Noordkaap 08 04 2015

Page 1

61 C - LONG STREET, KIMBERLEY rudidreyer@mailbox.co.za

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 8 April 2015

Gennix Proper es (Pty) Ltd (Licenced Trellidor Franchise) X1PWP5LE-NK080415

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Fokus op onderhoud Charné Kemp DIE Sol Plaatje-munisipaliteit se grootmaatdienste is min of meer in plek; nou gaan die raad op ontwikkeling en onderhoud konsentreer. Dít was die woorde van David Molusi, uitvoerende burgemeester, toe die voorlopige begroting ter tafel gelê is. Inwoners moet hulself gereed maak vir prysverhogings wanneer die nuwe munisipale begroting in Julie werklikheid word. Die voorgestelde tariewe is verlede week ter tafel gelê. Elektrisiteit sal met 12,2%, en water, sanitasie, riolering en erfbelasting met 6,5% styg. Dit is ’n gemiddelde styging van 9% vergeleke met verlede jaar se 8,13%. Molusi sê sowat 92% van inwoners het toegang tot skoon water en sanitasie. Hy mik vir 100%. Die raad se insameling van inkomste lyk nie goed nie. In die eerste kwartaal van die huidige boekjaar is net 60% skuld geïn. Dit het verbeter tot ’n gemiddeld van 78,1%. Die teiken is 88,5%. Die raad begroot vir ’n inkomste van R1,7 miljard in die volgende boekjaar. Die raad het in die afgelope drie jaar sowat R650 miljoen in die infrastruktuur gestoot. Ander projekte soos nuwe hospitale, die universiteit, nuwe kantoorgeboue en uitbreidings aan bestaande komplekse het die ekonomie gestimuleer. “Ons uitdagings is krimpende inkomste en stygende koste. Die behoefte aan huise en dienste vergroot daagliks.” Die munisipaliteit gaan nog HOP-huise vir armlastiges bou en foutiewe huise herstel. Buurte soos Leratopark en Diamond Park word verder ontwikkel. Ou hostelle word in wooneenhede omgeskep. Nog hoëmasligte word geïnstalleer. Foutiewe water- en elektriese meters word vervang. Nog spesialisvoertuie om die stad skoon te maak gaan aangekoop word. Die waternetwerk en watersones word steeds uitgebrei om waterlekke te isoleer. Nog waterpompe vir die aanleg in Riverton sal aangekoop word. Die raad het raadgewers aangestel om ander waterbronne as die Vaalrivier vir die stad te ondersoek. Die watertoevoerstelsel in Ritchie sal in die volgende drie jaar opgeknap word. Sowat R20 miljoen is begroot om die foutiewe rioolpompstasie by Carters Glen te vervang. Die opknappingswerk by die Homevale-rioolaanleg sal volgende jaar voltooi word. Toegangspaaie tot die stad is reeds oorgeteer. Nou gaan sekondêre paaie herseël en gerehabiliteer word. Die fokus is nou op instandhouding van paaie.

Brug hang steeds ná 130 jaar DIE ou brug oor die Vaalrivier by Barkly­ Wes pryk steeds oor die rivier, ’n volle 130 jaar nadat dit opgerig is. Dit was toenter­ tyd die eerste brug oor die Vaalrivier. ’n Groot makietie is met die inwyding daar­ van in 1885 gehou, en winkels in Kimber­ ley en Barkly­Wes is spesiaal vir die ge­ leentheid gesluit (links). Die dele van die brug is in Brittanje gemaak, en per skip, trein en uiteindelik ossewa tot by Barkly­ Wes gebring. Die brug het sy doel nog tot in die 1970’s gedien toe ’n nuwe brug langsaan gebou is. Die tolhuis langs die brug (voor) is in 2000 in ’n museum omge­ skep. Foto’s: Emile Hendricks en Africana­biblioteek

TYRES * BATTERIES * SHOCKS * EXHAUSTS

14 Cecil Sussman Street - Tel. 053 831 1189 / 102 Long Street - Tel. 053 832 5864 X1PX5BB6-NK080415

Call to make reservations and bookings.

Cell: 071 6822 496 X1PY05BD-NK080415


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

Company complies to charter

DORPE­UITSTALLING deur Jan van der Merwe.

NK ’n fotograaf se droom Elretha Britz

DRAGHOENDER. Wallekraal. Lekkersing. Nammies. Platbakkies. Putsonderwater. Name wat klink soos die geklots van spoelklippe in ’n waterstroompie. Woorde wat jy in jou mond wil rondrol, wat jou verbeelding op loop sit en jou neem na die land van Utopia aan die einde van die aarde. Vir baie mense is die NoordKaap met sy talle vaal gehuggies “die einde van die aarde”, maar vir die Bloemfonteinse fotograwe Jan van der Merwe en Philippe Burger is dit die Monomotapa waarna Jan van Riebeeck verwys het. Nie ’n Monomotapa ryk aan goud en kitswelvaart nie, maar ’n monomotapiese skatkis vol wonderlike verhale en dorpies met uitsonderlike name, ’n landstreek ryk aan geskiedenis. En bowenal, ’n fotograaf se droom. Dorpe van die Noord-Kaap, met teks en ’n magdom foto’s, is Van der Merwe en Burger se tweede publikasie ná Dorpe van die Vrystaat, en in dié geval gaan die bekendstelling ook met ’n foto-uitstalling gepaard. Noordkaap het onlangs oor dié

boek berig. En nou het dié kranige fotograwe die beste 50 foto’s uit die boek gekies vir hul uitstalling in September in die William Humphreys-galery in Kimberley. Van der Merwe sê hy en Burger het ná meer as een tog waarin hulle 235 Noord-Kaapse plekke besoek het, besef hulle sou nog drie boeke kon vul. “Die Noord-Kaap het ’n diverse geskiedenis ‘geskryf’ deur ontdekkingsreisigers, sendelinge, delwers, verlooptes en malles wat die vlaktes ingevaar het. Die geskiedenis van die Vrystaat se dorpe is hierteenoor vervelig – al die dorpe het uit die kerkgemeenskap ontstaan.” Die Noord-Kaap, die mees uitgestrekte provinsie van Suid-Afrika, bestaan ook uit ’n wye verskeidenheid streke. Dink maar aan die Richtersveld, Namakwaland, Boesmanland, Gordonia (van Upington tot Springbok), die Skynkaroo, Bo-Karoo, Moordenaarskaroo, Tankwa, Koue-bokkeveld, die Ghaap se plato. Van der Merwe, ’n antropoloog, en Burger, ’n ekonomieprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het ’n

