Noordkaap 31 julie 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 31 Julie 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Nog een raak pad byster . . . Petroljoggie nie ’n vloerlap

bl. 3

DIE Groot Gat het die naweek ’n wyle opsy gestaan as die grootste aanloklikheid in Kimberley. Mense het sedert Saterdagoggend sonder ophou voor Michael Calitz se huis in Meyerstraat in Hadisonpark stilgehou om foto’s te neem van ’n motor wat die vorige aand in sy erf tot stilstand gekom het. Die motoris van die Kia­sedan het beheer oor die voertuig verloor en sy heining disnis gery. Dit was op die dag presies ’n jaar sedert ’n ander voertuig teen die einste muur gebots het . . . Intussen is twee van die motor se wiele afgesteel (inlas). Teen gisteroggend het die eienaar van die voertuig dit steeds nie voor Calitz se huis verwyder nie en het Kimberliete steeds sonder ophou daar stilgehou om hulle aan dié prentjie te verkyk. Foto’s: Ruan Bruwer

Exciting era ahead Ruan Bruwer

A NEW and exciting era looms at Griquas cricket with the appointment of a new CEO and coach last week. Eugene Jacobs’s appointment as the CEO of amateur cricket at the Griqualand West Cricket Board (GWCB) and JP Triegaardt’s appointment as new coach have been confirmed. Jacobs has been filling the position of commercial director as well as director of amateur cricket since Brian Kidson had resigned two months ago. According to Rihan Richards, president of the GWCB, the board is confident Jacobs will be able to do both jobs. “He has been doing both with very good results.

“We also received some very good candidates who had applied for the job as coach. “JP comes with a very good CV. His vision of what he wants to achieve with the team impressed us.” The popular and humble Jacobs, a former teacher, said it had taken some convincing for him to accept the new title. “I’m very keen and excited for the challenge. You know, we spent our lives here. I am fortunate to have a lot of support. That’s probably the most comforting fact – the very committed staff members we have. They are quality.” Jacobs said the fact that Triegaardt knew the system having played for Griquas since 2005, played a

big role in his appointment. “We have invested a lot of money and time in him as a coach. Because he is a Griqua man in heart, spirit and soul it counted in his favour,” Jacobs explained. Richards hopes to see growth in the profile of the Knights franchise in the coming season. The other big challenge is to secure a main sponsorship. Unlike the previous two seasons, Griquas won’t get an international fixture in the coming season. According to Richards, their hopes are firmly set on getting a oneday international against the West Indies in the 2014-’15 season. “The fact is there are 12 stadiums in the country that can host internationals. There are unfortunately just

not enough games in a season to cater for all of them.” Jacobs did, however, confirm the Diamond Oval will once more play host to seven franchise games. “Furthermore we were again awarded the Future Cup, in December the u.17 Rural Cricket Week will be staged here and in February the Senior Rural Cricket Week also comes here. “It is important for us that Cricket South Africa sees us as a host city of choice.” Meanwhile, the oval is up for one of the rewards for Cricket South Africa’s prize-giving on 9 September. The oval will compete with SuperSport Park and the Wanderers for the best grounds in the country. ) Another article and photo on p. 16.

Finaliste in kompetisie

bl. 13

Voorste o.14­ muurbalspeler

bl. 15


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Sussies praat prontuit oor mekaar TWEE pare susters, Mariska (doel) en Bethenie (AV, senter en VV) du Raan, sowel as Annarike (HV) en Marmari (senter) Pienaar, bevind hulle vanjaar in die eerste netbalspan van die Hoërskool Diamantveld. Marika en Annarike is vanjaar in matriek en hul sussies albei in gr. 10. Dit is vanjaar die eerste keer dat albei pare susters saam in dieselfde span speel. Ruan Bruwer het die volgende vrae aan almal gestel: 1. Praat julle baie netbal en bespreek julle wedstryde as julle saam is? 2. As jy op die baan sou gly en val, kyk jy eerste of jou sussie jou gesien het? 3. Het julle al ooit gestry oor wie die beste wedstryd gehad het? 4. As julle vir netbal reis, sal julle langs mekaar in die bus sit? 5. Wie oefen die hardste? 6. Wie praat die meeste op die veld? 7. Hoe spreek jy jou suster op die baan aan? 8. Wat is die lekkerste daarvan om saam met jou sussie te speel? 9. Wat is die slegte deel om jou sus as ’n spanmaat te hê? 10. Watter netbaleienskap of -talent van jou suster wens jy het jy gehad?

Bethenie:

Mariska:

Marmari:

Annarike:

Ja Ja Nee Ja Ek Albei, seker maar ek. Rika of Mikka. Jy kan op haar staatmaak. As ek ’n fout maak, sal sy my wil help en ek hou nie daarvan nie. Haar doelvermoë.

Ja Nee Nee Nee Sy Dalk ek Buksie Sy sal my motiveer. Ons wys makliker vir mekaar op die ander se foute. Haar onderskeppingsvermoë.

Net ná wedstryde. Ja, sy sal my ophelp. Nee Ja Al twee Sy Rike Sy sal my aanmoedig en glimlag. Die bekommernis dat sy weer ernstig beseer kan word. Haar vermoë om ’n bal te onderskep.

