Die Piketberger Mar 2016

Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Swem Boeties Swem

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Leon Top Argitek...p3 Van Rooyens presteer...p4 Prokureur Nortjé...p4 Somermark...p5 Nuwe dokters...p9 Petrusa Smit 90...p9 2015 Matrieks presteer steeds…p24 Unisa Musiek…p26 Mnr en Mej PHS...pp27,28 SSS se VRL...p29 Groenvlei Primêr Atletiek...p30 Karlita Ystervrou...p33 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Die Mouton broers van Citrusdal, tans leerders by PHS, het onlangs deelgeneem aan die Hoërskool Hopefield Uitnodigingsgala. Van Dyk, links, het goud vir Borsslag, Jahnco, middel, goud vir Vryslag, Borsslag en Vlinderslag en Erasmus, regs, het silwer vir Vlinderslag en brons vir Borsslag gewen. Erasmus is ook deel van die Boland Tweekampspan. Jana Truter het ook deelgeneem aan die gala en silwer gewen vir Vlinder– en Rugslag en brons vir Vryslag. (Sien p33) Foto: Awiëtte Mouton

Kom ons bespaar water terwyl daar nog water is om te bespaar! Meld enige pypbreuke dadelik aan by die bystandspersoneel by 083 272 3850

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel Vang die oomblik vas

"Catch him doing something right", het ons in die Kindersielkunde geleer - veral daai seuntjie of dogtertjie wat dikwels in die moeilikheid is en deur almal afgeskryf is. Die uitdaging is om 'n oog en 'n hart te ontwikkel om die goeie en die mooi raak te sien. Ons in Piketberg is beslis 'n paar treë voor die res van die wêreld - ons kry elke maand 'n koerant in die hand wat net die mooi en die goeie verkondig. Bladsy vir bladsy is die "catch him/her doing something right"oomblikke vasgevang in 'n foto of berig. Lees dit met 'n jubelende hart, vertel dit oor en wees saam bly. My lewe word so verryk deurdat ek deel in ander se vreugde en hoogtepunte.

Liefde Marietha

Nuwe Maatskaplike Werker Edna Peters is die nuwe Maatskaplike Werker by ACVV op Piketberg. Edna het na haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch, vir ses jaar by Badisa in die Richtersveld omgewing (Eksteens-fontein, Lekkersing, Port Nolloth) gewerk. Sy het ook vir ‘n kort tydjie vir die Departement van Onderwys by skole in die Malmesbury omgewing gewerk. Edna sê haar uitdaging is om die positiewe in elke mens raak te sien. Foto: Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Pierre Steenkamp skryf... Dit is gemeenplaas dat ’n mens baie keer iets eers mis nadat jy dit nie meer het nie. Ons bly baie lekker hier op Mosselbaai, maar daar is tog sekere dinge wat ons van Piketberg mis as ons maandeliks Die Piketberger lees. Die grootste gemis is seker ons vriende van Piketberg. Alhoewel ons gelukkig is dat van ons Piketberg vriende ook hier op Mosselbaai bly en sommige Piketbergers van tyd tot tyd kom kuier, is daar tog ’n leemte as ons hier dorp toe gaan en jy geen bekende raakloop vir ’n lekker geselsie by byvoorbeeld die winkel of die kerk nie. Ons mis ook die skool en al sy bedrywighede. Nou nie eintlik meer om voor ’n klas te staan nie, maar die ander bedrywighede soos sport en kultuur. Wat ek veral mis is die positiwiteit wat uit Die Piketberger uitstraal. In die plaaslike koerante word baie briewe van klakouse geplaas en dan kla die mense oor nietighede. Dankie dat ons nog elke maand Die Piketberger kan kry en ook so die nuwe geslag presteerders kan leer ken. Pierre het ook laat blyk dat hulle die sappige en geurige braaivleis van die Kerkbraai mis......Red.

Oumagrootjie in Huis AJ Liebenberg skryf... As gevolg van oordadigheid met Kersfees en verskillende geleenthede is daar dikwels tekorte. Met Kersfees het ek vir die agterkleinkinders elk verskillende koeverte gegee, versier met prentjies uit Ouma se laai. Daarin was 'n spesiale briefie, 'n geldjie en 'n toegedraaide lekker. Die verrassing en opgewondenheid was groot. En siedaar! Nou wil almal net spaar en 'n bussie hê.

Het u geweet dat u Die Piketberger kan lees in kleur op die internet.

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter 022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

www.piketbergtourism.co.za

Betrekkings Aangebied Halfdag huishulp. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Tulbagh Plant Hire

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

is op soek na 'n bekwame en betroubare hardwerkende persoon om 'n tak in Piketberg te bestuur. Moet met mense kan werk. Kode 08 lisensie hê. 'n Tegniese aanleg hê. Kennis van bou masjinerie sal tot u voordeel wees. Vertroud wees met dorp en omgewing. Drie referente op CV plaas; asook kontaknommer van vorige werkgewer.

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Epos aan: tphjor@gmail.com

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen


3

Leon Top Argitek

Sandra vir Fiësta Sandra Hanekom is genomineer vir 'n Fiësta vir Visuele Kuns. Sy is ook aangestel as kurator vir Huisgenoot se 100ste bestaansjaarvieringe by die KKNK. Foto: Facebook

Leon van der Westhuizen, middel, ontvang sy prys van Allin Dangers, Corobrik Direkteur van Verkope en Adri Oliphant, Corobrik Streeksbestuurder. Foto verskaf "From humble beginnings to winning architectural awards. A former Nelson Mandela Metropolitan University student is making waves in the world of Architecture" . Hierdie aanhaling is uit die Weekend post, 30 Januarie 2016 en Oos-Kaap Herald van 31 Januarie 2016. Leon van der Westhuizen (oud PHS'ser, onderhoofseun 2010), ontvang die gesogte prys van Corobrik met sy ontwerp en tesis om die vervalle Boet Erasmus stadion in Port Elizabeth en omgewing, te transformeer in 'n Suiwerings-aanleg asook Navorsingsfasiliteit. Tans is die stadion 'n hindernis vir Toerisme asook ontspanning in die bekende Happy Valley. In sy ontwerp word die vervalle stadion in 'n Suiweringsaanleg omskep, wat die erg besoedelde Sharkrivier, deur vleilande en lelie damme op 'n biologiese manier suiwer en 'n Navorsingssentrum wat die ekologiese status van die Vallei sal monitor. Skoon water word so geproduseer wat nuwe plant- en dierelewe sal vestig asook ontwerpte areas waar mense kan swem, fietsry, stap en piekniek hou langs die onbesoedelde rivier. Leon was oorweldig met die prys, media-dekking, radio onderhoud op Kingfisher fm en toe hy hoor dat die projek een is wat gekies is om gepubliseer te word in 'n boek van Ora Joubert, "100 Projects, 10 Years - Architecture in Democratic SA". Leon sê: "Die gevoel om so 'n prys te wen is onbeskryflik en dis lekker om te weet dat harde werk en laat aande beloon is". Leon verwerf sy graad MArch Cum Laude aan die einde van 2015 aan NMMU en werk tans in Knysna, ThesenIsland.

Somersuitverkoping

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling

Winkel  022-913 2418

(voertuig en residensieël)

 022-942 1787

Herstel,

Riana Smit  022-942 1787

Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164

 082 921 1977


4

Van Rooyen broers Presteer

Prokureur Nortjé

Charl en Johan van Rooyen Charl van Rooyen is tans besig met sy MCom Operasionele Navorsing. Hy is sedert sy eerste jaar lid van die "Golden Key Honour Society" aangesien hy onder die top 15% akademiese presteerders van die Universiteit van Stellenbosch was. In 2014 behaal hy BSc Wiskundige Wetenskappe met hoofvakke Toegepaste Wiskunde en Operasionele Navorsing. In 2015 behaal hy BCom (Hons) Operasionele Navorsing. Charl is die jongste van drie broers in die gesin en almal, oud-PHS'ers en oudMaties, is uitblinkers. Johan het in 2011 sy BAgric graad verwerf. Jaco, die oudste beklee vanjaar 'n pos aan die US as Analitiese navorsingswetenskaplike vir die Sentrale analitiese laboratoria. Na sy BSc graad in Molekulêre en Sellulêre Biologie en Biotegnologie, behaal hy BSc (Hons) in Biochemie. Sy projek handel oor Malaria en "Drug Target Discovery". Einde 2015 het hy sy tesis voltooi vir MIng (Navorsing) in Chemiese Ingenieurswese oor "Biocontrol Strategies in Post Harvest Diseases". Jaco van Rooyen Foto’s verskaf

Ondersteun asseblief ons Adverteerders. Hulle maak Die Piketberger moontlik.