hele Desember in dié wêreld gereis en kan eerstehands vertel van die versengende hitte. “Maar jy vergeet daarvan wanneer jy vassteek by ’n plekkie soos Sydney-on-Vaal naby Delportshoop. Dit was vroeër jare ’n dorpie, maar ’n private delwer het dit gekoop en die klubhuis, kerk en skool tot hul gloriedae rondom die 1900’s gerestoureer. “Die plaas waarop die geboue is, het behoort aan Sydney Mendelssohn, seun van die eerste Joodse rabbi in Kimberley. “Sydney het ’n biblioteek begin wat in daardie jare die grootste in die Suidelike Halfrond was, en ’n tweede biblioteek wat in die parlement is, maar ongelukkig nie meer volledig is nie. “Die Noord-Kaap het ’n diverse geskiedenis ‘geskryf’ deur ontdekkingsreisigers, sendelinge, delwers, verlooptes en malles wat die vlaktes ingevaar het. “As jy gewonder het oor Draghoender,” gaan hy voort: “Die naam het niks met ’n hoender te doen nie. Dit kom van dragonder (’n gewapende ruiter) by wie ’n Bastertrekboer

Twee uit Kuba hier Marietjie Gericke TWEE Kubaanse wateringenieurs het gedurende Februarie stil-stil hul opwagting in Kimberley gemaak. Hulle kom teen sowat R600 000 per jaar in die departement van waterwese werk. Boonop kos hul hotelverblyf, met etes ingesluit, die regering nog derduisende rande per maand. Hulle moet ook tussen hul verblyfen werkplek vervoer word. Hulle is Boy Fanchez en Rebeca Fernandez. Sputnik Ratau, kommunikasiebestuurder van die nasionale departement van waterwese, het bevestig die eerste 34 wateringenieurs wat sy departement aangestel het, is reeds in SuidAfrika en dat twee van hulle in Kimberley en een in Bloemfontein

. . . die wateringe­ nieurs se vergoeding is tussen R500 000 en R600 000 per jaar (soos op posvlak 12) ontplooi is. “Ons het verstaan die mense het gekom om hier te werk. “Twee soorte aanstellings word gedoen: die wateringenieurs wat ons departement ingevoer en aangestel het en diegene wat deur die res van die regering aangestel word.” Ratau het bevestig die wateringenieurs se vergoeding is tussen R500 000 en R600 000 per jaar (soos

op posvlak 12) en dat hulle dieselfde as ’n adjunkdirekteur verdien. Ook dat hul hotelverblyf, wat etes insluit, bykomend betaal word. Ratau het bewerings ontken dat hulle nie Engels kan praat nie. “Ons sou nie wateringenieurs aangestel het wat nie Engels magtig is nie. Hulle moet minstens Engels praat of iemand hê wat hulle hiermee kan help,” het hy gesê. Ratau ontken ook dat die opleiding van die Kubaanse ingenieurs swak is en dat dit by dié van Suid-Afrikaans opgeleide ingenieurs afsteek. “Kuba lewer van die beste ingenieurs en dokters ter wêreld op. Ons het hul opleiding met dié van ons ingenieurs vergelyk,” het hy gesê.

’n perd gekoop het. Hy en die perd het êrens in die NoordKaap oornag en die volgende oggend toe die boer wakker word, is sy perd weg. “Hy is toe maar te voet verder. Op pad terug doen hy weer sy oornagplek aan en daar staan die perd, lewend danksy ’n fonteintjie wat hy met sy voorpoot oopgekrap het.” Dit is daar waar Draghoender vandag is. Wie onthou nie Adriaan Nieuwoudt nie, ’n meer onlangse Noord-Kaapse karakter wat met kubusmelk gesmous het. “Toe hy fluks sake gedoen het,” vertel Van der Merwe, “was daar 26 werkers in Garies se poskantoor. Voorheen was daar nooit meer as drie nie.” Fotografie is vir Van der Merwe en Burger ’n stokperdjie, wat hulle so saam-saam al oor duisende kilometers uitgeleef het. Die bewys van hul passie is twee spogpublikasies en verskeie uitstallings. Dorpe van die Noord-Kaap bevat legendes, staaltjies en die geskiedenis van dorpe “van Alexanderbaai tot Norvalspont” verryk deur foto’s “wat die gevoel van die plekke weerspieël”.

DE BEERS CONSOLIDATED MINES had noted the release by the Department of Mineral Resources of the preliminary report on compliance to the Mining Charter by South African mining companies, the company stated in a press release. De Beers Consolidated Mines (DBCM) is a part of the De Beers Group of Companies (a member of the Anglo American group) and Ponahalo Holdings – the Broad-Based Black Economic Empowerment (BBBEE) company holding 26% of DBCM and its subsidiary, De Beers Sightholder Sales South Africa (DBSSSA), the rough diamond trading operation of De Beers in South Africa. DBCM was empowered in 2006 when Ponahalo Holdings (comprising BEE investors, community and employee and pensioner trusts) acquired 26% of the mining company. In 2013, DBCM acquired 100% of DBSSSA resulting in Ponahalo holding 26% of this operation as well. Phillip Barton, chief executive officer of DBCM, said: “De Beers is proud to have achieved compliance with the Mining Charter. “We are pleased to have played a significant role in introducing consortia of various sizes, all with BEE credentials, into the diamond mining sector, and we will work together with government and other stakeholders to further empowerment and transformation in South Africa. “As part of these initiatives, I have witnessed employment opportunities and economic activity being preserved. ” De Beers has made good progress in the socio-economic sphere, in gender and other HDSA representation in the workplace, and in procurement from empowered suppliers. Phillip Barton continued: “Having banked a number of successes in terms of the ownership of the company, of diamond assets sold to other consortia, and knowing that transformation in the workplace is a major change agent in our society, De Beers encourages stakeholders to seek ways to now build confidence in the mining sector and, therefore, in South Africa. “The DMR and Chamber of Mines have agreed to seek a Declaratory Order to resolve the difference of interpretation relating to compliance with the Mining Charter – this is an important step in reaching regulatory certainty that will build confidence in the journey we all have into the future.”

