Noordkaap 15 04 2015

Page 1

MERANTI & STEEL GARAGE DOORS 61 C Long Street Kimberley Tel. 053 833 3827 Faks: 053 832 5280

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 15 April 2015

X1PWP5LF-NK150415

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Hard aan’t oefen DIE Noord­Kaapse provinsiale net­ balspan wat aan die Brutal Fruit­ netbalbekerreeks gaan deelneem, is reeds hard aan die oefen. Die span, die Noord­Kaapse Dia­ monds, neem van 8 Mei deel aan die reeks wat tot 7 Junie duur. Dit is die tweede jaar wat die reeks aangebied word. Heel voor is Si­ moné Sell (onderkaptein); van links is, middel: Leandré Botha, Clarissa Mpikwane, Charmaine Buckle, Nthabiseng Hottre, Jean­ marie van der Linde en Carmen van den Heever; agter: Christelle Ellis, Jackie Muller (spanbestuur­ der), Elsje van der Merwe (afrig­ ter), Elzanne Swart, Maria Maija (hulpafrigter en voorsitter), Nini Jordaan, Zonja van Niekerk (alge­ mene bestuurder) en Claudia Booysen (kaptein). Foto: André Botha

Tuishalfeind wink André Botha

’n TUISHALFEINDSTRYD in die Vodacombeker-reeks wink vir Griekwas nadat die span Saterdag (11/04) ook Grens geklop het. Die Griekwas se sege op die veld van die Hoërskool Hartswater was hul agtste agtereenvolgende tuisoorwinning. ’n Negende tuisveldsege op 26 April wanneer die span op die veld van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley teen die Westelike Provinsie te staan kom, kan ’n

tuis-halfeindstryd beklink. Die wedstryd vorm deel van die Wildeklawer-rugby-en-netbaltoernooi wat by die skool gehou word. Griekwas se laaste tuisveld-nederlaag in die reeks was in April 2013 teen die Pumas. Die reeks tuisoorwinnings sluit in die oorwinning van 30-6 oor die Leeus in verlede jaar se eindstryd. Griekwas en die WP is nou in ’n wedloop om die eerste plek op die punteleer in die suidelike afdeling gewikkel. Ná die naweek se wedstryde het

SPEEDY TYRE & EXHAUST Real People. Real Value. Real Speedy.

68 TRANSVAAL ROAD KIMBERLEY

Griekwas 13 punte, een punt minder as die WP se 14. Die Poubloues kom Saterdag (18/04) op Velddrif teen die Boland-Kavaliers te staan, en moet as besliste gunstelinge op die veld gaan. Die Kavaliers, wat die naweek met SWD afgereken het, moet egter nie onderskat word nie. ’n Sege met ’n bonuspunt is belangrik om die span op die hakke van die WP te hou. Die WP het ’n maklike tuiswedstryd teen Grens in Kaapstad, en ’n bonuspuntsege is ’n groot waar-

TYRES

Lowest in town

skynlikheid. Die Vrystaat is met tien punte in die derde plek, en is die ander groot bedreiging vir Griekwas in die wedloop om ’n tuishalfeindstryd. Griekwas was vóór Saterdag se tuisveldsege van 37-25 oor Grens in twee wegwedstryde aan die wenkant, teen onderskeidelik die Kings en SWD. Die Poubloues jag vanjaar hul sesde Vodacombeker. Dit sal hulle die span maak wat dié trofee reeds die meeste kere gewen het. Hulle deel nou die rekord (vyf keer) met

SHOCKS Less 60%

die Leeus. Behou hulle die beker, sal hulle slegs die tweede span word wat die beker twee keer agtereenvolgens wen. Die enigste ander span wat dit nog kon regkry, is die Leeus wat in 2013 en 2014 gewen het. En sou Griekwas daarin slaag om weer tot die eindstryd deur te dring kan dit juis dié twee spanne wees wat mekaar weer aandurf. Die Leeus beklee tans ’n gemaklike eerste plek in die noordelike afdeling, met ’n voorsprong van vier punte oor die Bulle.

BATTERIES Less 25%

TEL: 053-831 2557/1881

X1PX5BB7-NK150415

X1PY78G5-NK150415


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

Vrouenetwerk benoem

Rou oor Kby Express André Botha en Jana Smit DIE Noord-Kaapse premier was onder die talle mense wat hulde aan Richard Henyekane, voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler en boorling van Kimberley, gebring het nadat hy in ’n botsing tussen ’n motor en vragmotor buite Bethlehem dood is. Henyekane (31) was een van die vyf insittendes in die motor en wat almal in die ongeluk dood is. Buiten Henyekane is nog ’n man en drie vroue dood. ’n Gedenkdiens is Saterdag (04/04) in die Mittah Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley vir hom gehou. Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, het namens die inwoners van die NoordKaap gesê Henyekane, bekend as die Kimberley Express, was ’n inspirasie vir jong mense oor Suid-Afrika heen. “Nog ’n groot vegter het geval, en hy sal altyd onthou word vir die dissipline en professionaliteit op die veld.” Uit alle oorde het mense hul medelye met Henyekane se familie en spanmaats uitgespreek. Safiyia Stanfley, provinsiale woordvoerder vir sport, kuns en kultuur van die DA, het gesê die Kimberley Express, soos Henyekane bekend was, was ’n inspirasie vir die kinders van die Noord-Kaap. Beauty Dlulane, voorsitter van die portefeulje-komitee

oor sport en ontspanning, het gesê Suid-Afrika se sokkergemeenskap is met die verlies van hierdie talentvolle ster armer. “Ons wil hê die Henyekane-familie moet weet dat ons ten alle tye saam met hulle is. Ons glo hulle sal hul smart in God die Almagtige se hande laat in hierdie moeilike tyd,” lui ’n verklaring van Ea Lla Koto, oftewel Free State Stars. Die ANC-jeugliga (ANCJL) het ook sy skok en meegevoel met Henyekane se naasbestaandes uitgespreek. Neo Maneng, provinsiale sekretaris van die ANCJL, het gesê die belowende ster se ontydige dood is ongetwyfeld ’n verlies vir sy familie en die sokkergemeenskap. Henyekane het benewens vir Free State Stars, ook vir Mamelodi Sundowns gespeel. Maneng het Henyekane as ’n gedissiplineerde sokkerspeler, “wat nooit toegelaat het dat roem na sy kop gaan nie”, beskryf. Brand de Villiers, uitvoerende hoof van die Premier-sokkerliga (PSL), het ook sy meegevoel met Henyekane se familie uitgespreek. De Villiers het gesê hy kan hom nie die pyn indink wat sy familie ervaar nie, veral aangesien die sokkerster se jonger broer vier maande gelede dood is. Sidwell Guduka berig Mike Mokoena, eienaar van Stars, het gesê dit is moeilik om te aanvaar dat Henyekane nie meer daar is nie. “Almal in die span is platgeslaan.” Mokoena het Henyekane as een van die belangrike spelers in die span beskryf.