Partykeer Ja Nee Ja Albei Ek Kleinsus Sy ondersteun my en vang my balle. Sy sê my eerlik as ek drooggemaak het. Haar spoed.

JHB 42755

2

WE’VE GOT THESE AWESOME NOKIA DEALS. Nokia Lumia 520 Smartphone

R149

Nokia Lumia 720 Smartphone

PM x24

on Straight Up 50*

99c per min. on per second billing

50

MINUTES

50

SMS/MMS

50

MB DATA

Features: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free voice guided navigation.

R279

Nokia Lumia 920 Smartphone

PM x24

on Straight Up 100 TopUp*

99c per min. on per second billing

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

Features: 4.3” ClearBlack display, 6.7MP Camera with f/1.9 aperture, Mix radio with 15 million tracks.

R389

PM x24

on Straight Up 100*

99c per min. on per second billing

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

Features: Windows Phone 8, 4.5” Puremotion HD+ display, 8.7MP Camera & Optical Image Stabilisation.

Available at the following Cell C stores:

New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 084 828 0353

GO IN-STORE OR CALL 084 145 FOR A NEW DEAL OR UPGRADE. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 August - 31 August 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Hiér werk jy hard Zanri Kotzé

GEENEEN se vloerlap. Abednego Paulus by die petrolpomp. Hy erken dit is geen maklike werk nie, veral omdat petroljog­ gies soms soos ’n vloerlap behandel word. Foto: Ruan Bruwer

SUID-AFRIKA is een van die min lande ter wêreld wat petroljoggies tot hul beskikking het, maar nietemin word die nederige werk dikwels nie gewaardeer nie. Abednego Paulus (32) werk al ongeveer tien jaar as petroljoggie by Ranch-motors en erken hy word soms deur klante soos ’n vloerlap behandel. Vir hom is dit baie sleg as mense met hom ongeskik is. “Ons gereelde klante is ons al gewoond, maar ’n mens kry maar diegene wat ongeskik is. Ek staan maar daar en sê niks nie of ek roep die toesighouer as die mens nou regtig moeilik raak. “Mense dink ons het nie skoolgegaan nie, is oningelig en onopgevoed,” vertel hy en sê mense is dikwels verbaas wanneer hulle met hom gesels en besef hy het meer kennis as wat hulle dink. Hy werk meestal bedags. “Ek hou nie van aandskof nie. Veral in die winter is dit baie erg. Die kortste skof is 7 uur en die langste 14 uur.” Behalwe vir petroltenks volmaak, moet Paulus motorruite was en na die water- en olievlakke kyk. “Dit is deel van ons werk.

Praat oor koffie KOBUS WIESE, eie­ naar van Wiesenhof Coffees, het verlede week ’n draai by sy tak in die Northern Cape Mall gemaak en as spreker op ’n ontbytgeleentheid by die winkel nie net oor rugby gesels nie, maar ook oor sy liefde vir koffie en hoe hy in hierdie on­ derneming begin het. Saam met hom is die plaaslike tak se eienaar, Juanita Badenhorst. Foto: Reneé Rademeyer

Ons moet motoriste daaroor vra wanneer hulle kom brandstof ingooi.” Paulus sê mense gee baie selde fooitjies. “Die grootste fooitjie wat ek nog by iemand gekry het, was R100, maar dit was ’n uitsondering. Aan die einde van ’n dag gaan jy gewoonlik huis toe met so R80 se fooitjies.” Ondanks wat mense glo, is dit nie altyd ’n maklike werk nie, meen hy. “Ek het al twee maal per ongeluk vir iemand die verkeerde brandstof ingegooi. Die eerste keer was die man gelukkig vriendelik, maar die tweede voorval was anders. Die man het my gevloek en gesê ek luister glad nie. ’n Ander keer het ’n man my gevloek en geskel omdat hy gedink het hy is eerste aan die beurt, maar hy was nie.” Hy probeer egter altyd professioneel en vriendelik wees. “Topbestuur is baie streng hieroor.” Paulus sê hy sou graag ’n ander werk, verkieslik een met korter ure, wou hê. “Ek sou graag van agt- tot vyfuur wou werk en naweke afhê. Dit is nie altyd lekker om naweke te moet werk nie. “Maar ’n mens is maar dankbaar waar jy werk kan kry,” sê Paulus wat sy gesin geldelik moet onderhou.