Invoer-ingenieurs kwel Marietjie Gericke GROOT kommer heers in Suid-Afrikaanse ingenieurskringe oor die 34 Kubaanse ingenieurs wat hier kom werk. ’n Woordvoerder van die SuidAfrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (Saice) het gesê hy is diep bekommerd en erg omgekrap oor dié stap. “Geen politieke inmenging moet by dié poste betrokke wees nie en mense moenie op grond van hul velkeur aangestel word nie,” het Manglin Pillay, uitvoerende hoof, gesê. Hy het bygevoeg groot kommer bestaan veral oor die wateringenieurs wat ingevoer is “om ’n dreigende waterkrisis in die land te probeer afweer”. “Suid-Afrika het van die beste hidro-ingenieurs ter wêreld, maar hulle word in hul eie land misken. “Sonder die hulp en bystand van Suid-Afrikaanse ingenieurs, wat die

land se hidrologie en geologie baie goed ken, sal die Nasionale Ontwikkelingsplan nie slaag nie.” Stanford Mkhacane, voormalige president van Saice (2014), het gesê plaaslike siviele ingenieurs kan nie verkwalik word indien hulle soos vreemdelinge in hul eie land voel nie. Volgens Mkhacane is die Kubane nie lede van die Raad vir Ingenieurs van Suid-Afrika (Ecsa) wat internasionaal kragtens die Washington-verdrag geregistreer is nie. Hy het gesê Ecsa erken ook nie die kwalifikasies van die Kubaanse ingenieurs nie. Marie Ashpole, woordvoerder van Saice, het gesê die 34 Kubaanse ingenieurs sal die land oor die volgende twee jaar R35 miljoen kos. Daar is egter ook onberekende koste. “Hulle ontneem Suid-Afrikaanse ingenieurs van die geleenthede vir opleiding in die praktyk en om in ’n werksgeleentheid geplaas te word.”


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

Vind uit oor swangerskap Du Plessis Janse van Rensburg BABYCENTRE MY PREGNANCY. Ses maande terug het ons uitgevind my vrou is swanger, en met groot opgewondenheid het ons die nuus gevier. As eersteling-ouers was ons op soek na maniere om die ontwikkeling van ons baba te volg, asook bronne van inligting rondom ons nuwe werklikheid, en dit is toe ons op Babycentre se My Pregnancy app afkom. Die App Die app is gratis en beskikbaar op Apple se iOS en Google se Android Appplatforms. As dit kom by ontwerp en uiteensetting is die app baie slim saamgestel, al die inligting is netjies verpak en die animasie, foto’s en video’s vertoon seepglad. Funksies Die app is propvol funsies wat enige Ma en Pa insiggewend sal vind. Die app vra jou om die geskatte geboortedatum van die kind in te sit sodat hy dag vir dag ’n ontwikkelingsprentjie vir jou kan skets van die baba met sketse, foto’s en videos. Dit is egter nie al nie, die app herinner jou om elke maand Bumpies te neem om sodoende jou lyf se ontwikkeling te betrag en daar is ook weeklikse videogrepe waarin dokters hul insigte deel rondom daardie spesifieke week se ontwikkeling en interessanthede rondom die swangerskap.

Sentrum op dié waardes gebou DIE Oasis-vaardigheidontwikkelingsentrum in Upington is een van die eerste benoemdes vir Volksblad en Kumba Iron Ore se jaarlikse NoordKaapse Instansie van die Jaar-kompetisie. Die benoeming lui soos volg: “ ’n Groep vroue, hoofsaaklik uit die onderwyskorps, het die nood in ons gemeenskap gesien om ’n voorskoolse, spesiale en vaardigheidskool vir verskeie leerlinge van skoolgaande ouderdom in Upington te vestig. “Ongeag baie terugslae het die sentrum in Augustus 1999 sy deure oopgemaak met 16 leerlinge, tien vywilligers, ’n bankrekening van R256,14, vervalle geboue en beperkte infrastruktuur. “Vandag kan met trots gesê word dat die sukses van die sentrum toegeskryf kan word aan die feit dat dit gebou is op die fondamente en waardes van passie, toewyding, opoffering, liefde en omgee.”

Sportdeelnemers in geheel gebrei André Botha

Benewens video’s en doktersonderhoude bied die app ook wenke vir elke dag, week of maand van die swangerskap. Ons was byvoorbeeld raadop met sooibrand wat Baba veroorsaak het en het nuttige kure opgespoor deur die app. Die app is ook besonder nuttig om jou in te lig oor wat jy te wagte is soos die weke verloop met ’n wenke- en info-lys wat daagliks en weekliks verskyn sodat jy nie in die duister is oor sekere veranderinge wat dalk normaal mag wees nie. Die app het ook ’n funksie wat Birth Club genoem waarop ma’s wie se kinders in dieselfde maand hul opwagting maak via die app kan klets oor hul swangerskappe. Dan is daar ook ’n hele rits ander funksies soos Kicktracker waarmee jy jou baba se skoppe kan aanteken en selfs ’n kontraksie-tydmeter wanneer die bevalling begin. Daar is ook wenke rondom omgang tydens swangerskap en posisies wat gemakliker is tydens elke trimester, iets wat veral die pa’s sal waardeer. Babycentre se My Pregnancy app sal beslis ’n aanwins wees vir enige ouerpaar wat ’n pienkvoet verwag.

3

WANNEER Leon van Blerk die Hoërskool Noord-Kaap se sportsterre hard laat sweet, weet hulle dat dit is omdat hy self hard werk op die sportveld. Van Blerk is verantwoordelik vir die kondisionering van die skool se sportdeelnemers. Dit gaan egter oor meer as net fiksheid, ook die kopvoorbereiding is sy taak. Volgens Van Blerk het die klem met die voorbereiding van sportmanne en -vroue sedert die 1970’s na geestelike voorbereiding verskuif. Hy hou een “kopsessie” per week met elk van die skool se sportspanne. Amper 90% van die voorbereiding is geestelik, sê hy. ’n Span moet leer om op die regte manier te verloor, sodat dit omgeswaai kan word in ’n sege. Almal verloor soms. Dan voel ’n mens sleg, maar die positiewe moet uit die nederlaag gehaal word. Ontwikkeling op die sportveld is belangrik vir die ontwikkeling van die kind. “Sport laat jou toe om verder te ontwikkel tot ’n totale mens.” Sport is daarom ’n belangrike leerskool. Die deelnemers moet gedryf word sodat hulle leer hoe om uit te hou en vol te hou, iets wat geleer moet word vir elke aspek van die lewe. Daarom het sportmense gewoonlik meer uithouvermoë as mense wat nie aan sport deelneem nie. Ook dissipline word op die sportveld geleer. Sy liefde vir sport kom al van kleins af, en hy het dit in verskillende sportsoorte uitgeleef – van landloop tot atletiek, fietsry en