RICHARD HENYE­ KANE, oftewel die Kimberley Express, in aksie op die sok­ kerveld. Foto: Verskaf

RICHARD HENYEKANE se oumagrootjie, Rosy Ganyaza, stort ’n traan ten tyde van ’n besoek van verteenwoordigers van die departement van sport, kuns en kultuur aan Henyekane se ouerhuis in Galeshe­ we. Foto: Emile Hendricks

DIE vrouenetwerk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kimberley is as kandidaat vir Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kaapse Instansie van die Jaar benoem. Die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar, asook die NoordKapenaar van die Jaar, word in Mei aangewys. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Die vrouenetwerk bestaan uit drie vroue. Leza Graaf is die groepleier en saam met haar werk kapt. Grace Bruce en Louwna Luyt. Hulle is deur kol. Nicki Mills benoem. Van hul projekte is dat die Laerskool Diamantveld deur die groep “aangeneem” is. Elke maand word op sekere dae kos aan sowat 100 van die skool se leerlinge voorsien. Nog ’n projek is No Future with Drugs waardeur dwelmverslaafde jong mense in die hospitaal opgeneem word en daarna ’n rehabilitasieprogram deurloop. ’n Ander projek en droom van die groep is beter omstandighede vir ma’s en hul babas in die tronk. Hul visie is om beter omstandighede in die tronk vir dié ma’s en hul kinders te skep. Die groep is deur ’n leerling van die Hoërskool Adamantia, Wilsca Smith, in dié projek bygestaan. Danksy die projek is ’n vertrek in die Kimberley-gevangenis ingerig. Benewens dat die vertrek, voorheen ’n sel, geverf

en gemeubileer is, is ’n speelplek geskik vir babas tot twee jaar oud ook gebou. Drie ma’s met hul kinders het elkeen ’n geskenkpak met verskeie artikels daarin ontvang. Santa’s Shoebox behels dat skoenbokse met geskenke soos skryfbehoeftes, klere, speelgoed, lekkernye en toiletware mooi toegedraai word. Aanvanklik is net 50 bokse uitgedeel. In 2014 is ’n yslike 850 skoenbokse met geskenke uitgedeel. Die doelwit vir 2015 is 1 000 skoenbokse. Die projek is nou vyf jaar aan die gang. ’n Winteruitreikprogram word ook by die Laerskool Diamantveld gehou wanneer 25 stelle skooldrag, skooltasse, skryfbehoeftes en kospakkies aan kinders gegee word. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees.

Soek logo en wen

Pre-owned Stars Vanderbijlpark bied top-Land Cruisers aan! Ons hou die meeste Cruisers in die bedryf op een handelaarsvloer aan.

SOEK vandag weer die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo in Noordkaap om ’n ge­ skenkbewys van R200 te wen. SMS die sleutelwoord “Logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo geplaas is na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. Die SMS­lyn sluit Vrydag om 10:00. Onthou, jy moet jou naam en van verskaf om te kan wen. Hier is die vorige wenner, Maria Wong (links), saam met Amy van Heerden van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Foto: Verskaf

Helping Kimberley and Northern Cape residents keep cool since 1988

Finansiering kan gereël word. Inruilings welkom.

38 Holland Road, New Park, Kimberley 053 831 1908

We supply the following

Waarborge en diensplanne beskikbaar. Bottled water

JOU EENSTOP CRUISER WINKEL!

Ek lewer oral in SA af, so spoedig moontlik! Ons help ook graag met uitvoer.

Toetsritte meer as welkom!

VIR MEER INLIGTING SKAKEL BERNICE CRUISER BY 073 445 2679 • E-pos: vaal1@starmotor.co.za X1PYR555-NK150415

WE SUPPLY AND INSTALL - Aluminium Venetian Blinds - Wood Venetian Blinds - Vertical Blinds - Roller Blinds - Bamboo Blinds - External Awnings - Insect Screens

Pure water refill Reverse osmosis purifiers Purifier services Replacement filters Whole house filtration Water treatment Office and household dispensers

Contact: Barry Downs 083 621 9911 Tel: 053 861 3936 • Fax: 086 513 8367 info@bdbblinds.co.za • www.bdblinds.co.za 4 Simon Road, Hadison Park, Kimberley 8301 X1PY3A7H-NK150415

X1PYQFUW-NK150415


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

Nuwe era hier

Laat die rande inrol

’n NUWE era breek op 1 Mei vir Noordkaap se webwerf aan, want van dié dag af sal dit deel wees van die nou reeds bekende Netwerk24. Netwerk24, wat in Augustus 2014 begin is, is dié toonaangewende betaalplatform vir Media24 se Afrikaanse dagblaaie en Sondagkoerante. Die webwerf het vinnig veld gewen en sal nou heelwat groter word wanneer dit ook die inhoud van die groep se hoofsaaklik Afrikaanse plaaslike koerante oor die land heen huisves. Lesers sal steeds Noordkaap se inhoud – ook die Engelse nuus – op een plek vind wanneer hulle www.noordkaap.co.za intik. Dié adres sal hulle neem na ’n afdeling van die Netwerk24-webwerf waar Noordkaap se inhoud netjies bymekaar gepubliseer sal word – en waartoe lesers kosteloos toegang sal hê. Lesers kan ook steeds Noordkaap se Facebookblad dophou om op hoogte te bly van gebeure deur die loop van die week. “Die lewering van plaaslike nuus en inligting speel ’n uiters belangrike rol in vandag se veranderende medialandskap,” sê Gert Coetzee, waarnemende redakteur van die Volksblad-groep, waarvan Noordkaap deel is. “Ons taak is om unieke plaaslike nuus te bly lewer en om ook wat digitale nuuslewering betref, op die voorpunt te bly in ons gemeenskappe.”

DIE Hoërskool Ada­ mantia het onlangs weer aan die Kansa Re­ lay deelgeneem. Leer­ linge van die algemene raad, landsdiensklub en hokkiespelers het hul kant gebring om ’n bydrae tot Kansa se geldkas te maak. Sken­ kingslyste alleen het ongeveer R10 000 inge­ bring. Kollekteblikkies is ook aan Kansa oorhandig. Van links is, voor: Abbi­ gail Campbell, Moni­ que Van Wyk en Chan­ té Carstens; tweede ry: Bronwynn van Tonder, Denise­Cher Terblan­ che, Denay Terblanche, Ambrosia van Rooyen, Michaela Mellet en Ly­ nique Botha; derde ry: Nazneem Rahman, Monique Sinden, Ma­ rio Spannenberg, Wi­ han Botes en Barney Blunden; agter: Nadia Britz, Norma­Rose Mit­ ton en Armant Basson.

Vertaal met app

3

“Just sor ng out that paperwork boss!”

