandi Boshoff (12), ’n leerling van Curro in Langebaan, het pas teruggekeer van Johannes­ burg waar sy aan ’n nasiona­ le talentkompe­ tisie (South Afri­ can Talent Championships) deelgeneem het. Sy het twee goue medaljes en een silwer medalje ver­ werf. Nelandi spog ook met die eerste prys in die onlangse Weskus Idols­ kompetisie in haar ouder­ domsgroep en het drie cum laude­toekennings by die Wes­Boland Eisteddfod ont­ vang. FOTO: VERSKAF


14

Langebaan News 10 Oktober, 2013

Skryf in vir fietspret in die park beurt ’n amptelike keuringsresies vir die bekende Cape Argusfietstoer is. Deelnemers kan hulle verlustig in van die mooiste natuurskoon aan die Weskus. Die roete kronkel Met sy nuwe baaddeur die pragtige jie aan as die Langesandveld-plantegroei baan Country Estate digby die oewers van Lagoon Cycle ChalSuid-Afrika se enigste lenge, kan sowel soutwatermeer en oor deelnemers as besoedie skiereiland wat kers vanjaar uitsien die Atlantiese Oseaan na nie net die uniek- Die Langebaan Country Estate Lagoon Cycle en die Langebaanheid van dié reeds ge- Challenge bring weer op 16 November fiets­ strandmeer verdeel. wilde fietsuitdaagrit ryers na die Weskus Nasionale Park. FOTO: Voeg daarby die ontin die Weskus Nasio- TONY TEMPLER spanne atmosfeer, nale Park nie, maar ook na groter prestige, volop ning maak. Die resies is vir dikwels onverwagse dieregegesogte pryse en spesiale aan- drie jaar agtereenvolgens as drag, interessante landmerke die Pedal Power-vereniging soos Preekstoel en Geelbek, biedinge. Die uitdaagrit bied twee (PPA) se beste pretrit be- veelseggende plekname soos roetes van onderskeidelik kroon. Dit is terselfdertyd ook Fanie se Kop en Slangbult, die 35 km en 80 km, wat dus vir die ideale oefenlopie vir die veiligheid van die roete sondie hele gesin maar ook vir groot Die Burger-fietstoer der ander padgebruikers, uitdie ernstiger ryers voorsie- twee weke later, wat op sy stekende reëlings en, siedaar!

LANGEBAAN – Dis weer tyd om vir die plaaslike ereveldwagterkorps se jaarlikse fiets-pretrit op 16 November in te skryf!

Inskrywingsvorms en meer inligting is beskikbaar by www.lagoonchallenge.co.za met skakels na www.pedalpower.org.za en www.racetec.co.za. Die koste vir die 35 km-roete is R60 vir deelnemers met ’n PPA-nommer en R75 vir die daarsonder en vir die 80 km-roete onderskeidelik R90 en R115. Fietshelms is ’n vereiste vir deelname. Die sluitingsdatum vir registrasie is 14 November. Laat inskrywings sal nog van die Vrydag af aanvaar word, voordat die 80 km-deelnemers Saterdag om 07:00 wegspring en die 35 km-trappers om 07:45. Dié inskrywings sal jou meer uit die sak jaag. Navrae: Pam Rutledge by 022 772 2787 of 071 160 282, Elbeth le Roux by 022 772 1021 of 082 899 8616, of e-posadres info@lagoonchallenge.co.za. – Liana van Aswegen

SEESKULPIE HOU ENTRE­ PRENEURSDAG: Seeskulpie Privaatskool op Langebaan het onlangs hul jaarlikse entrepre­ neursdag gehou. Die graad R­leerlinge het weer stalletjies met hul eie produkte gehad. Beoordelaars het pryse vir die beste seun en meisie entrepre­ neur gegee asook vir die mooi­ ste tafel. Melandi Verleg vertel vir Fanie Wagner wat alles by haar eetgoedstalletjie te koop is. FOTO’S: VERSKAF

Jade Jafta het die lekkerste kolwyntjies verkoop.

Madison Puxly saam met haar mamma, Wendy Puxley by Ma­ dison se stalletjie.


Langebaan Nuus 10 Oktober, 2013

15

Large kob surprise anglers Even the farmers are complaining about the amount of rain we have had this year! Hundreds of hectares of wheat have drowned because of the continuous rains during September. While September is our prime stumpnose month, this year it has failed as very few have been caught. In contrast to last year the elf were also few and Jaco Coetzee with Steenbras. far between with the best specimen caught only spread of different sizes. They weighing in at 2,5 kg. The big ranged from under the size surprise, especially during limit to fish of 7 kg. It is said the last week of September, that they are our lagoon’s finwas the large number of kob est fish for frying in a pan. that were caught. I have a feelOther fish that have also ing that more kob have been made an early appearance are caught during the last two geelbek and maasbankers. weeks than were caught the Talking to the old salts, it whole of last summer. The seems these two species were kob are also of a lovely size, very common in years gone between 3 and 8 kg. Also sur- by. Today however it is a real prising was the fact that they thrill catching a geelbek. were caught from SpreeuWhat does the month of Ocwalle to the line. tober bring us on the angling Hennie Frazier started the front? I hope that the shoal of party when he caught four kob that have moved into the kob on one afternoon. He is a lagoon stay and give our anbit secretive about where glers much pleasure. they were caught. He did, At present there are large however, have a hottentot in shoals of yellowtail feeding his creel which suggests he around Dassen Island and we caught them in reasonably can just hope that some of deep water. them will find their way into Steenbras have as usual the lagoon. As the stumpnose been a main target during this did not make an appearance month. Here Jaco Coetzee led during September we may the way. What is really pleas- have the large size biting this ing is that there is a good month. – Vincent Taylor.

CURRO SE HOKKIESTERRE: Curro Privaatskool is trots op die leerlinge wat onlangs aan ’n interprovinsia­ le hokkietoernooi in Port Elizabeth deelgeneem het. Ag­ ter (van links) is Niel Lochner en Waldo Singleton. Voor is Kayli Singleton en Alme Jonker.


Oktober 2013

Present and past commodores of Langebaan Yacht Club at the annual Opening Cruise. From left are Paul Stuyck, Errol Strick­ land, Jannie Uys, John du Plessis, Admiral Koos Louw (president of LYC), Jaco Smith, Alfie Smit, André Kruger, Johann Rüster and Nico Jacobs (present commodore).

Successful Opening Cruise The Langebaan Yacht Club had their Opening Cruise on Saturday 28 September. A larger than expected crowd arrived for this annual event. This may have had something to do with the aroma coming from the lamb on the spit that was being prepared for lunch. The only disappointment was that many of the yachts that were to take part were trapped inside Mykonos as there were 6-metre swells running into the lagoon. This was very well compensated for by the junior kayak-

ers who took part in large numbers. As the wind was in the south, the sail past took place from the south to the north. Commodore Nico Jacobs received the salute at just after 12:30 from Vice Commodore Gavin Goldschmidt who was cruising on the lead yacht. The occasion was attended by many dignitaries including Mayor Francois Schippers and Admiral Koos Louw. The Club can be proud of a very successful Opening Cruise enjoyed by more than 200 members and friends.

Sailing action during the Langebaan Yacht Club’s annual Opening Cruise. PHOTOS: SUPPLIED


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.