3

HARDY MILEHAM (regs), afrigter van die Suid­Afrikaanse swaargewigbokser Francois Botha, het verlede week bok­ sers by die Bushy’s­ boksklub in Bea­ consfield onder han­ de geneem. Volgens hom (wat 52 jaar se bokservaring het) gaan dit nie oor houe slaan nie, maar om jou teen­ stander uit te oorlê en om skerp te wees. Foto: Emile Hendricks

NÁ ’n jaar se voorbereiding is die dramagroep van die Hoërskool Adamantia slaggereed en sal dit goed gaan met hul toneelstuk, Desperate Huisvroue, wat môre op die ATKV­tienertoneelkompeti­ sie in Potchefstroom opgevoer word. Sanet Gouws is die spelleier. Volgens Gouws is die stuk verlede jaar op die skool se talentkompe­ tisie opgevoer en het die goeie terugvoer hulle oortuig om die stuk vir die kompetisie in te skryf. Nege akteurs wat wissel tussen gr. 9­ en gr. 12­leerlinge wys op die verhoog gesig. Marischa van Zyl is die enigste matriekleerling en speel die hoofrol. ’n Verhoogbestuur­ der en twee leerlinge wat vir die beligting en klank verantwoordelik is, is saam Potch toe. Van links is Van Zyl, Wilsca Smith, Siwongiwe Mata en Caria van der Merwe tydens ’n toneel. Foto: Ruan Bruwer


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Feesgehoor verskil hiér

SEDERT die Gariep Kunstefees se program bekend gemaak is, het diegene wat waardering vir teaterstukke het droogweg te kenne gegee die fees is aan die afneem. Daar is verlede jaar en veral vanjaar heelwat gesny aan die teateraanbod, veral wat musiekproduksies betref. Die feeskomitee is egter in twee kampe vasgevang – iets waarvoor ’n mens begrip moet hê. Daar is die lojale gehoor wat jaarliks teaterproduksies ondersteun se behoeftes, maar daar is nie sin om produksies ten duurste te kontrakteer, maar dan is die deurinkomste karig nie. SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

Die werklikheid hier is nie ’n teatergehoor soos jaarliks na die teaters op die Vryfees stroom nie. Selfs gehalte-sangers wat tydens die fees in ’n plek soos die Whag of Bikers’ Church opgetree het, se opvoerings is in die verlede swak tot middelmatig bygewoon. Die rede hiervoor is dat daar ’n ooraanbod bestaan het – te veel aanbiedinge vir ’n te klein teikengehoor. Die fees het baie jare die verliese van produksies gedra. Die argument dat hulle vanjaar na hul eie belange omsien (om geld te maak) en eerder aan die groter behoefte (topsangers in die tente) omsien, dra water.

MINIMUM 1°C 0°C 1°C

MAKSIMUM 21°C 22°C 22°C

SKETS: Danie Cronjé

Vorige geslag beter af? Hannes Noëth DIT was elf myl van die plaas af tot op die dorp. Elke Maandag vroeg is die donkies gevang en is daar na die koshuis beweeg. So het die donkies heelweek rondom die koshuis geloop. Tot Vrydag. Dan is hulle weer gevang en die pad terug plaas toe het begin. Maandag moes jy maar hard slaan en mooi praat, fluit, fluister, skel en dreig, want die pad na die koshuis was vir die donkies nie so lekker nie. Vrydae op pad terug plaas toe moes jy jou sit ken, dan het hulle beweeg. Dit was asof hulle dan eers Maandag se gesoebat en gedreig gehoor het. Die elf myl terug na die plaas toe was altyd Vrydae korter as die elf myl terug

dorp toe Maandae. Die donkies se rit na die koshuis is, soos tye en moontlikhede verander, darem later deur ’n donkiekar vervang. Dit was ’n bietjie makliker toe die donkiekar vir ’n perdekar plek gemaak het. Die elf myl het ál korter geword. Die herinnerings oor die elf myl skool toe is ’n ewigheid lank. Vandag hoor ons die ouers by die skool kla. Hulle bly ’n blok twee of drie van die skool af. Die kinders kan nie alleen loop nie, dit het te gevaarlik geword. Fietsry is nie meer ’n uitweg nie. Kinders word onttrek van sosiale ak-

tiwiteite en sportbedrywighede word afgeskaal. In ’n tyd dat skole meer kinders as ooit vantevore het, word buitemuurse aktiwiteite dikwels bedreig deur ouers wat nie meer raad het hoe om die kinders daarvoor by die skool te kry nie. Wat ’n ironiese toedrag van sake. Was die tyd van donkie ry tot by die koshuis dalk tog ons tyd ver vooruit? Was die vorige geslag noodwendig swakker af? Dalk nie, hulle praat vandag met heimwee en mooi herinnerings oor die tog tot by die skool en die moeite wat daarmee gepaardgaan het. Die uitdagings van ons tyd is nie net om ons kinders by die skool en die buitemuurs te kry nie, maar ook hoe ons kosbare herinnerings gaan bou.

GEBEURTENISSE op 31 Julie in die geskiedenis: 1964 – Die gewilde Amerikaanse country-sanger Jim Reeves (40) sterf in ’n vliegongeluk in Nashville. 1986 – Die Britse kabinet steun die premier, Margaret Thatcher, eenparig in haar weerstand teen verskerpte sanksies teen Suid-Afrika. 1990 – Die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, genl. Jannie Geldenhuys, kondig die ontbinding van die Burgerlike Samewerkingsburo aan. 1996 – Nelson Mandela kondig in ’n televisie-uitsending aan hy gaan nie vir ’n tweede termyn as president staan nie. 1998 – Die openbare sittings van die Waarheid-en-versoeningskommissie in Suid-Afrika eindig ná twee jaar. 2012 – Die akteur Johan van der Merwe (62) sterf aan ’n hartaanval. Hy was veral bekend as Jan in Nommer asseblief, een van die eerste Afrikaanse TV-reekse. 2012 – Chad le Clos wen ’n goue medalje in 200 m-vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele.