Du Plessis Janse van Rensburg DIT gebeur soms dat ons na woorde soek, partykeer omdat ons hulle van een taal na ’n ander moet vertaal of as ons bloot die ander taal se beskrywing beter wil verstaan. As jy gelukkig is, het jy ’n tweetalige woordeboek byderhand en as jy soos die meeste mense nie een het nie, word Google geraadpleeg. Maar verbeel jou daar is ’n app waarmee jy amper 92 verskillende tale van oor die wêreld heen kan vertaal, en nie net woorde nie, maar sommer hele sinne, met die druk van ’n knoppie. Dié app is iTranslate. Die app iTranslate is ’n app wat op sowel Android en Apple se iOS-platforms beskikbaar is en is gratis. Funksies iTranslate is een van daardie apps wat ontwerp is vir een spesifieke funksie en dit baie goed verrig. Hier gaan jy nie tierlantyntjies kry nie, en dit is wat die app so goed maak X vinnige toegang, eenvoudige ontwerp met niks wat in die pad van jou behoeftes kom nie. Die app gee die verbruiker die keuse van 92 tale om van te kies om die vertaalwerk uit te doen waarvan Afrikaans een is. Wanneer jy die app oopmaak, word jy begroet deur die twee vertaalvensters waarin jy dan jou keuse van taal maak en ook die taal wat jy wil hê moet vertaal word. iTranslate bied jou ook die opsie om sinne te vertaal sou jy nie net ’n enkele woord wou vertaal nie. Jy het ook die keuse om die app met ’n in-app-aankoop op te gradeer sodat jy selfs nie eens hoef te tik nie, maar jou foon se mikrofoon kan gebruik om wat jy sê of hoor te vertaal, sonder om ’n vinger te lig. iTranslate is ideaal as jy vinnig op soek is na ’n woord en jy ’n vinniger manier soek as Google. Meer as dit is daar nie aan die app nie, maar dit is juis wat hom goed maak X eenvoud en spoed.

Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za en blaai deur vorige uitgawes.

Keep an eye on what ma ers most Whether you’re keeping an eye on office supplies or just checking up on staff, Guardian Eye Lite, from Vox Telecom, is a Wi-Fi enabled IP camera that is affordable and easy to set up. It can be used as a home or business monitoring device and also offers auto-networking and secure authen ca on. View live footage, day or night, directly from your smart device or computer, get push no fica ons when there’s movement, take snapshots, ward off intruders, and even remotely ac vate an alarm.

For more informa on, contact Jeanine Roux on 071 962 7571 or jeaniner@voxtelecom.co.za X1PVHVQJ-NK150415


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

Toernooi van groot waarde OP 25 April gaan Kimberley ’n byenes wees wanneer die Wildeklawer-rugby-en-netbaltoernooi in die stad aangebied word. Altesaam 114 rugby- en netbalspanne in verskillende ouderdomsgroepe neem vanjaar weer deel. Die toernooi vir eersterugbyspanne bestaan uit 18 spanne (insluitend een ontwikkelingspan) en die toernooi vir eerstenetbalspanne bestaan uit 12 spanne (insluitend een ontwikkelingspan). Altesaam 48 junior rugbyspanne neem ook aan die toernooi deel. Daarbenewens sal 18 o.13-rugbyspanne en 18 o.13-netbalspanne sake uitspook. Die o.19-spanne se wedstryde op Maandag (27/04) word regstreeks op SuperSport uitgesaai. Dit is ’n groot gebeurtenis vir Kimberley. Die publisiteitswaarde daarvan kan nie gemeet word nie, en daarby bring die besoekers X nie net die deelnemers nie, maar

ook hul ouers, afrigters en ondersteuners X baie geld saam Kimberley toe. Die Hoërskool Diamantveld is vanjaar die vierde keer die gasheerskool, met die Laerskool Newton wat die tweede keer die gasheerskool vir laerskole is. Vir die ander plaaslike skole wat deelneem, bied die toernooi ook belangrike blootstelling en ondervinding. Dit is juis die sukses van die vorige toernooie in Kimberley wat verseker het dat dit nou min of meer ’n permanente tuiste in Kimberley gevind het. Tot hierdie sukses het ook die inwoners van Kimberley bygedra. Die inwoners word aangemoedig om vanjaar weer die besoekers met gulhartigheid te ontvang, en te verseker dat hulle met ’n positiewe siening van die stad hier weggaan. ) Lees in volgende week se Noordkaap alles oor die toernooi.

Huisves aandelebeurs

Werk eerder saam

SOL PLAATJE

Hanens Nöeth

MUNISIPALITEIT

Better Quality of Life for All A Better Standard of Living for All

In accordance with the Municipal Systems Act (Chapter 5) and Municipal Finance Management Act (Chapter 4), notice is hereby given that the Draft Integrated Development Plan (IDP) and Budget for 2015/16 - 2017/18 for the Sol Plaatje Municipality was presented to the Executive Mayoral Committee and tabled to Council on 30 March 2015. Copies of these documents will be available at all municipal libraries as well as the Council Civic Centre (Information Counter and Budget Office) for public inspection. The information will also be published on the Municipality's website - www.solplaatje.org.za Date

Forum / Ward

Venue

Time

City Hall

10:00

Galeshewe: Including all areas within the boundaries of Galeshewe (Wards 8, 12, 13, 18, 19 & 20)

Galeshewe – Social Centre

17:00

14.04.2015

Mankurwane/Vergenoeg (Wards 4, 5, 6, 7, 9, 10, 11, 15, 16, 17 & 31)

Mankurwane – R C Elliot Hall

17:00

15.04.2015

Colville, Floors, Homestead and surrounding areas (Wards 14 & 28)

Floors Swedish Community Hall

17:00

16.04.2015

Roodepan, Homelite, Homevale, Lerato Park, Jacksonville and surrounding areas (Wards 1, 2, 3, 29 & 30)

Roman Catholic Church Hall

17:00

20.04.2015

Kimberley: De Beers, Cassandra, Moghul Park, Kb North, Ernestville & Kenilworth (Wards 21, 23 & 24)

Skilpad Saal (De 17:00 Beers Stadium)

21.04.2015

Platfontein (Ward 30)

Platfontein Combine School

17:00

Ritchie (Wards 26 & 27)

Rietvale Community Hall

17:00

Riverton and Langley (Ward 28)

Presbyterian Church

17:00

Greenpoint, Beaconsfield, Diamond Park, Diskobolos and surrounding areas (Wards 22, 25 & 28)