Mareza Nortjé is op 5 Februarie toegelaat as Prokureur. Die seremonie was in die Hooggeregshof, Kaapstad. Foto verskaf

Lindie Strydom kuier in Piketberg

Vrydagaand, 12 Februarie 2016 het die VLV-Piketberg met groot verwagting uitgesien na Lindie Strydom se boodskap. Die gehoor was vasgenael deur haar boodskap – “Gebruik jou tyd wat jy nou het produktief, kwaliteittyd is belangrik en ons moet die verlede vergeet en benut die genade-tyd!” Sy verwys ook na die boek van Yolande Korkie “558 Dae”, wie se man as gyselaar aangehou is en nooit kon dink dat sy en haar man se tyd saam in die huwelik so sou kon eindig nie. Lindie is aanbieder van die KYKNET-program op DSTV, Geloof, Hoop en Liefde. Verder is sy betrokke by Radio Groot-fm 90.5 en sy het twee boeke die lig laat sien. Die nuutste is “Nou is die tyd” en is by alle boekhandelaars beskikbaar. Sy het onlangs ook haar sangdebuut gemaak en die CD “Heilig is u Naam” is binnekort op die rakke. Graag wil die VLV-bestuur al die Piketbergers en besoekers van omliggende dorpe bedank vir hul ondersteuning met hulle eerste funksie. Enige navrae ivm VLV-vergaderings skakel Nicoline Brown 082 477 0665.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Nicoline Brown en Dinette Lochner, VLV Bestuur met Lindie Strydom, middel. Foto: Soreen Gouws


5

Somermark

Foto’s: Marietha Goosen


6

Mnr en Mev… Mr and Mrs… Mnr en Mev...

Reynier Meyer en Angelique Ihlenfeldt is op 19 Desember 2015 te Parow getroud. Reynier is die seun van Jacques en Lorraine Meyer van Piketberg. Foto: Lanika Kiekies

Wêreldbiddag vir Vroue Vrydag 4 Maart om 7vm in NG Kerk

Niel van Eeden en Anja Venter is op 30 Januarie te Hartswater getroud. Niel en Anja is oud-De Hoekers en -PHS’ers, Niel het in 2006 gematrikuleer en Anja in 2011. Niel werk by die Vaalharts Waterskema en Anja doen haar klerkskap by ‘n prokureursfirma daar. Hul hond se naam is Wolf! Foto: Annelie Venter


7

Jou perfekte klein swart nommertjie…

Hoewel ons baie lief is vir kleur, dit waardeer, en met elke geleentheid graag kleur dra, besef ons ook dat mens soms per geleentheid voel om dinge klassiek en eenvoudig te hou. Dit is waar ons “klein swart nommertjie” (KSN) inkom… Swart mag dalk nie in almal se dominante kleur palette wees nie, tog hier by ‘colour me beautiful’ weet ons, dit is nie noodwendig watter kleur jy dra nie, maar wel die skakering van ‘n kleur, en hoe jy die kleur dra wat dit ‘n sukses maak. Jy moet in ag neem die materiaal waarvan jou KSN gemaak is, hoeveel vel jy wys, en watter bykomstighede en grimering gebruik moet word sodat dit vir jou werk

Alle skakerings van Swart

Die voorkoms van swart sal versag wanneer jy ‘n materiaal met tekstuur gebruik, en dit sal ietwat ‘ligter’ wees wanneer jy deursigtige materiaal gebruik. Sulke KSN is ‘n baie beter opsie vir diegene in die ‘Sag’ asook ‘Lig’ Dominante groepe, veral wanneer die deel van die materiaal naaste aan die gesig, soos bv om die skouers, deursigtig van aard is, sal hierdie tekstuur die ‘Swart’ baie sagter vertoon teen die gesig se vel.

Wys bietjie vel

Die ‘Diep’ Domimante groep is die enigste kleur groep wat ‘n donker kleur op sy eie naby aan die gesig kan dra, sonder dat dit versag hoef te word. Om swart dus met sukses te dra, wys genoeg vel met ‘n ietwat meer oop, of moontlik ook laer halslyn, hoewel steeds betaamlik.

Bykomstighede

Die regte bykomstighede sal beslis jou KSN komplimenteer. Lig sal reflekteer op metale en krale, wat die voorkoms sal ophelder en jou natuurlike kleur sal uitbring en opkikker. Warmer vel-ondertone werk beste met goud, koper en brons; waar koeler vel-ondertone weer beste werk met silver, platinum en ‘pewter’. Diamante (ook die nagemaaktes) is perfek vir almal!!! En natuurlik sal dit ook wonderlik wees om ‘n item van kleur te gebruik.

♥Bederf jou spesiale persoon in die maand van Liefde♥

Koop vir jou geliefde ‘n geskenk wat besonders is. Hetsy jy vir jou geliefde ‘n bydrae koop tot ‘n lewens veranderende ervaring, en of jy die volle Kleur-en Styl pakket koop, sal jy ‘n geskenk gee wat ‘n leeftyd se waarde toevoeg. Dit is die ideale oplossing vir enige vrou wat sê “ek het niks om te dra nie…” en vir die man in jou lewe…wel, ‘n voorkoms konsultasie mag dalk net wees wat hy nodig het! Onthou… "GESKENK BEWYSE" is beskikbaar. Kopiereg © 2016 Colour Me Beautiful, Alle regte voorbehou. beagrobler7@gmail.com www.colourmebeautiful.co.za Kontak Nommer: 082 326 5871 Bel, sms, of whatsapp vir afsprake asook enige bestellings vir CMB grimering


8


9

Nuwe Dok

Welkom aan die Du Preezs

Dr Hendrik Botha is besig met sy hospitaaljaar by Radie Kotze Hospitaal in Piketberg. Hendrik is ‘n boorling van Eversdal. Foto: Marietha Goosen

Petrusa Smit word 90 Petrusa Smit, tans inwoner van ‘n woonstel by Huis AJ Liebenberg, het op 5 Februarie haar 90ste verjaardag stil en rustig op hul plaas, Smitsvlei, deurgebring. ‘n Paar vriende en familie het haar verras en die dag vir haar baie spesiaal gemaak. Mag sy nog baie jare van goeie gesondheid en geluk ervaar in haar nuwe tuiste! Foto verskaf

Dr Shaun du Preez en sy vrou Tammy is nuwe intrekkers in Piketberg. Shaun is die nuutste toevoeging tot dr Herold Truter se Tandartspraktyk. Tammy is ‘n fisioterapeut wat eersdaags ‘n praktyk op Piketberg gaan begin. Shaun en Tammy het albei in die Kaap grootgeword waar Shaun aan die Universiteit van Wes-Kaap studeer het. Benewens Tandheelkunde het hy ook 'n diploma in Radiologie gedoen. Hy is tans besig met 'n meestersgraad in Radiologie en Diagnose wat hy deur die Universiteit van Pretoria doen. Tammy behaal 'n Bsc graad in Molekulêre- en Biotegnologie en ook 'n Bsc Fisioterapie graad, albei aan die Universiteit van Stellenbosch. Foto verskaf

TANDARTSE:

MEDIESE PRAKTISYNS

DRS H TRUTER, L VAN WYK en S DU PREEZ

Drs Smit & Morrison

VOORTREKKERSTR 75, PIKETBERG TEL 022 913 1630 / 913 2925 VOORTREKKERSTR 81, CITRUSDAL TEL 022 921 3110 HOOFSTR 9, LAAIPLEK (BY DR ANNANDALE) – TEL 022 783 0092

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

OMVATTENDE TANDHEELKUNDIGE PRAKTYK: • Herstellend en Voorkomend  Ortodonsie  Chirurgie – Verstandtande en Implantate • Kunsgebitte • Kosmetiese en Estetiese Prosedures – Tandbleiking, Finere, Kroon- en Brugwerk

SKAKEL GERUS VIR AFSPRAAK


10

Die Bewaker

Piketberg Blom- en Tuinbouklub

deur Marguerite Poland

(Afrikaanse vertaling deur Daniel Hugo)

Deur Sandra van Wyk Die verhaal dek die tydperk van sowat 1900 tot 1960 en vertel van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en hul vrouens op ‘n afgeleë eiland. Die enigste ander inwoners is die ghwanowerkers – en die twee groepe word deur ‘n rigiede stel reëls gedwing om apart van mekaar te bestaan op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Die verhaal kom vroeg reeds op dreef. Die middeljarige vuurtoringwagter, Hannes Harker, word met sy vrou na ‘n afgesonderde eiland verplaas. Pas nadat hy die outomatisering van die vuurtoring daar voltooi het, ontdek hy iets wat lank in die toring weggesteek was, wat hom sy balans laat verloor, en hy val. Só beland hy in die hospitaal waar hy aan suster Rika sy lewensverhaal toevertrou. Daar ontstaan ‘n besondere vertrouensverhouding tussen hulle. Soos wat hy die vuurtoring bewaak het, “bewaak” suster Rika sy verhaal en sy stel uit sy woorde ‘n wêreld saam wat, laag op laag, deursigtig, dun en yl – haar eie realiteit van hom, Hannes Harker, word. Met die aankoms van ‘n karakter uit Aletta, Hannes se vrou, se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ‘n enkele, skokkende gebeurtenis. Die vertelling is siklies, eerder as chronologies. Gebeure wat aanvanklik genoem word, word later in meer besonderhede herbesoek. Motiewe word soos ‘n inkantasie herhaal, net soos die vuurtoringlig om en om draai en skyn. Enersyds lees Die Bewaker soos ‘n speurverhaal met die misterie rondom Louisa Harker, Hannes se ma, se dood, wat die verhaal voorstu, maar dis ook veel meer: dis ‘n roman oor trauma en verlies en die uitkringende gevolge daarvan op die inwoners van die eiland. Dit is meesleurend en laat ‘n mens in verwondering oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories. Daniel Hugo sorg vir ‘n uitmuntende vertaling van The Keeper en slaag daarin om in ewe meevoerende trant as die skrywer in Engels, hierdie verhaal aan die leser te bring. Om voornemende lesers te prikkel, hiermee ‘n paar van Daniel se puik beskrywings: -“die knetterende steuring” oor die foon -“die wippende lig van ‘n flits” -“Sy het net so goed soos hy geweet: vuurtoringwagters gaan waarheen hulle gestuur word. Sonder om te kla”. -die “helderblou lug – wanneer die see asemhaal asof hy diep slaap” -”Maisie staan op die punt, plomp en plegtig” -“matrose vrees nie die see nie, hulle vrees die land” - dit was vir Hannes “asof hy op ‘n seevoël afgekom het wat van koers af gewaai het. Agterdogtig, wild en kwaad” -“die spook van haar sigaretrook wat soos ‘n wingerdrank om haar kop dryf”. Dit is sulke ryk beelde en taalgebruik, wat ‘n mens uitnooi om Die Bewaker te lees. Erkennings: In die opsomming is direk aangehaal uit resensies deur Izak de Vries en Rudolf Stehle, sowel as die beskrywing op die agterblad, waar die leser geprikkel word om meer uit te vind van wat tussen die 183 bladsye opgesluit lê.