tweekamp, en ’n “klein bietjie rugby”. Hy het provinsiale kleure in al dié sportsoorte, buiten rugby, gekry. Dalk ironies, omdat hy veral in Kimberley bekend is vir sy betrokkenheid by rugby. Hy was tot in 2013 deel van die afrigtingspan van die Griekwas. Ná Pote Human se vertrek as afrigter toe ’n nuwe afrigtingspan aangewys is, het hy hom by Noord-Kaap aangesluit, waar hy toe al ’n paar jaar lank deeltyds uitgehelp het. Voordat hy Kimberley toe verhuis het om by die Griekwas betrokke te raak was hy sportwetenskaplike by die Hoërskool Nelspruit, wat ook sy alma mater is. Die skuif Griekwas toe was om die een stukkie in sy legkaart as sportwetenskaplike in te voeg, betrokkenheid by ’n provinsiale sportspan. Spelers soos Marnus Boshoff en Duane Vermeulen het onder andere onder sy hande deurgeloop. In die tyd dat hy by Noord-Kaap se rugbyspan betrokke was, het dié span van krag tot krag gegaan, en onder meer sewe keer agtereenvolgens die Kovsieliga gewen. Hy meen kinders neem nie vandag genoeg aan individuele sportsoorte soos atletiek deel nie. “Individuele sportsoorte is dood in skole.” Dit bring swakker spanne mee, omdat die individue in die span ’n vlak laer deelneem. Dit plaas hul fiksheid op ’n ander vlak. Hy is getroud met Erica. Die egpaar het een dogtertjie, Nienke (3), met Olivia wat binnekort gebore word. Hy hou hom graag met tuinwerk besig. Maar dit is in die gimnasium waar hy steeds ure deurbring.

LEON VAN BLERK oefen in die Hoërskool Noord­Kaap se gimnasium. Hy is verant­ woordelik vir die kondisionering van die skool se sportdeelnemers. Foto: André Botha


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

Toe en nou

Het jou gesin ’n noodplan?

DIE nuus dat Eskom ’n oefening gehou het om sy gereedheid te toets vir ’n nasionale ineenstorting van die kragnetwerk laat die meeste van ons met gemengde gevoelens. Aan die een kant is dit ’n duidelike aanduiding dat die beleërde kragvoorsiener die moontlikheid van so ’n katastrofe voorsien. En dit laat ’n mens uit die aard van die saak bekommerd. Aan die ander kant is dit seker ook goeie nuus dat Eskom ten minste besig is om sy gebeurlikheidsplanne te oefen. Eskom se baanrekord om homself voor te berei en te reageer op waarskuwings dat donker wolke op die horison saampak, beïndruk glad nie. Die noodoefening van die afgelope week (en die implisiete belofte dat soortgelyke oefeninge op pad is, wat ook belangrike belanghebbendes buite Eskom sal betrek)

kan dus seker gelees word as ’n aanduiding dat iemand êrens in die Megawattpark-spelonk besig is om wakker te skrik. Ons hoop dat die oefening goed afgeloop het en dat die Eskom-bestuurders gereed is vir die ergste. Waarvoor die land egter regtig hoop en bid, is dat Maandag se noodplanne nooit in die praktyk in werking gestel hoef te word nie. Laat daar geen twyfel wees dat ’n landwye kragineenstorting katastrofiese gevolge gaan hê nie. Die koste aan die ekonomie, aan menselewens en aan die land se internasionale aansien sal verskriklik wees. Tog help dit nie om die kop in die sand te druk en te glo dat die ergste nooit sal gebeur nie. Soos Eskom, behoort elkeen van ons – by die werk en by die huis – ook ons eie persoonlike “noodplan” in orde te kry.

Beskerm jou kind Hannes Nöeth EK en die seuntjie het al vier gesprekke gehad voordat die uitbarsting van die ma gekom het. ’n Verstaanbare uitbarsting. ’n Moedeloosheid wat uit haar gestroom het. Eintlik meer magteloosheid. Woede teenoor haarself omdat sy nie vroeër meer aandag hieraan gegee het nie. Haar seuntjie is op 13 totaal verslaaf aan pornografie. Ons moes ’n volledige pad van rehabilitering loop. Hoe belaglik dit ook al klink, kinders kán verslaaf raak aan pornografie. As ons maar kan leer by wat sy gesê het. Onthou, haar kind is stukkend, die gebrokenheid van ’n stukkende wêreld het kom nes maak in sy hart en verstand. “Ek kan nie verstaan dat ek nie daarop gelet het nie! In dieselfde tyd waarin my kind vermoor word met skewe prentjies in sy kop, bou ons ’n muur om ons huis – bestel 3 000 stene. Ons sit diefwering op en ons bestel ’n alarm.

Alles om ons te beskerm, maar daar waar dit saak maak, beskerm ek nie my kind nie. “Ek gee vir hom ’n selfoon met ’n internet-verbinding. Ek gee hom vrye toegang tot alles in die wêreld. Ek wil hê my kind moet voor wees. Ek maak seker dat hy tegnologies ontwikkel. Vandag besef ek ek moes die mure om hom gebou het, die alarm in sy kop geïnstalleer het, die diefwering om sy hart gebou het. “My kind se gesukkel is my skuld. Sy verslawing is my verantwoordelikheid. Ek as vrye ma wat glo in vrye toegang tot tegnologie vir my kinders. Ek wat alles gedoen het om my kind te beskerm het my kind uitgelewer.” Terwyl sy haarself kasty, dink ek aan miljoene ouers wat dink vrye toegang tot die internet kan nie skade doen nie. Daarom ’n woordjie vir ouers: Selfoonpornografie is ’n wrede werklikheid. Beskerm vandag jou kind.

DIE Honoured Dead Memorial is gebou ter nagedagtenis aan die mans wat in die Beleg van Kimberley in die Anglo­Boereoorlog dood is. Die beleg het geduur van 14 Oktober 1899 tot 15 Januarie 1900. Die monument was Cecil John Rhodes se idee en hy het die oprigting daarvan kort ná die begin van die beleg in 1899 voorgestel. Dit is ontwerp deur sir Herbert Baker, wat later ook die Uniegebou in Pretoria en verskeie ander bekende Suid­Afrikaanse geboue ontwerp het. Die ontwerp is gegrond op dié van ’n Nereid­tempel wat in die 1840’s in Xanthos in die huidige Turkye ontdek is. Dit is met sand­ steenblokke, afkomstig van die Matopo­heuwels in die huidige Zimbabwe, gebou. Rhodes het nooit die voltooide monument gesien nie. Dit is in 1904, twee jaar ná sy dood, voltooi. Die bronsplate aan die kante van die monument is deur John Lockwood Kipling, die pa van die Engelse skrywer en digter Rudyard Kipling, ontwerp. Laasgenoemde het ook die inskrywing aan die westekant opgestel. Die monument is op Memorial Hill gebou, destyds die hoogste punt in Kimberley. Aan die suidekant van die monument is die Long Cecil­kanon, ontwerp deur George Frederick Labram, na wie Labramstraat genoem is. Van die 57 soldate wat in die beleg dood is, is 27 se lyke in ’n kluis onder die monument geplaas voordat dit voltooi is. Die res is in die Gladstone­begraafplaas begrawe. Op die ou foto kan die Joodse sinagoge aan die regterkant op die agtergrond gesien word, met Kimberley Boys’ High se gebou aan die linkerkant. Op die nuwe foto is die Hoërskool Diamantveld se paviljoen aan die regter­ kant te sien. Sowel die monument as die kanon is op 7 Maart 1986 tot nasionale monumente verklaar. Foto’s: André Botha en Africana­biblioteek