Greenpoint Community

17:00

13.04.2015

IDP/ Budget Business Forum

13.04.2015

DIE eerste volwaardige aandelebeurs in Suid­Afrika is in Kimberley gestig. Daar was wel toe al aandelebeurse in stede soos Kaapstad en Pietermaritz­ burg, maar dit was bloot takke van die Londense aandelebeurs. Dit is die Kimberley Royal Stock Exchange ge­ noem en het op 2 Februarie 1881 ge­ open. Dit het begin met ongeveer 100 lede en is aanvanklik in tydelike kanto­ re in Beit’s Buildings gehuisves. Later het dit na Ebdenstraat verskuif, voor­ dat ’n gebou op die hoek van Christian­ en Kerkstraat opgerig is. Nie verba­ send nie, was dit net om die draai van De Beers se hoofkantoor. Die Kimber­ ley Royal Stock Exchange is ’n paar maande later gevolg deur die Barnato Stock Exchange, gestig deur Cecil John Rhodes se groot teenstander, Barney Barnato. Die jaar 1881 was ’n tydperk van groot voorspoed in Kim­ berley met meer as ’n dosyn maat­ skappye, en ’n “aandele­mania” het geheers, aldus die boek Kimberley Turbulent City. Daar was dus ’n duidelike behoefte aan ’n aandelebeurs. ’n Aan­ duiding van hoe destyds sake gedoen is, was die praktyk dat ooreenkomste dikwels aangegaan is waarvolgens die koper ’n aandeel later teen ’n vasge­ stelde prys sou koop. Dit het egter dik­ wels gebeur dat die koper geweier het om te betaal as die aandeelprys intus­ sen sou daal. Die ekonomiese oorheer­ sing van Johannesburg in later jare sou daartoe lei dat albei aandelebeur­ se, soos elders in die land, tot niet sou gaan met die Johannesburgse aande­ lebeurs wat al een is wat oorgebly het.

Open Ward Meetings

DIE bereik van ’n gemeenskaplike doel is net soveel makliker as mense saamtrek eerder as dwarstrek. Party mense hou van dwarstrek. So ’n iemand was Tom. Moeilike ou Tom het hulle hom genoem. Kon hy nou vir jou dwarstrek, op elke liewe gebied. By die skool, by die kerk, waar hy is – moenie ’n fout maak nie, hy was baie begaaf, welsprekend, hardwerkend en nodig met sy bankrekening. Hy wou graag in elke liewe bestuur wees. Hy het tyd en geld daarvoor gehad. Maar dwarstrek, kon hy dwarstrek. Oor elke liewe dingetjie. As ’n saak hom nie geval nie dan trek hy dwars met sy welsprekende tong, met sy hardwerkende hande, met sy onmisbare rande. Aanvanklik is ’n mens te bly dat iemand aanbied om te help en saam te trek, maar sodra so iemand begin dwarstrek, word dit vir almal ’n gesukkel. Ek het gou geleer dat elke dorp en stad, elke kerk en skool, elke organisasie het maar sy ou dwarstrek-Tom. Die ergste is dat hierdie ou dwarstrek-Tom gewoonlik trots is daarop dat hy moeilik is. ’n Mens kan jou verstom dat hulle nie

verleë voel nie, nie ongemaklik is daarmee nie. Inteendeel, soms voel dit of dit afgemerk word as ’n prestasie. Om dwars te trek is nie ’n prestasie nie. Natuurlik beteken dit nie dat ’n mens net in alles saamtrek sonder beginsels nie. Nee, inteendeel, daar is baie waarde in om jou dwarstrek te kies. Saam te werk sover jy kan, sodat wanneer jy dwarstrek, almal verstaan en luister. Dit was vir my die ergste – later het niemand meer na hom geluister nie. Ek weet hy is soms reg, maar hy het al so baie dwarsgetrek dat niemand meer luister nie. Hy het dit self veroorsaak. Hy het dwarsgetrek toe hy moes saamwerk. By hom het ek geleer: Trek saam totdat jy regtig nie anders kan as om te moet dwarstrek nie, maar oppas om altyd sommer net dwars te wees. Werk meer saam as wat jy dwarstrek.

Wit ballon bly talm Karin Muller

22.04.2015

Interested parties, local community and stakeholders are invited and urged to submit representations, comments and inputs regarding the draft IDP and draft Budget 2015/16 - 2017/18 on or before 23rd April 2015. Written submissions must be handed in at the Civic Centre (budget office), faxed to 053 8331 005 / 053 8314 658, or emailed to zlmahloko@solplaatje.org.za(CFO), mstols@solplaatje.org.za (IDP), (Budget and Treasury) jwagner@solplaatje.org.za, chenderson@solplaate.org.za, cjenneke@solplaatje.org.za and banthony@solplaatje.org.za

X1PYL3E5-NK150415

DIE meeste begrafnisse word deur iets tradisioneel gekenmerk. Iemand sê iets betekenisvol oor die geliefde persoon. Familie kry eerbiedig voorkeur met die beweeg in en uit die kerk. Daar word driehoektoebroodjies en ander verversings by ’n nabygeleë lokaal genuttig. Iets wat ’n mens nie normaalweg op ’n begrafnis ervaar nie, is die loslaat van ballonne. Spierwit ballonne. Elkeen met ’n deftige lintjie vasgeknoop. As jy, as nie-naby-familielid, gedweë met die ballon in jou hand staan, bruis verskillende emosies deur jou gemoed. ’n Tikkie verwondering vleg deur die andersins sombere emosies. Jy staar na die wit ballon se ronding wat wip-wip naby jou gesig. Dit is amper asof dit nie kan wag om gelos te word nie. Asof dit weet wat sy doel is en, teenstrydig met die algemene gevoel, opgewonde is daaroor. Die res van die ballonne word uitgedeel en aangestuur. Jy wag geduldig dat daar afskeid geneem

word by die lykswa. Die familie staan ’n tree terug en neem elkeen ’n ballon. Die lykswa begin baie stadig vorentoe beweeg. Die ballonne word die een ná die ander deur die naasbestaandes gelos. Dan volg die res van die ballonne. Almal se oë is op die blou lug gerig waar ’n massa wit ballonne rondspeel. Sommige ballonne talm twyfelend en kies dan koers na bo. Jy verwonder jou oor die ballonne wat twee-twee of drie-drie bymekaar bly totdat hulle uit die oog verdwyn. Mense draai stadig om en stap na die nabygeleë saal. Enkele wit ballonne is nog hier en daar sigbaar. ’n Sug ontsnap oor jou lippe. Iewers in jou wese sal hierdie simboliek van die wit ballon wat jy gelos het vir altyd vassteek.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