Elmien Uys, bestuurslid, Anita Jordaan, demonstrateur, Elbeth Liebenberg, erelid en Susan Brand, lid van Piketberg se Blom- en Tuinbouklub, wat die baie leersame demonstrasie van Anita Jordaan bygewoon het. Foto verskaf Die volgende vergadering is Woensdag 2 Maart by Tillies in Tillalaan. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00 uur, vergadering begin 9:30. Die vergadering neem die vorm aan van 'n werkswinkel. Ons gaan ‘n sement blombak maak. Lede en gaste wat die vergadering bywoon moet asseblief die volgende saambring: 'n 1 kg en 'n 500g magerine of enige ander plastiese houer. Die houers kan reghoekig of rond wees. Jou twee houers moet dieselfde vorm hê. 'n Groter bak, drie liter of groter om die sement in te meng. Plastiese handskoene en 'n hand tuingrafie. Besoekersfooi R30 vir nie-lede. Kontak Katinka by 082 829 6918 Regs is ‘n voorbeeld van die blombak wat gemaak gaan word.

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers


11

Van Klippe na Pille

45 jaar gelede het Ducky Anthonissen vir die eerste keer by Piketberg Apteek begin werk. Harry Esau het toe reeds al twee jaar by die apteek gewerk. Dis moeilik om te dink dat Ducky net na skool besluit het om Geologie te gaan studeer aangesien hy 'n liefde Ducky Anthonissen en Harry vir chemie gehad het. Esau. Foto: Marietha Goosen Een dag voor hy die bus na Stellenbosch moes haal, het 'n boer hom in sy pa se groentewinkel gevra of hy regtig belangstel in "klippe" waar hy besef het, nee. Net daar het hy besluit sy liefde vir gesondheid en chemie sal in 'n apteek goed saamwerk. Daardie aand is hy en sy pa na die apteker op Calvinia, Oom Pelser. Oom Pelser het hom oortuig om by Potchefstroom Universiteit te registreer om Aptekerswese te gaan studeer en ook aangebied om hom te help met sy studies. Een week later is hy oppad Potchefstroom toe. Dit was sy eerste keer in sy lewe uit die Kaap uit. Ver van sy ouerhuis in Calvinia het hy deurgedruk en klaargemaak. En vandag staan hy al vir 45 jaar in Piketberg Apteek en het ál drie sy kinders in sy voetspore gevolg en ook aptekers geword. Nog nooit was hy 'n dag spyt dat hy klippe vir pille verruil het nie. 'n Apteker met 'n groot liefde vir sy werk en kliënte. Berig deur Lizaan Basson Piketberg is lief vir jou, Ducky - Red.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Binnekort op ons rakke

Delight Bath Essentials produkte Kom bederf jouself met hierdie tuisgemaakte produkte

2016 Gemeenskapsopname begin

Die Weskusspan van Statistiek SA is tans hard aan die werk ter voorbereiding vir die 2016 Gemeenskapsopname. Die opleiding vir hierdie projek het begin op Maandag 22 Februarie by Dunn's Castle, net buite Piketberg. Sowat 90 kontrak veldwerkers word vir twee weke lank opgelei. Daarna sal hulle vir ses weke besig wees met hierdie opname. Dit is 'n opvolg op die Sensus wat in 2011 plaasgevind het, maar slegs sowat 10% van die wonings word besoek. Die Weskusspan van Statistiek SA is agter Natalie Adams, Leta de Beer, Dudley Rodgers, Mark Dirks, Yolanda Jordaan, Helouise Philander en Louise Cloete. In die middel is Legrechia Esterhuizen, Auriëtte Phillips, Elizma Claasen, Denzil De Wee, Linda Beukes, Sonja Wend, Judith Andrew en Raeesah Ibrahim. Voor is Armand Swarts en Tracy Adonis. Foto: Marietha Goosen

Raak DSTV nou te duur vir jou? Neem ‘n DVD kontrak uit en spaar!!! 25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00 Nog meer om van te kies

 022-913 2646


12

Rus-‘n-Bietjie Vrugtefees 20 Jaar Gelede — Maart 1996 VOORBLAD: Die bestuurspan van Boland Spar op Piketberg het weereens presteer op die onlangse Algemene Jaarvergadering van Spar Wes-Kaap. Hierdie keer vir uitsonderlike diens aan hul kliënte. Op Saterdag 10 Februarie het die eerste interskole tussen Laerskool Redelinghuys en Laerskool Eendekuil plaasgevind. Daar is soveel moeite gedoen om ‘n baan gereed te kry en al het die dorings somtyds ‘n ou in sy wedloop gestrem, was dit pure pret en so ‘n groot lekkerte om deel te neem dat selfs die warm son vergete geraak het. Babbel en Krabbel Bewaar– en Kleuterskool is agt jaar oud. Sy deure is op 1 Februarie 1988 vir kleuters van Piketberg oopgemaak. Daar was toe 57 kleuters en vier personeellede. Nou, agt jaar later is daar 125 kleuters, ‘n tuinier, kok en ses onderwysers. Die junior Victrix Ludorum is Sandra Kitshoff en die junior Victor Ludorum is Luan Fouché. Die senior Victrix Ludorum is Isa Eksteen en die senior Victor Ludorum is Frank Scheun. Trapfietsryers moet daarop let dat ‘n trapfiets ‘n voertuig is en dus moet voldoen aan sekere vereistes van die Padverkeerswet. ‘n Oortreding van enige van die reëls is strafbaar met ‘n boete van tot R50.00. Die Verkeersdepartement doen ‘n vriendelike beroep op al ons fietsryers, veral ons kinders, om hul samewerking te gee.

Die ACVV se Rus-‘n-Bietjieklub het die jaar se bedrywighede afgeskop met ‘n heerlike vrugtefees. De Berge Gastehuis het hul geriewe gratis beskikbaar gestel vir dié gesellige byeenkoms. Sonder die ruimhartige vrugte bydraes van Boetie Kotze, Nico Basson, Vernon Basset, Sanet Stander, Hannes Hanekom, Hanri Venter, Koot Nel, Lourie Nel, asook die verkoelingsgeriewe van Eric Jooste en Steph Stephan, sou die geleentheid nie moontlik wees nie. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning. Vir die lede van Rus-‘n-Bietjie is daar baie om na uit te sien in 2016, soos ‘n bederf-oggend saam met Sonja Heroldt, ‘n uitstappie na die Skole vir Dowes en Blindes op Worcester en ‘n Koorfees. ‘n Nuutjie is die speletjieoggende in die ACVV se saaltjie – elke Maandagoggend vanaf 9.30vm. Kom alleen of saam met vriende en verwyl die tyd met kaart- en allerhande ander speletjies. Jy kan selfs net kom sit en gesels of vir almal koffie en tee maak! Enige persoon bó 60 jaar is baie welkom om by Rus-‘nBietjie aan te sluit. Kontak Elmarie van Rooyen 022 913 1525 vir meer besonderhede.

Huis te Huur  

  

Stap-afstand van Piketberg Hoërskool (oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 volle badkamer, kombuis, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig, karaktervolle atmosfeer. Kan gedeel word tussen dagmamma’s wat op die Dorp wil wees weens skoolgaande kinders, of as 4 kantore gebruik word (het besigheidsregte), of ideal vir klein gesin. Semi-gemeubileerd onderhandelbaar R4 500/maand (water ingesluit)

Rus-’n-Bietjieklub het ‘n paar nuwe lede bygekry. Marie van Zyl, links en Len Grootendorst, regs, is nuwe lede. In die middel is Jacoba Basson.

Ook: 1-slaapkamer grondvloer woonstel, selfde perseel teen R3 300/ maand beskikbaar (water en dienste ingesluit). Semi-gemeubileerd indien verkies.