Vriende voeg waarde by Karin Muller IN die kleuterskool aanvaar jy dat jy die res van jou lewe met jou beste maatjie gaan vriende wees. Teen middel-laerskool ontdek jy dit gaan dalk nie die geval wees nie. Teen die einde van jou skoolloopbaan wonder jy wie die pad verder saam met jou sal stap. Soms bly jy lewenslank vriende met jou beste maatjie van kleuterskool of laerskool. Soms moet jy vriende aan die dood afstaan. In ander gevalle moet jy vriende afstaan aan die lewe. Jul belangstellings of omstandighede verander. Julle ontgroei mekaar. Of julle verloor kontak. Die meeste dinge in die lewe het ’n vervaldatum. Met soveel preserveermiddels in blikkies, boksies en botteltjies kan ons eersdaags jare vooruit ons kruideniersware koop. Selfs artikels wat nie ’n besliste vervaldatum het nie, het ’n

beperkte raklewe – soos motorbande of die televisie se afstandbeheer. Een van die min dinge wat nie ’n vervaldatum of ’n beperkte raklewe het nie, is ’n vriendskap. Daar hoef nie ’n tydperk aan gekoppel te word nie. Jy is nooit te jonk of te oud vir vriendskap nie. Dit is nooit te vroeg of te laat om met ’n vriendskap te begin nie, al wens jy dalk die mens het vroeër of onder ander omstandighede jou pad gekruis. Die moontlikheid vir ’n nuwe vriendskap kan enige oomblik van enige dag sy verskyning maak. In ’n era waar mense en dinge maklik vervang word, is dit ’n troos om te weet vriendskap is blywend. Iets wat saam met jou groei en waarde by jou lewe voeg. Die wete dat jy selfs op ’n hoë ouderdom in ’n aftreeoord ’n nuwe vriendskap kan smee, laat ’n mens met ’n tikkie opgewondenheid en ’n warmte in die hart.

QUALITAS KIMBERLEY se toppresteerders is onlangs vereer. Van links is, voor: Henco du Plessis (toppresteerder: heeltydse rekenaartegnikus-kursus) en Justin Meyers (toppresteerder: rekeningkunde NQF 3); agter: Louis de Vries (eienaar van Qualitas Kimberley), Christél Prinsloo (toppresteerder in die rekenaarkursus ICDL), Marcia Bartman (toppresteerder: rekeningkunde NQF 4), Runaaz Obaray (toppresteerder: Pastel), Adelene Louw (toppresteerder: logistieke bestuur), Carli Louw (toppresteerder: basiese rekenaarvaardigheid) en Nel-Maré de Vries (akademiese bestuurder).


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

NOODDIENSTE:

Polisie: Kimberley 05385804343/8384331 Roodepan 053-807-4407 Galeshewe 053-8076012

Kagisho 053-871-1173 Noodnommer 10111 Ambulansdienste 053-802-9111 ER24 084-124 Netcare: 082-911 Brandweer 053-832-4211

WINTER SPECIALS

MS 170 Light Compact Chainsaw incl. 30cm Bar & Chain

R2 195

MS 250 Petrol Chainsaw incl. 35cm Bar & Chain

Knus voor die kaggel

R3 995

MSE 170 C-BQ Light Compact Chainsaw incl. 30cm Bar & Chain

R2 395

DIT is amper winter. Wat kan nou lekkerder wees as om knus voor ’n kaggelvuur te ontspan? Dalk met ’n glasie rooiwyn, ná ’n lekker aandete van bredie of sop. Foto: Verskaf

5

KIMBERLEY - 55 Long Street Tel. 053 832 4751 Fax 053 832 1194 E-mail: drlawnmowerkim@gmail.com X1PY1DYD-NK080415

Winters was tóé ‘kouer’

COME AND EXPLORE OUR FLOOR AT PENNYPINCHERS KIMBERLEY www.pennypinchers.co.za VARIOUS ITEMS ON SPECIAL WHILE STOCK LASTS

André Botha DIT raak koud hier. Dit is amper winter in die Noord-Kaap, al is dit maar nog traag om gesig te wys. Maar is dit net ek, of het die Noord-Kaapse winters oor die jare heen warmer geword? Ek onthou as skoolseun die ysige koue vroegoggend wanneer jy op jou fiets skool toe ry. Trui, skoolbaadjie, nog ’n dik baadjie, handskoene. Dit het nie veel gehelp nie – die koue het dwarsdeur dié dik laag klere gesny. Die fiets se handvatsels kon jy nie behoorlik vashou nie. Jy het jou hande vuis gemaak en aan die bokant van die handvatsels houvas gekry. Anders was jou vingers soos ys teen die tyd dat jy by die skool aankom, handskoene ten spyt. Dan die snoesige kaggelvure wat ons, dankie tog, in sommige klaskamers gehad het. Die lugversorging in die nuwer klaskamers is net nie dieselfde nie. Winter was boontjiesop-tyd in ons huis. Elke Vrydagaand. Die eerste keer elke jaar dat my ma boontjiesop gemaak het, het ons geweet die winter het begin. En wanneer sy die eerste keer op ’n Vrydagaand weer iets anders vir aandete berei, het ons geweet die winter is verby. Vergeet van die weerkantoor, my ma het besluit wanneer die winter begin en wanneer dit eindig. Was dit nie lekker as jy die middag van die skool af kom en die boontjiesop prut in die drukkoker nie. Dan steel jy ’n beker sop, al is dit eintlik nog nie heeltemal gereed nie. Met ’n sny brood met botter daarby. En vanaand, ’n groot sopbord, stomend en vol, met brood wat jy in stukkies daarin breek sodat die sop dwarsdeur trek. Ek was nog altyd ’n wintermens. Hitte en ek is nie maats nie. Die koudste wat ek seker nog gekry het, was met basies toe ek diensplig gedoen het. ’n Entjie buite Potchefstroom. Die kamp was in ’n holte en daarin was dit nog kouer. Daar het ek geleer ’n kombers onder die beddegoed werk beter as ’n paar komberse bo. Maar winters deesdae is nie meer so koud nie. Dink ek. Dalk mis ek maar net my ma se boontjiesop . . .