5

Program hef jeug op Charné Kemp ALTESAAM 108 leergierige Noord-Kaapse gr. 12-leerlinge het in Kimberley die eerste keer die HOPE@Maties-universiteitsvoorbereidingsprogram in die provinsie bygewoon. Dit is by die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) aangebied. Amptenare en toponderwysers het die vakke aangebied. In De Aar en Calvinia het 65 onderwysers en amptenare in bestuurposte ook ’n kursus in gevorderde onderwys en skoolleierskap voltooi. Dié programme is deel van ’n vennootskap tussen die provinsiale departement van onderwys en sentrum vir pedagogie (Sunsep) in die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Dr. Trevor van Louw, direkteur van Sunsep, glo die kursusse sal ook ’n werketiek by leerlinge en onderwysers vestig. “Ek dink ons land se onderwysprobleme is deels te wyte aan ’n gebrek aan werketiek. Ons vind dié voldagvakansieskool maak leerlinge meer werkgerig.” Vir hom is dit belangrik dat leerlinge tyd opsysit in hul sportprogram vir dié drie akademiese weke wat in die April-, Junieen Septembervakansie aangebied word. Die doelwit van die kursus is nie net om beter matriekpunte te verwerf nie, maar om solank aan ’n universiteitsloopbaan te begin werk. “Ons skep geleenthede vir leerlinge om universiteit toe te gaan en om reeds werkgerig te wees wanneer hulle daar opdaag. “Dié vakansieskole moet die oorbruggingsjaar wees.” Leerlinge van oral in die provinsie is gekies op grond van hul gr. 11-punte, en wat ’n gemiddelde persentasie van 70% het. Van Louw het die program vyf jaar

gelede in die Wes-Kaap begin as deel van ’n werwingspoging om voornemende studente na die US te lok. “Ons is baie trots op die resultate. Van die eerste 19 leerlinge wat ons in Kaapstad op Saterdae onderrig het, het 17 hul grade voltooi.” Die doel met die universiteitsvoorbereidingsprogram is om gr. 12-leerlinge in spesifieke vakke soos wiskunde, natuurwetenskap en rekeningkunde te help om hul punte te verbeter en om seker van universiteitstoelating te wees. Die tweede universiteitsvoorbereidingsprogram, SciMathUS, is ’n jaar lange program in Stellenbosch vir leerlinge wat reeds matriek geslaag het, maar nie universtiteitstoelating verkry het nie. Hulle kan aan die einde van die studiejaar hul punte vir universiteitstoelating verbeter. Die eerste twee oudstudente wat die SciMathUS bygewoon het, het onlangs hul PhD-grade verwerf. Leerlinge wat die HOPE@Maties-universiteitsvoorbereidingsprogram bywoon, word ook gehelp om ’n studierigting te kies en by universiteite, “verkieslik die US”, aansoek te doen, sê Van Louw. Leerlinge wat hul topprestasie aan die einde van gr. 12 volgehou het, kom in aanmerking vir die US se werwingsbeurse wat die eerste vier jaar aan die US se klasgeld dek. Graham Fourie, sentrumbestuurder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, sê die departement het voorheen alleen dié soort kursus in Upington aangebied. Vanjaar is dit die eerste jaar dat hulle dit in dié vennootskap in Kimberley aanbied. Hy verseker dat die vakansieskool glad verloop en gee ook raad oor hoe om aansoek om studiebeurse van die NoordKaapse premiersfonds te doen.

KIMBERLIN BRINK van Kimberley Girls’ High skryf ’n fisika­formule neer.

NOTICE TO SERVICE PROVIDERS PURPOSE: Service providers that have conducted business with the NORTHERN CAPE DEPARTMENT OF HEALTH to submit credible claims confirming the amount/money owed to each one of them in light of services/goods rendered to the Department. APPROACH: The claims to be made, should be submitted and must satisfy the following conditions. 1. Copy of invoice, quote, order issued. 2. Confirmation that goods/services were delivered as requested. 3. Name of facility for which goods/services was rendered. 4. A Statement confirming the value of invoices due. All the above information must be received by the following date: • Due date: 10 April 2015 • Time: 12:00 • Venue: At the district office where the order was issued Names of the districts: Frances Baardt JT Gaetsewe Pixley Ka Seme Namaqua ZF Mgcawu

ALTESAAM 108 leerlinge van skole in die Noord­Kaap het die Universiteit van Stellenbosch (US) se HOPE@Maties­universiteitsvoorbereidingsprogram in Kimberley bygewoon. Tshe­ po Moilwe van die Hoër Tegniese Skool Kimberley luister aandagtig na ’n lesing. Foto: Emile Hendricks

PLEASE TAKE NOTE: All service providers must first obtain a valid order before providing any goods/services to the department.

Om aan ’n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ’n FAMILIE te behoort. In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope sewe jaar het AVBOB meer as R 4,0 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde begrafnisvoordele* sluit in: • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika Hoekom? Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd. Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.

Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes: Kimberley-tak Tiaan Honiball Dunellstraat 32, Kimberley Tel: (053) 832 7254

Postmasburg-tak Bernard Vance Tuinstraat 31, Postmasburg Tel: (053) 313 1362

Prieska-tak Judith Basson H/v Mark & Lootsstraat, Prieska Tel: (053) 353 1411

Colesburg-tak Deon van Vuuren Murraystraat 6, Colesberg Tel: (051) 753 0602

*Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. VFD 20656. *Begrafnisvoordele vir polishouers is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer.

NOORDKAAP 1410034

X1PYP3H5-NK150415


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

MOTORS

Merc wêreldmotor van die jaar

MERCEDES se nuwe C­klas.

Foto: Verskaf

AITSA, maar nou kry daai eertydse megalomaniese Mercedes-hoofman, Jürgen Schrempp, se visie van wêreldoorheersing in die motormark ’n bietjie vleis om die lyf. Benz se nuwe C-klas is pas op die New Yorkse motorskou as wêreldmotor van die jaar vir 2015 aangewys, terwyl die S-klas-koepee bobaas was in die wêreldweeldemotor-kategorie, met die Mercedes-AMG GT wat die kroon as wêreldverrigtingsmotor by die Porsche 911 GT3 oorneem. Dit nou op die rug van vanjaar se 16%-verhoging in wêreldwye Benz-verkope. Met ’n amperse 430 000 eenhede wat Benz egter in vanjaar se eerste kwartaal verkoop het, is veral die C-klas (met goeie verkope in Europa, China en Amerika) besig om verlore grond te herwin. G’n wonder die C-klas is pas ook as 2015 se

IEMAS APPROVED DEALER

144 A Church Street, Oranjesig, Bloemfontein

wêreldmotor van die jaar gekroon nie. Sy sterkste teenstand het van die nuwe Ford Mustang en VW Passat gekom. Die C-klas word klaar in Suid-Afrika verkoop en die Passat en Mustang is op pad. Ander voertuie wat die kortlys vir wêreldmotor van die jaar gehaal het, was BMW se 2-reeks Active Tourer, Citroën se C4 Cactus, die Mazda2, Nissan Qashqai, Mini-5-deur- en 4-deur-hardekap, Jeep Renegade en Hyundai Genesis. Die Renegade is ook na Suid-Afrika op pad, die Cactus word binnekort hier bekend gestel en, buiten die Genesis, is die res reeds hier. Die twee kategorieë wat nie deur ’n Benz gewen is nie, is wêreld-groenmotor van die jaar en wêreldontwerp van die jaar, waarin die BMW i8 en Citroën C4 Cactus onderskeidelik met die louere weggery het. Die i8 het natuurlik ook onlangs in Suid-Afrika gebuig, terwyl laasjaar se algehele wenner, die Audi A3, asook 2014 se verrigtingswenner (911 GT3), groenmotorwenner (BMW i3), ontwerp van die jaar-wenner (BMW i3) en weeldewenner (Benz S-klas) almal in Suid-Afrika te koop is. Ons lig die hoed vir Benz. Audi – met ’n totaal van sewe pryse – is steeds die voorloper sedert die maatskappy se A6 die heel eerste wêreldmotor van die jaar-prys in 2005 gewen het. Maar met drie 2015-wenners het Benz, met ’n groottotaal van ses, nou tot in die tweede plek opgeskuif, gevolg deur VW met vyf en Porsche en BMW met vier elk.