Skakel Clare 083 225 0059

Mara Burger saam met een van Rus-’n-Bietjieklub se nuwe lede, Willem Burger. Foto’s: Suzette Fouché


13

T E

T E

K O O P

K O O P

VOORTREKKERSTRAAT 7

SKAKEL EIENAAR 084 624 0963

* 4 RUIM SLAAPKAMERS MET KASTE * SITKAMER * NUWE GROOT MODERNE SOLIEDE HOUT KOMBUIS * KELDERKAMER MET NUWE OOND / HOB / EXTRACTOR * NUUT BEDRAAD * 1 BADKAMER NUUT OORGEDOEN * RINGMUUR OM RUIM HOEKERF * WATER OPGAARTENK ± 12,000L ONDERGROND Voortrekkerstraat 7, Piketberg * PRAGTIGE OREGON PINE VLOERE NUUT OORGEDOEN Skakel eienaar 084 624 0963 * ENKELMOTORHUIS NUWE DAK EN VLOER


14 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Oral waar ek kom vra mense dieselfde geregverdigde vraag: Hoe gaan dit met die watersituasie in Bergrivier? Ons hoor orals van die droogte in Suid-Afrika en Bergrivier is nie gespaar nie. Op 11 Januarie 2016 het die Nasionale Rampbestuur Sentrum van Suid-Afrika die Weskus Distrik en Sentrale Karoo as landbou droogte Hanlie Linde rampgebiede verklaar. Hiermee saam is Oudtshoorn, Prince Albert en Witzenberg Munisipaliteite as hidrologiese droogte rampgebiede verklaar. Bergrivier Munisipaliteit is versoek om 20% waterbesparings te realiseer. Dit is juis in sulke droogte tye dat ons weer ‘n slag dink oor waar ons drinkwater vandaan kom as jy jou kraan oopdraai. As water volop is aanvaar ons dit maklik as vanselfsprekend. Om julle volledig in te lig, het ek al die detail van Piketberg se water by ons ekspert, Jaco Breunissen, gaan uitvind. Piketberg se water word onttrek uit die Bergrivier, ongeveer 800 meter stroomaf van die brug oor die Bergrivier op die N7, net onder Org de Rac. Soos met elke grootmaat gebruiker in Suid-Afrika, is daar ‘n kwota vir Bergrivier Munisipaliteit geallokeer wat ons nie mag oorskry nie. Hierdie water is nie gratis nie en word die verbruik daarvan maandeliks deur die Departement Water en Sanitasie (Waterwese) gemonitor en word ‘n rekening gelewer aan die Munisipaliteit. By ons onttrekkingspunt is ‘n volledige watersuiweringswerke met ‘n kapasiteit van 3.15 mega liter per dag om te voorsien aan die wateraanvraag vir al die inwoners van Piketberg. Nou kan u vra: Hoeveel is ‘n mega liter? As ons praat oor hoeveel water beskikbaar is in ‘n dam, word dit gewoonlik uitgedruk in eenhede wat ons mega liters (Ml) of giga liters (Gl) noem. Een mega liter is gelyk aan een miljoen liter en 1 giga liter is 1000 miljoen liter water. Dit is nogal baie. Dit beteken dat Piketberg se watersuiweringswerke 3,15 miljoen liter drinkwater per dag kan suiwer. Die aanleg is so ontwerp dat dit met minimale opgradering vergroot kan word met 30%. Daar is dus oorgenoeg kapasiteit om drinkwater aan Piketberg te lewer. By die suiweringswerke word water gesuiwer om aan die standaarde van SANS 241:2011 se streng vereistes te voldoen. Toetse word daagliks gedoen om te verseker dat die chloorvlakke, ph en troebelheid aan die vereistes voldoen. Monsters van die finale water word weekliks geneem en deur ‘n onafhanklike geakkrediteerde laboratorium getoets. Ons drinkwater is van goeie gehalte en kan sonder huiwering gedrink word. Gedurende koeler wintermaande word slegs 8 ure per dag water onttrek en gesuiwer, maar op die oomblik (in die warm somermaande) word water tussen 19 en 24 ure per dag onttrek en gesuiwer om aan die aanvraag te vol-

doen. Met die beperkte stoorkapasiteit in die opgaardamme en hoë verbruike van die inwoners, speel monitering van die watervlakke ‘n groot rol om die balans te kan handhaaf en te verseker dat water volhoubaar gelewer word. Die van ons wat hoog op teen Piketberg bly sal weet dat daar soms lae druk in ons waternetwerk voorkom. Moenie bekommerd wees nie. Dit beteken nie dat ons nie voldoende drinkwater het nie. Ons poog deurgaans om dit so min as moontlik te laat gebeur. Beperkte fondse en behoeftes in Bergrivier Munisipaliteit word deurgaans geëvalueer en word die bou van ‘n derde opgaardam vir Piketberg, met ‘n kapasiteit van 2 Ml, beplan vir die 2018/19 finansiële jaar. Waterpypbreuke kom soms voor. Die publiek kan ons help deur waterpypbreuke so gou as moontlik aan te meld by ons bystandspersoneel by die volgende nommer: 083 272 3850. Vier verskillende opgeleide beamptes deel die bystandsbeurte naamlik Johan Adams, Izak Wiese, Karools Pedro en Dirk Cloete. Vanaf die werke word water gepomp na die twee opgaardamme met ‘n gesamentlike kapasiteit van 5.7 Ml. Dit is geleë teen die berg agter Piketberg Hoërskool. ‘n Addisionele bron wat ongeveer 10% van die verbruik van Piketberg lewer is afkomstig van Klein Vogelvallei se fontein en word ook in die opgaardamme gestoor. Hiervandaan word die drinkwater in die waternetwerk versprei. Alhoewel die reënval intensiteit hoër is as die gemiddeld, was die gemete reënval vir 2015 die laagste sedert 1921. Gemiddelde damvlakke in Suid-Afrika was teen die einde van Januarie 2016 slegs 46% vol, in vergelyking met die 65% vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Bergrivier Munisipaliteit is in die bevoorregte posisie om volhoubare water te lewer aan die eindverbruiker in Piketberg, maar word dit weereens beklemtoon dat water spaarsamig gebruik moet word, en die aanbevole maatreëls asseblief eerbiedig moet word. Ons bedank graag elke inwoner wat moeite doen hiermee. Kom ons spaar water terwyl daar nog water is om te spaar.    

NB nommers van die Munisipaliteit Piketberg Kliëntediens Beampte vir aanmeld van alle klagtes: Jackie van Huyssteen 022 913 6005

Brandweer:

083 272 3714 / 10177 (na-ure)

Waterpypbreuke:

083 272 3850 (na-ure)

Aanmeld van diefstal en bedrog: Interne Ouditeur 022 913 6002

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


15

Verander van eienaar vanaf 1 Maart 2016 Ons wil graag al ons kliĂŤnte bedank vir jare se ondersteuning, julle het die Rooiwinkel gemaak wat dit vandag is. Dan ons personeel, sonder julle was dit nie moontlik nie, baie dankie. Trevor is die nuwe eienaar, hy sal voortaan tot julle diens wees. Hy het 20 jaar ondervinding en sal goeie diens aan julle verskaf. Alles bly presies soos dit is, hy sal net verbeter daarop.

: arop ees a d f WEEKLIKSE SPECIALS lie it w sseb al geslu e a t e Maandag: 2 x Hake en Chips R42 L el s ebruari k n i w F Dinsdag: 2 x Smoor burgers en chips R34 Die op 29 Woensdag: 2 x Snoek en chips R40

Donderdag: 2 x Russians en chips R34 / 2 x large pizzas R100 Vrydag: 2 x Hoender guns en chips R39 Saterdag: Hake en Snoek en chips en tartaresous R42

Tel: 022 913 3047 / 071 108 6061

Trevor 079 499 2702

Vir enige spesiale bestellings en funksies


16

Boksies vir Buksies deur Jannie Lategan

’n Huldeblyk aan Mariana le Roux

“Boksies vir Buksies” is ‘n projek wat oorspronklik deur die NG Kerk se vrouediens ontwikkel is met die oog op uitreike na Mosambiek, Malawi, Msinga en Makathini. Die bokse bevat materiaal wat help om die voorskoolse kleuter skoolgereed te kry. Badisa gebruik die bokse met groot vrug in die Piketberg en Porterville omgewing. Die idee is dat ‘n tuisbly mamma tot ses kleuters vir een uur per dag blootstel aan die materiaal. Agter van links is Hannie Visser, Zylia Volschenk, Heslien Malgas, Joan Cloete, Ester Schreuder (Badisa Porterville) Doreen Louw en Rozanne Opperman. Voor van links, Emily Faro, Florina Isaacs, Elenore Baumeester en Georgina Barron. Foto: Marietha Goosen

Farmer’s Market Piket-bo-berg Saturday 27 February Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (behind Rangers) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Contact for free