051 447 8416 / 082 773 6009 / 082 296 1807

800 Dieplaai kaggel + 3.6m Pype + Weerhaan (Sonder die skerm)

R3 000

800 Vlaklaai Kaggel + 3.6m Pype + Weerhaan (Sonder die skerm)

R2 900

Bolla + Pan

R1 400 X1PXVD7M-NK080415

Shop 100, Diamond Pavilion Mall Kimberley, Tel: 053 832 5279

Various Megamaster fireplaces available. Megamaster Flat Potjie No 10 F03104

Smulsop troef koue

R186 .00 VAT INCL

BOONTJIESOP is net die ding vir winter. Hierdie resep lewer ses porsies.

WURTH SILICONE COCKPIT UV PROTECTION

Bestanddele 700 g kortgesaagde lamskenkels meel, vir rol 1 ui, fyngekap 3 huisies knoffel, fyngekap 2 selderystokke, in blokkies gesny 3 groot wortels, in blokkies gesny olyfolie 2 liter vleisaftreksel 2 lourierblare 1 blik gekapte tamaties (ek het 3 baie ryp vars tamaties in blokkies gesny) 3 blikke borlotti-bone sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Rol die lamskenkels in ’n bietjie meel. Skud die oortollige meel van die skenkels af. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die skenkels tot bruin. Haal die skenkels uit die kastrol en braai die knoffel, seldery en wortels vir so tien minute tot sag. Sit die skenkels terug by die groente en voeg dan die vleisaftreksel, lourierblare, geblikte bone en geblikte tamaties by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook nou vir minstens ses uur – of verkieslik stadig oornag. – Barbara Joubert, Sarie-Kos

400ml P08470

R60 .57 VAT INCL

POSTFORM TOP VANCOUVER MAPLE 600 X 3 660 A01233

R543 .92

F A L K E PERFORMANCE

VAT INCL

X1PXYDGW-NK080415

X1PXVCQ1-NK080415


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

MOTORS

Nuwe Ranger gou hier Jannie Hennop MIN dinge kan manne om ’n vuurtjie met ’n biertjie in die hand se tonge so lekker los kry soos rugby en bakkies. Suid-Afrika kan met reg as ’n bakkiemalland beskou word. Die verhouding van nuwe bakkies wat per maand hier verkoop word teenoor ander soort voertuie, is besonder hoog. Die meeste maande is dit ’n bakkie wat die topverkopervoertuig hier is. Die verkope van dubbelkajuitbakkies, wat vir baie die tradisionele gesinsvoertuig word, is op hul beurt ook buitengewoon hoog teenoor die van gewone bakkies. Dubbelkajuite verteenwoordig sommige maande tot die helfte van alle nuwe bakkies wat verkoop word. Loer maar gerus hoeveel van die groot rygoed beset parkeerplekke by jou plaaslike inkopiesentrum. Met die Ford Ranger en Toyota Hilux wat losweg die topverkopers is, is dit die hoofgeveg om dop te hou.

Ford het pas sy opgeknapte Ranger in Thailand gewys en bekend gemaak die bakkie sal in die vierde kwartaal vanjaar hier beskikbaar wees. Kort op sy hakke is ’n splinternuwe Toyota Hilux. Die huidige Hilux het reeds in 2005 sy opwagting gemaak, met ’n groot opknapping in 2011. Die kans is goed dat albei bakkies in Oktober op die Johannesburgse Internasionale Motorskou gewys sal word, hoewel die Hilux dalk eers in 2016 hier sal wees. Ons het so ’n tyd gelede oor die opknappings berig wat vir die Ranger beplan is en loer gou vinnig weer na ’n paar dinge. Van buite is daar die nuwe vooraansig met die groot, prominente sierrooster wat oorheers. Binne is dit meer van ’n revolusie as ’n evolusie. Die hele voorpaneel en instrumentasie is nuut met materiale wat ’n beter gehaltegevoel skep en ’n rits nuwighede om die lewe vir die bestuurder en insittendes geriefliker te maak.

Die nuwe 8-duim-raakskerm val dadelik op. Talle vermaak- en geriefsfunksies sal hiervandaan beheer kan word. Die instrumentasie reg voor die bestuurder is ook nuut. Een van die nuwighede is Ford se SYNC2-kommunikasiestelsel. Dit reageer vinniger met meer moontlikhede as voorheen. In jou beste Engels kan jy met stemopdragte soos “temperature 20 degrees”, “play AC/DC” of “I’m hungry”, die kontroles beheer, die musiekspeler aktiveer en die satnav kry om jou na die naaste kosplek toe te neem, sê Ford. Die nuwe Ranger (nie al die modelle nie) sal jou waarsku as jy uit jou baan dwaal. Hy het onder meer ook volgafstandbeheer met outomatiese remming en versnelling, parkeerhulp wat ook ’n truratkamera insluit, banddrukmonitors en wegtrekbeheer teen opdraandes. Dieselfde drie kragbronne (een petrol en twee diesels met verskillende kraguitsette) word steeds ingespan. Die vlagskip-3.2-tur-

DIE Ford Ranger.

Foto: Verskaf

bodiesel met sy vyf silinders is nou 18% meer ekonomies, hoewel die kraglewering dieselfde (147 kW en 470 Nm) bly. Die 2.2-turbodiesel met vier silinders bied nou 118 kW (voorheen 110 kW) met wringkrag van 385 Nm (voorheen 375 Nm). Die flouer weergawe bied nou 96 kW teenoor die vorige een se 88 kW. Die 2.5-petrolenjin is onveranderd en bied steeds 122 kW en 225 Nm. Die spesifikasies en pryse van die opgeknapte reeks vir Suid-Afrika sal eers later bekend gemaak word.