Nolan 083 377 4992

Approved Financial Service Provider: FSB 28260 • Terms and Conditions Apply

Tel: 051 10 10 625/6/7

www.executivemotors.co.za

2010 Land Rover discovery 4 3.0 TD/SD V6 HSE Navigation, Bluetooth, Sunroof, Reverse camera, PDC, Towbar FSH 141 000 km

Motor tot 100 000 km

R399 900

2005 Mercedes-Benz 320 Auto Elegance FSH

R119 900

175 000 km

2012 BMW 328i Auto sport Sunroof / Bluetooth FSH 75 000 km

R299 900

2001 BMX X5 3.0i Auto Reverse camera Sunroof

R89 900

200 000 km

2010 Merc-Benz C180K BE Auto FSH 124 000 km

2007 BMW 320d A Exclusive FSH

R199 900

150 000 km

R199 900

160 000 KM

R139 900 2008 BMW 325I M FSH

2008 BMW 335i Sport package Sunroof, FSH

153 000 km

2010 Mercedes-Benz B200 CDi, Avatgarde. FSH, Sunroof

2006 BWM X3 2 old (Rooi) Sunroof FSH PDC 145 000 km

R139 900

R169 900 R199 900

137 000 km

X1PYL3H9-NK150415

SAVE BIG WITH OUR PRE-SELECTED AND DEMO RANGE

2011 SUZUKI SX4 2.0 MANUAL, WHITE, 36 630 KM R159 900

2013 TOYOTA ETIOS 1,5 XS 5-DOOR, A/C, P/S, RADIO/CD, 47000 KM (BLUE) R99 900

2010 BMW 320d A/T (E90), Xenon Lights, Rear PDC, 110 700km,, R174 900

2012 HYUNDAI i20, 1.4 FLUID A/T, 28 200 KM, R145 900 2015 NISSAN NP200, A/C, S/PACK, WHITE, 30 KM R144 900

2012 VW POLO SEDAN, 1.4 COMFORTLINE, 135 000KM R119 900

2015 Hyundai i20 1.2 Motion, White, Demo Model, 4 000km, R179 900

2009 Mitsubishi Triton 3.2 Di-D 4x4 A/T, D/Cab, roll bar, tonneau cover, 110 000 km, R249 900

Hyundai Kimberley: 33B McDougal Rd, Royaldene. Tel. 053 807 6800 • Iqbal 083 735 1785 • Cully 072 404 2991 • Zaheed 082 393 2033

FSP: 25934

SELECT PRE-OWNED

X1PY77WD-NK150415

Nuutste motors wys gesig ’n PAAR interessante nuwelinge wat ook vir Suid-Afrika van belang is, het pas op die New Yorkse motorskou in Amerika gesig gewys. Ons loer vinnig na ’n paar. Jaguar XF Daar is ’n tweedegenerasie-Jaguar XF wat voortbou op die eerste geslag se sukses. Die nuwe XF – ’n 5-reeks- en E-klas-mededinger – is rondom 190 kg ligter as sy voorganger, sy asafstand is 51 mm langer (lekker rit en beter hantering) en sy lengte krimp met 7 mm. Jaguar sê been-, elmboog- en kopruimte is nou meer as voorheen en sy windweerstand is ’n raps laer. Van buite trek die nuwe XF baie op die kleiner XE wat verlede jaar bekend gestel is, met die C-klas en 3-reeks in sy visier. Die hoeke is mooi rond, die buffers voor en agter deeglik in die bakwerk geïntegreer en die oorhange voor en agter baie kort. Die algehele voorkoms is ’n behoorlike evolusie van die eerste generasie af. Binne lyk dinge ook nuut, met die vernaamste veranderings ’n nuwe 10,2-duimraakskerm wat met dubbelsig vir die bestuurder en voorste passasiers kan verdeel en ’n elektroniese instrumentpaneel wat, soos in groter Jaguars, geheel en al kan verander om ander inligting reg voor die bestuurder te vertoon. Verder is daar ’n ingeboude 60 GB-hardeskyf waarvan 10 GB net vir mediastoorplek is (musiek, ensovoorts), asook ’n Meridianklankstelsel met 17 luidsprekers. Internettoegang en ’n WiFi-gebied in die voertuig is ’n gegewe. Nog toerusting sluit volgafstandbeheer, outomatiese noodremming en waarskustelsels vir blindekol en onbeplande baanwisselings in. Enjingewys sal opgeknapte weergawes van die diesel- en petrolkragbronne weer diens doen met die keuse van twee- en drieliters met turbo- of drukaanjaging. Honda Civic-konsep Groen van jaloesie. Dit is wat baie ander vervaardigers gaan wees sodra hulle Honda se nuwe Civic-konsep sien. Dit het sy fokus op die Noord-Amerikaanse mark, maar dui tog die rigting aan wat Honda-ontwerpers gaan inslaan. ’n Nuwe Civic, wat nog so ’n tydjie weg is van ons, sal in ’n sedan, luikrug en ’n koepee beskikbaar wees en waarskynlik baie soos die “groen monster” lyk wat in New York gewys is. Onthou, die nuwe Civic Type R is pas bekend gestel en hoewel hy hier en daar trekke van die konsep het, is dit steeds op die huidige-geslag-Civics gegrond. Die groot nuus is dat Honda begin om kleiner enjins, ook met turboaanjaers, in te span soos die neiging deesdae is. Verby is die dae van die normaal-geaspireerde enjin wat hoog toer, maar sukkel om goed te presteer hoog bo seevlak. Honda het ’n nuwe 1500-turbo-enjin wat deel van die vervaardiger se nuwe Earth Dreams VTEC-reeks is. Die Type R kry ’n tweeliter-turbo-enjin. Lexus RX Lexus se vierdegenerasie-RX het ook sy opwagting gemaak en dié nuweling, wat met BMW se X5 moet meeding, trek baie op die kleiner Lexus NX. Die RX se betreklik vae stilering maak nou plek vir die skerp hoeke en lyne en boemerang-motiewe wat deesdae eie aan die nuwegeslag-Lexusse is. En omdat die RX nie as ’n klim-en-kloutersportnuts bedoel is nie, is die nuweling nader aan die aarde vir beter padhouvermoë en groter rygerief. Lexus se massiewe uurglas-sierrooster oorheers die vooraansig en die dunner lighulse en skerp hoeke van die buffer en luginlate gee dit ’n aggressiewe voorkoms. Die agterkant het langer en platter lighulse wat die voertuig breër en laer laat lyk. ’n Interessante stileerstreep is die chroomstrook wat van voor skuinser na agter sak as wat die dak werklik daal. Dit ondersteun die koepeevorm en skep ’n besonderse kantprofiel. Lexus sê die asafstand is langer, die algehele lengte omtrent dieselfde en binne is daar meer ruimte. ’n Nuwe instrumentpaneel met die jongste Lexus-manier van doen, is in die RX te kry, met ’n rits luukses en veiligheidstelsels wat standaard deur die reeks is. Onder die enjinkap span Lexus steeds sy 3,5 liter-V6 in, en daar is ook ’n hibriedmodel waar dié enjin en ’n elektriese motor gekoppel is.