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) ’n Kleuterskooleienaar in Diamantpark en sowat 25 kinders het ternouernood aan die dood ontkom toe die sinkgebou waarin die kleuterskool bedryf word ná ’n verwoestende brand in puin gelê is. Die kinders is deur die eienaar, Mieta Long, en haar neef, Klaas Long, gered. ) In ’n skietongeluk by ’n plaaslike tandheelkundepraktyk het ’n boer van die Jacobsdal-Perdeberg-omgewing homself per ongeluk in die knie geskiet terwyl hy ’n rekening by die praktyk betaal het. Die pistool het in die man se drasak afgegaan nadat hy dit van die toonbank afgehaal het. Nadat die koeël sy knie getref het, het dit in die rigting van die ontvangstoonbank getrek. ) Inwoners van Diamantpark het die hoofpad na Greenpoint met brandende bande, boomtakke en klippe versper terwyl hulle oor swak dienslewering betoog het. Die inwoners is ontstoke omdat hulle nog nie elektrisiteit het nie en omdat baie brande daarom uitbreek. Hulle het ook gekla dat hulle nie oor basiese dienste soos water en sanitasie beskik nie. ) Die nuwe universiteit vir die Noord-Kaap wat volgende jaar open, sal die Sol Plaatjeuniversiteit heet. Die hoofkampus sal in

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Geboortes op die dag: 1885 – M.L. de Villiers, Suid-Afrikaanse komponis van Die Stem (sterf in 1977). 1944 – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer (sterf in 2012). 1953 – Jimmy Cook, Suid-Afrikaanse openingskolwer wat op 39-jarige ouderdom sy buiging vir die Proteas gemaak het. 1965 – J.K. Rowling, Britse skrywer, bekend om haar Harry Potter-reeks. 1970 – Eric Tinkler, lid van die Bafana Bafana-span wat die Afrikanasiesbeker in 1996 verower het. 1980 – Mils Muliaina, tweede All Black om 100 toetse te speel. 1981 – Marguerite Wheatley, Suid-Afrikaanse aktrise en TV-persoonlikheid.

Kimberley wees. Die nuwe universiteit sal volgende jaar sy eerste inname van 150 studente onderneem. Die vooruitsig is om studentegetalle oor tien jaar tot 5 000 by die hoofkampus in Kimberley te laat toeneem. Volgens dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, sal aanvanklike onderrig in bestaande ou geboue begin, terwyl in September of Oktober met die amptelike bou van nuwe geboue begin word. ) Nzimande moes hewig verskoning vra dat sy departement nie die toestemming van die Sol Plaatje-familie en onderwystrust gehad het om die nuwe universiteit na Sol Plaatje te noem nie. Dit kom nadat die woordvoerder van die trust, Daniel Plaatje, deur die media moes verneem dat die nuwe Noord-Kaapse universiteit na sy oupa genoem word.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Art on show THE 11th David Walters and friend ceramics exhibition entitled Legacy is currently on exhibition at the William Humphreys Art Gallery. The exhibition pays tribute to the late Prof. Juliet Armstrong and the Centre for Visual Arts at the University of KwaZulu-Natal.

Skenk dierekos LEERLINGE en onderwysers van die Laerskool Dutoit­ span het ’n reuse­hoeveel­ heid kos en ander benodigd­ hede vir die plaaslike Diere­ beskermingsvereniging (DBV) ingesamel. Die projek is deur Pauline Sebegilwe, onderwyser, gelei. Mario van der Westhuizen, inspekteur by die DBV, het dit in ont­ vangs geneem. Hy is ’n oud­ hoofseun van die skool. Van links is, voor: die hoofleiers Shauné Marais, Clementine Sago en Nu­be Seekoei; ag­ ter: Van der Westhuizen en Sebegilwe by die stapel kos wat ingesamel is. Foto: Ruan Bruwer

Honde op skou te sien Ruan Bruwer

DIE klub Kimberley-pitbulls bied weer hierdie Saterdag ’n skou by Yonder aan. Die skou begin om 09:00. Die honde gaan in verskillende afdelings, soos hoogspring en gewigtrek, meeding. Volgens Emmie la Grange, lid van die klub Kimberley-pitbulls wat verlede jaar begin is, word gevegshonde gereeld as gevaarlike en aggressiewe honde beskou. “Dit is baie ver van die waarheid. Dié honde is wonderlike gesinshonde en ongelooflik lojaal teenoor hul eienaars. Hulle is gek na mense en altyd reg vir ’n speletjie. “Die ras is oorspronklik as ’n werkhond geteel. “Hulle moes hul eienaars help om gevaarlike bulle te hanteer, help jag vir kos en help om peste soos rotte en muise te bestry. Net soos kinders leer hulle ook van hul ouers se voorbeeld. “Ongelukkig is mense geneig om hierdie dapper honde vir gevegte aan te moedig,” het sy verduidelik. Om honde in te skryf kos vir nie-federasielede R100 en lede R40. Die publiek betaal net R15 vir toegang.