Ontwikkeling vir die toekoms Egmond Sippel NIE alles wat ’n motormaatskappy doen, het regstreeks met die ontwerp van môre se motors te doen nie. Groot bedrae geld word ook in oormôre se projekte gestort; dalk tien of 20 of 30 jaar verder die verskiet in. Met die oog op voertuie wat soos ’n motorfiets deur draaie leun, het MercedesBenz byvoorbeeld in 1997 al hul F300 Life Jet bekend gestel. Die Life Jet was iets soos ’n toegeboude motorfiets (met ’n voorruit en dak oor die drywer se kop) – maar met twee buiteboord-voorwiele. Die oogmerk was eenvoudig: om die gemak en veiligheid van ’n motor met die dinamika van ’n motorfiets te kombineer. Want dink nou net hoeveel sin dit sal hê om motors na binne te laat leun, pleks van na buite. Dit is net mooi as laasgenoemde tot ’n uiterste gevoer word, dat motors begin rol. In 2001 het Benz die Life Jet-konsep ’n stappie verder gevoer met die F400 Carving, ’n vierwiel-sportwa waarvan die sensors

sekere motorinligting (soos spoed, versnelling, stuurhoek en rigtingverandering) gebruik het om beheerseine na die hidrouliese dienssilinders op die Carving se buitenste wiele te stuur, waarna einste wiele tot soveel as 20 grade na binne geleun is (terwyl wiele aan die binnekant van ’n draai hul normale posisie behou het). En voilà! Nie net beter hantering deur draaie nie, maar ook groter gemak vir insittendes (omdat hulle minder aan middelpuntvliedende kragte – wat die lyf na buite wil gooi – onderwerp word), plus groter veiligheid (want die buitekant van die kar trap nou met sy volle spoor vas, soos Mannetjies Roux wanneer hy die binnegaping vat). Maar hier’s die kersie op die koek: einste filosofie maak asimmetriese bande moontlik. En wat vir ’n ding is dit? Wel, bande waarvan die buitenste helfte uit harder samestellings vervaardig word en ook met skerpkantige rante, onder meer vir beter reguitlynstabiliteit asook ’n langer bandlewe; terwyl die binneste helfte van die

band uit sagter samestellings vervaardig word en ook met ’n rond-gekurfde binnerant, sodat wiele makliker na binne kan leun wanneer nodig. Dit beteken weer dat jou motor beter en veiliger hanteer, nie net omdat ’n groter deel van die bandsool stewiger vastrap nie, maar ook omdat die band se binneboud uit sagter rubber gemaak word en daarom meer greep lewer. Omdat hierdie binneboud egter net deur draaie met die pad kontak maak, slyteer die sagte rubber nie so vinnig nie. Aktiewe wielvlughoekbeheer bied dus vele positiewe oplossings, wat beteken dat dit die soort konsep is wat jy so gou as moontlik wil realiseer. En tog het dit die magtige Benz tot laasjaar geneem om aktiewe vlughoekbeheer op die pad te plaas, juis via die S-klas Coupé (wat vroeg vanjaar in Suid-Afrika gedebuteer het). Neem verder in aanmerking dat 1997 se Life Jet nie in 20 minute ontwikkel is nie, en ons kyk na die beste deel van 20 jáár wat dit geneem het om die wielvlugkonsep slaggereed te kry.

KAWAZAKI H2 NINJA SUPERCHARGE PLAAS BESTELLING NOU !!!! Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel: 082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PY0522-NK080415

R109 900

R139 900

R69 900

R389 900

R249 900

R389 900

R269 900

R249 900

R109 900

R389 900

R109 900

R84 900

R209 900

R139 900

R164 900

R159 900

R154 900

R99 900

R319 900

2014 Ford Figo 1.4 - 30 000 km 2012 Volkswagen Polo Vivo 1.6 Trend - 65 000 km

2009 Hyundai Getz 1.4 HS 101 000 km

2014 Honda Brio 1.2 Trend 8000 km

2014 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x2 A/t 40 000 km

2014 Toyota 86 , Full Trd Kit 2000 km

2013 Volkswagen Polo 1.6 Trend 2013 Toyota Corolla 1.3 Prof. 5dr 12 000 km 45 000 km

2012 Toyota Quantum 2.7 10 Seater - 103 000 km

2013 Toyota Etios 1.5 XI Sedan, 50 000 km

2014 Opel Corsa 1.4 23 000 km

2014 Toyota Hilux 3.0 D-4d 4x4 D/c 45 000 km

2009 Renault Sandero 75 000 km

2010 Volkswagen Polo Vivo 1.4 Sedan, 100 000 km

2013 Hyundai I X 35 2.0 A/T, 50 000 km

2014 Toyota Hilux 2.5 D-4D 16 500 km

2012 Toyota Hilux 3.0 D-4D SC 89 000 km

2014 Nissan Almera 1.5 39 000 km

2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4D 4x4 A/T 102 000 km

Oranje Toyota Kimberley

89 Memorial Road, Kimberley • Tel: 053 836 4700 • www.automark.co.za Call: Sydney McPherson 083 533 7215 • Rodney Samuels 076 803 9947 • Mariëtte Cloete • 079 523 5717 • Suzette Galloway 079 362 7788 • Elaine Joubert 072 827 0293 Sales Manager: Tiaan van Vuuren, tvanvuuren@um.co.za X1PXUD6M-NK080415

X1PXX4RR-NK080415


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 APRIL 2015

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

JM LAUBSCHER In die boedel van wyle Johanna Magrietha Laubscher, identiteitsnommer 490812 0016 084, van Conolly Plek 22, Beaconsfield, Kimberley, Meester se verwysing: 290/2015. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke eksekuteur inlewer. HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Lau16/0001 M SWART In die boedel van wyle Monica Swart, identiteitsnommer 570521 0025 085, van Komatistraat 15, Riviera, Kimberley. Meester se verwysing: 372/2015 Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Swa167/0001

7

X1PXU8NW-NK080415

X1PXMVX1-NK080415

Meer oor Netwerk24 Word deel van die 422 000 aanlynlesers op Netwerk24 wat gemiddeld 11.8 miljoen bladsye lees per maand.