NOORDKAAP, WOENSDAG 15 APRIL 2015

7

Posbus 26409 Langenhovenpark Bloemfontein Tel: 051 430 4268

www.bidsauctions.co.za VEILING: CHRISTIANA

AUCTIONEERS & VALUERS

MAANDAG 27 APRIL 2015 Pienaar Singel 29: 3-slaapkamer-woonstel, 1 badkamer, sitkamer, kombuis. Tyd: 09:00

PERSOONLIKE DIENSTE

Best Straat 15: 5-slaapkamer-woonhuis, 2 badkamers, 3 leefareas, eetkamer, studeerkamer, kombuis, stoorkamer, groot erf. Tyd: 09:30

LENINGS 1445

Antieke meubels en losgoed by President Straat 15 om 11:00 BESIGTIGING KAN GEREËL WORD. Herman Levin: 083 457 8260. 10% deposito met toeslaan van bod. Volledige verkoopsvoorwaardes sal uitgelees word voor veiling. X1PYL3WR-NK150415 X1PXU8NW-NK080415

– Relevika

BEGRAFNISONDERNEMER & GRAFSTENE

TE KOOP

ALLERLEI 1655

RESPIRONICS EVERGO (VITAL AIR) kompakte suurstofmasjien te koop. Nog splinternuut. Skakel Anita Maree 082 557 0232.

Geleë reg voor gemeenskapsaal op Steynville. Lewer die volgende dienste: Polisse, berging van oorskot. Kontantbegrafnisse en dienste vir minderbevoorregtes. 24 uur beskikbaar.

Kontakpersone: Charmaine 083 976 5962 Noel 071 804 1858 X1PYBNFW-NK150415

X1PY46HR-NK150415

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

>> STUDY ACCOUNTING IN 2015! >> BANKSETA AND AAT (SA) ARE OFFERING A BURSARY OPPORTUNITY FOR UNEMPLOYED MATRICULANTS ACCOUNTING TECHNICIAN QUALIFICATION AT NQF LEVEL 4

>>

EIENDOMME

ARE YOU UNDER THE AGE OF 30? DO YOU HAVE A MINIMUM C SYMBOL FOR MATRIC MATHS OR ACCOUNTING?

>>

DONT WASTE TIME

SAKEPERSELE 3215

APPLY BY EMAILING YOUR CV TO LEARNERSHIPS@COG.CO.ZA CLOSING DATE: 17 APRIL 2015

BESIGHEID/KANTOORRUIMTE TE HUUR: Winkelfront is ideaal vir klein besigheid. Angelstraat, New Park. Beskikbaar 1 Mei 2015. 20 m2 R4 800 per maand. 19 m2 R4 500 per maand. 39 m2 R9 300 per maand. Skakel Quinet Lessing 053 831 8675 of 072 597 9179 of 083 456 6121.

HAND APPLICATIONS IN AT THE NORTHERN CAPE TVET COLLEGE ENQUIRIES: 031 362 8419

X1PYKAWR-NK150415

G E K L A S S I F I S E E R D SOEK, KOOP, VERKOOP

TEL: 053 531 9700 FAKS: 053 531 9701 | PO Box 46, Barkly West 8375, South Africa elizma@wildeklawer.com

Meganiese Stoorman Meer oor Netwerk24 Word deel van die 422 000 aanlynlesers op Netwerk24 wat gemiddeld 11.8 miljoen bladsye lees per maand.

X1PX25CM-NK010415

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Wildeklawer beskik oor 'n stoormanvakature. Die pos sal kortliks die volgende behels: Ÿ Netjies pak van voorraad en netheid van stoor Ÿ Akkurate beheer van voorraad en voorraadtellings Ÿ Akkurate ontvangs van voorraad en gepaardgaande dokumente Ÿ Geldige en akkurate uitreik van voorraad, fisiek sowel as op stelsel Ÿ Rapporteer van enige potensiële verlies van voorraad Ÿ Help met bestellings en deurvolg daarvan Ÿ Opstel van daaglikse roeteskedule Ÿ Uitboek van arbeid Ÿ Hulp waar nodig Kandidate met die volgende ondervinding/vaardighede sal voorkeur geniet: Ÿ Matriek Ÿ Wiskunde op Graad 12-vlak Ÿ Rekenaargeletterdheid Ÿ Afrikaans en Engels magtig (skryf, lees en praat) Ÿ Goeie kommunikasievaardighede Ÿ Moet bereid wees om oortyd te werk en naweekdiens te doen, soos per diensrooster Ÿ Meganiese ondervinding, aanleg en kennis van onderdele Ÿ 'n Rybewys sal tot voordeel van die aansoeker wees Sluitingsdatum: 24 April 2015 Navrae in die verband kan aan mev. Elizma Agenbag gerig word. X1PYG1Q5-NK150415


DEBT?

Sport Die Diamantstad se koerant

Serving all your equipment hire needs

12A Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201 X1PX8ULX-NK150415

We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.

Only R57,00 Reg No: NCRDC1982

JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za

X1PXH6BA-NK150415

Skool blink uit in sport André Botha DIE Hoërskool Noord-Kaap se o.15-rugbyspan het uitstekend gevaar op die Hansie-week in Naboomspruit verlede week. Die span het Hoogenhout van Bethal met 64-0 geklop, Wagpos van Brits met 36-0 en daarna in die eindstryd teen HTS John Vorster van Pretoria met 29-15 gewen. Tyrone Maritz was twee maal speler van die wedstryd en Yaseer Daniels een maal. Die tweede span het in dieselfde toernooi met 21-12 teen Oos-Moot van Pretoria en met 34-5 teen Jeugland van Johannesburg gewen. Die span het egter teen Ben Vorster van Tzaneen met 29-10 verloor. Die o.16-span het met 40-0 teen Randburg gewen en met 35-0 teen Bekker-Landbouskool, maar in die eindstryd teen OosMoot met 36-0 verloor. ) Die skool se netbalspanne het aan die Hoërskool Waterkloof se netbalfees in Pretoria deelgeneem. Die

O.14-span wen nege van sy 11 wedstryde, die o.15’s vyf van 11, die o.16’s vier van 11, die o.17’s vier van 12 en die eerste span 10 van 11. ) Die eerste meisieshokkiespan het Kaap toe getoer. Hulle wen 5-2 teen Paarl Vallei, speel gelykop (1-1) teen die Hoër Meisieskool Paarl, verloor teen Herschel Girls High 2-4, wen teen La Rochelle 5-0, en speel gelykop met 1-1 teen Somerset College. ) Marco de Kock en Hannah van der Nest is gekies vir Griekwaland-Wes se o.19pluimbalspan wat in Junie aan die Suid-Afrikaanse ope en provinsiale kampioenskappe deelneem. ) Hein van der Merwe het die provinsie op die Suid-Afrikaanse junior karatekampioenskap in Johannesburg verteenwoordig. ) Reyhan Olivier is gekies vir die Suid-Afrikaanse skoleskietspan wat in Augustus aan die Britse internasionale skietkompetisie in Londen gaan deelneem.