MIKE MOORCROFT van Kimberley en sy hond, Renegade Dozer, wys verlede jaar op die gevegshondskou hul slag in die hoog­ spring­afdeling. ’n Stuk vel word telkens hoër vasgemaak om te sien hoe hoog die hond spring om dit te vang. Foto: Charné Kemp

Sý praat DIE Jeneka-vroueorganisasie se volgende bekende wat hy Kimberley toe bring, is Lindie Strydom, voormalige akteur, aanbieder, motiveringspreker en verlede jaar Finesse se inspirasievrou. Diegene wat belang stel om môreaand (1 Augustus) om 19:00 op Hoffepark na haar te luister kan Marian van der Westhuizen by 083-633-6446 bel. Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ’n ete in.

Konsert gehou KANSA se gewilde skouspelkonsert word hierdie Vrydag op die Tabernakel Dei Diamantstad-kampus (voorheen die Diamantstad-tabernakel) gehou. Dit begin om 18:30. Kaartjies vir volwassenes is R60 en kinders R30. Kaartjies is by Kansa se kantoor en Dream Blinds beskikbaar.

Vroue byeen ’n SPOG-AAND vir vroue word vir 8 Augustus deur die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) in die Horse-shoe Inn se konferensiesentrum beplan. Dit kos R260 per persoon of R2 600 vir ’n tafel van tien mense. Cindy Pivacic, skrywer, asook Pippie Kruger, die meisie wat die land aangegryp het nadat sy brandwonde opgedoen het, en haar ma, Anice Kruger, gaan daar wees. Plekbespreking: Sharon: sharon@nocci.co.za of 053-8311081.


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

‘I’ve learnt we are gullible’ AT a local restaurant a few months ago, my boyfriend, his family and I were approached by a rather intoxicated and so-called magician from Johannesburg. Brendan, or Mr B as he introduced himself. His demeanour is cocky, self-assured and manipulative. He rubs a fork on the hilt and the “magic” begins as the piece of cutlery starts bending as if it were a Star Wars movie. All the people around the table gasped, ooh-ed and aaah-ed, obviously taken by this intoxicated man under the illusion that he is Dinamo or Criss Angel. He calls it mentalism and tries to convince me that he can manipulate me to hook up with him just as he did with the cocktail waitress (at least he admits that she’s out of his league). From this experience I’ve learnt that we are gullible. Perhaps this is most

From this experience I’ve learnt that we are gullible. Perhaps this is most im­ portant as it illustrates the vulnerability and shaki­ ness of one’s self­percep­ tion, thoughts and ideas. It raised a haunting ques­ tion – how easily can we be manipulated?

important as it illustrates the vulnerability and shakiness of one’s self-perception, thoughts and ideas. It raised a haunting question – how easily can we be manipulated? Are we really that easily swayed by a drunken man with a blood-alcohol level higher than current gas prices? Can our own self-doubt be to blame for many of the problems we are facing? For instance, a young man who comes from a difficult background who goes to sleep every night with feelings of self-loathing and doubt meets someone who seems to understand what he is going through. This person promises that he or she can make everything go away and offers him that joint. A girl, new in town, feels out of place and friendless. She decides to change herself to suit the needs of society and loses herself along the way. Peer pressure, unwanted pregnancies, substance abuse . . . the list goes on and on. Surely the latter can all be traced back to one fatal flaw in the human psyche: doubt. That little seed is planted the minute we are born. It is watered throughout our lives by circumstance, emotions or people. It becomes a grotesque tree with branches sticking into every aspect of our lives and sowing its seeds into the lives of another.


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

11

Vaar goed in Kaapstad DIE Noord­Kaapse o.18­seunshokkiespan wat in Kaapstad deelgeneem het, het twee van sy ses wedstryde gewen, twee verloor en twee daarvan het gelykop geëindig om hom sewende uit 12 spanne te laat eindig. Die spelers is van links, voor: Jason McAnda (HNK), PJ Goeieman (CBC), Rudolf Greyling (DHS), Byron McNally (CBC) en Jeremy McAnda (HNK); agter: Liam Grey (HNK), Ha­ gan Seaward (CBC), Tshiamo Mashilo (HTS Kby), Cameron du Plooy (HNK), Amien Ro­ senburg (HTS Kby) en Brendon Gertse (HTS Kby). Afwesig: Mthembu Sizwe (HNK), Lyn­ den du Plooy (HNK), Aiden Brooker (HNK), Wazeed Alexander (HNK), Joshua Maya (HNK), Kyron Fortuin (HTS Kby) en Mohau Mocwaledi (CBC). Foto: Ruan Bruwer

Switch off your geyser between 5pm and 9pm. Here’s why:

The reason we ask you to switch off your geyser between 5pm and 9pm, is that the country uses more electricity during this time and supply is under severe pressure. Switching off your geyser helps free up power for other things and relieves the pressure on the grid. Here’s an interesting fact, the huge demand for energy during the evening between 5pm and 9pm is the equivalent of one power station. There is an estimated 5,4 million electric geysers in homes across South Africa. 3YV GSQFMRIH GSRXVMFYXMSR QEOIW E WMKRM½GERX HMJJIVIRGI Switch off your geyser every day between 5pm and 9pm, and help us beat the peak to keep South Africa powered up. For more information visit www.eskom.co.za/idm

1923Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06 Mohlaleng_1453_E1

2013


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Behaal plekke op hokkietoernooi

DIE Noord­Kaapse o.13­seunshok­ kiespan wat aan die nasionale o.13­toernooi in Kaapstad deelge­ neem het, kon nie een van sy sewe wedstryde wen nie en het sewen­ de geëindig. Vier van die sewe wedstryde was wel gelykop. Die spelers is van links, voor: Nico du Plooy (Staats), Aidan Peters (Her­ lear), Aiden Tun (CBC), Luciano Or­ tell (Herlear), Timothy Motseme (CBC) en Lindre Atwell (Kby Ju­ nior); agter: Dianlo Stoltz (Eureka), Calin Hannie (Kby Junior), Ryan Isaacs (Kby Junior), Sibusiso Mad­ lala (Kby Junior) en Reece Jacobs (Kby Junior). Afwesig: Olebogeng Modise (Kby Junior), Tlhalefang Pharasi (Kby Junior) en Hernu Ek­ kerd (Op die Voorpos). Foto’s: Ruan Bruwer

DIE Noord­Kaapse o.14­ seunshokkiespan wat aan die nasionale o.14­ toernooi in George deel­ geneem het, kon net een van sy sewe wedstryde wen, het drie verloor en drie was gelykop om veer­ tiende uit sestien spanne te eindig. Die spelers is van links, voor: Chaswin Parker (HNK), Chad Mpisi (HNK), Jarrod Goa (HNK), Shoaib Aysen (NCH), Clayton Tait (NCH), Bran­don Ralph (HNK) en Khumo Qomoyi (HNK); agter: Damien Kenny (HNK), Ebrahim Hassen (HNK), Jayesh Kanjee (HTS Kby), Morné Dlethu (Upington), Jaden Muller (Upington), Daniel Botha (DHS) en Daniel Saayman (DHS).

DIE Noord­Kaapse o.16­ seunshokkiespan wat aan die nasionale o.16­ toernooi in Johannesburg deelgeneem het, het drie van sy sewe wedstryde gewen, drie verloor en een gelykop gespeel om sewende uit twaalf span­ ne te eindig. Die spelers is van links, voor: Cameron Hannie (HNK), Dondre Sa­ muels (HNK), Luke Smith (HNK), Levert Koopman (HNK), Modiakgotlo Lese­ di (CBC), Diego de Abreu (HNK) en Qiyaam Jardine (HNK); agter: Songese Bi­ nase (Boys’ High), Julian Scholtz (HNK), Divan Nie­ wenhuizen (DHS), Katle­ go Khumalo (CBC), Nielen van Heerden (HNK), Ab­ dul­Baasit Alexander (HTS Kby) en Hayden Grey (Boys’ High). Afwe­ sig: Harms Jansen van Rensburg (Upington) en Riaan Badenhorst (Duine­ veld).

GREAT DEALS AT OUR NEW

CONTI PASSENGER

CONTI SUV/4X4

BARUM

STORE 60% OFF SHOCKS

25% OFF BATTERIES

EXHAUSTS - FREE FLOW

FROM R150

14”

R525

ContiEcoContact 3 175/65 R14 82T

16”

R850

ContiPremiumContact 2 205/55 R16 91V

16”

Continental Passenger Tyre Deals ContiEcoContact 3 155/80 R13 79T ContiEcoContact 3 165/80 R13 83T ContiEcoContact 3 185/65 R14 82H ContiEcoContact 3 195/65 R15 91H ContiPremiumContact 2 195/50 R15 82H ContiPremiumContact 2 185/60 R15 84H ContiSportContact 3 MO# 225/45 R17 91W

R1350

ContiWorldContact 4x4 245/70 R16C

17”

R2820

ContiCrossContact AT 265/65 R17

13”

Continental 4X4 Tyre Deals R400 R470 R650 R700 R680 R850 R1400

ContiWorldContact 4x4 205/70 R15 C ContiWorldContact 4x4 215 R15 C ContiWorldContact 4x4 245/75 R15 C ContiCrossContact AT OWL 255/70 R15

FIT&GO Kimberley 14 Long Street, Kimberley |(T) 053 832 3706|ccexhaust@mweb.co.za|

R390

Brillantis 2 155/80 R13 79T

R950 R999 R1370 R1750

14”

R750

Vanis 195 R14C

TERMS AND CONDITIONS APPLY • WHILE PROMOTIONAL STOCKS LAST • TYRE PRICES ARE QUOTED PER UNIT • TYRE PRICES INCLUDE VAT AND FITTING BUT EXCLUDES BALANCING • TREAD PATTERN MAY VARY FROM TYRE VISUAL DISPLAYED IN THIS ADVERT • OFFERS MAY VARY FROM STORE TO STORE • BATTERIES EXCLUDE LEAD SURCHARGE.