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Straks het ons vir Mariana le Roux net geken as ‘n sendeling wat in Frankryk onder kinders gewerk het en deur ons kerk finansieël ondersteun was. Sy was seer sekerlk een van die begaafste en talentvolste leerders wat PHS nog opglewer het. Mariana was Hoofmeisie van PHS in 1958. As gevolg van haar buitengewone inteligensievlak het sy Graad 1 en 2 in een jaar gedoen. Sy was ‘n uiters bekwame pianis en vioolspeler en het die orrel ook bespeel. Haar musiek-talent het haar na baie groot hoogtes gelei en sy het ‘n BA Mus aan die Konservatorium by die Universiteit Stellenbosch studeer en selfs later haar doktorsgraad in musiek behaal. Op skool het sy onder die bekwame hande en kennis van ‘n intertydse toegewyde musiek onderwyseres, Anna Minnaar Vos (vrou van die skoolhoof van daardie tyd Dr WH Vos), haar toegewydheid en haar talent uitgeleef. (Terloops, onder Dr WH Vos se leiding, is die Skoolsaal gebou en sy naam pryk op die hoeksteen.) Daar word onthou dat gedurende skoolkonserte en musiekuitvoerings, het Anna Minnaar Vos haar vleuelklavier van haar huis laat kom en saam met die skool s’n het sy en Mev Vos duette gespeel wat abso-luut onbeskryflik was. Mariana het ook viool gespeel. Haar pa en ma was gedurende daardie jare die predikantspaar op die dorp, Ds PG Rossouw en sy vrou. Om te sê dat Mariana oorlede is, klink vreemd, want haar werk in Frankryk het verrykende gevolge vir die jeug daar gehad wat vandag nog sy rimpel effek voortdra. Mariana het haar man, wat ook ‘n predikant was, op die jeugdige ouderdom van 35 jaar aan kanker verloor en sy is agtergelaat met vier klein kinders tussen 2 en 9 jaar oud. Mariana het Maligne Melonoom kanker gehad en dit het later na haar brein en longe versprei, maar sy was feitlik tot met haar dood by haar bewussyn. Mariana het nog ‘n suster Christa wat leef, wie se man ook oorlede is en te Potchefstroom woon. Haar oudste broer, Lourens, is ook oorlede. Gedurende 2015 was Mariana in ‘n motorongeluk betrokke. Voor haar dood het sy van Leeupoort na haar seun in Richardsbaai verhuis. Kort daarna is sy in ‘n versorgingseenheid opgeneem en binne drie dae oorlede. ’n Huldediens vir haar is gehou te Leeupoort. Mariana se ma was self ‘n sendeling en het haar opleiding te Wellington en Stellenbosch gehad, maar sy kon nooit as sendeling in Afrika gaan werk het nie…die dokters het gereken dat as sy malaria sou opdoen, sy dit nie sou oorleef nie. Ds en Mev PG Rossouw was ‘n baie geliefde predikantspaar te Piketberg. Mev Rossouw was by die destyde Kinderkrans betrokke as leier. Mariana laat twee dogters en twee seuns agter. Mariana Rossouw le Roux is oorlede, maar haar gees leef voort. Daar waar sy beweeg het, het sy ‘n verskil gemaak in die lewens van mense, veral kinders. Piketberg en sy mense buig hulle hoofde, want hier het ‘n besondere mens geleef en ontwikkel.

NG Kerk Paasdienste

Donderdag 24 Maart om 7nm - Nagmaal Vrydag 25 Maart om 9:30vm - Nagmaal Huis AJ Liebenberg Sondag 27 Maart om 9vm - Opstandingsdiens


17


18

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Ek glo vir meeste van ons is dit ons hart om die regte ding te doen, maar ons kry dit nie altyd reg nie. Ek staan nie in die oggend op en dink hoe ek verkeerd kan doen vandag nie, maar tog maak ek foute en tree nie op soos wat ek moet nie. As ons nie versigtig is nie, kan dit veroorsaak dat ons skuldig en veroordeeld voor God voel en dit later ons intieme verhouding met Hom affekteer. Laat ek net begin deur te sê: dit is altyd die regte tyd om die regte ding te doen. Hier is my vraag dan: As ons weet om die regte ding te doen, hoekom doen ons dit nie? Ek is baie lief vir die Woord, want dit antwoord werklik al ons hartsvrae en help ons om ons situasies vanuit die regte perspektief te sien. In Romeine 7:8-9 staan daar: “Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.” Hierdie teks maak dit duidelik dat die wet van Moses allerhande begeerlikhede in Paulus opgewek het. Die wet het veroorsaak dat hy goed begin doen het wat hy nie wou doen nie. As jy vers 7 ook gaan lees, sal jy sien Paulus noem dat hy die sonde nie sou geken het as dit nie vir die wet was nie. Toe die wet ingestel is dat jy nie mag begeer nie, toe het die versoeking om te begeer skielik ook lewendig geraak. Hierdie voorbeeld kan ook so mooi in kinders gesien word: as jy vir hulle sê om nie iets te doen nie, wat wil hulle doen? Presies dit wat jy gesê het hul nie moet doen nie.

Paulus skryf verder in Romeine 7:15: “Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.” Waar los dit vir my en jou wat reg wil doen? Paulus eindig met goeie nuus in die laaste deel van Romeine 7:24-25: “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!” Jesus het ons kom vrymaak van die las van die wet. In Romeine 10:4 staan: “Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.” Jesus het ons kom regmaak voor God deur geloof in Hom. In Galasiërs 5:22 staan geskrywe: “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Soos ons God se liefde en genade werklik vir onsself begin ontdek, sal ons die vrug van Galasiërs 5:22 begin leef. ‘n Vrug is ’n outomatiese byproduk van ’n plant of boom wat in die regte grond geplant is. As jy jouself in God en Sy Woord plant, gaan jy Sy vrug dra. As die byproduk wat jy lewer liefde, blydskap, vrede, geduld, ens. is, onderhou jy dan die wet? Absoluut. Ons fokus is dus nie om die wet te onderhou nie, maar om God se liefde en genade te ontdek en ‘n verhouding met Hom te geniet. Wanneer ons onsself in Sy liefde ontdek, gaan ons van nature heiliger leef as wat ons ooit deur ons eie probeerslae sou kon doen. Dit is goeie nuus. So, wat is my gebed dan as ek steeds foute maak wat ek weet ek nie moet maak nie? Ek sê: “Here, dankie vir U liefde en genade. Dankie dat U my sondes reeds kom vergewe het. Dankie dat U my plek kom vat het sodat ek die lewe kan kry. Help my om die waarheid in U Woord raak te sien wat my vry gaan maak van dit wat ek nie meer wil doen nie.” En na die gebed begin ek die Woord lees... Johannes 8:32: “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Ware lewe is om vry te wees. Wanneer jy God se ware liefde vir jouself ontdek, sal dit jou vrymaak. Romeine 6:14: “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” Romeine 13:10: “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” Wanneer ons God se liefde ontdek, sal ons deur die liefde, die wet outomaties onderhou. Verdere studie: Romeine 3:19-28, 6-8; 2 Korintiërs 5:21; 1 Korintiërs 15:55-57 (Alle skrif-aanhalings, behalwe as anders aangedui, is uit die 1933/53 vertaling geneem)


19

KiX se OtjiekosProjek

Kix se Vrydae oggendbyeenkomste by PHS het weer op 29 Januarie begin. Kix beywer hulle vanjaar vir die Otjiekos-projek waar hulle die otjie voer in plaas daarvan om geld vir bedelaars te gee. Die bydraes word bymekaargemaak om uiteindelik vir Badisa te help om mense in nood by te staan. Ester Smit, Yolanda Crous en Elzaan Trautman staan hier met die spaarvarkies. Foto’s: Marietha Goosen

Die leiers is agter Marié Ehlers, Hanli Brand, Hanlie Richter, Jansie Truter, Gerda Basson, Yolanda Crous en Marie van Niekerk. In die middel is Corné Brynard, Biddy Langenhoven, Ilse Bruwer en Juanita Joubert. Voor is Marietha Goosen, Leandra Loubser, Ester Smit, Elzaan Trautman en Teresa van Niekerk. Liesl Koegelenberg afwesig. Regs Otjiekos-Projek Spaarvarkies.


20

PPC Toekenning

     

Recon Cylinder heads (Skim & P/test) Resleeve engines Rebore engines Grind & Polish Crankshafts Assemble Engines Service & Repair on all makes and models  Aluminium and Stainless Steel and Cast Iron Welding  Diagnostics on all Vehicles  Bearing Press And many more!!! We are RMI, SA Warranties, Motorite, AMP, Hollard approved and many more!!

14 Voortrekker Street, Piketberg

Johan Vorster, Algemene Bestuurder, PPC De Hoek oorhandig die Algemene Bestuurders Toekenning aan Neels Nelson tydens die jaarlikse funksie. Neels ontvang ook die Nasionale PPC-toekenning vir “Production Excellence”. Foto: Lorraine Lourens

NG Kerk Eendekuil Ons leef vir Jesus Christus en Sy Koninkryk

Gemeentefees en “Fun ride” 9 April 2016 - 8:00 tot 13:00

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Ons nooi almal om deel te wees van ons fees in die Perdesportsaal!