BURGERS Equipment and Spares

Tough World. Tough Equipment.

Kraai koning in netbaltoernooi DIE Hoërskool Diamantveld se o.15­netbalspan het die eerste plek behaal op die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se netbaltoer­ nooi. Van links is, voor: Leané Diedericks, Monique van der West­ huizen, Mické Engelbrecht, Tharien van der Walt en Mari­Nel Roets; agter: Dedré Botes, Helé de Jager, Janneke Pienaar en Rachelle van Zijl. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan speel Saterdag om 15:00 teen die eerste span van die Hoërskool Menlopark van Pretoria. Die wedstryd is deel van die twee skole se jaarlikse derby. Hul eerste netbalspanne speel om 11:20. Al die wedstryde is by Diamantveld. Die res van die rugbyprogram is (A-veld): ) 08:00: o.14A’s; ) 09:00: o.15A’s; ) 10:00: o.16A’s; ) 11:10: DHS-o.19C t. Menlopark-o.19E; ) 12:20: DHS-o.19B t. Menlopark-o.19C; en ) 13:40: Hoërskool Upington-o.19A teen Menlopark-o.19B. Die Hoërskool Upington se spanne speel vanaf 08:00 op die B-veld teen spanne van Menlopark. DHS se o.14 B-span speel om 12:20 teen Menlopark se o.14Cspan, en DHS se o.16B-span speel om 13:20 teen Menlopark se o.16C-span. Menlopark se eerste netbalspan speel om 08:50 teen die eerste span van die Hoërskool Upington. Diamantveld se o.14A-span pak sy eweknie van Menlopark om 08:40. Om 09:20 speel die o.17Aspanne en om 10:40 is dit die twee o.16A’s se beurt. Volledige programme is op Noordkaap se Facebook-blad.

Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555

Central SA

Northern Cape/Free State/North West

E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UK-NK150415

Tel. 053 591 0059 Sel 071 683 7175

Phone: Jeannette (053) 832 8577

ENJOY SUNDAY LUNCH AT THE RESTAURANT. Phone Francois 082 828 1952

Highly recommended X1PXYKJM-NK150415

Skole meet kragte

KEEP CAPITAL IN YOUR BUSINESS Buy earth moving machines now with ZERO Deposit on a 60 month rental.

Gratis aflewering Woensdae, Donderdae en Vrydae in Kimberley!

SPECIAL

• Lam..............……....…R • Pekel Bees Tong.…...R • C-Graad Bees Kook…R • Maalvleis................…R

59,95/KG 29,95/KG 29,95/KG 44,95/KG

“Like” ons Facebook blad: Jacobsdal slaghuis X1PYR9Q1-NK150415

CALL

NO D E P O S I T UP TO 72 M O N T H S TO P A Y

GEORGE 082 952 4185 IN BLOEMFONTEIN

2014 Alfa Romeo Guilietta 1.4 TDI 2005 Audi A3 2.0 FSI 2008 Audi TT FSI Coupé 2007 BMW 320i E90 2008 BMW 320i E90 aut. 2006 BMW 525i aut. 2007 BMW X5 3.0D aut. 2006 BMW Z4 3.0Si Coupé 2008 Cadillac BLS 2.8 2010 Chev Aveo 1.6 LS 2014 Chev Spark 1.2L 2011 Citroën C3 Picasso 1.6 VTI 2011 Fiat Panda 1.2 Dynamic 2013 Ford Fiesta 1.4 Ambiente 2009 Ford Ikon 1.6 Trend 2013 Ford Kuga Ecoboost 2010 GWM Hover 2.4 MPI 2012 Hyundai Accent 1.6 GLS 2007 Hyundai Azera 3.3 V6 2011 Hyundai C20 1.4 GL 2010 Hyundai i20 1.6 2014 Hyundai IX35 2.0 GL 2011 Kia Soul 1.6 CRDI 2010 Kia Sportage III 2.0 2009 Lexus IS 250 SE aut. 2009 Mazda 2 1.5

R199 900 R 99 900 R169 900 R119 900 R129 900 R119 900 R199 900 R169 900 R129 900 R105 900 R109 900 R129 900 R 89 900 R149 900 R 85 900 R279 900 R 99 900 R149 900 R119 900 R115 900 R124 900 R259 900 R149 900 R169 900 R199 900 R 99 900

2010 Nissan Livina 1.6 XGear 2008 Nissan Qashqai 2.0 DCI 2003 Nissan X-Trail 2.2 D 2004 Nissan X-Trail 2.5 2005 Nissan X-Trail 2.0 2011 Peugeot 107 Urban 2010 Renault Logan 1.6 Exp. 2011 Renault Sandero 1.6 Stepway 2012 Corolla 1.3 Prof. 2012 Toyota Etios 1.5 XI 2013 Toyota Etios 1.5 XS 2007 Toyota Verso 1.6 SX 2010 Toyota Yaris T3 A/C 2013 Polo 1.4 Vivo 2014 Polo 1.4 T Line 2014 Polo 1.6 T Line

R119 900 R159 900 R 85 900 R 89 900 R79 900 R 79 900 R 79 900 R109 900 R149 900 R119 900 R109 900 R 99 900 R 95 900 R115 900 R159 900 R149 900

Week's specials 2010 Chev Spark 2003 Clio 1.4 Exp. 2005 Renault Modus 1.4 Exp.

R 49 900 R 49 900 R 45 900

Bakkies 2011 Ford Ranger 3.0 TDCI XLE D/C 2012 GWM Steed 2.5 TCI 2009 Isuzu KB 250D Teq D/C 2008 Mitsubishi Triton 2.4 MPI D/C

R229 900 R189 900 R159 900 R169 900

Nog baie meer. Stuur vir my jou nuutste betaalstaat. Afskrif van ID en rybewys. Bewys van adres. Faks dit na 086 719 4119 vir my aandag: George: Ek skakel jou terug. Bestuurderslisensie nie verpligtend nie. Eerste paaiement 1 Junie 2015.

See website: www.egmonline.co.za DELIVERY “FREE” COUNTRY WIDE

NO D E P O S I T UP TO 72 M O N T H S TO P A Y

140 VEHICLES IN STOCK X1PYTUBH-NK150415


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.