Afkondigings 1 maart 2015

Page 1

1 MAART 2015

Artikel 1 Stemming Prosedure Daar gaan vandag na Erediens geleentheid wees om te stem. Net Belydende lidmate wie se lidmaatskap by NG Muldersdrif is mag aan die stemming deelneem. Daar is ‘n Lidmaatskap lys op die kennisgewing bord in die saal. As jou naam op die lys is, gaan na die stempunt agter in die saal. (Onthou die nommer wat voor jou naam is) Vanessa van Wyk sal beskikbaar wees in die saal vir navrae as jou naam nie op die lys is nie of jou besonderhede nie korrek nie.

Die gemeente brunch was ‘n groot sukses! Dit is so ‘n voorreg om as gemeente saam te kan kuier. Baie dankie aan elkeen wat gehelp het met aankope, voorbereiding, maak van kaartjies, bemarking, die jeug wat kelners was en ook julle wat kaartjies gekoop het. Dit alles help om fondse in te samel vir spesiale projekte.

Ons as gemeente dank God wat ons geseën het met heerlike weer en baie lekker samesyn! Judy Weakley Gemeentebediening

Ons lewe deur die Gees

Kontak Inligting JEEP aand 19:00 – 21:00 Wêreld biddag vir mans & vroue

Gebruikte goedere verkoping (Bring alle klere en goedere wat jy nie meer gebruik nie teen Dinsdag 3 Maart)

Kerkkantoor: Maandag - Vrydag 7:30 – 13:00 Middae 13:00 – 16:00 (slegs telefonies/epos)

079 697 1163/ 011-745 8169 vanessa@ngmuldersdrif.co.za

Leraars:

Baie belangrik!

Biduur 7:00

Ons is in die proses om ons databasis op te dateer. Vul asseblief die wit vorm in, sodat ons kan seker maak dat jy op ons databasis is en dat jy ‘n lidmaat van NG Muldersdrif is. Jy kan ook die vorm op ons webwerf invul.

Ds Neels Kloppers 083 560 3814 neels@ngmuldersdrif.co.za

Omgeegroep & Nuwe intrekkers braai

Ds Kenneth McKenzie 081 376 6709 kenneth@ngmuldersdrif.co.za

JEEP aand 19:00 – 21:00

Ds Sumari Redelinghuys 082 439 4985 sumari@ngmuldersdrif.co.za

Poedingverkope

Palm Sondag

www.ngmuldersdrif.co.za info@ngmuldersdrif.co.za


Dorkas Groep Ons gee om vir ander… Kom ons bemoedig die volgende persone, deur vir hulle te bid en by Jesus se voete neer te lê. Neels, seun van Rina van Aswegen: Op waglys vir nieroorplanting. Met sy toestand kan het hy ’n skenkingsnier nodig. Ons bid dat die Here ’n skenker op sy pad sal stuur. Sy bloedgroep is o+. Baie dankie vir volgehoue gebede. Dit beteken baie. (Rina 072 231 9140) Ron Collatz (kleinkind van Ronnie & Memory): moegheid-sindroom, dit gaan al ‘n bietjie beter, volhou asb met gebed (Memory 011 662 1005) Steven Ceronio: Bid vir algehele gesondheid (082 329 3772) Kobus Labuschagne: Dankbaar dat hy minder pyn het, en begin beter voel (Kobus 082 559 8523) Robert Späth: Is ontslaan en gaan nie vir nog operasies nie. Dokters is tevrede (Hein 083 625 7167) Hein Späth: Ma ontvang chemo.(Hein 083 625 7167) Dries van den Heever: Gaan beter na knievervanging. Het nog baie pyn.(082 561 4936) Hennie Matthews: gaan vir skouer operasie Fred Liebenberg is oorlede. Ons bid vir die familie vir vertroosting (Anne 083 244 1700) Bid ook vir almal wat slegte nuus ontvang het i.v.m. werksituasies, gesondheid en ook vir mense wat swaar kry.

voorvereiste:

Wil jy graag deel word van die Dorkas groep? voorvereiste: Dit behels om op ‘n gereelde basis die bogenoemde te ondersteun, met ’n sms of ’n telefoon oproep, of persoonlike kontak by die Erediens as dit moontlik is. Kontak Anita Duif by 082 411 7015 of senior@vrone.co.za as jy wil betrokke raak

Verjaarsdae

JEEP Aand –

6 Maart 19:00-21:00 Popcorn Gebedsaand Bring net jouself en R40 vir kos! Vrydag 6 Maart 2015

Wêreldbiddag vir Mans & Vroue Adriaan Jordaan: Herstel van gordelroos, gaan (082 sal 723van 3318) Die kerksaal enbeter klaskamers 5:00 oop wees vir gebed. Reinette Claasen: Knie operasie, herstel tuis (083 657 9286) John Lightfoot: Gesondheid, herstel tuis (082 446 8080)

Belangrike datums vir die Artikel 1 Stemming 1 Maart tot 15 Maart (sluit 12:00) – Stemming 17 Maart - Stemme word getel 22 & 29 Maart - Uitkoms van stemming 30 Maart - Uitslag word na Sinode gestuur 7 Mei – Spesiale Sinodesitting

Ons is dringend op soek na mense om te help met Klank & Data. Kontak vir Pieter by 082 920 3837

Kursus: Die roeping van ‘n Christelike onderwyser Saterdag 21 Maart 2015 8:00 – 12:00 Gasspreker: Werner Cloete R100 per persoon (ete ingesluit) Kontak Juliana 072 199 2898 of Juliana@elevateleader.co.za

Ons is dringend opsoek na hulp met ons musiekspan in die kerk en JEEP. Kan jy sing of instrument speel? Kontak Renee by 084 460 8893

Ons kerk ondersteun Abraham Kriel Kinderhuis, NG Welsyn en Luipaardsvlei Ouetehuis. Daar is ‘n behoefte lys en houer voor in die kerk, as jy iets wil bydrae.

Januarie, Februarie, Maart en April samel ons vir Luipaardsvlei in.

www.ngmuldersdrif.co.za info@ngmuldersdrif.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.