Skop die oggend af met ‘n heerlike plaasontbyt! Die res van die dag kan jy smul aan pannekoek, boereworsrolle, hamburgers, braaivleis en dalk potjiekos. Daar is ‘n broodtafel met lekker plaasbrood, roosterbrood of stokbrood wat jy self maak. Natuurlik is daar ‘n koektafel met allerhande gebak en ‘n poedingtafel met regte “basaarpoeding”. As jou bene moeg raak, kom ontspan in ons teetuin. As jy dors raak, is daar behalwe die gewone water en koeldrank, ook tuisgemaakte rooibos-ystee, gemmerbier en suurlemoenstroop! Die produktetafel sal sorg vir ‘n verskeidenheid verrassings! En die kinders? Daar is ‘n tafel net vir hulle!!! ‘n Verskeidenheid aktiwiteite sal hulle onder jou voete uithou. Die groter kinders (tussen 20 en 90) sal die aktiwiteite net so geniet! Die “fun ride” spog met lieflike roetes op plaaspaaie en daar is ‘n afstand om elkeen te pas: 66km (vir die fikses en flukses); 37 km; 16km en 6km vir die kinders (ook vir die luies en die lammes). Inskrywings op die terrein vanaf 7:00 of vanaf 1 Maart by Richard Botes 084 549 4908. Kom trap daai fietse daar is wonderlike pryse om te wen! Navrae: Kerkkantoor: 022 942 1898 of 084 458 1167 Pastorie: 022 942 1606 of 083 417 8323 U kan ook u eie stalletjie oprig (geen kosverkope nie). Kontak Marié Grobbelaar 022 942 1731 of 082 595 1210


21


22

NG Kerk Gemeente Braai

Uitkampteater by KKNK

In ’n eerste vir Suid-Afrikaanse kunstefeeste, word kortkuns soos nog nooit tevore by die 22ste KKNK gevier. Dié nuwe projek, Uitkampteater, trakteer feesgangers op die mees intieme teaterervarings nóg. Vanjaar se kunstevakansie in die Klein Karoo, word van 24 tot 30 Maart, oor Paasnaweek en tydens die nasionale skoolvakansie, op Oudtshoorn aangebied. Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, beskryf Uitkampteater as ’n baie opwindende projek. “Dié projek bring uitvoerende kuns sommer na die hartjie van die fees. Tien unieke, kort produksies word in klein tente aangebied, waar alleenlik omtrent 25 mense per vertoning toegelaat kan word. Feesgangers kan sommer op pad en tussen opvoerings by die kort stukke inloer. Die stukke word aangebied deur twee Nederlandse Tentjestheater-spesialiste (Uitkampteater is op die konsep van Tentjiesteater in Nederland gebaseer), die gevierde teatermaker Wessel Pretorius skep spesiaal ’n werk en avontuurlustige jong professionele geselskappe bring hulle kreatiwiteit na die projek, waaronder die wenners van die Departement van Kultuursake en Sport se Edendramakompetisie. Uitkampteater word moontlik gemaak deur die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria, die Theaterfestival Boulevard en die NLC,” sê Theart. In Ivoortoring voer die Nederlanders Jacqueline Hamelink en Miesjel van Gerwen geïmproviseerde duette op tjello en papier uit. ’n Skets kom stuk-stuk te voorskyn, geïnspireer deur die klanke van ’n tjello. Terwyl die ink op die papier vloei en meer kontoere skep, word die musiek ryker met toenemende intensiteit. Dan is dit stil en die kunswerk is voltooi. Oscar Kocken en Patrick Nederkoorn, ook van Nederland, kies in Wild Guest lede uit die gehoor om die hoofgaste in hulle kletsprogram te wees. Die gehoor luister na ’n spesiale en spontane gesprek oor die gas se geskiedenis, huidige lewe en toekoms, terwyl daar snaaksighede en verbasend akkurate beelde op die skerm agter verskyn. Daar is geen teks, wat elke vertoning uniek maak. Vier komedies is deel van die Uitkampteater-program. Wessel Pretorius en David Viviers is te sien in Klara Maas se hart is gebreek, waar die trane regmaak vir diensplig en twee “narre” die bondige biografie van Die Laaste Traan skets. Jannes Erasmus is ’n kandidaat wat inskryf vir Kokkedoor in Knie-Diep. Hy is besig om ’n Youtube-video te maak om te wys hy kan méér as net koekbak, maar vat dalk die term naked chef te ver. In Strafskop wys Deanre Reiners en Piet Matipa dat rugby en braai die naaste ding aan liefde vir mans is. ’n Tjop en ’n dop maak ’n strafskop. Twee pelle, een braaier, geen lisensie, geen beheer. Drie uiteenlopende feesgangers met verskillende smaak en styl ontmoet in ’n klein tent op Oudtshoorn in Wees gewaarsku, met Ian van der Westhuizen, Noel Pilkington en Arno Daiber, en dinge ruk hand uit. Volgens Theart word die tente volgens die tema van die produksies versier en die optredes sal elke dag vanaf 15:00 tot 21:00 om die uur te sien wees. Spesifieke tye van elke optrede sal by die kunstenaars se tente beskikbaar wees. Kaartjies is alleenlik by die ingang van die tente voor elke vertoning beskikbaar. Besoek gerus die KKNK-webtuiste vir meer inligting. Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite / Checkers en House & Home. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word. Foto’s: Marietha Goosen


23

Dunn’s Castle - Toekennings vir gasvryheid en harde werk Dunn’s Castle Gastehuis is deur Sleeping-OUT aangewys as die beste onderneming in Piketberg vir 2015, asook die gastehuis in Piketberg wat die besoeker die meeste waarde vir geld bied. Bestuurspaar Conrad en Lesley Nel is met reg trots op hul toekennings en sê dis ongetwyfeld die resultaat van vyf jaar se harde werk. Vir vier jaar het hulle Dunn’s Castle bestuur, sedert Julie 2015 is hulle eienaars van die besigheid. Hulle stem saam die geheim van hul sukses is hul voortdurende teenwoordigheid by die gastehuis. “Ons is die heeltyd hier,” sê Conrad en Lesley voeg by dat hulle ook nie skroom om te doen wat gedoen moet word nie, selfs as daar vloere geskrop moet word. Hy is van mening dat hul besigheids– en mensekennis ook grootliks tot hul sukses bydra. Dunn’s Castle beskik onder meer oor konferensiefasiliteite, 23 selfsorgeenhede, sewe bed en ontbyt eenhede, ‘n kroeg asook onthaal area en binnekort ‘n volwaardige restaurant. Besprekings is noodsaaklik aangesien hulle byna regdeur die jaar vol is. Conrad reken dat die “uitsig en rustigheid” Dunn’s Castle maak. Dunn’s Castle is sowat 4km buite Piketberg op die Velddrifpad geleë en die uitsig is ongetwyfeld uitsonderlik. Conrad is trots op die fonteinwater wat uit elke kraan op die perseel vloei en poog om Dunn’s Castle so “groen” as moontlik te bestuur. Conrad en Lesley is ernstig oor kliëntediens en sal uit hul pad gaan om kliënte gelukkig te hou. “Ons leuse is dat jy hier aankom as kliënt, maar vertrek as vriend en glo dis hierdie gasvryheid wat mense oor en oor, jaar na jaar laat terugkeer.” Dagbesoekers is ook welkom.

      

Die personeel van Dunn’s Castle is agter Louise Khan, Rufaro Ruzvidzo, Lesley en Conrad Nel, Nadia Vlotman en Roline Senekal. Voor is André Nell en Leo Muzorodzi. Foto: Marietha Goosen

Self-Catering Bed & Breakfast 2 Swimming pools Wedding Venue Bar Live bands on Saturdays Free Wi-Fi

Dunn’s Castle Piketberg About an hour’s drive from Cape Town and half an hour from the West Coast

Book in as a client and leave as a friend.

Tel: 022 913 2470

Website: www.dunnscastle.co.za The winner of two 2015 awards:

BEST ESTABLISHMENT BEST VALUE FOR MONEY


24

Otjies kry naam

PHS se Matrieks van 2015 Presteer steeds

Wickus Bronkhorst, toppresteerder van PHS het, na hermerk van antwoordstelle, nog 2 A’s gekry wat sy total op 6 A’s bring.

Adriana Visser haal die tweede posisie op die Wes-Kaap ranglys met 96% vir English FAL.

Die Kix klasse het elkeen vir hulle Otjies name gegee. Hier verskyn leerders uit elke groep met ‘n Otjie wat nou ‘n naam en ‘n persoonlikheid het. Sien ook p19. Foto: Marietha Goosen

Biblioteekweek 14 - 19 Maart Daniel Goosen se haal die sewende posisie op die Wes-Kaap ranglys met sy 87% vir Siviele Tegnolgie. Foto’s: Sanet Ackermann en Marietha Goosen

Leeskring Program 2016

Datum 17 Feb 16 Mrt

PIKETBERG CHRISTIAN SCHOOL We currently have a position in our Senior Class The ideal candidate will need to meet the following criteria ● Language Qualification: E ● The candidate must be prepared to go for training ● Must be a Spirit-filled Christian ● Be discreet and a great team player ● Able to take initiative ● Majors preferably in Maths and Science Hours: 7:15am - 15:15pm Remuneration will be discussed at the interview. Please send your CV to: piketbergcs@gmail.com Only successful candidates will be contacted.