X1PX25CM-NK010415


Kimberley • Diamond Pavillion Tel. 087 802 1330 • www.trappers.co.za

®

essential outdoor gear

trappers

25%

OFF ALL FITFLOPS

X1PXR1AH-NK080415

DHS, HNK gly

Sport Die Diamantstad se koerant

Adres: Kimdustria Kimberley, Tel. 053 807 7760 Sel:082 555 1974 Web: www.crescentbikes.co.za X1PY0521-NK080415

ENJOY SUNDAY LUNCH AT THE RESTAURANT. Phone Francois 082 828 1952

Highly recommended X1PXYKJM-NK080415

BURGERS

DIE eerste rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap sal albei hard moet werk in die drie weke wat oorbly voor die Wildeklawer-rugbytoernooi nadat albei die naweek in hul onderskeie toernooie gegly het. Noord-Kaap se span is sy onoorwonne status kwyt ná ’n nederlaag van 22-7 teen die Hoërskool Outeniqua van George in die Tony Stoops-toernooi. Die span het op die tweede dag van die toernooi byna weer pak gekry toe die span van die Hoërskool Tygerberg ’n stewige voorsprong van 17-0 opgebou het. HNK het egter mooi teruggeveg om eindelik met 22-22 gelykop te speel. Diamantveld het in die Oakdale-toernooi goed begin met ’n oorwinning van 21-10 oor

Equipment and Spares

Tough World. Tough Equipment. JANCO CLOETE (met die bal) van Diamantveld se eerste rugbyspan was een van die span se uitblinkers in die Oakdale­rugbytoernooi die naweek. Hy is ook as lid van die toernooispan ná afloop van die topernooi aangewys. Hier is hy in aksie teen HTS Middelburg in verlede jaar se Wildeklawer­toernooi. Ander uitblinkers was Etdeon Greyvenstein, wat onder meer twee drieë teen Potchefstroom­Gimnasi­ um gedruk het, en Gerco Nortjé wat ook met sy skopskoen ’n stewige bydrae tot sy span se tellings gelewer het. Foto: Emile Hendricks die sterk span van Die Brandwag van Uitenhage. Op die tweede dag het hy egter met 24-20 teen Potchefstroom-Gimnasium vasgeval. Die Bloues het die toernooi egter op ’n wennoot afgesluit toe hulle die span van die Hoërskool Bellville met 13-12 verslaan het.

Sterker opposisie as die afgelope naweek wag op albei spanne op Wildeklawer en ’n hoër spelpeil sal nodig wees. Die spanne kry nou albei ruskans. Diamantveld se volgende wedstryd is op sy tuisveld op 18 April, wanneer die Hoërskool Menlopark van

Pretoria hier kom speel. Dit sal ’n groot toets ’n week voor Wildeklawer wees. Menlopark word as een van Pretoria se voorste spanne gereken. Noord-Kaap se volgende wedstryd is op die eerste dag van Wildeklawer, wanneer hy teen die einste Menlopark speel.

Nepgen lei nou Griekwas Gerdie Karstens

JACO NEPGEN wat die Griekwas vanjaar in die Voda­ combeker­reeks aanvoer. Foto: Louis Botha sal die Noord-Kaapse span vanjaar weer met ’n teiken op sy rug rondloop. Hy het verlede jaar die kompetisie

oorheers en is saam met die Goue Leeus met vyf titels elk die suksesvolste span in die reeks.

“Ons is een van die suksesvolste spanne in die reeks, maar ons gaan nie fokus op die glorie wat daarmee saamloop nie. Dit is ’n titel wat in die Griekwas se kultuur belangrik is en daarom sal ons mik om dit suksesvol te verdedig. My eie doelwitte is om die span bymekaar te hou en deur voorbeeld te lei,” het Nepgen gesê. Gelukkig vir hom is hy omring deur senior spelers saam met wie hy al ’n lang pad by die Poubloues stap. En vanweë hul ervaring gaan dit juis makliker wees om weer die kapteinskap op sy skouers te neem. “Die een naam wat opduik is Steph Roberts. Hy is baie ervare en sy insette is goud werd. Wayne Stevens, se bydraes is ook van groot belang. Dit is makliker om kaptein te wees met sulke manne rondom jou,” het Nepgen gesê.

Rugby-uitblinker Maart se sportster van die maand

CLEO ADAMS

PLAAS BESTELLING NOU !!!!

Phone: Jeannette (053) 832 8577

André Botha

JY raak nooit gewoond aan die eer wat met kapteinskap saamloop nie. Só gesels Griekwas se slot Jaco Nepgen, wat vanjaar die Griekwas se aanvoerder in die Vodacombeker-reeks is. Nepgen het al voorheen in die reeks die Poubloues gelei, maar vanjaar was die kompetisie om die kapteinskap straf, met Nepgen, die flank Wendal Wehr en slot Hugo Kloppers wat om die beurt in die voorseisoen-losmakers deur Peter Engledow, afrigter, as kapteins gebruik is. Eindelik het die keuse op Nepgen geval. “Die kapteinskap bly ’n eer waaraan ’n mens nie gewoond raak nie. Om Griekwas-kaptein te wees is ’n groot voorreg. Veral aangesien die span so suksesvol is in die Vodacombeker-reeks,” het Nepgen gesê. Juis vanweë sy sukses

KAWAZAKI H2 NINJA SUPERCHARGE

MAART se wenner vir die gesogte SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Noordkaap is Cleo Adams (18), ’n leerling aan die Hoërskool Noord-Kaap. Hy is ’n talentvolle sportman wat veral presteer op die rugbyveld. Cleo het verlede jaar aan die ENB Classic Clashes deelgeneem, asook in die Cravenweek as lid van die Akademie A-span gespeel. Hy is tans deel van die Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan en is ook van 2011 tot 2013 benoem as die sportman van die jaar. Cleo se leuse is: “Rugby is vir dié wat fiks en sterk van wil is.” Stuur jou benoemings vir SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir leerlinge tussen die ouderdomme van 6 en 18 in (benoemings ontvang voor die 20ste van elke maand sal in daardie maand se keuse ingesluit word).

Jy kan jou benoeming per e-pos stuur na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. ) Meer oor die Let’s Play-projek: Oor die afgelope paar jaar, is SuperSport gevestig as sportgesag in Suid-Afrika. Met so ’n sterk sport invloed binne die Suid-Afrikaanse mark, is SuperSport perfek geposisioneer om hierdie krag te ontgin en om die publiek en maatskappye te motiveer om werklik ’n verskil in die samelewing te maak. SuperSport het gemerk dat daar groot probleme bestaan wat die ontwikkeling van kinders strem omdat vaardighede wat geleer word deur speel, liggaamlike opvoeding en sport ernstig ontbreek. Dit was vanweë hierdie insig dat die Let’s Play projek in November 2005 gestig is – met die doel om bewustheid te skep en speel, fisieke aktiwiteit en sport in skole aan te moedig.

KEEP CAPITAL IN YOUR BUSINESS Buy earth moving machines now with ZERO Deposit on a 60 month rental. Juaan Myburgh 082 709 2022 Jacques van Tonder 084 912 9245 Robbie van Heerden 072 489 9555

Central SA

Northern Cape/Free State/North West

E-mail: jvt@jvt.co.za, www.lgnc.co.za X1PPR9UK-NK080415

X1PXYJ3R-NK080415


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.