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Stem vir gunsteling NÁ die gewildheid van die Diamond Pavilion Shopping Mall se fotokompetisie vir kleuters, in samewerking met Louis Botha-fotografie en Noordkaap, word dit weer vanjaar gehou. Ouers kon hul spruite verlede week in die winkelsentrum laat afneem. Die finaliste, soos deur die beoordelaars gekies, verskyn hiernaas. Jy kan nou vir jou gunsteling per SMS stem. Die topdrie in elke ou-

derdomsgroep dring deur na die eindronde en sal in volgende week se koerant aangewys word. Met ongelooflike pryse op die spel is dit beslis die moeite werd om te SMS. In elke ouderdomsgroep wen die topdrie plekke elkeen reusepryse. Die eerste prys in elke ouderdomsgroep is byvoorbeeld pryse van meer as R2 000. Almal wat SMS, staan ook ’n kans om ’n R350-geskenkbewys van die inkopiesentrum te wen.

DEHAN, B4.

PEYTON, B2.

CASIDY, B3.

SKYLA, B7.

ANÉ, B5.

ANDRÉ, B6.

ADEN, B10.

JUVANDRE, B8.

EJ, B9.

GEVANDRÉ, B1.

Drie tot vier jaar

Een tot twee jaar

JUANDRÉ, A1.

SURI, A2.

MARNÉ, A3.

JOHANÉ, A4.

CARA, A5.

LIAN, A6.

DANIEL, A7.

MARKUS, A8.

AALIYAH, A9.

ERICH, A10.

HOSANNA, C1.

DRIAAN, C2.

MISCHA, C3.

NIKA, C4.

RORY, C5.

DECODA, C6.

Twee tot drie jaar

Foto’s: Louis Botha-fotografie

wen wen wen wen wen wen wen wen

OM te stem is baie maklik. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Kleuter”, gevolg deur die kode van die kleuter van jou keuse, byvoorbeeld C7. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 vir die kompetisie inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50.

13


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

TOYPOMS: 1 bruin tefie, 2 Room Reuntjies, R1500 (ingeent en ontwurm) 082 682 7974

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. ROSE SNOEI: SKAKEL JACO (N.Dip.Tuinbou). Tel. 082 447 2458. 053 861 1469 Vir gratis kwotasie en professionele diens. Slegs Kimberley. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

KONTANT VIR MOTORS, bakkies, 4x4's, lorries, kombi's, busse, trekkers en karavane. 072 472 8686/ 053 963 1409.

UITNODIGING OM TE TENDER JOIN A LEGITIMATE REGISTERED COPY & PASTE COMPANY. Earn R800 from home. Guaranteed success! SMS name & full address to: (084 254 1653.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VERKOOP VAN BATES Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap SOC Beperk, verteenwoordig deur die Manco-Aurecon Gesamentlike Onderneming

Tender No: RDS35907: Aankoop van tweedehandse sinkdam en windpomp

Die Manco-Aurecon Gesamentlike Onderneming (MANCO) is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap SOC Bpk (SANRAL) aangestel om ’n omvattende eiendomsdiens te verskaf. Belangstellende partye word hiermee genooi om aanbiedinge in te dien om die volgende bates te koop: Die suksesvolle tenderaar sal verantwoordelik wees vir die uitmekaar haal en verwydering van die bates

• ’n Sinkdam Afmetings: 1.8m hoog en 3m in deursnee Toestand: Swak • Windpomp Spesifikasies: Aermotor 1.8m hoog. Slegs toring en lemme Toestand: Swak

Die bates is geleë in die padreserwe van die N8-snelweg tussen Campbell en Griekwastad op Deel 2 van die plaas Campbell No. 421, Administratiewe Distrik Hay. GPS-koördinate: S28° 49 271 en E23° 32 299. Die reserweprys is R4 000.00 (vier duisend rand). Aanbiedinge laer as die reserweprys sal nie oorweeg word nie. Huidige beleide en wetgewing ten opsigte van verkryging is van toepassing. Alle navrae oor die bates kan gerig word aan Louis Siemsen, tel. 082 9277 831 of e-pos: louiss@manco.co.za Die MANCO en SANRAL verbind hulleself nie om die hoogste of enige aanbod te aanvaar nie. Geen korrespondensie sal in hierdie verband gevoer word nie. INDIENING VAN AANBIEDINGE Indien u ’n aanbod vir die aankoop van hierdie bates wil indien, e-pos die aanbod aan louiss@manco.co.za Maak asseblief seker dat alle besonderhede, insluitend telefoon- en selfoonnommers, e-posadresse, volle name, ens vir verwysingsdoeleindes op u aanbod verskyn. Die sluitingsdatum en -tyd vir aanbiedinge is met besigheidsluiting op 23 Augustus 2013.