20 April 18 Mei 15 Junie 20 Julie 17 Aug 21 Sept 19 Okt 16 Nov

Boek ‘n Huis vir Esther Carolle Campbell Buys Willem Anker (Grensroman) Ikarus Deon Opperman Biegbrief en ander verhale Esta Steyn Vermis op Allesverloren Anchen Troskie Love, Life and Elephants Daphne Sheldrick Rewolusie van die Hart Adriana Falling Balade vir ‘n Enkeling Bloedvreemd Juliana Coetzer Afsluiting


25

Ope brief aan PHS-ouers en belanghebbendes Beste ouers, vriende, kennisse en oud-skoliere van ‘n pragtige skool teen ‘n ewe pragtige berg. 2016 hardloop reeds teen ‘n spoed in alle rigtings en het vir ons almal sy kwota uitdagings saam met die stofwolk gebring. Ek verduidelik graag kortliks die volgende sake wat baie van u die afgelope weke op sosiale media en in gesprekke opgetel het en miskien oor wonder. 1. Handboekgelde: Ons het reeds ‘n skrywe aan alle ouers uitgestuur om te verduidelik dat die Onderwysdepartement ons daarop gewys het dat handboekgelde deel van die totale skoolfonds moet uitmaak en nie apart gehef mag word nie. Hierdie handboekgelde vorm deel van die skoolfondsbegroting, maar ons het dit apart gehef om die finansiële administrasie rondom hoër- en laerskoolleerders (waarvan die handboekgelde se bedrae verskil) te vergemaklik wanneer handboeke uitgereik word. Genoemde handboekgelde word gehef vir boeke wat aangekoop word wat nie deur die Onderwysdepartement voorsien word nie, asook die groot hoeveelheid boeke wat jaarliks weens slytasie en swak drukwerk op die skool se koste vervang moet word. Geen geld is onregmatig van enige ouer verhaal nie. Kwintiel 4 en 5 skole (waarvan PHS ‘n Kwintiel 5 skool is, wat beteken dat ons in dieselfde kategorie val as groot skole soos ‘n Paarl Gimnasium en – regverdig of nie – in dieselfde welvarende kategorie geplaas word) mag ouers versoek om handboeke en skryfbehoeftes te koop aangesien die Norme- en Standaardegeld wat hierdie skole ontvang, minimaal is. Ons skool ontvang slegs R193 per leerder per jaar van die WKOD, ‘n bedrag wat ten opsigte van bedryfskostes reeds eerste pouse van die eerste skooldag opgebruik is. 2. Skoolfonds: Die gemiddelde skoolfonds van ons omliggende skole (handboekgelde ingesluit) – PHS, Hoërskool Porterville, Dirkie Uys, Augsburg en Hopefield – is R10 302 per leerder per jaar. PHS se skoolfonds (handboekgelde ingesluit) is R9 950 per laerskoolleerder en R10 100 per hoërskoolleerder per jaar. PHS se leerders kry dus uitsonderlike onderrig en geleenthede teen ‘n skoolfonds wat onder die gemiddelde skoolfonds vir die omgewing se skole is. Gerugte dat ons skoolfonds buitensporig is, is soos u kan sien heeltemal onwaar. 3. Dissiplinêre gevalle: Dit is onwaar dat dissiplinêre voorvalle nie deur die skool aangespreek word nie. Elke leerder – ongeag ras of geslag – se welstand en plek in PHS is ewe belangrik. Die skool distansieer hom van enige vorm van rassisme deur individue en word die regte prosedure gevolg om almal se belange te beskerm. Ons probleme en uitdagings is nie uniek nie – dit is die probleme en uitdagings van alle skole binne die onderwys vandag. Die Beheerliggaam het nie al die kennis en insig in pag nie, maar die skool se toekoms is vir ons ongelooflik belangrik en word alle besluite wat geneem word uit hierdie oogpunt gedoen. Daar word nie kosbare tyd gemors met duister agendas nie. Elke ouer se betrokkenheid en harde werk vir die skool en ons kinders vorm saam die Beheerliggaam (nie net die ouers wat hierop verkies is en die aanvoorwerk moet doen nie).

Baie baie dankie mnr Marius Scholtz, elkeen van ons puik onderwysers, elke lojale ouer en elke ondersteuner van ons skool vir jul onbaatsugtige insette en vir die aanstap in geloof dat dít waarmee ons besig is ten goede sal uitwerk vir die toekoms van ‘n uitstekende plattelandse skool. Ek wil almal uitdaag om die positiewe te omarm en te erken, die negatiewe tafel toe te bring sodat ons daaroor kan gesels en besin en as ‘n eenheid saam te staan wanneer dit kom by die reputasie en goeie naam van ons skool. PHS is ons almal, en ons almal is PHS. Daar is soveel redes waarom ons kinders bevoorreg is om hier te kan skoolgaan dat dit ‘n opstel vir ‘n volgende keer is. Maar u weet wat dit is. Kom ons beskerm dit. Kom ons verdedig dit. Groete Berenice Scheepers, Voorsitter: PHS Beheerliggaam

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


26

Unisa Musiek Uitslae

Atletiek Presteerders

Laerskool atlete wat in die Wes-Bolandspan opgeneem is om aan die Boland Kampioenskappe deel te neem, is agter Jacques Lambrechts, Marco Conradie, Amber Cooper, Eleanor du Toit, Jana Bruwer en voor Damien Markus, Aleit Stander, Ruvan van der Westhuizen en Janke Conradie. Hoewel Aleit Stander gekwalifiseer het, dring sy ouderdomsgroep nog nie deur na die volgende kampioenskappe nie.

Hierdie musiekleerders van Alison Müller het uitstekende UNISA Musiek uitslae behaal: Kloksgewys van agter is Marié Steyn (Prakties Gr III Lof, Teorie Gr II 98%), Johan du Toit (Teorie Gr III 98%), Jade Wilson (Prakties Gr I Lof) en Zana Vorster (Teorie Gr III 100%). Komien van der Westhuizen saam met Daniël Brand wat UNISA Musiek Teorie Gr II slaag met Lof. Foto's: Marietha Goosen

Cindy van Heerden van Boland Superspar, middel, oorhandig 'n geskenkbewys aan elke atleet wat by die kleure atletiek rekords opgestel het. Hulle is Henri van der Westhuizen, Nicol van den Heever, Lyle Booys, Janke van Schalkwyk, Anke Schreuder, Elske Pieters en Thana Stephan. Foto’s: Marietha Goosen

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R195.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Bees maalvleis te koop R65.00 per kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032


27

Mnr en Mej PHS 2016

Die twintig finaliste saam met die beoordelaars, Martie Cronje namens Skoonheidsalon Sanet en Environ en Power Couple se PJ en Marzanne Kleinhans, voor.

Mnr en Mej PHS is Matthew Luyt en Melissa Beck voor, en agter is die tweede prinses Elske Pieters en tweede prins Jamile Sait en die eerste prinses Nicola van Staden en eerste prins Chris Rheeder.

Mej Fotogenies - Nicola van Staden, Mnr Persoonlikheid en Mnr Fotogenies - Matthew Luyt, Mej Persoonlikheid Ané Nelson, Mnr Bolyf - Chris Rheeder en Mej Bene Lize-Marié Engelbrecht. Links: In die middel is Sanet Ackermann, Plofstof koördineerder en organiseerder van die aand, saam met die beoordelaars, PJ en Marzanne Kleinhans van M-Net se realiteitsprogram die Power Couple. Foto’s: Marietha Goosen

Finaliste voor is Ané Nelson, Lize-Marié Engelbrecht, Angelique de Villiers, Thana Stephan, Nicola van Staden en agter Celest du Toit, Lizelle Rademan, Anine de Jager, Melissa Beck en Elske Pieters.

Finaliste voor is Jamile Sait, Joshando Klaaste, Seth Luyt, Matthew Luyt, Louwrens Laing en agter Jac Goosen, Chris Rheeder, Wian Coetzee Nicol Visser en Harry Roux.


28

Mej Glas en Mnr Yster

Mnr en Mej PHS 2016 Foto’s: Alta Nelson

Hoërskool PIketberg se pre-primêre skool het ook hulle Mej Glas en Mnr Yster gekroon. Mej Glas vir 2016 is Kathy-Ann de Waal en Mnr Yster vir 2016 is Jaylum Burger. Foto verskaf

Valentynsdans - Matrieks 2016

Foto’s: Alta Nelson


29 Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/ Advertensie IN 22 Maart 3 Mei 23 Mei 21 Junie 19 Julie 23 Augustus 20 September 18 Oktober 22 November

Die nuut verkose VRL van Steynville Sekondêre Skool is voor Raylene September, Dillon Fredericks (Voorsitter), Jan Pieters (Onder voorsitter), Me M Lesch (Skakel onderwyser) en Sharnelle Beukes. In die middel is Hadley Thomas, Leandré Rowel, Lizaan Kok, Berinice Maarman, Luigi Witbooi, Britheney Hector, Geraldo van Rooyen en Elmano Klaasen. Agter is Luken Farao, Billy Smith, Melissa Le Fleur, Moncheré van der Rost en Jurgen Willemse. Foto: Marietha Goosen

   

Steynville Sekondêr se VRL

VERSKYN 1 April 12 Mei 2 Junie 30 Junie 28 Julie 1 September 29 September 27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


30

PHS Krieket

PHS se krieketspelers wat WesBoland spanne gehaal het is Ferdie Jonker, Alex Ratelainen, Jamile Sait, Bernard Pieters (Afrigter), Matthew Somers, Lyle Booys en Nicky van der Westhuizen, inlas.

Groenvlei Primêr se Atlete

Dogters van Groenvlei Primêr wat op 5 Februarie deelgeneem het aan die sone atletiek op Porterville. Agter staan Juffrou Beryl Booys (spanbestuurder) en Juffrou Marilee Kriel (beampte).

Seuns van Groenvlei Primêr wat 5 Febrarie deelgeneem het aan die sone atletiek op Porterville. Ruwaydon Willemse van Groenvlei Primêr het Vrydag aan die Boland atletiek byeenkoms deelgeneem en 1ste gekom in 1200m o/11. Interskole Krieket is aan die orde van die dag. Op die foto verskyn die kapteins van hulle onderskeie spanne kloksgewys van agter: Jamile Sait, Meraldo Somers, Janco Joubert, Jandries Potgieter, Alexander de Villiers en Joshua du Toit. Foto’s: Marietha Goosen

Foto’s: Marilee Kriel

PHS Laerskool Tennis Tops

Tydens die Interskole tenniswedstryde teen Porterville het al die Laerskool tennisspanne van Hoërskool Piketberg hulle wedstryde gewen. Agter: Nikitha Booys, Janco Joubert, PG Bruwer, Pieter Bruwer, Annika Jordaan, Jomé Schreuder, Carli Bassett, Carma Rossouw en Jana Bruwer. Voor: Marc Poggenpoel, Smit Jacobs, Erasmus Mouton, Francois Marais, Chrisma Smit, Annette Bruwer en Timothy Daniels.


31

PIKETBERG

Spesiaal vir Maart Avalanche Reflex 29er op Special Slegs R3 650

Bring jou fiets in vir ‘n standaard diens en kry ‘n gratis "Chainstay protector” of Chain Lube ter waarde van R85

Kolsvlei MTB 100km e sryers i l i Famnie-fiet Challenge vir dag

R20

Voltooi 25km, 50km, 75km of gaan vir die uitdaging : 100km Maandag 21 Maart 2016 op Kolsvlei, Piketberg R200 per inskrywing by Bonthuys Bicycles op Piketberg

Vir inskrywingsvorm stuur epos na : bonthuysbicycles@gmail.com Beperkte getal inskrywings (sluit 14 Maart ) Bring familie saam vir ‘n pretdag op die plaas.

* Plaasdiere * Springkasteel* Slippy Slide * Boeresport * Pannekoek * Roomys * Lekker kos * Biertent * Swembad * Nuwe voertuig uitstalling * En Vele Meer!

Tel. 022 913 1101


32

Aflos Wenspanne by Platteland Atletiek en Interskole

Steynville Sekondêr se Seuns 0/19 Aflosspan: Hanlo Swarts, Semeal Booys, Shane Maarman en Morne Jafta.

Steynville Sekondêr se dogters 0/19 Aflosspan: Leresha Samuels, Roslynn Williams, Alida Beukes, Kelly-Jade Solomons.

Ligte Etes ook nou beskikbaar

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

Hoërskool Piketberg se meisies o/15 aflosspan: Janica Maritz, Hanmari Marais, Petro Grundlingh en Janke van Schalkwyk.

Hoërskool Piketberg se seuns o/15 aflosspan: Joachim Mouton, Jacquin Valentyn, Meraldo Somers en Ravell Frans.

Hoërskool Piketberg se o/13S aflosspan wat interskole teen Porterville, Moorreesburg en Hopefield gewen het, is Damian Markus, Myron Strauss, Ruvan Hanse en Ethan Pienaar. Foto’s: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 1 April Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 Maart Stuur na: diepiketberger@gmail.com


33

Karlita Ystervrou

Karlita Morrison het in Januarie deelgeneem aan die halwe ystervrou kompetisie in Oos-Londen. Vir die driekamp moes sy 1,9km in die see swem, 90 km padfiets ry en 21 km hardloop. Die deelnemers het agt en ‘n half uur gekry om die driekamp te voltooi. Karlita voltooi dit in ses uur nege en vyftig minute. Foto’s verskaf

Wes-Boland Atletiek Uitslae By die Wes-Boland Hoërskool Atletiekbyeenkoms op Moorreesburg het PHS baie goed gevaar. Eerste plekke is behaal deur Van Wyk Saayman (Hamergooi), Cyall Koordom (Driesprong), Ryan Zeeman (Diskus), Henri van der Westhuizen (Gewigstoot), Louwrens Laing (Diskus), Elske Pieters (800m en 1500), Anke Schreuder (Gewig-stoot) en Janke van Schalkwyk (300m Hekkies, 200m en 400m). Tweede plekke is behaal deur Luther Titus (Gewigstoot), Jako Strijdom (Spiesgooi), Van Zyl Engelbrecht (Spiesgooi), Ravel Frans (400m), Austin Hanse (Hoogspring), Petro Grundlingh (1500m) en Nicol van den Heever (Diskus). Derde plekke is behaal deur Wian Coetzee (Gewigstoot), Petro Grundlingh (800m), Lain-Mari van den Heever (Hamergooi), Githe Vorster (Gewigstoot), Henri van der Westhuizen (Hoogspring) en Ravel Frans (200m).

Jana Ryg Medaljes in

Jana Truter het deelgeneem aan die Hoërskool Hopefield Uitnodigingsgala en silwer medaljes gewen vir Vlinder– en Rugslag en ‘n brons medalje vir Vryslag. By die Vredenburg swemgala het Jana ’n silwer medalje vir Rugslag en ’n brons medalje vir Vryslag gewen. Foto: Awiëtte Mouton

Rugby en studies loop saam by die Sharks

PHS se Nuwe Adjunk

Alhoewel die Sharks 'n rugby-unie is, word die spelers se studies as 'n prioriteit beskou. Erich Kankowski en Christie van der Merwe (albei gekontrakteerde Sharks spelers) is studente aan UKZN (Universiteit van Kwazulu Natal). Hulle verteenwoordig die universiteit in die Varsity Shield kompetisie wat tans gespeel word. Ware ambassadeurs vir PHS en Piketberg sowaar! Foto: Juanita van der Merwe

Kaskarwedren by PHS Woensdag 16 Maart

Kontak Vanessa Luyt 022 913 1134

Ferdie Greeff is die nuwe adjunkhoof by PHS en ook die onderwyser vir Fisiese Wetenskappe. Foto: Marietha Goosen


34

Deel van die gemeenskap - in diens van die gemeenskap

Boland SUPERSPAR is die trotse borg van die Piketberg Rugbyklub beter bekend as die Rhino’s Rugbyspan. Hul eerste liga van vanjaar skop af begin van Maart. Hier het die talentvolle span ingestem om ‘n Saterdag hulself bekend te stel aan ons kliënte en het hul lyf as “Pakkers” kom hou. Dit het ‘n geleentheid gegee aan ons kliënte om van die spelers te ontmoet en sterkte toe te wens voor hul liga begin. Boland SUPERSPAR wens julle alle sukses toe vir die jaar vorentoe.

Baie geluk aan Griet Diedericks, Marie du Toit en Elsabe Kloete wat hul inkopies gratis ontvang het met die My Rewards program. Boland Superspar bied ‘n My Rewards Program aan waar jy ‘n kans staan om jou inkopies Mahala (GRATIS) te kan ontvang, maar dis nie al nie. Met die My Rewards program kan jy sekere produkte elke tweede week teen ‘n baie goedkoper prys as normaalweg ontvang. Hou gereeld ons Facebook bladsy dop om te sien watter produkte dit is of loer gerus in die winkel. Ons het altyd vriendelike personeel wat baie gewillig is om te help.


35

Boland Superspar se kantoor personeel was volstoom gereed vir Valentynsdag 14 Februarie 2016. Ons het Valentyns ‘tattoos’ weggegee aan ons kliënte. Opgewondenheid was baie groot toe die Boland Superspar personeel vir Kim Cloete raaksien op 12 Februarie. Sy was in die omgewing besig om ‘n film te skiet. Kim Cloete is ‘n bekende aktrise, TVaanbieder, motiveringspreker en nog vele meer. Sy is onder andere bekend vir haar rol as Melanie in die TV reeks “Getroud met Rugby” sowel as tans in die “Outsurance”-advertensie.

Koop 1 x Willards produk Sowel as 1 x Bakers Street produk

Koop 2 x Sensodyne Tandepasta of 1 x Sensodyne Mondspoelmiddel

Onthou om jou strokie met kontakbesonderhede by die deur in die betrokke kompetisieboks te plaas. KOMPETISIES SLUIT 31 MAART 2016

Daar word jaarliks ‘n Valentynsdans gehou om fondse in te samel vir die Graad R-klas van PHS. Die klas is afhanklik van addisionele fondse vir hulle jaarlikse aktiwiteite. Dit sluit in skoolbenodigdhede en opvoedkundige speelgoed. Op die foto oorhandig Cindy van Heerden (PRO) van Boland Superspar produkte vir die boereworsrolletjies wat by die dans verkoop is as deel van die fondsinsameling.

Boland SUPERSPAR betrokke funksies: Kolsvlei MTB 100km fietsry uitdaag 21 Maart Inskrywings bonthuysbicycles@gmail.com


36


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.