Human Communications D101175A

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

15

Jenny ranked number one Ruan Bruwer JENNY PREECE (14) is the number-one ranked u.14 squash player in the country. This she achieved after she had won all her matches at the recent Interprovincial Tournament (IPT) where she represented the Country Districts side – the only member of the Northern Cape in this team. This achievement makes her the Let’s Play Sports Star of the Month for July. In order to get a ranking she had to participate in three specific tournaments – the Bloemfontein open where she was seeded 14th, but surprised all by finishing first; the South African Schools Closed Championships (where she won again) and the IPT. According to her, this was the highlight of her young squash career thus far. She hasn’t received her national colours yet. That will only happen if she represents South Africa. According to her dad and coach, Darryl, the chances of touring this year are very slim though. Preece, a gr. 8 learner of Kimberley Girls’ High, was introduced to the sport at a young age because of her elder sister, Casey, and dad’s involvement. Mom Alison is also involved in the administration of youth squash in the province. ) The Let’s Play Sports Star of the Month wins a gift pack from Let’s Play. An overall winner from the monthly winners will be chosen at the end of the year.

JENNY PREECE, the number­one ranked u.14 squash player in the country and the Let’s Play Sports Star of the Month for July. Photo: Ruan Bruwer


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 31 JULIE 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

FAMILIAR faces, but in new roles. Eugene Jacobs (left, new CEO of amateur cricket at the Griqualand­West Cricket Board) and JP Triegaardt (newly­appointed head coach) with Rihan Richards (president, middle). Photo: Ruan Bruwer

JP has what it takes Ruan Bruwer HAVING played at Griquas for a number of years and even having tasted some franchise cricket last year, JP Triegaardt has the right credentials for the coaching position of the senior side that has been handed to him. The 29-year-old Jean-Pierre might be on the young side as a coach, but has impressed last season as Wendell Bossenger’s understudy. When Bossenger was part of the South African A side, JP took over the full responsibility of the team and excelled in that. He won’t be following in the footsteps of his predecessor (also a wicketkeeperbatsman) who played the role as player/coach. “No, I’ll just be coaching. We have a talented keeper in Gihan Cloete who is part of our plans,” Triegaardt spoke

down the possibility of continuing playing. Should Cloete not be available due to franchise cricket, the Griqualand-West Cricket Board (GWCB) would have a Plan B in place, ensured Eugene Jacobs, new CEO. According to him they are busy negotiating with another keeper-batsman. Although he’s only been appointed from 1 August, Triegaardt has been given the go-ahead with his plans the last nearly two months. “When all the players are back from overseas commitments early September we will have a sit-down and plan ahead. I can tell you now that our aim will be to end in the top three.” Rihan Richards, president of the GWCB, added that Griquas has changed the way they wanted to play cricket. “We’ll rather lose in the effort to win,

Toets kennis Sportredaksie DIE Curriebekerreeks se Premierliga begin aanstaande Vrydag met die Griekwas wat weg teen die Sharks speel. Hier is ’n paar interessanthede: ) Nog net sewe spanne kon al die Curriebeker omhoog hou. Die huidige kampioen, die Westelike Provinsie, het dit die meeste keer vermag (32 keer waarvan 4 keer gedeel is). Die Bulle is tweede met 23 titels (laas in 2009 gewen), daarna die Leeus (tien titels, laas in 2011 gewen), Sharks (ses bekerseges, laas in 2010 gewen), Vrystaat (vier titels, laas in 2007 gewen), Griekwas (drie keer, laas in 1970 gewen) en Grens (twee keer, albei gedeel in 1932 en 1934). ) Die meeste punte deur ’n span in ’n Curriebekerreeks is die Sharks se 792 punte in 15 wedstryde in 1996. Die Griekwas se rekord is 489 punte in 14 wedstryde in 1998. ) Die meeste spandrieë is 112, ook deur die Sharks, in 1996. Die Griekwas se rekord is 86 vyfpunters in 21 wedstryde in 2003. ) Die meeste punte deur ’n individu is Johan Heunis (Blou Bulle) se 268 in 1989. Naas Olivier hou die Griekwas se rekord (173 in 2010). ) Die meeste drieë deur ’n enkele speler in die reeks is deur Bjorn Basson in die Poublou-trui in 2010 behaal. Hy het 21 keer gaan druk. ) Hier is jou kans om ’n prys met jou sportkennis los te slaan. Beantwoord die volgende vraag korrek en jy staan ’n goeie kans om met die geskenkpak van R250 van SuperSport weg te stap: Hoeveel spanne het die Curriebeker al gewen? Dit is maklik om vir die prys in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Sporttrivia”, gevolg deur jou naam, van en antwoord. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50.

instead of playing for the draw. We received very good feedback about that. We often play on seemingly difficult wickets here and the squad leans towards a team attack. “This helps the players prepare for the step-up to a higher level.” Triegaardt, who made his debut for the Knights in Kimberley last year when regular keeper Morné van Wyk was injured, is confident he’ll have a couple of senior heads in the team. “Most of the players are seniors. We look to place more responsibility on the shoulders of these guys to guide us through the season. “There are also some exciting youngsters like Patrick Kruger and GM Bruwer who might get a chance. “We are looking to filter and strengthen our system from the bottom,” Triegaardt mentioned.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.